Quantcast
Channel: Skrywersonderhoude - LitNet
Viewing all 792 articles
Browse latest View live

Fourie Botha – Penguin se geheime wapen uit die Marico

$
0
0

Fourie Botha (Foto: Izak de Vries)

“Ek skryf gedigte sodat ek ’n beter uitgewer kan wees.”

So sê Fourie Botha, Penguin Random House se fiksie-uitgewer. Vir dié Afrikaanse digter wat agter Suid-Afrika se top Engelse fiksie sit, geld die bekende klagte deur skrywers wat boeke uitgee dat die uitgewerswese hul kreatiewe energie demp, kennelik nie. “Gedigte skryf is ’n klein venster wat ek oophou vir my eie persoonlikheid, want wanneer ek werk wil ek ’n skoon lei wees wat nie afgee aan ’n skrywer se skepping nie.”

Twee digbundels het uit Fourie se pen verskyn – Donkerkamer en Krap uit die see. Maar sy impak op die plaaslike literêre bedryf is veel dieper as jy kyk na die skrywersname wat onder hom publiseer. Die afgelope ses jaar het romans in sy sorg jaar na jaar met die gesogte Sunday Times Barry Ronge-prys weggeloop. Dié bekroonde titels is ’n kaleidoskoop van die beste wat in Suid-Afrika op literêre gebied gelewer word: Claire Robertson se The spiral house, Damon Galgut se Arctic summer, Nkosinathi Sithole se Hunger eats a man (“’n erfstuk van Frederik de Jager”), Zakes Mda se Little suns, Harry Kalmer se A thousand tales of Johannesburg en Siphiwe Gloria Ndlovu se The theory of flight.

Dié lys word aangevul met indrukwekkende prestasies deur Afrikaanse boeke. SJ Naudé se Die derde spoel het in 2019 gesorg vir die eerste Hertzogprys in Penguin se stal. “Die boek het daardie jaar ook die kykNET-Rapportprys gewen en dieselfde aand is die filmprys aan Gerda Taljaard vir Die laksman se dogter oorhandig,” vertel Fourie trots. “Nou onlangs het Johan Jack Smith se Zola die Eugène Maraisprys gewen.” Nog Afrikaanse skrywers in Fourie se kamp is onder meer Karin Brynard, Marita van der Vyver, Leon van Nierop, Bettina Wyngaard en Irna van Zyl.

Digbundels uit Fourie se pen: Donkerkamer en Krap uit die see (Foto’s verskaf)

Glad nie sleg vir ’n Afrikaanse boytjie wat in die Marico grootgeword en op Zeerust in die koshuis was nie. Fourie het uitgewerswese aan die Universiteit van Pretoria geswot. Hierna was sy eerste werk by die opvoedkundige uitgewer Nasou Via Afrika, ook in Pretoria. “Ek het aanhou studeer en kon later in Kaapstad ’n MA in Engels en ook ’n MA in Kreatiewe Skryfwerk klaarmaak,” vertel hy.

Fourie Botha saam met skrywers Jenny Hobbs en SJ Naudé. Naudé se Die derde spoel het vir Penguin Random House se eerste Hertzogprys gesorg. (Foto: verskaf)

Invloedryke leermeesters in die bedryf het sy pad gekruis. Nadat hy ses jaar lank saam met spanne opvoedkundiges vir Nasou Via Afrika taalonderrig-handboeke “gebou” het, is hy in 2008 as redakteur by Umuzi aangestel. Umuzi was toe drie jaar oud nadat dit as ’n Suid-Afrikaanse druknaam van Random House gestig is. “Toe daar ’n pos vir ’n redakteur oopgaan, skryf Annari van der Merwe om te sê ek moet aansoek doen omdat ek haar al vroeër gesê het ek wil eendag saam met haar werk.”

Annari was in die proses om af te tree, en Frederik de Jager sou die onderhoud met die nuwe kandidaat voer. “My broek het maar gebewe, maar die geluk was aan my kant,” onthou Fourie. “Voor die onderhoud moes ek ’n keurverslag oor ’n anonieme Engelse manuskrip skryf en ek het die effe obskure Zimbabwiese skrywer se skryfstyl herken. Ek het die job gekry.”

Kort hierna het Random House SA met Struik saamgesmelt en Random House Struik is gebore. “Dit is in hierdie jare wat ek uitgewer by Umuzi geword het. Toe Penguin en Random House ses jaar gelede globaal een maatskappy raak, het ek ook die uitgewer geword vir plaaslike fiksie wat onder Penguin uitgegee word.”

In die beginjare by Nasou Via Afrika het Christina Watson ’n onuitwisbare indruk op Fourie gemaak. “Met die implimentering van uitkomsgebaseerde onderwys het uitgewers gekreun om materiaal aan die onderwysdepartemente teen onmoontlike sperdatums te lewer. Dan kry Christina dit reg dat ’n hele kantoor mense regdeur die nag werk. Wanneer die son opkom mag jy huis toe gaan om te gaan stort en dan moet jy weer terug. En jy doen dit sonder om te mor, want sy moedig jou so aan.” Ook Nicol Faasen, saam met wie hy by die opvoedkunde-uitgewer gewerk het, was ’n inspirasie. “Nicol het ’n kalmte in hom wat baie harde werk kos om na te jaag. ’n Gentleman in ’n beroep wat glo vir gentlemans is.”

Fourie en Dominique Botha, skrywer van Valsrivier (Foto: verskaf)

Later het Fourie eindeloos baie by bestuurders en besigheidsmense geleer – “al is dit net hul geaardhede wat jou voorberei om in die toekoms saam met ’n soort persoonlikheid te werk.” Behalwe Annari van der Merwe was daar formidabele figure soos Frederik de Jager, Stephen Johnson en Steve Connolly. Per geleentheid ook Kate McCullum en Francis Galloway.

Die publikasie van Afrikaanse boeke is nie ’n nuutjie vir Fourie of vir Penguin Random House nie. “Umuzi het nog altyd Afrikaanse boeke uitgegee en baie van my kollegas by Penguin kan in Afrikaans werk. Ons verkoopshoof en ons reklamehoof is al twee Afrikaans.” En hoewel die Afrikaanse mark besig is om te krimp, is mense wat Afrikaans lees lojaler as mense wat Engels lees. “Die afgelope klompie jare is groei in Afrikaans vir ons ’n fokus. My kollega Elzebet Stubbe het in 2017 as voltydse Afrikaanse redakteur by die span aangesluit,” sê Fourie.

Boeke word uiteraard verskillend ontvang in die Afrikaanse en Engelse markte, iets waarmee ’n uitgewer rekening moet hou. “Engelse resensente het selde ’n slegte woord oor ’n boek te sê, maar Afrikaanse ouens hou nie terug nie. In plaas daarvan om die twee tale elk in hul hoek te probeer hou, probeer ek toesien dat die prosesse en boeke inmekaar vloei. Maar dit help Engelse skrywers dat ek die Afrikaanse wêreld ken, en omgekeerd.”

Fourie is in die ideale posisie om boeke suksesvol in Afrikaans en Engels uit te gee. En daar is verskeie faktore wat bepaal of vertaling ’n werkbare, winsgewende opsie is. “Partykeer kom ’n gevestigde Afrikaanse skrywer by die tradisioneel Engelse uitgewer aan met ’n Engelse manuskrip,” verduidelik hy. “Dan vra ek gewoonlik dat sy dit self in Afrikaans moet vertaal en dan gee ons beide boeke uit. Soms skryf die skrywer in Engels oor ’n wêreld wat Afrikaans is, dan vertaal ons.” Carol Campbell se My children have faces, wat Karretjiemense geword het, is ’n sprekende voorbeeld. Meer onlangs is die Engelse Meg Vandermerwe se Woman of the Stone Sea as Vrou van die Klippesee uitgegee – deur Kirby van der Merwe vertaal.

Maar ten spyte van die literêre akkolades en skynglans van boekgesellighede, is ’n uitgewershuis ’n sakeonderneming wat boeke winsgewend moet publiseer. Hoe ervaar die boekemaker van Marico die druk om “topverkopers” na te jaag? En geskied dit ooit ten koste van gehalte-manuskripte?

“Een ding waarin ek moet bly glo sodat ek soggens uit die bed kan opstaan, is dat ’n boek van waarde wel sy lesers sal bereik. Maar ’n uitgewer besef ook vinnig dat hy nie elke boek van waarde behoort te (of wil) publiseer nie. Plek op Penguin Random House se publikasielys is beperk. Ons kan net soveel boeke ’n jaar lees, keur, redigeer, produseer en bemark. Daarom sê ek dikwels nee dankie vir wonderlike boeke. En ek doen dit met die hoop dat die boek elders sal verskyn.

Fourie saam met Kleinboer, wie se Werfsonde en Hierdie huis by Umuzi verskyn het. In die agtergrond peusel Leon van Nierop, ook ’n Penguin Random House-skrywer, aan ’n happie. (Foto: verskaf)

“As ’n mens nie ekonomiese kruisbestuiwing in jou publikasielys toelaat nie, val die onderskeid tussen literêre en populêre projekte weg. Die idee dat ’n goeie verkoper van ’n laer gehalte is, is nie reg nie. ’n Uitgewer se werk op die boek bly dieselfde. Jy fokus op die proses.”

Vir Fourie druk dit swaarder op ander plekke: “Wanneer ek vir skrywers saam met wie ek al ’n pad gestap het moet sê dit maak nie ekonomies sin om meer hul boeke uit te gee nie, selfs al glo almal steeds in die waarde van die projek. Die moedeloosheid wat ’n mens saam met die skrywer ervaar as die boek nie goed verkoop nie.”

Oomblikke saam met groot skrywers maak egter op vir die minder aangename momente. En openbare glansgeleenthede is nie noodwendig die bron van gekoesterde herinneringe nie. “Die aandete saam met Arundhati Roy sou sekerlik my Instagram-statistiek beïnvloed het, maar die ware impak gebeur baie keer in skrywers se huise of in hul studeerkamers,” vertel hy.

“’n Mens wil nie skrywers uitsonder nie. Ek is dikwels verstom. Soos die keer toe Damon Galgut my uit die bloute bel en na sy blyplek – eintlik maar ’n biblioteek – nooi om te sê hy wil sy roman by Umuzi uitgee. Die ure wat ek in George Bizos se kantoor gesit en luister het hoe hy vir my verduidelik hoe beroemde hofsake verloop het, bly my by.”

Fourie is lid van ’n internasionale dinkskrum vir Penguin Random House-redakteurs. “En dit was ’n kick om vir die eerste keer in ’n raadsaal in Engeland in te stap en ’n plakkaat van ’n JM Coetzee-boek teen die muur te sien hang, al het ek die skrywer nog nooit ontmoet nie. Amper net so opwindend was miskien die keer toe Shaida Kazie Ali vir my ’n Barbie-pop present gegee het omdat ek iewers geskryf het ek wou een gehad het toe ek klein was.”

Intussen steier die wêreld en die bedryf onder die impak van die COVID-19-pandemie. Volgens Fourie het die plaaslike boekemark vanjaar reeds met 20 tot 30 persent gekrimp. “Die ekonomiese impak ter syde, die ontwikkeling van die hele wêreld se letterkunde en selfs kennis is met ’n jaar of selfs meer vertraag,” sê hy. “Hele publikasieprogramme is uit- of afgestel. Die idees en tendense in daai boeke bereik lesers nou eers volgende jaar of die jaar daarna.”

Maar daar is ook aangename verrassings in die tyd van die pandemie. Boeke wys opnuut hoe robuus hulle is in teenstelling met ander vorme van media. “As jy ’n uitgewer van fiksie is, is dit goed om te weet dat fiksie, en veral dié op uitgewers se fondslyste (ouer boeke), op die oomblik baie beter vaar as niefiksie,” vertel hy. “Daar is selfs ’n oplewing in klassieke werke. In onseker tye wil mense van gehalte verseker wees, en dit kry jy in ’n goeie boek.”

Die wêreld het inderdaad nie heeltemal tot stilstand gekom nie, en die seun van Marico wat Suid-Afrika van gehalte-leesstof voorsien, gloei wanneer hy praat oor die verskyning van Zoë Wicomb se Still life by Penguin Random House vandeesmaand. “Die boek vertel hoe ’n skrywer ’n biografie van Thomas Pringle probeer skryf. Sy word bygestaan deur drie spoke, onder andere deur Mary Prince, wat die eerste swart vroueslaaf was wat haar memoires gepubliseer het.”

 

The post Fourie Botha – Penguin se geheime wapen uit die Marico appeared first on LitNet.


The ANC spy Bible: An interview with Mike Nicol on writing and editing

$
0
0

The ANC spy Bible
Moe Shaik
NB Publishers
ISBN: 9780624088967

When Zuma made spy allegations against fellow members of the ANC at the State Capture (Zondo) Commission in July 2019, political analyst Thando Dotyeni said that the information would split the ANC: “The accusation of being a spy is very serious. What this group is saying is that they’re preparing to open a box of many secrets, and the ANC cannot afford that.”

Zuma’s accusations stem at least in part from a project led in the ’80s by former state security boss, Moe Shaik. It became known as the Bible Project. In his memoir, The ANC spy Bible, Shaik finally tells his side of the story. Describing his relationship with a Special Branch officer (dubbed the Nightingale) turned rogue who provided information to the underground, Shaik takes the reader on a thrilling ride navigating the most turbulent and uncertain parts of South Africa’s late apartheid and transition past. Shaik talks candidly about working with Zuma, and his brothers’ infamous relationships with him.

The ANC spy Bible was published by NB Publishers earlier this year.

Mike Nicol, author of many books himself, was part of the editing process of Shaik’s book. Naomi Meyer asked him about the coming into existence of Shaik’s book.

Mike, you were involved with the process of editing Moe Shaik’s book, The ANC spy Bible. Please could you tell me how this worked, in practical terms?

One of the interesting things about the editing process with Moe Shaik is that we have never met. Sure, we exchanged many emails, but we never met to discuss his project (for one thing, he lives in Johannesburg and I live in Cape Town), and we have never even spoken to one another. Not during the editing, not since.

I know that he first told the story as a novel. What happened to that manuscript?

You’re right, he did. But this was a dramatic story that the publishers saw would work better as non-fiction. So, the fictional version became the template for the memoir.

.........
Writing fiction gives you the latitude to make things up as you go along. With non-fiction, as you know, you are tethered to what happened. However, non-fiction narrative has come a long way and nowadays uses many devices and techniques which are common to the novel.
...........

Did that mean you had to discuss the process at length?

Actually, we didn’t discuss the content, except that I gave him some suggestions of where the story could start and how we could proceed. I must say that working with him was really easy. He was open to questions, he was open to suggestions, but there were also boundaries. And, as this was his book and his story, I respected those boundaries.

Were you the co-author of the book, in other words?

No, not at all. Moe Shaik wrote it, and I edited it. The process here was that he would send through chronological sections of 2 000 to 3 000 words at a time on a three- or four-day basis during the months it took him to complete the task. That was how we worked. He wrote and emailed me the material, and I edited it. We were working against a deadline, and during some of that time he was travelling in Europe. But there was never a hiccup, and we met the deadline without any trouble.

Mike Nicol (photo: https://www.penguinrandomhouse.co.za/author/mike-nicol)

How did your process of working on The ANC spy Bible differ from your writing your own fictional books?

Enormously. Writing fiction gives you the latitude to make things up as you go along. With non-fiction, as you know, you are tethered to what happened. However, non-fiction narrative has come a long way and nowadays uses many devices and techniques which are common to the novel. For instance, as a writer of non-fiction and as a writing teacher, I know that we think of the people we are writing about as “characters”. That is fine when you are the writer. It is even necessary. However, when you are the editor, the relationship with the people mentioned in the story is different: you do not think of them as characters. Your focus is on the structure of the book and the prose, the sound of the sentences. Consequently, I never thought of Moe Shaik as a character; he was the writer. Again, a major difference to working with fiction – which brings us to another point: the relationship between the editor and the writer. Of course, as editor, I had a duty to him, but I was contracted by the publisher, so my first duty was to them. For me, this book was a job – an enjoyable job, because Moe Shaik’s life was fascinating: he has been an activist, he has engaged in missions against the apartheid state, he has been incarcerated and tortured, he became a spy and a spymaster handling a person in a highly vulnerable position. And then, after 1994, he became an official spook. You’re right, his life reads as if it is lifted from the pages of a thriller.

.........
I do think it is important that these books are written. We need to keep the past with us, because it gives insights into the present.
...........

What do you think is the importance of writing non-fictional books of past political matters, if any at all? And why?

I do think it is important that these books are written. We need to keep the past with us, because it gives insights into the present. Interestingly, there was a webinar in Paris in May on books that keep alive the names of such people as Dulcie September – the ANC activist who was gunned down in an assassination in Paris in 1988. One of the points made during that discussion was that we need both fiction and non-fiction accounts to remind us of the past and of the story that is ours – which is definitely one of the strong points of The ANC spy Bible.


Also watch:

The post <em>The ANC spy Bible</em>: An interview with Mike Nicol on writing and editing appeared first on LitNet.

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Theo Kemp

$
0
0

Theo Kemp beantwoord ’n paar van Naomi Meyer se vrae oor Strafjaart, waarvoor hy pas met die Jan Rabie-Rapport-prys bekroon is.

Theo, baie geluk met die Jan Rabie-Rapport-prys vir Strafjaart. Danie Marais verwys ook pertinent in sy commendatio daarna dat hierdie prys ook hulde bring aan Skool, jou eerste boek. En die rol en belang van faksie in die letterkunde. Skool het deel gevorm van jou akademiese navorsingsprojek. Hoe het Strafjaart oor jou pad gekom?

Baie dankie vir jou gelukwensing! Ek het soveel bewondering vir Jan Rabie as een van ons groot skrywers, en dit is vir my ’n ontsaglike eer om met ’n prys bekroon te word wat na hierdie reus in ons letterkunde vernoem is. Met Skool het ek berekend gewerk: Ek was vir ’n kort rukkie in die onderwys en ek wou met verbetenheid die skoolstelsel, en hoedat ons kinders in die steek gelaat word, ontbloot. Strafjaart het regtig na my toe gekom. Ek was besig om in modderpoele rond te plas op soek na onderwerpe om oor te skryf. Ek was tot in Nkandla besig om te kyk wat in die skaduwee aangaan van Nommer Een se gewraakte woning, tot ek besef het dat die onderwerp te ver is van my verwysingsraamwerk. In dieselfde tyd verneem ek van my familielid in Pollsmoor, en daar begin iets in my wakker word. Ek wou nooit die tronk as sulks ondersoek nie; ek wou eenvoudig ’n geliefde besoek, maar dit was so ’n ontsaglike ervaring, dat ek gewoon nie anders kon as om daaroor te skryf nie.

Skryf jy om ’n storie te vertel, om sin te maak, om narratief te besin, of om iets te ontbloot? Die skool en die tronk is inderwaarheid twee plofbare ruimtes in die samelewing. Sou jy nie só graag ’n verskil wou maak en die hele stelsel (in albei gevalle) wou verander nie? Hoe kry mens dit reg om aan te gaan met waarmee mens besig is, en net waar te neem en dit weer te gee? En ook: Wat het jy in die strafjaart ontdek? Iets van die tronk, of iets van jou? 

Ek skryf ongetwyfeld om sin te maak van die komplekse land waarin ons leef. Dit is my poging om iets te dokumenteer van die tyd waarin ons leef; ’n soort dagboek van wat op ’n gegewe tyd in my gemoed broei. Ek het met beide boeke ’n dringende behoefte daaraan gehad om te wys wat gebeur. Ek dink ’n skrywer, altans ek, behoort ’n soort fluitjieblaser te wees. Dit is vir my belangrik om die leser na plekke te neem waar daar nie gereeld rondgekrap word nie. Ek wil die inligting met die leser deel omdat ek dit nie vir myself kan hou nie. Natuurlik sou ek baie graag ’n verskil wou maak, maar die sistemiese verwaarlosing van beide die skool en die tronk is so gevorderd dat dit baie meer as my stem gaan verg. Ek hoop ek kan ’n verskil maak op ’n kleiner vlak – al is dit net dat lesers anders begin kyk en dink. Dit is bitter moeilik om al hierdie haglikhede, die vergrype, die onregte raak te sien, sorgvuldig neer te skryf, en dan weg te stap. Ek onthou destyds met Skool se skryf hoe ek geworstel het oor my etiese verpligting. Hoe vra jy vir iemand se storie wat nie kos op sy tafel het nie? Hoe skryf jy oor iemand in die gevangenis wat ontroosbaar verwerp is? Telkens ry ek terug na my veilige omgewing met ’n sak vol stories.

Ek het so baie dinge in die strafjaart ontdek dat dit bykans onmoontlik is om een of twee dinge uit te lig. Ek dink wat my die meeste bybly, is die vlak waarop die tronk ontwerp is om mense te verontmenslik; dat die tronk nie mense genees nie, juis omdat dit die reeds gestroopte individu ontneem van sy laaste greintjie menswaardigheid. Dit is een van die redes hoekom mense oor en oor weer terugspoel in die tronk. Ek het hier ontdek hoe sag my eie bevoorregting my maak. Ek sal nie kan oorleef in ’n plek soos Pollsmoor nie – vir daardie soort ontbering is my vel te dun. Jare terug het ek ’n tesis geskryf oor die digter as voyeur, en dit het ek nogmaals van myself besef. Ek is op my beste aan die skryf as ek met gespitste sintuie, so onopgemerk as moontlik, afloer.

Hoe vertel mens ’n hoogs persoonlike storie sonder dat dit net oor die eie verhaal handel? Maar ook, sodat dit interessant genoeg is dat dit bekroon word omdat dit so interessant lees – nie net as ’n blootlegging van feite nie, maar ook omdat dit iets van die ek verklap? Vertel van jou skryfproses?

Marlene van Niekerk het my destyds toe ek in haar kreatieweskryfklas was, geleer hoe ’n karakter ’n soort aftreksel van jouself kan word. Ek skryf alles eers neer presies hoe ek dit sien, met my eie emosies as deel van die aantekeninge. Dit is eers met die talle herskrywings wat daarna volg dat ek doelbewus begin wegskryf van die “ek” en begin om myself te laat lok deur die afdraaipaadjies en die belofte raaksien van karakters wat hande opsteek. Die beeld wat ek in my kop het, is dat ek ’n tafelblad skuur met feite en dan laag vir laag vernis met fiksie sodat daar op die ou end ’n deursigtige laag tussen die twee is.

Lees ook:

Strafjaart: ’n onderhoud met Theo Kemp

Strafjaart deur Theo Kemp: ’n resensie

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: wenners aangekondig

 

The post kykNET-<em>Rapport</em>-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Theo Kemp appeared first on LitNet.

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Zirk van den Berg

$
0
0

Zirk van den Berg beantwoord ’n paar van Naomi Meyer se vrae rondom Ek wens ek wens, wat pas ’n dubbele kykNET-Rapport-boekprys-toekenning ontvang het (vir fiksie en vir film).

Zirk, baie geluk met ’n dubbele toekenning aan Ek wens ek wens. Die boek is bekroon met die fiksie- sowel as die filmprys. Dit open met ’n begrafnistoneel, want jou hoofkarakter is ’n lyksbesorger. Sy daaglikse voortbestaan en lewe bestaan uit die dood. Die slaap red jou karakter, vir wie die verlede jaag. "Die asems van die toekoms sweef bokant hom, engele wat op hete kole dans." Hoe het Seb jou pad gekruis?

Dit was soos om iets by kerslig te sien – jy sien die idee van die man wat een wens het om te wens, en dat hy ʼn begrafnisondernemer is. Dit was met een oogopslag duidelik. Alles rondom was duisternis. Maar die bietjie wat ek gesien het, het my opgewonde gemaak; ek het geweet dis ʼn lekker idee vir ʼn storie. Dit was byna tien jaar gelede. Toe tas ek maar in die donker rond en kom stadigaan agter waarmee ek te doen het. Seb was ʼn man wat iets magies in sy lewe nodig het.

Stel jou voor jy spreek jou wense uit en dit word waar? Dis ’n verwronge sprokie dié. Dit laat mens dink aan die twee mense wat baklei het in ’n kindersprokie, en dan wens die vrou ’n wors groei vas aan haar man se neus. In jou boek word daar juis na hierdie sprokie verwys. Het jy jou karakter se diepste wense en versugtinge beplan, of het dit net ontwikkel soos wat jy jou karakter leer ken het? (Terloops, het jy ooit die TV-reeks van jare gelede gekyk: Six feet under?)

Van beplanning gepraat: In ’n onlangse gesprek met Willie Burger het jy genoem dat jy nie ’n storie beplan, of ’n resep volg nie. (Dit het my wel opgeval dat daar baie resepte en kos in Ek wens ek wens is – hoe die lewende aardlinge hulleself voed terwyl die dooies rondom die begrafnisondernemer sterf.)

Hoe het die skryfproses van Ek wens ek wens gewerk? Het die storie by jou opgedaag en toe skryf jy dit neer, so op een slag? Of was dit ’n tydsame proses? Het jy vooruit geweet hoe dit sou eindig?

Ek het Six feet under nie gesien nie, nee.

Ek het ses jaar lank met die basiese storie-idee gesit sonder om te weet wat om daarmee te maak. En toe besluit ek in Januarie 2017 uit frustrasie met my ander skryfwerk dat ek nou eenvoudig gaan sit, die beste idee in my laai vat en hom neerskryf. (Ek het Die vertes in en Tweegevreet geskryf gehad, maar kon destyds nie ’n uitgewer daarvoor kry nie.)

Die storie se ontwikkeling is ʼn kombinasie van verbeelding – ’n marionet van die onderbewuste? – en bloedsweet. Dit was byvoorbeeld doodgewone vakmanskap wat maak dat jy vir ʼn karakter wat ʼn wens het, ʼn klomp slegte goed laat oorkom sodat dit ʼn skerper kontras met die moontlike wensvervulling vorm. Die aard van daardie goed word meer instinktief bepaal.

Die meeste van my boeke vat my jare. Hierdie storie is heel anders, want ek het hom binne ʼn paar weke geskryf. (Hoewel eers nadat hy ook jare lank gelê en pekel het.)

Die einde het hom, as ek reg onthou, maar so mettertyd aan my geopenbaar. Dit het reg gevoel.

Daar word dikwels geskryf oor die onbetroubaarheid van die geheue. Is hierdie verhaal ’n storie wat speel met die idee van hoe onbetroubaar ’n wens is, wat dit ook al beteken – ’n ware wens, of net ’n terloopse gedagte, vlietend en kortstondig soos die lewe self? Nog iets: Die wense in jou boek beteken ook ander dinge vir verskillende mense. Vir sommiges is dit diepe hartsbegeertes, vir sommige is dit gebede, vir andere toeval. Of hoe? Ek maak maar asof dit ’n vraag is, want as ek te veel hierop uitbrei, verklap ek dalk iets van die diepgaande vrae wat jou boek vra. Was dit wat jy daarmee wou regkry? Die vrae, die nadenke? Die ongemak by die leser as sy/hy begin bevraagteken!

Ek wens, ek wens is ’n storie, nie ’n preek nie. Vir party lesers bied dit twee, drie ure se aangename afleiding; ander ervaar dalk iets meer diepsinnig. Albei stem my tevrede.

Elke mens en elke wens is seker anders.

ʼn Ander manier om te vra wat jy uit die lewe wil hê, is om te vra waarvoor jy wens. Om die antwoord op daardie vraag uit te werk, is iets waarmee alle denkende mense besig is in soverre die lewe hulle toelaat. In die konteks van hierdie storie raak dit ’n baie konkrete kwessie vir die hoofkarakter.

En hierdie vat en los is omtrent soveel as wat ek hieroor kan sê.

Lees ook:

Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

LitNet Akademies-resensie-essay: Tweegevreet deur Zirk van den Berg

 

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: commendatio – fiksiewenner

 

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: wenners aangekondig

The post kykNET-<em>Rapport</em>-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Zirk van den Berg appeared first on LitNet.

Wini se Krismisboks vol stories!

$
0
0

Wini Esterhuizen se Die dag toe ons Krismis gaan soek het het vroeër vanjaar by Protea Boekhuis verskyn. Die boek is ’n versameling van uit-die-hart-uit vertellings, jeugherinneringe en kontreistories. Volgens die uitgewer herinner Wini se stem aan dié van Dana Snyman in die opregtheid en eenvoud daarvan en die nostalgie wat dit oproep.

Wini is onder jarelange LitNet-lesers bekend as ’n gewilde en gewaardeerde SêNet-skrywer. As skrywer het sy dan ook by Deborah Steinmair, voormalige SêNet-redakteur en deesdae uitgewer by Protea, beland.

Melt Myburgh het gedagtes met Wini oor haar boek en oor skrywerskap gewissel.

 

..........................

 

Oor SêNet en skryf

Ek leef eintlik maar soos ’n kluisenaar hier op die vlaktes duskant Koës in Namibië. LitNet het destyds vir my ’n absoluut noodsaaklike lewenslyn geword. Ek is geensins ’n bondelmens nie, maar vir die eerste keer in my lewe het ek gevoel ek pas op ’n plek in. Die SêNet-redakteurs, waarvan Deborah Steinmair een was, het my geweldig aangemoedig – sonder dat hulle dit weet.

Wini Esterhuizen (Foto: verskaf)

As kind het ek maar altyd my elmboog oor alles gehou sodat niemand kan sien wat ek doen nie. SêNet het my geleer om daardie elmboog te lig. Ek kon sê wat ek wou en dit was goed so.

Voor ek by LitNet beland het, het ek graag na Kobus Neethling se program oor kreatiwiteit op kykNET gekyk. Hy het altyd kompetisies gehou en ek het drie weke in ’n ry sy boeke gewen. Die derde keer toe ek wen, het hy my projekte op TV vir die hele wêreld gewys, en vir my ’n baie mooi kompliment gegee. Daardie enkele kompliment het my toe laat wakker skrik.

Kort daarna het ek my eerste storie vir Huisgenoot geskryf en ek het nooit ophou skryf nie. LitNet het vir my beslis meer selfvertroue gegee. LitNet was baie goed vir my, afgesien van die kis brandewyn en pakkie kondome wat ek eenkeer as prys vir ’n storie gewen het. Die brandewyn het in krismiskoeke loop lê en die kondome het lê en voos word!

Uit LitNet se argief: ’n Gedig van Wini wat haar ’n boks wyn besorg het. (Foto: LitNet)

Ek het my tipe mense op SêNet ontmoet. Die vriende wat ek by LitNet gemaak het, is mense wat steeds saam met my reis. Daar is so baie en dit sal onregverdig wees om name te noem, want ek gaan van sommige van hulle vergeet en almal is vir my ewe belangrik.

Ons neem kunsklasse by David Botha. Ons neem ons eseltjies en gaan verf huisies terwyl dit reën. Op daardie dae stap ons darem verby ’n kafee, want die klasse is by La Rochelle. Doempie loop verby Charles Flemming se huis en hoop om hom iewers in sy tuin te sien. Die seuns is gek oor Doempie. Hulle vra haar altyd na hulle funksies toe. Ek is trots op haar. Ek word nooit gevra nie. Sy is weer trots op my, want ek hardloop glo goed. Sy het ’n kêrel wat al op ’n volbladfoto in die Huisgenoot was. Hy swem vir die Bokke.
- Uit “Ek en Doempie lag”

Om boervrou in Namibië te wees

Ek wou eintlik nooit trou nie. Die dag toe ek wel trou, was my sitvlak al vol splinters van die rak waarop ek so heerlik gerieflik gesit het.

Ek het twee seuns. Ek was amper 41 jaar oud toe Jaco gebore is en amper 44 toe Kobus die lewenslig aanskou het. Laat ek iemand vang wat vertel dat my kinders uit die oude doos gebore is!

Voor my troue het ek in Sunnyside in Pretoria gewoon. Om van Pretoria af te trek en hier op die vlaktes te kom woon, was vir my moeilik. Ek is nie ’n mens wat aan verenigings en sulke goed behoort nie. Baie mense dink dit is ’n idilliese lewe, maar my werklikheid is soms baie ver verwyderd van dit wat mense dink dit is. As jou kind ses jaar oud word, gaan hy koshuis toe. Jy leen van dan af jou kind net vir naweke en vakansies. Dit was vir my ongelooflik moeilik.

Waaroor ek wel gelukkig is, is dat ek my kinders vreesloos hier op die plaas kon grootmaak. Hulle kon speel en net kinders wees. Die ander voordeel is dat hulle baie keer genoodsaak was om saam met my in die kajuit van die bakkie te wees. Dit het gesorg vir van die mooiste onthoutye.

Een van die pragtige foto’s wat in Die dag toe ons Krismis gaan soek het opgeneem is (Foto: Protea Boekhuis)

Ek loop al jare deur hierdie woestynwêreld. Dis ’n harde land, maar ’n mooi land. Vader Ra draai maar selde sy breë, sonnige rug op ons. Stories om kampvure groei so geil soos blinkhaarboesmangras en knietjiesgras ná die reënseisoen. Bacchus is altyd by. Soms is hy nog babelas, maar dan is hy alweer die eregas. Gedigte is heelwat skaarser. Hoekom weet ek nie. Hier lê so baie woorde tussen duine en duwweltjies. Tussen kaiings en koolstowe. Tog is daar min mense wat die woorde tussen sewejaartjies en katsterte kan sien.
- Uit “Drome en draadkarre”

Hoe Die dag toe ons Krismis gaan soek het gebore is

Ek het altyd gesê dis nie vir my belangrik om ’n boek te skryf nie. Ek was absoluut beangs om te dink dat ek ’n boek na ’n uitgewer moet neem. Ek was natuurlik bang vir verwerping en omdat my stories so reguit uit my hart kom, was ek ook bang om my stories die heelal in te stuur. Daar is so baie van myself in die boek. Oral – in ink en ook tussen die lyne.

Só baie van my vriende het my aangemoedig om ’n boek te skryf. Daar het nie een dag verbygegaan dat Ailsa Burger my nie aangemoedig het nie. Soms het ek gewonder waarom sy nie moed verloor nie. Ek dink een van die keerpunte was toe Annemarié van Niekerk vir my ’n paar jaar gelede gevra het dat ek tog my stories vir ’n uitgewer moet stuur. Ek het haar belowe ek sal dit stuur, maar daar het ook weer ’n paar jaar verloop voordat ek dit gedoen het.

Johan Fourie, skrywer van Struisvoël, het my ook vreeslik aangemoedig. Op ’n dag het Leonie van Rensburg ook vir my ’n briefie geskryf om te sê ek moet asseblief my goed na ’n uitgewer stuur. Ook Susan Smith het aangehou. Ilse Maree het aangebied om die stories mooi vir my te tik.

Ek het egter gesien jy moet heeltemal op jou eie die besluit neem. Ek het al my flentertjies papier in ’n doos gegooi en ek het dit vir haar self Bloemfontein toe geneem. Ek het gevra dat sy dit sommer self na Protea moet stuur, want ek het geweet my moed gaan my begewe. Dis hoe die boek daar beland het!

My broer sit sy biblioteekvangs, twee dik boeke oor Rusland, op die tuinmuur neer. “Jitte, antie. Hoeveel molle het antie al in antie se lewe gevang?”
“Nege-en-negentig,” antwoord sy trots. Sy skuif haar bril met sy skilpaddopraam met haar wysvinger nader aan haar oë.
- Uit “Doodsklok nommer honderd”

Die titel en voorblad

Die titel van die boek is die naam van een van my stories – Deborah Steinmair het dit gekies en ek dink dit was ’n wyse besluit.

Die voorbladkiekie is deur my broer Flip by my ouma se huisie in Gamka geneem. Ouma Maggie en oupa Giel het twaalf kinders in daardie huisie grootgemaak. Daardie eenvoudige vakansies by hulle was vir my as kind van die wonderlikste. My ouer broer was nie by toe die foto geneem is nie, hy was daardie tyd in die weermag.

Ek het eenkeer die kiekie op my Facebook-blad gesit en Johan Fourie het my gekontak om te vra waar die huisie is. So het ons vriende geword. Hy het ook daar grootgeword.

“Sies!” het Pa gesê. “’n Meisie praat nie so nie!”
Pa, ek is nog net so lief vir dubbelsinnige grappies. Soms so ’n bietjie onder die belt, maar al die mense dra mos nie hulle belde laag nie? Pa, dis dalk nie my skuld nie. Dalk het ek hierdie sin vir humor by oupa Giel geërf. Noudat ek die woord Giel noem, ek ken ’n baie oulike grappie oor Giel, maar toemaar.
- Uit “Brief aan Pa oor al die wonders van die wêreld”

Verrassing ná die verskyning van die boek

Ek is nie ’n groepmens nie en ek praat maar redelik moeilik voor mense. Die boek bring egter elke dag vir my wonderlike verrassings. My sub B-juffrou, juffrou Kim de Waal, het my ook gekontak nadat sy die kiekie in Rapport gesien het. Watter vreugde was dit nie.

“As ek in die klas kom, staan jy op, mannetjie!” bulder hy. Ons ander staan tjoepstil en die bang is in ons oë. Peter staan daar met die yster om sy beentjie. Soos ander kinders van daardie tyd, het polio die lengte van sy been kom steel.
- Uit “Skoolbanke”

Wini Esterhuizen en Tessa Louw (Foto: Protea Boekhuis)

Die fyn kuns van humor

My broers het albei ’n wonderlike sin vir humor gehad. Al verskil was dat hulle goed op skool gevaar het, en ek nie!

My skoolhoof was ’n wonderlike dame: Miemie Small. In haar getuigskrif aan my het sy geskryf dat ek ’n wonderlike sin vir humor het en dat ek vriendelik en baie atleties is. My pa was nie in sy skik met my getuigskrif nie. Hy het gesê om snaaks te wees gaan my niks in die sak bring nie.

Dis van die min kere wat my dierbare pa verkeerd was. My humor was vir my deur moeilike tye ’n lewensredder. As ek weer kan kies, sou ek weer humor bo mooi simbole gekies het. Ek self is glad nie lief vir toilethumor nie, maar ek ken mense wat wegkom daarmee. Ek hou nogal van iets wat nie so op die man af is nie; dit moet dubbelsinnig wees.

Moet sensitiewe lesers my boek lees? Natuurlik moet hulle. Ek glo mos ’n mens moenie sonde in alles probeer sien nie. As jy ’n vurk sien lê, is daar nie noodwendig ’n duiwel naby nie!

Humor is vir my geslaagd as iemand nie te hard probeer om snaaks te wees nie. Die persoon moet op die ingewing van die oomblik iets sê wat net eenvoudig op daardie oomblik werk en humor moenie iemand seermaak nie. Banale humor is wanneer iemand iets vertel en soveel as moontlik vloekwoorde in die storie sit. Die vloekwoorde word net gebruik omdat dit vloekwoorde is en dien soms geen doel nie.

Ons twee sit plat op ons stoep. Ons teken met dik vetkryt. Die vetkryt is dieselfde kleur as die dahlias wat met hulle koppe oor die stoepmuur vir ons loer. Ek teken ’n grootmenspapierpop vir Elma. Die pop is kaal, want ek teken klere ook wat ons vir haar kan aantrek. Groot tannies het tieties, so ek teken die tieties. Elma neem die papierpop huis toe.
- Uit “Die grootmenspapierpop”

Wini die skrywer

Nog ’n foto wat in Wini se boek verskyn (Foto: Protea Boekhuis)

Vir my is skryf soms ’n poging om van my werklikheid te probeer ontsnap. Niemand se werklikheid is ooit ’n honderd persent gelukkig nie. Almal se werklikheid huisves ’n engel sowel as ’n duiwel.

As ’n mens skryf, moet jy jou pen se punt ombuig sodat die pen soos ’n hekelpen lyk. Dis dán wanneer jy mooi patroontjies in en om jou storie hekel.

Boeke is presies soos ’n mens se lewe gaan: Die boek word gebore, almal is opgewonde, die boek kry dalk vlerke en vlieg die heelal vol. Almal praat oor die boek. Daar is verskillende emosies betrokke.

Mettertyd gaan woon boeke soms vergete in tweedehandse boekwinkels. Presies soos die mens wat ook later in ’n versorgingsoord beland.

Eendag vra tannie Du Preez vir my pa of sy maar ons motorhuis kan gebruik. Ons motorhuis is dolleeg. Ons het nog nie ’n kar nie, maar ons het ’n klavier. Sy wil Woensdae ná skool ekstra kunslesse vir kinders gee. Pa sê dis reg. Eintlik is my pa in die wolke. Hy hou van kuns en skrywers. Hy lees graag gedigte. N.P. van Wyk Louw is sy gunsteling.
- Uit “Toeka se kunswedstryd op Kuilsrivier”

Hoe lyk Wini se Krismis 2020?

Ek sal weer saam met my twee seuns Krismis gaan soek. Waar dit sal wees, sal ons maar nog net raai. Dit is wat die lewe so interessant maak; ons beplan nooit dinge nie. Ons wag dat dinge self hulle loop neem. Net solank my twee belhamels by my is!

Indien dit nie so uitwerk nie, sal ek maar wag dat Krismis mý kom soek! Ek bak in elk geval solank Krismiskoekies – vir die wis en die onwis.

Ek gaan sit by Poppie in haar huis. Poppie is ’n gul, vrolike vrou wat haar sê glad sê en maklik lag. Sy lag vir my grappies. Sy is trots op haar plante en ek kan nie glo hoe mooi hulle hier duskant die poorte van die hel is nie. Sy sê sy sien dit in iemand se oë as velle mense pla. My oë is oukei. Sy vra my nommer.
- Uit “Die dag toe ons Krismis gaan soek het”

 

The post Wini se Krismisboks vol stories! appeared first on LitNet.

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Carel van der Merwe

$
0
0

Carel van der Merwe beantwoord Naomi Meyer se vrae rondom Kansvatter, sy boek wat pas die niefiksietoekenning van die kykNET-Rapport-boekpryse van 2020 ontvang het.

Carel, baie geluk met jou niefiksietoekenning vir Kansvatter. Ek onthou die eerste gesprek wat ons oor die boek gehad het. Jy het op ’n baie losse raakpunt gewys tussen jou hoofkarakter, Ben Viljoen, en die Argentyne van die film Boere op die aardsdrempel. Hoe het jou belangstelling en navorsing in hierdie karakter begin? (En dink jy emigrasie is in ons bloed die oomblik as die gras in ons eie land nie meer so groen lyk nie?)

My belangstelling in Ben Viljoen het geleidelik ontstaan en was die gevolg van verskeie prikkels. In my navorsing vir Donker stroomEugène Marais en die Anglo-Boereoorlog het ek bewus geraak van die aanvanklike vriendskap en latere vyandskap tussen Ben en Marais in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) in die dekade voor die Anglo-Boereoorlog. Op daardie tydstip was ek egter op die spoor van verwysings na Marais, en het maar net baie oppervlakkig aan Ben se doen en late aandag gegee. Dit het my egter in die verbygaan opgeval watter interessante figuur hy was: ’n arm trekboerkind uit Temboeland wat Tweede Volksraadslid en militêre kommandant van Johannesburg geword het teen die ouderdom van dertig, toe vinnig bevorder is tot assistent-kommandant-generaal van die Transvaalse magte tydens die Anglo-Boereoorlog, daarna ’n krygsgevangene op St Helena, en wat toe ná sy vrylating na die buiteland verkas het en uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis verdwyn het.

’n Ander belangrike prikkel was Sonja Loots se roman Sirkusboere, wat handel oor die Boereoorlogskouspel by die St Louis World’s Fair in die VSA 1904. Ben is een van die hoofkarakters in Loots se roman, en sy het hom as sjarmant, flambojant, impulsief, losbandig en rusteloos uitgebeeld. Sy het ook vlugtig verwys na sy latere deelname aan die Meksikaanse revolusie en sy aanstelling as Meksikaanse konsul in Duitsland. Definitief nie jou tipiese tradisionele en familievaste godvresende Boer van sy tyd soos die stereotipe in my kop dit wou hê nie. Die saad vir verdere navorsing was toe stewig geplant: Wie was die ware Ben Viljoen, en hoe het dit gebeur dat ’n Afrikaner uit daardie era by sulke uiteenlopende gebeure in soveel verskillende lande betrokke geraak het?

Wat jou vraag oor emigrasie betref: As jou “ons” na Afrikaners verwys, dink ek dat die trekgees nog altyd in Afrikaners se bloed was, veral tot so die begin van die 20ste eeu. Die meeste Afrikaners vandag is tog onder andere die afstammelinge van grotendeels arm Europeërs wat groener weivelde gaan soek het. Na die eerstes hier aangeland het, het hul afstammelinge vir die volgende sowat twee-en-’n-half eeue verder getrek wanneer die omstandighede op ’n spesifieke plek en tydstip hulle nie geval het nie. Maar ek glo nie dat hedendaagse emigrasie uit Suid-Afrika net deur hierdie trekgees gedryf word nie – deesdae emigreer baie mense van uiteenlopende gemeenskappe, nie net Afrikaners nie.

Ek praat van "’n karakter", maar Ben Viljoen was natuurlik ’n mens van vlees en bloed. Hoe kry mens dit reg om navorsing te doen oor ’n persoon wat nie meer lewe nie? Is dit moontlik om die kliniese feite te ontbloot, of is dit nie die doel van die oefening nie? Ek wil ook vra: As die doel van die boek is om die feite bloot te lê, hoe doen mens dit as mens net kan lees wat andere oor hom sê? In hierdie dae waartydens baie mense steeds praat oor wie mag wie se storie vertel: Ben Viljoen kon nie sy eie storie vertel nie. Hoe het jy dit, uit praktiese oogpunt, reggekry?

Eerstens ’n regstelling: Ben Viljoen het wel sy eie storie telkemale vertel – in sy eie gepubliseerde boeke en artikels, asook in boeke en artikels wat deur andere geskryf is, maar waarvoor hy die inligting verskaf het. Ek het ook toegang tot talle van sy briewe, dagboeke en ongepubliseerde skrywes gekry. My groot uitdaging was om die kaf van die koring te skei, want soos die kultuurhistorikus Gustav Preller in sy 1917-sterfberig oor Ben gemeld het: “[H]ij ook kon spekskiet soos die beste.”

Die doel van ’n biograaf is natuurlik om kliniese feite bloot te lê, maar dit is nie naastenby genoeg nie, want ’n biografie wat net daaruit bestaan, sou baie vervelig wees. ’n Biograaf se taak is om vlees en bloed aan sy of haar subjek te gee. Ek het deurentyd die bekende Victoriaanse biograaf Lytton Strachey se vermaning in gedagte gehou, naamlik dat ’n biografie met ’n verteller sonder ’n duidelike standpunt soos ’n “very large heap of sawdust” lyk, en dat “uninterpreted truth like buried gold” is. Verder het ek die praktiese riglyne probeer volg wat Hans Renders en Binne de Haan, twee toonaangewende Nederlandse akademici op hierdie gebied, vir die skryf van ’n ideale biografie uiteengesit het, naamlik:

[It] is well written, with a form that owes to journalism. It must make it also clear that a life can only be understood in its relation to a whole historical context. The research methodology must include use of all available resources, with oral sources approached in an even-handed way, and every assertion substantiated by a source, which is the norm both in journalism and history. The subject’s private life should be used to explain and provide context for what is public … A good biographer does not strive towards comprehensiveness: there is nothing so dull as the biographer who tries to incorporate every fact that has been collected.

Ek het ook ag geslaan op die uitgangspunt van Richard Holmes, die bekroonde Britse biograaf, vir wie biografiese geskiedskrywing rus op die “subliminal battle of imagination between subject and biographer”. Volgens Holmes word daar van ’n biograaf vereis om sy of haar verbeelding te gebruik om insae in die leefwêreld van sy of haar subjek te probeer verkry. Soos Holmes in sy biografieë doen, het ek ook die voetspore van Ben in Suid-Afrika, St Helena, Europa, Meksiko en die VSA gevolg met die doel “to produce the living effect, while remaining true to the dead fact”.

Albert Grundlingh het jou in sy Protea-boekwinkelgesprek oor jou vondste gevra. Wil jy hierop uitbrei? En hoe dink jy het Ben Viljoen, in al sy veelkantigheid, betrekking op ons situasie in hierdie steeds veranderende wêreld wat Suid-Afrika is?

Wat vondste betref, was daar onverwags baie, te veel om in ’n onderhoud weer te gee, dus teken ek slegs ’n paar hier aan. Benjamin Viljoen III (Benji), ’n agterkleinseun van Ben, woon in die Amerikaanse deelstaat Nevada, waar ek hom in April 2016 besoek het. Benji bewaar talle van Ben se uniforms, wapens, persoonlike dokumente, notaboekies, briewe en foto’s, items wat hy oor baie jare by ander afstammelinge van Ben bekom het. Hy het my onder meer toegang gegee tot ’n dagboek wat Ben en sy Amerikaanse vrou Myrtle (sy tweede vrou) bygehou het toe Ben in 1912 die Meksikaanse konsul in Breslau, Duitsland was. In hierdie dagboek gee Myrtle en Ben hul ongesensorde indrukke van hul wedervaringe in Europa, asook van hul reis na en van Duitsland. Natuurlik is so iets vir enige biograaf goud werd – dit is byna asof jy self uit jou subjek se mond hoor, en dit gee jou ’n  direkte blik in sy karakter.

Francisco Madero, ’n Meksikaanse revolusionêre leier, het ’n baie goeie vriend van Ben geword nadat Ben hom gehelp het om die bewind van die Meksikaanse diktator Porfirio Diaz omver te werp en Madero sodoende in staat gestel het om in 1911 die nuwe president van Meksiko te word. In Meksiko het ek in verskillende argiewe die uitgebreide en interessante korrespondensie tussen Ben en Madero ontdek. Die omvang van Ben se betrokkenheid by die Meksikaanse revolusie en politiek oor ’n hele paar jaar het my regtig verbaas.

Verder het ek in die staatsargiewe in Brittanje onder meer ’n geheime verslag ontdek wat lord Kitchener, die Britse opperbevelvoerder in Suid-Afrika tydens die laaste deel van die Anglo-Boereoorlog, aan die Britse oorlogsminister geskryf het na aanleiding van ’n gesprek wat hy en Ben kort na laasgenoemde se gevangeneming in Januarie 1902 gevoer het. Die inligting in hierdie verslag het my regtig onkant gevang, om die minste te sê. Daar is in Kansvatter nog talle ander vondste uiteengesit, soos Ben se pogings in Hollywood en sy betrokkenheid by ’n mislukte opstand in Meksiko, maar ek sal by bogenoemde volstaan.

Wat betref Ben se veelkantigheid en sy relevansie in die steeds veranderende wêreld wat Suid-Afrika vandag is: ’n Mens mag miskien nie alles goedkeur wat Ben ter wille van oorlewing aangevang het nie, maar dit staan soos ’n paal bo water dat hy vinnig by nuwe omstandighede en omgewings kon aanpas. Ek glo daarin lê iets wat ons almal vandag in Suid-Afrika in gedagte moet hou. Dit help nie om in swaarmoedigheid te verval en aan uitgediende idees en onhaalbare ideale vas te klou nie. Kyk eerder na jou en jou naastes se persoonlike omstandighede en maak ’n plan. Ek het juis in laas Sondag se Rapport (20 September) iets in Hanlie Retief se interessante onderhoud met die akteur Neil Sandilands gelees wat by my vasgesteek het. Hy sê dat hy in sy omswerwinge deur die wêreld partykeer sy eie dam se ganse teëkom, Afrikaners in sy geval. “En hulle pas aan, maak opgang. Dis ’n ouskool-ding, ’n besliste werketiek,” sê hy. “En ek is baie trots daarop.”

Lees ook:

Skrywersonderhoud: Carel van der Merwe oor Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen

Video: Bekendstelling van Carel van der Merwe se Kansvatter

Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe: ’n lesersindruk

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: commendatio – niefiksiewenner

kykNET-Rapport-boekpryse 2020: wenners aangekondig

The post kykNET-<em>Rapport</em>-boekpryse 2020: ’n onderhoud met Carel van der Merwe appeared first on LitNet.

Laaste lewe: ’n Zoom-gesprek met Fanie Viljoen

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

$
0
0

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland.

Cdd20 van Pixabay

Ter inleiding: Wat maak ’n Afrikaanse skrywer in Nederland en hoe lank is jy al daar?

Ons woon al sinds 2004 in Nederland en ons het hier beland omdat my man, eerste-geslag-Nederlander in Suid-Afrika, sy “roots” kom soek het. Ons het toe besluit om te wag tot ons oudste dogter klaar was met skool voor ons sou terug gaan huis toe. Maar toe kry sy na skool ’n plek by die NHTV in Breda om facility management te studeer, en toe bly ons nog ’n bietjie. Daarna was dit ons middelkind wat in Wageningen iets met volhoubaarheid gaan studeer het. Toe ons weer ons oë uitvee is ons jongste telg ingeskryf by die UvA vir psychobiologie en nou vermoed ek dat ons maar sal bly tot die eerste kleinkinders kom …

Ek wil graag meer weet oor lesers as sodanig in Nederland. Lees mense regtig meer daar as in Suid-Afrika? (Ons dink so.) En lees Nederlandse jongmense meer as hulle Suid-Afrikaanse eweknieë?

Ek dink dat middeljarige en gepensioneerde Nederlanders enorm veel lees – veel meer as die gemiddelde Suid-Afrikaner (en ek bedoel nou nie net die tannies wat by die leesfeeste uithang nie) in dieselfde leeftydsgroep. Ek weet nie regtig hoekom nie, maar ek vermoed dat lees vroeër gesien is as ’n wonderlike manier om jou vrye tyd te geniet.

........

‟Maar hoe jonger die ouderdom, hoe moeisamer gaan dit met die leesstatistiek.”

........

Maar hoe jonger die ouderdom, hoe moeisamer gaan dit met die leesstatistiek. Vorige jaar het die PISA-ondersoek ’n droewige prentjie van Nederland se tieners geskets.

So ja, ons jeug se begrypend lees en leesplesier het dramaties agteruitgegaan en daar is hope inisiatiewe aan die gang om iets daaraan te probeer doen. Maar maklik gaan die pad sekerlik nie wees nie.

Interessante webtuistes om na te kyk:

........

‟Ek merk wel op by my kinders op universiteit dat boeke lees besig is om ’n hipster-dingetjie te word.”

........

Ek merk wel op by my kinders op universiteit dat boeke lees besig is om ’n hipster-dingetjie te word. Beide my kinders behoort aan leesklubs wat nogal interessante goed lees. Die klub van my dogter het nou net De eeuw van mijn vader van Geert Mak kafgedraf en my seun se groep het A brave new world van Aldous Huxley gelees. En kennelik het jy nog nie in die groepe gearriveer as jy nie Homo Deus van Harari en De meeste mensen deugden van Rutger Bregman gelees het nie.

Ek kry die gevoel die Nederlandse leerders lees veel “hoër” letterkunde in die skole as wat die geval is in Suid-Afrika. Is ek verkeerd?

Dit is ’n komplekse vraag! Nederlandse hoërskole word verdeel in mavo (vier jaar skool – vervolgopleiding mbo), havo (vyf jaar skool – vervolgopleiding hbo) en vwo (ses jaar skool – vervolgopleiding universiteit).

Daar word van leerlinge in havo en vwo verwag om in die bovenbou (laaste twee jaar) die Nederlandse “kanon” te lees. Hoewel leerlinge self mag kies wat hulle lees, word jeugliteratuur nié ingesluit nie. Daar is skole waar mavo-leerlinge wel jeugliteratuur mag lees.

Hier kan jy ’n indruk kry van wat gelees word.

Dieselfde leerlinge moet natuurlik ook boeke vir Engels, Frans of Duits lees. By ons in die Engelse klas mag almal ook YA-boeke lees. En ek weet by Duits is daar ’n paar ou staatmakers wat altyd weer hulle opwagting maak. Ook by ons mag leerlinge self kies wat hulle lees.

In ’n onlangse artikel op LitNet Akademies is die morele plig van die onderwyser uitgelig in die mediasie van omstrede kwessies wat in die klaskamer bespreek word. Van jou verstaan ek dat “omstrede” in Nederland dalk iets anders sou beteken as in Suid-Afrika. Sou jy wou uitbrei?

Dit is weer eens ’n redelik komplekse antwoord. Die Nederlandse regering finansier “bijzonder scholen” en “openbare scholen”. Onder “besondere” skole kry jy onder andere skole vanuit ’n spesifieke religieuse oortuiging (Hindoe; Islamitisch; Protestants-christelijk; Reformatorisch; Rooms-katholiek).

“Openbare” skole het geen spesifieke religieuse oortuiging nie. Skole uit die Reformatorische hoek het beslis veel meer taboes as openbare skole. Dieselfde geld sekere Muslimskole.

Ek weet van Reformatorische skole waar die vroulike onderwyseresse nie eens langbroeke mag dra nie, en daar sal die evolusieteorie beslis ook nie ’n plekkie in die klas kry nie! En ek vermoed die booshede van die duiwel sal ook in so ’n skool uitgebreid behandel word.

Aan die ander kant is daar ook meer gematigde besondere skole: In Protestantse skole word die dag dikwels nog met ’n stukkie uit die Bybel begin, maar dit is ook so ongeveer waar dit eindig (ek veralgemeen nou kwaai). Ek self hou skool by ’n Katolieke skool en buiten ’n “Kerstviering” het ek nog niks van geloof gemerk nie. Die duiwel het die gebou al jare gelede verlaat.

........

‟Die duiwel het die gebou al jare gelede verlaat.”

........

Maar oor die algemeen is seks nie ’n taboe by skole nie. Seksvoorligting is helder en duidelik en Nederlanders het (soos die meeste Europeane) nie ’n probleem met naaktheid en seks nie. Ook daarom is ons tienerswangerskappe besonder laag. In 2015 het daar 6 000 meisies onder 20 swanger geraak. In ’n bevolking van byna 18 miljoen is dit min. Natuurlik is jou vrye keuse om ’n aborsie te kry hier vanselfsprekend. Kinders wat seksueel aktief is, is nie regtig iets waarmee die skool hom bemoei nie, tensy dit natuurlik met ’n onderwyser is – dan word dit in ’n baie ernstige lig gesien. Die biologie-onnie en skoolberader is gelukkig altyd bereid om moeilike vrae te beantwoord.

Ek is op die oomblik besig met ’n lesreeks oor LGBTQ+ en ons duik redelik diep in die materiaal in. Ons is nou net klaar met rassisme en dit was interessant om met die kinders te praat oor Zwarte Piet wat nou al jare lank ’n doring in menige vlees in Nederland is. Die onlangse Black Lives Matter het die kinders se verbeelding ook aangegryp, en ek kry die idee dat hulle tog meer sensitief word oor Nederland se slaweverlede en rassisme in Nederland in die algemeen.

Ek het nou hard en lank gedink wat nie aanvaarbaar is om oor te praat in die klas nie (hoërskool) en al waaraan ek kan dink is dat jy nie Mein Kampf mag doen nie, want dis ’n verbode boek. Ek kan my voorstel dat jy probleme/diskussies mag kry as jy jou ten gunste van pedofilie, die doodstraf, besit van wapens, kinderbruide en vrouebesnydenis uitspreek.

........

‟Een van ons grootste take op die oomblik is om leerlinge te leer om te onderskei tussen regte en vals nuus (nep nieuws).”

........

Een van ons grootste take op die oomblik is om leerlinge te leer om te onderskei tussen regte en vals nuus (nep nieuws). Die onwaarhede wat op sosiale platforms as die waarheid verkondig word, word as een van die grootste gevare vir die Nederlandse demokrasie gesien.

In die LitNet Akademies-artikel word daar hierdie mooi stelling gemaak: “Die taalonderwyser, as medieerder, kan leerders in ’n geborge klaskameromgewing aan die hand van die voorgestelde riglyne (...) tot ontwikkeling as kritiese en probleemoplossende lesers begelei, waarop selfgerigte vryetydlees moontlik kan volg.” Hoe ervaar jy dit as opvoeder?

Hier word onderskei tussen “begrijpend lezen” en “vrij lezen”. Begrypend lees beteken dat jy kinders leer om informatiewe tekste krities te lees en om vrae te beantwoord. Vrylees het meer te make met fiktiewe tekste en storieboeke. Vrylees word nie so gereeld soos begrypend lees getoets nie. Die toetse bestaan dan ook uit oop vrae eerder as die meerkeusevrae van begrijpend lezen. Soms sal ons ’n uittreksel uit ’n boek of ’n kortverhaal aan ’n bepaalde tema koppel, maar oor die algemeen mag leerlinge hulle eie boeke kies en voorlê aan jou vir jou toestemming. Dit is dan ook hoe ons glo ons vrylees bevorder – in die Engelse afdeling “behandel” ons hoogstens een storieboek ’n jaar vir ’n tyd lank (meestal met ’n projekboek vol aktiwiteite).

........

‟Dit impliseer dat jy altyd ’n storieboek in jou tas moet hê, wat dit duidelik maak dat vrylees net so belangrik soos wiskunde is.”

........

 Ons resep:

  1. Maak seker dat daar ’n reuseverskeidenheid boeke is om uit te kies.
  2. Leerlinge moet self kies wat hulle wil lees.
  3. Die keuse moet gegrond wees op plesier.
  4. Verpligte 10 minute lees aan die begin van elke les (tale).
  5. Dit impliseer dat jy altyd ’n storieboek in jou tas moet hê, wat dit duidelik maak dat vrylees net so belangrik soos wiskunde is.

Jy is ook ’n skrywer, en heel suksesvol met iets soos die Glamdivas wat pas weer in ’n heerlike, dik omnibus verskyn het. Dra jy ’n ander hoed wanneer jy vir Afrikaanse leerders skryf, in terme van “moraliteit”, as wanneer jy in ’n Nederlandse klaskamer staan?

Vroeër wel – ek neem egter aan dat uitgewers en die moeders van lesers in Suid-Afrika nou al meer oopkop is as 15, 20 jaar gelede? Maar dit maak nie regtig saak wat my moraliteit is nie – dit gaan oor die moraliteit van die uitgewers wat uiteindelik bepaal wat in jou boek verskyn en wat nie.

Ek sal egter nie sommer in ’n Afrikaanse storieboek vir kinders die bestaan van God in twyfel trek of kritiek op tekste in die Bybel gee nie, terwyl dit wel onderwerpe is wat soms in my klas ter sprake kom as ons literatuur en gedigte bespreek en die konteks vra vir kennis van die Bybel en/of geloof.

Die meeste kinders in ons skool het geen kennis van die Bybel nie en begryp nie waarom daar mense is wat glo in ’n god nie.

........

‟Ek sleep sakke van my eie boeke deur die skool.”

........

Wat is jou tegniek om vryetydlees aan te moedig?

As jy nie self lees nie, kan jy nie ander probeer aanmoedig nie.

Voorlees aan kinders van hulle geboorte af is regtig belangrik.

As ’n kind belangstel in iets, koop boeke daaroor.

As ’n kind baie sukkel om te lees, stel hom bekend aan luisterboeke.

Sorg vir ’n oorvloed aan boeke. Ek sleep sakke van my eie boeke deur die skool om uit te deel indien ’n kind nie meer by die bib ’n boek mag leen nie agv ’n agterstallige betaling.

Gaan sit iewers in ’n stil plek, sit jou selfoon langs jou neer, lees ’n boek vir ’n uur lank sonder om een maal op jou foon te kyk. As jy dit nie self regkry nie, mag jy nie met ’n kind raas wat dit ook nie kan regkry nie!

Lees ook:

Literaal: Registreer hier vir ons internasionale boekklub

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

The post Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole appeared first on LitNet.


Wolk se Hannes Barnard nou ook internasionaal

$
0
0

Hannes Barnard se eerste roman, Halley se komeet, is pas deur ’n Amerikaanse uitgewer gekoop om dit wêreldwyd in Engels te versprei. Sy tweede roman, Wolk, maak tans opspraak. Izak de Vries het met hom gesels.

Hannes Barnard

Wolk gaan oor vriendskap, maar dan ook oor twee vriende wat besluit om saam daardie eerste keer van jongvolwassene-wees te beleef. Dit is ’n gewaagde tema, maar jy doen dit baie goed. Was jy nie bang onnies gaan die boek afskiet voor hulle dit lees nie?

Dit ís moontlik ’n gewaagde tema, maar ek het gevoel dis ’n nodige en baie belangrike tema om aan te raak. Wat dit vir my ook interessant gemaak het, is dat hierdie vraag nie eraspesifiek is of beperk is tot een kultuurgroep nie; dit is universeel. Dit was, is en sal moontlik altyd ’n baie belangrike en pertinente vraag wees onder jong- én oumense. Ek het die voorreg gehad om vir baie jare met tieners te werk en hierdie vraag is een wat altyd opduik. Moderne jeugfiksie spreek soveel komplekse temas aan, soos geweld, mishandeling, seksuele oriëntasie, en meer, dat ek gedink het die tyd is ryp om een van die wêreld se oudste vrae te ondersoek: dié rakende jou eerste keer. Moet jy? Moet jy nie? Moet jy wag? Beteken dit nog enigsins iets? Is dit net ’n ding om uit die pad te kry? Is dit kosbaar? Hoe weet jy wanneer jy reg is? Ens ens. Daar is so baie vrae hieroor voor mens hoegenaamd eers aspekte soos geloof, kultuur en families in ag neem. En die hantering hiervan in die meeste flieks of TV-reekse word glad nie uit die oogpunt van regte tieners vertel nie, maar eerder uit die oogpunt van studio execs wat soveel as moontlik kaartjies wil verkoop of geld probeer maak. Dis nie rêrig nie. Daarom wou ek juis die twee karakters toelaat om self te besluit, sonder druk van buite. Ek wou hierdie vrae aan hulle stel in ’n veilige omgewing, dié van beste vriende wat mekaar liefhet en respekteer. Ek hoop dus dat onnies (of enigiemand) die boek lees voor hulle oordeel. Ek is oortuig daarvan dat hulle nie die boek (of vir my!) op die brandstapel sal gooi as hulle dit gelees het nie. Sekere dinge moet oor gepraat word, en dalk moet ons meer vertroue in ons tieners / jong volwassenes plaas en glo dat hulle bevoeg is om self moeilike besluite te kan neem.

Net weer iets oor vriendskap. Dis ’n pragtige tema en ’n wonderlike verhouding wat jy daar geskets het. Hoe het dié twee karakters in jou kop geklim?

Toe ek begin dink het aan die boek en die idee “wat sal gebeur as jy die apokalips misloop?” het dit dadelik vir my soos ’n tienerverhaal gevoel. Daarna volg die vraag wie die hoofkarakters gaan wees. Ek is dankbaar dat Rufus en Xandr opgedaag het. Ek is mal oor hulle!

Vriendskap is die sentrale tema. Dit is interessant hoe karakters, soos jy dit stel, in jou kop inklim. Ek wou graag oor beste vriende praat, en dan ook oor ’n tipe dubbele apokalips, die een wat die wolk (dalk) bring, en die dreigende apokalips van hulle vriendskap wat deur afstand moontlik vernietig gaan word (Rufus se pa besluit hulle gaan emigreer). Uit hierdie idee het Rufus en Xandr ontwaak. Ek skryf redelik organies, veral as dit by karakters kom, en begin gewoonlik met ’n idee, en dan leer ek die karakters ken soos ek skryf. Beide Rufus en Xandr het baie vinnig en baie sterk hulle stemme dik gemaak en dit was daarna heerlik om hulle as karakters te ontdek deur hulle te skryf. Hulle is nie geskoei op spesifieke mense nie, maar is moontlik kombinasies van mense wat ek al ontmoet of teëgekom het. Die vraag oor platoniese vriendskap tussen ou en meisie het goed gepas in hulle dinamika, veral omdat hulle vriende is van kleins af. Hul vriendskap is konstant besig om te ontwikkel, maar die dreigende einde (die emigrasie) dwing hulle om ’n paar stappe vooruit te dink, veral aangesien al die eerstes wat hulle gewoond is om te deel nie meer sal gebeur as hulle eers deur kontinente geskei word nie.

Jy gee ook aan albei hulle eie spreekbeurte. Dit is slim, want so leer ons meer van elkeen deur die ander se oë.

Ek hou van die idee van die dubbele perspektief, en dit het vir my baie goed gewerk met Rufus en Xandr. Ek wou graag weet hoe beide van hulle hierdie avontuur, die vrese en die res ervaar; ek wou dit uit hulle oë sien en hoor wat in hulle harte aangaan. Dit was ’n baie lekker manier vir my om hulle te leer ken, om beide kans te gee om te ontwikkel en hulle stemme te vind.

Dan, veral oor die temas wat ondersoek word, wil mens tog weet wat in beide se koppe aangaan. Dit het net nie vir my reg gevoel dat mens daardie tipe goed net uit een se perspektief hoor of sien nie.

’n Baie lekker byproduk van hierdie aanslag, en die kort hoofstukke, is dat dit heerlik spanning bou. Ek moet bysê, die Lapa-span se uitleg van die boek is so goed gedoen dat dit definitief ook bydra tot ’n pretleeservaring. Ek het nou al by ’n paar mense (wat beweer dat hulle nie lesers is nie) gehoor dat hulle hierdie styl baie geniet het.

’n Wolk van vuur

Dan, die wolk. Hierdie wolk is oranje en verskriklik. Nou die ander dag was daar foto’s van die veldbrande in Kalifornië. Dit het gelyk of iemand besig is om jou boek te verfilm. Ons weet dus daardie oranje wolk van jou het ’n plekkie in ’n werklikheid, maar jy kies om die apokalips nogal anders te hanteer as wat iemand soos Deon Meyer byvoorbeeld met Koors gedoen het. Hoekom het jy hierdie vorm van apokalips uitgedink?

Daar is verskeie opinies oor wat die apokalips sal teweegbring. Alles van rekenaars wat die wêreld oorneem tot ’n supervirus. Natuurlik is ons as mense ons grootste vyande – die gevaar kom nie altyd uit die buitenste ruimte nie! Ek wou regtig kyk na iets wat moontlik is, maar ook werklik absoluut verwoestend. Iets wat alles wegvee wat ons ken, beide letterlik en figuurlik. Ek wil nie te veel verklap nie, maar kom ek sê net dat ek ’n baie spesifieke idee gehad het van wat hierdie wolk bring, en dit was belangrik dat lesers hulle dit kan indink, dat hulle daardie wolk kan sien. Soos jy tereg sê, nes die rookwolke tans in Kalifornië, is dit nie moeilik om dit in te dink nie, maar dit is moeilik om te weet hoe jy daarvan gaan ontsnap, veral as die bedreiging die hele horison volmaak en naderkom.

Daar is baie boeke wat die ná-apokaliptiese wêreld beskryf, waar die apokalips reeds plaasgevind het. Daarom was dit belangrik vir my om te fokus op die vóórapokaliptiese wêreld, en dan die onsekerheid oor wat die wolk bring, en wat die wolk vir hulle mag beteken. Die idee van alles wat om jou gebeur en jy weet nie wat aangaan nie, was een van die hoofidees waaruit die boek ontstaan het.

Ek is besonder lief vir die Oos-Vrystaat. Clarens, die berge aldaar en die een vakansie-oord word byna ’n karakter in hierdie storie. Tog, ’n mens sou dit ook elders kon laat afspeel. Waarom het jy so ’n bekende omgewing gekies om te verwoes?

Ek is ook baie lief vir die Oos-Vrystaat en is mal oor ons land se berge. Ek neem aan die feit dat ek naby die Drakensberge grootgeword het, speel ’n rol hierin. Jy is egter reg –  tot ’n mate sou hierdie verhaal in enige afgeleë plek kon afspeel. Daar was verskeie redes waarom die Oos-Vrystaat, en spesifiek die Clarens- en Golden Gate-area die ideale agtergrond geskep het om hierdie storie te vertel. Jy vat raak as jy praat oor “so ’n bekende omgewing”. Die meeste mense was al by, ken, of is ten minste bewus van die Clarens-omgewing. Hierdie bekendheid is baie belangrik vir my, omdat ek graag wou hê dat lesers heeltemal moet kan inkoop op die idee dat iets so bekend eenvoudig verwoes kan word. Dit maak dit ’n werklikheid.

Hierdie winkel in Clarence word belangrik aan die einde van die roman.

Dit help ook uit die aard van die saak dat die Clarens- en Golden Gate-area so ongelooflik mooi is – dit is ’n wonderlike plek vir enige storie om af te speel, maar ook om die kontras met die dreigende verwoesting duidelik te maak.

Is dit die vakansie-oord waar die karakters heen vlug? Dit lê stapafstand van Golden Gate af.

Toe jy Wolk geskryf het, was Covid nog nie ’n werklikheid nie. Maar op ’n vreemde manier was ons inperking in ’n tyd van krisis nogal baie soos wat die karakters in die grot beleef het, en jou boek het mooi tydens die erge inperking geland! Hoe laat dit jou voel?

Dit is interessant hoe dinge gebeur. Toe ek Wolk geskryf het, was ’n wêreldpandemie bloot ’n storielyn in boeke of iets uit die geskiedenis, nou is dit ’n werklikheid – ’n baie harde een daarby.

Ek dink Rufus en Xandr worstel met baie van die vrae waaroor ons gewonder het (en steeds wonder) tydens en ná inperking. Om afgesny te wees van die wêreld, om nie te weet wat aangaan nie, is dinge wat ons almal nou baie goed ken. Ek dink dus lesers sal selfs meer as voor die inperking, voor Covid, regtig kan voel wat Rufus en Xandr voel. Ek dink ook dat dit moontlik vir lesers goeie ontvlugting sal wees van die werklikheid deur hierdie proses saam met die twee mee te maak – om te sien wat hulle dink, hoe hulle dinge hanteer en dan ook spesifiek die hoop wat voorlê.

Is dit die grot waar Rufus en Xandr skuil? Die foto is ’n paar uur te voet van Golden Gate af geneem.

Daar is een vreeslik ongure karakter wat erg seksisties is met die vroulike hoofkarakter. Hy bly ’n groot rolspeler, tot aan die einde. Is dit metafories? Ons president praat van geweld teen vroue as ’n pandemie in Suid-Afrika.

Net omdat Rufus en Xandr wegglip van die huis af en op hierdie groot avontuur gaan, beteken dit nie dat hulle heeltemal verwyder is van die wêreld nie. Jeremy verteenwoordig die sleg van die wêreld, en dit daag ook die karakters uit, veral Rufus. Daarom, om jou vraag te beantwoord: Jeremy is definitief metafories vir baie van die probleme wat ons in die samelewing ervaar (onder andere die gruwel van geweld teen vroue en kinders). Betreffende die tema van bedreigings en apokalipse wat ek in Wolk gebruik: Hy word nog so ’n bedreiging, een wat moontlik net soveel skade kan aanrig as die wolk self.

Dalk moet ek hier net noem dat Rufus ’n baie sterk karakter is. Maar Jeremy toets haar, en vir my sou die storie dalk te ver verwyder gewees het van die werklikheid as ek nie hierdie element van die slegte deel van die bestaande wêreld (wat die wolk natuurlik bedreig) ingebring het nie.

Wolk is jou tweede boek. Dit is ’n jeugroman wat besonder goeie resensies kry, ook van jonger lesers. Jou eerste werk was Halley se komeet. Dit was dikker en het ook op jongmense gefokus, maar tog was die aanslag anders. Hoe het dit gebeur dat twee redelik verskillende boeke uit jou pen verskyn, albei gefokus op jongmense?

Ek is heeltemal oorbluf deur die goeie terugvoer oor Wolk, veral dié van tieners. Baie het gesê hulle kon hulself heeltemal in die karakters inleef. Dit is wonderlik om te hoor.

Ek geniet dit om oor tienerkarakters te skryf. Tieners is in so ’n interessante fase van hulle lewens. Nie meer kind nie en op die vooraand van die volwasse lewe, onafhanklikheid en alles wat daarmee gepaard gaan. Dis ’n tyd van veranderinge, vrae, soeke, ontdekking, onsekerheid, groot hoogtepunte en laagtepunte. Dit is dus ’n fase wat propvol geleenthede is vir ’n skrywer om karakters uit te daag met vrae wat volwassenes ook mee sukkel. In Halley se komeet het ek onder andere vir Pete uitgedaag om te kyk hoe hy sal reageer as hy gekonfronteer word met die realiteite van sy tyd as die borrel waarin hy geleef het, bars. In Wolk daag ek Rufus en Xandr om die dinamika van hulle vriendskap te ondersoek, vrae oor eerstes, en natuurlik die bedreiging op die horison, om ’n paar te noem.

Ek dink die beste manier om jou vraag te beantwoord is deur te sê dat ek van verskeidenheid hou. Ek lees nie net een genre nie, en professioneel werk ek nie net in een sektor nie, en daarom is die aanslag van hierdie twee boeke verskillend. Ek hou van verskeidenheid, ek wonder oor ’n magdom verskillende dinge, is geïnteresseerd in baie verskillende goed, en daarom is die stories wat in my kop inklim, verskillend. Halley se komeet het ontstaan omdat ek op daardie stadium nog in die buiteland gewoon het en sin wou maak van wie ek is en wat my plek as Suid-Afrikaner en wêreldburger is. Ek het gewonder oor die land wat ons nou het en waar dit vandaan kom, veral die onlangse verlede. Wolk het ’n “ligter” aanslag met meer humor, veral omdat die karakters mekaar so goed ken. Dit is ’n storie wat net gekom het, en toe ek eers begin skryf kon ek dit nie keer nie. Dit was ’n heerlike boek om te skryf. Ek vermoed ek sal in die toekoms aanhou om ’n verskeidenheid stories te skryf; dit daag my uit, hou die idees vars, en ek geniet dit baie om wyer te dink en te skryf.

Laastens: Halley se komeet is deur ’n Amerikaanse firma gekoop. Baie geluk. Vertel meer?

Baie dankie. Ek is ontsettend opgewonde en dankbaar! Ek het verlede jaar Halley se komeet in Engels vertaal en onlangs gehoor dat Catalyst Press die wêreldwye regte vir my Engelse weergawe gekoop het. Dit is ’n lang proses om die boek uit te kry, maar ek is tans besig met ’n klompie veranderinge en verbeteringe en hoop dat die boek teen 2022 op die rakke sal wees. Dit is ’n heerlike en anderse ervaring om met die Amerikaners te werk, en ek glo dit gaan my baie baat in my skryfloopbaan. Wat wonderlik is van Catalyst Press, is dat hulle werklik ’n passie het vir Afrika en Afrika-stories, daarom dink ek die Engelse Halley se komeet het sy regte tuiste gevind.

Die vertaling van Halley se komeet was ook op sigself ’n wonderlike skryfervaring. Veral om die nuanses van die verskillende kultuurgroepe en die gevoel van die tyd en plek vas te vang was ’n besonder lekker uitdaging. Ek sien uit na die terugvoer van Engelse lesers.

Lees ook:

Lesersindruk: Wolk deur Hannes Barnard

Skrywersonderhoud: Hannes Barnard oor Halley se komeet

Wolk: ’n onderhoud met Hannes Barnard

Fotografie: Izak de Vries

The post <em>Wolk</em> se Hannes Barnard nou ook internasionaal appeared first on LitNet.

Emigreer of bly: ’n onderhoud met Stephan Joubert

$
0
0

Foto van Stephan Joubert: NB-Uitgewers

Emigreer of bly
Stephan Joubert
NB-Uitgewers
ISBN: 9780796322272

Stephan Joubert praat met Naomi Meyer oor sy boek Emigreer of bly.

Stephan, jou boek Emigreer of bly het onlangs by NB-Uitgewers verskyn. Wat het vir jou die agtergrond gegee om hierdie boek te skryf? Waar woon jy, en het jy al elders gewoon? Vertel my asseblief van jou gesin se verblyf in Auckland – die goeie en die slegte aspekte.

Ja, dit het begin toe ek in Maart 2019 gevra is om ’n preek te doen by Mosaïek-gemeente in Fairland oor die tema van emigrasie, Die preek, wat toe ook op kykNET beland het, het nogals baie gesprek losgemaak. Toe het Susan Jordaan, my wonderlike redaktrise by LuxVerbi, my aangemoedig om ’n boek hieroor te skryf. Ek was aanvanklik huiwerig, want dit is maar ’n emosionele saak vir mense, een waaroor almal sterk standpunte huldig na verskillende kante toe. Maar ek het nog altyd gedink daar is ’n paar ander kante ook aan "ry of bly" wat nie aldag na die tafel toe gebring word nie.

Ek moet dadelik bysê ek is geen kenner op die gebied van emigrasie nie. Ook het ek geen besigheidsbelange hierby nie. Nog minder is ek ’n voltydse navorser hieroor. Ons as familie het wel oor die afgelope klompie jare aan sowel die rykant as die blykant van emigrasie geleef. Tussen 2009 en 2017 was ek deeltyds betrokke by Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland. Gedurende hierdie tyd het ek en my vrou elke jaar vir ’n maand of twee daar gewoon. Ook was ek vir ’n paar jaar betrokke by ’n teologiese opleidingsinstansie in Perth, wat gemaak het dat ek ook jaarliks vir ’n paar weke op ’n slag daar moes gaan klasgee. Vroeër, in 1997, het ons gesin vir ’n jaar in Duitsland gebly toe ek daar betrokke was by ’n universiteit met ’n navorsingsprojek. In 2002–2003 het ons gesin ook weer vir ’n jaar in Auckland gebly. Dit alles, tesame met ’n hele klompie korter besoeke, toere en klasgeegeleenthede in die buiteland, het bepaalde indrukke op my gelaat. Gereelde kontak met ekspats via ons kerk se digitale bediening het my ook net laat besef dat ’n tydige besinning hieroor dalk ’n paar olifante in die kamer kan aanspreek.

Wat my eie adres betref: Na elke reis keer ek terug na my tuisdorp, Kempton Park. Ek is ’n Oos-Rander deur en deur. (Mag mens dit so blatant bely?) Ek is gebore in Kempton Park en ons plak nog steeds hier.

Oor ons verblyf in Auckland in die vroeëre 2000’s: Ons as gesin het al ’n paar keer vir onsself gesê dat Duitsland, waar ons ’n paar jaar tevore ook gewoon het, op die ou end vir ons lekkerder was. So vertel my kinders ook wat onder andere daar ’n Duitse skool moes bywoon en die taal moes aanleer. Tog was Nieu-Seeland vir ons ’n persoonlike groeikurwe soos nooit tevore nie. Ek het na 13 aangename jaar uit my pos by Tuks se teologiese fakulteit bedank, en my vrou het ook haar onderwyspos prysgegee. Dit was vir ons ’n tipe pelgrimstog van epiese proporsies wat ’n klomp "geite" in onsself blootgelê het – ons selfgesentreerdgeit, ons onvergenoegdgeit, en ons kleingeloofgeit. Ons het Nieu-Seeland se skoonheid baie geniet. (Mind you, enige plek is mooier as die Oos-Rand!) Ook het ons die Kiwi’s se statusvrye en titelvrye kultuur geniet. Dit is ’n "laid-back" kultuur … wel, totdat iemand ’n fout maak. Dan kom jy ook maar agter dit is ’n "blaming culture".

Ek lees in een van die eerste hoofstukke van jou navorsing rondom redes hoekom mense wil emigreer. Wat was die hoofredes wat jy raakgeloop het?

Die top twee is sekerlik veiligheid en werksgeleenthede. Mense se onsekerheid oor die toekoms, wat direk gekoppel is aan hulle eie veiligheid, asook nuwe werksgeleenthede, is die groot trekpleisters na groener oorsese weivelde. Derdens is die onderwysstelsel van ons land ook ’n sterk oorwegende faktor.

Een van die hoofstukke in jou boek heet "Enige plek kan n lekker plek wees". Dit is waar, en in Erfenismaand is daar lekker geleenthede vir Suid-Afrikaners hier. Maar die teendeel is ook waar: Enige plek kan ook n verkeerde/slegte plek wees. Brei asseblief hierop uit en hoe jy sake sien.

Een van die basiese feite van emigrasie is dat jy self altyd saam met jou persoonlike "container" verhuis. Jou bietjie of baie emosionele bagasie emigreer ongenooid saam. En as jy dit nie behoorlik in die oë gekyk het voordat jy so ’n groot lyfskuif maak nie, dan word dit spoedig dié bril waardeur jy na enige nuwe bestemming kyk. Dan definieer jy boonop alles in "die ou land" hierdeur (soos wat ek een keer by ’n paar verbitterde ekspats gehoor het wat geweier het om ooit weer die naam Suid-Afrika te gebruik). Dan word die nuwe destinasie ook aan sulke onverwerkte emosies gemeet.

Tensy jy ’n vlugteling is wat geen keuses meer oor het nie, behoort jy nooit enige besluite rondom emigrasie lukraak, en op grond van negatiewe persepsies en emosies, soos vrees of bitterheid, te neem nie. Sulke emosies maak dat jy jouself dan begin definieer in terme van jou "wegwees van …", en nie in terme van ’n gesonde "gaan" na ’n nuwe fase, seisoen of roeping in jou lewe toe nie. Goeie ry-of-bly-keuses hou verband met ’n "gaan na" en nie met ’n "gaan weg van" nie.

Ek sê graag vir myself: "Enige plek is ’n lekker plek, maar dan moet jy self ’n lekker mens wees." Dit is lekker oorsee. Maar dieselfde geld ook vir ons land. Daarom wou ek nie voorskriftelik wees rondom ry-of-bly-keuses nie. Maar ek wou ten minste darem ook bydra daartoe dat mense hulle eie beginsels, motiewe en beweegredes goed in die oë kyk oor hoekom hulle dit wil doen, of nie wil doen nie, of hoekom hulle dit alreeds gedoen het. Eerlikheid bring gewoonlik ’n stuk nugterheid en deursigtigheid mee. Aan die ander kant lei enige ontkenning van sulke dieperliggende motiewe of beweegredes vir sulke keuses dikwels tot langdurige skuldgevoelens en frustrasie by sowel blyers as ryers. In hierdie verband het ek al meer as genoeg gesprekke met ekspats gehad wat ’n goeie front voorsit, maar wat sielsongelukkig in die buiteland is. En andersom.

In die boek word daar nogals heelwat aandag gewy aan konkrete oorwegings wat mense se keuses rondom ry en bly dikwels begelei. Feit is, enige emosies (en met name negatiewe emosies as dryfveer) hou ook net vir so lank. Om op rou emosies sulke ingrypende keuses te maak, is riskant. Die groot oog-oopmaker wat enige geïdealiseerde idees van "dié buiteland" laat verkrummel, kom wanneer die normale daaglikse realiteite jou tref. Ek praat van eindelose administratiewe dinge wat in plek moet kom, soos nuwe bankrekenings, mediese fondse, huurkontrakte met vreemde verhuurders, ens. En dan is daar ook nog die nuwe roetines van kos koop, huis skoonmaak, verkeersknope onderweg werk toe … om nie te praat van al die ongeskrewe sosiale kodes en kulturele waardes waarvan jy nie weet nie. Dit kan emigrasie na enige droombestemming in ’n uitgerekte pynlike ervaring laat ontaard. Daarom is die eerste emigrasie wat jy moet onderneem, daardie een na jou eie hart toe. Jy moet vrede maak met wie jy is en waarvoor jy hier op aarde is. Anders gaan jy lewenslank saam met U2 sing: "I still haven’t found what I’m looking for", waar jy ook al bly en waarheen jy ook al ry.

En toe kom COVID-19. Die Suid-Afrikaanse ekonomie bemoeilik sake aansienlik. n Rowwe ekonomie word nog meer stormagtig. Dink jy nie nou is die tyd om slim finansiële keuses vir die toekoms te oorweeg nie? En is dit inderdaad slim om hier in hierdie land die mas te probeer opkom?

Ek kry mense so jammer wat in hierdie Covid-tyd moes emigreer. Ek het deurlopende kontak met ’n hele paar mense in die buiteland, en ek hoor verhale van Suid-Afrikaners wat daar hulle werk verloor het as gevolg hiervan. Of vir wie die nuwe adres sonder ’n behoorlike ondersteuningsnetwerk van familie en vriende in hierdie krisistye skielik nie meer so rooskleurig lyk nie,

Vir seker is Suid-Afrika dalk nog meer stormagtig as elders, maar dit is ten minste bekende terrein te midde van onbekende nuwe faktore wat hand aan hand loop met die virus. En ten minste is die wind ook darem nog nie heeltemal uit al die seile hier ter plaatse nie. In hierdie verband luister mense veels te maklik na professor Google, of na bevreesdes en bedreigdes se oorhaastige waarhede, en selfs na fopnuus. Hulle skei nie aldag die kaf van die koring nie. Hulle vergeet dat vir sosiale media en massamedia slegte nuus eintlik goeie nuus is. Dit verkoop koerante. Dit trek die nodige digitale verkeer na bepaalde sosiale-media-platforms toe. Daarom is dit soveel makliker om slegte stories oor enige plek te glo as om al die feite vanuit ’n goedbegronde waardestelsel te beoordeel en te oorweeg.

Jy skryf dat jy emigrasie (of bly) beskou as n morele besluit. Hoekom? Verduidelik asseblief hoe hierdie keuse dan ook moreel kan wees?

Moraliteit loop hand aan hand met intern-gevormde karaktereienskappe wat moet uitmond in keuses om goed en reg te leef. Daarom moet dit ook daardie keuses oor ry of bly direk beïnvloed. Die somtotaal van ’n goedgeleefde lewe sou dus nie maar net kon gaan oor die bereiking van sekere geldelike doelwitte, of oor persoonlike veiligheid nie. Dit moet gaan oor ’n roeping om goed te doen en reg te leef tot voordeel van ander mense en tot eer van God. Dan raak enige keuses tegelykertyd moeiliker … en ook makliker! (Daarom word die uitdrukking "etiese eenvoud" ook in hierdie verband gebruik.)

Ek meen nie dat gelowiges die morele hoë grond alleen beset nie. Allesbehalwe. Maar moraliteit behoort ten minste diep ingemessel te wees in gelowiges se lewe en in hulle daaglikse besluite. Daarom dat ek my verbasing gedeel het oor party gelowiges se vreemde begrondings vir hulle ry-of-bly-keuses. Dit sê nie dat hulle immoreel optree deur te emigreer of te bly nie. Maar dit sê minstens sulke besluite is nie geskoei op ’n geïntegreerde waardesisteem nie. Vandaar ook ’n aantal voorbeelde in die boek van gesinne met wie ek te doene gehad het wat hulle keuses geskoei het op enigiets vanaf vallende jakarandablommetjies in die lentetyd tot by visioene of "Skrif-kry"-Bybeltekste. Uitdrukkings soos "alles het in plek geval" of "die Here het vir ons gewys" dien gewoonlik dan as regverdiging om sulke besluite te begrond. Dan is dit God se leiding (of sy skuld indien dinge later skeefloop – soos wat ek ook al gehoor het). Hierdeur isoleer mense hulle eintlik van enige morele aanspreeklikheid vir hulle besluite. Dieselfde gebeur ook wanneer mense wat kies om in Suid-Afrika te bly op irrasionele maniere almal verdoem wat emigreer as bewyse van hulle kleingeloof of ontrouheid aan God.

Jy skryf in jou boek oor die "gebrek aan beheer en die onsekerheid oor die toekoms". Dink jy nie dat mense in ander lande moontlik groter sekerheid op n rustiger, finansieel meer sekere en veiliger toekoms kan verwag nie, as mens kliniese feite in ag neem?

Ek het hier probeer om beide kante van die draad te beskryf. Ek het van die nuutste statistieke oor misdaad, werkloosheid, en dies meer in Suid-Afrika op die tafel geplaas, tesame met ’n paar toekomskenners se projeksies oor Suid-Afrika se toekoms. En ja, vir seker is die kanse heelwat hoër om hier ter plaatse deur te loop onder sulke slegte gebeure as op die meeste ander plekke waarheen Suid-Afrikaners graag emigreer. Voortdurende onsekerheid is inderdaad baie uitmergelend. Een langtermynstudie waarna ek verwys het, handel juis oor die effek hiervan, asook oor die gebrek aan in beheer wees in bepaalde beroepe. Hierdie studie is egter in Brittanje gedoen, wat bevestig dat sodanige gevoelens wêreldwyd te bespeur is en nie net hier ter plaatse nie.

Indien kliniese meetinstrumente gebruik word om geluk, welvaart, stabiliteit, en dies meer te meet, is die keuse vir vele voor die hand liggend dat emigrasie die aangewese roete is. Geen wonder nie dat Suid-Afrika in 2019 sowat 400 mense verloor het aan emigrasie wat meer as een miljoen dollar sterk is in terme van geldwaarde. Tog is die ewe belangrike vraag of dit ’n deurslaggewende oorweging in enige morele besluitnemingsproses mag wees.

Wat van familie – ouers en kinders? Het jy, terwyl jy met mense in jou navorsing gepraat het, hierdie faktor as n oorweging teëgekom?

Een van die opmerkings wat mens gereeld raakloop, is dat persone sê hulle emigreer ter wille van hulle kinders. Op die oor af klink dit na ’n koeëlvaste rede, maar dit kan ouers se verantwoordelikheid subtiel wegskuif na hulle kinders toe. Ek het juis een keer vir ’n ouer wat sou emigreer ter wille van hul kinders gevra watter land die kinders toe uitgekies het. Toe die dame fronsend na my kyk, het ek verduidelik dat dit darem nie billik klink dat hulle as ouers die land kies terwyl dit vir hulle kinders se onthalwe gedoen word nie. Ernstiger: Ek het al ’n klompie kere met Suid-Afrikaanse jongmense te doene gehad in die buiteland wat vertel hulle is sielsongelukkig daar. Maar hulle byt vas, want hulle ouers het dit ter wille van hulle gedoen, Inderwaarheid sit sulke kinders dan met ’n massiewe emosionele skuldlas.

Ouers moet van die begin af aanspreeklikheid vir ry of bly aanvaar. In die laaste hoofstuk van die boek sluit ek juis ook ’n aantal bydraes in van mense wat gekies het om terug te keer na Suid-Afrika, asook mense wat permanent in die buiteland bly, en ander wat gekies het om nie te emigreer nie, wat onder andere hierdie sake goed aanroer.

Jou boek maak dit moeilik vir mense wat net op geld en goed fokus, want hier is ander nietasbare kwessies wat mense in ag moet neem as hulle groot besluite moet neem. Vertel asseblief oor die deurgangsrites waaroor jy skryf (en oor jou wense).

Ek stem saam. Dit maak dinge moeilik vir pragmatiste, hedoniste en fataliste. En ook vir die res van ons. Want partykeer voel mens darem net lus om vir jouself te sê vat jou goed en trek Ferreira … Maar feit is, na albei kante toe is dit nie sommer net ’n geval van oppak en trek nie. Of maar net van bly omdat jy bang is vir verandering nie. Ek het ’n paar jaar gelede vir ’n vriend in die buiteland wat wou terugkeer, gesê hulle moet asseblief daar bly. My rede was glad nie die agteruitgang of onveiligheid hier in die land, wat mense graag aanvoer nie. Dit was vir my duidelik dat hierdie vriend sy roeping uitleef daar in die buiteland. Vir seker kan en mag gelowiges en kie ook emigreer. Die Bybel is vol van sulke migrasieverhale van mense soos ’n Abraham, ’n Moses, ’n Paulus, of die vroeë kerk. Hulle moes ter wille van hulle roeping gedurig van plek tot plek verskuif. Maar daar was ook derduisende wat tuisgebly het en wat plaaslik relevant geleef het. Baie van hulle het geweet hulle keuses hou vervolging, armoede en rampe in, maar hulle het dit deurstaan omdat dit deel van hulle roeping was.

Verskaf asseblief jou hoofrede waarom jy reken mense moet bly (en bedoel jy hierdie is inderwaarheid net van toepassing op Suid-Afrika?). Of is dit nie wat jou boek sê – dat mense noodwendig moet bly nie?

Die hoofrede hoekom mense moet bly óf ry is dat hulle lewe ter sprake is. Ons is nie die solo-ontwerpers van ons eie lewe op ons eie tekenbord van waar ons dit ook eiehandig bou en uitleef nie. Aan die ander kant is ons ook nie met ingeboude rekenaarskyfies vooruitgeprogrammeer deur God nie. Noodlottaal soos "wat moet gebeur, sal gebeur" of "alles gebeur met ’n rede" is derhalwe geen kitsuitweg binne enige ry-of-bly-scenario nie. Die regte keuses hou verband met wat ons elkeen verstaan as ons eie lewensdoel, en hoe ’n goedgeleefde lewe lyk voor God en tussen ander mense. (En dit lyk uiteraard vir verskillende mense verskillend, gegewe elkeen se eiesoortige omstandighede, geleenthede en talente.)

Jou boek bied inderwaarheid nie n kitsoplossing nie. Want jou boek handel oor die menslike reis, oor n dieper soeke. Hoe sien jy die lewensbestemming(e) van die mens?

Inderdaad. Isabel Wilkerson se aanhaling steek steeds by my vas: "It occurred to me that no matter where I lived, geography could not save me." Ons lewe is ’n reis. Op hierdie reis maak medereisigers, die landskap, die pad en die bestemming uitermate baie saak. Dit gaan oor die regte pad waarop ons moet leer om ligter te reis onderweg na ons bestemming.

The post <em>Emigreer of bly</em>: ’n onderhoud met Stephan Joubert appeared first on LitNet.

Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake

$
0
0

Op 2 Oktober plaas LitNet Akademies ’n stuk oor speurwerk en die daling in vragmotorkapings. Maar wat van plaasmoorde?

Dibi Breytenbach skryf spanningsverhale. In ’n ander lewe werk sy egter in die maag van die staat se pogings om boewery vas te vat. Haar vierde roman, Dowe gode, bevat ’n insident waar jong boere se woede oorkook. Hulle gryp ’n verdagte in ’n plaasmoordsaak en rand hom gewelddadig aan.

Izak de Vries het haar ingevra na aanleiding van Dinsdag 6 Oktober se insident waar woedende boere ’n polisiestasie beskadig het en ’n polisiebakkie aan die brand gesteek het.

Foto verskaf

Dinsdag 6 Oktober het die plaasboere in Senekal amok gemaak by die hofverskyning van die verdagtes in die moordsaak van Brendin Holmer. Jy skryf fiksie, maar is in ’n ander lewe betrokke by regsprosesse teen geweldenaars. In Dowe gode skets jy ’n voorval wat byna profeties is van wat op wat Dinsdag gebeur het. Wil jy iets sê oor die rede waarom jy so ’n voorval beskryf het?

Ek bly op die platteland en werk in die voorste linies in die geveg teen misdaad. Uit hoofde van my werk, kom ek gereeld in aanraking met die slagoffers van geweld. Deur die jare is die landbougemeenskap in my onmiddellike omgewing swaar getref deur ’n vlaag plaasaanvalle; ’n verskriklik ding op enige plek, en meer so in ’n klein distrik waar almal almal ken. Ek beskik nie oor die woordeskat om die gemeenskaplike magteloosheid, woede en desperaatheid wat so ’n aanval in sy vaarwater los te beskryf nie.

 Ek het Dowe gode in 2017 geskryf na aanleiding van die voorvalle wat ek reeds genoem het. Op daardie stadium was die landbougemeenskap in my distrik op breekpunt. Die mense – boere en plaaswerkers – het gevoel dat daar nie ag geslaan word op hulle vrese nie, dat niemand vir hulle luister nie en dat niemand omgee of hulle aangeval word of nie. Die toneel waarna jy verwys is geskoei op die desperaatheid van die slagoffers soos wat ek dit oor die jare ervaar het.

Jou speurder, Aella O’Malley, het ’n mate van simpatie met die woedende boere, maar dreig ook om hulle summier in hegtenis te neem – ’n bietjie soos Ronald Lamola, die minister van justisie en korrektiewe dienste, nou doen. Bemoeilik sulke vigilante-optrede wel die staat se saak teen die geweldenaars?

Vigilante optrede kan nooit goedgepraat word nie. Ek het persoonlik al belewe hoe mense die reg in eie hande neem en onskuldige mense hulle lewens as gevolg van die soort optrede verloor. Ek het ook al meer as een keer ervaar hoe belowende sake in die wiele gery word as gevolg van die ingryping van mense wat die versoeking nie kon weerstaan om die probleem self uit die weg te ruim nie. Die wiele van geregtigheid draai baie, baie stadig, maar hulle draai tog. Daarvan getuig die knap ondersoekwerk en vinnige arrestasies van beskuldigdes soos dié in die saak van Brendin Horner en die lang vonnisse wat opgelê word vir hierdie misdrywe.

Jy skryf moordstories in ’n land waar moord hoogty vier. Hoekom?

’n Goeie vraag waaroor ek nog nie regtig gedink het nie. Miskien is dit vir myself ’n manier om my gees te suiwer, te ontlaai. So iets. Ek weet nie regtig nie. ’n Storie gebeur mos maar. Dalk sê dit verskriklike goed van wat in my onderbewussyn aangaan! Bygesê, moet ek byvoeg dat die hoe van die oplossing van die moorde in my stories nie vir my so belangrik is as die hoekom nie. Misdaadondersoek is ’n baie prosaïese proses wat net soos enige ander wetenskaplike proses essensieel vervelig vir die oningewyde is. Ek stel meer belang in die menslike aspek van die voorval. Wat gee aanleiding tot ’n bepaalde optrede? Wat in ’n mens se psige veroorsaak dat jy die keuse maak om ’n ander leed aan te doen? En glo my, dis presies wat dit is. Mense kies om misdaad te pleeg. Dit gebeur nie per ongeluk nie.

Jou laaste drie boeke, Dowe gode, Blinde gode en Stom gode wat in November verskyn, het ’n sterk ekotema. Telkens is daar die onderbou van die vigilante wat moeg raak vir die staat se gesloer. Ek het reeds Stom gode gelees. Dit gaan mense ontstel wanneer die “waarheid” aan die dag kom, net soos Blinde gode nogal ontstellend was oor die regsdienste. Aella O’Malley is die een wat probeer om wet en orde te handhaaf, en tog ook begin twyfel of sy kans sien. Hoe moeilik is dit vir die polisie om op die dun blou lyn van geregtigheid te loop, selfs al wanhoop hulle ook?

Ek is in die bevoorregte posisie om saam met uiterse knap en toegewyde speurders te werk. Hoe die manne (hulle is omtrent almal manne) hulle werk onder die omstandighede gedoen kry, is ’n wonder. Hulle werk hulle half dood. Maar ja. Ek wil nie spekuleer oor hoe hulle daarin slaag om daardie balanseertoertjie uitgevoer te kry nie. Die baie arrestasies van polisiemanne wat hulself skuldig maak aan misdaad is ’n aanduiding dat daar van hulle is wat die dun, blou lyn in die skande steek.

Laastens. Die mense wat jou bronne is in die boeke, van hulle sal jy nooit in die openbaar noem nie, hulle lewens sal in gevaar wees. Ons het die ander dag gesien hoe maklik ’n speurder soos luitenant-kolonel Charl Kinnear vermoor kan word. Soms wonder ek hoeveel fiksie jy in jou boeke sit en hoeveel van die werklikheid jy moet verbloem om fiksie te skep?

Nie te veel nie. Ons lewe in ’n gruwelike samelewing wat deur top joernaliste ontbloot is as ’n werklikheid waar misdadigers hoogty vier. Moord is ’n werklikheid, renosterstropery is ’n werklikheid. Die bedrog en diefstal wat daarmee gepaardgaan om die misdade te verdoesel, is ook ’n werklikheid. Die feit dat ’n mens in ’n posisie is waarin ’n mens oor ’n dieper kennis van die misdade beskik, is uit die aard van die saak van hulp. My karakters is deurgaans fiktief. Ons samelewing is blootgestel aan ernstige kriminele aktiwiteite. As ek as skrywer kan help om dit deur my stories te belig, voel ek dat ek ’n klein deel doen in die bekamping daarvan. Daarby doen ek ook baie navorsing, weet hoe ’n polisieondersoek werk en het al na baie, baie slagoffers geluister. Ek is ook in die bevoorregte posisie om toegang te hê tot eksperts wat my help met die verfyning van tonele. Misdaad en die oplossing van misdaad is ernstige onderwerpe en voel ek is dit aan die professionele ondersoekers en slagoffers verskuldig om seker te maak dat wat ek skryf geloofwaardig is.

Lees ook:

Polisiëringsbestuurstrategiëe in intelligensiegedrewe ingrypings: vragmotorkapings as gevallestudie

Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Resensie: Blinde gode deur Dibi Breytenbach

The post Senekal: Vigilantes, speurders en die stadige aksie van regsake appeared first on LitNet.

Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier

$
0
0

Navorsingsartikels wat onlangs in LitNet Akademies verskyn het, ondersoek die verwoestende effek van korrupsie in verskeie sektore in Suid-Afrika. André Duvenhage waarsku dat dié euwel tot ’n ineenstorting van die land se ekonomie kan lei en die politieke klimaat nog verder langs raslyne kan polariseer. In sy LitNet Akademies-gevallestudie oor vragmotorkapings wys Rudolph Zinn op die rol wat korrupsie in polisiegeledere speel in die belemmering van die stryd teen geweldsmisdaad. Die belang van samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en die sakesektor word deur Peter Goss en Johan van Graan belig in hul artikel “Die strategiese rol van die sakesektor in die bekamping van korrupsie”.

Johann van Loggerenberg se Cop under cover het verlede week by Jonathan Ball verskyn (Foto's: Jonathan Ball Publishers)

Die onderwerp van korrupsie is iets wat die skrywer Johann van Loggerenberg sy lewe lank besig hou. Sy jongste boek, Cop under cover. My life in the shadows with drug lords, robbers and smugglers, het pas by Jonathan Ball verskyn. In dié aangrypende boek lewer Van Loggerenberg verslag oor die jare waartydens hy as geheime polisieagent korrupsie aan die kaak gestel het. As “agent RS536” het hy skouers geskuur met onder meer dwelmhandelaars, transitorowers, korrupte polisielede en wapensmokkelaars wat Derde Mag-bedrywighede aangevuur het.

Met die staatskapingprojek het Van Loggerenberg self in die visier van korrupte amptenare op die hoogste regeringsvlak beland. Toe hy in 2014 by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) gewerk het, is hy valslik daarvan beskuldig dat hy ’n “apartheidspioen” was. Dié beweringe wat deur die Sunday Times gepubliseer is, is later deur die koerant, wie se integriteit en reputasie in die proses enorme skade opgedoen het, teruggetrek. Vir Van Loggerenberg het geregtigheid egter nog nie geskied nie. In Cop under cover word dié onverkwiklike sage omvattend aangespreek.

Vorige boeke waarin Van Loggerenberg korrupsie takel – Rogue (2016), Death and taxes (2017) en Tobacco wars (2019) – het op topverkoperlyste geboer.

Melt Myburgh het met die skrywer oor sy nuwe boek gesels na aanleiding van bevindinge wat in LitNet Akademies-navorsing na vore gekom het.

..............

In Cop under cover. My life in the shadows with drug lords, robbers and smugglers gaan jy op jou eie spore terug na jou ervaring as geheime polisieagent RS536 wat hom in die skaduwêreld van georganiseerde misdaad ingegrawe het om ’n kriminele netwerk bloot te stel. Vertel asseblief hoe dit gebeur het dat jou avonture in boekvorm beslag gekry het.

In kort het die verhaal van RS536 grondgevat tydens die staatskaping van die SAID in 2014. Gedurende daardie jaar het staatsintelligensieagente in die Sunday Times valslik beweer dat ek voor 1994 kamstig ’n “apartheidspioen” was. Dit het my en my familie ontsettend skade aangedoen en die beweringe het later deel gevorm van die sogenaamde rogue unit-propaganda.

Die vals brandmerk word steeds, meer as ’n halwe dekade later, deur mense op sosiale media herhaal. Die SAPD en Staatsveiligheidsagentskap was wetlik en eties verplig om my en my familie te beskerm, maar het in daardie jare en sedertdien niks daaromtrent gedoen nie.

Dieselfde geld vir die SAID, vir wie ek op daardie stadium gewerk het. Dit het natuurlik die staatskapers en allerlei skelms wat op daardie stadium deur die SAID ondersoek is, goed gepas om my en ander so te diskrediteer. Om daardie rede, ná my eerste drie boeke, het ek besluit dat genoeg tyd verloop het vir my om die waarheid oor my rol as geheime agent vir die demokratiese regering as RS536 te vertel.

Die boek begin by my kinderjare, en verduidelik my paadjie wat gelei het tot die omstandighede waar ek RS536 geword het, en wat ek as agent gedoen het totdat ek aan die einde van 1998 by die SAID begin werk het. Die boek is die voorloper van die drie ander boeke wat oor my tyd by die SAID gaan, en vertel van die avonture en trane van RS536 en ’n reeks kleurvolle karakters oor daardie jare.

In die algemene publiek se oë is die reputasie van die SAPD bedenklik, om die minste te sê. Maar ’n mens mag uiteraard nie alle polisielede onder dieselfde kam skeer nie. In hoe ’n mate dink jy is die publiek se siening van ons polisiediens as ’n korrupte, onbevoegde instelling geregverdig?

Korrupsie is nie ’n nuwe verskynsel in die samelewing nie. Die apartheidsera, en selfs tye voor dit, is gevallestudies van hoe sistemies korrupsie in die samelewing is. Tot ’n dekade terug was korrupte transaksies aftrekbaar vir belastingdoeleindes in Europese lande. Om die polisiediens spesifiek uit te lig as voorbeeld sou onregverdig wees.

Wat wel ’n realiteit is, is dat polisiebeamptes in ’n spesifieke omgewing en situasie is, net soos doeaneamptenare as ander voorbeeld van waar korrupsie broei. Dit is nie uniek aan ons land nie. Dieselfde geld vir tenders en besigheid met staatsinstansies. Vir ons jong demokrasie is dit ’n groeipyn.

Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en daar was geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor. Dit het, op sy beurt, aan ander skurke die teken gegee dat korrupsie ’n ding is waarmee jy gaan wegkom.

En so het dit soos ’n virus posgevat en versprei. Vandag sit ons met die nagevolge daarvan, en ek glo dit gaan vir nog baie geslagte lank met ons wees.

Die vraag oor hoe ons regering die polisiediens gaan regruk en bou, is kompleks en het geen eenvoudige antwoord nie. Die polisie vorm deel van ’n groter stelsel en ketting, wat onder andere die vervolgingsgesag, ons howe en so aan insluit. Ek dink ons moet sagter wees op die meerderheid mense in die polisie, want hulle is nie korrup nie. Die antwoord lê in ’n kombinasie van opleiding, voortgesette opleiding, en om die hele krimineleregstelsel in sy geheel te bestuur – van die beplanning tot die meetinstrumente, mense wat daar werk, die toewysing van jaarlikse begrotings, asook strategiese beplanning.

In hierdie stadium van ons land se ontwikkeling dink ons regering nog nie regtig aan hulleself as een groot stelsel wat interafhanklik van sy komponente is nie. Dit sal nog tyd neem. Staatskaping het ons regtig baie ver in die verlede teruggesit en dit self maak dinge baie moeiliker.

Maar ek het baie hoop vir ons nuwe generasie polisielede. Baie van hulle is kreatief en wil ’n verskil maak. Ons gaan in die nabye toekoms die resultate van hulle aksies begin sien. Ons het geen alternatief nie. Ons gaan móét sink of swem.

Topverkopers uit Johann van Loggerenberg se pen (Foto's: Jonathan Ball Publishers)

Korrupsie in sigself het pandemiese proporsies in Suid-Afrika aangeneem, en dit bevuil feitlik elke staatsinstelling in die land. Trouens, volgens André Duvenhage kan dié scenario aanleiding gee tot die ineenstorting van die ekonomie, en dit kan uiteindelik lei tot politieke onrus op enorme skaal, wat die mobilisering van mense volgens raslyne gaan aanmoedig. Met die drama wat verlede week in Senekal afgespeel het rondom die hofverskyning van vermeende plaasmoordenaars, sien ’n mens opnuut tekens van rassespanning. Dink jy ons is al driekwart oor die afgrond, of is daar nog omdraaikans?

Ek sou by wat ek hier bo genoem het, byvoeg dat mens die sogenaamde Pareto-effek altyd in gedagte moet hou as jy na misdaad kyk. Dit verwys min of meer na die aantal kriminele insidente aan die een kant in vergelyking met die aantal misdadigers aan die ander kant. Baie misdade kan verbind word aan dieselfde misdadigers, sindikate en bendes, wat dan die prentjie kan verander.

Die Senekal-kwessie is nie uniek nie. Soortgelyke insidente speel daagliks uit in die kleine in ons samelewing. Die hoofrede, na my mening, is die feit dat almal van ons in die land gewoonlik onwillig is om die ongemaklike realiteite van ons samelewing te erken of openlik aan te spreek. Die feit van die saak is dat ons land vir nog baie jare gaan sukkel om die wanbalans wat deur kolonialisme en apartheid veroorsaak is, reg te trek. Die effek van ons geskiedenis is steeds sistemies en kan deur niemand misgekyk word nie.

Wat die Senekal-geval wel doen, is om dinge na ’n hoër, meer sigbare vlak uit te lig. Ons moet hieruit leer. Ons Suid-Afrikaners kan nie maak of ons nié ’n nasie is nie. Jou blonde hare of die vorm van jou neus kan nie jou toekoms bepaal nie. Êrens moet ons mekaar begin vind.

Proporsioneel is die oorgrote meerderheid van ons landsburgers toevallig mense wat ’n sekere velpigmentasie het. Dit is dan logies dat die groter aantal uitskieters, of dit nou goeie mense of slegte mense is, dan ook dieselfde velkleur gaan hê. Dit beteken egter niks nie. Dit is so goed as om ’n studie te probeer doen oor die verband tussen mense se lengte en misdaad. Die kwessies is baie meer kompleks as hoe ons lyk en van mekaar verskil.

Staatskaping het ons krimineleregstelsel en ander komponente van die regering feitlik heeltemal afgebreek. Dit het ons teruggesit in tyd. Maar nie te lank terug nie was ons krimineleregstelsel suiwer daarop gemik om ’n klein deel van ons samelewing te bedien en die res te onderdruk. Dit is die basis waarvandaan ons in 1994 begin het. Dit was nie perfek nie en ons was besig om beter te raak.

Toe kom staatskaping.

As ons dit tóé kon doen, kan ons dit weer doen. Ons het geen ander keuse nie. Ek hou aan sê dat die meerderheid Suid-Afrikaners goeie mense is, ongeag hulle ideologie, herkoms of die rykdom wat hulle besit. Saam kan ons as nasie enige ding oorkom. Ons het al. Ons kan weer. Ons moet net nie moed opgee nie.

Kan jy jou indink as die ANC en PAC en ander anti-apartheidsgroepe in die laat 1980’s skielik moed opgegee het? Waar sou ons land vandag gewees het? Ons is nie ’n land van “quitters” nie. Ons het baie ander foute, maar opgee is nie een van hulle nie.

Kom ons vat ’n bietjie hande en rol ons moue op.

Jy het die snykant van die staatskapingprojek aan eie lyf gevoel toe jy deur skurke met ’n disinformasieveldtog geteiken is. In ’n neutedop: Waar staan dinge nou in terme van daardie ongelukkige sage? Duidelik het nog nie al die skuldiges aan die pen gery nie. Kon jy die mense wat jou en kollegas by die inkomstediens te na gekom het, al vergewe?

Ek het sedert 2014 tot op datum alles gedoen wat ek kon om die waarheid te laat seëvier. In die proses het ek en Carte Blanche in 2015 geskik en het hulle verskoning aanvaar. Dieselfde geld vir Sunday Times in 2015 by die persombud, en ook weer in 2016 en 2018, asook die geval met oudregter Kroon via die JSC.

Intussen het ek privaat dieselfde gedoen met so ’n paar lede van die sogenaamde Kroon-raad, asook ’n paar joernaliste, van wie een in die openbaar verskoning gevra het (Malcolm Rees). Dieselfde met sekere sakemanne en maatskappye in die tabakbedryf. Dit was nog altyd vir my belangrik dat hulle verskonings aangebied word aan die SAID in die eerste plek, dán aan alle SAID-amptenare en hulle gesinne, en dan spesifiek aan die betrokke individue.

So, daar is gevalle waar vrede uit onmin ontstaan het. Dit is moontlik.

Ek was ook ten duurste ingetrek by vele hofsake, waarvan ek almal gewen het of waar die ander partye ingegee en geskik het en kostes aangebied het. Maar steeds gaan die drama voort en die brandmerk is diep en sal na my mening vir ewig opgeroep word wanneer dit een of ander skelm se agenda pas. Dit is hoe propaganda werk.

Modder is taai.

Daar is wel baie mense wat hulle aan kriminele optrede skuldig gemaak het deur tydens staatskaping op die wa te spring en lekker saamgespeel het. Daardie mense moet die gevolge van die skade aan ons land, wat ek voor hulle deur lê, in die oë kyk. Ek is al geruime tyd besig om oorsigliggame en instansies binne die krimineleregstelsel by te staan om agter die waarheid van die sake te kom, die skuldiges te identifiseer en getuienis in te samel sodat hulle aan die pen kan ry.

In sommige gevalle het van die mense tot die besef gekom dat die waarheid altyd sal seëvier, en hulle het begin verduidelik wat werklik in daardie tyd gebeur het. Van die mense is aan die relevante ondersoekers uitgewys, en tot dusver gee hulle hul volle samewerking. Die waarheid sal uiteindelik uitkom, maar meer as dit wil ek nie in hierdie stadium sê nie.

In akademiese navorsing deur Rudolph Zinn wat onlangs in LitNet Akademies gepubliseer is, word aangedui dat vragmotorkapings tussen 1998/1999 en 2003/2004 in Suid-Afrika merkbaar afgeneem het. Maar terselfdertyd het geweldsmisdade in die land die afgelope dekade met 23,7% toegeneem. Watter rol speel georganiseerde misdaad in korrupsie? En is dit so dat die verskillende vorme van misdaad hand aan hand loop, en dat alles in ’n bose netwerk ineengestrengel is?

Die voorkoms en die aard van dié tipe misdrywe dui daarop dat georganiseerde misdaadsindikate beslis ’n hand in die saak het. Georganiseerde misdaadgroepe funksioneer nie baie anders as normale besighede nie – in die sin dat hulle aanpasbaar is na gelang van vraag en aanbod en heeltyd geleentheid soek om munt te slaan. Hulle huiwer ook nie om van die een tipe aktiwiteit na die volgende te diversifiseer nie. Daarom sal hulle aktiwiteite oor langer tydperke verskillend manifesteer in die misdaadstatistieke.

Weer eens: Die staatskapingfiasko het bygedra tot Suid-Afrika se algemene ekonomiese verknorsing, wat weer bydra tot sommige mense se toetrede tot misdaad uit pure desperaatheid. Gevestigde misdaadgroepe is altyd reg om nog mense in te trek. Dit is ’n komplekse onderwerp wat meer tyd en spasie nodig het om behoorlik uiteengesit te word.

Die feit van die saak is dat al die volgende faktore gesamentlik in gedagte gehou moet word as ons hiervan sin wil maak: ons geskiedenis, die relatiewe jonkheid van ons demokrasie, die skerp klasseverskille in ons samelewing, die onderontwikkelde en verarmde staatsdepartemente, ons stadige ekonomiese groei, staatskaping, rassekonflik, die gedrag van politici en leiers in die gemeenskap, werkloosheid – en nou nog die Covid-inperkings ook.

Cop under cover fokus spesifiek op die werksaamhede van ’n geheime polisieagent. “Intelligensiegedrewe polisiëringsinisiatiewe”, soos wat Rudolph Zinn in sy artikel daarna verwys, is uiteraard onontbeerlik in die bekamping van misdaad. Hoe omvangryk is intelligensiegedrewe aktiwiteite in die polisiediens se teenmisdaadpoging? Op watter tipe misdade fokus hierdie aktiwiteite meestal, en hoe suksesvol is dit in die algemeen?

Na my mening is die staat se intelligensievermoë, of dit nou misdaadintelligensie is of ander, verby power. Dit is nie die enigste manier waarop misdaad bekamp sal word nie; dit is maar een faset van ’n groter plan en aksies. Tans word dinge nie wetenskaplik benader nie. Die intelligensiediens trek dikwels die verkeerde persoonlikheidstipes aan, en die operasies wat aangepak word, is merendeels op ’n lae vlak. Dit gaan nog jare vat voor dinge behoorlik regkom.

Ons krimineleregstelsel moet veel eerder daarop fokus om eers die basiese elemente van misdaadbestryding gevestig te kry en daarop voort te bou voordat hulle na “luukshede” begin kyk. Dit impliseer dat misdaadintelligensie baie meer moeite en minder “sexy” gaan wees as bloot die gebruik van agente en informante. Vir eers is ’n sistemiese ontleding van ons behoeftes en vermoëns nodig om dinge in posisie te kry.

Samewerking tussen die SAPD en private sekuriteitsinstellings, soos in die geval met vragmotorkapings, is iets wat ons howe al in die 1990’s oorweeg en aangemoedig het. Ek kan dit nie beter opsom as die uitspraak in S v Botha en Andere (1) 1995 (2) SACR 598 nie. Die hof het bevind dat, in ’n moderne samelewing, sulke samewerking absoluut noodsaaklik is.

Om van die staat te verwag om alle misdaad self te bekamp, is te veel gevra. Wat belangrik is, is die raamwerk waarin sulke samewerking moet plaasvind. Soms word dit misbruik en word dit selfs ’n teelaarde vir allerlei vorme van korrupsie.

Laastens, ’n hipotetiese vraag: As jy vandag as minister van polisie aangestel moes word, watter stappe sou jy onmiddellik implementeer om die misdaadsituasie in Suid-Afrika aan te spreek?

Nee dankie. Ek sit eerder dié ene uit.

Ek sal wel waarsku dat ons nie moet dink dat om net ’n hoof aan te stel by staatsinstellings skielik ’n verskil gaan maak nie. Pasop vir die Messias-kompleks. Instellings is so goed soos die ruggraat van die hele span. Van bo af, na middelbestuur tot nuwe aanstellings.

Te veel word daar oplossings aangebied in die vorm van strukturele en sulke tipes veranderinge. Daar word gewoonlik baie gepraat en beloftes gemaak, en heeltemal te min moeite word gedoen om te kyk wat werk, waar duplisering plaasvind en waar nie, en wat regtig onderliggend aan die probleme is.

En dan moet die luiaards padvat. En die hele spul wat tydens staatskaping nie ’n hand gelig het nie – hulle moet waai. Solank hulle daar sit, is jou stelsel gekompromitteer. Hulle gaan jou om elke hoek en draai saboteer. Jy moet eers ’n probleem verstaan, die oorsake daarvan, en dan gaan sit en behoorlik beplan. En dan moet jy die plan deurvoer en aanhoudend meet en aanpas na gelang van sukses. Ek sien te min daarvan. Ons hoor van meer aanstellings en nuwe dinge, maar sien te min hoe dit wat daar is, optimaal aangewend word.

Een swaeltjie, al is dit nou ’n minister, gaan ongelukkig nie die somer bring nie.

 

Vir meer inligting, lees gerus die bevindinge van LitNet Akademies se navorsers:

Christo Smit en Johan van Graan: Korrupsie in die Suid-Afrikaanse staatsdiens: Is die Teenkorrupsietaakspan se multidissiplinêre benadering in die ondersoek na beweerde korrupsie onder staatsamptenare doeltreffend?

André Duvenhage: Dís die ergste wat met SA kan gebeur

André Duvenhage: Suid-Afrika by ’n kantelpunt – ’n slegte-saak-scenario?

Rudolph Zinn: Polisiëringsbestuurstrategiëe in intelligensiegedrewe ingrypings: vragmotorkapings as gevallestudie

Peter Goss en Johan van Graan: Die strategiese rol van die sakesektor in die bekamping van korrupsie

 

The post Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier appeared first on LitNet.

Pienk ceramic-hondjies deur Ryan Pedro: ’n onderhoud

$
0
0

Pienk ceramic-hondjies
Ryan Pedro

Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795709869

Liné Loff gesels met Ryan Pedro, wie se debuutbundel pas by Kwela verskyn het.

Hallo Ryan! Ek kan amper nie glo dat byna sewe jaar verby is sedert ek en jy in ons eerste jaar by die Penseel-bekendstelling aan die gesels geraak het nie. Ek onthou nog hoe beïndruk ek daarmee was dat ál vyf die gedigte wat jy ingeskryf het, in die bundel gepubliseer is. Die res van ons was gelukkig as net één van ons s’n gekies is. En dit was nie ’n geval van “beginner’s luck” nie – jou digkuns het aanhou opspraak maak en van jou werk is ook in Nuwe stemme 6 opgeneem.

Baie geluk met jou debuutbundel, wat op die agterblad hoog aangeslaan word deur legendes van die Afrikaanse poësie: Antjie Krog noem jou werk “weerloos en aangrypend” en Nathan Trantraal sê jy het die “craftsmanship vanne violin maker, ennie cool vanne underground hip-hop artist”.

Vir enigiemand wat in die 1990’s grootgeword het en in hulle ouers of grootouers se huise nog oorblyfsels van die ‘70’s en ‘80’s se trinkets en kaggelkakkies gehad het, sal die titel en voorblad van jou bundel dadelik sekere herinneringe oproep. My ma het destyds ’n pienk ceramic corgi as geskenk by my ouma gekry, en dit was ’n hond, nie net ’n hondjie nie – omtrent ’n halwe meter lank. Ek is seker iémand moet weet waarheen die hond dekades later verdwyn het, maar die storie is dat hy gaan stap het en nooit weer huis toe gekom het nie.

Is daar ander ornamente of items wat jy uit jou kinderdae onthou en wat herinneringe met hulle saamdra?

My BMX. My walkman. My library card.

Wil jy dalk iets vertel oor die mense aan wie die bundel opgedra is: “vir my pa, uncle tinkie, en al die ander uncles”?

Ek was vir die meeste van my childhood tussen my pa en sy tjommies. Hy’t ’n way gehad om mense van different walks of life bymekaar te kry. Van blue-collar workers tot university graduates. So ons huis was altyd vol brilliant en weird-ass mense. En ek’t vir die langste tyd aan die wêreld relate deur hulle ways. Die profound én die toxic. So much soos wat die boek ’n vraagstuk oor coloured masculinity is, is dit ook ’n portrait van hoe ek dit observe het as ’n laitie.

Wie of wat het jou aanvanklik in digkuns laat belangstel en hoekom het jy besluit om te begin skryf? Was dit ooit ’n bewuste besluit, of eerder iets wat vanself gebeur het?

Ek wou meisies impress. Not even gonna lie. So dit was ’n baie bewustelike en shallow besluit. Maar teen die tyd wat ek properly into dit geraak het, het dit my heeltemal consume. Ek’t obsessed geraak met poetry lees en study en heeltemal van die meisies vergeet. Waar ander laities op 16 engines uitmekaar uit gehaal het, het ek die ins en outs try uitfigure van Leaves of grass en The Waste Land. Ek’t op universiteit my eerste régte poem geskryf dieselfde dag toe ek Bukowski discover het. En na ek Chokers en survivors gelees het, het ek vir die eerste keer gedink ek kan ’n boek skryf wat vir iemand iewers iets gaan beteken.

Jy skets in jou bundel verskeie portrette van ’n coloured laitie in verskillende kontekste, soos voor ’n winkelvenster en wanneer hy sy Jordan-sneakers prep vir skoonmaak. Kan jy miskien ’n portret skets van Ryan Pedro in 2020, die 27-jarige digter van Gordonsbaai?

Google Caspar David Friederich se The monk by the sea. Imagine dan dat daai bra kak happy is.

Jou bundel is eintlik ’n soort mixtape met tracks uit jou lewe. Watter tracks sal jy op ’n mixtape sit as jy vir die res van jou lewe net na daai een mixtape kan luister?

  1. Do for love – Tupac Shakur
  2. Electric relaxation – A tribe called Quest
  3. Real – Kendrick Lamar ft Anna Wise
  4. Legend – Drake
  5. I think – Tyler, The Creator
  6. I would die for you – Prince & The Revolution
  7. Always be my baby – Mariah Carey
  8. The verve – Lucky Man
  9. Come to me – Percy Sledge
  10. MMMBop – Hanson.

Ryan Pedro (Foto: verskaf)

Wat lees jy graag en is daar enige boeke wat jou lewe verander het?

Ek het my favourites, maar ek’s open to pretty much anything wat my move na die eerste paar pages.

Game changers: The catcher in the rye van JD Salinger het my geleer dat my thoughts less psychotic klink as ek dit as literature probeer pass. Love is a dog from hell van Bukowski vir sy fuck-you-energy. Enige iets van JM Coetzee vir sy essentialism. Alles van Louis-Ferdinand Céline vir sy utter control en craftsmanship. Noudat slapende honde van Ronelda S Kamfer, wat die deur van Afrikaanse literature van sy hinges af geskop het vir laities soos ek. Nathan Trantraal se Chokers en survivors wat die deur gesteel het vir ons om weapons mee te maak.

Wat sal jou antwoord wees as iemand jou in ’n Checkers-aisle raakloop en in een sin wil weet wat hulle van jou bundel kan verwag?

Dis soos wanneer jy high op ’n couch sit by ’n house party en alles om jou  in slow motion move, en dan breek daar ’n fight uit wat perfectly synch met whatever song in daai moment op is.

Lees ook

Fotogalery: Ses skrywers skryf tesame op Somerset-Oos

The post <i>Pienk ceramic-hondjies</i> deur Ryan Pedro: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Voëlvrou: ’n onderhoud met Marlize Hobbs

$
0
0

Foto van Marlize Hobbs: Facebook

Voëlvrou
Marlize Hobbs
Protea
ISBN: 9781485311133

Marlize Hobbs beantwoord Naomi Meyer se vrae oor Voëlvrou.

Baie geluk met die verskyning van Voëlvrou. Jy het twee verjaardae, nie waar nie? Asof die Marlize in die werklike lewe ook ’n fiksie-element het. Is jy, as skrywer, ook daardie twee karakters: Minerva en Marlize? Hoe ken mens uit wie’s wie? En is dit nodig?

Baie dankie Naomi, dit is lekker om weer met jou te gesels.

Minerva het ontstaan toe ek ’n sendeling in Hillbrow was en vir myself ’n straatnaam wou kies. Minerva is die beskermer van die kunste in mitologie. Haar intensie is dus om kreatiewe prosesse lewend te hou en kunsvorme se essensie te beskerm, selfs te bedek om dit veilig te hou. Sy het ook die doel gedien om Marlize veilig en buite die bereik van negatiewe elemente te hou in ’n tyd toe ek baie kwesbaar was.

Ek het steeds ’n Minerva-Facebook-blad, maar ek gebruik dit nie meer nie. Ek het my vrou, Cheryne, onder die naam Minerva ontmoet en vir sekere mense is ek steeds Minerva of Min.

Ek dink Minerva en Marlize is uiteindelik besig om mekaar te vind. Hulle het ’n tipe vriendskap of ooreenkoms gevorm in die tyd waarin ek Voëlvrou geskryf het. Minerva het ook met tyd ouer en wyser geword, maar sy is nog steeds absoluut aweregs en hardegat en ja, met tye aggressief. Marlize is bloot ’n tipiese Taurus. (O, vergeef my die aanhang van astrologie!) Ek is hardkoppig en Cheryne noem my "voetjie-dwars". Ek sukkel om met enige iets saam te stem. Ek dink Voëlvrou is ’n strewe om Marlize en Minerva nader aan mekaar te bring. Minerva is natuurlik baie meer eksoties as Marlize. En teatraal. Sy kan baie flambojant wees, waar Marlize is te prakties is om enige vorm van ekshibisionisme te toon. Marlize is steeds my geheime self. In haar is die bron wat stories skryf en Minerva help haar om dit uit te kry. Wanneer ek dus Minerva gebruik om Marlize se storie te vertel, is ek besig om die kuns in Marlize so suiwer as moontlik na vore te laat kom, sonder om dit skade te berokken.

(Dit was nou vreemd – om my-/onsself aan myself te verduidelik. Ek wonder of ek sin maak?)

Die twee verjaarsdae was bloot omdat ek ’n dag van my eie wou hê (want ek moes met my tweelingbroer deel). Toe dwing ek my vriende om dit te vier en vir my koek te koop en partytjie te hou wanneer dit 5 Oktober is. En hulle glo en aanvaar dit! Cheryne onthou getrou dat dit my tweede verjaarsdag is. Ek kry selfs presente en koek. Interessant genoeg het my dogtertjie ook twee belangrike dae wat ons vier. Die een is haar verjaarsdag en die ander is Lentedag (1 September) waarop sy in my sorg geplaas is. Dit is ook waar haar naam, Lente, vandaan kom. 

Losweg op dieselfde tema: Praat met my oor die ek-verteller en die sy-verteller. Mens sou jou amper verbeel die ek-verteller is die ware jy, maar dis nie so eenvoudig nie. Watter een van die vertellers staan vir jou nader aan die self? En waarom ’n onderskeid tref tussen die twee?

Al my werk het ’n ek-verteller. In hierdie geval is daar ook ’n sy-verteller van wie die skrywer praat. En daar is ’n band tussen die ek-skrywer en die storie wat uiteindelik verband hou met wie die verteller is of waar sy vandaan kom om haar gevorm te kry. Maar ek skryf nie so doelbewus nie – dis meer ’n vloei uit my onderbewussyn, selfs ’n onbewuste vloei wat ek eers na die tyd, wanneer ek dit herlees, werklik sien. Die gebruik van ’n ek-verteller is egter baie gevaarlik en kan mens baie weerloos maak voor jou leser, want is dit outobiografies? Ek skryf self in die boek dat jy niks kan vertrou wat ’n skrywer sê nie; dit is alles stories. Cheryne het met my vorige boek (As sy weer kom) vir my verduidelik hoe sy kan sien dat elke karakter wat ek beskryf en oor skryf en ’n stem aan gee, uiteindelik ook ek is. Mens kan jou afvra hoeveel van jou eie karakter inslag in jou verbeelde mense vind, daardie karakters wat hul by jou aanmeld. Die karakters is egter volledig en nie bloot dele uit my nie. Elkeen funksioneer apart en in geheel. Die Voëlvrou is wel my vlerke. Sy is my prewelgebed. Sy het my gered. Sy het baie intensie en baie hoop. Sy is ’n verskuilde engel.

Normaalweg sou ek in ’n onderhoud vra: Vertel my die plot, sonder om te veel van die intrige te verklap. Miskien kan jy vertel wat die sneller van die storie was. Was daar ’n oomblik van inspirasie, toe jy weet: Dit moet ’n storie wees, ’n boek?

Die idee is al vir langer as ’n dekade in my kop; ek het egter nie geweet hoe om dit te laat gebeur nie. Hoe om gestalte te gee aan ’n tipe voëlmens wat in ’n klein stat ? [Nie juis ’n woord wat baie mense meer sal ken nie, is dit?] val en hoe mense daarop reageer nie. Daar moet natuurlik ’n verklaring ook wees oor wie sy is en wat die bande tussen haar en die verteller is, haar en die ander karakters. Ek dink nie ek het al ooit so weldeurdag geskryf nie. Voor enige sin neergepen is, het ek baie lank daaraan gedink. Ek het sinne herskryf, oorgeskryf, hardop gelees. Ek wou nie die leser of die storie teleurstel nie. Ek wou nie die karakters teleurstel nie. Miskien, die belangrikste van alles, wou ek nie my eie binnemens teleurstel nie, want dit is tog waar stories vonk kry.

Voëlvrou is tydens die inperking geskryf, in hierdie virusjaar. Was dit vir jou maklik om te skryf, te midde van jou fibromialgie ook? Is skryf vir jou terapeuties? En dan ook: Kon jy gemaklik fokus? Was hierdie tyd nie soms vir jou ontsaglik neerdrukkend en verlammend nie? Hoe vind mens dan die energie om voort te gaan, te midde hiervan?

Waar begin ek om hierdie vraag in konteks te beantwoord? Eerstens: Gedeeltes van die manuskrip was voor die inperking geskryf en ek het tydens die inperking uitgebrei en bygevoeg en finale redigering gedoen. Ek dink ek het myself vir jare al voorberei op inperking. Ek gaan nie uit na mense toe nie en ek ontvang ook nie mense in my huis nie. Mense veroorsaak pyn (fisieke fibromialgiepyn). Ek het ’n dagboek begin die dag toe inperking begin het. Ek het elke oggend iets daarin geskryf. Dit was met tye amper onmoontlik om te skryf. Daar was hierdie kombers van donkerte oor my kop, soos wanneer mens as kind jou kop onder die kombers druk om nie die monster in jou kamerdeur te sien nie.

Die virus het gebeur in Desember 2019, toe ek besig was om my meestersgraad in maatskaplike werk te voltooi. Ek het heeltyd gesit en skryf en aan niks anders gedink nie. Ek het slegs Kersdag en Nuwejaarsdag gerus. Toe het ek ’n dringende skoueroperasie nodig en ek is 27 Januarie 2020 geopereer en skielik afgeboek vir ses weke, waartydens ek nie die huis verlaat het nie. Ek was ’n week terug by die werk, toe is ons huis toe gestuur en ’n paar dae later het inperking begin. Ek was dus basies sedert Desember in een of ander vorm van inperking.

Na die voltooiing van my meestersgraad was ek baie depressief en half verlore, want wat sou ek doen? Toe begin ek ou dokumente op my rekenaar deursoek en ek kom op ’n verdwaalde stukkie storie af.  Ek lees daardeur en ek besef dat daar ’n siekte gebeur in die verhaal, soos wat dit tans met ons gaan in terme van die pandemie. Ek besef toe dat ek iets beet het. Party dae het ek makliker geskryf en ander dae moeiliker, baie kere glad nie. Dit was nie maklik nie. Die stres van inperking het ook ’n groot invloed op my geestesgesondheid gehad: Ek is bipolêr en ly ook aan epilepsie. Vir die eerste keer in jare het ek epileptiese aanvalle gekry. Intussen moet mens moed hou en nie bang word vir jou eie liggaam nie. Skryf het my uit my liggaam gevat, uit my kop, uit my gemoed. Dit was terapeuties en baie genesend. 

Jou stories handel dikwels oor jou met jou fiksie en waarheid saam-saam. Jy raak aan sekere persoonlike realiteite: die kanker van jou vrou, die dogtertjie in jou/julle lewe. Wat is te heilig om oor te skryf? Of is die storie, die oomblik as jy daaroor skryf, reeds nie meer die waarheid nie?

Baie keer gebruik ek biografiese besonderhede, maar ek verander daaraan, veral as ek nie myself te oop wil stel nie. Aan die ander kant is die emosies wat beskryf word, baie werklik en is dit dus emosioneel biografies. Daar is nie heilige koeie nie. Maar daar is ’n vorm van respek vir die onderwerp wat jy aanpak, die verskillende temas wat jy inwerk, die vlakke waarop die verhaal plaasvind. Dit is vir my belangrik om met agting om te gaan met die ervarings van mense, want ons almal het iets wat ons van vlug, van wil ontvlug, en is stories nie juis die ontvlugting wat ons nodig het nie? Selfs al vertel die storie oor ’n ontstellende ervaring, bring dit verligting dat iemand bereid was om dit te sê, te skryf en uit te laat.

Ons skep ons eie waarhede. Lesers besluit self wat hulle wil glo en wat hulle nie wil glo nie, maar glo mý dan: Die emosies in die verhaal is universeel vir ons almal.

Dan is jou storie(s) ook dikwels vervleg met ’n Sotho-vrou s’n. Een van jou alter ego’s skryf oor hoe sy sukkel om haar in die vel van die Afrikavrou te plaas. (Is hierdie sin reeds problematies – want is jou een wit karakter dan nie ook van Afrika nie?) My punt is: Jy’s kennelik bewus van die kompleksiteit van skryf as wit persoon oor die realiteite van mense in ander omstandighede – in die besonder in Suid-Afrika. Hoekom dan daaroor skryf oor hierdie verskille, die eenders- en anders-wees, en hoe doen jy dit?

Die Afrikavroue in my boeke is Tswanas. Die stat waarin Voëlvrou afspeel is ’n Tswanastat wat in die ou Bophuthatswana geleë is. Ek het vir vier jaar as maatskaplike werker gewerk in Ganyesa, waar ek Tswanas baie goed leer ken het en basiese Tswana leer praat het. Waar ek lief geword het vir die mense en waar ek myself binne die konteks van die Tswanas en die stat leer ken het, want ek het ook daar gebly. Ek het verder grootgeword met sterk Tswanavroue wat op ons plaas gewerk het. Ek het ’n gevoel van behoort gekry in Ganyesa. ’n Gevoel dat daar raakpunte is. En dis op hierdie raakpunte van sterk vroue ten spyte van moeilike omstandighede dat ek dit ook in Voëlvrou so uitgebeeld het.

Is "Voëlvrou" ’n soort titel, soos "Mannin"? Was die titel eerste, of eerste die storie?

Nee, dit was eerste die verhaal van die gevlerkte wese en daarna die titel. Dit was ook moeilik vir my om ’n titel te kry waarmee ek tevrede was. Ek dink egter die titel werk soos dit nou is.

Hoe maak jy met jou stories – gaan sit jy as die inspirasie jou pak en skryf dit alles neer? Ek verwys na jou aanhaling van Jeanne Goosen na aan die begin. Werk jy organies, beplan jy vooruit? Hoe maak jy dan met die ander praktiese werklikhede van elke dag?

Die voordeel van skryf tydens inperking was dat tyd soos ’n ewigheid tussen my en die lewe gelê het. Gewoonlik moet ek mooi beplan en skryf wanneer ek kán, nie wanneer ek lús is nie. In grendeltyd kon ek gaan skryf wanneer die inspirasie my beetgekry het. Ek dink nie ek sal weer so ’n kans kry terwyl ek gewone werksure het nie. Maar Cheryne help baie om dinge te doen, sodat ek kan skryf. Met die nuwe boek waaraan ek werk, sit ek en sy saam en gesels daaroor en sy is ook my muse. Jeanne Goosen kon met ’n enkele idee ’n boek of toneelstuk skryf sonder om haarself te dwing om een of ander lengte aan die boek te gee. Sy kon ’n storie vat en dit van begin tot einde op ’n bandopnemer deurgesels, binne enkele dae.

Van Jeanne Goosen gepraat. Sy het ’n belangrike rol in jou lewe gespeel. Wil jy iets oor haar sê?

Ek en Jeanne se versorger tydens die laaste paar jaar van haar lewe gesels gereeld oor Jeanne en verbeel ons dat sy in die hemele sit met haar voete op ’n tafel en ’n lang sigaret rook, terwyl sy haar kop skud en sê ons moet nou oor dit kom, want sy is happy en sy is by Reinet en haar broer en haar geliefde diere wat afgesterf het. Dit bring my steeds van stryk. Hierdie boek is die eerste boek van my wat sy nie gelees het nie. Ek voel asof ek daardie validation wat Jeanne my gegee het, iewers moet gaan soek, maar ek weet niemand se goedkeuring kan beteken wat Jeanne s’n het nie. Dis asof Jeanne vir my sê dat dit tyd is dat ek my binnestem begin vertrou.

Wat kan jy van hierdie jaar sê, en verlang jy na die normaliteit van vroeër, wat dit ook al beteken?

Ek glo dat ons almal reeds op ’n sekere vlak weet dat die aarde nie langer kon aangaan soos dit het nie. Dat die mensdom wakker geruk moet word. Dat ons beweeg in ’n nuwe werklikheid in en jy moet aanpas of baie swaarkry. Die jaar het my geleer buigsaam wees. Dit het my teruggebring by daagliks skryf, want ek hou dagboek. Ek het ook begin om elke oggend te mediteer en positiewe intensies uit te stuur na my geliefdes. Ek weet dat basies niemand onaangeraak staan deur die pandemie nie, net soos wat niemand in die stat waar die Voëlvrou geval het, onaangeraak kon staan teen die vreemde nuutheid in hulle midde nie. Ons almal probeer sin maak uit verandering. Ons probeer die chaos of waansin om ons sinvol bestuur. Ek verlang nie na die vroeër normale nie. Ek dink dit is nodig dat die mensdom anders begin dink en leef teenoor mekaar en die aarde, maar dit lyk nie vir my of daar geluister word nie en daarom sal die virus dalk nog lank met ons wees. Mense het geen konsiderasie vir diegene om hulle nie. Die belang van higiëne en maskers word afgemaak. Sosiale distansie word nie gehandhaaf nie. Baie keer is hierdie dinge as gevolg van omstandighede wat die mense nie kan verhelp nie, maar dit is ’n baie lang gesprek oor armoede en onkunde.

Cheryne het COVID-19 gehad. Sy het ook kanker. Sy het oorleef. Dit was ’n maand waarin ek baie bang was, baie kere nie geweet het wat om te doen nie. Dit het my nader aan haar en Lente gebring, maar ook aan myself. En daar het ’n engel in die vorm van ’n vriendin gekom wat self deur Covid is en sy het ’n klomp goed vir ons kom aflewer soos ’n nebuliser en ’n oximeter. Ons bure het vir ons inkopies gaan doen en ek het weer vir ’n slag bewus geword van al die engele om my. Daarvoor is ek dankbaar.

The post <em>Voëlvrou</em>: ’n onderhoud met Marlize Hobbs appeared first on LitNet.

ATKV-Woordveertjiewenner Dina Botha: ’n Gesprek

$
0
0

Dina Botha ontvang ’n ATKV-Woordveertjie in 2018 (Foto: Izak de Vries)

Dina Botha het die prys vir romanses gewen met Halsoorkop verlief tydens die ATKV-Woordveertjies se toekennings vir 2020 wat vanjaar virtueel plaasgevind het. Halsoorkop verlief is uitgegee deur Romanza, ’n druknaam van LAPA Uitgewers. Izak de Vries gesels met Dina.

Dina, baie geluk. Kom ons begin met getalle. Hoeveel ATKV-Woordveertjies het jy nou al en hoeveel boeke het al uit jou pen verskyn?

Dis my derde veertjie – 2013, ’n Boks vol soentjies; 2018, Alles is perfek; 2020, Halsoorkop verlief. Oktober 2020 het my 70ste boek verskyn: Liefde van haar lewe

Van getalle gepraat. Ek het vir ’n hele aantal jaar by LAPA gewerk en statistiek was my kos. Ek kan onthou dat jy meer gereeld op die Nielsen Top 100 was as wat daar weke in die jaar is. Nie net skryf jy baie nie, nie net wen jy pryse nie, jy is ook ’n gevestigde handelsmerk in die romansemark. Tog het jy ná skool rekenaarwese gaan studeer?

My filosofie deesdae is, partykeer moet jou drome wag vir die regte oomblik om af te skop. IT was my eerste seisoen en skryf my tweede – albei ewe bevredigend. Om eerlik te wees is daar nou niks lekkerder vir my as om te skryf nie.

In Halsoorkop verlief  is Annemi Morkel maar redelik suur wanneer sy om middernag van die nuwe jaar besef daar is nie ’n pampoenkoets of ’n prins wat vir haar wag nie. Boonop is daar troukoors in die lug, want haar huismaat se troue is reeds als uitgesorteer. Jou storie sou nie ’n romanse wees as Annemi nié halsoorkop verlief kon raak nie. Ek wonder sommer: Raak jy soms halsoorkop verlief op helde wat jy in jou verhale skep?

Wanneer ek klaar met my manuskrip is en ek is nie self verlief of die held nie, dan het ek nie ’n goeie storie geskryf nie. My uitgewer het al ’n manuskrip teruggestuur omdat sy nie op die held verlief kon raak nie. Daar het jy dit. Almal moet op die held verlief raak. Van skrywer tot leser.

Amanda Claassens, een van die beste resensente van romanses, sê Annemi en Rohan se verhaal was heeltemal onverspelbaar, en “Verder het die ‘morning after the night before’-toneel my totaal histeries laat lag. Ek wonder of die skrywer self besef hóé kostelik sy die situasie gewys het.” Is dit vir jou lekker om al hierdie wonderlike tonele met jou lesers te deel?

Ek hou van ligte romantiese komedie en dit kom soort van net vanself. Ek lees selde iets wat kindermishandeling of huishoudelike geweld weergee. Nog minder skryf ek daaroor. Dit doen net nie iets vir my siel nie. Die lewe is donker en ernstig genoeg en daarom verkies ek om die goeie kant van ’n verhouding te weerspieel. Die liefde en die lag en die vreugde van liefhê.

Jy het mooi dogters grootgemaak en van hulle het al liefde gevind. Kon hulle jou doepa gebruik op die mans, of het hulle juis onafhanklik gestaan, soos baie van jou heldinne ook ken-in-die-lug hulle eie ding doen?

Ek het ’n getroude dogter en het in Februarie vir die eerste keer ouma geword. Groot oomblik in my lewe gewees. Wat die twee tieners betref: Hulle raak omtrent op elke oulike sanger of akteur of oulike gesiggie op TV verlief. Hopelik pas hulle eendag toe wat ek in my stories probeer propageer: Wees jou eie mens. Wees finansieel onafhanklik.  Moet nooit iemand se skroplap wees nie. Wag vir die regte ou. Gee jou hart net vir die een met wie jy vir altyd saam wil wees.   

Jou Romanza-nostalgie het onlangs verskyn. LAPA het die voorste skrywers in hierdie genre vereer met ’n spesiale uitgawe van twee vroeë werke wat as versamelitems uitgegee is. Lees jy soms jou ouer werke, of is jy te besig met nuwes?

Na 70 stories doen ek nog presies dieselfde ding. Sodra ek my gepubliseerde manuskrip ontvang, gaan sit ek êrens en lees dit. Asof vir die eerste keer. En dan kan ek soms nogal krities wees. Dis dan wanneer ek besluit of ek regtig van die storie hou of nie.

Wilbur Smith het by die hoeveelste toekenning oor sy hoeveelste boek gesê: “I just want to say, there are many more coming!” Wat sê jy vir jou lesers? Daar was nie hierdie jaar ’n platform en ’n mikrofoon by die virtuele Woordveertjies nie, so nou gee ek jou die mikrofoon ...

My veertjie het per koerier gearriveer. Heel onpersoonlik by my hek ontvang. Daar was niks van die glitz en die glam van 2013 en 2018 nie, maar die vreugde was dieselfde. Die eer was net so groot en die dankbaarheid teenoor die lesers was onbeskryflik gewees.

Ek skryf om te plesier en ek hoop ek kan dit vir nog ’n paar jaar doen.

Lees ook:

Dina Botha, koningin van die liefde

ATKV-Woordveertjies vir liefdesverhale en romanses

Boekresensie: Suikersoetsonde deur Dina Botha

The post ATKV-Woordveertjiewenner Dina Botha: ’n Gesprek appeared first on LitNet.


Boekbekendstelling: Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck

Pharos-blokraaiwoordeboeke: ’n onderhoud vir blokraaiselliefhebbers

$
0
0

Annemie Stoman, die hoof van Pharos Woordeboeke, praat met Naomi Meyer oor die Pharos-blokraaiwoordeboeke.

Annemie, dis moeilik om te verduidelik hoe genotvol dit is as jy die laaste twee of drie woorde kon inpas en siedaar, die blokraai is voltooi! (Onlangs was dit in my geval ’n kopkrap tussen aandster en môrester – leidraad: “Venus as planeet”.) Die vraag ontstaan nou: Is ’n blokraaiwoordeboek nie soos om toets te skryf met ’n memo langs jou nie?

Elke blokraaigeesdriftige sal vir jou kan vertel van frustrasie. (Kyk maar wat beteken dié woord alles!) Dit was die vernaamste rede vir die skryf van Blokraai-antwoorde. Die geheim is om eers jou kennis te toets en wanneer jy op die punt is waar jy hande in die lug gooi, die boek as hulpmiddel in te span. As die blokraaigogga eers gebyt het, sal jy vuisslaan om eerste die raaisel te voltooi!

Hoe dikwels word die kriptiese leidrade van Afrikaanse blokraaisels herhaal? Anders gestel: Hoe bepaal julle watter eienaardige of haas onbekende woorde die kriptiese leidrade sal oplos wat gereeld in blokraaisels voorkom?

Kriptiese leidrade is ’n heel ander storie – hier moet jy jou kop gebruik en kan die leidraad nie noodwendig net so in die boek opgesoek word nie. Met ’n kriptiese leidraad moet jy besluit of van die woorde in die vraag ’n anagram is vir jou antwoord en of dit ’n algemene-kennis-vraag is, bv in Saterdag se Beeld: "Wanneer hy in die bed is, beywer hy hom vlytig" (5 letters). Wat is die sleutelwoord – “beywer” of “vlytig”? Ek kies “beywer”. Volgende kyk jy na “wanneer” – dit dui op tyd. Wat doen mens in die bed? Jy lê. Dink nou weer oor die “wanneer” wat ‘n tyd verteenwoordig wat drie letters lank is. “Toe” pas perfek! Antwoord: toelê – ’n sinoniem vir “beywer”. Hier is ’n ander tipe leidraad: "Amandel omsluit ou staatsman (7) Anagram." Hier skuif jy die letters rond tot jy op die antwoord afkom. Antwoord: Mandela. Herhaling van kriptiese leidrade kom baie selde voor.

Vir ernstige blokraaiselliefhebbers met baie tyd in die Desembervakansie – waar kan hulle orals Afrikaanse blokraaisels vind om te voltooi? Kan mens geld daarmee verdien of iets wen?

Hou gerus tydskrifte soos Huisgenoot, Sarie en Landbouweekblad en koerante soos Beeld en Rapport dop vir blokraaie waar jy lekker pryse kan wen. Loer gerus ook op Netwerk24 vir aanlyn blokraaisels wat afgelaai kan word.

Kornalyn, bastonnade, raagbol, aprioristies, nerts, sideriet. Wat is die belang van ’n blokraaiwoord? Om vir pure genot (of om ‘n bietjie ten toon te stel hoe goed jou woordeskat is) hierdie woorde in sinne te kan gebruik? Vir pure pret en plesier? Om Afrikaans se woordeskat in stand te hou? 

Al die bogenoemde. Om blokraaie in te vul is pure plesier, dit brei jou woordeskat uit en dit hou die Afrikaanse woordeskat in stand. En wie van ons wat lief is vir taal, wil dan nie ’n goeie woordsmid wees nie!

’n Woordeboek word uitgegee om ’n sekere behoefte in die mark te vervul. Dink jy in hierdie moderne tyd is daar nog baie mense wat met blokraaisels spook? 

Ja, daar is steeds baie mense wat versot is op blokraaisels. Dit stimuleer die brein en beveg Alzheimer se siekte; dit brei jou taalkennis geweldig uit en is boonop lekker ontspannend. Dit neem ons ook weg van al die oorweldigende sosiale media!

Pharos is bekend vir sy woordeboeke in alle gedaantes. Almal wat met woorde werk, wil soms ’n woord naslaan, vir byvoorbeeld spelling of betekenis. Waarom ’n blokraaiwoordeboek – wat is anders daaraan? Kan gebruikers nie sommer ’n gewone verklarende woordeboek gebruik om ’n antwoord te kry nie?

Hoewel antwoorde vir blokraaie ook in gewone verklarende woordeboeke nageslaan kan word, is dié woordeboeke beperk. Baie antwoorde op leidrade kom nie in gewone woordeboeke voor nie omdat dit algemene kennis ook toets. Pharos se Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek bied ’n groot aantal sinonieme vir die woord of leidraad wat nageslaan word. Die gebruiker kan dus die woord wat in die blokraaisel gaan pas, uit ’n langer lys sinonieme as in ’n gewone verklarende woordeboek soek. ‘n Voorbeeld: As jy ’n sinoniem vir blink soek, kry jy 27 moontlikhede (enige woordsoort en enige betekenisveld) waaronder deursigtig, flonker, glimmend, glunder, vernuftig en weerkaats(end).

Wat maak Pharos se blokraaiwoordeboeke verder uniek? 

Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek is alfabeties georden soos ’n gewone woordeboek, maar daarby kan jy in hierdie woordeboek ook ’n hele leidraad alfabeties naslaan. Sou jy byvoorbeeld kyk onder "hy maak ’n ander na" en daaronder "hy maak pelse", kry jy die antwoord vinnig: bontwerker. Dalk wil jy weet wat die antwoord is vir die leidraad "dof slaan op ’n trom" – slaan dit na onder dof, en jy kry jou antwoord: roffel ; of “soort Afrikaanse skaap” lei jou na blinkhaar, Damara, Dorper, Nguni en Pedi.

Blokraai-antwoorde werk anders – dié unieke gids is in temas verdeel en gee baie spesifieke antwoorde op die leidrade wat in blokraaisels voorkom. Verskeie gewilde onderwerpe word gedek: Bybelkennis, geografie, kunste en vermaak, sport en politiek, natuur en dierelewe – alles waaraan jy kan dink wat in ’n blokraaisel gevra kan word. As jy byvoorbeeld wil weet wie Mej Heelal in 2016 was, watter bergreekse in Kanada voorkom, of wonder oor nuwe plekname in Suid-Afrika, is Blokraai-antwoorde werklikwaar die antwoord.

As ’n mens ’n kriptiese blokraaisel in die koerant voltooi, besef jy gou dit is glad nie so eenvoudig om ’n antwoord op ’n kriptiese leidraad te kry nie. Gaan Blokraai-antwoorde jou help? Hoe los ’n mens kriptiese leidrade op as jy nie altyd die leidraad verstaan nie?

Uiteraard verskil kriptiese blokraaisels van gewone blokraaie, want die leser moet ’n bietjie verder dink en woordspelings en verskuilde leidrade tegelykertyd probeer oplos. As jy eers die kloutjie by die oor het van watter woord jou sleutelleidraad is, kan jy die antwoord uitwerk. Blokraai-antwoorde se inhoudsopgawe gee leiding waar om te soek. Die geheim van ’n kriptiese leidraad is dat jy moet kan bepaal uit watter woord of woorde jy jou antwoord moet kry. Jy moet in jou algemene kennis delf en versteekte woordbetekenisse vind. My raad is, moenie te veel aandag gee aan wat jy met die eerste lees teëkom nie. Lees die leidraad van agter af as dit moet! ‘n Voorbeeld: As die leidraad lees “Dokter Minister” en jy lees “Minister Dokter”, sal jy kan aflei dat dit die "Minister van Gesondheid" is waarna verwys word. In die inhoudsopgawe kan jy kyk waar is die afdeling "Politiek", en onder daardie opskrif verder soek onder "SA Nasionale Regering (sedert 1989)" en dan "Ministers en portefeuljes". As jou leidraad is "Is dit mens, is dit bul?", en jy kan uit jou algemene kennis aflei dat dit na die mitologie verwys, kan jy onder die opskrif "Gode en godinne (mitologie)" die leidraad soek, en die antwoord kry by "halfmens-halfbul": Minotauros.

Wat dink jy is prettig van ’n blokraaisel? Wat onderskei dit van ander woordspeletjies? Kombineer dit woorde en wiskunde – en gelukskote?

Taal en wiskunde is albei "kodes" wat ontsluit moet word, en deur uitbreiding van jou taalkennis raak jou taalgebruik meer interessant en word jou algemene kennis getoets en verbreed. Beide taal en wiskunde stimuleer die linkerbrein, wat analitiese en logiese denkvaardighede verg. Daarmee saam moet jy ook skeppend dink om betekenisse te ontrafel, dus jy moet ook jou regterbrein inspan. Wanneer jy sekere letters van ’n woord begin invul, word elke antwoord al duideliker, en soms kan jy ontbrekende letters raai terwyl jy wonder of daar wel so ’n woord bestaan. Dit kan jy dan naslaan om jou raaiskoot te bevestig, en soms is dit inderdaad ’n gelukskoot! Soos jy jou brein slyp en brei, leer jy sommer om beter en beter te raai, want patrone in die taal begin vorm aanneem. Blokraaisels is absoluut ’n fees as jy jou eers begin ingrawe. Jy kan so verdiep raak in die leidrade en pogings om elkeen op te los dat die tyd verbyvlieg – dit is eintlik ’n heerlike verslawing. Jy het nie ’n hele span nodig om blokraaisels in te vul nie, maar as jy wil, kan dit dalk ’n gesinspoging raak!

Wat is van die interessantste blokraaiwoorde wat jy in die saamstel van Blokraai-antwoorde teëgekom het? En watter rare woorde kom in die Superblokraaiwoordeboek voor?

Dit was interessant om te sien dat daar so baie fobies en vrese is! As jy byvoorbeeld aan Gallofobie ly, moet jy Frankryk liefs vermy. Daar is mense met ’n vrees vir narre (koulrofobie), ʼn vrees om ’n voertuig te bestuur (amaksofobie) en ʼn vrees vir spieëls (spektrofobie)! In die Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek is daar talle interessante woorde wat ’n mens ook nie aldag hoor nie, byvoorbeeld goggojots vir ’n reënpadda, janboel vir ’n geskarrel en kleinkorrelmuskadel vir ’n Kaapse korint.

Is daar enige ander voorbeelde uit Blokraai-antwoorde wat jy graag met ons lesers wil deel? 

Blokraai-antwoorde bevat geweldig baie inligting oor mense oor wie geskryf word in die media: van sportsterre, skrywers, akteurs en sangers tot uitvinders en koninklikes. Het jy dalk die van nodig vir ’n modeontwerper met die naam Vanessa of die Idol-wenner met die naam Daniel? Wil jy weet wie die lede van die koninklike familie van Marokko of Noorweë is? Het jy die antwoord nodig vir ’n orkaan, sikloon of tifoon waarvan die tweede letter ’n o is? Kan jy nêrens die Afrikaanse spelling vir vulkane, watervalle of woestyne kry nie? Op soek na ’n lys van woorde wat eindig met -logie of -skoop? Die antwoord is alles onder jou vingerpunte in Blokraai-antwoorde!

Hierdie gids is binnekort op die winkelrakke – net reg vir Kersfees. Waar kan lesers dit koop of bestel en wat kos dit?

Bestel Blokraai-antwoorde vanaf November by jou naaste boekwinkel soos Bargain Books, CNA, PNA, Wordsworth of Protea Boekwinkels. Jy kan jou eksemplaar ook aanlyn bestel by aanlyn winkels soos Takealot, Loot.co.za, Exclusive Books of Graffiti Boeke. Die voorgestelde uitgewersprys is R295.

Baie lesers wil eerder elektroniese boeke gebruik – is Pharos se blokraaiwoordeboeke ook digitaal beskikbaar? 

Ja, ons is baie opgewonde om aan te kondig dat beide Pansegrouw-Superblokraaiwoordeboek en Blokraai-antwoorde reeds op PharosAanlyn beskikbaar is (www.PharosAanlyn.co.za) teen R200 per jaar. Tik net jou woord of leidraad, en siedaar, jou antwoord verskyn!

Wil jy dalk nog iets oor ander produkte van Pharos met ons lesers deel? 

Pharos publiseer verskeie algemene woordeboeke, skoolwoordeboeke, vakwoordeboeke en stylgidse. Ons produkte is gesaghebbend, gerekend en betroubaar, en word steeds gereeld bygewerk en hersien. Wees op die uitkyk vir die Tesourus van Afrikaans wat binnekort verskyn!

Lees ook:

Die aap is uit die mou: Pharos se skoolwoordeboeke sal iets vir elke kind beteken

Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie

"Reken op ons woord": ’n onderhoud oor Pharos-woordeboeke

The post Pharos-blokraaiwoordeboeke: ’n onderhoud vir blokraaiselliefhebbers appeared first on LitNet.

Met die Vierkleur in Parys deur Renée Conradie: ’n onderhoud

$
0
0

Titel: Met die Vierkleur in Parys
Skrywer: Renée Rautenbach Conradie

Uitgewer: Protea Boekhuis, 2020
ISBN: 9781485311355

Renée Conradie praat met Naomi Meyer oor Renée se boek, Met die Vierkleur in Parys.

Renée, Met die Vierkleur in Parys is jou debuut. Baie geluk met die boek! Skryf jy nog altyd?

Baie dankie, Naomi. Vandat ek in 1972 by Die Burger begin werk het, skryf ek maar altyd. As koerantjoernalis (Die Burger en Beeld), as tydskrifjoernalis, as redakteur van ’n bedryfstydskrif (Veeartsvereniging s’n) en as vryskut. Weens ons ongestadigde lewe (my man, Leo, was ’n diplomaat) in verblyf in verskeie plekke kon ek nie juis ’n loopbaan volhou nie, maar met ons laaste pos in Parys was ek Die Burger se korrespondent. Ons het in 2002 teruggekom en toe het ek meestal vryskutwerk vir De Kat en The Pretoria News gedoen. Ek het in 2008 vir ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van Pretoria onder die leiding van Henning Pieterse ingeskryf.

Jou boek se titel handel duidelik nie oor Parys Aan Vaal nie. As mens na die prent op die omslag kyk, is daar dadelik die Eiffel (wat maar net ’n paar jaar voordat jou storie afskop, voltooi is). Waar kom die saadjie vir die storie vandaan en hoe het dit ontkiem en opgekom as ’n storie?

Vir die M-graad het ek eers rondgespeel met kortverhale en een was oor ’n ontnugterde "boer" wat by die Rodin-uitstalling tydens die groot Wêreldskou van 1900 beland het. (Die Eiffel is met die vorige skou van 1889 opgerig.) Dié tentoonstelling van Rodin is in 2000 herhaal terwyl ons in Parys was en ek het nogal gewonder wat die enge mense wat by die Transvaalse pawiljoen gewerk het, van die eksplisiete beelde en tekeninge sou dink.

Die stukkie geskiedenis was deeglik al in my agterkop en met my man se besonderse Africana-versameling van ou Franse koerante (hy het al die publikasies van Le Petit Journal en La Vie Illustrée van 1900 gebind) en boeke, kon ek maklik naslaanwerk doen. Die storie het toe in ’n roman verander wat meer organies as planmatig ontwikkel het. ’n Mens kan nie in Parys woon sonder om van al die vlakke van geskiedenis bewus te wees nie. Art Nouveau, wat in 1900 en die Belle Epoque hoogty gevier het, interesseer my en ek het altyd gewonder hoekom dit nie na Suid-Afrika (of Victoriaanse Engeland) oorgespoel het nie. Daarom dan dat die fiktiewe hoofkarakter, Paul Roux,’n argitek was.

Die omslag is die grafiese kunstenaar, Hanli Deysel, se vrolike verwerking van die amptelike plakkaat van die Wêreldskou van 1900. Die vrou is Marianne, oftewel Liberté, wat sedert die Franse Rewolusie as simbool van Republikeinse Frankryk bekendstaan en in elke burgemeesterskantoor as ’n borsbeeld verteenwoordig is.

Mens kan deesdae nie ’n Afrikaanse boek skryf sonder om aan die ideologie te dink wat dit omhul nie. Die vraag ontstaan: wat is die belang van die Vierkleur in jou titel en in die storie?

Persoonlik is ek skepties oor enige ideologie – trouens, ek wantrou dit.

Die Vierkleur in die titel is gewoon feitelik: die vlag hét in 1900 in Parys gewapper en het baie ondersteuning van die Franse volk geniet. Voor die pawiljoen van die Transvaal (wat al voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog begin bou is), by die Goudmynvoorstelling en voor die klein pioniershuis wat ook op die perseel was, was vlae – s+oos noodwendig elke landsvlag voor elke pawiljoen van iedere land wat daar was. Met die aankoms van president Paul Kruger in Marseille en sy weeklange besoek in Parys toe hy drie keer ’n dag op die Scribe-hotel se balkon vir die skares moes wuif, het die Franse klein Vierkleurvlaggies gewaai. (Dis regtig nie hulle skuld dat die vlag in die laaste klompie jare ’n sogenaamde ideologiese konnotasie gekry het nie.)

Jy skryf by die bedankings oor jou vormingsjare, die twee gesigspunte ten opsigte van die Anglo-Boereoorlog. Wil jy hierop uitbrei?

My twee oumas het ’n groot invloed op my gehad. Ek is van kleins af lief vir ’n storie en tel nog altyd tande. My paternale ouma was van Oudtshoorn en haar vertellings oor die draai van die vorige eeu in die bloeityd van die Klein-Karoo het ’n geweldige indruk op my gemaak. Al het sy in die Vrystaat gewoon en haar seuns daar grootgemaak, was niks so mooi, so stylvol of van belang soos "ín die Kolonie" nie en was sy lewenslank ’n stoere Sap.

My ander ouma was ’n Voortrekkernasaat (haar oupa was die seun wat die Liebenbergmoord oorleef het) en sy was ses jaar oud toe haar ma langs haar in ’n tent in die Standerton-konsentrasiekamp oorlede is. Sy was vir niks bang nie (waarskynlik omdat sy gesien het hoe hul huis, vee en landerye aan die brand gesteek is) en het nie maklik oor haar kinderjare gepraat nie, maar was ook nie bitter nie. (’n Kortverhaal (die Vleisbord) hieroor is in Boereoorlogstories 2 opgeneem.) Sy is later met ’n man van Graaff-Reinet getroud wat ook niks met die Groot Trek of Anglo-Boereoorlog te make gehad het nie.

Dan was my pa as ’n goeie Vrystater beslis pro-Steyn en anti-Kruger. My ma, wat Engels skoolgegaan het, het los gestaan van enige heftigheid. Al hierdie dinge in my herinneringsbank het moontlik bygedra dat ek met ’n neutrale oog na alles kan kyk.

Jou storie is ontvlugting in ’n vreemde jaar, dis ver verwyderd van die mens se omstandighede op hierdie oomblik. Tog is dit stewig gewortel in die geskiedenis, met ander realiteite as wat ons nou beleef. Ek sien in jou boek sommer heelwat kommentaar op die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Daar is die Anglo-Boereoorlog en daar is die konneksie wat die Afrikaner van die Boererepublieke (sien: Vierkleur, verwysings na die volkslied van die Oranje-Vrystaat) met Europa ervaar – hier verwys ek na die Franse ruimte, die stad Parys. Waarom het jy soveel navorsing oor Frankryk se geskiedenis gedoen?

Die boek is verlede jaar ná ’n rustyd van amper ’n dekade herskryf en toe vir publikasie aanvaar. Historiese romans (waarvan ek hou) word, sou ek reken, nie noodwendig vir ontvlugting geskryf nie. Maar dit is tog, veral nou, lekker om na ’n ander eeu toe te gaan.

Die storie is gewortel in, wat ek toenemend agterkom, ’n stuk redelik onbekende geskiedenis – dis nou van die Transvaalse pawiljoen wat in ’n moeilike omlysting opgerig is. Hoewel dit dalk nou vreemd is, was dit immers die realiteite van toe. Ek het baie deeglik oor die aspekte van 1900 nagevors – buiten die geskiedkundige feite, oor die klere, gebruike en algemene bestaan in Parys van 1900, die Belle Epoque. Ons het ook in twee woonstelle gebly wat voor 1900 gebou is en het ek vier jaar lank aan twee geskiedenisgroepe behoort wat insiggewend was. Ek is onversadigbaar nuuskierig en dink ek het die stad en sy verskillende fasette goed geken. My dogter het ook tien jaar daar gewoon en is met ’n Fransman getroud. Parys en geskiedenis loop hand aan hand.

Wat die kommentaar op die geskiedenis betref: as romanskrywer het ek my probeer verplaas na daardie tyd – noodwendig in Parys en hoe ’n man uit ’n ongestadigde Pretoria dit moes ervaar. Soos wat ek gelees het, het ek indrukke van sekere nie-fiktiewe karakters (soos doktor Leyds en Van Boeschoten) gekry en daar my vryheid gebruik om ’n mening te gee.

Ek sien ook verwysings na Cecil John Rhodes. Jou storie is nie onbewus van hoe ’n negatiewe figuur Rhodes was en van sy magsbeheptheid nie. Ook ontken jou karakter nie Rhodes se teenwoordigheid in die geskiedenis nie. Hoe sien jy die geskiedenis van die wêreld, van ’n land? Hoe kyk jy daarna?

Ek dink nie geskiedkundige figure se rolle – hetsy positief of negatief afhangend uit wie se oogpunt gesien – moet ontken word nie. Rol/optrede/invloed is onlosmaaklik deel van gebeure. Daar hou ek regtig van die Franse se filosofiese benadering. Wat gebeur het, het tog gebeur. Rhodes, byvoorbeeld, het tog ’n kardinale invloed gehad of mens van hom gehou het of nie. Ons het ook vier jaar in Marseille gewoon met ’n nog langer geskiedenis as Parys, en in Athene, Washington en New York. As ’n mens belangstel in wat ’n kultuur en hede van ’n land gevorm het, moet jy by geskiedenis uitkom. Jy kan tog nie in Griekeland woon en nie meer wil weet van die mitologie nie. Of in Amerika meer wil verstaan oor hoekom hulle is soos hulle is nie. Ek wil ook weet na watse dier, boom of voël ek kyk.

Is geskiedskrywing alles oplaas fiksie? Word die geskiedenis nie oor en oor herskryf nie? Wat was jou doel met hierdie verhaal: wou jy getrou bly aan die waarheid, wou jy versin, wat was jou oogmerk?

Ek is geen historikus of geskiedskrywer nie, maar ek lees dit graag. Subjektiwiteit kan nie uitgehou word nie, maar daar is wel oorwoë optekenaars. Was Herodotus neutraal? Lees ons hom as fiksie of om meer te weet? Ons weet die oorwinnaar skryf die geskiedenis, maar eensydige skrywers word tog ná tye weerlê en in navorsing is dit nodig om van alle hoeke af na ’n tydvak te kyk om ’n beter mening te vorm. In Frankryk het ek soveel mense ontmoet (ek vra altyd uit) wie se oupas in die Resistance tydens die Nazi-besetting was, dat dit onmoontlik is. Daar was talle collaborators en verraaiers. Nes in enige situasie, maar jy hoor nie sommer daarvan nie.

Ek het eerlikwaar nie ’n doel voor oë gehad buiten om ’n storie te skryf wat hom by my aangemeld het nie. Ek dink nie (as ’n joernalis wat geprogrammeer is om feite te ondersoek) ek sal maklik sommer net ’n storie kan fabriseer nie. Ek sal aanlas en my verbeelding gebruik, maar ek hou van feite ook. So ja, ek wou getrou aan die waarheid bly. Ek het nie versin nie, buiten om vir die konsulaat ’n ander adres te gee (ons een woonstel) omdat ek die omgewing beter geken het. My hardeskyf is in hierdie stadium vol en ek het ’n goeie geheue.

En tog is dit ook ’n spanningsverhaal en ’n liefdesverhaal. Wou jy vermaak, net ’n fiktiewe storie skryf, teen ’n geskiedkundige agtergrond?

Soos ek genoem het, het die storie organies ontwikkel en het karakters hulle by my aangemeld. Met die herskryf het ek een karakter heeltemal verwyder en ander (histories korrekte) karakters ingebring. Vermaak was nie noodwendig ’n oogmerk nie, maar as ek het, is ek bly. Parys is na alles die Stad van Liefde en in 1900 was romantiek in die argitektuur (Art Nouveau), kuns (Impressionisme) en letterkunde op ’n kruin.

Jou karakters is fiktiewe mense wat bewus is van die werklike historiese figure, soos hierbo genoem. Wat deelneem aan die lewe in Frankryk, wat ver weg is van Suid-Afrika, soos ekspats vandag ook ver verwyderd is van die Suid-Afrikaanse realiteite. Was dit vir jou makliker om oor die wêreld van voorheen te skryf, en wat was vir jou eenders en anders, as jy (wat in Frankryk gewoon het) dit vergelyk met hoe dit vandag is?

Met die buitestaanderskap van my hoofkarakter kon ek my vereenselwig. (My M-tesis het oor liminaliteit gehandel.) Ek weet hoe dit voel om moeg te word om te verduidelik wie jy is. Die verwondering om te besef jy is deel van ’n plek waaroor jy nog altyd gedroom het,verstaan ek ook. Dit gaan noodwendig verwydering van realiteite in jou eie land bring, hoewel ek nie dink dis diepgaande nie. Ek ken mense wat dekades elders woon en steeds bewus is van wat by die huis aangaan en daaroor omgee.

Die eendersheid van om terug te gaan in tyd, is dat menslike emosies wat ’n mens beleef as jy op ’n ander plek beland, nie verander nie. Al is dit hoe romanties, word jy met jouself gekonfronteer. Toe Hemingway, Getrude Stein en Fitzgerald (en al die skrywers wat wou gaan drink) in Parys beland het, het hulle wiele ook maar afgeval. Vandag se situasie met bote vol hoopvolle mense wat op ander plekke land en talle Suid-Afrikaners wat elders heil soek, is maar weer ’n herhaling van geskiedenis.

Die andersheid daarvan is dat 1900 se Wêreldskou met vooruitgang as tema ’n oorlogvrye (vir Europa), ’n blye tyd ingelei het: daar was elektrisiteit om die lewe te vergemaklik, die eerste motorkarre het verskyn, staal en glas is vir groot geboue (soos die Grand Palais en Petit Palais) gebruik, lyne in argitektuur het gevloei en Parys was jolig en het gesing en gedans. ’n Uitnodigende agtergrond vir ’n storie. As ek net mag noem: dit is maklik om vandag in Parys in tyd terug te gaan. Daar is steeds danssale met can-can-meisies soos van ouds, ou Art Nouveau-restaurante en hotelle wat niks verander het nie en op Montmartre kan jy in agterstrate steeds voel of jy in die vorige eeu is. Ek hoop dit beantwoord jou vraag.

Lees ook:

Met die Vierkleur in Parys deur Renée Rautenbach Conradie: ’n resensie

The post <em>Met die Vierkleur in Parys</em> deur Renée Conradie: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

23-jarige student Joha van Dyk se debuutroman landswyd gepubliseer

$
0
0

Joha van Dyk

’n Jong student aan die Universiteit Stellenbosch se debuutroman is onlangs landswyd gepubliseer. Die 23-jarige Joha van Dyk, wat tans besig is met haar meestersgraad in Engels, se Afrikaanse roman, Branderjaer, het middel-Oktober op winkelrakke verskyn.

Human & Rousseau het 2 500 eksemplare van die roman uitgegee, en vir Joha is dit maar nog net die begin van haar skryfloopaan.

Joha vertel meer.

Joha, vertel asseblief hoe dit gekom het dat jy op 23-jarige ouderdom jou eerste boek publiseer het? Neem ons asseblief deur die proses van hoe dit realiseer het.

Ek was al aan die skryf vanaf ’n jong ouderdom en dit was nog altyd my droom om ’n skrywer te wees. Ek het op ’n punt gekom in my derde jaar op universiteit waar ek net besef het, “Wel, ek wou nog altyd ’n skrywer wees; hoe lank wil ek nou nog wag voordat ek kanse begin waag en my manuskripte instuur vir publikasie?” Ek het begin werk aan ’n manuskrip, wat toe aanvaar is deur Human & Rousseau. In 2019 was ons besig om dit te proeflees en te herskryf toe ek die eerste keer die woord “branderjaer” hoor.

Ek het begin werk aan die verhaal van Branderjaer, maar baie informeel – net notas en dialoog hier en daar. Teen die einde van 2019 het die ander manuskrip nie gerealiseer nie – ek wou in ’n ander rigting gaan met die manuskrip – en toe nooi Simone Hough (my uitgewer) my vir koffie by Media24. Sy het gevra dat ek idees moet saambring en ek het toe vir haar vertel van Branderjaer. Sy het vir my haar kaartjie gegee en gevra dat ek haar e-pos wanneer ek ’n manuskrip het.

Joha met ’n eksemplaar van Branderjaer

Ek het toe druk begin werk aan Branderjaer en binne so twee tot drie maande was dit klaar. Ek en my ma het dit so tussen ons geproeflees en redigeer voordat ek dit ingestuur het na Simone, en op 2 September 2019 het ek uitgevind ek gaan gepubliseer word en my kontrak ontvang. Daarna was dit natuurlik baie redigering – ek het ook in die begin van lockdown baie dele van die boek herskryf, hoofstukke oorgeskryf in ander perspektiewe, karakters en tonele gesny. Maar dit was alles vir die beste, want ek is ongelooflik tevrede met die eindproduk.

Joha by ’n bekendstelling van haar boek

Hoe was dit vir jou om die eindproduk op winkelrakke te sien?

Onwerklik. Daar is baie woorde wat mens kan gebruik om daardie gevoel te beskryf, maar uiteindelik is dit my droom om ’n skrywer te wees. Dit was my droom om gepubliseer te word, en om die boek daar te sien, op die rak, is my droom wat waar word.

Die hele proses van publikasie is baie lank, so daar is hierdie klein “bursts” van emosie – wanneer jy die manuskrip kry en daar is goeie kommentaar; wanneer jy die eerste keer die voorblad/agterblad sien; wanneer jy die boek kan onthul aan die publiek; wanneer jy jou eerste onderhoud doen; wanneer jy die boek fisies vashou. So, in daardie oomblik het dit gevoel asof ek al daardie klein oomblikke van ekstase op een slag beleef; dis asof alles saamgekom het uiteindelik. Kortliks … dit was onwerklik en net …’n oomblik van pure geluk.

Jy sê dit is iets wat jy nog altyd wou doen ...?

Definitief. Ek het nog altyd gedroom daaroor om ’n skrywer te wees en om gepubliseer te wees. Ek onthou hoe ons by kuiers of braaie met mense gesels en wanneer hulle vra “Wat doen jy?” of “Wat wil jy doen?”, het ek altyd gesê ek wil ’n skrywer wees. Toe ek die kontrak geteken het en dit begin werklik word dat dit gaan gebeur, kon ek uiteindelik sê “Ek is ’n skrywer”, alhoewel my vriende eers vir my moes por om dit te sê.

Wat beteken dit vir jou om hierdie mylpaal op so ’n jong ouderdom te bereik en wat is jou raad vir ander jongmense wat ook graag hul werk wil laat publiseer?

Ek voel baie gelukkig. Baie lucky. Ek wou ’n jong skrywer wees; ek wou vroeg begin juis omdat ek nog so baie stories het om te vertel, en om nou in die posisie te wees waar ek dit kan doen, beteken alles vir my. Ek dink ons het ’n leemte vir ander jong skrywers en ek hoop daar is nog baie meer wat die kans waag en hulle werk instuur vir publikasie.

Dis intimiderend – die idee dat almal jou werk gaan lees, dat jy moontlik gekritiseer gaan word of getypecast gaan word as ’n sekere skrywer – maar dis eintlik onbelangrik. My beste raad aan jong skrywers is: “Skryf net. En skryf álles neer.” Branderjaer het begin by ’n woord wat my op ’n baie lukrake oomblik gevang het.

Ek was nie op soek na ’n nuwe storie nie, maar die storie het my gevind. Inspirasie en idees kom op die vreemdste oomblikke, so skryf dit neer. As iets jou laat vashaak – ’n mooi liriek, ’n woord van ’n vreemdeling, ’n naam, iets wat voor jou gebeur, ’n storie wat jy hoor – skryf dit neer. Jou volgende verhaal lê dalk in een van daardie woorde. So … skryf net.

Vertel asseblief meer oor die inspirasie agter die boek?

Vir my 21ste verjaarsdag het my ma hierdie lekker gesin-celebration gereël in die Kaap – ons was toeriste in ons eie land! Ons het die rooibus gedoen, Tafelberg ens. Op die rooibus het ek die woord “branderjaer” gehoor en eers gehuiwer voordat ek dit neergeskryf het in my notaboek, maar dankie tog ek het! ’n Paar maande later toe sien ek weer die woord in my boek en haak daarby vas. Ek het ’n gevoel gehad ek moes iets daarmee doen en het toe in ’n blokkiesraaiselwoordeboek rondgeblaai vir “prompts”, vir sinonieme onder andere, enigiets om net vir my idees te gee of wat my in ’n rigting kan stuur.

Ek kom toe af op die woord “ekstremis” en langs dit was die woorde “kanniedood”, “vuurvreter”, “stokebrand”, “bittereinder” en “klipvreter”. Ek besef toe … hier is my karakters. Van daar af het ek deur gesprekke, flieks en net … die verloop van die lewe die res van die verhaal ontwikkel. Ek voel nooit asof ek dit uitdink nie; dit voel meer asof dit nog heeltyd daar was – ek moet net stuk vir stuk “onthou” of dit “uit figure” soos was ek aangaan.

Op winkelrakke

Jy is tans besig met jou meesters in Engels. Hoe het dit gekom dat jy ’n boek in Afrikaans publiseer?

Ek was altyd van plan om in Engels te skryf, maar in my tweede jaar op universiteit het ek al hoe meer Afrikaans gelees, veral gedigte en toe later self begin dig. Afrikaans het vir my lekker geword om in te skryf. Ek skryf heeltyd in Engels, maar in ’n akademiese konteks – met my Meesters kon ek nou weer ’n slag kreatief raak in Engels – maar dit was ’n goeie kontras om vir die lekkerte in Afrikaans te kon skryf. Dit het ook baie temake met die verhaal, met die storie. Branderjaer sou nie in Engels kon begin nie. Ek het aan Branderjaer begin werk en dit was net natuurlik om in Afrikaans te skryf.

Jy kom van die Namakwaland, maar studeer Engels - hoe het dit gebeur?

Dis altyd die nommer 1-vraag. Mense doen nogal ’n double take en vra: “Wag, wat?” Ek is baie lief vir lees al van ’n jong ouderdom af en ek het redelik baie Engelse boeke gelees. Ek het ook ’n wonderlike Engels-onderwyseres gehad in laerskool, Mrs T, wat my liefde vir Engels aangemoedig het.

Ons het ook ’n gastehuis op ons plaas, so van kleins af is ek omring met baie interessante, dikwels buitelandse gaste wat met my Engels gepraat het en dit het definitief ’n invloed gehad. Dit was ook redelik natuurlik – ek was nog altyd net lief vir tale, maar dit kom dikwels hand aan hand met ’n liefde vir lees.

Joha in die Namakwaland

In my derde jaar het ek amper nie aansoek gedoen vir my English Studies-honneurs nie, want ’n medestudent het my laat twyfel of ek goed genoeg is. Gelukkig het Darren Carolissen, my vriend van hoërskooldae wat altyd my stories en skryfstukke gelees het tydens Drama-periode, my aangemoedig om dit as my eerste keuse op te sit. Ek het nog my TEFL-kursus gedoen daardie November, omdat ek so vroeg klaar eksamen geskryf het, en ek het besluit dat as ek nie inkom vir Engels nie, gaan ek net oorsee en gee Engels. Ek is baie bly ek het ingekom, want my honneursjaar in 2019 was seker die beste jaar van my hele universiteitsloopbaan.

Sal jy in die toekoms daarna kyk om ’n boek in Engels ook publiseer?

Ja, ek het ’n paar stories waaraan ek aan-af werk en ek sal hulle graag wil uitbrei en klaarmaak. Ek het onlangs fiktiewe kortverhale geskryf oor Kleinzee, die dorp waar ek op laerskool was, waarbuite ons plaas geleë is, so ek sal graag wil kyk of daar potensiaal daar is vir ’n groter projek.

Joha teken ’n eksemplaar

Wat hou die toekoms vir jou in? Jy oorweeg dit om jou PhD te doen? Sal jy nog boeke wil skryf?

Ek wil graag volgende jaar met my PhD begin. Voorlopig gaan ek nog ’n rukkie in Stellenbosch wees en ek is tans druk besig met ’n opvolg vir Branderjaer. Sodra my meestersverhandeling ingelewer is, gaan ek aandag gee aan my PhD-proposal en die volgende boek. Ek is tans op soek na werk vir volgende jaar, so ek is konstant op LinkedIn. Ek werk ook aan ’n bucket list vir volgende jaar– ek het besef ek is al amper ’n dekade in Stellenbosch en ek het nog nie naastenby alles gedoen wat ek wou nie, so ek maak ’n lys van moontlike avonture vir volgende jaar en hopelik kan ek ’n bietjie aandag gee aan dit in 2021.

  • Foto's: verskaf

The post 23-jarige student Joha van Dyk se debuutroman landswyd gepubliseer appeared first on LitNet.

Inter-review with Colleen Higgs about her memoir, My mother, my madness

$
0
0

Photo credit for picture of Colleen Higgs: Kate Olivier

my mother, my madness
Colleen Higgs
Deep South, Makhanda
ISBN: 978-1-928476-36-8

Review by Janet van Eeden

Colleen Higgs’s memoir is an understated and unemotional account of the task of caring for her mother, Sally, during the last eight years of Sally’s life. Higgs’s writing style is deadpan, prosaic, almost flat. She lists the duties she has to perform daily as a daughter, mother and wife, as well as an independent publisher, as baldly as a shopping list.

This apparently simplistic style belies the deep emotions which underscore every word. The mundane events described – "month end and Sally’s bills start rolling in, the pharmacy bills, the telephone bill, and the statement from the LRR [Luxury Retirement Resort]" – are simply reflections on the surface of Higgs’s reality. The depth of a lifetime of tortured emotions runs beneath them. One line of the memoir describes Higgs’s task of listing the medical issues she had encountered throughout her life, to a nurse for the purpose of a new life insurance policy, as being "like a river, all the things beneath the surface" (113). So it is with Higgs’s writing: her words simple on the surface, but the depth of meaning is condensed with subtext. In this way, her style is poetic yet muscular. There is no room for flaccidity.

Higgs begins the memoir when her mother lives in an assisted-living facility in a retirement home, the Luxury Retirement Resort, as Sally is unable to take care of herself effectively due to her bipolar disorder. Higgs takes on the task of managing Sally’s life, and her duties are, among other things, to "pay her bills, organize doctor’s appointments … buy her snacks, four packs of 9 double ply toilet paper, the You magazine, Cokes – 70 x 2 litre bottles for the month, and cigarettes, seven cartons of Rothmans 30s – the blue pack. And shampoo, tissues, soap, toothpaste, shower gel, roll-on deodorant, facecloths, body lotion, moisturiser, depending on what she needs or has run out of" (7).

It is in almost throwaway lines that Higgs refers to the trauma her mother’s life has wrought on her, not least Sally’s many suicide attempts and Sally’s complete lack of taking responsibility for herself and her actions. Higgs mentions a day that she (Higgs) has forgotten to take her pills and feels "wobbly", a nod to the fact that she has to cope with her own demons with antidepressants. Higgs mentions a dream she has one night, where she and her siblings have to clean up a literal river of shit when a toilet overflows in the house where they live together with their mother. In the dream, Sally ignores the effluent which starts to seep through the ceiling of the house, and leaves to go to work, oblivious to the mess, which she ignores or does not see. Her children have to clean up the detritus left behind. Higgs does not belabour the metaphor, but it is without doubt that Sally’s children are left to deal with the effluent which Sally’s broken life has left them with.

In the early part of the memoir, Higgs mentions that she has regular therapy sessions which keep her stable, and she tries to maintain her physical health as well as her mental health through these encounters with therapists. They are a lifeline throughout her adult life. She deals directly with the aftermath of having a dysfunctional mother on page 41: "The after-effects of inadequate mothering have a long shadow; it becomes a lifelong condition one has to learn to live with." Higgs tries to give her only daughter, Kate, the attention and care she never had herself, and accepts that she is at least a "good enough" mother. She feels inadequate, however, balancing being a "good enough" mother to her daughter with the unending lists of duties which need to be done, and "sometimes I feel like I’m gasping for air, hardly ever feel like I have it all done, all sorted" (42).

Higgs’s husband makes an appearance on occasion in the memoir. Although his presence is a distant one, there are good moments – a trip to the beach as a family – but more often, there are moments of lack of understanding. "Are you cured yet?" he asks her when she returns from a therapy session. When the exhaustion of carrying an enormous emotional load threatens to overwhelm Higgs, she has to lie down. Her husband perceives that she lies down all the time. Migraines often render her helpless, too. The strain of the many burdens she carries, not least being an independent publisher, seems to be discounted by her marriage partner.

And always in the background comes the refrain: more Cokes, more cigarettes, more toilet paper, more phone calls, more visits. More care for an uncaring parent.

When the final release comes at the end of the memoir, it is inevitable and tragic, and yet almost bathetic. A life unfulfilled passes just like that. The years of demands and guilt and unsatisfying interactions are quite simply gone, leaving no trace except the "madness" that was Sally’s legacy. Higgs is blatantly honest throughout the memoir about how she has to navigate her own illness, and that could be why she ends it with another metaphor: "… the grass dies in the summer and the sand shifts and rises, and only some things grow, but not the lawn, especially not the lawn …" (124).

Higgs’s memoir casts light on the complicated relationship between a dysfunctional mother – a product of her era as well as her circumstances – and a dutiful daughter who attempts to create her independent path through life, while weighed down by the burden of a narcissistic parent. It is quietly brilliant.

Q and A:

Your memoir resonated with me deeply, Colleen, not least because my mother, who lived with me, died on 4 December 2019. The paragraph below, taken from the memoir, describes the character of someone who has lost touch with her deepest needs or has sublimated them under the guise of physical addictions.

"She breaks my heart …. Clearly she wants something more from me, but not enough to know what it is, to be able to visualize it, to articulate it. She only knows how to complain, to say what she doesn’t want, what she doesn’t like. She doesn’t know how to say what she does like or want. Apart from the obvious things like Coke and cigarettes" (23).

Were you ever able to break through that barrier with Sally, through the wall of complaints and needs, to find out what it was she really wanted?

No, I wasn’t – because I don’t think that my mother knew. We had some friendly and some tender moments. I suspect her inability to express what she wanted was part of the general trouble women of her generation in particular had with desire. Women’s desires and wants were beside the point. She  had coped with her life before by doing art projects and pottery, taking over-the-counter pain medication, smoking, sleeping excessively. Alcoholism runs in her side of the family, but she didn’t drink alcohol, just Coke. Her early memories of her parents’ drunkenness left her with an antipathy for alcohol.

It appeared to me, the reader, that you were left to deal with the responsibilities of caring for your mother largely on your own. How did this responsibility fall onto your shoulders?

Much of the backstory of caring for my mother is left out in the book; it’s all from my point of view, and to do with my experience of coping with it. I don’t feel that the responsibility of caring for her was dumped on me; it was really just more practical. Sally, my mother, had lived with Sean in Muizenberg for a few years before I took over, so he did his share of caring for her at that time. Geraldine has lived in the USA since about 2004 or so. And Michael lives in the Fish Hoek/Kommetjie area, which is 40 kilometres from the care centre where she lived. He did help with things, having her for Christmas, buying her a new TV, visiting her and taking her out for lunch. He and his family always celebrated Mother’s Day and her birthday with us. In any case, it is easier to manage a responsibility like this on one’s own, as one can make decisions and one knows that things have been done. I would have wanted to check up on anyone who was delegated to do something like buy cigarettes. As I mention in the book, Michael also came with me to various meetings at the centre to deal with issues that arose.

You describe the guilt you felt almost all the time. This must be one of the most debilitating aspects of being the sole carer for an aging mother, especially one with a history of suicide attempts and mental illness, as Sally had. Have you felt that the guilt has left you since she passed? Is life easier for you without her there, or do you miss her in spite of the difficulties of caring for her?

Yes, the guilt has lifted, and I am getting to grips with guilt I feel in other situations, and learning to let myself off the hook a bit. It has been a relief to be released from that guilt. I don’t miss Sally, because the whole period with her had little joy for me; it was unrelenting duty and chores, with her grumpy demeanour. My therapist has said to me, "Guilt is the price of freedom."

I miss not having had a mother that I could have had a good relationship with. Sometimes I wish I could ask her something, a question to clarify the past, but in the last part of her life she was an unreliable narrator, and her sense of her own history had become a bit muddled. I still have my mother complex to deal with; it is still activated at times and trips me up emotionally.

A friend who had an extremely difficult relationship with his parents, especially his mother, said that you mourn them twice when they die. You mourn the parent you wish you’d had, and then you mourn the actual parent with their flaws. Does this comment resonate with you?

Yes, absolutely. Gillian Rennie, who reviewed the book for Grocott’s Mail, used the term "ambiguous loss", which captures how it felt for me. I think I had grieved my mother and what I had longed for in therapy and in my life for so long. As I said in the book, it was slightly bewildering for me to receive condolences for my mother’s death. I knew people meant well, and that was how I took it. But inside, I was at sea; most of what well-wishers said to me didn’t address my experience.

Your mother seemed like she was a very colourful person, to put it mildly. The description of the house in Fish Hoek where you lived for a while when you were growing up made me long for photographs. You describe it here: "her house [was] cerise, she painted a frenzy of colourful flowers on her garage, she painted the inside vibracrete walls bright orange, she planted a wild garden filled with gnomes, stone frogs, metal birds, bird baths, tortoises – an enchanted secret garden bursting with colour and life" (122). In a kinder time, she might have been seen as the Helen Martins of Fish Hoek. I believe Helen Martins wasn’t celebrated by her fellow villagers in Nieu-Bethesda during her lifetime, but I was intrigued that you are drawn to the town, too, and spend most Christmas holidays there. Do you think this has anything to do with you identifying the character of Helen Martins with your mother in some way?

I hadn’t ever thought about my mother as being like Helen Martins. She was artistic and very intelligent – in later years, sly. I always thought that if she had had the right opportunities, she could have been a good doctor. She was good at diagnosing illnesses and prescribing treatments. She trained as a nurse and worked in a pharmacy when we lived in Maseru. She was also an excellent cook, and kind to waifs and strays. Some of her art projects included mosaics, batik, water colour painting, and painting pottery. Her art projects were a creative outlet, but Sally didn’t have the same creative intensity and vision that Helen Martins had.

My connection to Nieu-Bethesda doesn’t have anything to do with Helen Martins. It has been a spiritual home for me for 30 years. Close friends of mine, two brothers, bought a house there in 1990, and since then I have returned almost every year, sometimes more than once, especially in the ’90s when I lived in Grahamstown (now Makhanda). I love the quiet, the quality of my dreams and sleep. The way days unfold without making big plans. The quiet isn’t silent; there is the sound of animals, donkeys, cows, some cars and even music during the "season". I love how it feels like a return to an older, slower way of life. For a long time, there wasn’t electricity. The roads in the village are dirt roads.

One of the gifts of having children is that we are able to become the mother we wanted to have ourselves. Your relationship with your daughter, Kate, seems to be one in which you cherish her and see to her needs in ways you’ve never experienced yourself. Do you find that your relationship with your daughter has allowed you to heal some parts of yourself that your mother neglected?

I think that in some ways I have overcompensated for what my mother was not, and what I longed for. I’m not sure this has always been ideal for Kate. But I have tried my best to see her as herself, and have been as conscious as I could be in the situation. I have also been in psychotherapy my whole adult life. Yes, having a daughter, a child, and raising her, has been healing for me in that it has also helped me to understand what kind of mothering I had and the wounds it left me with. I think I have been a good enough mother, but I started off without a healthy experience/role model, and I have learned everything on the job. And made many mistakes. At times, I have felt that I was not up to it and didn’t have the capacity to be what I needed to be.

Did you find that life was simpler after your mother passed, or did it leave you with a loss of purpose? If so, how has life changed over the two and a half years since she passed?

I think my mother’s death released me; I felt the burden of responsibility lift from me. After about six months, I reread the blog and thought that I would like to have it published, as I could see that it had something to say. This has been important for me, that the endlessness of those years is documented.

What do you hope readers will take away from your book? Did writing it help you come to terms with the difficult relationship you had with your mother, and has it eased the depression – which is what I assume you refer to when you mention your "madness"?

I’ve had many people write to me about my memoir, and talk about their own lives and how it has comforted them, or made them see their own relationships with their mothers in a new light and helped them to feel a bit kinder to themselves. I didn’t really know what I wanted readers to take away, but the responses have allowed me to feel that it offers each person some insight and reflection and objectivity for their own mother/parents, their own difficulties.

I wanted my writing to offer an account of what it was like to take care of my mother, the details of that experience, the feelings, the lived experience. Women often do work like this that is unacknowledged, unseen. So, I guess I wanted to make it visible – not just my work, but this kind of work of taking care of elderly parents, of a child. And, at the same time, I was starting and running Modjaji Books and keeping that going. I don’t write about that work in the book, as I wanted to focus on the personal caring. And to describe my resistance to it, and to let readers know that they aren’t alone in feeling things that seem to be unacceptable. We aren’t saints, and we all have our own issues, and it is hard, often thankless work. But it has to be done. I used one of my key defences – a low-key, dark humour, which goes along with the flat style, the throwaway lines.

Also, to elaborate, my own "madness" is not just depression; that has been a side effect of the other madness. In Jungian terms, I have been living from within my mother complex, which has led me to make poor decisions and to want reparative mothering for myself from others, and to mother others when I should have a more straightforward relationship.

I have learned – or, should I say, I am learning – to mother myself. I’ve needed to learn late in life about boundaries, about being on my own side. Another side effect of my madness has been to be swept away sometimes by feelings of rage, envy and sadness. It would take another whole book to document all of the madness. Even starting Modjaji Books has been a form of madness. I thought I could do something that wasn’t really possible: to make a life as an independent feminist publisher, to earn my living publishing books by southern African women. And, to an extent, I have done it. It has been at great personal cost – enormous stress and financial insecurity.

Unexpected lovely things have also come out of the work I’ve done: making friends with independent publishers in other countries because of the Frankfurt Book Fair, which I’ve been to almost every year since 2011. I think that if I had been saner, I would have done more of my own writing, and if I had wanted to start a publishing enterprise, I would have done it collectively and as a non-profit.

Also, the fantasy of wanting to mother others reparatively has meant that my boundaries weren’t always strong and clear. And there was always a lot of room for hurt and disappointment from both sides. I don’t think that publishers and writers have the easiest relationship – a bit like landlord-tenant relationships, or marriage, even. There is often a great deal of projection from both sides. And, especially in a context like ours, where debut novels, for example, sell only 300 to 600 in 10 years in most cases, there is much room for disappointment. I think it is easy for writers to blame their publishers for all the things that have disappointed them about having a book published. And vice versa.

Colleen Higgs is a writer and the founder of Modjaji Books, a small, independent press. She has also written and published a number of works:

  • Halfborn woman(2004), Hands-On Books, collection of poems
  • A rough guide to small-scale and self-publishing(2005), Centre for the Book
  • South African small publishers’ catalogue(editor with Maire Fisher) (2006), Centre for the Book
  • Small publishers’ catalogue – Africa, 2010(2010) (editor with Bontle Senne)
  • Lava lamp poems(2011), Hands-On Books, collection of poems
  • Looking for trouble and other mostly Yeoville stories(2012), Hands-On Books, collection of stories
  • Small publishers’ catalogue – Africa, 2013(2013)
  • My mother, my madness(2020), Deep South

The post Inter-review with Colleen Higgs about her memoir, <em>My mother, my madness</em> appeared first on LitNet.

Viewing all 792 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>