Quantcast
Channel: Skrywersonderhoude - LitNet
Viewing all 790 articles
Browse latest View live

Hoe verklaar jy dit? 2: ’n onderhoud met Danny Fourie

$
0
0

Hoe verklaar jy dit? #2
Samesteller: Danny Fourie
Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781776092031

Danny Fourie wat Hoe verklaar jy dit? #2 saamgestel het, vertel vir Naomi Meyer oor dié boek.

Danny, die radioprogram Hoe verklaar jy dit? word beskryf as “Wetenswaardighede oor die natuur en die wetenskap”. As jy die boek Hoe verklaar jy dit? #2 moet beskryf, hoe sou jy dit definieer?

Ek hou van Carl Sagan (1934–1996) se opmerking: “Iewers wag iets ongeloofliks om kenbaar te word.” Die wetenskap is heeldag besig om die wêreld om ons kenbaar te maak. Die lekker van ’n boek soos Hoe verklaar jy dit? #2 is om ’n keur van vrae oor die wêreld om ons vir lesers op ’n gesaghebbende manier kenbaar te maak.

Is die vrae wat hierin beantwoord word, ook vrae wat oor die radio beantwoord is? Of hoe is bepaal watter vrae in die boek opgeneem sal word?

Al die vrae in die boek kom uit die radioprogram. As samesteller luister ek na die programme en besluit dan watter vrae ons in die boek sal opneem. Ek het egter (gelukkig!) nie die laaste sê oor watter vrae die boek haal nie. My riglyn is om dié vrae met ’n hoë interessantheidswaarde te kies wat natuurlik ook wel leersaam en nuttig is.

Wie beantwoord die vrae in die boek (wie is al die medewerkers)? 

Henk Geertsema – ekoloog en entomoloog
Hendrik Geyer – fisikus en direkteur van STIAS
Jannie Hofmeyr – biochemikus
Dave Pepler – ekoloog
Le Fras Mouton – plant- en dierkundige
Piet Eloff – klimatoloog
Bennie Schlomms – grondkundige
Jurie van den Heever – paleontoloog.

Wat is die soort dinge waaroor mense wonder, gemeet aan die vrae wat die meeste aandag trek nadat dit op die radio bespreek is?

Dit is werklik wyd uiteenlopend. Weerstoestande en weerstelsels oor Suid-Afrika; die planete en die ouderdom van die aarde; die diereryk en diere se rol en lewensiklus en dinge soos die rol van ’n sebra se strepe; chemiese stowwe en die samestelling daarvan en dinge soos is dit waar dat peper sewe jaar neem om te verteer; liggaamsfunksies en dinge soos waarom mense verskillende kleure oë het en ’n mens so min van hartkanker hoor; fisika en dinge soos hoe vinnig draai die aarde werklik en waarom borrel water as dit kook; plante en hoe gevaarlik is gifstowwe in plante vir mense. Letterlik oor alles waaroor mense wonder.

Watter van hierdie vrae het jou persoonlik geïnteresseer of het jy self oor gewonder? Of: noem dalk ʼn paar eienaardige vrae wat in die boek beantwoord word?

Ek het ook grootgeword met die ouvroustorie dat peper sewe jaar neem om te verteer. Wanneer ’n mens logies daaroor dink, is die antwoord eenvoudig. Vrae wat my interesseer: Waarom traan ’n mens se oë as jy uie sny? Hoe werk die Richterskaal? Watter proses word gevolg om vegvliegtuie feitlik onsigbaar vir radar te maak? Kan ’n mens oornag grys word? Waarom praat papegaaie?

Interessante vrae wat beantwoord word, is: Hoekom hardloop atlete antikloksgewys om die baan? Waarom is daar altyd wind by die see? Word visse dors en waarom smaak seevisse nie sout nie? Hoe word muile geteel? Hoe kry ’n verkleurmannetjie dit reg om van kleur te verander? Hoekom is die hart links in die borskas geleë?

Is daar vrae wat nié die boek gehaal het nie wat jy kan noem?

Daar was nie spesifieke vrae wat nie die boek gehaal het nie. Soms was daar vrae oor die evolusie van die mens, maar ons het geoordeel dat lesers nie in hierdie debat sou belangstel nie. Vrae wat ons wel nie ingesluit het nie, was ’n paar vrae oor spesifieke spinnekoppe en die gepaardgaande aragnofobie. Dit is egter vanweë tegniese redes weggelaat en sal hopelik in ’n volgende boek ingesluit word.

Daar vind voortdurend nuwe navorsing plaas – is dit dalk ʼn probleem as ʼn vraag beantwoord word? En ook: Is daar ʼn antwoord op elke vraag? Kán ʼn mens alles verklaar?

Die voortdurende navorsing is nie ’n probleem nie, want dikwels sal luisteraars vanuit hul kennisveld ’n nuwe perspektief bring ten opsigte van ’n produk of waarneming van ’n situasie. In die eerste boek het luisteraars geweldig gereageer op ’n vraag of kraaie ander voëls se oë uitpik en of koedoes wel deur motors se ligte gelok word om in die nag voor ’n motor in te spring.

Dit is natuurlik nie moontlik om alles te verklaar nie. Maar die kundiges sê altyd duidelik dat die program ’n natuurwetenskaplike program is en dat dinge soos spoke en buitesensoriese ervarings nie geverifieer kan word nie en daarom nie verklaar kan word nie.

Hoe verklaar jy die sukses van Hoe verklaar jy dit?

Na die sukses van hierdie twee boeke wil ’n mens vra hoe jy dit verklaar dat mense so ’n honger na inligting en ’n dors na kennis het. Die antwoord is: ons is mal daaroor om antwoorde te kry, selfs al is daar geen oënskynlike voordeel daarin nie.

Hoe verklaar jy dit? #2 is ’n bewys daarvan dat die internet nie noodwendig die plek van die boek kan inneem nie. Omdat daar so ’n ooraanbod van materiaal op die internet beskikbaar is, word inligting deur betroubare en gekwalifiseerde kenners – in hierdie geval die samesteller en die RSG-kenners – vir die publiek gefiltreer.

The post <em>Hoe verklaar jy dit? 2</em>: ’n onderhoud met Danny Fourie appeared first on LitNet.


South Africa can work: ’n onderhoud met Frans Rautenbach

$
0
0

South African can work
Frans Rautenbach
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776092406

In LitNet se seminaar "Skuins voor middernag, kritiese vrae" gesels Frans Rautenbach met Naomi Meyer oor sy boek South Africa can work.

Frans, jou boek South Africa can work fokus veral op arbeidsreg. Jy skryf oor navorsing wat toon dat ’n groot persentasie Suid-Afrikaners se nommer 1-bekommernis werkloosheid is. Maar dit laat my wonder: as soveel mense nie werk het nie, en die regering maak staat op ’n klein getal belastingbetalers, kán hierdie land werklik werk?

Die klem van die boek val sterk op werkskepping, ja, maar uit hoofde van die negatiewe impak van baie meer as net arbeidswette.

Omtrent nege miljoen mense is werkloos (volgens die breë definisie, wat mense insluit wat opgegee het en nie meer werk soek nie). Nege miljoen is omtrent gelyk aan die totale inwonertal van Johannesburg, Kaapstad en Durban tesame. Ons hoofoogmerk moet wees om daardie werklose skare aan die werk te kry. Die vinnigste manier om dit te doen, is om hulle toe te laat om dienskontrakte te sluit op voorwaardes waarop werkgewers bereid is om hulle aan te stel. Die oorgrote meerderheid werkloses bied lae produktiwiteit (weens gebrekkige ervaring, skoling en opleiding) en kan net teen lae lone en op die mins beswarende diensvoorwaardes werk kry. ’n Onopgeleide swart jongmens wat swak Engels of Afrikaans praat, kan dalk – as die reg dit nie onwettig maak soos nou die geval is nie – teen R1 000 of R2 000 per maand werk kry. Dan kan hy leer om die werk beter te doen, ondervinding opdoen, beter leer kommunikeer en kort voor lank meer produktief wees, wat hoër lone beteken. En die werkgewer behoort nie weerhou te word om hom aan te stel omdat hy dalk môre na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie toe sal hardloop nie. Daardie risiko ontmoedig werkgewers om onervare en onopgeleide werkers aan te stel. Daar is nie ’n ryk land in die wêreld vandag wat nie op hierdie manier begin het om sy werkers op te hef nie. Ons kan nie daardie trappie in die leer na welvaart oorslaan nie.

Suid-Afrika het ’n kultuur wat berus op loonkaping (“rent-seeking”) oftewel iets uit niks kry. Daar is ’n hele rits strukture wat dit nie net moontlik maak nie, maar wat gevolglik onproduktiewe verliese van miljarde rande verseker. Dit sluit die volgende in: welsynstoelaes, gratis behuising, regstellende aksie, swart bemagtiging, staatsindiensneming en natuurlik, soos genoem, arbeidsreg. Elkeen van hierdie strukture beoog om armes of voorheen benadeeldes op te hef, en het onbedoeld die teenoorgestelde effek. Só skep welsynstoelae ’n verwagting dat “die staat sal voorsien”, wat entrepreneurskap ondermyn, sodat Suid-Afrika waarskynlik vandag die heel laagste ondernemerskapvlakke in Afrika het (3% van die aktiewe bevolking het nuwe ondernemings teenoor bv 28% in Uganda). Gratis behuising dra hiertoe by. Regstellende aksie vereis noodwendig dat die tweede of derde beste kandidate in poste aangestel word, wat produktiwiteit en werkskepping ondermyn. Swart mense aanvaar dikwels eerder poste in korporasies as om ondernemings te begin. Swart bemagtiging is ook berug onproduktief, waarvan die beste voorbeeld die ineenstorting van groot dele van die landboubedryf is. Staatsdienswerkskepping het sedert 2000 met 850 000 poste gegroei, terwyl die privaatsektor s’n vir alle praktiese doeleindes stilgestaan het. Potensieel produktiewe werkers word op hierdie manier uit die produktiewe privaatsektor onttrek na die betreklik onproduktiewe staatsektor.

Hierdie strukture moet afgebreek word. Daar is geen ander genade nie.

Op langer termyn moet onderwys hervorm word deur ons oorgesentraliseerde skolestelsel te hervorm na een waar die staat betaal vir onderwys, maar dit so ver moontlik deur privaatondernemers aangebied word.

Watter kritieke kwessies moet in hierdie land aangespreek word?

Die belangrikste krisis wat ons in die gesig staar, is ’n korrupte regering. Behalwe om die regering uit te stem, moet ons werk daarvan maak om ons regeringstelsel te hervorm. Studies wys dat gedesentraliseerde regerings (waar belangrike sake op provinsiale of selfs munisipale vlak besluit word) die helfte of minder korrup as gesentraliseerde samelewings is. Dit is veral so in diverse samelewings soos ons s’n.

Dan moet Suid-Afrika, ten einde die korrupsie en rasseverdeeldheid die hoof te bied, dringend en drasties ons ekonomie tot ’n vrye mark omvorm. Vrye markte het deur die bank die hoogste inkomstevlakke, die minste korrupsie en die gelukkigste bevolkings.

Wat kan gewone landsburgers doen om hierdie land te laat werk?

Gewone mense moet begin aandring op vryemarkbeleid. Daar is ’n opkomende geslag swart ondernemers en intellektuele wat nou uitdruklik begin aandring op hierdie beginsels. Maar dit behoort nie tot swart mense beperk te wees nie. Almal moet daarvoor vra. Ten einde dit moontlik te maak, moet hulle natuurlik daarvan oortuig word, en een manier om dit te bereik, is dat hulle daaroor lees. Dit is waarom ek South Africa can work geskryf het.

Foto van Frans Rautenbach: Naomi Bruwer

The post <i>South Africa can work</i>: ’n onderhoud met Frans Rautenbach appeared first on LitNet.

Drie vroue en ’n meisie: ’n onderhoud met Hans du Plessis

$
0
0

Drie vroue en ’n meisie
Hans du Plessis

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799386110

Skrywers oor hul nuwe boeke: Hans du Plessis gesels met Naomi Meyer oor Drie vroue en ’n meisie.

Hans, baie geluk met die verskyning van jou boek, Drie vroue en ’n meisie. Waar kom die titel van hierdie boek vandaan?

Dankie, Naomi. Die titel het sommer net gekom omdat dit die verhaal vertel van vier geslagte vroue van Varkensfontein, distrik Rysmierbult buite Potchefstroom, en die jongste is nog ’n meisie en ’n moderne student, dus sy is die meisie, terwyl die vroue al óf dood óf oud is. En Vier vroue het nie opwindend geklink nie ...

Vertel my asseblief die storie in jou eie woorde.

Die storie is regtig deur ’n vriendin – ongelukkig nie ’n jong student nie – van ons vir my en my vrou vertel vir die waarheid: ’n Skotse delwer en sy vrou kom in die twintigerjare van die vorige eeu soek na diamante op die delwerye van Rysmierbult. Die Skotse vrou sterf pas na die geboorte van haar eerste dogter wat in pleegsorg kom van een van die arm boere in die omgewing, maar die pleegma sterf en die pleegpa trou weer met ’n gebreklike vrou wat die Skotse kind soos ’n Aspoestertjie laat werk. Uit radeloosheid trou die Skotse dogter dan, teen heftige teenkanting, met ’n ryk boer se sieklike seun, wat ook gou sterf. Sy trou dan, oorhaastig met die ou wat die dorsmasjien bedryf en hulle trek stad toe met drie kinders. Een hiervan is dan die derde vrou van die storie en sy beland in die weeshuis. Dit is die kinderhuiskind se dogter, die vierde vrou, die meisie, wat vir ons die storie van armoede en vernedering kom vertel. Hiervan moes ek ’n roman maak.

En vertel my asseblief wie is die vroue, en wie is die meisie. En hoekom.

Ek dink dit blyk uit die vorige antwoord. Die moderne meisie moet in die opsigtelike liefdesverhaal van vandag pas.

Die boek handel nie net oor karakters nie; landskap is ook ’n karakter. Jou taalgebruik skilder die omgewing, wat saamhang met klimaat: “Waar die somer jou onder skreiende applous van sonbesies jou na die Ceylon van karige karee verban.” En: “Waar die winter, soos ongeërgde bure, jou verneder en liefdeloos kaal buite in die swartryp los.” Waar speel jou boek af? En watter seisoen spreek die meeste tot jou, die skrywer?

Vir my is die natuur, die skepping, nog altyd ’n karakter, eintlik ’n medemens wat jou slyp. Die verteller is juis self ’n boorling uit die omgewing van die roman en ’n jong skryfkunsprofessor wat die letterkunde ken en wat kan aansluit by Afrikaanse poësie, en dus redelik natuurlik kan aanhaal uit bestaande gedigte om hom te help om die Noordweshoëveld te beskryf – liries en nostalgies as hy wil. Die somer is die “gelukkiger” dele van die roman.

Skotland is ook ’n tema in die boek. Wil jy hierop uitbrei? En hoekom Skotland?

Skotland is waar die delwer en sy vrou in die werklikheid vandaan gekom het. Dit het ook met die Europese wortels van die Afrikaners te doen. Daarom is haar naam Amléth, wat dui op die Oud-Noorse sage waarop Shakespeare sy Hamlet grond. Die tweede geslag vrou is Cathy, al minder vreemd. Die derde vrou is Katrina en die meisie se naam is die heeltemal Afrikaanse Katryn.

Op die omslag staan daar “vooroordeel is die een sonde wat niemand onaangeraak laat nie”. Aan watter vooroordele het jy gedink terwyl jy die boek geskryf het? Enige inspirasie op hierdie terrein, of iets wat gebeur het wat jou hieraan laat dink het toe jy die boek geskryf het?

Natuurlik het die vriendin se vertelling my laat dink, want vir die werklike mense wat karakters in die boek word, was die vernedering van vooroordeel en stereotipering die kern van wat hulle wou laat oorvertel. Ek het self grootgeword in ’n woonbuurt waarop mense kon neersien, en ek dink my minagting vir minagting kom van kleins af.

Jy skryf oortuigend oor vroulike en manlike karakters. Kom dit vir jou vanself? Hoe dink jy jou, as skrywer, in die skoene van ’n man of ’n vrou in oor wie jy skryf?

Is dit nie maar ’n natuurliker manier van doen nie? Ek dink as ’n mens lief is vir mense en vir gesels, is dit ’n spontane ding om in ander mense se koppe of harte of skoene te kan klim. Ek hoef nie verlief te wees om ’n liefdesverhaal te skryf nie, en, dankie tog, ek hoef nie ’n moord te pleeg om ’n speurverhaal te skryf nie. Dalk is die skryftalent om impulsief te kan skryf, belangriker as die talent om intellektueel te verstaan? Ek verstaan talent nie, maar ek verwonder my oor die genade daarvan.

Om twee temas uit te lig: Jou boek handel oor delwers, en dit handel oor oorlog en sy nalatenskap. Hoe het jy jou navorsing gedoen?

Eers wyd gelees, met die ou mense gaan praat en toe, met die hulp van die vriendelike mense by ons museum, rondgery en die ou delwerye en ou delwers gaan besoek. PG du Plessis en sy vrou Marie het dekades in die omgewing gebly en die geskiedenis en die agtergrond geken. Ek kon ou notules van die VLU kry, want Marie se ma was al sedert die veertigerjare die VLU se sekretaresse in die Rysmierbult-distrik. Die huidige eienaar van die plaas Varkenskraal is ’n vriend van ons en ek kon op die plaas rondloop soos wat ek wou. Tussen die rêrige kleims.

Vertel my van Varkensfontein, ’n plek waarvan mens nie sommer die naam sal vergeet nie!

Die plaas se oorspronklike naam, vandag nog, is Varkenskraal, glo omdat die wilde varke lief is vir die rosyntjiebosse. Omdat die plot fiktief is, het ek die romanruimte Miersehoop en Varkensfontein genoem. Onthou jy die varke van Animal Farm?

Jy skryf in baie variëteite van Afrikaans. Hoe beleef jy dit verskillend, hoe is dit vir jou dieselfde, die Afrikaans in al sy gedaantes? En jy skryf ook prosa sowel as poësie. Wat kom vir jou die mees natuurlike, of wat is vir jou lekker en wat is uitdagend aan al hierdie verskillende maniere van taal?

Seker omdat ek in my siel ’n taalkundige is en uit direkte navorsing weet dat daar net een Afrikaans met baie tonge is, is dit vir my seker amper natuurlik om die taal in die boek by die mens in die boek te sit, want hierdie deeltjies is almal krummels van dieselfde korsie. Lekkerste genre? Die prosa, want ek voel dit sonder om dit te bedink. My genade is maar my woorde. Of is my woorde my genade?

The post <i>Drie vroue en ’n meisie</i>: ’n onderhoud met Hans du Plessis appeared first on LitNet.

Die dood en die sin van lewe: ’n onderhoud met Anton van Niekerk

$
0
0

Die dood en die sin van die lewe
Anton van Niekerk
Uitgewer: Tafelberg

ISBN: 9780624075332

Die filosoof Anton van Niekerk se jongste boek Die dood en die sin van die lewe geniet wye belangstelling in die media. Jean Oosthuizen het hom in ’n openhartige en uitgebreide onderhoud uitgevra oor sy boek en lewensfilosofie oor lewe en dood.

Hy vertel waarom hy nie erg het aan die begrippe van ’n hemel en hel nie, hoekom hy ’n voorstaander is van bystanddood en wat hy onder geloof verstaan. Hy verduidelik ook waarom daar volgens hom geen teologiese begronding is dat ons en ons geliefdes mekaar weer eendag na die dood in die hiernamaals sal ontmoet nie.

Om so eerlik en reguit oor die dood te praat soos wat jy in jou boek doen is nie altyd algemeen of “fatsoenlik” nie. Jy noem dit die taboe van ons tyd. Waarom het jy die boek geskryf en vir wie is dit bedoel?

Ek het die boek geskryf omdat ek al baie jare lank navorsing doen oor die filosofiese beduidenis van die doodsverskynsel in ons kultuur, en omdat die uitgewer (Tafelberg) baie in hierdie werk geïnteresseerd is en my sterk aangemoedig het om ’n boek daaroor te skryf.

Hoe ouer ek word, hoe meer is dit vir my ’n ideaal om navorsingswerk op so ’n manier te publiseer dat daardie publikasies ook toeganklik is vir ’n breër publiek as bloot net ’n mens se vakgenote. Dis nie moontlik in alle dissiplines en ten opsigte van alle navorsingsonderwerpe nie, maar in hierdie geval is dit wel moontlik. Ons almal leef daagliks saam met die dood as ons altyd aanwesige, onontkombare moontlikheid – wat een of ander tyd ook vir ons almal werklikheid gaan word.

Dit roep ’n duidelike en onvermydelike filosofiese problematiek op: hoe bepaal die werklikheid en onontkombaarheid van die dood die manier waarop ons probeer om sin te maak van die lewe? Ek glo ’n mens kan die wysgerige besinning oor hierdie saak deel met ’n breër publiek.

Die boek wou dus ook ’n brug slaan tussen die werk wat in intellektueel-filosofiese kringe oor die dood gedoen word, en die leefwêreld van gewone mense wat miskien minder vertroud is met die wysgerige literatuur, maar wat van laasgenoemde kan en wil kennis neem, en so gestimuleer kan word om self meer oor die onderwerp na te dink.

Die dood as gespreksmateriaal is daarby vir baie mense ’n bron van verleentheid en ongemak; dit is die een werklikheid wat ons steeds nie onder ons beheer kan kry of kan vermy nie, ten spyte van al die prestasies van wetenskap en tegniek in die moderne wêreld. Dit het daarom selfs in baie kringe ’n taboe-onderwerp geword, nes seksualiteit ’n taboe-onderwerp in die Victoriaanse tyd was. Ons wil nie graag met die dood gekonfronteer word of aan sterwende mense blootgestel word nie. Daarom word sterwendes in ons kultuur dikwels uitgerangeer na eensaam kamers of sale in hospitale of hospitia. Die dood is nie meer deel van ons alledaagse ervaring nie, al is dit natuurlik so dat ons daagliks moet kennis neem, veral in Suid-Afrika, van honderde mense wat onnatuurlik sterf. In die boek gaan dit egter nie slegs om “hulle” wat sterf nie, maar om die beduidenis en relevansie van die werklikheid van die dood vir elkeen van ons persoonlik.

Uit jou boek blyk dit duidelik die dood is finaal en onomkeerbaar. Tog maak die meeste godsdienste aanspraak op ’n “ewige lewe” na die dood. Het jou siening oor die dood nie groot implikasies oor hoe die meeste gelowiges daaroor dink nie?

Die feit dat baie mense in talle godsdienste glo aan ’n “ewige lewe na die dood” het nog nooit geïmpliseer dat die dood van ander mense, soos ons dit in hierdie lewe beleef, nie “finaal en onomkeerbaar” is nie. Ek sou van harte hoop dat wat ek in die boek argumenteer, “implikasies sal hê” vir hoe my lesers – wat hopelik gelowiges en ongelowiges sal insluit – oor die dood dink. Die boek is juis en presies bedoel as ’n stimulus om ons nuut en opnuut te laat dink oor die enigma van dood waarmee ons almal teen wil en dank moet saamleef.

Jy erken jy sukkel om sin te maak van die idee van ’n lewe na die dood. Kan mens jouself regtig ’n Christen noem in die tradisionele sin van die woord as mens nie glo aan ’n lewe na die dood nie? Ek bedoel, Christene bely immers elke Sondag in die kerk hulle glo aan die wederopstanding van die vlees. Maak so belydenis regtig nog sin as mens eerlik is met jouself?

Ek sê nêrens in die boek dat ek kategories nie in enige vorm van “lewe na die dood” glo nie. Wat ek wel sê, is dat ek baie sukkel om sin te maak van so ’n idee, veral soos dit meermale in kerklike lering en prediking voorgestel word. Ek sukkel net soveel met laasgenoemde voorstellings as wat ek sukkel om te aanvaar dat die dood eenvoudig die laaste woord oor elke mense se lewe is.

Vir diegene wat die evangelie ernstig opneem, is daar die troos, soos die Heidelbergse Kategismus dit mooi stel, dat ek “in lewe en in sterwe veilig is in God”. Ons het egter geen idee hoe om meer inhoud aan laasgenoemde troos te gee nie; ons kan net aan die belofte vashou. Wat ek in hoofstuk 4 van die boek probeer doen, is om die onbeantwoorde (en moontlik onbeantwoordbare) probleme uit te wys wat saamhang met vrae soos:

  • Hoe sal ons weet ons leef in ’n lewe na die dood?
  • As ons God nie kan “sien” nie (God is tog nie ’n objek in die ruimte nie!), hoe sal ons weet ons het met Hom te make in ’n “lewe na die dood”?
  • Hoe sal ons, anders as bloot deur die geloof, weet dat ons met God te make het in so ’n lewe (dieselfde manier waarop ons tans God bely – slegs deur die geloof!)
  • Wat is aantreklik aan die idee om “vir ewig” te lewe? Min mense dink behoorlik hieroor na.
  • Maak dit enige sin om ’n mens te probeer voorstel hoe ’n wêreld moet lyk of funksioneer waarin alle moontlikhede van kwaad, pyn en lyding verdwyn het?

Wat is dan jou gevolgtrekking?

Ek bespreek laasgenoemde vrae sonder om hulle finaal of deurslaggewend te beantwoord. My laaste en beslissende gevolgtrekking is: “Ek weet nie”  (sien  pp. 118-119). Maar, soos ek ook daar sê, dis nie ’n onkunde wat gebore is uit intellektuele luiheid of ’n wegskramming van moeilike probleme nie. Die hoofstuk waarvan daardie “ek weet nie” die gevolgtrekking is, is ’n illustrasie van hoe ek meen ’n mens oor hierdie moeilike vrae eerlik sou kon nadink. Miskien het ek die kat volledig aan die stert beet en behoort ’n mens ánder soort vrae te vra wat jou by ánder gevolgtrekkings bring. As dit die geval is, het die boek wel daarin geslaag om nadenke en gesprek te stimuleer.

Dit is vir my baie interessant dat jy sê die idee dat ons ons geliefdes weer eendag na die dood in die hiernamaals sal ontmoet het geen geloofwaardige teologiese begronding nie. Tog is daar talle predikante wat hulle lidmate wysmaak ons en ons geliefdes sal weer eendag na die dood in die hiernamaals herenig word.  Waar  kom hulle daaraan as dit nie teologies begrond kan word nie?

Daar is uiteraard geen wetenskaplike begronding van so ’n idee nie. Die enigste Bybelse teksgedeeltes waarvan ek weet waarop ’n mens jou sou kon beroep ter stawing van hierdie idee, is die gelykenis van Lasarus en die ryk man (Lukas 16: 19-31), asook die verhaal van Christus se verheerliking op die berg (Markus 9: 2-8 en Lukas 9: 28-36).

Hoe moet mens dan hierdie gedeeltes in die Bybel verstaan en waaroor gaan dit?

In eersgenoemde verhaal sterf Lasarus en die ryk man albei en kom tereg op taamlik verskillende plekke. Die (voormalige) ryk man het blykbaar insae in die “ander plek” en herken vir Lasarus “aan die boesem van Abraham”. Hy kan selfs met Abraham aldaar kommunikeer. Abraham wys hom daarop dat die rolle nou omgekeer is; Lasarus het veel gely in die lewe, maar leef nou in vreugde, terwyl die ryk man dit andersom het. Die ryk man versoek dan dat Lasarus (al is dit dan net) “die punt van sy tong” met water sal kom verkoel “want ek ly vreeslik in hierdie vuur”. Toe dit blyk dat Lasarus nie kan nie, vanweë ’n diep kloof wat die twee plekke skei, versoek die ryk man hom om terug te keer na sy lewende broers om hulle te waarsku om sy (die ryk mense) se lot te probeer vermy.

In hierdie gelykenis gaan dit kennelik nie om ’n letterlike beskrywing van ellendes of vreugdes na die dood nie. Die begrippe “hemel” en “hel” kom selfs nie eksplisiet aan die orde nie; bloot “by Abraham” en “doderyk”. Waaroor dit gaan, is die opdrag om, terwyl ons kan in die lewe hier en nou – die een kans wat ons het – verantwoordelik te lewe. Lasarus word ook nie “toegelaat” om die oorlewendes te gaan waarsku nie. Hulle het “Moses en die profete” waarvolgens hulle hul lewe kan inrig ten einde hul verantwoordelikhede in die lewe ten beste na te kom.

In die verhaal van die verheerliking op die berg besoek Moses en Elia vir Jesus saam met Petrus, Johannes en Jakobus op die berg, en word die gestorwe profete as sodanig skynbaar erken. Na Petrus se onbesonne voorstel dat drie hutte op die berg gebou word (een elk vir Jesus, Moses en Elia – duidelik met die oog daarop om die ervaring wat hulle daar het, te laat voortduur), kom daar ’n stem wat sê, “Dit is my geliefde Seun; luister na Hom”, en die volgende oomblik verdwyn die profete. Dis duidelik dat die punt van hierdie verhaal nie die herkenning van  gestorwe profete in ’n “lewe na die dood” is nie, maar die simboliese invokasie van die gesag van die profete om Jesus te erken vir wat Hy is, en om aan Hom ondersteuning te verleen ten opsigte van Sy komende lyding.

Daar is in die twee vermelde Bybelgedeeltes dus geen sprake van die idee dat ons in ’n heerlikheid na die dood ons geliefdes weer sal sien of sal ontmoet nie. As daar ’n lewe na die dood is, is dit ’n ervaring, op ’n manier wat ons nie verstaan nie, van die teenwoordigheid van God, en nie ’n familie- of gesinsreünie nie. Ek het ernstige bedenkinge oor sommige predikante se neiging om mense met laasgenoemde goedkoop belofte te probeer troos.

Anton van Niekerk en Jean Oosthuizen

Het dit dan nie tyd geword dat kweekskole en kerkvergaderings, soos sinodes, predikante beter skool oor aspekte van lewe na die dood en herbesin oor dit wat in die belydenisskrifte staan nie?

Dit sou baie jammer wees as die soort spekulasies waarna jy verwys steeds die inhoud van teologiese kurrikula uitmaak. Na my beste wete gebeur dit nie meer nie – in elk geval nie in die instellings van teologiese opleiding waarmee ek vertroud is nie. Wat uiters noodsaaklik is, is dat lidmate beter vertroud gemaak word met ’n verantwoordbare hermeneutiek (die teorie van interpretasie) in terme waarvan die Bybel insigtelik en tersake gelees kan word.

As ons aanvaar daar is nie ’n lewe na die dood nie het dit tog sekerlik ook implikasies vir verskeie ander dinge wat gelowiges bely soos byvoorbeeld die sondeval, Christus se soendood en ook die eindoordeel, nie waar nie? Die wetenskap het darem al ’n hele ent gevorder die afgelope vyf eeue sedert die Reformasie maar dit lyk soms of die kerk bly vassteek by hoe mense 500 jaar terug gedink het.

Ek hoop ek het dit reeds duidelik gemaak dat ek nie sonder meer aanvoer “daar is geen lewe na die dood” nie. Alles hang af van wat met so ’n uitspraak bedoel word. Ek het onverantwoordbare betekenisse wat so ’n aanspraak kan hê (en dikwels in praktyk het) probeer ontmasker en bygevolg afgewys. Ek herhaal: in die geloof, kan ons aanvaar dat ons in lewe en sterwe veilig is in God. Wat dit presies beteken, en hoe dit sal of sou kon uitspeel in die werklikheid waarin ons deel, is vir my nie duidelik nie. Ek sou nie in hierdie onderhoud wou uitwei oor wat ek dink die implikasies van so ’n herbesinning oor die “lewe na die dood” vir ander kerklike leerstellings is nie. Dis ’n te groot onderwerp, en moet oorstaan vir ’n ander keer en ’n ander oefening.

Jy noem jouself steeds ’n Christengelowige en hou vas aan die idee dat die dood nie die laaste woord oor ons lewe is nie. Wat bedoel jy daarmee en is dit nie teenstrydig met jou hele argument nie?

Ek hoop ek het die laaste deel van jou vraag reeds beantwoord. Wat die eerste deel (wat ek myself noem) betref, net een belangrike regstelling wat ek graag wil beklemtoon: Ek meen dis van veel minder belang wat ek myself noem, in vergelyking met wat ander mense my noem.

So wat beteken dit vir jou om ’n gelowige of Christen te wees of jou geloof te bely?

Natuurlik is dit onvermydelik dat ’n mens sal erken dat jy ’n gelowige is as jy een is; om “geloof te bely” is inderwaarheid een van die rituele handelinge van die geloof. Tog dink ek eerlik nie ’n mens is ’n Christen bloot omdat jy jouself so noem nie. Dis interessant om te let op wat Lukas in die Handelingeboek (hoofstuk 11, verse 19-30) vertel oor die gebeure in Antiochië. Daar vertel hy eksplisiet dat “in Antiochië die gelowiges die eerste keer Christene genoem is”. Let op: hulle is “Christene genoem” deur ander mense, nie deur hulself nie! Daarom dink ek ook dat ’n mens nie slegs ’n Christen (’n volgeling van Jesus Christus) is omdat jy self so dink of dit beweer nie. Ander mense kyk na jou lewe, en skryf, as ’n enorme kompliment en erkenning van wat hulle sien van die manier waarop jy lewe, ’n Christelike identiteit aan jou toe.

As ons aanvaar die dood is ’n onafwendbare feit, en daar sover ons kennis strek, nie ’n lewe na die dood is nie, wat sê dit van die lewe self? Maak dit nie van die lewe ’n bra sinlose oefening  nie? Of anders gestel, hoe maak mens sin van die lewe as die dood wat ons almal se voorland is so finaal is?

Ek is self van oordeel dat as die enigste sin wat daar in die lewe is, die moontlikheid van ’n lewe na die dood is, dit die erns van wat ons as die lewe ervaar, enorm baie sal verswak en verkleineer. Was dit nie wesenlik die probleem in die Middeleeue nie? In daardie eeue is mense voortdurend wysgemaak dat ons lewe op aarde ’n blote “deurgang” is na die hemelse heerlikheid of helse straf wat na die lewe op ons wag.

Dit was onder andere een van die vernaamste redes vir die prag en praal van Middeleeuse katedrale. As ’n mens so ’n katedraal betree, word jou blik opwaarts gedwing deur die verstommende hoogte van die Gotiese loodlynmure en -pilare. Daardie “blik na bo”, tesame met al die skitterende en waardevolle kunswerke en artefakte wat ’n mens rondom jou sien, is vir die Middeleeuse mens die konstante herinnering dat ons bestemming “daar bo” is, in die hemel, ons ewige bestemming – verwyder van die aarde.

So ’n lewenshouding het onder meer daartoe gelei dat min aandag geskenk is aan die kultuuropdrag om die aarde te bewoon en te bewerk en te omvorm tot ’n gehumaniseerde lewensruimte. Dit het myns insiens boonop neergekom op ’n erg ontoereikende en verskraalde verstaan van sowel die evangelie as die sin van ons bestaan. Dit gaan in die lewe om dit wat ons hier en nou van onsself kan maak, hoe ons in diens kan staan van ons medemens en hoe ons die aarde kan omvorm tot ’n omgewing wat alle nuttige lewe (ek praat dus nie van peste en gevaarlike organismes nie) optimaal kan ontwikkel en onderhou. Dit is laasgenoemde idee wat volgens my onderliggend is aan die simbole van “hemel”, “hel” en “aarde”. Die sin van die lewe is om hier en nou onsself beskikbaar te maak vir die proses waarin “hemel aarde toe kom”, net soos dit in Openbaring 22 simbolies voorgestel word deur die beeld van die “nuwe Jerusalem” wat soos ’n bruid uit die “hemel” neerdaal en hemel en aarde aldus versoen word.

Daarmee word ’n sentrale tema in die Ou Testament heropgeneem, naamlik die idee dat die doel van die lewe die herstel van die skepping is. Jesaja skryf byvoorbeeld ontroerend in die eerste gedeelte van sy 11e hoofstuk oor die “takkie wat sal uitspruit uit die stomp van Isai”, dit is die nuwe, herstelde volk van Israel wat sal “vrugte dra” en aan wie “wysheid en insig ... raad en sterkte” gegee sal word. Daardie takkie sal ontwikkel tot ’n samelewing waar regspraak nie sal plaasvind “volgens uiterlike skyn” nie, waar “armes billik verhoor sal word” en waar “’n regverdige en betroubare regering” (vv.2-4) aan die orde van die dag sal wees.

Hierdie nuwe werklikheid is daarby nie beperk tot die saamlewing, politiek en individuele verhoudinge nie. Ook die natuur sal gekenmerk word deur vrede, versoening en ’n nuwe harmonie: “Wolwe en skape sal dan saambly, luiperds sal tussen bokkies lê, kalwers, leeus en voerbeeste sal bymekaar wees, en klein seuntjies sal vir almal sorg. Koeie en bere sal saam wei, hulle kleintjies sal bymekaar lê, leeus sal gras eet soos beeste. Babatjies sal by die gate van adders speel, klein kindertjies sal hulle hande uitsteek na giftige slange” (vv.6-8). En dan die treffendste belofte: “Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is” (v.9).

Maar wat is daardie ewige lewe dan waarvan jy praat?

Laasgenoemde wêreld kry in Jesus se prediking die naam “Koninkryk van God”. Dit is nie ’n wêreld anderkant die wolke wat eendag na die dood op ons wag nie. Dis ’n wêreld wat hier en nou elke dag (kan) aanbreek. Dis ’n herstelde aarde waar mense met mekaar versoen word, waar diere in ’n nuwe harmonie leef met die mens sowel as met mekaar en waar die natuur die ruimte word waar ons kreatief en vervuld kan lewe.

Elke bydrae wat ons lewer om aan daardie herstelde hemel en aarde beslag te gee, is ’n stukkie “ewige lewe” waarin ’n mens, ook hier en nou reeds, kan deel. Die “ewig” in “ewige lewe” is dus, wat my betref, nie in die eerste plek ’n aanduiding van kwantiteit of tydsduur nie, maar van kwaliteit. Ek deel elke dag, ook hier en nou, in die “ewige lewe” as ek iets probeer bydra tot die verbetering van verhoudinge, die totstandkoming van geregtigheid en die herstel van die integriteit van die natuur. Daarin lê die vernaamste sin wat ons in die lewe kan vind.

In hoofstuk nege van jou boek skryf jy oor die begrip wanneer sterwe wins word met verwysing na selfdood en bystanddood. Jy is ’n voorstander van “bystanddood” onder sekere omstandighede. Wat is kortliks jou standpunt hieroor?

Ek is ’n voorstander van bystanddood in gevalle waar ’n mens te make het met ’n kompetente pasiënt wat goeie redes het om sy/haar lewe te wil beëindig. ’n Kompetente pasiënt is iemand wat:

  • In staat is om sy/haar eie situasie te verstaan.
  • In staat is om duidelik en samehangend oor daardie situasie te kommunikeer.
  • In staat is om die gevolge van die daad in te sien en om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar.
  • Oor ’n vasgestelde tydperk (byvoorbeeld ’n week) volgehoue versoeke rig dat hy/sy gehelp moet word om ’n einde aan sy/haar lewe te maak.

Ek sou daarby wou aanvoer dat hierdie kompetente pasiënt:

  • terminaal siek moet wees (dit is, volgens die betroubaarste mediese evaluasies minder as drie maande het om te leef), óf
  • permanent en onomkeerbaar afhanklik is van lewensonderhoudende behandeling (bv ’n ventilator), óf
  • ly aan ’n ondraaglike en volgehoue-hardnekkige (“intractable”) siekte. Met laasgenoemde bedoel ek ’n liggaamlike ongesteldheid wat nie suksesvol genees of beheer (“palliated”) kan word nie, en wat sulke erge lyding veroorsaak dat die dood vir die betrokke pasiënt verkieslik is bo voortgesette lewe.

Verskeie argumente kan ter ondersteuning van laasgenoemde standpunt aangevoer word, waarvan ek op slegs twee wil wys. Die eerste is dat selfdood ’n reg is in ’n demokrasie. Dit beteken natuurlik nie dat, bloot omdat iemand so ’n reg het, dit altyd (moreel) reg is om daardie reg uit te oefen nie. Sodanige reg moet egter, onderhewig aan bogenoemde voorwaardes, gerespekteer word. Tweedens het ons ’n plig om medelye (“compassion”) te betoon teenoor mense wat ondraaglik ly. Dis inkonsekwent om, terwyl iemand nog nie terminaal siek is nie, alles moontlik te doen om lyding te verlig, terwyl, wanneer dit blyk dat die dood die enigste manier is om ondraaglike lyding tot ’n einde te bring, ons dan (paternalisties) terugstaan en weier om die pasiënt te help om (verkieslik) self sy/haar lewe op ’n waardige wyse te beëindig, of dit, op versoek van die persoon, selfs te doen.

Is dit nog verstandig om vas te hou aan die metafoor “Koninkryk van God” in die tyd waarin ons leef?

Heelwat teoloë vra vandag tereg of dit nog verstandig van ons is om vas te hou aan hierdie metafoor, wat skynbaar in ons tyd sy seggingskrag begin verloor, gewoon omdat ons nie meer in “koninkryke” leef soos mense in Bybelse tye nie. Ons beskou “konings” daarby nie meer as die “sovereign lords” wat hulle in daardie tye was nie; in demokrasieë is soewereine politieke gesag immers verplaas na die mense wat stem (in teorie, in elk geval!). Ek het begrip vir dié argument, maar kon nog nie self te voorskyn kom met ’n meer moderne alternatief wat ewe effektief is nie.

Waarom dink jy is kerke en geloofsgemeenskappe oor die algemeen so gekant teen bystanddood maar het nie ’n probleem daarmee as mens ’n dier, wat geen kans op herstel van sy pyn en lyding het, verlos nie?

Die “verbod” op bystanddood is ’n baie ou een in ons kultuur – veel ouer as, interessant genoeg, die verbod op aborsie. Die Katolieke Kerk – tans die invloedrykste stem teen aborsie – het eers in die middel van die 19de eeu die eerste keer aborsie ondubbelsinnig as moreel verwerplik afgewys. Die rede daarvoor gaan terug op ’n ou oortuiging dat ’n bevrugte eiersel nie dadelik “besiel” is nie, en dus, voor “besieling” plaasvind, doodgemaak mag word omdat dit dan nog nie ’n volwaardige mens is nie. (“Besieling” het boonop veel gouer by mans as by vroue plaasgevind!)

Genadedood is egter sedert die Eed van Hippokrates, en dwarsdeur die Christelike tradisie tot in ons tyd, as moreel verwerplik beskou. Terwyl daar in die aborsiedebat altyd twyfel was oor wanneer ons presies met ’n volwaardige mens te make het, was dit nooit ’n kwessie ten opsigte van kandidate vir genadedood nie; hulle is altyd (skynbaar) volwaardige mense. Die universele en gemeenregtelike verbod op moord het dus genadedood sonder meer afgewys.

Wat ons egter moet verstaan, is dat daardie verbod beslag gekry het in ’n tydsgewrig waar daar geen kennis van, of begrip vir, die moontlikhede van hedendaagse geneesmiddels of mediese tegnologie was nie. Dit was ’n wêreld sonder antibiotika, orgaanoorplantings, ventilators of dialisemasjiene – meganismes wat pasiënte soms onbepaald aan die lewe kan hou lank nadat hulle alle lewenskwaliteit verloor het.

Daardie verlies van lewenskwaliteit is daarby iets waaroor hulle self besluit, nie ons wat dit nie self beleef nie. Die voormoderne wêreld was ook ’n wêreld wat geen begrip van, of waardering vir, die beginsel van ingeligte toestemming in die mediese etiek gehad het nie; die idee dat pasiënte self mede-besluitnemers oor die aard en duur van hul mediese sorg is en behoort te wees. Laasgenoemde is ’n volledig 20ste eeuse idee.

Kortom, as ons na die geskiedenis van idees en waardes kyk, merk ons op dat daar morele groei is. Terwyl slawerny 300 jaar gelede oral voorgekom het, is dit sedert die middel 19de eeu taboe. Daar word vandag totaal anders gedink oor die (gelyke) regte van vroue as so onlangs soos 100 jaar gelede. Ek sal nie verbaas wees as vegetariese diëte oor die volgende 100 jaar ons vleistande finaal trek nie. Morele oortuigings bly nie staties nie; hulle ontwikkel en groei.

Jy tref ’n onderskeid tussen bystanddood en vrywillige aktiewe genadedood. Wat is die verskil?

Bystanddood is wanneer ’n terminaal siek pasiënt, wat ondraaglik ly, sy of haar eie lewe op eie herhaalde versoek beëindig deur, byvoorbeeld, die inneem van ’n dodelike middel wat aan hom/haar deur iemand anders verskaf word, en wat die persoon se feitlik oombliklike dood veroorsaak – dus ’n dood met waardigheid.

Vrywillige aktiewe genadedood is wanneer, op die duidelike en herhaalde versoek van die pasiënt, so ’n middel aan hom/haar toegedien word deur iemand anders – verkieslik ’n mediese praktisyn, hoewel dit nie noodsaaklik is nie. Ek is meer ten gunste van eersgenoemde as van laasgenoemde, maar daar is ongelukkig situasies waar die pasiënt nie meer is staat is om so ’n middel of ingrype (byvoorbeeld die afskakel van ’n ventilator) self kan behartig nie.

Vergun my twee verdere opmerkings: Die eerste is dat ek nie meen die ou bekende onderskeiding tussen “aktiewe” en “passiewe” genadedood (waar eersgenoemde is soos hierbo beskryf, terwyl laasgenoemde bloot sou beteken om alle behandeling te onttrek) van veel nut in ons morele besinning oor hierdie saak is nie. Om alle behandeling te onttrek, ook tot by die punt waar ’n ventilator afgeskakel word, is nie om “passief” te wees nie; dis self die uitkoms van ’n besluit en dit is ’n vorm van (be)handeling. Die tweede is dat daar mediese praktisyns is wat nie hou van die “bystanddood”-diskoers nie, en die begrip “sterwensbegeleiding” verkies vir handelinge wat wesenlik dieselfde is. Sulke praktisyns deins byvoorbeeld nie daarvoor terug nie om, wanneer dit blyk dat ’n pasiënt se sterwensproses begin het, ’n redelike hoë dosis van ’n middel soos morfien toe te ken ten einde seker te maak die pasiënt is, en bly bewusteloos. Die kanse dat so ’n pasiënt sy/haar bewussyn kan herwin, is dan baie min, en die pasiënt sterf gewoonlik, mede as gevolg van die dosis wat toegedien is. Ek het nie beswaar teen so ’n praktyk nie, maar kan nie sien hoe dit, moreel gesproke, verskil van wat ek hierbo as bystanddood bestempel het nie.

Wat van die reg op selfdood? Het mens nie ook ’n reg om jou eie lewe te neem as die lewe vir jou ondraaglik raak nie?

Soos ek vroeër gesê het: ’n burger van ’n demokrasie (soos Suid-Afrika tans hopelik is!) het die reg om sigself skade aan te doen, tot by die punt van selfdood. Weer: om daardie reg te hê, beteken nie dat dit altyd (moreel) reg is om daardie reg uit te oefen nie. Byvoorbeeld: ek kan geen morele beswaar insien teen ’n ou man van 90 wat alleen in die wêreld is en pas verneem het dat hy ongeneeslike kanker het, en wat dan besluit om sy lewe te neem nie. Vergelyk daarteenoor ’n man van 40 met ’n vrou en drie jong kinders wat uitgevang is vir bedrog of diefstal, en as gevolg daarvan selfdood pleeg. Laasgenoemde man het die reg tot selfdood, maar dit is in ’n morele sin nie reg dat hy dit doen en sy gesin agterlaat in ’n selfs groter gemors as waarin hy hulle laat beland het nie.

’n Mens het dus die reg tot selfdood. Waarop jy volgens my nie ’n reg het nie, is om daarop aan te dring dat jy bygestaan moet word om jou eie lewe te beëindig as jy andersins gesond is of nie aan die vereistes voldoen wat ek by vraag 9 gestel het nie.

In die slothoofstuk waar jy al die punte van jou argument bymekaartrek, skryf jy onder andere die belydenis van ’n Skepper-God, in die konteks van hierdie soort debat, kom op weinig meer neer as die erkenning van onkunde. Trouens, jy sê mense bely ’n Skepper-God gewoon omdat hulle antwoorde opgeraak het. Het dit dan hoegenaamd nog enige sin om ’n Skepper-God te bely?

Dis tog baie belangrik om te let op die konteks waarin ek beweer dat die beroep op ’n Skepper-God soms op niks meer neerkom nie as die erkenning van onkunde. Ek maak hierdie opmerking spesifiek in reaksie op die vraag hoe lewe oorspronklik ontstaan het. Die evolusieteorie van Darwin gee myns insiens ’n goeie en geloofwaardige verduideliking van hoe lewe ontwikkel het sedert die oorsprong (hoewel baie vrae steeds oorbly, soos byvoorbeeld blyk uit die werk van Stephen J Gould). Die moeilikste vraag is egter presies hoe, wat ek die “elemente van die aarde en die heelal” noem, tot ’n interaksie gekom het waaruit die eerste lewende selle ongeveer vier biljoen jaar gelede ontstaan het. Dis in reaksie op dáárdie vraag dat ek opmerk dat die beroep op ’n Skepper-God – ’n beroep wat ek self meen in hierdie stadium onvermydelik is – dikwels op weinig meer neerkom as ’n erkenning van eie onkunde.

Feit is dat ons steeds nie die vaagste idee het van hoe die eerste lewe ontstaan het nie. Die vakwetenskappe moet die antwoord op daardie vraag bly soek en, wie weet, dalk vind hulle nog ’n goeie antwoord daarop, analoog aan die teorie van die oerknal as oorsprong van die heelal – ook ’n teorie wat tans blykbaar wye aanvaarding geniet, al is daar fisici wat dit bevraagteken.

Goed maar wat is dan die sin om nog aan ’n Skepper-God te glo?

Jy vra of dit dan nog enige sin het om aan ’n Skepper-God te glo. Ek dink wel so. Die rede daarvoor is egter emfaties nie omdat ek meen dat so ’n geloof een of ander tyd vir ons die geheimenisse van die heelal of die ontstaan van lewe gaan oplos nie. Ons soek op die verkeerde plek as ons antwoorde op wetenskaplike vrae in ons geloof in God soek.

Geloof in God is nie die antwoord op wetenskaplike vrae nie. Dit bied wel ’n antwoord op sinvrae of eksistensiële vrae. Met laasgenoemde bedoel ek vrae oor wat die sin van die lewe is en wat die sin is van die samehang van alle dinge soos ons dit in die werklikheid beleef.

Geloof in ’n Skepper-God kan nooit bewys dat God hemel en aarde gemaak het nie, maar kan alleen bely dat, hoe hemel en aarde en lewe ook al ontstaan het, dit nie daar is sonder die singewing wat die geloof soms (nie altyd nie!) vir mense moontlik maak.

Geloof help my nie die natuur of die kompleksiteite van logiese denke beter verstaan nie, maar help my wel om myself en my eie singewing in die wêreld beter te verstaan. Dit help my om ’n beter mens te wees as wat ek daarsonder sou wees. Laasgenoemde is insgelyks ’n belydenis, nie ’n wetenskaplike aanspraak of teorie nie.

Die wetenskap is ’n wonder-ontdekking wat die wêreld op ’n unieke en onvergelyklike manier vir ons toeganklik en soms begryplik gemaak het. Ek sal die wetenskap altyd daarvoor bly bewonder. Maar die wetenskap behels nie die somtotaal van menslike ervaring en singewing nie. Die wetenskap het daarom ook nie ’n monopolie op kennis nie. Daar is – so glo ek – meer dinge van belang en wetenswaardig as wat die wetenskap aan ons bekend kan stel. Ek soek ook na daardie dinge. Ek het meer uitvoerig hierop uitgebrei in my boek Geloof sonder sekerhede (Kaapstad: Lux Verby, 2014, tweede uitgawe, pp. 163-194).

Dink jy gelowiges en ongelowiges se lot is dieselfde na die dood en waar bring dit ons in terme van begrippe soos hemel en hel?

Ek het weinig geduld met die idee van die hel; die God waarin ek glo, is geen kosmiese paaiboelie wat plesier daarin vind om mense te pynig vir dinge wat hulself meesal nie eers besef hulle het aangevang nie. Terselfdertyd is daar geen logika in die teorie oor die hel nie. As daar selfs net ’n greintjie waarheid steek in die evangelie, waarom sou God die wêreld verlos en vernuwe, net om êrens in Sy werklikheid ’n “plek” te behou waar lyding en swaarkry perpetueel is?

Ek dink die vraag of “gelowiges” en “ongelowiges” se “lot dieselfde gaan wees” is die verkeerde vraag. Ek glo nie omdat ek dink ek is op pad “hemel” toe nie. Ek twyfel of daar ’n ”hemel” is en of ek daarvoor bestem is as daar een is. Miskien, wie weet, word ek nog eendag aangenaam verras! Ek glo om ’n ander rede. Daardie rede is, om ’n blote metafoor te gebruik, die “hereniging van hemel en aarde”.

Wat bedoel jy daarmee?

Daarmee bedoel ek die aanbreek van ’n wêreld waarin die waardigheid van die mens, die diversiteit van die diereryk en die integriteit van die natuur herstel of nuut gevestig is. Dis die “nuwe wêreld” wat ons roep om te dien en waaraan ons elke dag wat ons hier gegun word, kan probeer bou. In die taal van die evangelie staan dit bekend as die “Koninkryk van God” – die sentrale tema van Jesus se prediking.

Miskien – hopelik! – verraai of onthul daardie naam (“Koninkryk van God”) die belofte dat ons handewerk in die skep van ’n nuwe wêreld op die duur nie tevergeefs sal wees nie, dat, ten spyte van ’n son wat gaan uitbrand en ’n aarde wat sekerlik verby sal gaan, daar tog op een of ander manier iets tot stand sal kom wat al ons moeite en verdriet die moeite werd sal maak. Ek weet nie; ek kan net glo en hoop. Wat wel duursaam en blywend is, is om te probeer om lief te hê en sodoende te bou aan dit wat binne ons almal se bereik is: goeie verhoudinge met vriend en vyand. Ek kan geen idee vorm van lewensin wat van meer betekenis sou kon wees as dit nie.

Het jy persoonlik enige vrees vir die dood en sou jy nie ook graag eendag vir ewig en altyd gelukkig wou leef soos wat ons in die Sondagskool geleer is nie?

Ek dink nie ek wil vir ewig leef nie. Wat beteken “ewig”? As dit slaan op iets wat die tyd te bowe gaan, dan kan ek dit in elk geval nie verstaan nie. As dit letterlik beteken “vir altyd” in terme van ons menslike verstaan van tyd, dan nee, ek wil nie in daardie sin “vir ewig” lewe nie; ek dink dit sal ondraaglik vervelig word. Lewe is ’n siklus met ’n begin, ’n opvoeding, ’n verloop, ’n loopbaan, verhoudinge, volwassewording – maar dan ook ’n afloop, ’n voltooiing, ’n einde. Ek hoop dit word my gegun om daardie siklus te kan deurloop.

Behoort ons die dood te vrees? Miskien bied die ou Griekse filosoof Epikurus tog troos:

“Raak gewoond aan die gedagte dat die dood niks is om te vrees nie. Alle goed en kwaad bestaan uit sensasies, oftewel bewussyn, maar die dood is tog die einde van alle bewussyn. ’n Korrekte begrip van die feit dat die dood niks aan ons kan doen nie, maak van die lewe ’n genotvolle ervaring, nie omdat dit die lewe vir ons tot in die oneindigheid verleng nie, maar omdat dit die drang na onsterflikheid wegneem … Die dood, [sogenaamd] die ergste van alle euwels, kan niks aan ons doen nie, want solank as wat ons bewus is van dinge is die dood nog afwesig; en wanneer die dood wel kom, is ons van niks meer bewus nie.”

Is ek bang vir die dood? Ja, want die gedagte om permanent en onomkeerbaar geskei te word van diegene vir wie ek omgee, is vir ons almal moeilik om te aanvaar. Die oorweldigende hartseer oor iemand wat deel van ons was, wat gelag, gehuil, gewerk, gesels, foute gemaak en vreugde besorg het – iemand wat geleef het en inherent deel van die geroesemoes van ons eie lewe was, is ’n inherente deel van ons worsteling om in die reine te kom met die dood. En ja, een of ander tyd sal die een wat wegval, nie iemand anders wees nie, maar ek self. Hoe moet ons dit kleinkry? Tog sal dit so wees. Miskien is dit ’n ander rede waarom ek die boek geskryf het: om beter aan dié onvermydelike idee gewoond te probeer raak.

The post <i>Die dood en die sin van lewe</i>: ’n onderhoud met Anton van Niekerk appeared first on LitNet.

Turning point by Theuns Eloff: "Just before midnight" seminar

$
0
0

Turning point
Theuns Eloff
NB Publishers
ISBN: 9780624080343

Authors on their new books: Theuns Eloff discusses his book Turning point with Naomi Meyer in LitNet's ongoing "Just before midnight" seminar.

Theuns, earlier this year, you wrote a book called Turning point. Is this country still the same one about which you wrote this book? What has stayed the same and what has changed since the publication of your book?

The main trends outlined in the book have stayed the same. This includes sluggish economic growth, crime, state failure, state capture, the poor state of education, etc. My interpretation of what went wrong has also stayed the same, as has that of the trend with the approach of  the ANC elective conference in December 2018.

What has changed is the intensity of state capture, corruption and its consequences. This has been highlighted by, among others, the #Guptaleaks, Jacques Pauw's book, as well as that of Basson and Du Toit (Enemy of the people). Obviously, certain political events (such as the firing of Gordhan and Jonas) have also changed the landscape.

The country is at a crossroads, would you agree? What critical questions need to be addressed urgently, and which ones are the most important (I mention the ones on the cover): crime, unemployment, poverty, racism, state capture, unrest at our universities ...?

Yes, I agree (as my book’s title indicates). At a macro level, almost all (unfortunately) depends on the outcome of the leadership race of the ANC. A Ramaphosa presidency would have an entirely different outcome for the country to that which a Dlamini-Zuma one would have. No policy changes or nuances in policy implementation will be possible without a change in ANC leadership. If a Zuma remains at the helm, things will become worse. With Ramaphosa or another constitution-respecting president, some changes would be possible. But, it would take a long, long time and hard work to start the fight against state capture and corruption, build the economy again, attract investment and create jobs, fight crime, address racism and save the education system. There is no magic wand or silver bullet.

With regard to the transformation ideology of the ANC (the so-called 80-9-9-2 formula for all levels of society), I do not see that a Ramaphosa government (or, indeed, a DA coalition government in 2019) would deviate from that. Minorities cannot count on any political party to protect them from the reracialising of the whole of society in the name of "transformation". They have no one but themselves and the constitution to count on to take a stand and look after their interests. With a Dlamini-Zuma-led government, this would become worse, but any ANC government would stick to the ideology. The state would less and less protect diversity and the rights of minorities. The constitution would more and more be interpreted as if the equality clause of Section 9 trumps all other individual rights [such as Section 29(a)].

In your opinion, what can ordinary citizens do to make this country work?

Help build constructive interpersonal relations at grassroots level. Combat racism and intolerance from both sides – left and right.

Join the fight against state capture and corruption by speaking out and taking a public stand and joining public protests.

If you are part of a racial, cultural or language minority, start thinking outside the proverbial box and look out for yourselves.

Once you are satisfied that there is political and economic policy certainty, invest in your business and create as many jobs as possible.

Use your vote in 2019 wisely.

The post <em>Turning point</em> by Theuns Eloff: "Just before midnight" seminar appeared first on LitNet.

On the brink by Claire Bisseker: "Just before midnight" seminar

$
0
0

On the brink
Claire Bisseker
NB Publishers
ISBN: 9780624077800

Authors on their new books: Claire Bisseker chats to Naomi Meyer about Claire's book On the brink in LitNet's ongoing "Just before midnight" seminar.

Claire, you recently wrote a book called On the brink. The primary focus of your book is on the country’s economics. To ask you the question on the cover: How did we land up in this mess, and can we pull back from the brink?

The problem is that the government hasn’t implemented its own good policies – from Asgisa under President Mbeki to the National Development Plan under President Zuma. At the same time, it has introduced policies that have been decidedly bad for growth (like the mining regulations). In the process, it has created so much policy uncertainty and generated so much anti-business sentiment, that it has destroyed confidence and frightened away investment.

The country is now pushing at its fiscal limits, having wiped out nearly all the fiscal progress achieved since 1994. This is mainly because of years of unsustainable spending on a burgeoning but unproductive government in a low-growth environment.

One of the myths I deal with in the book is the idea that fiscal policy isn’t progressive enough, or that the treasury has been too conservative, and this is why inequality, poverty and unemployment remain so high. On the contrary, academic studies have shown that South Africa has had more success using fiscal policy to reduce poverty and inequality than 11 peer countries, including Brazil, Mexico and Argentina.

The problem isn’t that fiscal policy isn’t well targeted at the poor – the targeting is excellent – or even that we don’t spend enough money on things like education – we spend proportionally more than many peer countries which achieve better learning outcomes. The real problem is that the government is useless at turning what little growth and wealth the country has into jobs and well-being. So, bright children remain mired in poverty because the education system fails to confer the social mobility it should.

Can we pull back from the brink?

Clearly, things cannot go on like this.

The only way to stop this slide is to get growth going. South Africa has made so little progress with business-friendly economic reforms, that it has become trapped in a vicious cycle of weak growth and mounting debt.

It is not too late to arrest the slide, but it will require the government to change tack decisively – excise corruption, start implementing pro-growth policies and reform its leadership to inspire confidence.

There are a few reasons why we shouldn’t be utterly depressed:

  • Corporates are sitting on a R1 trillion cash pile. Should confidence be reignited, it could unleash a spurt of investment.
  • South Africa has a national development plan that has never been implemented but has the support of nearly all political parties and most of civil society. A new leadership should be able to galvanise energy around implementing it.
  • Civil society provides a strong, counter-veiling force against corruption and maladministration. A groundswell of opinion is creating pressure for change in the right direction.
  • Business and labour are trying to find each other and realise that they will have to do things differently if South Africa is to achieve inclusive growth.

The country is at a crossroads, would you agree? What critical questions need to be addressed, apart from economic issues?

Yes, right now it feels as though the country could go either way. It teeters on the brink of making a historic mistake. Many of the ingredients for a catastrophic collapse are already in place. The economy is in a dangerous downward spiral, and only an extraordinary political resolution will be able to change its trajectory.

Politically, South Africa’s future is impossible to call, since many plausible outcomes can be imagined. But, for the economy, the future really is binary. Only two outcomes are really possible – a good one or a bad one – because if the economy is not moving forward convincingly, it is in decline.

With a population growth rate of just under 1,7% and massive youth unemployment, muddling along with very low or stagnant growth means that the average person’s quality of life will decline. Social and fiscal pressures will continue to mount. After a while, all South Africa’s credit ratings will be junked, even if the ANC does not tack left towards more interventionist and populist policies.

The economic solutions are actually quite straightforward and proven. They have been shown to work time and again around the world. But, actually implementing them has become essential.

There is no escaping the conclusion that if the government wants to improve social and economic outcomes, it is going to have to reignite business and investor confidence and improve the quality of its spending. This comes down to improving the quality and accountability of the people employed in government, which in turn hangs on the quality of leadership.

The overarching solution to South Africa’s current crisis is honest, authentic leadership – not just by the government, but by business, labour and civil society, too.

If the current government stays in power, we’re in for a very tough time. But, if we had a sea change, under the leadership of someone constructive and positive the economy could fly.

In your opinion, what can ordinary citizens do to make this country work?

There is power in civil society when people unite and demand change. There are several broad social initiatives that are coalescing around the country’s constitutional values, and they should be supported and defended at all costs.

The post <em>On the brink</em> by Claire Bisseker: "Just before midnight" seminar appeared first on LitNet.

Geloof alleen. Reise deur die kerkhervormings: ’n onderhoud met André Pretorius

$
0
0

Geloof alleen. Reise deur die kerkhervormings
André Pretorius

Uitgewer: Naledi
ISBN: 9780928316902

Skrywers oor hul nuwe boeke: André Pretorius gesels met Naomi Meyer oor Geloof alleen.

André, sonder om hoegenaamd parallelle te trek: is jou boek Geloof alleen ’n soort antitese van die Da Vinci Code deur Dan Brown? Hiermee bedoel ek: is jou boek een oor reise na ruimtes met geestelike betekenis?

Ek sou nie kon sê nie, want ek het nie die  Da Vinci Code gelees nie!  As ’n boek bloot per toeval die antitese van ’n ander boek kan wees, dan is dit seker moontlik om dit so te sien.  Ek verstaan die Da Vinci Code is ’n fiksionalisering losweg gegrond op godsdienstige gegewe.  Aangesien ek die verbeelding ontbreek om te fiksionaliseer, was ek gebonde deur feite – dit wat gebeur het en my eie belewenisse van die plekke waar dit gebeur het. 

Want Geloof alleen is in die eerste plek ’n reisboek: daar is geskiedenis in (want daarsonder sou die reise nie sin gemaak het nie) en die reise is ingegee deur godsdienstige temas en gebeure, maar dit bly ’n reisboek oor plekke.  Dit is nie ’n boek van geestelike oordenking nie – as daar oordenking is, is dit van plek: die plekke wat ek besoek en my eie plek in die wêreld.

Wil jy dalk vertel waarom jy die boek geskryf het?

Ek het grootgeword op die Afrikaanse platteland van die tagtigerjare, ’n tyd en plek waar lewe en denke gerig is deur ’n Gereformeerde, Calvinistiese lewensuitkyk.  Maar die verloop van my lewe het beteken dat ek my bevind het waar ek haas onbedoeld aan beide kante van die kloof van die Kerkhervorming leef: ek het getrou met ’n (Suid-Afrikaanse) Katoliek en ek woon in Brittanje waar die staatskerk ’n sonderlinge kombinasie van Katolieke vorm en Protestantse teologie is. 

En dan het ek altyd ’n belangstelling in geskiedenis gehad: geskiedenis nie in die sin van "dinge wat in die verlede gebeur het" nie, maar eerder van "dinge wat in die verlede gebeur het en wat steeds weerklink in hoe ons dink en wat in ons wêreld gebeur". 

Dit was teen daardie agtergrond wat ek wou reis na die plekke van die Kerkhervormings, die plekke waar daardie Protestantse wêreld waarin ek ontvang en gebore is, sy beslag gekry het, maar ook waar die Katolieke wêreld waarin ek my nou halflyf bevind, teruggeveg het.  Ek wou dit doen om saam te val met die 500ste herdenking van die begin van die Protestantse Hervorming in Oktober 1517, maar ook in ’n tyd waarin "hervorming" in ’n breë sin in Suid-Afrika steeds gemoedere laat opvlam.

Die reise wat jy onderneem het, loop die wêreld vol. Brei asseblief uit op die bestemmings wat jy alles besoek het – en waarom.

Ek wou nie ’n boek skryf wat begin en eindig by Martin Luther en Johannes Calvyn nie.  Luther se lewe alleen bied ryk genoeg stof vir so ’n boek, maar as ek daar volstaan het, sou ek net in Duitsland gereis het en nooit die kloof van tyd en afstand tussen 16e eeuse Kerkhervorming in Europa en my 1980s-kinderjare in Suid-Afrika kon oorbrug nie.  En Calvyn se lewe, eerder as sy denke, bied min konkrete bestemmings om te besoek.

Dus wou ek wyer kyk en reis, na die plekke waar verskillende sytakke van die geskiedenis aangesluit het by daardie Protestantse stroom (of weggevloei het daarvan). Die Kerkhervorming is nie vir my ’n geïsoleerde epog vyf eeue gelede nie, maar iets waarvan ons die rimpeling in ons tyd voel.

Van alle plekke het ek begin in ’n klooster in België waar ek jare gelede ’n – vir my – ontroerende gesprek met ’n baie ou monnik gevoer het oor die kloof tussen Katoliek en Protestant. Van daar het ek teruggegaan na my kinderjare: sonder ’n begrip daarvan, sou my reise vir die leser min sin maak.

Vir Luther het ek gegaan na Wittenberg waar hy monnik was en sy opstand opgevlam het, na Worms waar hy homself met verstommende waagmoed verdedig het teen Kerk en Keiser, na die Wartburg-kasteel waar hy ’n voëlvry voortvlugtige was en die Nuwe Testament in Duits vertaal het, en na die universiteitstadjie Marburg waar die verdeling in Protestantse geledere reeds in 1529 versteen het.

Schlosskerk, Wittenberg

Luther in brons, Wittenberg

Studeerkamer in Wittenberg

Nentershausen, Marburg

Eggo's van Calvyn het ek probeer terugvind in Noyon naby Parys waar hy as Katoliek gebore en getoë is, en in Genève waar hy sy volwasse lewe geslyt en sy roeping uitgeleef het.

’n Katedraal in Noyon

Toe wou ek na plekke van verwoesting: die Kerkhervormings het tussen 1517 en 1648 bygedra tot van die bloedigste konflikte in die menslike geskiedenis.  Ek het gaan loop tussen die romantiese ruïnes van die Katolieke kloosters in Yorkshire wat wreed deur koning Hendrik VIII onderdruk is en het gereis na Praag, Maagdenburg en Münster waar die Dertigjarige Oorlog begin het, geveg is en geëindig het.  Daardie oorlog was in sy tyd net so vernietigend soos die Tweede Wêreldoorlog in ons s’n en die vredesverdrag wat dit in 1648 beëindig het, vorm steeds die grondslag van moderne internasionale betrekkinge.  Boonop was daar in Münster in 1534 ’n eindtydse sekte, die Wederdopers, wat ’n 16e eeuse weergawe van David Koresh en die Branch  Davidians by Waco, Texas uitgeleef het – die ysterhokke waarin hulle tereggestel is, hang steeds teen die kerktoring ...

Maar om die oorde van vernietiging te besoek sonder om ook die herskepping gebore uit Hervorming op te soek, sou eensydig wees. Dus het ek gaan soek na die spore van daardie beroemdste Engelse Bybelvertaling, die “King James Bible”, na die musiek van JS Bach, die grootse toonsetter van die Hervorming, en na die grootste skilder van Nederland se Calvinistiese Goue Eeu, Rembrandt. In my vorige boek, oor Italië, was daar ’n hoofstuk oor die skilder Caravaggio en deur oor Rembrandt te skryf wou ek eintlik vra of Rembrandt die skilder sou wees wat hy was as hy nié in ’n Noord-Europese, Calvinistiese milieu gewerk het nie, en dieselfde oor Caravaggio in ’n Suid-Europese, Katolieke wêreld.

Ek het gaan soek na die plekke waar die nuwe geloofsienings gekodifiseer is in belydenisskrifte wat tot in ons tyd oorleef – Augsburg vir die Lutherane, Heidelberg om sy Kategismus en Trento in Italië vir die groot kerkvergadering van die Katolieke "Teen-Hervorming".

Maar steeds was ek net in Europa en ver van die NG Kerk Marble Hall waar ek groot geword het.  Dus het ek ook gaan soek na hoe hierdie sienings oor die planeet uitgewaaier het na die vier windrigtings: daardie verstommende Barok-bouwerke van die Katolieke in Goa aan die Indiese kus en die tonele van die Puriteinse "volksplanting" in wat "Amerika" sou word.

Einde ten laaste was ek op die Duitse plaas naby die Nederlandse grens waar die Pretorius-familie sy oorsprong gehad het.

Dink jy mense sal hierdie boek van jou kan lees en as reisgids aanwend? Of wat sal rusbankreisigers tussen die boek se blaaie kan ontdek?

Reisbeskrywings en reissketse aan die een kant, en reisgidse aan die ander, is gans verskillende goed.  My boek sal van min praktiese nut wees as gids van waarheen om te gaan, wat om daar te doen, waar om te slaap en eet.  Maar ’n doel wat ek hoop die boek kan dien is as inspirasie, as vertrekpunt vir die reise van ander.  Ek self lees graag die reisbeskrywings van ander, soms eietyds, soms ook veel ouer. Ander se belewenis van plekke op verskillende tye verryk my eie belewenis van daardie plekke, of ek nou soontoe reis om daaroor te skryf, of net om die reis self.  Om die waarheid te sê, ek het pas verhuis en ten spyte van my poging om my boekrakke te rasionaliseer kon ek myself maar nie bring om uit te dun onder my reisboeke nie ...

Ek hoop ook die boek het betekenis as ’n reisbeskrywing wat ’n leser kan geniet ongeag of sy/hy beoog om self na daardie plekke op reis te gaan.  Ek hoop dit dra iets oor van die gevoel van plek, van die erfenis van die Hervormingsgeskiedenis in hierdie plekke in die 21ste eeu, en doen dit op ’n manier wat lekker is om te lees.

Jou boek se titel verwys enersyds na ’n gedeelte van die Bybel waaroor Protestante verskil: Geloof alleen (of hoe dan gemaak met geloof sonder dade, of ’n boom wat nie vrug dra nie, is dood)? Waarom het jy die titel van die boek gekies?

Ja, ek hoop nie die titel is misleidend nie!  Dit is nie in die eerste plek ’n boek oor my geloofsbelewenis nie en ook nie oor die teologie van geloof teenoor dade nie – ek sou hoegenaamd nie gekwalifiseer wees om dit te skryf nie (skoenmaker, hou jou by jou lees!). 

Die rede vir die titel is dat dit Martin Luther se groot insig was, êrens tussen 1517 en 1522: dat die verlossing van die mens deur "geloof alleen" bewerkstellig kan word.  Daardie insig, daardie twee woordjies, was die aambeeld waarop die Katolieke hegemonie verpletter is en ’n ganse nuwe wêreldorde gesmee is.  Ek kon nie dink aan ’n beter titel vir ’n reisboek oor plekke van die Kerkhervormings nie.

Watter ontdekkings het jy langs die pad gemaak? Geestelik en fisies (wat plek betref)?

Geen enkele, oorheersende ontdekking nie.  Eerder klein gewaarwordinge, soos die manier waarop die gelouterde teologie van Calvyn die gestroopte Gotiese argitektuur van twee of drie eeue tevore weerspieël: amper asof Calvyn wou teruggaan na ’n suiwerder geloof soos dit miskien neerslag gevind het in daardie ou katedrale.

Bier met Calvyn

Of hoe dit wat terugskouend onwankelbaar vas skyn, indertyd ook maar gebore is uit onvolmaakte menslike soeke en kompromie. Ek het byvoorbeeld grootgeword met die idee van die Heidelbergse Kategismus as ’n onfeilbare dokument wat as't ware op kliptafels gebeitel is uit die suiwerste teologie. Iets soos die Belydenis van Belhar kan mos hoegenaamd nie op ’n gelyke voetstuk staan nie!  Ek het geen mening oor Belhar nie (skoenmaker ...), maar ek het ten minste besef dat die Kategismus ook maar voortgekom het, nie alleen uit suiwere teologie nie, maar uit teologie en oordenking in ’n spesifieke politieke konteks.

En miskien ’n beter begrip vir waar ek vandaan kom en hoekom dinge was soos hulle was, en wat die mooi en goed daarin was.

Foto's: André Pretorius

The post <i>Geloof alleen. Reise deur die kerkhervormings</i>: ’n onderhoud met André Pretorius appeared first on LitNet.

Sandveldkos. Kosnostalgie en stories van gister: ’n onderhoud met Rina Theron

$
0
0

Sandveldkos. Kosnostalgie en stories van gister
Rina Theron

ISBN: 9780620760430

Skrywers oor hul nuwe boeke: Rina Theron gesels met Naomi Meyer oor Rina se boek Sandveldkos: Kosnostalgie en stories van gister

Rina, van boervrou tot vroueboer: vertel asseblief vir ons lesers iets van jou.

Ek het 40 jaar gelede as “inkommer” in die Sandveld kom woon, want ek is oorspronklik van Knysna se wêreld. My man is in 1996 in ’n motorfietsongeluk oorlede en ek moes toe op 48-jarige ouderdom die boerdery met aartappels en brahmaanbeeste oorneem. Ek het die voorreg gehad om ’n paar eerstes as vroueboer in die landbou te kon wees – eerste vroulike direkteur van Boland Agri (nou Kaap Agri), eerste geregistreerde vroueaartappelmoerkweker in die Sandveld, eerste vroulike ondervoorsitter van die Sandveldse Aartappelkwekersorganisasie, en die eerste vroulike voorsitter van die Leipoldtville Boerevereniging. In 2000 is ek ook as topprodusent vir nasionale markte aangewys in die Vroueboer van die Jaar-kompetisie soos aangebied deur die Departement van Landbou. Ek het ná 41 jaar in die boerdery afgetree en met meer tyd op hande het ek besluit om my passie vir geskiedenis en kos uit te leef deur die boek Sandveldkos: Kosnostalgie en stories van gister aan te pak.

Wil jy in jou eie woorde vertel watter soort boek dit is?

Die boek is meer as net ’n kookboek, soos wat uit die volledige titel blyk, want dit bevat onder meer persoonlike onderhoude met en profiele van bekendes uit die Sandveld wat hul stories en onthouresepte deel. In die ander afdelings van die boek kan ’n mens ook lees oor die vindingryke planne wat boervroue van weleer gemaak het om hul huishoudings te versorg, oor veldmedisyne wat gebruik is om enigiets van hoofpyn tot aambeie hok te slaan, asook interessante staaltjies oor mense van hierdie unieke streek.

Jou boek is bedoel vir enigeen wat belangstel in ons land se geskiedenis en streke. Wil jy dalk met ons lesers deel hoe jy jou eerste kennismaking met die Sandveld beleef het? En hoe jy die omgewing nou ervaar?

My eerste kennismaking met die Sandveld was nie liefde met die eerste oogopslag nie. Ek sal altyd oom Jan-Frans Visser se woorde een oggend voor kerk onthou: “Kyk, nooientjie, die Sandveld werk so. Eers wil jy net hier wegkom, maar die sand hou jou vas en hoe meer jy spartel en spook, hoe vaster val jy vas en later as jy kan wegkom, dan wil jy nie meer weggaan nie.”

Noudat ek afgetree het en wel soos baie ander mense seker by die see kan gaan woon, het die Sandveld só diep in my hart in gekruip dat ek nie regtig ’n ander tuiste vir myself kan voorstel nie. Die geweldige droogte in die Wes-Kaap van die afgelope paar jaar het ’n baie negatiewe uitwerking op die landbou en natuurskoon van die streek, maar ewig boer bly ek optimisties dat die mooi jare weer sal kom.

Iemand soos Kobus van der Merwe van Paternoster het kulinêre disse van die omgewing onder mense se aandag gebring. Die resepte in jou boek is eerder onthoukos van inwoners van die omgewing. Hoe het jy bepaal watter resepte om in die boek op te neem?

My doel was om te wys dat, net soos die boervroue van destyds, ’n mens vandag met min bestanddele geurige kos op die tafel kan sit. Elke persoon met wie ek ’n onderhoud gevoer het, het dus vir my hul resepte en wenke vir besparing in die kombuis gegee. Ek wou ook graag die resepte vir die nageslag bewaar en hulde bring aan die boervroue van die Sandveld en hul besonderse gebak en geregte wat gereeld basaartafels laat kreun het. Laastens wou ek ook die streek se kontreikos, wat onder andere aartappels en heerboontjies insluit, aan die leser bekendstel.

Watter van die resepte in die boek is vir jou persoonlike gunstelinge?

My persoonlike gunstelinge is wasgoedbondeltjies (’n soort maalvleispasteitjie) (bl 46), kerrieboontjiebredie (130), duikerfilette (114), aartappelkoekies (135) en Jodetert (81).

Jy kook ook self graag, is ek reg? Dalk kan jy ook een van jou eie resepte met ons lesers deel?

Ja, ek is lief om wat ook al in my groentetuin in seisoen is, in geregte te gebruik. Ek deel graag my resep vir soet groenpampoen met uie wat as ’n bykos bedien word.

Bestanddele: 1 koppie uie (in dun ringe gesny), 1 eetlepel botter, ½ koppie suiker, 6 koppies groenpampoen (nog nie ryp nie) geskil en in blokkies gesny, ¼ koppie water, stukkie pypkaneel, steranys en ’n knippie sout.

Metode: Braai die uie in die botter tot deurskynend. Strooi die suiker bo-oor en braai tot dit begin verkleur. Voeg nou die pampoenblokkies by, asook die water en geurmiddels. Bedek en laat vinnig kook. Verminder die hitte en kook tot die pampoen sag is. Moenie roer nie en skud net die kastrol van tyd tot tyd. Haal die deksel af en kook die pampoen tot droog en glansend.

In jou boek is daar selfs huiswenke – boererate, as ‘t ware. Noem asseblief ʼn interessante wenk met plante uit die streek wat jou opgeval het.

Die boervroue van weleer het suurlemoene en suurlemoensap in die huis gebruik as hoofsaaklik skoonmaakmiddel om onder andere koper op te vryf. Die skil van suurlemoene is ook gebrand om rookreuke uit die huis te verwyder, en suurlemoensap in afspoelwater is gebruik om messegoed se ivoor weer wit te maak en glasware te laat blink.

Wat boererate betref, is die sap van Bulbinia frutescens (snotbossie) gebruik om brandwonde, snyplekke, insekbyte, koorsblare, mondsere of enige ander velirritasie mee te behandel.

Kos, taal, mense, geskiedenis: dis vervleg. Wat was vir jou die interessantste aspek toe jy die boek geskryf het? En was dit ook ʼn vonk vir die ontstaan van die publikasie?

Al hierdie dinge het ’n rol gespeel in wat ek sien as die kultuur van die Sandveld. Ek het dus doelbewus al hierdie aspekte verweef, omdat dit vir my baie belangrik was om die unieke lewenswyse van die Sandveld se mense vir die nageslag te bewaar. Dit was inderdaad die motivering vir die skryf van die boek, aangesien ek ook my liefde vir geskiedenis so kon uitleef.

Jy het onlangs by die Richmond BookBedonnerd-fees opgetree. Hoe was jou ervaring hier?

Dit was ’n voorreg om die geleentheid mee te maak met skrywers soos Ashwin Desai, Athol Williams, Igno van Niekerk, Luthando Lucas, Hélѐne Opperman Lewis en Karina Szczurek. Daar was soveel inspirerende stories wat mense gewaag het om self uit te gee wat nie noodwendig in die hoofstroom van die uitgewersbedryf ooit die lig sou gesien het nie. Dit was natuurlik ook ’n groot verrassing toe my boek die prys gewen het in die koskategorie in die SA Independent Publishers Awards.

Waar kan lesers jou boek bestel? En wat is die kostes?

Omdat ek my boek self uitgegee het, kan mense dit direk by my bestel: by 083 691 0808, of rinatheron8@gmail.com, of www.facebook/Sandveldkos. Die koste beloop R485 (posgeld uitgesluit) wat ’n bonusboekie met mosselresepte insluit.

The post <i>Sandveldkos. Kosnostalgie en stories van gister</i>: ’n onderhoud met Rina Theron appeared first on LitNet.


Shisanyama: ’n onderhoud met Jan Braai

$
0
0

Shisanyama
Jan Braai

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176361

Skrywers oor hul nuwe boeke: Jan Braai vertel vir Naomi Meyer van sy jongste boek, Shisanyama.

Jan, Shisanyama is die naam van jou jongste boek. Wat beteken dit en waar kom die titel vandaan?

Shisanyama is die Zulu term vir braai. Letterlik vertaal bedoel dit “brand vleis” maar ek glo dit is meer ’n geval van “skroei vleis” oor die kole van ’n vuur. Shisanyama is die oorspronklike manier van braai in Suider-Afrika maar deesdae gebruik meeste mense in die land net die woord braai. So dis ’n viering van deel van braai se erfenis.

Wat beteken braai vir jou, in enige taal: Xhosa, Zulu, Sotho, Afrikaans of Engels?

Braai is die woord wat hierdie aksie van saamkom rondom ’n vuur en kos maak op die vuur en sy kole in al 11 tale in die land beskryf. Dis iets wat elke liewe Suid-Afrikaner al gedoen het, ongeag van taal, kultuur of geloof. Dit is die gemeenskaplike deler in ’n wyd en diverse samelewing en die manier hoe ek glo ons as land almal saam kan feesvier op 24 September elke jaar.

Ander lande se mense braai ook. Wat maak braai eg-Suid-Afrikaans?

Ons gebruik regte houtvure. Ons vleis is beter en ons vis is vars en ons het die beste mense rondom daai vure. Ons weer is ook meestal beter en leen homself tot buite staan en braai!

Vuur is ’n ooreenkoms tussen alle Suid-Afrikaners se manier van braai, of hoe? Watter verskille en ooreenkomste het jy nog teëgekom op jou reise deur die land?

Almal verkies ’n pragtige groot houtvuur. In noodgevalle houtskool en slegs as dit absoluut noodsaaklik is weens reëls of veiligheid gebruik mens gas. Orals in die land is mense lief vir boerewors. In die binneland is daar meer mieliepap en in die Kaap meer braaibroodjies. Langs die kus braai mense graag vis en in die binneland is daar meer gereeld wildvleis en wildswors.

Wat is vir jou die belangrikste komponente van ’n braai? (Op die spyskaart, om te eet.)

Ek dink glad nie dit is belangrik wat jy braai nie. Bees, lam, hoender, vark, vis, groente, pap, brood. En of jy nou ’n rooster, pan, potjie of spit gebruik maak ook nie saak nie. Dit gaan oor rondom ’n lekker vuur staan, gesellig en vriendelik wees en lekker kos maak, wat ook al vir jou lekker is.

Wat is ander belangrike komponente van ’n braai vir jou?

Eerstens, ’n groot houtvuur. Dit is fundamenteel tot die braai. Om rondom of langs ’n vuur te staan. Dit is in ons DNA en maak jou brein en hart lekker voel om vir daai vlamme te kyk. Oor die ewolusie heen het ons van vure gehou, want dis warm, daar is lig, dis waar geselskap is en dis ’n afskrikmiddel vir wilde diere. Verder is ek lief vir ’n braai met ’n uitsig. Dit kan ’n uitsig wees oor ’n vlakte, ’n vallei, die see, jou tuin, ’n berg of wat ook al. As jy hou van drankies, goed so en as jy nie hou van drankies nie, ook goed so. Musiek is soms vir my lekker maar ek is ook lief vir braai met die natuurlike klanke van die natuur so ek kan nie sê dat musiek vir my persoonlik as sulks noodsaaklik is nie. 

Wat is jou mees onfeilbare braaigereg, iets waarop jy altyd kan terugval?

’n Tradisionele braaibroodjie. Almal is altyd lief daarvoor. Wit gesnyde brood, botter aan die buitekant. Kaas, tamatie, uie, sout, peper, blatjang binne. Braai oor matige kole in ’n toeklap rooster tot goudbruin aan die buitekant en die kaas gesmelt in die middel. 

Jou braaiboeke is beslis resepteboeke ook: mens kan enige ding op ’n vuur maak – malvapoeding, bolognaisesous, ensovoort. Watter nuwe braairesep verskyn in hierdie nuwe boek van jou wat jy met ons lesers kan deel?

Chorizo-pastapotjie

Hierdie resep kom van Dan. Sy vrou, Lindi, reken dis die beste maaltyd wat hy op die vuur maak. Dan en Lindi is gesoute reisigers en hy hou daarvan om hierdie ete in hul staatmaker-potjie aanmekaar te slaan wanneer hulle iewers heen op pad is. Die bestanddele is redelik eenvoudig en hierdie maaltyd sal beslis lekker werk as jy kamp of op die stoep van jou hut sit met ’n uitsig oor ’n pragtige stuk Suid-Afrikaanse landskap. Chorizo is ’n gekruide Italiaanse salami-worsie en deesdae wyd verkrygbaar in Suid-Afrika. As jy dit nie in die hande kan kry nie, vervang dit maar net met enige salami wat beskikbaar is.

Wat jy nodig het

(vir 4–6 mense)

500 g penne-pasta
1 sopie olyfolie
1 sopie botter
1 ui (in skywe gesny)
1 chorizo-worsie van 200 g of
meer (in skywe gesny)
2 knoffelhuisies (gekneus)
1 vars brandrissie (opgekap)
1 blikkie opgekapte tamaties
1 sopie balsamiese asyn
1 sopie suiker
1 teelepel sout
1 teelepel peper
1 sopie brandewyn of vodka (opsioneel)
1 koppie vars room
parmesaan- of wit cheddarkaas (vars gerasper, om mee te bedien)
vars kruie (soos basiliekruid of pietersielie, om mee te bedien)

Laat waai!

1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie, haal uit die potjie, gooi die water af en sit eenkant.

2. Sit die le. potjie weer op die vuur, verhit die olie en botter en braai die ui tot deurskynend.

3. Voeg die chorizo by en laat hom sweet in die potjie terwyl jy hom roerbraai.

4. Gooi die knoffel en brandrissie by en braai vir nog ’n minuut.

5. Nou gooi jy die tamaties, balsamiese asyn, suiker, sout en peper by en laat prut vir nog ’n paar minute.

6. Jy kan ’n leksel brandewyn of vodka bygooi en die bestanddele flamb. deur die alkohol aan die brand te steek, maar hierdie stap is heeltemal opsioneel.

7. Roer die gaar pasta en die room by, en laat dit nog ’n bietjie prut. As dinge vir jou effe droog lyk, gooi ’n bietjie melk of water by die potjie. Dit is onwaarskynlik, maar omdat elke potjie en elke vuur sy eie persoonlikheid het, is dit teoreties moontlik.

8. Bedien met gerasperde parmesaan-kaas (of cheddar) en watter vars kruie jy ook al byderhand het, met basiliekruid as eerste keuse.

Wat was die moeilikste plek of omstandighede waar jy al ooit moes braai?

Onder water, so drie meter onder die see. Dit was so paar jaar gelede. Ons het ’n spesiale geseëlde braai laat bou met pype vir vars lug en ’n lang skoorsteen tot bo die see-oppervlak. Ek was in ’n skuba pak lang die kant en het met ingeboude handskoene die storie beheer, amper soos ’n broeikas. Dit het geslaag maar was moeilik. Laat ek jou verseker daar is geen toekoms in onderwater braai nie.

Hier is soveel sosio-ekonomiese ongelykheid in die land. Dink jy alle Suid-Afrikaners kan bekostig om te braai?

Absoluut. Jy kan enige kos braai, dit is die tradisionele en oorspronklike manier van kos gaarmaak. Almal kan dit doen en dit werk met enige bestanddele. Persoonlik by my eie huis braai ek meer gereeld deur potjie te maak as wat ek ’n groot stuk steak op die rooster gooi.

The post <i>Shisanyama</i>: ’n onderhoud met Jan Braai appeared first on LitNet.

Spieëlbeeld: ’n onderhoud met Franz Marx

$
0
0

Spieëlbeeld
Franz Marx

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485303992

Skryf vir geld – van sy hoërskooldae af, maar nou gaan dit net daarom om die storie te vertel – elke dag ’n paar reëls, ’n paragraaf of ’n bladsy, want dit is nou lewensbloed.

Dit is Franz Marx aan die woord, draaiboekskrywer van oa die veelbekroonde televisiedrama Die buitestaander (1986), ’n streep televisiereekse, enkeldramas, minireekse én die eerste Suid-Afrikaanse sepie, Egoli: Plek van Goud, wat ’n ikoniese status in die genre geniet.

En nou – die klimaks – Franz Marx se debuut as skrywer met sy spanningsverhaal Spieëlbeeld, wat pas deur Protea Boekhuis uitgegee is.

Ons kom ’n lang pad saam – van ons universiteitsjare op Stellenbosch – en nou sit ons vir die eerste keer om oor hierdie merkwaardige en hoogs produktiewe loopbaan kajuitraad te hou.

“Ek is akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger van verskeie films en TV-reekse, en dis hoe ek bemark word, maar eintlik is ek heeltyd met skryf besig. Om te skryf en te verwoord, dis eintlik die kern van my loopbaan en uiteindelik het ek nou my eerste boek in die hand,” vertel hy.

Hoekom so laat eers?

Paraat is sy antwoord: “Ek het gedink toe Pieter Fourie op sy oudag met ’n digbundel kan debuteer, hoekom kan ek dit ook nie waag met ’n spanningsverhaal nie?”

Spieëlbeeld, met die subtitel “die anatomie van ’n huurmoord”, uiteindelik dan Franz Marx se skrywersdebuut. Dis moeilik om met so ’n uitgelese lys skryfstukke aan ’n Marx-debuut te dink. Soos ander resensente het ek dit ook verkeerd gehad dat hy Skooldae, ’n jeugboek, immers op sy naam het. “Nee, ek het dit nie as boek geskryf nie; dis so aangepas uit die TV-reeks, so dit kan nie tel nie,” dring hy aan. Punt gemaak.

Is hierdie pakkende en boeiende verhaal wat in Spieëlbeeld ontvou, die somtotaal van sy jare in die film- en TV-bedryf?

“Nee, daar’s elemente dalk wat ek leer ken het, maar dis hier in my aftreehuis bedink.

“Wat uit my professionele jare kom, veral in die Egoli-tyd, was my kontak met die berugte nagklubbaas Lolly Jackson, met wie ek ’n sakeverhouding gehad het. Ek het gereeld gebruik gemaak van sy vloot motors – hy’t ook ’n luukse karversameling gehad – en soms het hy my na sy klubs genooi vir ’n drankie. Ons het nooit huisvriende gewees nie, so ’n sakeverhouding gehad. Deur hom en sy vertellinge het ek die daaglikse bedryf van daardie wêreld waarin hy beweeg het, van nader leer ken.

“Oor ’n drankie het hy die daaglikse bedryf van sy nagklubs breedvoerig met my gedeel. Ek was toe net nuuskierig en geïntrigeerd. Eers jare later het dit vir my sin gemaak om my storie teen so ’n agtergrond te laat afspeel. Ek onthou Lolly met groot dankbaarheid.”

Ander kennis was nodig – oor die “donker konkelwerk van dwelmhandelaars”, die dwelmwêreld, handvuurwapens, wat gebeur as ’n koeël ’n kop tref, die moets en moenies van die uitvoer van lykskouings en die hantering van ’n koeël by ’n noodlottige skietwond. Jy moet ook kennis en begrip hê om die binnewerking van ’n lyfwag se lewe te kop, die “harde werklikheid” in die wêreld van gimnasiums, die daaglikse roetine van ’n ontkleedanseres en die “binnekennis” van ’n verassing.

Wat van die karakter Belinda Eksteen?

“Haar prototipe in die beroepswêreld waarin ek jare gestaan het, ken ek goed. Sy’s op niemand spesifiek gebaseer nie, eerder ’n samestelling van verskillende karakters, maar eintlik dink ek nie ek het haar so goed behandel in my boek nie.”

Nee, sê Franz, hy’t nooit in boek in sy kop gehad nie – nie vir publikasie in elk geval nie. Maar hoe gebeur Spieëlbeeld toe?

“Soos al my ander goed. Ek reageer op ’n uitdaging. “Skooldae, wat as jeugboek verskyn het, saamgestel uit die TV-reeks, is by die Woordfees bekendgestel. Ek wou niks daarmee te doen hê nie. So uit niks nooi Nicol Stassen my vir middagete, bring ’n mooi meisie saam wat ’n redakteur van Protea is, en uit die bloute vra Stassen of ek nie ’n roman vir hulle het nie.

“Voor ek my kon kry, het ek onderneem om 50 bladsye te skryf. Ek word ’n kontrak gegee, ’n sperdatum en ook ’n belofte – toe ek teen nog ’n ‘deadline’ vasskop, wat ek myself beloof het om nooit weer te hê nie – dat hulle my hierdeur sal voer. Nouja, dis soos dit was.

“Ek sit hier by Le Clemens en moet nou dink aan ’n storie. ’n Heeltemal nuwe ondervinding vir my. In televisie het ek altyd die einde eerste geskryf. Die einde was die geboorte van die storie. Dan werk jy punte uit en so begin ek aan die storie werk. Skielik sit ek nou met 18 uur werksdae om die tema van Spieëlbeeld te ontwikkel.

“Ek begin skryf in drie verskillende tye. Man, dit was nou vir jou fyntrap in die pietersielie. Ek werk ure lank. As dit uitwerk, is dit lekker. Dit het vir my lekker begin word toe ek agterkom dat om die storie vertel te kry ek uit myself moet delf.

“Waar ek nie weet nie, kry ek mense wat wél weet om my te kom help. Ek het die milieu van die wêreld van Spieëlbeeld geken, maar ek moes agter die harde werklikheid kom.”

So skryf Marx: “’n Spieël is ’n vreemde ding, want in ’n spieël leef ’n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. ’n Spieël lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik ’n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag. Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar’s min rede die laaste tyd om te wil lag.”

Dolf Eksteen leef in die weelde wat ryk sakemanne as hul reg aanvaar. Die weelde kom teen ’n prys. Dit word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente. Die beeldskone Belinda Eksteen aan sy sy is ’n opkomende vermaaklikheidster. Sy is soos ’n emosionele en finansiële tikkende tydbom aan sy sy. Joe Minnie se opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak.

’n Groot aantal karakters – ’n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap – word verweef met die intriges van hierdie sosiale substrata van ’n gure milieu van onaantasbares, die onderduimses en die verdruktes. Marx bied psigologiese karakterstudies van sleutelfigure wat jou lank bybly – meesleurend, boeiend en intens.

’n Boeiende subtema is rondom ’n eertydse Johannesburgse Afrikaanse kultuurstrewe, lidmaatskap van “Afrikaans Eerste” en taalstryders wat in die “Maggie-kamer” vergader. “Die nege taalstryders sit bewegingloos stroef soos vaalgeel geskilderde portrette onder die unieke en kleurryke versameling jeugdige Maggie Laubsers.” Hier vind die “nimmereindigende gevegte oor die behoud van Afrikaans plaas.”

Vir dr Dolf Eksteen is die “vyand van die taal” die Afrikaansprekende. Hy sê: “Jy kan nie hofbevele afdwing om die harte van mense te verander nie.”

Teenoor hierdie “behoudendes” is dit interessant hoe Marx gemengde tale in die narratief inwerk. So betrek hy die “deursnee”-Suid-Afrikaners, maar vang sy leser om hom die speurder in hierdie spanningsverhaal te maak.

Dit is deurleefde gegewens en breër ervaring wat Marx aanwend om volbloed karakters te skep waarom hierdie verhaal wentel. So skep hy ook ’n visuele konteks waarin die milieu en die karakters realisties voor die leser geteken staan.

Ons draai weer terug na die tyd toe Franz as leerling aan die Hoërskool Windhoek en die Sentrale Hoërskool Bloemfontein, waar hy matrikuleer het, was. Twee sjielings en ses pennies, oftewel ’n halfkroon, was die “going rate” om ’n opstel te skryf. “Ek het graag ander se opstelle geskryf en toe reeds besef dat om te skryf vir my ’n inkomste kan inbring.”

In sy eerste jaar op Stellenbosch (1961) skryf hy ’n roman. Hy onthou dat hy ’n Olivetti-tikmasjien as verjaarsdaggeskenk van sy ma ontvang het en dat hy die manuskrip dubbelspasiëring getik het. “Toe ek klaar is, het ek begin rondkyk waarheen ek dit kon stuur vir my ‘twee-en-ses’. Ek lees iewers dat APB (Afrikaanse Pers-Boekhandel) prosamanuskripte soek.

“Ek stuur dit en kry toe ’n brief van ene BJ Smit, die uitgewer, wat sê dat dit vir publikasie aanvaar word. Ek sweef op die wolke en geen vier dit by die ou Jakaranda Kafee. Intussen het ek al vir Sarie (Marais) onder ’n skuilnaam ’n kortverhaal of twee geskryf.

“Ek studeer daardie tyd onder (DJ) Opperman en (JC) Kannemeyer. Hulle weet nie van my roman nie. Toe vind ek uit BJ Smit is Bartho, die dramaturg van Die verminktes en Moeder Hanna en ek is heel begeesterd. Ook hoor ek Chris Barnard is toe ’n jong outjie by die uitgewery en ek is net die hond se snor.

“Weke gaan verby, Ronnie Belcher bied ’n lesing aan van FE Malherbe se stadsroman en die nuus van my aanvaarde manuskrip bereik Opperman. Deur Ronnie kom die boodskap terug na my: ‘Moenie publiseer nie.’

“Plat geslaan en ’n knou vir ’n jong ou se selfbeeld, maar Opperman bied aan om self met Bartho te praat. Dit was nie die tyd vir só ’n debuut nie.”

Dit was immers die geboorte van die Sestigers met Jan Rabie se 21 as ’n draaipunt in die “lokale realisme” van die tyd. Wat vooraan was, was André P Brink se Lobola vir die lewe en Etienne Leroux se Sewe dae by die Silbersteins. (Terloops, Opperman was in hierdie tyd literêre redakteur van Human & Rousseau, die uitgewers van die drie Sestigers.)

Die manuskrip is na Franz se laai en hy het nooit weer daarna gekyk nie.

Eers het hy sy roemryke loopbaan as verhoogakteur en filmster – ons eerste matinée-idol – gehad. Later het hy self draaiboeke geskryf en as regisseur en vervaardiger het hy ’n indrukwekkende lys films op sy naam.

Tussendeur het hy stories vir die laai geskryf. In die 1980’s vra die SAUK Televisiediens of hy ’n draaiboek het. Hy sou ook self moontlik as vervaardiger kon optree.

“Om die skeiding tussen my akteurswerk en skryf te bring, kry ek ’n vakansieplekkie in Margate, bring my ou lessenaar daarna toe en vind weer die ou vergeelde manuskrip in die laai – my befaamde stadsroman wat twee dekades vroeër teruggetrek is.”

Hy trek dit weer nader.

“Ek begin tonele uitwerk, dramatiseer tonele en skryf dialoog en dit word die dramateks Die buitestaander.” Franz onthou dat hy die teks “vinnig geskryf” het. Die manuskrip of die draaiboek bestaan nie meer nie. In 1986 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se SAUK-prys vir Televisiedramas vir die draaiboek.

Foto van Franz Marx: Nic de Jager

The post <i>Spieëlbeeld</i>: ’n onderhoud met Franz Marx appeared first on LitNet.

My Portuguese feast: an interview with Mimi Jardim

$
0
0

My Portuguese feast
Mimi Jardim

Publisher: Quivertree Publications
ISBN: 9781928209591

Writers on their new books: Mimi Jardim talks to Naomi Meyer about Jardim's book My Portuguese feast.

Hi Mimi! Please would you tell our readers about your background?

I was born in Portugal. I went to school in South Africa, matriculated and studied at the Home Economics Teachers Training College. I taught at schools for many years and owned my own cookery school. I then joined Nando’s as product developer. I am still teaching and consulting for Nando’s.

Your book My Portuguese feast was published earlier this year – congratulations! Why did you write this book?

After completing 50 years of a cooking career, it was time to share my experiences.

When you leave a country, do you leave behind its food? What are your childhood memories in terms of food? Have you always liked to cook?

Childhood memories are never forgotten – especially those of food. Family gatherings and special occasions were always full of treats. My whole family, past and present, love to cook; I just followed, but in a professional way. And I still love to cook, especially to experiment – making something with few ingredients.

What is your favourite food – in Portugal, and over here?

My favourite food in Portugal was and is still sardines on the coal and cheeses. In South Africa: sosaties and mosbolletjies.

Your book is about Portugal, but it is also about some sort of celebration. Am I right? Please elaborate on the word “feast”.

Having published other books on Portuguese cooking, I did not want to repeat recipes. This book is about a celebration of moods, travels, family, classes – therefore, a feast.

You are from Portugal originally, but have been living in South Africa for a long time. Do you see any similarities between the foods of these two countries?

Potjie is our caldeirada, smoorsnoek is bacalhau à Brás, and milk tart is a cousin to pastéis de nata.

In terms of climate and produce: would you find all the ingredients (at affordable prices) for your book in South African shops?

When writing recipes, you have to make sure ingredients are available and in season.

You are not the only cook in the family. Please tell me about your children, if you wish.

All my children are very good cooks in their own way. One of them turned professional: my son Daniel became a vegetarian at an early age, so he had to put together dishes that he could eat. He has written cookery books himself.

Do you always enjoy cooking, or is it also a nice change if somebody else does the cooking? In other words: is cooking always a pleasure, or sometimes a chore as well?

Cooking will always be a passion, but as one gets older, it can become a chore! I love to be invited to a meal, sit down and relax.

Christmas is around the corner. Please will you share a typical Portuguese menu for Christmas Day with your readers?

Christmas the Portuguese way is celebrated according to the region where you come from: mainland or islands.

Bacalhau (cod fish) is a must on Christmas Eve.

Turkey, pork or roasted goat are the main meat dishes.

Bolo rei is a fruit cake in a ring shape, decorated with whole glacé fruits.

Fritters of all kinds are enjoyed.

In South Africa, because of the climate, Portuguese families will enjoy the bacalhau, some traditional dishes as well as salads, and some will have a prawn braai.

I will do Xmas Eve bacalhau, boiled with cabbage, potatoes and carrots.

Tipsy slices of French toast in a port wine syrup and assorted fritters.

Xmas Day will be stuffed turkey breast and salads.

For dessert: chestnut and chocolate cheesecake.

Boas-festas | Season’s greetings

Chocolate Salami 

Many a time, when she was expecting visitors, my mother made this roll in advance. And many a time, the visitors did not eat any of it, because we discovered it before they arrived. I need hardly tell you what we got for doing this...

Makes 2 rolls or 16–20 slices 

20ml soft butter
200g sugar
2 eggs
200g drinking chocolate powder
200g Marie biscuits 

icing sugar for dusting

Mix together the butter, sugar, eggs and chocolate powder and beat lightly. Place biscuits in a strong plastic bag. Crush with a rolling pin. Fold the crushed biscuits into the chocolate mixture. If the mixture is too soft, place it in the refrigerator for a while. Turn the mixture on to greaseproof paper dusted with icing sugar and shape into mini rolls. Wrap up in the greaseproof paper and refrigerate until hard. Cut into slices before serving. 

Variations

Add 100g nibbed almonds or chopped walnuts, or 50g glacé pineapple, 50g glacé cherries and 50ml port, to the mixture. 

For a peri-peri chocolate salami, add 15ml peri-peri sauce to the mixture and sprinkle chilli flakes as well as sugar onto the greaseproof paper. (This one is a Nando’s staff must-have.) 

The post <i>My Portuguese feast</i>: an interview with Mimi Jardim appeared first on LitNet.

Brand: ’n onderhoud met Peet Venter

$
0
0

Brand
Peet Venter

Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799386141

Skrywers oor hul nuwe boeke. Peet Venter gesels met Naomi Meyer oor sy boek Brand.

Peet, baie geluk met die verskyning van Brand, ’n boek waarvan die tema besonder aktueel is. Wil jy dalk kortliks opsom waaroor die storie handel?

Die kernverhaallyn gaan oor die politieke riller waarin ons land haar bevind. Die pres en sy kliek besef hulle tyd om te roof raak min, maar hulle wil so lank as moontlik aan die mag klou. Hulle beraam ’n makabere plan om die reeds gespanne toestand in die land uit te buit en dit onregeerbaar te maak. Dan kan hulle ’n noodtoestand afkondig, die weermag ontplooi, die parlement ontbind en die grondwet opskort. Krige raak deur die geheime eenheid waaraan hy verbonde is betrokke. Hy kom gou agter dat hy met magtige mense te doen het wat nie huiwer om dood te maak ten einde hulle doelwit te bereik nie. Dit raak persoonlik vir hom toe die twee mense met wie hy saamwerk koelbloedig vermoor word. Met die hulp van Delaré Brand, ’n rekenaargenie, ontrafel hy die komplot en kom so agter dat Sjina ’n hand daarin het omdat dit hulle Imperialistiese planne pas. In die verband trek ek ’n vergelyk tussen staatskaping waarop almal so gefikseer is, terwyl sagte kolonisasie stilweg ongehinderd voortgaan agter die skerms van BRICS-handelsooreenkomste wat veral Sjina en Rusland se ekonomiese greep op Suid-Afrika verstewig. 

Ons weet soms is feite en fiksie nogal naby aan mekaar. Wat was vir jou die prikkel vir die roman?

Die verval van basiese onderwys, gesondheidsdienste. Marikana. Die fiasko rondom staatstoelaes. Life Esidimeni. Vra jouself af hoeveel die mense in beheer voel vir die swaarkry en lewens van gewone mense. ’n Mens kry die indruk dat dié wat aangewese is op staatsbystand vir hulle net ’n lastigheid is. Toe vra ek myself die vraag af, as hulle so behep is met hul selfverryking, hoe ver sal hulle gaan om in ’n posisie te bly waar hulle kan aanhou roof?

Het jy, soos wat hierdie jaar gevorder en sekere dinge aan die lig gekom het, terugwerkend aan jou roman verander? Of was dit waaroor jy geskryf het toevallig, en het dit so gebly soos wat jy dit uitgedink het?

Nee, ek het niks verander nie. Soms het ek gewonder of ek nie te veel waag nie. Maar die feite is daar. Toe, terwyl Brand al in produksie was, ontplof Jacques Pauw se The Presidents keepers. Dit het my nogal gekielie waar dit lekker is.

Hier is meer as een storielyn, ek het na die primêre storielyn verwys met my tweede vraag. Dan is daar ook Thys Krige se persoonlike lewe. Vertel my asseblief van jou hoofkarakter.

Krige erf skatryk toe sy pa wat deur min of meer mafia-praktyke ’n fortuin opgebou het vermoor word. Hy was toe in sy laat tienerjare, kon met sy erfenis enigiets word, maar besluit om by die speurdiens aan te sluit om die onopgeloste moord op sy pa te ontrafel. Uit ontnugtering met die regstelsel en die geleidelike verval van wetstoepassing, wend hy hom tot onortodokse metodes wat hom in onguns bring. Hy verlaat die speurdiens en raak betrokke by ’n geheime eenheid wat juis daarop ingestel is om reg te maak waar die regstelsel faal. Hy is nie die suipende, fuifende stereotipe nie, maar ’n stil en komplekse karakter wat sukkel met menseverhoudings en wroeg oor die geweld en bloedvergieting wat vir hom ’n lewenswyse geword het. Hy kan nie ophou nie, want hy is reeds te diep in; daar is gevaarlike mense wat sy bloed soek. 

Hierdie boek is die vyfde boek in die reeks oor Thys Krige. Wil jy dalk kortliks vir lesers inlig omtrent die vorige boeke, sodat hulle ’n agtergrond hieromtrent kan kry ingeval hulle afskop met hierdie een?

In Dieper as die bloed, is Krige nog in die speurdiens. Hy kry te doen met ’n geheimsinnige karakter terwyl hy op ’n reeksmoordenaar se spoor is. Die moordenaar raak in die media bekend as die Roosmoordenaar omdat hy - of is dit dalk ’n "sy"? -  ’n wit roos by sy slagoffers laat. Die geheimsinnige karakter weet klaarblyklik baie van Krige. Hy bel knaend met raaiselagtige wenke oor die moordenaar en skimpe dat Krige dieper as die bloed moet kyk en liewer op die ou bloed konsentreer.

In Ou bloed ondersoek Krige die moorde op twee pedofiele. Twee meisies in hul vroeë tienerjare raak ook weg. Hy besef die moorde en verdwynings hou verband. Weer kry hy met die geheimsinnige karakter te doen wat hom gaandeweg lei na ’n internasionale netwerk van kindersmokkelaars. Dit is duidelik dat die man baie daarvan weet. Die nag toe Krige die kindersmokkelaars vastrek, skiet hy onder andere ’n vreemdeling voor hy besef die man help hom eintlik. Toe die sterwende man met hom praat, herken hy die stem van die geheimsinnige karakter wat hom so knaend gebel het. Dit kom aan die lig dat die man die twee pedofiele vermoor het en dat dit Krige se halfbroer is van wie hy nie geweet het nie. Ook dat sy halfsuster, Karen, vyftien jaar tevore ontvoer is toe die kindersmokkelaars, wat hy pas doodgemaak, het sy pa vermoor het.

In Waar boosheid broei, is Krige uit die speurdiens. Hy het ’n verhouding met ’n joernalis, Robyn Arendse, wat ’n reeks artikels skryf oor kinderhandel wat ongemaklik begin raak vir sekere mense. Sy kry dreigemente om dit te staak. Op versoek van ’n kennis, gaan Krige na Harare om die onregmatige aanhouding van ’n Suid-Afrikaanse joernalis deur die owerhede te ondersoek. Hy kom agter dat die joernalis ’n massamoord ondersoek het; ’n hele nedersetting kleinboere is uitgeroei omdat hulle geweier het om pad te gee van die grond waar diamante ontdek is. Krige krap ’n komplot oop wat hom teruglei na Suid-Afrika en gevolglik na sleutelfigure wat destyds betrokke was by sy halfsuster se ontvoering. Hulle ontvoer Robyn Arendse na ’n afgeleë plaas in die Waterberg. Krige gaan om haar te red, maar sy kom om in die skietery.

In Plasenta soek Krige die spoor van sy ontvoerde halfsuster, Karen. Die probleem is, hy weet nie of sy nog leef nie; dit het meer as vyftien jaar gelede gebeur. Hy weet bitter min van haar. Al wat hy het, is ’n foto van ’n meisie in haar vroeë tienerjare. Hy kom op die spoor van ’n middelman in Maputo wat die verskeping van ontvoerde kinders uit Suider-Afrika na die Midde-Ooste gefasiliteer het. Die man, sterwend en nie meer in die besigheid nie, vertel hom dat Karen soos ’n prinses in weelde op Ciprus leef as die dogter van ’n Turkse smokkelsindikaatbaas. Sy poging om haar daar uit te kry loop uit op bloed en geweld, maar hy slaag tog daarin om haar te red.

Het jy aanvanklik beplan om ’n hele reeks te skryf, toe jy begin het met die eerste boek?

Dis nou hier waar die spreekwoordelike lat vir jou eie dinges pluk so tekenend ter sprake kom. Nee, ek het nie. ’n Opvolgreeks is problematies. Hoeveel kan ’n mens na voorafgaande boeke terugverwys sonder om die storie basies te herhaal? Dis ’n wetter. Deur Karen in die storie te bring, het ek daarin getrap. Ek kon haar eenvoudig nie net eenkant toe skuif nie. Maar in Brand het ek dit nou reggekry om haar deel af te rond. Almal weet nou waar almal staan. Uitgesorteer. En om sommer nou jou vraag te antwoord, nee ek weet nie of daar nog Thys Krige-stories gaan wees nie. Miskien. Miskien nie.

Kan jy iets van jou skryfproses vertel – beplan jy tot die einde, skryf jy dan chronologies, hoe gaan jy te werk?

Ek werk nie volgens ’n raamwerk nie. Dis te beperkend. Die storie is in my kop. Ek kou ’n ruk lank daaraan, dan kom sit ek voor my rekenaar en begin bloei. Basiese navorsing doen ek vooraf om seker te maak die storie kan werk, dan doen ek detailnavorsing wanneer nodig soos ek vorder.

Waarom spanningsromans? En ontvlug lesers daarmee (en ook skrywers), dink jy? Of lewer die boeke ook doelbewus sosiale kommentaar? Praat asseblief met my oor die genre waarbinne jy skryf.

Apartheid was ’n onvergeeflike lelike ding. Mense is gemarginaliseer en eenkant toe gestoot. Maar feit bly staan; die mense wat vandag aan bewind is, het ’n land oorgeneem wat gewerk het en dit in minder as twee dekades gebreek. Ek is hartseer en kwaad. Ek wil mense seermaak. Die genre waarin ek skryf is ’n uitlaatklep vir my. Anders weet ek nie ...

Watter boeke geniet jy om te lees?

Ek lees wyd; fiksie en aktueel. Dis moeilik vir my om uitsonderings te maak, maar veral wat fiksie betref, het ek kieskeurig geraak. Vroeër jare het ek my verdiep in Hugo se Les Misérables, Ayn Rand se Atlas Shrugged, King se IT. Boeke so dik soos telefoongidse. Deesdae, as ek ’n boek se eerste twee bladsye gelees het en ek kan dit net so goed in twee paragrawe sê, dan sit ek hom neer. Ek hou van John Connolly, Peter Temple. Thomas Harris se Hannibal-stories is meesterstukke. Maar ons het ook uitstaande Afrikaanse skrywers. Ek geniet name soos Irma Venter, Madelein Rust, Martin Steyn en Deon Meyer, om maar net ’n paar te noem.

Werk jy reeds weer aan ’n volgende boek?

Ek werk aan een. Vyf, ses ander spook hier in my kop vir ’n vale.

The post <i>Brand</i>: ’n onderhoud met Peet Venter appeared first on LitNet.

Hans steek die Rubicon oor: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg

$
0
0

Hans steek die Rubicon oor
Rudie van Rensburg

Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795801471

Skrywers oor hulle nuwe boeke: Naomi Meyer vra vir Rudie van Rensburg oor sy boek Hans steek die Rubicon oor.

Rudie, met Hans steek die Rubicon oor steek jy self ’n persoonlike Rubicon oor: dis nie ’n spanningsverhaal hierdie nie. Hoekom nie? En voel jy as skrywer dat jy binne enige genre wil kan skryf en nie ingeperk wil word nie, sonder dat iemand hierdie soort vraag vra?

Ek noem dié boek ’n “asemskepboek” tussen die spanningsfiksie deur. Dit is beslis nie ’n nuwe rigting wat ek inslaan nie. Maar soos jy tereg opmerk, wil ek ook nie ingeperk voel as ek die behoefte het om ’n ander genre aan te pak nie. En ek wil ook nie die moontlikheid uitsluit dat ek dit weer in die toekoms gaan doen nie – hoewel spanningsfiksie maar altyd my eerste liefde sal bly.

Jou karakter Hans steek ’n Rubicon oor. Vertel asseblief waaroor die storie gaan?

Die storie handel oor ’n 90-jarige man (Hans) wat deur sy verloopte kinders (wat almal in die buiteland bly) gedwing word om ouetehuis toe te gaan. Hy is nie lus of gereed daarvoor nie. Sodra hy met die drakoniese bestuur van die plek te make kry, word hy ’n rebel en aktivis, ’n oom wat niks het om te verloor deur in opstand te kom nie. Hy word die matrone se grootste nagmerrie: ’n ou man wat vir homself kan dink en tot aksie oorgaan. En uiteindelik is Hans ook die katalisator vir die ander senior burgers se verset.

Oudword en hoe dit uitgebeeld word – nóg ’n Rubicon. Humor en oudword is nie maats nie, of hoe? Of dink jy dis hoe dit (dikwels) met humor werk: hoe erger en hoe meer skreiend, des te snaakser?

Ek dink nie humor het ’n ouderdomsperk nie. Die eiesoortige en soms ouwêreldse woordeskat van die bejaardes het as die basis vir die humor in die boek gedien. En teen die agtergrond van hulle ouderdomsbeperkings en soms -gebreke is hulle manewales juis snaakser as wat dit met ’n jonger geslag karakters die geval sou wees.

Wat het hierdie storie geïnspireer?

Die boek het ’n lang aanloop. Dit het “ontkiem” toe Kassie Kasselman, die speurder in my spanningsromans, se bejaarde ma in Kamikaze deurmekaar raak met ’n oom wat nie sy goedkeuring wegdra nie. Dit het vir lekker humor gesorg en het my geïnspireer om ’n kortverhaal oor ’n senior burger (Hans) te skryf vir die US se Woordfeesbundel van 2017. Dié kortverhaal het bly spook by my en “gesoebat” om ’n boek te word. En só het Hans se storie lyf gekry.

Die volwasse kinders wat oorsee bly, die bejaarde ouers wat in die aftreeoord ingeboender word. Dis iets waarmee baie Suid-Afrikaners kan identifiseer. Was jou boek dalk nie net ’n satire nie, maar ook ’n vorm van protes? Dalk kan jy hierop uitbrei.

Dit was beslis ook ’n vorm van protes. Eerstens het ek ’n weersin daarin as jonger mense wat mag het oor oueres, op ’n neerbuigende manier met hulle praat deur onder meer verkleinwoorde te gebruik asof hulle kinders is. “Oumensies” se wysheid en ervaring mag nooit onderskat word nie – iets wat juis in die boek sleg boemerang vir hulle wat bejaardes vlak kyk. En ja, tweedens wou ek die groot Suid-Afrikaanse tragedie belig dat soveel bejaarde ouers vereensaam in inrigtings omdat hulle kinders en kleinkinders in die buiteland is én dat hulle soms teen hulle wil in daardie inrigtings geboender word.

Wat is eenders en wat is anders om spanningsfiksie te skryf versus ’n humoristiese verhaal?

Anders as in my spanningsromans het ek dié verhaal deurgaans lig en speels gehou, maar soos in spanningsfiksie het ek die leser probeer nuuskierig hou om te sien of Hans die stryd gaan wen teen die “onmenslike” gesaghebbers van die ouetehuis. In ’n groot mate gebruik ’n mens maar dieselfde spanningsromanresep om die lesers geïnteresseerd en in afwagting te hou.

’n Jeugdige wêreld vol van millennials, voel dit soms. Dink jy daar is ’n mark vir boeke oor ouer lesers vir ouer lesers?

Hans se storie sal seker meer aanklank vind by ’n ouer geslag lesers, maar ek was nogal verras oor die positiewe terugvoer wat ek van jong lesers gekry het. Wat dalk daarop dui dat ’n boek oor bejaardes ook leesbaar is vir ’n breër mark.

’n TV-reeks van verlede jaar, Stranger things, het my aandag gevestig op hoe die leefwêreld van kinders van die tagtigerjare in ’n verhaal aangewend kan word: landlyntelefone, outydse TV’s, modes en die rekenaarspeletjies van daardie tyd. In ’n boek wat toegespits is op ouer lesers, watter navorsing moes jy doen om toegang te verkry tot die leefwêreld van jou teikenmark?

Ek het gelukkig self in ’n tyd grootgeword sonder TV’s en rekenaars, en mét safaripakke, kruisbande, landlynfone, tikmasjiene, die Skim en Tarzan, Borgwards, langspeelplate en Chamberlain se hoesmedisyne. So dit was darem nie te moeilik vir my om daardie leefwêreld te skep nie, omdat ek volgens alle definisies self op die rand van bejaardheid staan! (Iets wat ek in die openbaar natuurlik ten sterkste ontken.) My grootste uitdaging was wel om argaïese uitdrukkings te soek wat by Hans en sy pelle se taalgebruik sou pas. Daarvoor het ek Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings uit die vyftigs, sestigs en sewentigs gaan opdiep wat nie meer vandag algemeen voorkom nie.

Waaraan skryf jy op die oomblik?

Ek is besig om aan twee manuskripte (albei spanningsfiksie) te werk vir 2019. My nuwe spanningsroman, Ys, is klaar en verskyn vanjaar in April.

Wat lees jy – en kry jy tyd daarvoor? Watter boeke/films/teaterwerk/TV-reeks het jou onlangs getref?

Waar ek altyd ’n ywerige fiksieleser was, kry ek tot my groot spyt deesdae nie tyd om meer as drie, vier fiksieboeke in ’n jaar te lees nie (gewoonlik net beperk tot die werk van my gunstelingskrywers). Ek lees egter wyd en deurlopend aan niefiksieboeke as deel van navorsing vir my eie boeke. Naas Jacques Pauw se opspraakwekkende onthullings het die Britse ondersoekende joernalis Tom Burgis se The looting machine: warlords, tycoons, smugglers and the systematic theft of Africa’s wealth ’n groot indruk op my gemaak. En ek moet meld dat kykNET se TV-reeks Waterfront my voete onder my uitgeslaan het. Dit vergelyk uitstekend met enige bekroonde internasionale reeks.

The post <i>Hans steek die Rubicon oor</i>: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg appeared first on LitNet.

Sitting pretty: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen

$
0
0

Sitting pretty: White Afrikaans women in postapartheid South Africa
Christi van der Westhuizen

Uitgewer: UKZN Press
ISBN: 9781869143763

Skrywers oor hul nuwe boeke: Christi van der Westhuizen gesels met Naomi Meyer oor Christi se boek Sitting pretty.

Christi, baie geluk met Sitting pretty. Ek het ’n onlangse kykNET-gesprek tussen jou, Kabous Meiring en Deborah Steinmair hieroor gesien en wil afskop met: Waarom het jy hierdie boek geskryf? Vertel my hiervan, en vertel my asseblief ook van jou ouma.

My vorige boek, White power & the rise and fall of the National Party, het vraagstukke oor ras, klas, politiek en ekonomie op die makrovlak getakel. Met die skryf daarvan het nuwe vrae by my ontstaan oor die vorming van identiteit, oftewel subjektiwiteit. Hoekom heg ons onsself aan onderdrukkende sosiale kategorieë soos ras, klas, geslag en seksualiteit? Ek wou sin maak van die kwessie binne my eie konteks van apartheid en Afrikaner-nasionalisme. In my familie is ek grootgemaak deur sterk vroue wat in mindere of meerdere mate Afrikaner-nasionalisties was. My een ouma (gebore Viljoen en getroud met ’n Erasmus) was ’n veldkornet in die Ossewa-Brandwag. Daarteenoor het haar dogter – my ma – reeds in die ’70’s apartheid as stelsel al meer begin bevraagteken en dit uiteindelik teen die vroeë ’80’s verwerp as onmenslik. Dit is die nalatenskap waaruit ek kom, en dit is belangrik vir my om dit te verstaan. Hoeveel agentskap het hulle gehad en hoeveel het ek? Kan ons as mense ’n meer etiese wêreld skep, of is ons oorgelewer aan ons omstandighede?

In die Prontuit-gesprek het jy gesê dat jy as Afrikaner identifiseer. Wat beteken dit vir jou?

My identifisering as Afrikaner is ’n etiese besluit, en wel om twee redes. Die eerste is dat ek binne ’n Afrikaner-nasionalistiese konteks grootgemaak is, met al die gepaardgaande regverdigings van rasse-, geslags- en ander hiërargieë, en met die bevoordeling wat apartheid vir veral wit Afrikaanssprekende mense teweeggebring het. Deur steeds as Afrikaner te identifiseer, erken ek my verlede en die voordele wat ek daaruit getrek het. Dit maak dit vir my moontlik om nie net krities nie, maar ook selfreflektief met daardie geskiedenis en die voortslepende effekte daarvan om te gaan, ook vir my persoonlik. Die tweede rede is dat ek binne daardie konteks positiewe persoonlike belewenisse gehad het, en dat daar menslik-bevestigende waardes met my gedeel is wat, paradoksaal, uiteindelik ook my kritiese posisie moontlik gemaak het. Deur as Afrikaner te identifiseer, erken ek hierdie emosionele en intellektuele bande, asook die bron van my etiese ingesteldheid van ontleding en selfkritiek.

 ’n Woord wat oor en oor genoem word: “ordentlikheid”. The done thing. Om iets in stand te hou, nie die bootjie te skommel nie, of ongemak te veroorsaak nie. Praat ons van vroue wat by mans langs die vuur gaan staan in plaas van slaai maak in die kombuis? Of deurtrek dit die samelewing, is dit méér as dit? En tog: soms kan mens nie anders as om binne ’n stelsel te funksioneer nie – dis tog orals. As die land se geldeenheid die rand is, kan mens nie betaal met die eenheid van jou keuse nie. Help my asseblief om die term te verstaan.

In my studie het ek gevind dat sommige wit Afrikaanssprekende mense nie meer as “Afrikaners” identifiseer nie. Ek moes ’n ander begrip vind om die identiteit te beskryf. Ordentlikheid is daardie begrip, omdat dit die verskillende dimensies van die identiteit die beste vasvat. Dit spreek tot ’n aspirasie om ’n sekere respektabelheid te verwesenlik deur ’n spesifieke stel reëls oor ras, klas, geslag en seksualiteit na te volg. Om as ’n Afrikaanssprekende wit vrou “ordentlik” te wees, moet ’n mens jou na ’n spesifieke klasgegronde vorm van wit patriargale heteroseksualiteit skik. Jou gedrag word gepolisieer met idees oor beleefdheid en goeie maniere. As jy nie aan die vasgestelde norme voldoen nie, loop jy die risiko van stigmatisering, marginalisering en uitsluiting. Maar daar is ook ’n dissidente vorm van ordentlikheid onder wit Afrikaanssprekendes wat, met ’n etiese oogmerk, ras- en geslagshiërargieë verwerp en aktief daarteen werk, soos in my boek beskryf. ’n Mens kan sê dat die verdeling van Afrikaanssprekendes in twee groepe op grond van ras in die 20ste eeu ’n grootskaalse en eerste proses van stigmatisering, marginalisering en uitsluiting was. Dit het gedemonstreer dat om ordentlik te wees, jy wit moet wees. Bruin Afrikaanssprekendes het ordentlikheid uiteraard anders gedefinieer, soos deur die antropoloog Elaine Salo beskryf.

Stadige geweld is iets anders waaraan ek gedink het terwyl ek na julle geluister het – dis nie alles oor vroue wat gemolesteer word of oor seksuele of verbale teistering nie, is dit? Die vrou wat as objek beskou word: is dit ook waaroor jou navorsing handel? Brei asseblief hierop uit.

Die skep van hiërargieë geskied dikwels deur stadige geweld. Die prosesse van rassifisering, seksualisering en om iemand in ’n sekere vorm van geslag vas te messel, is gewelddadig, en nie net op maniere wat ooglopend is nie. En in hierdie prosesse word vroue as objekte behandel. Maar in die era van neoliberale “goewermentaliteit” (governmentality) is die vraag ook hoe ons subjekte word, dit wil sê, hoe ons gerassifiseer, ensovoorts word. Interessant genoeg gryp wit Afrikaanssprekendes die neoliberale diskoers met groot ywer aan. Vir vroue behels dit dat jy jouself objektiveer, byvoorbeeld deur die klere wat jy dra, maar dít beskou as jou eie keuse, eerder as iets wat op jou afgedwing is. In my ontleding van die inhoud van Sarie-tydskrif as ’n dominante diskoers wat breë sanksie geniet, het ek die neoliberale idee van selfskepping (“wees die beste ‘jy’ wat jy kan wees”) gevind. Wat dit Afrikaans maak, is die bykomende idee dat jy jouself skep om andere te dien, en spesifiek wit andere.

Wat van ’n dogtertjie wat gewoon wil aantrek in iets waarin sy mooi voel? Wat self kies om soos Barbie te kyk, al stel jy voor ons kyk na iets minder blatant seksisties? Ons as vroue is allesbehalwe homogeen, en ditto mans. Vertel bietjie hoe jy vroulikheid sien, en hoe dit by jou boek aansluit.

Ek stem saam dat vroue nie homogeen is nie. Met my boek wil ek juis hierdie idee tuisbring. Maar ook die idee dat wanneer homogeniteit onder sekere groepe vroue (byvoorbeeld wit Afrikaanssprekendes) bestaan, dit die gevolg is van spesifieke norme waarna ons ons skik, eerder as iets wat “natuurlik” is. Die idee dat ’n dogtertjie “gewoon” iets aantrek om “mooi” wil voel, stel voor dat daar ’n “natuurlike” vroulikheid bestaan wat onaangetas is deur mense se verstaan van die wêreld. Maar wat gebeur as ’n seuntjie iets wil aantrek om mooi te voel? Die penalisering van sy aksie wys vir ons dat vroulikheid en manlikheid nie natuurlik is nie. Mense is simboliese wesens en ons skep voortdurend betekenisse wat ons deur taal aan mekaar oordra. Ons skep komplekse regimes van idees en voorskrifte, en daarmee skep ons hiërargieë. Geslag is een van daardie regimes. In die geval van geslag word spesifieke betekenisse aan die voorkoms van sekere geslag- en voortplantingsorgane geheg. Daarvolgens word twee geslagte geskep wat ongelyk is, en mense word by een van hierdie twee geslagte ingedeel. Die indeling word deur spesifieke norme van “hoe om ’n man te wees” en “hoe om ’n vrou te wees” in stand gehou. Ons skep en reguleer onsself en andere deur hierdie idees van geslag, byvoorbeeld dat dogtertjies iets “moois” wil aantrek, en seuntjies nie. Die argument hier is dus dat niemand net “gewoon” iets aantrek nie. Dit is altyd die produk van sosialisering. Maar ons is so gewoond aan die norme dat ons hulle as “natuurlik” beskou en nie besef dat hulle menslike skeppings is wat deur ons gehandhaaf word nie. Ons vra nie waarom dit is dat dogtertjies iets “moois” wil aantrek nie, en seuntjies nie. Of wat nou eintlik “mooi” is, hoe dit bepaal word en wat die effek van die voorskrif van skoonheid is op mense wat as “vroulik” bestempel word.

Hoekom wit, hoekom Afrikanervroue? Wat maak ons uniek in die wye wêreld? Dis immers ’n patriargale stelsel, die wêreld, of dan nie? Dalk kan mens nie so ver terugstaan en die hele planeet se vroue bekyk nie; dalk handel dit oor ’n groter prentjie juis deur die mikrokosmos te beskou? Of waarom was wit Afrikanervroue jou fokus?

Soos hier bo beskryf, stel ek belang in die spesifiekhede wat my en ander wit Afrikaanssprekende vroue vorm. Dit is waar dat patriargie oral bestaan, en dat witheid ’n wêreldwye verskynsel is. Maar dit is meer akkuraat om te praat van “patriargieë” en “withede” in die meervoud, want in plaaslike ruimtes word elkeen van hierdie verskynsels aan die hand van spesifieke historiese omstandighede gevorm. Ek wou daarby uitkom.

Wie is jou teikenmark? Móés daar een wees? En wie is jou ideale leser?

My teikenmark is almal wat in identiteit en sosiale verskille belangstel, of jy nou swart of wit, man of vrou, straight of gay is. Die boek is in ’n akademiese register geskryf, maar ek glo daaraan om nie lesers te verkleineer met aannames oor wie iets kan lees of nie. Soos my werk as kommentator wys, is dit vir my belangrik om nie net met ’n handvol ander akademici te praat nie. Daarom het ek bekendstellings in toeganklike plekke in die groot stede gehou, en het ek ’n paar bydraes oor die boek in die Afrikaanse en Engelse media gepubliseer. Daar is genoeg ingangspunte om lede van die breë publiek by die boek in te trek, en dat hulle by die inhoud sal aanklank vind. My ideale leser is iemand wat vrae vra, ook vir my.

So: Sit ons almal mooi? Lyk ons mooi? Omdat ons moet, omdat ons wil? Hoe weet ons wat die verskil is, want soos dekolonisering (ís dit ’n soort Dekolonisering 101, hierdie?), waar begin dit? Dis inherent deel van alles – hoe draai mens dit om? (Dalk vra ek jou oor jou bevindinge.)

Ek is verheug om te sê dat daar ’n wonderlike verskeidenheid posisies is wat wit Afrikaanssprekende vroue inneem. Die studie wys van die diskoerse wat ná apartheid aangewend word om ongelykhede te handhaaf, maar ook die diskoerse waarmee ongelykhede teengestaan word. Daar is openings in hierdie identiteit wat onmoontlik was gedurende apartheid en kolonialisme, en wat wys dat baie van hierdie groep vroue die bevrydende moontlikhede van demokrasie benut. Kortom, sommige sit minder mooi.

Hoe lyk jou ideale wêreld en haar Boeremeisies?

My ideale wêreld is een waar ons nie vasgevang word in die kategorieë wat andere op ander tye geskep het nie, maar waar ons bevraagtekenend en vernuwend omgaan met identiteit, en vloeibaarheid omhels, en bewustelik ons eie vooroordele en bevoorregting aftakel. Dit is ’n wêreld waarin andersheid nie ’n bedreiging is nie, maar ’n bate.

Jou opmerking oor (wit) vroue wat ná die ABO hul mans uit die slagofferskap (wat hulle ervaar het) moes ophef, en dit nou weer doen, na die verandering in politieke bestel, het my diep laat nadink.

Slagofferskap het verskillende gebruike deur die dekades gehad, ook in Afrikanerpolitiek. Na die Suid-Afrikaanse Oorlog is Afrikanervroue voorgestel as slagoffers wat mans se beskerming en toesig nodig gehad het. Die rede hiervoor was dat veral die vroue teen die beëindiging van die oorlog gekant was, en die manlike leiers hulle wou kry om by die vredesplanne in te val. Die manlike leiers het die simboliek van slagofferskap gebruik om die vroue weer ’n posisie van onderdanigheid te laat inneem nadat hulle tydens die oorlog weens die afwesigheid van hul mans alleen geboer het, die oorlog met proviand en hul anti-Engelse sentiment aan die gang gehou het, en selfstandig oor die weg gekom het. Interessant sien ons nou, na die val van apartheid, dat wit Afrikaanssprekende mans as slagoffers voorgestel word, dié keer van demokrasie. In my boek vind ek spesifieke diskoerse wat daarop gemik is om Afrikaner-manlikheid in ere te herstel. Vroue is veral hard aan die werk wat dit betref. Anders as wat sommige studies oor nasionalisme voorstel, dui dit op ’n spesifieke belegging in manlikheid, eerder as vroulikheid, as die morele hoeksteen van Afrikaner-identiteit.

Foto van Christi van der Westhuizen: Menán van Heerden

The post <i>Sitting pretty</i>: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen appeared first on LitNet.

Navigate: an interview with Karin Schimke

$
0
0

Navigate
Karin Schimke

Publisher: Modjaji Books
ISBN: 9781928215264

Karin Schimke talks to Naomi Meyer about Karin's new poetry collection, Navigate.

Congratulations on Navigate, Karin. Why this title? To where and from where? A verb, a wish, a command (or none of the above)?

It’s a reminder to myself to be attentive, to move forward carefully, using the markers provided by the landscape. Even when the landscape shifts and changes and rumbles, the markers are still there if you look carefully. When I was younger, I just used to live quite blindly and thoughtlessly. One’s sense of present, past and future is much more hemmed in when one is younger. You just do whatever you’re doing, and have less sense of the bigger picture (for want of a better cliché). But, I think as you get older, you live more carefully and think more broadly about your position in the world.

I recently had to find my way around a foreign city, which made me think again about how navigation is always only approximation and guesswork: the distances in steps are different to the distances as they appear on maps; the tall buildings are landmarks you work your way towards or away from; sometimes, you stumble across something you didn’t know was a landmark until you see it again and think, “I’ve been here before …” or “I am in the vicinity of …”

I have reductionist tendencies. I reduce in order to master, because I am a slow thinker. Yet, every reduction accrues its own ifs and buts. Identity politics is so fascinating to me, because it is both an exercise in “seeing completely” (as in seeing an individual’s many aspects as part of what makes him function in the world in a certain way) and an exercise in futility, because things are always shifting. So little of our identity is fixed, whether experienced from the inside or seen from the outside. For instance, what seems fixed about my identity is that I am a cisgendered, middle-aged white mother, to use the reductionist labelling of identity politics, but this is not the whole picture, nor is it fixed. If I were living in Europe, I would be seen differently and think of myself differently. If my children were dead or adopted or estranged, I would be a different kind of mother. And so on.

Maria Popova recently wrote: “Today, we seem to serve not as custodians of our inner worlds, but as their terrified and terrible wardens, policing our own interiority, along with that of others, for any deviation from the prescribed identity-political correctness. And yet, identity is exclusionary by definition – we are what remains after everything we are not.”

When the discussion of tattoos comes up in the family – as I suspect it often does with teenagers in the house – my argument against it, for myself, has always been that I would not want a tattoo because I feel it would lock me into a particular me from a particular time. But, in which ways do you remain “you” through life, even as you change? What are the unshifting markers of identity? Do they exist?

Anyway, it was these thoughts about moving through life, about identity – which is so much a part of our current political conversation, while it is also always a very private and intimate internal conversation on an individual level – as well as the ongoing project of personal meaning-making that all fed into this title.

Childhood (the father), the life of the immigrant (in all respects, figuratively speaking, too), home, learning to swim, hybrid[-ism]. And these are only some of the themes from Part 1. Is the poetry collection subdivided this way? Should the poems be understood like this? Tell me how the collection was put together.

Karin Schimke (Photo: Paul Reeves)

Initially, I had no idea how the various poems would fit together. What am I trying to say – not in individual poems or a series of poems, but as a whole, now, here, at this point in history and in my life? Once I had done the necessary weeding and chopping and mowing, I started to see what it was that bound it all together, and it was, in a way, “not knowing”, “feeling one’s way forward”, “having more questions than answers”, “figuring it out” that bound it all together: life as a boat whose course one continually monitors and adjusts.

I am not married to the idea of sections in a poetry book, but the poems definitely belonged together in a certain way: the first part has to do with trying to understand how belonging works from the point of view of an immigrant, which ties in with the second part (which was the genesis of this collection), a political querying about how I belong here and how here feels to me now. The third part is more personal and enumerates the various compass points of the individually navigated life, the things that I personally use to understand my own life and its meaning and my own sense that I will never truly know how identity and belonging work.

And inspirations. Is this a word you would use? Or memories, dreams and words from different times, eras, etc, coming together for one particular poem?

I discovered, quite by accident – though it had been staring me in the face – that the questions I wanted to approach about belonging could be explored in the closest example I have of someone grappling with it daily: my father is an immigrant. I wrote the first part of the book furiously over a period of about two weeks: I wanted to imagine his inner world – something none of us has ever had access to – rather than examine my relationship with him. In so doing, our relationship also emerges, and this is important, but it’s not what I had in the Petri dish at the time of writing. It was “belonging” I wanted to examine. So, I have my father to thank if there was particular, direct inspiration going on here.

As for memories, dreams, words … these are the raw materials, and each weighs the same on my inspiration scales.

Change, revolution and self-censorship. Ways to navigate? 

The straitjacket of self-censorship is, without a doubt, this book’s genesis. And, yes, all of these are ways to navigate and all of these have to be navigated.

Where are you, the poet, in your poems?

These poems, which were written in 2015 and 2016, started because of my feeling unnerved by the socio-political world, and not knowing how, sensibly, to respond to it. Everyone (sweeping statement, I know), it seemed to me for the longest time, was decisively angry and absolutely clear and unwavering about what was to be done about everything that was wrong. Writers appeared to me to be particularly confident about their positions on various matters and what ailed the world, and what simple steps were required to set it back on its track. I wished I could feel that sure of myself, but I couldn’t. Either people were confidently indignant, or people were hopeless and despairing, and I was actively resisting being sucked into either of those black holes.

The effect, however, was a paralysing inability to write anything. Every possible thing I thought I should be writing about had a whiff of the fancy-dress party about it: I could don some indignation, put some angry glitter on my eyelids, strap on my play-play sword and stride out to the fight party looking as though I knew precisely what part I was playing. But, I would be caught out eventually. Inauthenticity sits so badly with me. I am not good at it. A little bit of dissembling is a necessary life skill, and I am very bad at it. Very bad.

So, the poet in this collection is quite simply the one who watches and listens.

You are a freelance journalist. I remember you once wrote: “I like things to be right and good, but perfect poetry doesn’t exist. I have a newspaper journalist’s attitude to almost everything I write: I did it the best I could at the time, and then I had to let it go.” Do you still agree with your previous self? Is this still the way you write poetry? How does your background as a newspaper journalist influence your poetry, if at all?

A lot, actually. I believe that I am drawn to poetry because it is as succinct, if not as obvious, as reporting is. It feels like the other side of the journalism tapestry to me. The journalism side of the tapestry is facts and figures, events and developments. The poetry side of the tapestry is more removed, less direct, more concerned with how these things feel, their mood and what their effects are. I could not tell you which is the front side of this imagined tapestry, though. My metaphor fails me there.

But, certainly: brevity, clarity, speed … these are the things about journalism and poetry that I love. And cutting. Journalism is uncompromising about editing. It robs you of any penchant for preciousness about your work. There is always, always room for cutting and for improvement, but also, there’s the journalistic tendency to say, “There, let it go now into the world.” So, I work hard on my poems, but I don’t, like many people I know, edit myself into a frenzy. I write; I edit. I let go.

Journalism taught me just about everything I’ve needed, not just for the writing life, but for life in general. Ethics, organised thinking, taking criticism, openness to ideas and an ability to make links, hard work, taking nothing at face value and never making assumptions, listening, watching … so many solid values. And it managed to do that without converting me to its icy cynicism, which I always deplored, even as I practised it among hardened newspaper journalists.

You are also a translator. How does this influence your poetry, if at all?

While I can say for certain that newspaper journalism has influenced all the work I do as a freelancer, I cannot say for certain what parts of my day-to-day work influence what anymore. It could be that poetry influences the way I translate, that my editing influences my poetry, that translation influences my non-fiction writing.

When I was translating Flame in the snow, I read about how the Sestigers lived inside the world of writing, consumed by letters. My life is not dissimilar, even though my life seems far less romantic and urgent. Everything I do is about words, writing, language … a roiling, constantly shifting, almost casual daily engagement with these little marks on paper or on the screen. That makes it sound grand. Mostly, it’s not. It can be very prosaic.

One day last year, my son sent me a whatsapp saying: “What are you doing?” I said: “Writing an article about dictionaries.” He wrote back: “Scintillating.” I had to laugh. I was actually having quite a lot of fun, a fact that is obscured to the casual onlooker, I suppose.

I really like what I do.

You won the Ingrid Jonker Prize for your first poetry collection. How was the writing of this poetry collection different to the writing of the first one’s poems?

The received wisdom among writers seems to be that the second book is much harder than the first. Navigate was very hard. The first time around (I published Bare & breaking in 2012), I waded in blithely and naively.

The second book lacked the thematic urgency of the first one, and I felt like if I could not summon that depth of feeling – indeed, suffering – I would fail. But, because I didn’t have that, I turned towards the poetry in a much more focused way. I think, I hope, that pushing through in the second one helped me become a better poet.

You have children in school; you have to write for bread on the table – where do you find the time to write (poetry)?

Well, this is probably why I write poetry: it’s so quick to do a first draft, and the fact that it is unpaid work means that there’s no deadline pressure, so I can return to it at will. However, I would love, more than anything, for poetry to be paid, to have deadlines, to be seen as a serious endeavour. As it is, it gets conveyed in writing via the tiny bubbles of time that rise up during busy days. The only time I have ever spent writing poetry in a dedicated way was the two weeks in January 2016, when I was trying to push on the idea I was grappling with by writing the immigrant poems. It was the happiest writing time of my life, and I would do anything to get to do that for two weeks at least once a year. To be immersed like that – I honestly think it might be one of the peak experiences of my inner life. On a day-to-day basis, poems rush by me and through me all the time, and only now and again do I have the time to snatch them by their slippery tails and nail them to the page.

Yes. It feels that violent and desperate sometimes.

What about love? In your poetry? And do you write about your own love life? (Maybe this is the same question as, “Where are you in your poetry?”)

Bare & breaking was exclusively about love and love lost. This book contains far less Sturm und Drang, but lots more varieties of love.

Who is your favourite poet?

This is always the most impossible question to answer! I read so much poetry all the time, that I simply cannot say what the answer is. Let me tell you, instead, what my two current poetry obsessions are: the New Yorker Poetry podcast and the Penguin Modern Poets series. How’s that for sidestepping your question?

Why write poetry?

“Why write poetry? For the weird unemployment./ For the painless headaches, that must be tapped to strike/ down along your writing arm at the accumulated moment./ For the adjustments after, aligning facets in a verb/ before the trance leaves you. For working always beyond/ your own intelligence.” – Les MurrayNew selected poems

Every single line in this poem is precisely right. It’s not just an explanation of the urge towards poetry, but is, in itself, a shining example of the art’s precision.

(A lengthier explanation of why I write poetry can be found here: http://www.litnet.co.za/one-less-scoundrel-perhaps-write-poetry/.)

Practical question: do you sometimes sit and wait for a child in a car and have to write a poem down? Scribble something on a piece of paper? Or how does it work for you?

Yes. There’s a notebook in the car. The car, in fact, is one of the places that delivers up the most lines and ideas.

You have a German background – or, where is the surname from? How long have you lived in other countries (which ones are the other countries – this one or the other ones)?

Yes. My father is German. My mother is Afrikaans. I was born and raised here. I have only ever spent six months in Germany (apart from other shorter visits), and I spent six months in London. I find it hard to imagine living anywhere but here. This is partly the difficulty I was grappling with in Navigate. I do have dreams to travel once my children are finished with school. I have always wanted to go to Bhutan. One of the last poems in this collection is imagining myself getting there.

Recent books you can recommend? In Afrikaans, English or German? 

In Afrikaans: Huilboek by Ryk Hattingh still haunts me, and the German ghost book – the one that won’t leave my head – is Ruth Klüger’s weiter leben. I read both more than two years ago and have read many since, but those two won’t be erased.

The English books of the last few years that lodged in me were The sellout by Paul Beatty and the English translation of David Grossman’s To the end of the land.

Most memorable non-fiction of the past while: Svetlana Alexievich’s Second-hand time.

Writing is your career; please name a favourite pastime.

When I am not writing, I’m pretty much reading. Other than that, I hike, or run, or gym, or swim.

When there are long stretches of time – in other words, never – I embroider useless bits of cloth for no particular reason. I would garden if I had a garden. I knit. I take photographs of flowers on the macro lens setting, and then never look at them again. I translate poems for fun.

As my son would say: “scintillating”.

What is the meaning of life?

I think about this all the time, and have since I was about sixteen, and I still don’t know; but, give and take various aspects of the definitions of these two words individually, I would probably describe myself as a “cheerful nihilist”.

Click here for more information about the book launch at the Book Lounge in Cape Town on 31 January.

The post <i>Navigate</i>: an interview with Karin Schimke appeared first on LitNet.


Een interview met Dan Sleigh over Eilande

$
0
0

Dan Sleigh (Foto: Naomi Bruwer)

 

Kaapstad, november 2017

Literatuur en films lijken in toenemende mate de grens tussen feit en fictie te thematiseren. In de aftiteling van films verschijnen steeds vaker framende teksten als “Gebaseerd op feiten”, of ”Geïnspireerd door ware geschiedenis”. Krotoa (2016), de film over het gelijknamige Khoisan-kindbediendemeisje van Jan van Riebeeck, heeft bijvoorbeeld de discussie over hergebruik van de geschiedenis in een nieuw verhaal weer doen losbarsten. Een soortgelijk proces is zichtbaar bij romans.

De roman Eilande (2002) (in 2005 vertaald als Stemmen uit zee) beschrijft de eerste jaren van de Hollandse nederzetting aan de Kaap. Auteur Dan Sleigh koos zeven decennia om in zeven hoofdstukken bij monde van zeven personages hun verhaal over de vroege Kaap te vertellen. Sleigh, historicus en voormalig redakteur van TANAP, een project dat ten doel had VOC-documentatie te digitaliseren, is inmiddels 80 jaar. In zijn huis in Pinelands, een lommerrijke wijk van Kaapstad, blikte ik met hem terug op zijn boek, de Kaapse geschiedenis en de grens tussen feit en fictie.

 

Eilande was de eerste van de vier grote, bekroonde romans die u sinds uw pensioen heeft geschreven. Wat is de achtergrond hiervan?

Ek was ’n historikus en ’n redakteur by die Kaapse argiefbewaarplek. Die meerderheid van mense wat historiese navorsing kom doen, probeer feite agterkom; hulle wil die waarheid ontdek. Toe sien ek daar is eintlik net stemme uit die verlede. Ek het begin belangstel in die effek van verskillende perspektiewe op wat gebeur het. Dit is hoekom die boek se titel Eilande is. Soos ek in die boek skryf: “Daar is geen geskiedenis nie, anders as die ontleding en vertolking van dokumente, ’n soektog na oorlewendes in eindelose ruimte.” Mense is eilande in die see van die geskiedenis. Daar is nie bloot een perspektief of een geskiedenis nie.

U schrijft in het voorwoord over de zeven vertellers: “Ons was soldate, ’n beeswagter, matrose, ’n klerk, mense met min emosie in ons woordeskat en bitter, bitter min emosie in ons lewens”. De klerk is Johannes Gulielmus de Grevenbroek, secretaris van de politieke raad van de Kaap. Het laatste hoofdstuk is geschreven vanuit zijn perspectief. Wat heeft u op hem doen besluiten?

Al die afskrifte van die Politieke Raad se vergaderinge, korrespondensie en geheimbriewe tussen 1684 en 1695 is deur Grevenbroek geskryf en onderteken; hy het dus definitief ’n baie diepgaande kennis van die Kaap gehad. Ons weet egter maar bitter min van Grevenbroek as persoon. Hy was ’n sekretaris, en sekretarisse praat nie self nie. Gelukkig het hy na sy aftrede ’n lang brief oor die Kaapse inboorlinge geskryf, oor die “Hottentotte”, soos hulle hulle genoem het. Die brief is baie provoserend en persoonlik. Grevenbroek het nie saamgestem met die uitbuiting van die Koina en Sonqua deur sommige van die Hollandse goewerneurs nie. Die brief wys ons ietsie van sy persoonlikheid. Ek het gevoel dat dit interessant sou wees om Grevenbroek as een van die vertellers te gebruik.

U heeft waarschijnlijk meer tijd bij Grevenbroek in de Kaapse archieven doorgebracht dan wie dan ook. Wat is uw indruk van Grevenbroek?

Hy was ’n Hollander wat in Leiden grootgeword het. Ons weet dat hy in 1684 na die Kaap toe gekom het, en dat hy iewers tussen 1725 en 1727 naby Stellenbosch gesterwe het. Dit is die gegewens uit die argiewe. Vir die persoonlike inhoud is ons afhanklik van sy brief oor die Koina en Sonqua. Hy skryf daar byvoorbeeld dat die Stellenbossers “monsters” is. Hoewel hulle maar eenvoudige boere was, is dit nie wat ’n Christen sê nie. Hy  wou ook nie ’n graf in die kerk se begraafplaas hê nie. Terselfdertyd gaan slaap hy in die kerk om hom te beskerm om die klok te lui as die rivier sy walle oorstroom, as die Kaapse storm oor die dorp jaag, en gee hy om vir die samelewing. Sy kennis van die Latynse en Griekse letterkunde is merkwaardig; hy het byna weggekruip in die antieke wêreld. Hy het definitief ’n ander waardestelsel gehad as die Stellenbossers. My indruk is dat Grevenbroek ’n eensame intellektueel was wat baie bitter gevoel het oor die intellek van die mense wat hom omring het en die korrupsie van die administrasie.

Is uw vriendschap met Grevenbroek tijdens en na het schrijven veranderd?

My vriendskap met Grevenbroek het nie rêrig verander nie. Hy is ’n unieke man, in die opsig dat die omvang en diepte van sy werk uniek is. Daar is later skrywers soos Valentyn (1666–1727) wat ook positiewer skryf oor die Koina en Sonqua as die gemiddelde Europeër, maar nie soos Grevenbroek nie. Kom ons kyk in die boek:

Wat De Grevenbroek geïnteresseer het, was die vraag: Daardie inboorlinge wat uit hierdie waterryke oewerweiding verdryf is, wat het van hulle geword? Hoe meer hy oor hulle gelees het, hoe meer wou hy oor hulle lot weet. Die antwoorde, vir hom as ’n nuwe Kapenaar, was uiters interessant. Dit wou voorkom asof die Kompanjie hulle opsetlik aan drank en tabak verslaaf gemaak het om hulle beeste goedkoop in die hande te kry. Die beeste was nodig vir landbou en vervoer. Valentyn, die predikant, het reeds een en ander daaroor gepubliseer. Hy, De Grevenbroek, sou dit ook doen; miskien was hy tog hier in die beste posisie om ’n bydrae tot die menslike kennis, tot die rekord, te maak. (702)

U schrijft: “Stellenbosch is ’n dom en blinde dorp, en daar is min hoop dat dit sal verander”. (688) Wat denkt u dat Grevenbroek het meest gegriefd heeft over het leven in de vroege Kaapkolonie?

My vernaamste belangstelling was die haat en wroeging jeens die goewerneurs Simon van der Stel (1679–1691) en sy seun, Willem-Adriaan (1691–1707). Hulle was groot diewe. Willem-Adriaan het die buitepos Hottentots-Holland, naby Stellenbosch, eenvoudig geskrap uit die kompanjie se boeke en dit vir homself gevat. Hy het groot eie besittings gehad en die Kompanjie se slawe gebruik om die buitepos te omskep in een van die grootste plase in die Kaap, hoewel albei sake verbode was vir ’n goewerneur.

U schrijft daarover in het boek: ‘“Dit is waarom die geskiedenis hom moet herhaal,” het die boer Tas op ’n keer gesê, “want die dom donders wil nie leer nie.”’

Presies. As ek nie uit die argiewe geweet het van ’n buitepos op Lourensrivier in die Hottentots-Holland nie, sou ek nie vermoed het so iets het daar bestaan nie. Die geslag wat dit geweet het, is uitgesterf. Sekretaris De Grevenbroek was verontreg deur daardie twee here, en het gegrief gevoel. Let wel: hy was nie deur hulle beledig nie – hy het immers geen eer of faam verloor nie (691). Tussen die Stellenbosse boere was hy ’n intellektueel wat hom bekommer het oor onreg en etiese oorwegings. Hy gee ’n unieke perspektief op die Kaap, en op geskiedenis en die mens in die algemeen.

Was er buiten Grevenbroek enig historisch bewustzijn in de kolonie?

Ek glo die lêers en verslae van de Kaapse Raad was bloot ’n vereiste van die VOC in Amsterdam, en nie noodwendig ’n bewys van historiese bewussyn nie. Die Kasteel het boodskappers gehad wat die ervarings van die mense moes gaan dokumenteer. Daar was dus ’n historiese bewussyn, maar daar is min skriftelike bewys daarvoor.

Heeft u achteraf spijt van iets wat u misschien vindt dat u te sterk geïnterpreteerd heeft, of te zeer gefictionaliseerd?

Nee, glad nie. Tagtig persent van die boek is feite. “Waar ek die feitelike gegewens verander het, was dit ter wille van die leser, en die besluit was my eie,” het ek geskryf. Dit is nog so. Daar is altyd sekere kernmomente wat mens moet uitdink, omdat daar nie bewyse voor is nie. Ons weet byvoorbeeld nie hoekom Grevenbroek die Kaap kortliks verlaat het om later weer terug te kom nie. Grevenbroek se brief oor die Koina en Sonqua is byna poëties waar dit oor die Kaapse flora handel. Ek het dus maar besluit dat hy met Van Reede saamgekom het vanweë sy botaniese belangstelling – en natuurlik die salaris.

Hoe past uw boek binnen de bestaande VOC-geschiedenissen? Veel is toch erg goed gedocumenteerd in de koloniale admininstratie.

In my navorsingsboek Buiteposte skryf ek dat die VOC twee eeue lank die pilaar van die Verenigde Provinsies van die Vrye Nederlanders was. Daar was ’n spreekwoord: “De Caab verlooren, de Kompagnie verlooren.” Elkeen kon dit soos ’n kinderrympie opsê: die sleutel tot Nederland se ekonomie was die Kompanjie, die sleutel tot die Kompanjie se sukses was die besit van Oos-Indië, die sleutel tot Oos-Indië was die Kaapse verversingstasie. Ek skryf in die boek: “Dekades later het hy [Grevenbroek] self uitgevind wat in daardie wankelrige kaartehuis nog ontbreek het, dat die sleutel tot die Kaapse verversingstasie sy buiteposte is. En selfs dié kennis was nie volledig nie. Die buiteposte was lewende mense.” Dit is ook die verhaal van my eie ontdekkingsreis. Toe ek begin skryf het, probeer ek nog die waarheid van die geskiedenis agterkom. Eers later het dit deurgedring dat ek meer belangstel in Grevenbroek se perspektief. Of dalk was dit omdat ek gevoel het dat daar nie rêrig ’n ander moontlikheid vir my was nie. Ag, op die ou end is Eilande maar net my indruk van Grevenbroek se storie oor die Kaap.

Eilande is vertaald in het Nederlands en Engels, en later apart voor de Amerikaanse markt, en het is meermalen bekroond in binnen- en buitenland. Wat kunt u zeggen over de belangstelling voor het boek?

Daar is in Suid-Afrika meer skrywers as lesers, of byna net soveel. Dit is nie ’n gesonde situasie nie. Die uitgewerye bestaan, maar hulle floreer nie. Ek dink die boek het oorsee meer impak gehad. Daar is ook ’n ander geskiedenis en politieke klimaat, wat dalk mag verklaar hoekom die boek daar baie goed ontvang is. André Brink het die Engelse vertaling gedoen, en toe kom daar nog ’n ekstra Amerikaanse vertaling, wat trouens nogal meer vloekwoorde in het. Maar dit is rêrig ’n mooi uitgawe; die boek voel luuks en outyds. Die oorsese resensente was baie positief. Stef Bos het vanjaar nog ses kopieë gevra.

Kunnen we nog meer romans van u verwachten?

Ek gaan nie nog romans skryf nie – ek is klaar met hulle – maar ek sal aanhou geskiedenis skryf. Ek doen nou navorsing op Bokbaai, ’n ou plaas op die Weskus. Die Engelse het daar kalk gewin. Die Groenpunt-vuurtoring en die regering se Tuinhuis en die nuwe Slawehuis is almal van Bokbaaikalk gebou. Die Hollanders het eerder skulpe van Robbeneiland gebruik, maar dié het opgeraak en toe is daar twee oonde op Bokbaai gebou, wat in die Engelse tyd gefunksioneer het. Die Hollandse skip Rygersdael is daar gestrand, en 50 matrose is by die riviermond begrawe. Dit is meer ’n argeologiese geskiedenis – ek het besluit ek gaan nie ’n roman daaroor skryf nie. Ek hoop net ek sal die navorsing nog by lewe en gesondheid kan klaarmaak!

Eilande
Dan Sleigh
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624041184

The post Een interview met Dan Sleigh over <em>Eilande</em> appeared first on LitNet.

’n Kanniedood-koerantman: ’n onderhoud met Hennie van Deventer

$
0
0

Laatoes – Kykweer van ’n kanniedood-koerantman
Hennie van Deventer

Uitgewer: Naledi
ISBN: 9780928316995

http://naledi.online/

Laatoes is ʼn versameling indrukke en profielstukke deur die oudkoerantman Hennie van Deventer. In die voorwoord skryf die digter en teksredakteur Louis Esterhuizen: “Wat ons voor ons het, is in wese die lewenservaring van iemand wat nie net geskakeerd geleef het nie, maar ook dit wat die lewe in sy pad geplaas het – hetsy persone óf gebeure – met toepaslike begrip en waardering onder pen gebring het.”

Herman Lategan het die boek gelees en geniet, en vra ʼn paar kort vrae daaroor en oor ander sake van die dag.

Hennie, vir lesers wat jou dalk nie ken nie, wie is jy, wat het jy met jou lewe gedoen en waaroor gaan hierdie boek?

Desember 1958 – byna 60 jaar gelede – het ek my as 17-jarige beurshouer vir my eerste proesel vakansiewerk by Die Volksblad in Voortrekkerstraat 79, Bloemfontein aangemeld. Van doerie tyd af is my lewe onlosmaaklik met koerante vervleg. In my vroeë loopbaan was ek parlementêre verslaggewer, hoofsubredakteur en nuusredakteur van Die Volksblad; daarna eerste nuusredakteur en adjunkredakteur by Beeld, wat in 1974 die eerste lewenslig gesien het.

In my 18de jaar as joernalis keer ek in 1980 op 39 jaar terug na Bloemfontein as redakteur van Die Volksblad. 'n Hele 12 jaar lank het ek verbete aan daardie stoel vasgeklou. Ek wou eenvoudig nie weg nie, al was daar aanbiedinge en druk van bowe. In 1992 verras ek myself: ek aanvaar die uitnodiging van Ton Vosloo om vir my laaste skof ietwat koers te verander. Ek kom Kaap toe in 'n bestuurspos: as Naspers se eerste uitvoerende hoof van koerante.

In die sewe jaar aan die Heerengracht het ek die eerste drie van my 18 boeke gepubliseer, al drie met koeranttemas: die humorboeke Scoops en skandes (Tafelberg, 1993) en Flaters en kraters (Tafelberg, 1996), asook die biografiese Kroniek van 'n koerantman (Tarlehoet, 1998). 'n Vierde koerantboek sou later volg: In kamera (Protea Boekhuis, 2003) en 14 jaar later 'n vyfde, die nimlike Laatoes (Naledi, 2017).

Elke joernalis is 'n getuie van sy tyd ('n Getuie van groot tye is die titel van Schalk Pienaar se boek). Oor die "groot tye" wat ek beleef het, getuig ek in Laatoes. By sekere bakendatums staan ek stil en dink terug: 60 jaar ná die moord op Hendrik Verwoerd, 50 jaar ná die eerste hartoorplanting deur Chris Barnard, 30 jaar ná die verowering van die swaargewigbokstitel van die wêreld deur Gerrie Coetzee ...

Oor alles en nog wat, ernstig en ook nie altyd juis so doodernstig nie, rakel ek stories op. Vele indrukwekkende mense wat in daardie groot tye groot skaduwees gegooi het, maak hul buiging in my boek.

Hennie van Deventer

Blog jy, en indien wel, waar kan mense daardie blog te lese kry?

Henriëtte Loubser, een van my Volksblad-kuikens wat grootbaas van Netwerk 24 geword het, het my 'n keer 'n "kranige blogger" genoem. Die liewe Henriette sal nooit weet hoe seer gevlei die ouman gevoel het nie. Ja, ek blog, blog en blog: op my eie webblad, www.hennievandeventer.com, en op Litnet. Facebook is een van my gunstelingtydverdrywe.

Vertel vir ons van die koerantwese en ‘n bietjie meer oor hoe jy in dié bedryf beland het?

Ek is in standerd 7 (vandag se graad 9) koshuis toe op Volkies op Potchefstroom om Latyn te kan neem ten einde advokaat te word. Ek was altyd lief vir praat en het graag van seepkissies af my neefs en niggies welluidend toegespreek. Maar voor skool al het ek aan my oupa Herklaas Visser se voete op die vloer in Kimberley Die Volksblad van hoek tot kant gelees. Dalk was ek tog in die wieg gelê om eerder koerantman te word.

In 1957 word ek die eerste leerlingredakteur van Volkies se jaarblad (ons het nog nie van leerders gepraat nie). Die koeël was deur die kerk. Alle advokaatdrome is terstond begrawe. Ek het vir 'n beurs by Die Volksblad aansoek gedoen en aan Tukkies gaan swotby verstek ook 'n bietjie in die regte! Daar was ek, terloops, in 1961 redakteur van Die Perdeby, die studentekoerant.

In jou loopbaan, as jy terugkyk, wat staan vir jou uit as koerantman? Waarna verlang jy? Die mense wat jy ontmoet het, kollegas, die opwinding van spertye?

Die woord "koerant" word by die WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal) deur my eksklusief geborg. Dit is veelseggend van my holistiese passie vir die koerant as entiteit. Elke element het tot my loopbaangenot bygedra: mense, kollegas, spertye, die lot.

Jy vra dat ek tog iets uitsonder. Dan sou ek reken: die eerste tintelende aanraking elke dag met die kraakvars produk, hetsy oor jou "scoop" op die voorblad, jou rol as sub, jou hoofartikel … of sommer net as leser in jou katel met die eerste koppie koffie langs jou.

Ek borg darem ook die woord "joernalis" nie-eksklusief. Dit is my klein hulde aan daardie spesiale spesie van "salaried eccentrics" (lord Thomson van Fleet se raak beskrywing) wat hul brood in my tyd by koerante (dubbel en dwars) verdien het. Om name te noem, is sonde soek. Ek spog nietemin graag dat ek Pirow Bekker en Jaap Steyn opgevolg het as hoofsub, en dat Deon Meyer, Chris Karsten en Rudie van Rensburg (voorste spanningskrywers) gelyktydig in my Volksblad-redaksie was. Dit was ook die era van daardie onvergelyklike rubriekskrywer Johan van Wyk.

Watter genre van joernalistiek was vir jou die lekkerste om te beoefen?

Dit is in my bloed om mense voor te sê. Die hoofartikelkolom was dus 'n forum so reg in my kraal. Jy kon mense behoorlik oor die vingers tik, soos ek 'n keer vir PW Botha oor sy bemoeienis met die politieke rigting van sy opvolger, FW de Klerk. Sy oproep uit George sal ek nooit vergeet nie. Die uiters ontstelde man sou my fisiek te lyf wou gegaan het as 1 000 kilometer ons nie geskei het nie.

Ook in die kolom was plek vir humor, waarvoor ek lief is. 'n Persoonlike gunsteling onder die duisende hoofartikels uit my pen is 'n kortetjie waarin die koerant die spot dryf met 'n dekreet dat koerante nie sonder skriftelike verlof oor veiligheidsoptredes mag skryf nie en dat joernaliste haastig spore moet maak as oproer binne hul sig voorkom.

In hierdie artikel is geskryf: “Omdat dit dalk vertolk kan word as kommentaar op veiligheidsoptrede sonder die nodige verlof, weerhou Die Volksblad hom van enige opmerking oor die stap. Wel wil hy beding vir 'n klein toegewing. Dit is dat dit tog maar as versagtende omstandighede beskou word as minder rats joernaliste in die geval van toevallige teenwoordigheid by 'n toneel van oproer die oë styf toeknyp. So sal hulle ook nie sien wat vir hulle verbode is nie.”

As jy moet bieg jy het al ʼn fout gemaak, wat sou die grootste een in jou loopbaan wees? En wat het jy daaruit geleer?

Nie een fout nie, Herman, sommer 'n klomp foute. My grootste fout was nie soseer hierdie of daardie bal wat ek misgevat het nie, eerder 'n onplesierige "karaktertrek" wat 'n jonger kollega, die gewaardeerde Constant Steyn, by sy aftrede einde Januarie soos volg verwoord: "Aan die stuur was ‘n meestal vreesaanjaende Hennie van Deventer. Álmal, ook sy hoofredaksie, was bang vir hom. Dié wat sê hulle was nie, jok."

Die goeie Constant het sekerlik nie bedoel om sy oudredakteur by te kom nie. Sy woorde herinner egter my opnuut aan 'n beklaenswaardige geaardheid. Ek het, helaas, eie foute makliker vergewe as dié van my kollegas. Dan het ek te hard geraas en mense selfs verneder. Dit is 'n stukkie nalatenskap wat ek graag sou wou uitwis.

In Laatoes betuig ek 'n kollektiewe apologie, vir "ongevoeligheid, onnadenkendheid, ongedurigheid of onreg wat gepleeg is. Daar was ongelukkig te veel van elk hiervan." Mag ek dit maar herhaal ter wille van kollegas wat nie my boek lees nie?

Die subkantoor

Ek voel subs is die onbesonge helde van die gedrukte media. Hulle kan nogal eksentriek of baie knorrig wees. Watter subs uit jou dae staan vir jou uit en hoekom?

Jy praat na my hart, Herman. Nie almal hou egter van subs nie. Die knorrige Langenhoven het botweg geweier om sy skryfsels aan subs te onderwerp. Hul enigste funksie is om simpatiek saam te swets oor die drukkersduiwel se dinge, het hy gemeen.

Maar vir subs wat moet kophou in die dolste omstandighede het ek heilige respek. Ek onthou byvoorbeeld die krisisatmosfeer waarin my span subs – ek was toe hoofsub – 'n spesiale uitgawe moes uitbring na die moord op dr Verwoerd in 1966. Hulde aan hulle vir 'n kragtoer.

'n Goeie sub moet nie net kan kop hou nie. Hy of sy moet ook ‘n goeie kop (opskrif) kan skryf. Een meester was die verstrooide maar briljante Goëthe Olwagen (algemeen bekend as Ollie) wat later by Huisgenoot onder meer met die Piet Cillié-prys vir kreatiwiteit vereer is. 'n Keer was daar absoluut vir slegs ‘n kort eenreëlkop plek vir 'n stoepberiggie op die voorblad oor die prima ballerina Margot Fonteyn, wat ná ‘n opvoering totaal onder die blomme toegegooi is. Ollie se skepping: "'n Blom-Fonteyn”.

Moshe Dayan, die bekende Israelse politikus met ‘n oogklap, was lief vir oudhede. Bo ‘n artikel oor daardie voorliefde was Ollie se kop: “Moshe het ‘n oog vir oudhede”. Ene L Otto wen die Lotto. Ollie se kop: “Van K…erkmuis tot L…otto”.

Wyle EP (Eddie) du Plessis was die vader van die klassieke opskrif: "Die sool is die kous nie werd nie." Dit was bo 'n berig oor swak Russiese weermagstewels.

Miskien die puntenerigste in 'n tegniese sin was Ben van Rensburg, later 'n gerekende motorskrywer. In 'n skitterende subspan in die ’60's by Die Volksblad – byna almal het redakteurs geword – was hy die beneukste lid. Verslaggewers se broeke het gebewe as hy hul naam bulder.

Jy was vir ʼn jaar weg tydens jou loopbaan. Waarheen het jy gegaan en wat het jy gedoen?

My "verlore jaar" was toe eintlik dalk die beste jaar van my lewe in die koerantesfeer. Ek was bevoorreg om in 1976/77 'n sabbatsjaar as Nieman-genoot aan die befaamde Harvard-universiteit in Cambridge, Massachusetts, deur te bring. Ons klas het bestaan uit 13 Amerikaners, 'n Maleisier uit Koeala Loempoer, 'n Israeli, 'n Spanjaard en ek self – almal gesoute joernaliste. Hoe salig was dit nie vir elkeen van ons nie om 'n hele jaar lank te vergeet van roetine, spertye, en ongenaakbare base en ons in 'n stimulerende andersoortige omgewing te verdiep! Geen hoë akademiese eise word gestel nie – die klem is op persoonlike verryking. En hoe verryk het ek nie daarna gevoel nie! Daar is net een Harvard.

Nieman Fellows van 1977

Kan jy die “persoonlikhede” van die drie dagblaaie soos hulle in jou tye was vir ons uitlê? Behalwe hul geografiese fokus, hoe het Die Burger, Beeld en Volksblad van mekaar verskil?

Ek sal graag probeer antwoord aan die hand van drie aanhalings.

Een: 'n Omie bid iewers op die Kaapse platteland: “Here, soos u seker vanoggend in Die Burger gelees het ... Die Burger was vir sy lesers inderdaad ook 'n bybel; 'n tweede bron van ewige waarhede.

Twee: Oor Die Volksblad het Peter de Lange, rektor van die RAU, die volgende kwytgeraak: "Ek weet van geen ander koerant wat nader aan sy gemeenskap leef nie." 'n Hegte, intieme band het bestaan.

Drie: Oor Beeld haal ek graag myself aan. Dis seker onbehoorlik onbeskeie, maar ek dink nogal my woorde wat 'n keer in 'n Beeld-herdenkingsuitgawe opgeduik het, is van pas. Dit is dat ek van geen koerant weet "waarin soveel mense soveel liefde gestort het nie". Die woord "energie" kon bygevoeg word. Liefde en energie – dit was die resep vir die opwindendste joernalistiek in my era.

Om op te som: Die Burger was die waardige vlagskip, 'n gehalteproduk van sy kroontjie tot sy toontjie, en polities nogal verkennend. Die Volksblad was geliefd, diep ingegrawe in sy lesers se harte, geag as 'n soort kommunale volksbesit, maar in 'n stadium dalk ietwat droog. 'n Ou bynaam was die "vaal Boertjie". Dit het my nie geval nie. Hopelik kon ek iets bydra om dié onvleiende persepsie nek om te draai. Beeld was dinamies; die koerant wat "skouers oopmaak" met 'n groot storie, wat hom nie juis gebonde ag aan allerlei konvensietjies nie en heilige koeie graag slag. Die entoesiasme van sy redaksie het hom 'n turbo-element gegee. Sy swakheid, daarmee saam, was 'n te losse verbintenis met sy lesersgemeenskap, wat teen hom getel het.

Hennie van Deventer en Ton Vosloo

Wanneer dink jy was die goue era van joernalistiek in Suid-Afrika en hoekom was dit ʼn blink tydperk? Wat was die bestanddele van of redes vir daardie sukses?

Nou is ek in tamatiestraat. Hoe antwoord ek sonder dat iemand sal dink: "A, jakkals prys darem alte lekker sy eie stert!" Die waarheid is egter dat die jare ’90 ongetwyfeld ons goue era was. Ton Vosloo se vriendelike oordeel by my afskeid in 1998 was: “Hierdie tydperk [...] sal in ons formele geskiedenis later beslis aangeteken word as ʼn tydperk van hoogtepunte, van uitskieters op die grafiek, van ʼn groot omswaai."

Synde nie oorbeskeie nie, laat ek my die woorde van Naspers se gedugte kaptein welgeval. Ek moet egter tog byvoeg dat ek myself nie as 'n wafferse bestuurder beskou nie. Ek was gelukkig om op die regte tyd op die regte plek te wees, omring deur die regte mense.

Die ’90’s – die Ton Vosloo-era – was natuurlik oor die spektrum ‘n goue tydvak vir Nasionale Pers, met vele hoogtepunte, soos die notering van Naspers op die Johannesburgse Effektebeurs, die verkryging van 'n vastrapplek in die swart lesersmark met 'n koerant soos City Press en verskeie tydskrifte, asook, natuurlik, die naderhark van die kwiksilwer-Koos Bekker met sy verbeeldingryke M-drome. Hy is die man wat in die volgende dekade die Pers se vlerke skouspelagtig sou kom sprei.

Vir koerante was dit 'n era van vet winste, stygende leserstalle en sirkulasies, asook kragtige advertensiesteun. Hulle het bekers by die Naspers-prysuitdeling gewen; die dagblaaie het met hul kollektiewe lesersgetalle deur die miljoenkerf gebars, en Die Burger het die lank gekoesterde ideaal verwesenlik om die grootste dagblad in Wes-Kaapland te word. Danksy soliede produkte en hul onbeskaamde Afrikaansheid het die koerante lesers se harte klaarblyklik opnuut bly gemaak.

'n Hoogtepunt was bepaald ons koerante se deurslaggewende sleutelrol in die tuisbring van politieke realisme by die land se wit bevolking en die ommekeer tot politieke gelykheid op die grondslag van regverdigheid teenoor almal.

As jy vandag ʼn sukkelende koerant kon oorneem, hoe sou jy die sirkulasie opstoot?

Die klem sal val op nuus, nuus, nuus. Nuus "breek" in die moderne tyd op elektroniese platforms, nie meer op die voorblaaie van koerante nie. Om op te hou sukkel sal 'n koerant weer 'n primêre nuusbron moet word. Ek sou onmiddellik 'n verbod daarop plaas dat verslaggewers hul "scoops" vir die netwerk pasella gee. Dink net watter betekenis kon dit nie vir die dagblaaie gehad het as byvoorbeeld die Oscar Pistorius-"scoop" eerste op hul voorblaaie en straatplakkate sou gewees het nie!

Ondersoekende joernalistiek in die gedrukte media het ongelukkig heelwat stoom verloor. Ook daarin sal 'n ommekeer moet kom.

Hoe is vroue destyds by koerante behandel? Was dit ʼn wêreld vir manne, sigarette en wilde jaagtogte agter stories aan? Hoe het vroue ingepas en hoe het die tye verander?

Rowwejêks was daar wel in die koerantgeledere, maar as 'n persepsie bestaan dat dit net "'n wereld vir manne, sigarette en wilde jaagtogte agter stories aan" was, is dit 'n fout. Vroue het nie soveel kanse gekry soos vandag nie, maar hul rol was toe al allesbehalwe minderwaardig.

Toegegee, buiten die Rykie van Reenens, Martie Retiefs, Fleur de Villiers's en 'n paar ander was vroue meestal in die tweede linie, maar watter gedugte bydrae het hulle nie as subs en verslaggewers gelewer nie! Van destyds se jong vroulike sterre is vandag in leiersposisies. Ek is nie verras dat hulle uitgestyg het nie; hul talent en potensiaal was vir almal sigbaar.

Verskoon my as ek tog byvoeg dat ek al tekens gesien het van vrugte wat te gou ryp gedruk is. Nie elke vrou met wie in 'n hoë koeranterol gewaag is, was 'n ongekwalifiseerde sukses nie!

Vandag word daar gereeld oor Iqbal Survé van Independent Media gekla. Daar word tereg gesê dat sy koerante, soos die Cape Times, Cape Argus, The Star en vele ander, bloot propagandablaaie vir die ANC is. Kan dieselfde nie gesê word van Naspers se koerante gedurende die NP se bewind nie?

Die Burger en Die Volksblad was in 'n stadium mondstukke van die NP. Beeld was dit nooit nie, maar was in die breë ook die NP goedgesind. Dit sou 'n verhandeling verg om oor die Afrikaanse koerante se rol 'n ewewigtige evaluering te doen, maar aan die negatiewe kant kan hulle bepaald beskuldig word van meermale te naby aan die party loop, veral in verkiesingstye. Anders as die koerante wat jy noem, was die Afrikaanse koerante, ondanks gedeelde waardes en ideale, egter nooit ontmande napraters nie. Hulle was vennote, maar ook ongebonde verkenners met onafhanklike denke en insigte wat hulle van Verwoerd se dae af gereeld in konflik met partyleiers gebring het.

In vele opsigte was hulle die onverskrokke pad-oopbrekers. Dat met die ANC gepraat word, het Ton Vosloo byvoorbeeld al in Januarie 1981 in Beeld voorgestel – sewe jaar voor Niël Barnard se eerste gesprek met Nelson Mandela in Pollsmoor, agt jaar voor PW Botha s’n in Tuynhuys, en amper ‘n dekade voordat die aanstaande president en internasionale ikoon op Sondag 11 Februarie 1990 uit die Victor Verster-gevangenis sou stap. Dit beskou ek as 'n betekenisvolle antwoord op diegene wat redakteurs van daardie era wil kleineer.

Iemand wat ek graag in hierdie verband aanhaal, is die perskommentator James McClurg van die Cape Times wat soos volg oor die pogings van verligte Afrikaanse redakteurs geoordeel het: “That they [verligte Afrikaanse editors] have succeeded at all [in discarding the myths and visions with which Afrikanerdom has long encumbered its sons], given the pressures to which they have been subjected, is a mark of courage.” En meer persoonlik: “Batting on the sticky wicket of the conservative OFS, Die Volksblad has shown consistent courage. Its present editor, JH van Deventer, resolutely dispenses reformism to one of South Africa’s more conservative communities.”

Onlangs is ‘n boek met die titel South Africa’s resistance press: Alternative voices in the last generation under apartheid deur Les Switzer en Mohamed Adhikari (Ohio University Press, 2000) onder my aandag gebring. Ek haal daaruit aan: “Real opposition in Afrikaner press circles against grand apartheid, however, stems from the 1980’s, and it came from newspapers in the Transvaal and Orange Free State. Ton Vosloo, editor of Beeld, and Hennie van Deventer, editor of Die Volksblad, for example, were critical of the government’s ban on the ANC and other opposition groups.”

Ek herhaal dat ons koerante in uiters moeilike omstandighede en teen die grein van 'n kernkorps van lesers in 'n deurslaggewende sleutelrol gespeel het in die tuisbring van politieke realisme by die land se wit bevolking en die ommekeer tot politieke gelykheid op die grondslag van regverdigheid teenoor almal. Maar kom ons los dié komplekse onderwerp vir eers maar daar.

By 'n Protea-bekendstelling van een van Chris Karsten se boeke

Watter soort joernalistiek geniet jy vandag om te lees, en lees jy wyd?

Ek stel intens belang in vars nuus. Dit dwing my tot lang sessies voor die rekenaar. My eerste liefde bly egter die gedrukte media. Ek lees Sondae Rapport en, afhangend van waar ek my bevind, een van die dagblaaie gereeld. Van Media24 se gerf tydskrifte ken ek nie eens al die name nie, maar ek tel graag een op as dit oor my pad kom. By was in 'n stadium wonderlik. Die snoeiskêr is helaas ingesteek. Die huidige publikasie is 'n floue skadu van wat dit was.

Goeie skryfwerk wek altyd my bewondering. 'n Hele galery rubriekskrywers blink deesdae uit. Charles Smith van Volksblad (wat ná my tyd sy “Die” verloor het) se rubrieke is meesal juwele.

Lees ek wyd? Die kort antwoord is nee, ek lees nie naastenby wyd genoeg nie, al besef ek steeds: jy moet wyd lees as jy ingelig wil wees, en as jy nie ingelig is nie, is jy nie toegerus om 'n sinryke bydrae tot gesprekke te lewer of die regte keuses by kruispaaie te maak nie.

Wat is die belangrikste blaaie van ʼn koerant? Die sport, politiek, rubrieke, kunsblaaie, nuus, spotprent, briewe, profiele, meningstukke, reisverhale of lewenstyl? As jou antwoord is dat elkeen ʼn belangrike rol speel, maar jy word gedwing om ʼn koerant se blaaie te verminder, wat sou eerste opgeoffer moet word?

Die Engelse het 'n uitdrukking "stick to your knitting". Dit beteken rofweg: skoenmaker, hou jou by jou lees. Koerante moet eerstens nuusblaaie wees. Die klem moet val op aktualiteit. Party lekkerlees-onderwerpe verryk wel die produk, maar kan goedskiks voldoende deur ander media gedek word. Wat eerste in die slag sou moet bly indien die uwe die septer swaai, is blaaie met stories oor die glanslewe van rondrits, lekker eet en lekker speel wat rykes beskore is.

As ʼn jongmens na jou toe moet kom en vir jou vra: “Mnr Van Deventer, wat is u raad vir my pad vorentoe in hierdie bedryf? Hoe gaan ek ʼn sukses daarvan maak? Waarvoor moet ek versigtig wees en wat moet ek doen om vooruit te boer?”, wat sou jy antwoord?

Om in die rugby-idioom te praat: ek sou dit nie waag om vir so 'n jongmens 'n wedstrydplan te gee nie. My opdrag sou wees: “Gaan speel voluit in die veld wat jy kies.” Vuur, toewyding en veral entoesiasme is vir my sleuteleienskappe. Daarmee kon jy in my tyd berge versit. Ek glo dit is steeds die regte resep vir elke vertakking van die opwindende mediabedryf.

En nou? Met jou ervaring, wat dink jy is die pad vorentoe vir die Afrikaanse media?

Dit tref my as waarnemer nie juis met welgevalle nie dat die Afrikaanse koerante se hande kwalik gesterk word vir hul uitdagende stryd in 'n uiters mededingende omgewing, waarin die sogenaamde nuwe media, sosiale media en watse media nie nog nie steeds al hoe dieper inkeep. Hul hande word, soos dit vir my lyk, eerder agter die rug vasgeknoop. Dit word vir hulle 'n uitmergelende, ongelyke stryd teen die omvattende aanslag van nuwe tegnologieë.

Dat Naspers se "CEO" (sic), die Nederlander Bob van Dyk, vir koerante net 'n rakleeftyd van vyf jaar voorsien, is kwalik 'n mosie van vertroue!

Nietemin, die behoefte om in Afrikaans ingelig te word, gaan nie verdamp nie; dalk eerder versterk word deur die toenemende politieke inbreuk op die lewensruimte van ons taal. Vir Afrikaanse e-media voorsien ek dus stelselmatige groei namate rekenaargeletterdheid en -gebruik toeneem. Afrikaanse tydskrifte is dalk te getalryk, maar die mark gaan nie kleiner word nie. Afrikaanse koerante gaan, ondanks die grafgrawers, waarskynlik nog lank deel van die medialandskap wees – veel langer in elk geval as die "vensterperiode" van net vyf jaar wat mnr Van Dyk dalk in 'n onbewaakte oomblik voorspel het.

Dankie Hennie, ek het jou boek geniet en kan dit aanbeveel. Is daar dalk iets wat jy wil byvoeg?

Dankie, Herman, vir die prikkelende vraag-en-antwoord-sessie. Dankie vir jou en nog 'n Herman, my oudkollega Herman le Roux, se aanstigting om tog maar 'n keur van my blogs en ander skrywes ná my aftrede aan 'n uitgewer – in dié geval Naledi – te gaan aanbied.

  • Alle foto's is deur Hennie van Deventer verskaf

The post ’n Kanniedood-koerantman: ’n onderhoud met Hennie van Deventer appeared first on LitNet.

Katelknaap: ’n onderhoud met Leon van Nierop

$
0
0

Foto van Leon van Nierop: © Joanne Olivier

Katelknaap
Leon van Nierop
ISBN: 9781485903550
Penguin Randomhouse South Africa

Christiaan J de Swardt gesels met Leon van Nierop oor sy roman Katelknaap.

Die veelsydige skrywer, rolprentresensent en vermaakpersoonlikheid Leon van Nierop se jongste roman – sy stomendste nóg – Katelknaap, wat ook in Engels as Toy Boy vertaal is, het pas by Penguin verskyn.

Dit vertel die verhaal van Tristan Hansen, amper 27, aantreklik en ’n engel van plesier: ’n gigolo vir  wie Johannesburg se rykste vroue duisende rand betaal. Oor die liefdespel kan niemand hom iets vertel nie.

In sy weelderige dakwoonstel in Maboneng reik sy herinneringe terug na die vroue wat hom as jong man gevorm en van genot geleer het. Dit was veral saam met een vrou, Christina, ver weg in Positano, ’n dorp in Italië, dat hy hom kon loswikkel van die beklemming van sy ma wat hom ná sy pa se dood alleen grootgemaak het.

Maar Tristan word deur foonoproepe vol dreigende stiltes geteister en iemand hom hou dop. Terwyl sy verlede soos ’n Johannesburgse storm oor die horison aanrol, verlang hy terug na gelukkiger dae …

Is lesers gereed daarvoor?

Ek merk die afgelope tyd by kunstefeeste op dat gehore baie meer volwasse is en nie meer so dikwels soos in die verlede vir taalkruheid, naaktheid en seks op die verhoog lag en/of daaroor geskok is nie. Is dit ook ʼn leserstendens?

Ek dink ons het geleer om gemaklik met seks (en ander veelbesproke onderwerpe) te raak. Dit het veral gekom met die wegval van die oormatige sensuur wat ons gehad het – ook verspotte en preutse sensuur. Seks en ander warm onderwerpe moet egter deel van die storie wees en nie net in graffiti agter op ’n toiletdeur opgesom kan word nie. Seks met subteks! Nou ja. Ons het, in die Suid-Afrika van 2018 met al sy uitdagings en probleme, waaragtig nou meer dinge om bekommerd oor te wees as twee mense wat seks het. Ek merk in die reaksie op my resensies (en ek kry baie) dat mense net kla oor laster, hoegenaamd nie meer oor sekstonele nie. Interessant. Ek dink ook mense kan gou sien as seks op die verhoog bloot vir effek gebruik word, byvoorbeeld om ’n bekende se agterstewe te sien, teenoor die seks of naaktheid wat inherent deel van die storie is. Soos ons al hoe meer rolprentgeletterd raak, raak ons nou ook meer teatergeletterd en begin meer krities kyk na hoekom sekere veelbesproke tonele of naaktheid of taal gebruik word. Dink byvoorbeeld aan die eksplisiete seks in die plaaslike rolprent The wound (Inxeba) wat in goeie smaak aangebied is en dalk emosioneel kan skok, maar nie oor die daad self nie. Ons kan skynbaar steeds nie eksplisiete seks in ons plaaslike rolprente gebruik nie. Ek weet regtig nie hoekom nie.

Die voorloper, Plesierengel, is in 1997 uitgereik en in 2013 hersien. Dit het gegons. Tyd het verloop en dinge het verander. Hoe verskil Katelknaap van Plesierengel? Wat kon jy in 2018 doen wat jy nie destyds kon doen nie?

Nie veel nie. Ek het geweldige respek vir my leser. Elke keer wanneer ek van die tonele na my vriendinne gestuur het, het hulle geantwoord dat daar deesdae (en hulle het name genoem) baie meer eksplisiete luskry-sekstonele is en dat hulle Katelknaap s’n nie so ervaar nie. Dit vorm deel van die storie. In 1997 was daar skaars woorde vir sekere seksdade of liggaamsdele; ek moes selfs enkeles skep! In 2013 was dit bietjie meer direk (teenoor eksplisiet), en in 2018 het die aard van die sekstonele verander. Dus is daar ’n groter vryheid in wát die karakters met mekaar doen en hoe ek dit beskryf as tevore. Ek weet mense raak nie meer so erg geskok nie. Dit beteken nie ek het alles by die naam genoem soos ’n skoolseun wat vir die eerste keer ’n erotiese bekentenis maak nie, maar (hoop ek) ’n verantwoordelike uitbeelding daarvan gedoen. Ek moet ook my uitgewer, Fourie Botha, en my redigeerder, Elzebet Stubbe, loof in hierdie verband. Ek het spesifiek baie direkte en pertinente vrae aan hulle oor die sekstonele gevra en is gelei deur hulle baie vleiende kommentaar daaroor.

Wat is jou benadering tot seks in romans: blote prikkeling of kuns?

Plesierengel en Katelknaap is op die werklikheid gegrond en ek het destyds lank met die mense (ook vroue) gepraat wat deel daarvan was. Die vroue se ervarings (wat hulle oor die foon met my gedeel het) en hoe hulle Tristan ervaar het en wat hy hulle gebied het, was van kardinale belang. Ek het met die kliënte gepraat wat bereid was om (oor die foon) te praat en ek het sterk gesteun op vriendinne se kommentaar en my uitgewers/keurders se reaksie. En dan natuurlik Tristan se verduidelikings. Interessant, hy het dikwels van buite na homself gekyk asof na ’n ander mens, en dit is daardie ervarings en beskrywings wat ek probeer weergee het.

Seks moet funksioneel wees en dit moet deel van die storie wees – nie net ’n uitlaatklep of iets wat op ’n romantiese toneel volg nie. Wat aanleiding gee tot die seks en hoe dit ervaar word, is vir my baie belangriker as die fisieke daad. Seks kan kuns wees, want vir Tristan is dit ’n kuns wat hy vervolmaak het omdat hy respek het vir elke vrou by wie hy is, en hy behandel elkeen anders en soos sy graag behandel wil word. Hy doen ook intense navorsing oor sy kliënte waar hy kan voordat hy na hulle toe gaan. Onthou ook: baie kliënte soek nie noodwendig seks nie, maar geselskap of ’n maat om die aand saam mee uit te gaan. Ek sou sê 40 persent van Tristan se kliënte wil nie seks hê nie, anders stereotipeer ’n mens hulle.

Wat is die doel met dié roman en hoe verantwoordelik gaan jy met die gegewe om?

Een van my doelstellings met die boek is om persepsies en wanopvattings te weerlê oor mense wat hul lyf en dalk ook siel vir geld verkoop. Veral in Tristan se geval is daar ’n baie goeie rede. Maar dit is wat dit aan sy “siel” doen, by gebrek aan ’n beter beskrywing, en wat dit aan die vroue se “siele” doen, wat my geïnteresseer het.

Ek probeer om elke kliënt se storie op ’n verantwoordelike wyse te vertel en die karakter nie net te laat stuiptrek van plesier nie. Dit is wat die twee mense albei saam uit die daad kry wat belangrik is en ek probeer ook sosiale kommentaar lewer oor hoekom die vroue Tristan bespreek. Maar die rede hoekom hy dit doen, is baie belangrik.

Is daar ʼn verskil tussen jou roman en byvoorbeeld boekklubs se hygromans?

Dit is nie net iets wat geskryf is om te tituleer of mense lus te maak of fantasieë uit te leef nie, maar is, hoop ek, realisties en verantwoordelik. Dit verduidelik wat aanleiding gee tot die daad en watter effek dit op die mense het. Ook hoekom sekere mense bereid is om daarvoor te betaal of wat net kan funksioneer wanneer hulle betaal, of wanneer hulle betaal word. Elke sekstoneel is met die uitgewer bespreek asook met die redigeerders, sodat dit nooit bloot vir effek daar is nie. Die aard van romanse wat uitloop op seks of seks en romanse wat veronderstel is om dieselfde ding te wees, word ondersoek. Dit gaan ook oor vroue wat emosioneel verwaarloos is of wat nie van ’n man afhanklik wil wees daarvoor nie, maar wel ’n behoefte het – dus byvoorbeeld dat dit nie gedwonge is soos ’n vrou in ’n liefdelose huwelik wat seks het maar net om die huwelik te regverdig of te laat voortbestaan nie.

Hoe eksplisiet teenoor implisiet is Katelknaap?

Daar is enkele eksplisiete sekstonele in Katelknaap, veral een waarin ek probeer verduidelik wat elke vrou (in hierdie geval ’n avontuurlustige sportvrou wat nêrens kan kry wat sy soek nie, behalwe by Tristan) uit die seks kry en hoekom sy juis op daardie manier seks het: dit is ’n manifestasie van wie sy is. In Katelknaap is dit baie meer implisiet as eksplisiet. Die innerlike landskap was vir my baie belangriker as die uiterlike. En dan is daar sekstonele waarmee ek doodgewoon en hopelik nie té selfbewus met uitroeptekens omgegaan het nie (!) – soos die tonele waar Tristan sy groot liefde vind en hoe terloops en waarderend seks daar voorkom. Ek het dit ook so terloops en doodgewoon en onselfbewus probeer beskryf, teenoor die besigheidsaspek later, gemeng met romanse, by sy kliënte. Weer eens is die réde hoekom hy geld vra, hiperbelangrik, en vir mense wat nie Plesierengel gelees het nie, kan ek dit nie verklap nie.

En dan is daar die vrou Christina. Wie het haar begeester?

Christina is geïnspireer deur die mooiste vrou wat ek in my lewe in Positano gesien het en wat T-hemde verkoop het wat sy self gemaak het en in die straat opgehang het. Ek het onbeskaamd op haar verlief geraak en besluit dat dit Christina is. Voeg daarby die prentjiesmooi agtergrond en jy het die perfekte plek (setting) waar romanse kan afspeel. Ek gaan in Meimaand weer Positano toe en weer na daardie T-hempwinkel toe, soos ’n stalker (dit is in ’n piazza, terloops), net om seker te maak of sy nog bestaan. Die vrou het my doodeenvoudig begeester en het die karakter laat ontstaan. Ek het nog een van haar T-hemde in my besit en dra dit dikwels. Dit het die naam Positano daarop.

Randfigure word dikwels as stereotipes en selfs karikature uitgebeeld. Hoe vergelyk jou uitbeelding van jou held Tristan Hansen?

Ek het probeer om hom as volkome mens en man uit te beeld met swakhede, versugtings en demone waarmee hy spook. Baie van die vroue het hom gehelp om van daardie demone ontslae te raak. Katelknaap gaan ook oor die verlies aan onskuld, en ek het baie moeite gedoen met die toneel waar Tristan vir die eerste keer betaal word en eintlik “opgelei” word. Daardie toneel het my baie, baie lank geneem om, hoop ek, op ’n verantwoordelike manier te skryf. Ek het ook probeer om die stigma van seks-teen-betaling te verwyder.

Hoe verskil jou benadering tot seks in byvoorbeeld ʼn radioverhaal, TV- en rolprentteks van jou benadering in die roman?

Elke genre het sy eie dissiplines. Ek het pas ’n rolprentdraaiboek voltooi waarin daar nogal ’n eksplisiete sekstoneel is, wat ’n mens heeltemal anders beskryf as in ’n roman. Ek laat die uitvoering daarvan aan die regisseur oor, en gee net leidrade sonder om voorskrywerig te wees. Ek sal nie skryf: “Sy sit haar arm om my gespierde bolyf en sidder van ekstatiese genot nie.” Ek sal net skryf: “Hulle maak liefde.” (Nie “Hulle het seks” nie. Dit is te tegnies.)

Op radio is seks uiteraard moeilik, omdat kinders enige tyd kan luister, dus het ek dit nog nooit op radio gedoen nie, behalwe om mense te laat soen. En ook wil mens op radio tog seker nie net na ’n gesteun en gekreun luister nie.

’n Roman gee jou absolute vryheid om in die karakters se koppe in te kom en dit was vir my van kardinale belang – nie die gesteun of gespierde sespak nie, maar die genot sonder ’n skuldgevoel.

Liefde is egter deurgaans in al dié genres belangrik.

The post <em>Katelknaap</em>: ’n onderhoud met Leon van Nierop appeared first on LitNet.

US Woordfees 2018: Vlaamse dichter Charlotte Van den Broeck

$
0
0

Menán van Heerden en Naomi Meyer het met Vlaamse digter Charlotte Van den Broeck gesels oor haar Maart 2018 besoek.

Charlotte Van den Broeck (Foto: Stefan Vanfleteren)

Suid-Afrikaners kan jou vanjaar by die US Woordfees sien. Het jy Suid-Afrika al vantevore besoek? Vertel asseblief vir ons van jou vorige besoeke, indien enige, of enkele hoogtepunte.

Dit is mijn eerste bezoek aan Zuid-Afrika, en tevens ook de eerste keer dat ik buiten Europa reis. Ik blijf drie weken in Zuid-Afrika en ga naast het Woordfees rondtrekken met twee vriendinnen om het land te leren kennen.

In jou eie land is jy min of meer ’n popster, maar vertel asseblief vir Suid-Afrikaners wat dalk oningelig mag wees van jou oeuvre: wat jy skryf, wat jou interesseer en waarom. Wil jy dalk van een van jou onlangse publikasies vertel? 

Ik schrijf poëzie. Mijn debuutbundel Kameleon was erg gefocust op vrouwelijkheid, identiteit en het vrouwelijke lichaam dat tot wasdom komt. Hierin stond de vraag naar de Ander centraal: het lichaam wil bij een ander lichaam horen, maar wil en moet ook van zichzelf zijn. De spanning en verwarring daarrond heb ik in mijn debuut in aftastende gedichten uitgewerkt. Waar er in mijn debuut naar symbiose gezocht werd, blijkt die in de gedichten uit mijn tweede bundel Nachtroer mislukt en onmogelijk te bereiken. Nachtroer is de naam van een late night shop in Antwerpen, waar ik woon. Het is een onbestaand woord, dat geen betekenis heeft maar wel veel betekenisvelden oproept. De bundel is opgevat als een zwerftocht door een kolkende, roerende nacht, waarin het lyrisch ik zwerft. “Ontheemding” is een van de belangrijke thema’s in de gedichten.                        

Jy is ook ’n “performance poet”. Wat is die grootste verskille tussen “gesproke woord”- en geskrewe gedigte?

Aan de ene kant vind ik niet dat er een verschil bestaat tussen gedichten schrijven en gedichten voordragen: het is een ander metier, maar het gebeurt met dezelfde concentratie en precies, beeld voor beeld. Een volgende regel onstaat ook in de voordracht, alleen maar, omdat de vorige werd uitgesproken en niet omdat je naar het einde van het gedicht toespreekt. Elke keer is opnieuw zeggen en niet het gedicht opzeggen dat je thuis geschreven hebt. In die zin lijkt mijn methode van voordragen op het schrijven. Wat ik boeiend vind aan voordracht is dat het poëzie collectief maakt en op de ervaring ervan gericht is. Omdat je het gedicht maar één keer hoort, in het moment, heb je geen tijd om te gaan analyseren of interpreteren – dingen die je op papier bij herlezing wel kan doen. Bij het horen van een gedicht kan het alleen maar binnenkomen (of niet, als de tekst je niets zegt) en je op een gevoelsmatig, intuïtief niveau aanraken. Op papier, bij het lezen lopen het cerebrale en het gevoelsmatige sneller door elkaar. De tijd en de herhaling bij herlezen, vind ik zelf als lezer heel prettig. Ik merk dat ik bij poëzieavonden snel afgeleid ben – de densiteit van gedichten vraagt veel concentratie. Tegelijk ben ik heel ontvankelijk: als iets me raakt, raakt het me volledig.

Spoken word is wat mij betreft nog net een ander genre, dan het voordragen van geschreven poëzie. Spoken word is echt op maat van die eenmalige ervaring op het podium gericht en is daardoor ook met directe betekenisoverdracht bezig. Ik merk dat ik spoken word-teksten vaak minder beeldend en eerder poëtisch-technisch vind, terwijl ik zelf meer lyrisch schrijf.

Is daar enigiets anders wat jy vanjaar by die Woordfees sal wil bywoon?

Ik ga me laten verrassen. 🙂

The post US Woordfees 2018: Vlaamse dichter Charlotte Van den Broeck appeared first on LitNet.

US Woordfees 2018: Dutch writer Ernest van der Kwast

$
0
0

Menán van Heerden and Naomi Meyer chat to Dutch writer Ernest van der Kwast about his March 2018 visit.

Ernest van der Kwast (Photo: Stephan Vanfleteren)

South Africans can see you at the Woordfees festival this year. Have you visited South Africa before? Please tell us about your previous visits, or some highlights.

This is the first time I’ll be visiting South Africa. Of course, I have read some books by South African authors: JM Coetzee, Antjie Krog, Gert Vlok Nel, Breyten Breytenbach.

In your own country, you are very famous, but please tell South Africans who might be uninformed about your oeuvre: what you write, what interests you and why.

I write novels and like to tell stories. Often, there is a struggle in my books. For example, in The ice-cream makers (2015), the son of a fourth generation ice cream maker wants to break from the family tradition and become an editor for a poetry festival. Also, Ernest in the autobiographical novel Mama Tandoori (2010) struggles. It is his mother’s dream that he becomes a doctor or a lawyer, but he wants to become a writer. Also, there is often a lot of love in my stories. There is a lyrical, drunk Russian inside of me!

You were born in Mumbai, India. How does the country of your birth influence your oeuvre?

I have written a novel about my Indian mother: Mama Tandoori (2010). But, my next book won’t include her or my Indian background. Maybe in a couple of years, I want to write a book about the history of my mother’s family, the long journey they have made (as refugees) after the partition. I would like to walk this road with my mother.

Tell us more about one of your recent publications.

My latest book is called Jouw toekomst is mijn toekomst (2017) and contains the stories of four students with a refugee background. These are courageous stories that offer a different perspective on people who have made the crossing to Europe.

South Africa is a country far removed from your own. Do you see connections? Or differences? Also, regarding the reading culture?

I live in Rotterdam, and I think South Africa is incomparable with any European city. But, there is a lot of segregation here, as well. Fighting this is the biggest challenge of the future.

Is there anything else that you would like to attend at the Woordfees festival this year?

I’m looking forward to meeting other (young) South African writers!

The post US Woordfees 2018: Dutch writer Ernest van der Kwast appeared first on LitNet.

Viewing all 790 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>