Quantcast
Channel: Skrywersonderhoude - LitNet
Viewing all 790 articles
Browse latest View live

"My karakters klim uit hulle stereotipes en word menslik"

$
0
0

Titel: Kanaän
Skrywer: Sophia Kapp
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799399462

Kanaän is die storie van Catherine Baker, ’n gesofistikeerde Johannesburger, en Chrisjan Cronjé, ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat. Sy is half-Engels en ’n Bloedsap; hy is die nasaat van Boere en ’n inwoner van ’n distrik waar die wonde van die Vryheidsoorlog nog vlak lê.

Hulle moes nooit eers ontmoet het nie, maar onvoorsiene omstandighede het hulle saamgegooi, en vir ’n jaar is hulle man en vrou.

Op Kanaän leer hulle nie net om mekaar te verdra nie, hulle leer dat die liefde soms teen alle verwagting in kan gedy. Maar hulle leer ook dat die verlede van ’n mens rekenskap eis, en dat die liefde soms ’n prys het wat ’n mens dalk nie sal kan betaal nie.

......

Cliffordene Norton gesels met Sophia Kapp oor haar jongste roman.

Foto: LitNet

Sterk vroue is kenmerkend van jou romans. ’n Bedonnerde diva, ʼn konvensionele, wit, Afrikaanse vrou en nou ... ’n gesofistikeerde Engelse vrou. Sophia, vertel ons meer oor Catherine Baker, die vroulike hoofkarakter in Kanaän?

Ek dink nie ek skryf soseer sterk vroue as wat ek vroue skryf wat in moeilike omstandighede sterk word nie.

Catherine is aan die begin van die storie eintlik maar ’n gewone meisie wat op ’n gewone manier in haar omgewing pas. Sy is deel van die Johannesburgse elite en dit maak haar bevoorreg en eiegeregtig, nie noodwendig sterk nie. Sy is mooi, maar sy is nie besonder dapper nie. Sy is trouens ’n bietjie onderdanig teenoor haar pa, wat nie dink sy behoort ’n loopbaan te hê nie. Dis eers as haar lewe in duie stort en sy buite haar gemaksone moet beweeg – en leer om binne ’n vreemde omgewing haar beginsels uit te leef – dat sy ’n sterk vrou word. 

Dis min of meer dieselfde geval as met my ander vroulike hoofkarakters. Hulle is almal redelik veilig binne ’n bekende situasie, maar as hulle uit hulle bekende omgewing geruk word, is dinge nie meer so maklik nie. Om binne ’n nuwe konteks ’n stem te kry is die uitdaging. En om te skree en te baklei is natuurlik ook nie ’n kenmerk van ’n sterk vrou nie.

Kyf kan enigeen, maar om te weet waar jou innerlike kompas sit en om te leef volgens jou oortuigings, al is die wêreld rondom jou anders, is die teken van ware innerlike krag.

Vertel ons meer van jou manlike hoofkarakter, Chrisjan Cronjé.

Ek het ’n baie sagte plek vir ou Chrisjan. Hy is tekenend van baie Afrikaners van daardie tyd: Het nie werklik geleenthede gehad nie, het nie eintlik geld nie, het nie eintlik enigiets anders as harde werk en ’n pligsbesef om hulle vorentoe te dryf nie. Maar Chrisjan is ’n man met onkreukbare beginsels, wat die regte ding doen omdat dit die regte ding is om te doen, al kyk niemand nie.

Hy is, in vergelyking met Catherine, ’n regte plaasjapie. Hy ken nie musiek nie, hy ken nie letterkunde nie, hy verstaan skaars die Shakespeare-sonnet wat sy vir hom voorlees. Maar hy het daardie amper ondefinieerbare ding wat elke ware held moet hê: inbors. En dit is natuurlik presies wat Catherine nodig het.

......

“Kyf kan enigeen, maar om te weet waar jou innerlike kompas sit en om te leef volgens jou oortuigings, al is die wêreld rondom jou anders, is die teken van ware innerlike krag.”

......

Hulle ontmoet mekaar reg aan die begin van die verhaal wanneer Catherine letterlik op straat beland, en omdat hy is wie hy is, neem hy haar onder sy vlerk. Sy is vir hom ’n algehele vreemdeling, maar hy is ordentlik genoeg om aan haar ’n heenkome te bied en is wys genoeg om te weet hy kan dit net doen deur met haar te trou. En al raak hy op haar verlief – wie kan dit dan nou verhelp om op die mooie Katryn verlief te raak? – is hy ook edel genoeg om te weet hy moet haar van die huwelik vrystel wanneer sy sou kies om hom te verlaat. 

Jou verhaal speel grotendeels op die plaas, Kanaän, afHoe belangrik is die ruimte in hierdie verhaal?

Die storie sou eintlik nie op ’n ander plek kon afspeel nie. Die karakters wat in hierdie storie optree, sou net op ’n plaas en net in 1944 almal gelyktydig deel van ’n verhaal kon wees. 

Die plaas as ruimte speel ’n groot rol in Afrikaanse letterkunde. Ek het die ruimte gekies, nie in aansluiting by die literêre plaasroman nie, maar in aansluiting by die liefdesverhale wat in my jeug populêr was. ’n Boer was per definisie ’n held. Hy was altyd die stil, sterk tipe, en die heldin was ’n onbeholpe stadsmeisie wat nie kon water kook nie. 

Kanaän se hoofkarakters is in hierdie opsig albei stereotipes, maar ek wou juis ’n storie skryf waarin my karakters uit hulle stereotipes klim en menslik word. Hulle moes helde wees, maar omdat hulle bereid is om uit hulle geblikte karakterisering te klim en die moeilike werklikheid te leef.

Op dieselfde manier as wat ou liefdesverhale die plaaslewe gemitologiseer het, is die Afrikaner se geskiedenis gemitologiseer. Ek het grootgeword in apartheid se hoogty, en ek is geïndoktrineer met die idee dat die Afrikaner ’n edel soort wese was wat dit op ’n manier verdien het om polities bevoordeel te word. Veral die Afrikaner se verbondenheid met grond het ’n groot rol gespeel in dit wat ek oor Afrikanerskap geleer is.

My voorouers is selfs “Boere” genoem – mense wat weens hulle grondbesit ’n volksidentiteit gekry het (ons hoor dit vandag nog uit sekere ideologiese kringe). En Afrikaners was in hierdie mitologie eensgesind, hoor. Almal ras-eg, almal verbind tot ’n enkele ideaal. So het ek geleer. Wat natuurlik louter snert is, Afrikaners was in hulle gebeente ’n spul dwarstrekkers. Is vandag nog. 

Wat nie beteken dat ons nié helde kan wees nie. In ons gewoonheid, en in ons menslikheid het ons dit in ons om die regte ding te doen. As Kanaän dan nou enige ander soort boodskap het, buiten dat die lewe altyd beter is as die liefde seëvier, is dít die boodskap: Selfs Afrikaners kan helde wees. Selfs in hierdie land waar ons groot onreg teenoor ons landgenote gepleeg het, kan ons helde wees. Ons moet net uit ons geblikte karakterisering klim en bereid wees om die moeilike werklikheid te leef.

Grondonteiening is ’n baie aktuele tema. Het jy enige huiwering ervaar om ’n plaas as jou verhaalruimte te gebruik?

Nee, geen huiwering hoegenaamd nie. Ek het die ruimte met ’n rede gekies, soos ek hier bo gesê het, en ek het bedoel dat dit moet aansluit by die ongemak wat hierdie onderwerp vir ons as wit Afrikaners veroorsaak. Nie om die ongemak aan te blaas nie, maar om te illustreer waarom ons nie teen die ongemak moet baklei nie.

Ek wou nie van die storie ’n seepkis maak nie, dit was nie die bedoeling van die verhaal nie – dis werklik net ’n lekker storie. Maar ek wil hê ’n leser moet raaksien dat vooroordeel en die blinde aanname dat een ras of volk ’n groter bestaansreg as ’n ander het, tot die allerverskriklikste vergrype lei.

......

“As Kanaän dan nou enige ander soort boodskap het, buiten dat die lewe altyd beter is as die liefde seëvier, is dít die boodskap: Selfs Afrikaners kan helde wees. Selfs in hierdie land waar ons groot onreg teenoor ons landgenote gepleeg het, kan ons helde wees.”

......

Grond is ’n groot deel daarvan, ja, maar dit gaan in Kanaän oor meer as besittings. Dit gaan oor bestaansreg. Dit gaan oor ’n sin van hoort en van geborgenheid. Dit gaan oor wat ons onsself veroorloof om ander aan te doen. Dit gaan oor wie ons naaste is, oor wie aan ons tafel mag sit en oor wie ons mag liefhê. Die onreg wat ons mekaar aangedoen het, en steeds aandoen, in daardie opsigte, is net so verskriklik, indien nie méér verskriklik nie, as wat met grondbesit gebeur het.

Kanaän is jou eerste historiese verhaal. Het dit ’n invloed op jou skryfproses gehad?

Ek moes heelwat meer leeswerk vir hierdie storie doen. Gewoonlik skryf ek net die storie, en ek moet oor kleinighede gaan seker maak – hoe lank ’n gebreekte arm vat om te genees, of hoe ver ’n bepaalde dorp van ’n ander is. Met hierdie storie moes ek behoorlike navorsing doen oor gebeure en datums sodat ek nie bog in die storie inskryf nie.

Gelukkig leef my pa nog, en daarom kon ek baie van die inligting oor die plaas by hom kry. Sy oupa het ’n plaas in Senekal se distrik gehad waarop hy as jong seuntjie gaan kuier het. Hy onthou nog helder hoe die plaas bestuur is en kon baie help met wat op daardie tyd byvoorbeeld in die huis en op die werf sou gewees het.

Wat was die grootste struikelblokke en/of hoogtepunte wat jy tydens die skryf van die verhaal ervaar het?

Die lekkertes van skryf bly altyd dieselfde – karakters wat mekaar vind, die liefde wat seëvier, mense wat ’n stem en ’n plek kry. Dieselfde soort gevoel wat ’n leser kry wat die storie lees, kry ek as ek die storie skryf.

Die uitdaging vir my is altyd om ’n liefdesverhaal verantwoordelik te skryf. Ek wil nie ’n held of ’n heldin skryf wat nie die titel verdien nie, en in hierdie geval moes ek van wit Afrikaanse grondeienaars helde maak. Binne ’n moderne narratief is hulle almal per definisie boos, en ek moes baie versigtig aan Chrisjan en sy bure skryf dat hulle nie aan die een kant versink in die gewone mitologisering nie, maar ook nie aan die ander kant onwaardige en ongeloofwaardige karakters word net omdat hulle bang is om ’n moderne geslag lesers te affronteer nie.

Jou roman spreek die Vryheidsoorlog aan. Watter navorsing het jy gedoen om hierdie belewenis so getrou moontlik te weergee? Het jy enige huiwering ervaar om oor hierdie oorlog te skryf?

Die verhaal speel ’n geslag ná die oorlog af. Teen 1944 was daar ’n hele paar ander goed wat ook al die verloop van die geskiedenis gestuur het (onder andere die Depressie) en die jongmense van daardie tyd het nie meer ’n persoonlike belewing daarvan gehad nie. Maar ek het in ’n familie grootgeword wat die Vryheidsoorlog aan hulle eie lywe ervaar het – die einste oupagrootjie met die plaas was ’n krygsgevangene op Diyatelawa (nes Chrisjan se pa) – en ek weet hoe intrinsiek daardie oorlog deel gebly het van mense se denke. 

......

“Iewers sal ons – en ek bedoel alle Suid-Afrikaners, nie net Afrikaners nie – moet leer om te vergewe en om te aanvaar. En om saam met mekaar om ’n tafel te sit met die wete dat ons almal ewe veel daar hoort.”

......

Die hele verskuiwing in die geskiedenis wat in daardie jare plaasgevind het (in 1943 het Smuts nog die verkiesing gewen; in 1948 het die Nasionale Party aan bewind gekom) is ’n direkte gevolg van Afrikaners se onvermoë (of onwilligheid) om van die onreg van die Vryheidsoorlog te vergeet. Afrikaners het in groot getalle in die idee van nasionale trots ingekoop, en vir baie was Nazisme ’n ding waarby hulle aanklank gevind het. My een oupa het Duitse familie in Namibië gehad, en vir hom was dit ondenkbaar dat ons aan die kant van die Engelse teen die Duitsers moes oorlog maak.

Die verontregting wat Afrikaners oor en tydens die Vryheidsoorlog ervaar het, was werklik. Die vernedering daarvan, en die verontmensliking, was ’n werklikheid. Maar die vraag bly: Wat is die aanvaarbare reaksie op so ’n verontregting? Is wraak geregverdig? Is wrokkigheid? Vir hoe lank? Watter vorm mag die wraak aanneem? En is daar ooit ’n einde aan, of mag ’n mens nou maar net vir tyd en ewigheid aan die onreg vasklou? 

Dit het my altyd verstom hoe ons die skakels tussen Nazisme en die opkoms van apartheid miskyk. Is dit doelbewus? Wil ons nie erken dat die boosheid wat in hierdie land gepleeg is, dieselfde boosheid is wat soveel chaos in Europa veroorsaak het nie? Dit help nie ons skram daarvan af weg nie. Dit is die les wat ons uit die geskiedenis moet haal: Wat het ons verkeerd gedoen? Wat moet ons in die toekoms vermy?

En ek het die aanhaling van Primo Levi (’n Italiaanse Jood wat Auschwitz oorleef het) voor in die boek doelbewus gekies omdat dit ons herinner dat ons nie kan dink gruwels gaan nie weer gebeur nie. Die geskiedenis bestaan uit patrone, en as ons nie keer nie, gaan dié patrone hulle herhaal. Net soos wat die wêreld destyds gesteier het onder die opkoms van ’n ongesonde nasionalisme in Duitsland, so het Suid-Afrika later gesteier onder die opkoms van ’n ongesonde Afrikanernasionalisme.

Net so sal die wêreld steier onder ongesonde Chinese of Amerikaanse of Afrika-nasionalisme. As ons nie vir mekaar tyd maak en plek gun nie, gaan die tragedies net bly voorkom, en gaan ons kinders geslag ná geslag soos Gabriella Lerato Bruno van hulle wortels en hulle plek afgesny word. Iewers sal ons – en ek bedoel alle Suid-Afrikaners, nie net Afrikaners nie – moet leer om te vergewe en om te aanvaar. En om saam met mekaar om ’n tafel te sit met die wete dat ons almal ewe veel daar hoort.

Kanaän is hier beskikbaar:

Lees ook 

Kantelpunt deur Sophia Kapp

Kantelpunt: ’n onderhoud met Sophia Kapp

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Kantelpunt deur Sophia Kapp

The post "My karakters klim uit hulle stereotipes en word menslik" appeared first on LitNet.


Inter-review with Lauri Kubuitsile about her book, But deliver us from evil

$
0
0

Photo of Lauri Kubuitsile: Penguin

But deliver us from evil
Lauri Kubuitsile

Publisher: Penguin
ISBN: 9781485903826

Lauri Kubuitsile has written a novel which enthralled me from the opening pages. She tells an adventure story, essentially, of two young girls who grow up against the backdrop of colonised Botswana during the 1870s and onwards. It is subject matter worthy of investigation for a curious reader wanting to know more about the unwritten history of Africa. Added to this, both protagonists have a supernatural ability to see outcomes of the future or the unseen truth of matters, which enhances the sense of the inevitability of fate. This heady mix allows the reader to escape into the pages of a crackingly good tale, with elements of fact to back it up.

One of the girls is Nthebolang, whose father makes medicine for cattle ailments and who is her beloved role model. Nthebolang is just five years old when her world is turned upside down by jealous and vengeful relatives, spurred on by an unknown man with evil intentions. When Nthebolang and her mother are cast adrift into the veld, with rumours of witchcraft simmering behind them, they strive to find a new place in an unwelcoming world.

In a tandem narrative, a young Koranna girl, Beatrice, lives with her family, who are part of the Gemsbok Koranna of the Gariep. She, too, idolises her father, who dresses and speaks like his Dutchman father, and rides his stallion like a master. Beatrice dreams of riding a stallion just like his and spends her days exploring the veld around their settlement on her own. Riet Towenaars admires his spirited daughter and, after a daring raid to steal the cattle and sheep of the nearby Griqua burghers, whom he regards as thieves who have taken their land, he gives Beatrice a small dagger with a stallion's arching head as its handle. Even though she is only seven years old, he knows she deserves recognition for her heroic nature. She names the dagger after his stallion, Maangees – spirit of the moon.

When the colonial government, bolstered by the local Boers and the frontier army, decide to put an end to the Koranna's stock theft, all of the Towenaars are told that the men will be sent to Robben Island and the women will be imprisoned in the Cape. However, light-skinned Beatrice attracts their attention, and she is abducted by one of the marauders, as they believe she is a kidnapped Boer girl who has been stolen from her Boer parents. They tie her to a horse and forcefully remove her in a bid to return her to her "rightful" people.

With the unsettled backdrop of colonialism and lawlessness, both girls are propelled by their brutal losses into an unforgiving world. Over the years, they grow into strong young women, even though they endure difficult circumstances. Neither loses her desire to be free of constraints, and Beatrice even resorts to putting her beloved Maangees to use in order to save herself on one occasion. Many years later, the two women meet when their paths inevitably cross. Beatrice, now unwillingly married to a duplicitous pastor, Thomas Milner, arrives to take her place as the pastor's wife in the area of Ntsweng. The mission house has a domestic worker and her daughter living in the servant's quarters. They have remained since the departure of the previous pastor. These domestic workers are Nthebolang and her mother.

Nthebolang senses that the new pastor's wife is nothing like the other white women she has encountered, and it doesn't take long before Beatrice finds in Nthebolang the confidante she's longed for. From this point on, their narratives become one, and danger stalks them both, especially since jealousy and rumours of witchcraft have followed Nthebolang all her life. In the village, in spite of the kind leader, Kgosi Sechele, who embraces Christianity, there are ancient dark forces at work that seek their own desires. The evil is strong in the village, and one old woman in particular is determined to have her own way.

Kubuitsile has written an absorbing adventure story which appealed to me from the very first page. Not only do the strong female characters remind me of the novels I loved reading while growing up (Anne of Green Gables, (Jo in) Little women, What Katie did, among others), but the beautifully descriptive passages of the harsh landscape through which the protagonists make their journeys remind me of the land of my youth. The veld of late 19th century Botswana feels very similar to that of the Orange Free State in which I grew up. My happiest childhood memories are of walking through the endless veld of the goldfields, exploring and looking for adventures with my brothers and his friends, or often simply on my own. This novel evokes the sense of freedom and possibility which held no restraints for "just a girl" during those times.

This novel is full of the spirit of adventure and the desire for justice, which make for great storytelling. The desire for justice inherent in both protagonists reminded me of yet another novel which I loved as an adolescent, To kill a mockingbird. This novel is also informative about the history of colonial Botswana and the customs of its inhabitants.

Kubuitsile is a powerful and vividly imaginative storyteller. Her novel moves swiftly through the compelling events of the narrative, and the ending is as satisfying as I could have hoped for. It is a highly recommended read at a time when an enthralling novel is the best medicine. I look forward to reading more of Lauri Kubuitsile's work soon.

Q and A: Janet van Eeden talks to the author Lauri Kubuitsile:

This novel seems to be based on historical fact, Lauri, which makes it doubly fascinating to me. One of my favourite genres is historical literature, and I've written many plays and screenplays in this genre. How did you come across this particular era in history, and what drew you to this period?

This entire book comes from a single letter, a letter written to the editor of a Setswana newspaper that was published at the mission in Kuruman at the time. I found the letter when I was doing research for The scattering. Someone had written to the paper criticising Kgosi Sechele for executing witches at his kgotla in Ntsweng, even though he was a Christian and Christianity did not recognise witchcraft. Kgosi Sechele, a very learned, extraordinary man and a committed Christian, wrote back to say that he had executed only a few witches, all known to be witches, and that the initial accusation had come from the daughter of the domestic worker at the mission house. That bit, the last bit, caught my attention. I know when a year plus can pass and I'm still wondering about that girl that there is something there that I must investigate, and I investigate through my writing. So, the letter was real, and Kgosi Sechele and his son are real; everything else is the answers my mind found to those questions.

You seem to have a love for historical fiction, if I can call it that. Was your novel The scattering a similar genre? Can you tell the readers more about the subject of that novel?

Yes, The scattering is also a historical novel. It also involves the lives of two women, by accident, not design. One woman, Riette, is caught up in the Second Anglo-Boer War, and is put into a concentration camp with her stepdaughters. She falls in love with an Irish man there and is labelled a traitor, so she runs away to northern Botswana. The other woman is Tjipuka. Tjipuka is Herero and is caught up in the German-Herero war. In the final battle, she loses her husband. The two women's lives intersect in northern Botswana at the edge of the Okavango Delta.

Do you have a background in history, or are you drawn to history purely for the love of the stories it inspires in you?

No, I have no background in history. Stories capture me, and I follow them. It has always been like that with my writing. I do think, though, that the stories in the history of southern Africa, especially women's stories, remain, for the most part, untold and undocumented. I think historical fiction, especially, can mitigate that.

You write with an enormous amount of compassion for your characters. Do you find that you also fall in love with the characters as you write them? Which is your favourite in this novel?

Yes, I do fall in love with characters, and when I do, they continue to live with me. Beatrice is by far my favourite in this book. In many ways, she's who I wish I were. I, too, have a strong sense of moral justice, justice which often supersedes legal justice. I'm not as brave as her, though I wish I were sometimes.

I also admire her loyalty to those she loves. She is so loyal that she will intervene to protect those she loves from themselves. Some may find that ill-advised, but there is something to respect there, too.

She's flawed in ways that might make readers dislike her, but I know those flaws, as well. Her ambivalence about motherhood, for example, and her guilt about it (at one point, at least) are something I think about often, and have struggled with in the past, too. I think it is near taboo for women to speak about this, and I wish that could change. It would make being a mother much easier.

You are a prolific author. Could you tell me about other works you have written?

Yes, I write quite widely. I've written quite a few books for children. Two are CAPS approved for grade 7 in South Africa: The second worst thing (Oxford University Press) and Curse of the gold coins (Vivlia). I've written a few books for teens. I regularly write romance and had four titles published by Kwela's now extinct imprint, Sapphire Press. I write early readers for Cambridge University Press, UK; I have eight titles so far in their Cambridge Reading Adventures series, which is being sold around the world. Most recently, a deal was signed in China for the series. I have a book coming out this month with Love Africa Press, called Revelations. It's a romance set in Botswana about HIV/AIDS and the frequent ruthlessness of the so-called fire churches. And, for two years now, I've quite regularly written romance story computer games for a company in Japan. They are very popular in Asia and fun to write.

I really write just what I want. This year, my big objective is to get an acceptance from Mills & Boon. I've been studying their many imprints and have finished the rough draft for the first book, and last week started the second for their medical imprint – of course, it is about Covid-19! As if we can think of anything else at the moment. I just go where my mood (and perhaps muse) takes me. I've been told by publishers and agents in the past to stick to one lane or use pseudonyms. I don't like that advice at all. This is probably why I have more than ten different publishers now and no agent. Ha! Outside of my writing, I'm a generalist with a very wide range of interests, so why should my writing be different?

Thanks for the time and for the wonderful novel, Lauri!

The post Inter-review with Lauri Kubuitsile about her book, <em>But deliver us from evil</em> appeared first on LitNet.

Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?

$
0
0

Die digter, skrywer en skilder Breyten Breytenbach gesels met Willem de Vries oor vele wêrelde en een planeet, oor hierdie dae, diversiteit, tale en medemenslikheid, oor die rol van hoop, kyk, skryf, dink en lees.

Foto: Tessa Louw

Hoe ervaar jy tans die lewe in Frankryk? Hoe vergelyk dit met wat jy in Suid-Afrika kort tevore nog beleef het?

Nogal ’n wydlopende vraag, Willem. Daar is baie ooreenkomste – deel van die feit dat die wêreld skielik baie kleiner geword het, is dat die noodmaatreëls, die inperking, die verslaentheid en die begin van ’n opstand hier en daar, die onbevoegdheid en onbekwaamheid van alle geledinge van ons gemeenskappe, die opportunisme en die selfsugtigheid en die eiegeregtigheid, net soos ook die gebare van medemenslikheid (so asof ons nou skielik miskien weer besef ons is medemense), maar veral die geliegtery van politici en die “gesaghebbendheid” van handpoppe – dis maar baie eners oral in die wêreld, met plaaslike aksente natuurlik soos bepaal deur samestelling en geskiedenis. Opvallend is dat mense wat van beter behoort te weet, of so voorgee, net nie sover kan kom om te erken (en aanvaar?), “Ons wéét nie.” Dis bykans onmoontlik om in en saam te neem die mens het die wêreld – die lewe op aarde net soveel as die kosmos – mismaak. Want waarnatoe dan? En nou is die mislikheid nie meer weg te steek nie! Wat ook opval, is dat die mens, in die algemeen maar ook die besonder, eenvoudig nie onsekerheid kan duld nie. Ons het nog nie ’n stilte of ’n leemte teëgekom wat ons nie vol wil praat met nonsens nie. En al babbelend sal ons neuk oor die afgrond wat ons self gegrawe het. Dit gaan nou nie oor die toeskryf van blaam nie. Vandat ons op die agterpote regop gekom het om die son in die gesig te kyk, was ons blind vir ons beperkings.

Oor Suid-Afrika wil ek my nie uitlaat nie. Dis my waarvandaan, soos jy weet. Maar ek weet nie – of wil nie aanvaar ek weet én weet nie – wat daar aan die hand is nie. Dit maak my te bang en te seer (asof my kleinserigheid nou te berde moet kom!) om te wil begryp hoe ons met die beste bedoelings so dodelik verkeerd kon gaan. Die ergste, die mees ondenkbare, beide in terme van hierdie kroonpespandemie en wat dan daarna gaan kom, lê nog voor. Maar miskien sal die nood ons leer herbesin? Miskien sal ons kan leer dit baat nie om die mites te besing nie – dat ons in alle ootmoed en trots en mededeelsaamheid moet aanleer hoe om vir mekaar te sing, én vir die wolk en die mot en die blaar en die wind en beweging én vir die ritme om te bestaan-om-te-mag-vergaan?

Frankryk is ’n ander storie. Hierdie pandemie – gewaan of eg, want soms kry ’n mens die indruk ons steier rond in ’n selfverbeelde tragedie vir die planke – is ook ’n katalisator wat al die onderliggende skaafplekke en vratte opeens pynlik uitlig. ’n Mens moenie vergeet dat ons hier die aartsvoorbeeld van die Gesentraliseerde Staat het nie, al word dit ook by die dag minder toepaslik en al het die verkrampende mag grotendeels oorgegaan in die hande van supranasionale mastodonte en banke. Ons bly vaskleef aan ’n fetus wat al so lank ons lewens bepaal. Die Staat bly die ding wat ons aandadig en nagverantwoordelik gaan hou vir alles waarteen ons in opstand kom … en wat ons na opsien vir redding en versorging. Daarmee saam moet ’n nasionale karaktertrek, as so iets sou bestaan, in ag geneem word: die skeptisisme wat jou daarvan wil oortuig die glas was nog altyd halfvol al loop dit ook oor. Frankryk is egter kosmopolities en dit word al hoe meer ’n deurslaggewende faktor. As ons net ons alewige nuk om alles te wil intellektualiseer en struktureer (en dekonstrueer) kan omvorm, is daar ’n goeie kans dat daar sterker inisiatiewe vir verantwoordbare medeverantwoordelikheid kan voortkom uit die burgery, van die citoyens. (Hier is nie veel sprake van ’n burgerlike samelewing nie – die Staat en al haar afwentelinge met rosette in die lapelle steel nog te veel suurstof.) En as ons tog net die verslawing aan paraître hok kan slaan! Die Staatspresident is ’n goeie voorbeeld: Hy sal diep in die lens van die televisiekamera kyk, intiem soos ’n aspirantakteur, en maak asof hy elkeen van ons persoonlik iets op die hart wil lê. 

Het die pandemie ’n uitwerking op jou daaglikse ritmes en kreatiwiteit? Hoe reageer skrywersvriende en ander kunstenaars in jul gesprekke hierop?

Op die daaglikse ritme wel. Mens lewe in ’n vreemde tussentyd in ’n plek waar die tyd stilstaan. Ons is met die laaste geskeduleerde Air France-vlug uit die Kaap weg, kort voordat mense daar streng ingeperk is. Meer so as hier, waar jy met die nodige vergunning darem ’n uur per dag buite kan wees om kos en koerante te koop. Restaurante en winkels vir kunsmateriaal is toe, maar ná ’n tydjie het ons kon uitwerk waar die allernoodsaaklikste gekry kan word. En dis ’n openbaring om die buurt te ontdek, veral noudat dit onbesoedeld en stil en kleurryk is. Nou sien en ruik mens dit vir die eerste keer werklik ná al die jare. En jy word bewus van die voëllewe in tuine en bome. Dis net die kraaie wat vermenigvuldig en al hoe meer teenwoordig en astrant word wat jou rillings gee. En rotte op boupersele waar die werk gestaak is.

Ek neem baie foto’s van die onmiddellike omgewing, binne en op straat, wolke bo die stad, weerspieëlings in die fasades van leë winkels. Die buurman straat-af het vir my ’n aantal doeke voorberei en in ruil bring ek vir hom brood en vrugte. Die uitruilings van gedagtes met medemarginales is lakonies. Ons maak mekaar attent op boeke wat die moeite werd is om te lees. Alles is stil, so asof dit asem ophou. Ons was nie veronderstel om nou hier in Parys te wees nie, en eintlik weet ek nie waar my vriende is nie. Die verbintenisse is virtueel. Mense wat ek gedog het lankal nie meer in lewe is nie, maak uit die bloute van die kuberruim hulle opwagting. Ons slaap miskien minder, dieper soms, en dikwels ook meer onrustig. Hier is baie Afrikane in die buurt en hulle steur hulle instinktief nié aan “sosiale distansiëring” nie. Mense wat dit nog nooit vantevore gedoen het nie, draf nou al om die park wat gesluit is. Die haweloses sit breed onder bruê op versaakte en ingesakte sofas, soos boere op hulle plaasstoepe. Die enkele voetgangers dra dikwels smoelkappies. Jy sien die stilte in hulle lywe, hoe hulle maak asof hulle mekaar nie raaksien nie.

Die internasionale situasie wek skynbaar by skrywers, digters en skilders verskeie/verskillende vrae. Hoe beskou jy die besinning oor rolle en mediums as skrywer, digter én skilder in hierdie tyd?

Een uitloopsel van hierdie paradigmaverskuiwende periode is blykbaar dat mense veel meer aangewys gaan wees op virtuele verbinding, op Skype en ander elektroniese interaksie. Wat gaan dit behels vir uitgewerye? Vir uitstallingslokale en teaters en musieksale? Reeds begin mens van jou goed versprei sonder om daaraan te dink as intellektuele of ander soorte van “eiendom”. Die wêreld het skielik veel meer toeganklik geword, alles is binne bereik – en daarom is mense meer afgesonderd en eensaam as ooit tevore. (Maar ook een-saam.) Jy skryf en skilder veel meer net vir jouself, in gesprek met jou nietigheid, en dit hoef nie toeganklik te wees nie. So in die verbygaan behoort dit gesê te word dat die werklike skade wat ons toegelaat het om aan onsself en die planeet en die Werklikheid gedoen te word, die innige vervreemding en verwildering, is om oorgeneem te word deur die middele, gevlei en gefatsoeneer en uiteindelik afhanklik van virtuele sogenaamde kommunikasie en wat as “sosiale media” beskryf word. Méér so en veel meer dodelik as die virus. In die proses het ons nie “astronote” geword nie maar “paranote”.

Die mense wat vorm en uiting gee aan wat met ons gebeur, het nie ’n sentrale rol nie. Die tyd vir predikers en profete is verby. Maar die mensebehoefte aan skoonheid, en aan die ervaring van die grein van syn, hoe dit ook gedefinieer mag word (en dit behels veel meer teenstrydighede as wat ons wil besef), sal altyd met ons wees. Miskien kan ons nie méér verwag van die kategorie aangeërs wat jy hier bo noem as dat hulle sjamaans van helderheid mag wees of word nie.

Vandag het ’n stapel koerante en tydskrifte en selfs boeke getuimel van ’n afpootstoel wat ek eenkant hou om weggegooi te word. Onder die boeke was daar Walter Benjamin se Illuminations. Ek kom toe af op iets wat ek onderstreep het in sy essay “Die taak van die Vertaler”: “In die waardering van ’n kunswerk dra die inagneming van die ontvanger nooit veel vrug nie. (…) Kuns (…) postuleer die mens se fisiese en geestelike bestaan, maar nêrens bemoei dit sig met sy antwoord nie. Geen gedig is bedoel vir die leser, geen afbeelding vir die persoon wat daarna kyk, geen simfonie vir die luisteraar nie.” En ’n bietjie verder in dieselfde bundel opstelle kom ek in sy “Franz Kafka” af op die verskriklike aanhaling uit ’n Verslag aan die Akademie: “Ek het mense nageaap omdat ek op soek was na ’n uitweg, en om geen ander rede nie.”

Stilte is vervleg met jou kreatiwiteit. Vind jy aansluiting by wat vir talle die skielik "vreemde" stilte in stede is? Wat is jou ervaring hiervan die laaste ruk?

Daar is baie soorte stiltes. Die stilte van wat nie gesê kan word nie – ook die skuldige stilte wanneer jy insien die oormag is te veel, dat jy nie kan inpas by die gekwetter van slim analises en bespiegelings en selfversekerde voorspellings nie. (Daar is ook die skaamkwaad stilte by die besef van hoe lustig jy tot die geraas bygedra het!) Daar is die stilte van onmag wanneer jy voorgesê word jy het jou kans om ’n volwaardige deelnemende mens en landsburger te wees verbeur, dat dit van jou verwag word om stil te bly en boete te doen en polities korrek dankbaar te wees dat dit jou gegun word om nog ’n bietjie verder te lewe. Daar is die stilte wat jou opgelê word wanneer daar vir jou gesê word dis ’n onsensitiewe en uiteindelik kriminele colonial mindset om jou in die plek van die ander te wil indink, dat jy nooit kan weet hoe dit is om die ander te wees nie. Daar is die stilte wanneer jou mond met hartgare toegenaai word omdat jou taal in al haar variante agterlik, besmet, mensonterend, peasant, rassisties is … want nou is ons wêreldburgers – hier praat ons vervreemding en onteiening van menswees; hier praat ons die voorkeurtaal, Globish; hier praat ons nie brood nie maar koek en aansien en ambisie – gaan babbel jou kindertaaltjie by die huis … maar liefs nie só dat dit die vrede verstoor nie. Daar is miskien die stil besluitneming van dié wat oor lewe en dood beskik dat die oorskietmense nie gered kan word nie, daar is nie genoeg asem vir almal nie. Daar is die stilte van mense agter glas wanneer hulle nie kan verstaan waarom hulle nie meer aan ’n geliefde se hand kan raak nie. Daar is die stilte van asem in die bome. Daar is die stilte van rye doodskiste wat in slote toegegooi word. Daar is die stilte van Mandela se lippe. (Net die kadders bly raas in hulle bakleierige vraatsug.) Daar is die stilte wanneer jy wakker word in die nag en wonder of jy nog weer asem wil haal. Daar is die stilte van woorde wat verdwyn in die gang van skrywe. Daar is die verskriklike stilte van vrees in die oë van ’n Palestynse kind of grysaard wat nou bestaansdiewe en vyande geword het in die land van hulle geboorte. Die dooie stilte in die houding van derduisende Oeighoers en Tibettane waar hulle hurk in ry op ry in die Volksrepubliek van China se regmaakkampe. En nou die stilte van ’n stad wat – wanneer – gister? nog gebruis het met die lewe van verkeer, van kinders wat skool toe gaan, met malletjies wat skel en venters wat nikse verkoop.

Daar is die stilte van ons aardskip oor ’n donker spieëlsee waarin sterrestelsels flonker.

En dan is daar die oneindige stilte wat alles omvat, wat nié stilte is nie, wat jy opvang omdat jy deel daarvan is, omdat daar geen jy is om deel te wees van wat dan ook nie. Miskien die vibrasie van die klepel teen die rand van die sirkelgang van klank.

Geen stilte is sonder ruising nie, al is dit slegs die geruis van afwesigheid. In ’n katalogus van werke van Heloisa Novaes, Om die wêreld te ontdek, lees ek ’n flarde teks van Clarice Lispector: “Chagall is ’n dwaas wanneer hy ’n koei in die naghemel plaas om oor die dakke te vlieg. Dis so te sê onmoontlik om die oordaad liefde wat ’n dwaas oproep te vermy. Want slegs die dwaas beskik oor uitspattige liefde. En slegs die liefde skep die dwaas.”

Lees jy in hierdie dae enigiets spesifieks? Wat is vir jou besielend om na te kyk en/of na te luister?

Baie dinge, sommer los en vas. Dikwels werke wat ek weer en weer lees en vergeet dat ek hulle reeds gelees het. Meestal boeke wat amper toevallig hier in die ateljee beland of agtergebly het. Die meeste van my boeke is in Katalonië of nou ook in die Kaap en ek verloor hulle spoor, probeer aanmekaar iets van ’n orde skep. Marc de Smedt se Chevaucher le Vent (juis oor meditasie en stilte); Hatif Janabi se Questions and their retinue (gedigte uit die Irakkese Arabies vertaal deur Khaled Mattawa); Japanese death poems, wat mens laat regop sit en sê, “nee fok, so kan dit nie aangaan nie”; my ou kameraad Sam Hamill se A poet’s work, opstelle oor “the other side of poetry”; die evokatiewe gedigte van Gisela Ullyatt (Die waarheid oor duiwe), en wonderlike goed wat my kant toe kom, soos ’n onlangse ongepubliseerde vers van Marlise Joubert; Walter Benjamin se Essays and reflections soos saamgestel deur Hannah Arendt (hy skryf oor Kafka: “[B]ecause the most forgotten alien land is one’s body, one can understand why Kafka called the cough that erupted from within him ‘the animal’. It was the most advanced outpost of the great herd.”); Camus se La peste wat ek gratis kon aflaai; lieflike gedeeltes van Louise Viljoen se boek oor die lewe en werk van Ingrid Jonker, wat in Engels verskyn by Ohio-universiteit.

En soms vang ’n onderhoud mens se oog. Ken jy die gedagtewêreld van Edgar Morin? ’n Dierbare ou Franse toppie, as ek nou so familiêr mag wees. Versigtig pessimisties, kan mens sê. Byna honderd jaar oud en so vars soos pietersielie. Hy praat en skryf dalk te veel – soos alle Franse intellektuele geneig is om te doen – dis waar ek my spraaksamigheid opgetel het, alhoewel my ma se mense ook al baie glad met die bek saam was – maar altyd die lees en die probeer kop werd. ’n Onlangse onderhoud in Le Monde word aangebied onder die aanhaling van, “Hierdie krisis behoort ons gees wat vir te lank ingehok is in die onmiddellike oop te maak.” Hy maak dan die stelling dat al hierdie verwoestende omwentelinge wat ons ondergaan, en wat skynbaar nie onderling verwant is nie, in feite verbind is. Hy sê hierdie epidemie het ons in ’n “fees van onsekerhede” gedompel. Hy vaar uit teen die verslawing aan die oortollige en die oorbodige en spreek die hoop uit dat ons nou oplaas kennis gaan neem van ons hoenderkop verbruikerswaansin, ons onderdanigheid aan advertensie-aanhitsing, dat ons nou gaan insien daar is gesonde en mondsmaaklike voedsel, ’n volhoubare produksie en nie slegs ’n weggooigoedkultuur nie. Maar hy hou nie sy asem op nie. Sal die krisis lank en diep genoeg duur om ons tot ons sinne te bring? Hy wil glo daar is hoop dat die evolusie wat reeds begin het – die bewuswees dat ons onlosmaaklik deel is van en verantwoordelik is vir alle lewe, vir die kosmos – versnel kan word. “Gaan ons uit-die-hok kom die begin van die einde van ons megakrisis beteken, of gaan dit net erger word? ’n Nuwe opbloei of ’n depressie? Enorme ekonomiese krisis? Voedseltekort in die wêreld? Voortsetting van globalisering of ’n terugtrek agter skanse? Wat van die toekoms van globalisering?” (Op Frans word daar ’n verskil gemaak tussen “mondialisation” en “globalisation”.) “Sal die afkop neoliberalisme weer beheer oorneem? Gaan die groot moondhede nog meer vyandiggesind opgestel wees teenoor mekaar? Gaan die gewapende konflikte wat so min of meer bedaar het, nou nog sterker opvlam? Sal daar ooit ’n reddende internasionale élan van samewerking kan wees? Sal daar ten minste ’n mate van politieke, ekonomiese en sosiale vooruitgang wees soos ná die Tweede Wêreldoorlog? Sal daar ’n voortsetting en verdieping kan wees van die solidariteit wat die krisis ook gebring het tydens ons periode van tydloosheid, en nie slegs vir die dokters en die verpleërs nie maar ook vir die straatveërs en die instandhouers en die afleweraars en die kassiere – sonder wie ons nie sou kon oorlewe het nie terwyl ons goed genoeg kon klaarkom sonder ’n Aandelebeurs en die Rykes? (…) Gaan die onthoktes die ydele en rasende siklus van egoïsme en verbruikerisme hervat? Of gaan daar (kan daar?) ’n nuwe bron van medemensliewende en saamlewende beskawing oopgeboor word waar die poësie van die lewe in kan baai, waar die ‘ek’ vervulling kan vind in ’n ‘ons’?”

Kyk? Die lig en die helderheid buite, die boomtuine wat tot bo-op dakterrasse aangelê is, die maan wat nader aan Urd (die aardbol) gekom het as ooit, graffiti teen die mure en op sypaadjies – af en toe met die mees onverwagte afbeeldings – die tone-na-binne-gekeer-manier van stap van duiwe pad-af, soos koertannies op pad na die OK Bazaar, na van my eie skilderye wat ek aanmekaar weer op wil neem en verander, na die lieflike geboue wat ek nooit vantevore opgelet het nie, laatnag na ’n goeie ou donker film met Jean Gabin of met Jeff Bridges, na wonderlike en onthutsende kortfilms van Afrikane, na die mallighede (op televisie) van argeoloë wat ou artefakte opgrawe en interpreteer van ’n lewe wat ons nooit geken het nie en ons nou moet verbeel. As straf na die werklik vreesaanjaende, selfversekerde smoele van die base van Amazon en Google en Facebook … en al die Dr Strangeloves wat hulle onversadigbare vernielsug moontlik maak. Ná die dood-van-alles-wat-ons-ooit-geken-het-protagoniste van “kunsmatige intelligensie”. (Wat sou kuns-matig wees?) En as ek myself nou regtig die horries wil gee, na Trump en Poetin en die so nederige Chinese president. “Long live! Long live!”

Luister? Na oom Ollie Viljoen en na Skalla Joubert en na David Kramer en na Johnny Kerkorrel en na die Brasse van die Kaap en na Piet Botha en na Lieze Stassen … En na Bra Leonard. Herhaaldelik. En na Mozart en Bach en soms Beethoven. En na die voëlsang vroegoggend. En na die stilte. En na wanneer Yolande opstaan en daar skielik weer lewe in die ateljee is.

Maniere van lees kom na vore soos wat ’n era daarna vra. Dít blyk opnuut in hierdie diskordante tydperk. Wat bied die bewustheid en heersende indrukke van ’n gefragmenteerde samelewingsnarratief vir ’n skrywer? Hoe gaan skrywers daarmee om?

Miskien die erkenning dat ons nie beskik oor ’n gesaghebbende en saambindende narratief nie. Dat ons ten dele ervaar. Dat elke woord (en gedagte) soos ’n klippie in die nie-weet plons en, vir ’n wyle, ’n rimpel sal maak op die oppervlak. Dat alles omswagtel is in stilte. Maar dat ons nie anders kan nie. Dat daar nie van Leser verwag kan word om wat gelees word, aanmekaar te string en te voltooi nie, maar dat die sekwensies en die wat-makeer tog ’n passasie (en soms ’n passaat) aanbied. (Wanneer laas het ons die evokatiewe en melankoliese “passede” tyd opgeroep?)

Die nuus word om verstaanbare redes oorheers deur die pandemie. Terselfdertyd het dit tot gevolg dat verskeie, eweneens belangrike kwessies na die periferie geskuif word, problematiek wat verskeie mense en streke op allerlei maniere raak. As magspolitiek aan die een kant van die spektrum is en medemenslikheid aan die ander, wat word in die huidige situasie beklemtoon én uitgebuit? En wat gee hoop, skep vernuwing en nuwe, oper ruimtes van watter aard ook al?

Ek is regtig bang dat hierdie krisis-waarin-ons-almal-is gebruik en misbruik gaan word om allerlei “onafgehandelde en kontensieuse” wette deur te druk siende ons aandag elders is. In die naam (en met die perverse verdraaiing) van bemagtiging, van vrye toegang vir almal, gaan die owerhede probeer om kopieregwette te verander. Dis nie net die wegneem van karige inkomste waaroor skrywers miskien sou beskik nie, maar ook ’n meer algemene uitgangspunt dat wat ook bestaan, eers vernietig moet word sodat ’n regverdige bedeling in die plek kan kom. (“Gee, gee, gee … gee my jou sente …” het Johannes al gesing, met baie pyn in sy stem.) Idem vir die plase. Ons beweeg na ’n afhanklikheidsamelewing. En tot wie se voordeel? Die “bevrydingsbeweging”, die kadders wat droom van ’n Partystaat, van totalitarisme à la China. (“Long live! Long live!”)

Maar ek dink nie dis haalbaar nie. Ek wil optimisties wees en glo dat as hierdie krisis wat skynbaar van nêrens gekom het – en ons weet die daaropvolgendes kan net erger wees – ons almal diep genoeg ontsetel het, dalk elke sektor op ’n eie manier ontwrig en bevraagteken – ons geen ander keuse gaan hê as om werklik te begin versoen nie. Nie die toesmeer met aandpraatjies vir die vaak van mense (“leiers” glo) met oorgewig ego’s nie, maar dan met betrokkenheid van almal. Dat ons werklik gaan begin luister na mekaar. Dat winsbejag en oënskynlike wedywering die dood in die pot is. Dat ons in ons moer is. Dat dit slegs van almal van ons gaan afhang of ons ondergaan of, met deernis en onsekerheid, oorlewe ter wille van dié wat voor ons was en dié wat, miskien, ná ons kom.

“Saam het ons in die kak beland, saam kan ons daar uitkom.”

Interdissiplinêre navorsing wys op die regstreekse korrelasies tussen verdwynende natuurlike habitatte en verlies aan tale. Dit is dus voor die hand liggend dat taal- en biodiversiteit beskerm moet word. Hoe beskou jy die plek en belangrikheid van die diversiteit van Afrikaans?

Ek het onlangs vir ’n aantal kennisse die onderstaande gestuur. Miskien het jy dit opgetel? Dit was na aanleiding van die saak wat hangende gemaak word teen regter Cameron.

Miskien word dit nou tog duidelik dat die kwessie veel groter was – veel groter is – as Stellenbosch University se gewraakte (en uiteindelik kortsigtige en mensonterende) taalbeleid; dat die moontlike voortbestaanvraag wat ons aan die strot gryp, is of ons leiersfigure oor genoeg insig en etiese ruggraat beskik om te realiseer die totalitarisme, van watter aard ook, wérk eenvoudig nie; dat die saamsnoering ’n dinamiese en dialektiese proses is wat lewend gehou moet word indien dit ons erns is om saam te wil lewe; en dat hierdie proses se lewensvatbaarheid afhanklik is van die mate waartoe struktureel, konkreet, kultureel ruimte gelaat en bevorder word vir die lokale, vir tekstuur, vir die verantwoordelike aanvaarding van ’n saam-mekaar-anders-maak aan die hand van ’n etiese verbeelding, van verantwoordbare interaksie.

Daar KAN geen “eenheid” wees sonder die daadwerklike inagneming van “diversiteite” nie. Mens wil byna sê: geen “universiteit” sonder die erkenning en waardering van “diversiteit” nie.

Goeie genade, is dit dan so moeilik om te verstaan?

Groete – en sterkte aan almal toegewens vir hierdie donker tyd.

Breyten Buitetjank

In Suid-Afrika is dit inderdaad mensonterend hoedat die groot en betekenisvolle diversiteit inherent aan Afrikaanssprekende gemeenskappe geleenthede vir opleiding en verder opvoeding ontneem word. Magspolitieke masjinasies het ’n enorme impak op geslagte Afrikaanse mense – dit was die geval onder die nasionaliste destyds en vandag is dit weer so. Wat beskou jy as die grootste toets vir moedertaalonderrig in Suid-Afrika tans, met Afrikaans as voorbeeld? Wat aan die aanslag van die huidige leierskap van die Universiteit Stellenbosch byvoorbeeld moet verander om die groot verskeidenheid binne Afrikaans daadwerklik te erken en ten beste te dien?

Ek dink my reaksie op jou vorige vraag vang hierdie kwessie op, ten dele ten minste.

Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie, maar net so “geregtig” as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie en in hierdie besinning (en besinging) gaan dit ons niks help om ’n oorhand te wil kry op ons diversiteit met oorlamse drogredenasies van “suiwerheid” en “outensiteit” en “wie was eerste” en wie het besluit wat moet erkenning kry en bevorder word nie. Dis die stuiptrekkings van petit-boersjwa mense wat smag na die bietjie aansien, verkieslik Engels, van society, van hulle met die hoë agterstewes.

Dat ons tuisgeteelde hans-fasciste van vroeër, as “leiers” met Cele-hoofdeksels, lank en behaaglik in die water gepis het (jammer vir die growwe taalgebruik – maar so is ons ook) en toe wou hê ons moes dit drink as nagmaalwyn, is waar. Dat daardie verkramping van apartheid nou nog gebruik word as pampoenspook deur mense wat enigiets sal aangryp om hulle eie gebrek aan agentskap en verantwoordelikheid-van-nou-en-hier-en-vorentoe mee te verdoesel, is gewoon pateties.

Dat ons van jongs af geleer moet word wat dit beteken (kan beteken) om Suid-Afrikaans te wees – soos elders op die kontinent Pigmees en Hutu’s en Berbers – en dat dit moet behels dat ons struktureel blootgestel word aan al ons inheemse tale as erfgoed, as eiegoed, as saamgoed, as die basis van ons gedeeldheid, as uiting van ons respek vir mekaar en ons potensiaal om saam te lewe, is tog ’n onomstootlike en dringende noodsaak! Dit gaan om veel meer dan die lewensvervreemde establishment van Skellumbos Universiteit. Gun hulle hul “universaliteit”, hulle plekkie op die internasionale rangorde, hulle illusies van aansien, hulle stertswaaiery en opgeblasenheid. Hulle sal vanself irrelevant word. Hierdie krisis gaan hulle nie help nie.

Die wêreld is midde-in ’n versnelde oorgang wat groter ongestruktureerdheid en/of onwrikbaarhede in die hand werk; tesame hiermee kom wel ook ’n groter klem op beweging en beweeglikheid. Jy noem dat teenstrydige prosesse versnel. Wat kan die skrywer en kunstenaar bydra binne hierdie geweldige onbestendighede wat ook die opeis van geleenthede daarstel wat dalk nie tevore daar was nie?

Om aan te hou beweeg en rekenskap te probeer gee van daardie beweging, en uit te reik, en aanspreeklikheid te aanvaar vir die feit dat ons nie weet nie, nie profete is nie, nie “leiers” is of kan wees nie, sekerlik nie altyd reg of selfs redelik is nie, en dat dit tog te maklik is om ons bloot as “provokateurs” af te maak – maar dat ons van die oertyd af al, van sterre-tel-tyd al iets essensieel het om by te dra en waarsonder ons mens-dom nie kan klaarkom nie. Al is dit dan ook slegs die gebeier van die rand van die onkenbare waarteen ons klop. Om daarvan te bly getuig dat die saamkrimping en uitbreiding van gewaarsyn eie is aan alle lewe. Dat ons wat “mense” is, nie meer reg het as enige ander vorm van lewe nie. Dat ons, sover ons weet, kom om te wees en dan te gaan, dat ons die daarstelling vergestalt en die uitvee aanvaar – maar ook dat daardie “kom” versluier is in ’n onpeilbare verlede net soos die “gaan” ’n oorgaan is in organiese lewe. (“Ons lewe, ons sterwe: Is dit nou nodig om so ’n bohaai te maak oor so ’n vanselfsprekendheid?”) Maar ook dat ons hierdie teenstrydige geleentheid moet aangryp om te besef ons méér-wil-wees, ons méér-wil-hê, lei onvermydelik tot die vernietiging van alles, van ons asemruimte en -beweging, en ook van Urd. Daar gaan niemand en niks wees om wat dan ook te onthou nie. En, miskien, te weet (werklik te integreer) dat metamorfose beteken ons word anders. Dat die enigste kenbare die oorgange na die onbekende is.

Sam Hamill, my ou mankbeen pel, haal ’n redelik onbekende en niegekanoniseerde gedig van Kenneth Rexroth aan in sy opstel “The poetry of Kenneth Rexroth”. Hier is die laaste drie reëls. Dit kom uit “Confusion of the senses”:

We lie together listening
To each other breathing in the moonlight.
Do you hear? We are breathing. We are alive.

Parys, 22 April 2020

The post Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin? appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Willem Krog oor Alleen onder die maan

$
0
0

Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met ’n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur ’n rekenaar behartig. Alleen onder die maan vertel die verhaal van Jaco, ’n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.

Remona Voges het met Willem Krog oor sy roman gesels. 

Foto van Willem Krog: verskaf

Alleen onder die maan
Willem Krog
Uitgewer: Jonathan Ball
ISBN: 9781776190119.

Hallo Willem en baie geluk met jou nuwe roman, Alleen onder die maan.

Jy is ’n praktiserende advokaat en het in 2011 met Jacobus gedebuteer. Jy het egter in ’n skrywershuis grootgeword. Hoe was dit? En waarom het jy eers op ’n later stadium in jou lewe vir die eerste keer fiksie gepubliseer?

Skrywershuise is nie magical plekke nie, en met vyf kinders was daar oorgenoeg gewone dinge. Wat jy wel besef, is dat skrywers spasie (tyd) nodig het. Ek het eers later in my lewe sulke spasie gevind asook die terapie wat dit meebring.

Daar is twee hoofkarakters in Alleen onder die maan. Kan jy ’n bietjie meer oor hulle vertel asseblief?

Vir my is daar net een hoofkarakter – Pieter Malan. Hy is gelukkig in sy omgewing wat in die toekoms afspeel waar hy video games toets vir ontwikkelaars. Sy lastige pa, wat oor alles ’n opinie het en aanhoudend skop teen gedane sake, is ’n beslommernis vir hom maar soos dit ’n goeie burger betaam, verdra hy sy pa.

Hierdie vraag sluit ’n bietjie by my vorige een aan: Kan jy vertel in hoe ’n mate jou nuutste boek ’n voortsetting van die karakter Jacobus (of Jaco in die nuutste boek) se lewe is?

Daar is wel ’n voortsetting van die karakter Jaco Malan in Jacobus in Alleen onder die maan. Dit is nou net baie jare later met baie wat verander het.

Daar word aan die begin van elke hoofstuk uit Herbert Marcuse se One-dimensional man aangehaal. Waarom dié keuse?

Marcuse het in sy boek voorspel hoe veral tegnologie die mens gaan verskraal in sy dimensies sodat hy niks meer as ’n enkeldimensie is nie. En soos jy weet, is ’n enkeldimensie eintlik amper onsigbaar. Alleen onder die maan probeer om die eendimensionaliteit te verwoord.

Jy skryf in die roman oor ’n familieplaas in Kroonstad. Ons weet ook dat jy regtig op ’n plaas in Kroonstad grootgeword het. Wat is dit van hierdie plek wat die verbeelding so aangryp?

Om op ’n plaas groot te word was ’n reusevoorreg, maar ’n ontsettende onreg teenoor die baie grondloses in ons land. Dit is hierdie teenstrydigheid wat die fassinasie bring, want hoekom is so ’n idilliese plek dan ook ’n onreg? Ons leer tog (in sprokies of die Bybel) dat onreg reggestel moet word en dat dit wat die onreg veroorsaak, oorwin moet word. Maar tog is dit die plek wat jou die sin van die lewe bedien het.

En hoe lyk die plaas in jou roman?

Die plaas in die roman is onpersoonlik en funksioneel – dit verskaf kos en daar is nie ruimte vir die persoonlike nie.

Jy verkies die term spekulatiewe fiksie eerder as wetenskapfiksie. Waarom?

Wetenskapfiksie vereis ’n goeie kennis van die wetenskap, want dit het gewoonlik ’n wetenskaplike identiteit wat óf as tema óf as motief vir die fiksie dien. Alleen onder die maan spekuleer bloot oor die toekoms sonder om wetenskaplik daaroor te wees.

Die roman kon in ’n sekere opsig nie op ’n beter tyd die lig gesien het nie, juis omdat die verhaalgebeure nie so ver van die werklikheid verwyderd voel in hierdie tyd van korona nie. As jy moet spekuleer: Hoe dink jy gaan Suid-Afrika en die wêreld ná korona lyk?

Ek dink nie korona gaan baie aan menslike gewoontes verander nie – dit sal vinnig herstel en sal ons weer kuier ens. Wat dit wel gaan verander, is die ekonomie. Die maatreëls wat afgekondig is, gaan besighede wat marginaal funksioneer tot niet maak en kompetisie verminder. Goed gaan duurder word en die rykes ryker en die armes armer.

Daar het ook al ’n digbundel van jou die lig gesien. Verkies jy om fiksie of gedigte te skryf? En waarom?

Ek het nie regtig ’n voorkeur nie – albei is ewe moeilik. Die dissipline van fiksie is wel anders as die consuming natuur van gedigte.

As jy moes kies, wat sou jy sê is die boeke wat die grootste invloed op jou as mens en skrywer gehad het?

Feitlik elke boek wat ek gelees het, het ’n invloed gehad, maar op my as mens sal dit die One-dimensional man wees en op my as skrywer is dit ’n Duisend stories oor Johannesburg van Harry Kalmer.

 

The post Skrywersonderhoud: Willem Krog oor <em>Alleen onder die maan</em> appeared first on LitNet.

Korona-kortverhaalfees: Jan van Tonder oor “Pa, Ma en die liefde”

$
0
0

Jan, jou biografie op LitNet sê dat jy jou eerste tydskrifverhaal in die tronk geskryf het. Dit klink sommer baie interessant – was jy regtig in die tjoekie en hoe het dit jou skryfloopbaan beïnvloed?

Ek het met ’n BA-graad in sielkunde en kriminologie en ’n droom om gevangenes te help rehabiliteer by die destydse Gevangenisdiens aangesluit. My dienstyd het begin by die oorbevolkte Point-gevangenis in Durban, waar swart, bruin en Indiërgevangenes aangehou is. Van pogings om hulle te rehabiliteer was daar min sprake.

Nadat ek herhaaldelik by die hoof van die gevangenis en sy plaaslike seniors – later ook by besoekende offisiere van die hoofkantoor in Pretoria – gekla het oor die onmenslike wyse waarop sommige bewaarders die gevangenes (met die ondersteuning van die hoof) behandel het, is ek na ’n wagpos op die tronkmuur verban, waar ek my dae en weke en maande deurgebring het – die gevangenes had veel meer beweegruimte as ek. Al voordeel wat ek bo hulle gehad het, was dat ek nie aan willekeurige klappe en knuppelhoue onderwerp was nie, en dat ek darem na elke dag- of nagskof in my gevangeniswoonstel kon gaan slaap.

Hierdie moeilikheidmaker se aansoek om ’n oorplasing na Pretoria Sentraal agt maande ná sy aankoms in Durban is met geesdriftige dankbaarheid aanvaar. Maar my dienstyd in Point, veral die maande in die wagpos, het van my ’n skrywer gemaak. Baie jare later het ek die tronk weer besoek. Dié was tot op die grond afgebreek en daar het bossies deur die sementvloere begin breek; die mure en die wagpos net ’n herinnering.

Waar kom jy aan die gegewe van hierdie verhaal? Is dit gegrond op ’n persoonlike ervaring, en is die karakters mense wat jy ken?

Êrens in die eerste helfte van 1977 het ’n paar van ons gesinslede oor Kersfees gepraat, en ons ma, Anna, het uit die bloute gesê: “Ek sal nie Kersfees hier wees nie.” Ons het geantwoord dat sy nie laf moet wees nie, en die gesprek oor die Groot Dae voortgesit. Voor daardie oggend/middag/aand moes ek Mammie van tyd tot tyd na die Spoorwegdokter toe neem (as dagstudent aan Tukkies was ek die aangewese persoon om dit te doen). Die dokter het haar telkens met die een of ander soort medisyne huis toe gestuur.

Een Sondagoggend, laat in September, kon Mammie nie opstaan nie. Pa het die dokter gebel en nie lank daarna nie het die arts sy sportmotor voor ons huis in Laseandralaan geparkeer. Die kap was afgeslaan. ’n Pragtige jong blonde vrou met ’n kopdoek het stroef bly sit. Die dokter het ingekom en Mammie ondersoek (dalk vir die eerste keer behoorlik) en sommer van ons foon af gebel en gereël dat sy onmiddellik in die HF Verwoerd-hospitaal opgeneem word.

Op 22 Oktober, toe die jakarandas begin bloei, is Mammie in haar hospitaalbed dood. So was dit. Die res van die verhaal is fiksie.

Jy het ongelooflike sukses met romans soos Is Sagie, Die kind en Roepman, en ook Die verevrou gehad. Is kortverhale jou eerste liefde, of het romans daardie plek ingeneem?

Skryf is my allesoorheersende liefde. Die genre wissel. Die afgelope jare hou ek meer van romans, maar ek word soms verlei om iets anders aan te pak – aandagafleibaarheid synde een van my vele tekortkomings. Buiten romans en kortverhale het ek al suksesvolle radio- en verhoogdramas geskryf, selfs die eerste weergawe van Roepman se draaiboek.

Ek droom van ’n digbundel, maar nie alle drome word waar nie.

 

Lees Jan van Tonder se kortverhaal, “Pa, Ma en die liefde”, hier:

Pa, Ma en die liefde

The post Korona-kortverhaalfees: Jan van Tonder oor “Pa, Ma en die liefde” appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Anel Heydenrych oor Die afloerder en haar liefde vir stories

$
0
0

Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.  Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer. Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek. Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die moordenaar nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak? Die afloerder  is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.

Remona Voges het met Anel Heydenrych oor Die afloerder gesels. 

Anel Heydenrych (Foto: verskaf)

Die afloerder
Anel Heydenrych
Uitgewer: Penguin
ISBN: 9781485904328

Anel, jy het in 2016 met ’n erotiese riller, Malhuis, gedebuteer. Die afloerder word as ’n sielkundige riller beskryf. Van waar jou liefde vir dié genre?

Ek dink dit het met die spanning en die pas te doen. Van kleins af het ek gesukkel om "liefdesverhale" te lees, omdat dit vir my vervelig en voorspelbaar was. Ek is verslaaf aan boeke met ’n vinnige pas en "stewige spanningslyn".

Ek ly erg aan die "verveeldheidsiekte"; dinge verveel my gou. Ek dink ’n mens probeer maar boeke skryf waarvan jy sal hou om te lees. Die sielkunde en wat mense motiveer om dinge te doen fassineer my baie. Reeksmoordenaars, en veral "wat hulle gemaak het wat hulle is", is iets waaroor ek baie dink. Ouers en grootmense in die algemeen weet nie wat die effek van hulle dade (en woorde) op kinders is nie. Om dié aspek te ontgin is vir my baie opwindend.

Ek hou van rillers omdat dit mens aan die wonder hou en selfs bang maak. Ek glo die leser moet wil aanhou blaai, en ’n riller bied die ideale geleentheid. Ek dink die genre word toenemend gewild omdat mense wil ontsnap van hulle eie "rillers"/realiteite en met ander s’n identifiseer.

Ek wil ook graag boeke skryf wat mense oor die lewe, of ’n aspek van die lewe, laat dink. Ek dink dié genre bied hierdie geleentheid (vir my in elk geval).

Daar is ’n reeksmoordenaar in Die afloerder ter sprake. Kan jy bietjie meer oor hom vertel?

Die afloerder is gebore uit die báie boeke wat ek oor reeksmoordenaars gelees het. Hoe meer ek oor hierdie mense (en dié wat met hulle werk of hulle moet vang) gelees het en oor hulle navorsing gedoen het, hoe meer het ek  besef dat daar ’n gemene deler is. (Natuurlik is daar altyd uitsonderings.) Die reeksmoordenaars oor wie ek navorsing gedoen het, is byna deur die bank om een of ander manier mishandel as kind. In Die afloerder het ek probeer om die karakter so uit te beeld dat die leser insig moet kry in sy psige. Wat maak mense wat hulle is?

Die afloerder is ongelooflik wreed en die boek het grusame tonele wat nie maklik is vir sommige lesers om te hanteer nie. Maar ek het hom so geloofwaardig as moontlik probeer uitbeeld. In sy kop probeer kom. Hy is ’n voorbeeld van hoe hierdie wreedaards ’n dubbele lewe kan lei. Dikwels hier onder ons neuse. Ek was soms bang wanneer ek laatnag aan die boek gewerk het. 

Hy is hoogs intelligent, maar het geen insig in sy eie probleme nie. Hy wil die mag wat hy as kind verloor het, terugkry deur die "god" van lewe en dood te word.

Hy loer vroue (dikwels met ’n verkyker) af en soek een om te verkrag en te vermoor. Hy is arrogant en geslepe en glo dat die polisie nie bevoeg is om hom te vang nie. 

Ek wil nie veel meer sê nie, anders verklap ek dalk te veel!

Jy was vir lank ook ’n verslaggewer in Johannesburg. Vind jy dat jou ervarings as joernalis in jou verhale manifesteer?

Ek dink beslis so. ’n Joernalis is uiteraard nuuskierig, maar word ook met die lelike kant van menswees gekonfronteer. Dit maak dikwels ’n diep indruk op mens. Jy dink meer oor mense en hulle motiewe omdat jy ook met die donker kant van die lewe gekonfronteer word. Ongelukkig is daar nie net rose en liefde nie, maar ook pyn en wreedhede. Die samelewing is maar siek, en ’n joernalis word gedwing om wyd te kyk, anders kan jy ook nie ’n joernalis wees nie. Jy leer gou om alles te bevraagteken, al het jy self nie noodwendig die antwoorde nie.

Kan jy ’n bietjie meer oor die karakters Anje en kaptein Scholtz vertel?

Anje verruil haar loopbaan as misdaadjoernalis in Johannesburg vir ’n rustiger lewe op die platteland. Tydens ’n roadtrip ontmoet sy ’n mediese dokter op Colesberg, raak verlief en besluit om te trou en in die rustigheid van die Karoo haar tweede misdaadroman te skryf.

Maar na ’n artikel wat sy oor "Die afloerder" vir die koerant skryf, begin hy vir haar notas laat en betrek haar by sy siek speletjies.

Alhoewel waaghalsig en avontuurlustig, ervaar sy dat vrees ’n wrede tronk is.

Aanvanklik maak sy kontak met kaptein Siegfried Scholtz, wat aan die hoof van die ondersoekspan staan, bloot om inligting/stof vir haar artikels en roman te kry. Maar daar bly dit nie ...

Die dokter met wie sy getroud is, wys gou sy ander kant en word self ’n verdagte in die ondersoek. Alhoewel sy emosioneel mishandel word by die huis, besluit sy om nie ’n slagoffer te word wat nie haar doel kan bereik nie. Haar vriendskap met Victoria Seekoei (of Ma Vic) help haar om perspektief te behou en staande te bly.

Scholtz het probleme van sy eie. Hy worstel met ’n skuldkompleks oor sy aandeel in sy kind se dood. Sy vrou het weens die dood van hulle kind in ’n diep depressie verval. Sy baas dwing hom om ’n sielkundige in Bloemfontein te spreek, maar dit doen weinig om die skuld te negeer en hom te help om op die saak te fokus.

Hy is ’n goeie en toegewyde speurder met ’n passie vir geregtigheid, maar sukkel om in die "nuwe polisiewêreld" sy voete te vind. Hy worstel met ongemotiveerde en agtelosige kollegas. Te midde hiervan gee hy om vir die vroue wat deur die afloerder vermoor en "verpak" word. Maar sy huwelik wat uitmekaar val en die spoke van die verlede maak van hom ’n man wat weerloos is en sukkel om staande te bly.

Die titel van jou roman is interessant, omdat mens as leser ook eintlik karakters se lewens "afloer", nie waar nie?

Jy is inderdaad reg. Ek het eers so in die helfte van die roman besef dat die leser ook die karakters "afloer". Aanvanklik het ek hom gesien as die een wat op meer as een vlak "loer". ("Peeping Tom" in Engels is nie so mooi soos "afloerder" nie.)

Die titel sê ook iets van die gewetenlose wyse waarop hy mense afloer en homself die reg aanmatig om hulle lewens binne te dring. Asof hy die reg het om op verskillende vlakke te kan kyk.

Miskien het hy self ook te veel gesien of "afgeloer" as kind?

Ons woon in ’n land waar geweld aan die orde van die dag is. Hoekom dink jy is rillers en misdaadromans, wat vir ontspanning gelees word, steeds ’n genre wat die verbeelding van Suid-Afrikaanse lesers so aangryp?

In die joernalistiek sê ons mos: "If it bleeds, it leads." Mense is geskok oor geweld en bloed, maar ook gefassineer daardeur.

Ek dink dit is enersyds om tydelik van hulle eie wrede realiteite te ontsnap. Maar andersyds word die mens sedert die vroegste tye deur die donker kant van die lewe gefassineer.

Die karakters wat ons skep is so anders as gewone mense (nie almal nie; gewoonlik net die antagonis, soos die afloerder) en mense is nuuskierig om uit te vind hoe die skurk vasgetrek gaan word. Maar nie alle boeke in die genre het "gelukkige eindes"  nie. Maar mense hou van spanning en dat die booswig uiteindelik aan die kaak gestel word. Die "good versus evil"-beginsel sal (glo ek) altyd ’n gewilde onderwerp vir verhale bly.

Ek wil dit ook waag om te sê dat elke mens ook ’n donker en gewelddadige kant het. Die meeste leef dit nie uit nie, omdat dit nooit wakker gemaak is nie, of onderdruk word. Maar oorloë en mense wat byvoorbeeld gekyk het hoe sogenaamde hekse verbrand word, is bes moontlik ’n aanduiding dat elke mens ’n skadukant en gewelddadige neigings het.  

Wat is jou skryfproses? Volg jy ’n streng roetine?

Omdat ek so min tyd het om te skryf, kyk ek baie min televisie. Ek probeer veral naweke soveel as moontlik skryf. Ek is nie juis ’n roetinemens nie, so ek moet ook maar soms geïnspireer voel om te skryf. Wat ek wel geleer het, is dat my muse tussen my bas en die stoel is. Baie skrwers luister na musiek om hulle in ’n skryfbui te kry. Ek moet net op my bas sit, dan kom die idees (bruikbaar of nie). Baie nuwe idees kom terwyl ek skryf.

Ek het gewoonlik ’n basiese plot/storielyn, maar dit ontwikkel en verander soos wat ek tik. Karakterkaarte is belangrik, maar dit ook is belangrik om ’n karakter in sy eie rigting te laat groei. Ek is nie goed met formele prosesse nie. Ek kan nie eers ’n resep volg sonder om dit te verander nie!

Ek skryf ook nie eintlik chronologies nie. Ek spring dikwels tussen tonele rond soos wat die idees kom. En dan is dit soms ’n stryd om die chronologie later uit te sorteer.

Mens moet maar net skryf, die woorde in die pot gooi, roer en kyk wat jy opkook (soos wat Henning Pieterse altyd sê). Maar elkeen se skryfproses is waarskynlik anders.

Hoekom skryf jy?

Die kort antwoord is dat ek so mal soos ’n haas is. Wanneer jy die hoeveelste keer ’n toneel moet oorskryf, besef jy dit terdeë. 

Ek skryf omdat dit vir my regtig lekker is. Ek het in die VSA twee vlugte op een dag verpas omdat ek op die lughawe geskryf het (met oorfone aan) en nie die aankondigings gehoor het nie. Ek moes die aand sonder my bagasie (waaronder uiteraard ’n tandeborsel!) in ’n nare hotel slaap.

Toe ek op skool was, het die Afrikaans-onderwyseres, na aanleiding van ’n opstel, gesê dat ek ’n skrywer kan word, en net daar het ek besluit dis dalk moontlik.

Ek dink skryf is ’n manier om uiting te gee aan kreatiewe frustrasie. Dit is ’n manier om uitdrukking te gee aan al die waansinnige dinge wat in my en moontlik ons almal se kop aangaan. ’n Paar van ons "dapperes" waag dit om dit op papier te sit. Die wêreld is waansinnig en min dinge maak regtig sin. Miskien gee  skryf vir my die geleentheid om ’n bietjie struktuur te skep – orde in die chaos?

Ek het nie kinders nie, so ek skryf ook maar boeke om "iets agter te laat". Boeke as nalatenskap?

Skryf is vir my ’n passie – miskien omdat ek so verlief is op boeke en woorde. Van kleins af het ek elke geleentheid moontlik gebruik om te lees (dikwels ook skelm by ’n kers onder die bed dwarsdeur die nag). En kilometers ver na die naaste biblioteek te stap omdat ons nie veel goeie boeke in die huis gehad het nie.

Ek is verslaaf aan lees en kan glad nie slaap as ek nie gelees het nie (ongeag hoe laat in die nag of vroeg in die oggendure).

Ek dink nie dit is die skrywer (of enige kunstenaar) se werk om "lesse te leer" of noodwendig "boodskappe" in sy/haar werk te hê nie, maar ek dink kunstenaars hou tog ’n spieël op vir die samelewing om hulleself te sien.

En boonop is ek verlief op stories.

Wie is jou gunstelingskrywers van rillerverhale?

Daar is ’n paar. Die Japannese skrywer Natsuo Kirino is beslis een van my gunstelinge, omdat sy so uiters onortodoks is. Ander oor wie ek gaande is, is Isabel Allende en Colleen Cross. Maar die meeste "riller"-verhale wat ek lees, is op ware verhale gebaseer of gevallestudies oor wreedaardige mense en moorde.

Ian Rankin is my gunsteling-misdaadskrywer. Ek lees ook soms James Patterson.

Wat lees jy tydens die inperkingstyd?

Ek lees sommer baie – watter lekkerte! Ek lees baie boeke gelyktydig:

  • Fruit of a poisoned tree – Antony Altbeker
  • The tender bar – A memoir – JR Moehringer (briljante boek)
  • Written in blood – A history of forensic detection – Colin Wilson
  • A novel of Zelda Fitzgerald – Therese Anne Fowel (fassinerende boek)
  • Sielsiek – Henk Swanepoel en Carla van der Spuy
  • Characters & Viewpoint – Orson Scott Card
  • Swart swaan – Wilken Calitz
  • Bloed op haar hande – Carla van der Spuy
  • The eye of the naked – Litha Hermanus
  • Karaktermoord – Carina Diedericks-Hugo
  • Limerence – Vincent Pienaar (nog nie op die rak nie)

Ek skryf tans aan ’n storie wat in die tronk afspeel – die titel (in dié stadium) is Stomgeslaan. Ek lees dus ook baie oor gevangenisse. 

Lees ook:

Malhuis – ’n gesprek met Anel Heydenrych

The post Skrywersonderhoud: Anel Heydenrych oor <em>Die afloerder</em> en haar liefde vir stories appeared first on LitNet.

Blydskap in moeilike tye: ’n Onderhoud met Johannes de Villiers

$
0
0

Johannes de Villiers (Foto: verskaf)

Ons leef in onsekere tye met talle uitdagings aan die orde van die dag – onder andere ’n wêreldpandemie en ekonomiese onstabiliteit – en dit is daarom maklik om in vandag se tyd oorweldig, gespanne en ongelukkig deur die lewe te gaan.

Soms is dit nodig om stil te raak om van die chaos van die lewe te ontsnap. Die skrywer en joernalis Johannes de Villiers, wat bekend is vir sy boeke oor bewustelikheid (mindfulness) en meditasie, glo dis belangrik om rustig te raak en vrede in jouself te vind. Johannes bied onder andere werkwinkels in mindfulness en meditasie aan. Sy boek Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe wat vroeër die jaar bekendgestel is, brei uit op die idee van bewustelikheid en die positiewe sielkunde, en hoe om ’n gelukkiger lewe te lei. Die boek se voorganger, Kalmte in die malle gejaag, handel ook oor dié konsepte.

Johannes gee raad oor hoe ’n mens in vandag se uitdagende tye kan kies om blymoedig te wees, want soos hy dit op sy webtuiste stel: “Mens hoef nie Japan toe te gaan om jou Zen te vind nie.”

Jou nuwe boek wat vanjaar verskyn het, is getiteld Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe – wat beteken blydskap vir jou?

Baie mense, as hulle sien daar is ’n boek oor blydskap, dink dit gaan alles net oor “vrolik” wees. Hulle dink blydskap is vrolikheid, reënbogies, voëltjies wat sing, pienk spookasem… Maar blydskap is eintlik ’n veel meer diepgaande ding. Blydskap is ’n leefstyl wat jou deur maklike sowel as moeilike tye kan dra. Om ’n bly mens te wees beteken nie jy is elke dag noodwendig lus om uit jou vel te spring van gelukkigheid nie, maar wat dit wel beteken, is om tuis te kom in jou eie lewe en jou lewe te aanvaar soos wat dit is.

Dis onvermydelik dat die lewe terugslae gaan hê waaroor ’n mens nie beheer gaan hê nie. Soms gaan dit goed en soms gaan dit moeilik, maar baie van ons is hartseer omdat ons in ’n stryd is met die lewe. Ons wil nie hê dinge moet wees soos dit is nie; ons wil hê dinge moet net goed gaan. Ons wil nie hê slegte goed moet met ons gebeur nie, en so sit en wens ons ons lewe weg. En wat blydskap eerder is, is die idee om tuis te kom in jou lewe, om te sê jy besef dat die lewe nie net goed is nie en jy aanvaar die lewe volkome met al sy uitdagings. Blydskap beteken om jou lewe te waardeer, met al die moeilikheid saam, want dis wat die lewe maak wat dit is.

Hulle sê swaarkry is amper om met twee pyle geskiet te word: die een pyl tref wanneer iets verkeerd gaan in jou lewe (jy is byvoorbeeld siek of jy verloor geld of iets), maar die tweede pyl is al daardie emosionele aspekte wat bykom, die verwyt en die bitterheid en die stories wat in ons kop maal daaroor. Wat blydskap is, is om daai tweede pyl uit te trek en te sê weet jy, of my lewe nou swaar of moeilik is, ek gaan oukei wees, ek gaan aanhou asemhaal en ek kan nog steeds probeer om selfs in die moeilike tye te kies hoe ek daarop reageer.

’n Bly mens is iemand wat wanneer dit nodig is om te treur jouself toestemming gee om te treur eerder as om jouself daarvoor te verwyt. Blymoedige mense is mense wat hulself toestemming gee om kwaad te wees wanneer dit nodig is, want wanneer jy vir jouself daardie ruimte skep om jou gevoelens in ag te neem, gun jy jouself ook om gelukkig en vreugdevol te wees. ’n Blymoedige mens is ’n mens wat ’n volronde lewe lei en vir alle emosies en alle dinge ruimte maak eerder as om die heeltyd sy of haar lewe weg te wens en te hoop dinge was anders as wat dit is.

Vir mense wat nie weet nie, wat presies behels mindfulness?

Mense dink mindfulness is die vermoë om net aandag te gee in die hier en nou, te konsentreer op wat nou aan die gebeur is. Maar mindfulness is eintlik meer as dit. Dis ’n spesifieke soort aandag. Dit is om aandag te gee aan wat nou gebeur sonder om te oordeel. Baie keer is ons inderdaad in die oomblik teenwoordig, maar ons is die heeltyd besig om te oordeel – ek hou hiervan, ek hou nie daarvan nie – en daai konstante stroom van gedagtes, om dinge op te weeg teen mekaar, om die lewe te verwyt, en om die lewe weg te wens – dit is in ’n groot mate wat ons ongelukkig maak.

So mindfulness sê wees hier, maar sonder daai kommentaar en konstante stroom van gedagtes. Wees net hier, word ’n bietjie stil en laat dinge oor jou spoel soos wat dit is. Kom agter jy kan ook ’n stille teenwoordigheid wees wat kan aanvaar, wat kan ruimte maak vir al die goed wat oor en deur jou beweeg. Skielik sal jy vind dat jou las in die lewe ’n bietjie ligter word; jy word oper, jy word ’n bietjie sagter, en daar is baie meer ruimte vir blydskap en vrede as wat daar is wanneer jy jou kop vul met geraas.

Tans bedryf Johannes ’n jogaskool op Stellenbosch, The Hot Yoga Studio, en ’n klooster op Stanford (Foto: verskaf)

En meditasie? Hoe kan mindfulness en meditasie tot ’n beter lewenskwaliteit lei?

Baie mense wil graag meer rustig en meer bly wees, maar die vraag is hoe kom jy nou daar. Almal sien of ken iemand wat “bly” is, wat goed in die lewe aangepas is en wat ’n rustige en ’n gemoedelike benadering tot die lewe het. Ons dink dan telkens “Ek wil so wees – hoekom kry ek dit nie reg nie?” Die wonder van meditasie is, dis die tegniek waarmee jy jouself leer om meer so te leef, meer mindful, meer blymoedig. Soos wat jy byvoorbeeld gym toe gaan of push-ups doen om jou armspiere te oefen, so moet jy mediteer om meer mindful te word.

Meditasie sluit ’n klomp tegnieke in, en behels in sommige gevalle om stil te sit, en te dink wat jy met jou aandag doen. Sit jy die aandag op al die geraas in jou kop? Leer dan om jou aandag terug te bring na die hier en nou, en leer om teenwoordig te wees in die oomblik. Ten spyte van al die dinge wat teenwoordig is in jou lewe, maklik en moeilik, besef daarmee kan jy saamleef. Wie jy is, is genoeg. En dis die tegniek wat jy in meditasie inoefen, met gekruisde bene, of agter die wasbak terwyl jy skottelgoed was, enige plek. In die boeke wat ek geskryf het, gee ek ’n paar praktiese wenke en tegnieke om jou te help om te mediteer en stil te raak.

Hierdie is vreemde en moeilike tye waarin ons leef (veral nou tydens die inperking). Het jy praktiese wenke hoe ’n mens kalm kan raak wanneer die alledaagse lewe net te deurmekaar voel?

1. Kry ’n hond. ’n Mens het kontak nodig met ’n ander soogdier – dis wetenskaplike bewys. Jou goedvoelhormone raak meer as jy vir ander drukkies gee, en as jy nie aan ander mense raak nie, raak jou streshormone meer. Ons mag natuurlik nie nou vir mense drukkies gee nie, maar daar is ook al bewys dat as jy vir ’n hond ’n drukkie gee, kry jy daai selfde goedvoelhormone. So kry ’n hond – gaan neem een aan by die Dierebeskermingsvereniging – en gee vir die hond drukkies.

2. Moenie in hierdie tye ontspan deur op sosiale media te klim nie. Sosiale media gee jou meer stres eerder as om jou stres te verminder. Sosiale media is nie ’n ontspanningsmiddel nie, dis gevul met hoogs emotiewe inligting wat jou net meer gaan laat stres. Doen eerder iets anders wat ontspannend is, soos om in die tuin te werk.

3. Drink minder koffie en wyn. Ons kan nou in elk geval nie wyn koop nie, maar moenie omdat jy nou dalk minder wyn drink, meer koffie drink nie. Dit is slegs korttermynstimulante en op langtermyn depressante wat jou selfs erger gaan laat voel. Drink ’n paar koppies minder koffie ’n dag – jy gaan agter kom jy deal beter met dinge.

4. Probeer elke dag vir jou ’n tydjie inruim wanneer jy stilsit en niks doen nie. Dis verstommend hoe besig ’n mens raak selfs as jy by die huis is. Jy hardloop en skarrel heeltyd rond; daar is altyd iets wat gedoen moet word. Om stil te sit vir 10 minute gaan dalk moeilik wees, maar dis baie nodig sodat jou gemoed net kan stil raak en jy kan wegbeweeg van die geraas wat jou kop so mal dryf. Mediteer.

5. Lees minder nuus. Lees een keer per dag nuus en dan los jy dit daar.

Hoe kan ’n mens leer om meer dankbaar te wees?

Op enige oomblik in jou dag as jy voel dinge raak buite beheer – jy is dalk kwaad, jy raak bang – plant jou voete op die grond, raak rustig, en vra jouself wat is daar op daardie oomblik waarvoor jy dankbaar kan wees. Span jou sintuie in en vra jouself: Wat is daar wat ek nou kan sien, hoor, voel of proe om voor dankbaar te wees. Dalk is dit iets klein. Dalk is dit letterlik die klere aan jou lyf. Luister na die geluide in jou huis – dalk is dit die geluid van die wind, ’n voëltjie. Of dalk ruik jy iets lekker; dalk sit jy naby aan iemand wat vir wie jy lief is: ’n vriend, jou kind, ’n eggenoot, of dalk ’n kollega – wees daarvoor dankbaar.

Dankbaarheid is iets wat jy daagliks moet oefen – jy moet van jou kant af werk om dit te kweek. Moenie wag tot die einde van die dag om ’n dankbaarheidslysie op te stel nie. Doen dit sommer nou. Vra vir jouself: Wat kan ek op hierdie oomblik sien, hoor, ruik, voel of proe waarvoor ek dankbaar kan wees?


Johannes de Villiers het as joernalis gewerk by onder andere Huisgenoot, Rapport en Die Burger. Hy het ook voorheen doseer by die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch. Tans bedryf hy ’n jogaskool op Stellenbosch, The Hot Yoga Studio, en ’n klooster op Stanford.

Lees ook

Resensie: Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe deur Johannes de Villiers

Kalmte in die malle gejaag deur Johannes Bertus de Villiers

US Woordfees 2018: ’n Onderhoud oor Kalmte in die malle gejaag

The post Blydskap in moeilike tye: ’n Onderhoud met Johannes de Villiers appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud met Anton Krueger en Eben Viktor oor Die oog

$
0
0

Die oog is ’n bonatuurlike riller gemeng met ’n goeie dosis tong-in-die-kies humor, ’n tikkie geskiedenis, ’n titseltjie romanse, ’n knippie filosofie en ’n sterk geur van misterie … ’n donker avontuurverhaal vol goedige, doodernstige draakstekery. Ruan Kemp beskryf die roman as "’n esoteriese wakkerdroom wat weldra ontaard in ’n nagmerrie," en sê verder: "Ek gaan nooit weer dieselfde na koeksisters kyk, of seuntjies met lang hare nie …"  

Remona Voges het met Anton Krueger en Eben Viktor oor hul boek Die oog gesels. 

Foto's van Eben Viktor (bo) en Anton Krueger (onder): verskaf

Die oog
Anton Krueger en Eben Viktor
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781928518280

Anton en Eben, kan julle elkeen ’n bietjie agtergrondinligting oor julself verskaf asseblief?

Anton: Ek werk by die Dramadepartement van Rhodes-universiteit in Makhanda (Grahamstad), waar ek klas gee in dramateorie en kreatiewe skryf.

Eben: Ek is voormalig van Pretoria, maar die afgelope 19 jaar woon ek in Oekraïne, waar ek wiskunde en wetenskap doseer by ’n privaat kollege. Vroeër het ek onder andere Afrikaans en Nederlands studeer, en ek is nog altyd lief vir die letterkunde van dié twee tale, en vir letterkunde in die algemeen.

Hoe het die idee ontstaan om saam ’n roman aan te pak?

Eben: Ek en Anton is al vir baie jare bevriend, en hy het my vroeg in 2014 genader om ’n roman wat hy in Afrikaans geskryf het, te redigeer. Dinge het van daar af ontwikkel. Ek dink Anton sal meer wil verduidelik.

Anton: Die boek is aan die een kant baie vinnig, maar aan die ander kant ook baie stadig geskryf – daar was min of meer vyf jaar van beplanning, een maand waarin die draft geskryf is, en daarna nog vyf jaar van redigering en herskryf. Hierdie ongelooflik onekonomiese metode van werk word meer deeglik in die nawoord en erkennings agterin die boek beskryf. Maar kortliks: Die storielyn, milieu, temas en die meeste van die karakters is aanvanklik deur my en ’n groep vriende geskep as basis vir ’n TV-reeks meer as 10 jaar gelede. Die kernidees is versamel oor twee denkskrumnaweke wat deur Tracy Hagerman geborg is, aangesien sy van gedagte was om die reeks te vervaardig. Ek en Werner Mouton (wat tans, onder andere, bestuurder is van Exclusive Books se gewilde Menlyn-tak) het die notas wat uit hierdie naweke voortgespruit het, gebruik om die oorsig en proeflopie vir die reeks te skryf, in konsultasie met Tracy. 

Aangesien almal daarna verskillende rigtings ingeslaan het, is die TV-reeks nooit voltooi nie. Toe ek egter in 2014 ’n maand in ’n chateau op Lake Geneva kon deurbring danksy die Lavigny-skrywerstigting, het ek die tyd gebruik om ’n ruwe eerste draft te voltooi. Toe ek terugkom, het ek Eben genader vir samewerking om die manuskrip deeglik te verwerk, wat toe nog ’n hele paar jaar geneem het. 

Ons is al twee nog steeds gretig om te sien dat ’n reeks of movie eendag van die boek gemaak word, en is besig om vervaardigers en maatskappye te nader. Dit sal ’n fantastiese aksieriller reeks maak. 

Ek is nuuskierig oor die gesamentlike skryf van ’n roman, want mens sien baie medeskrywers wanneer dit by niefiksie werk kom, maar minder so met fiksie. Hoe gaan ’n mens te werk? Hoe hou mens die styl eenvormig?

Anton: Ek het al vorige gesamentlike skryfprojekte aangepak. Ek het byvoorbeeld ’n boek kortverhale (Shaggy: 14 Rather amusing rambles) geskryf saam met Pravasan Pillay en ook ’n paar kortverhale met Werner Pretorius, asook akademiese tekste met kollegas. Ek geniet die proses.

Eben: Ja, om ’n kenmerkende styl, of toon, of "stem" te ontwikkel was een van die moeilikste aspekte van die projek. Ek is nie ’n professionele skrywer nie. Daar was wel vroeër skryfpogings, maar my lewe het intussen ander draaie geloop. Toe ons nou besluit dat ek medeskrywer moes word, het ek dit aanvaar asof ek ’n kursus neem in kreatiewe skryfkuns by iemand wat sy storie ken. Ek is veral bly dat die feit dat ek en Anton mekaar al so lank ken, niks gehelp het om my te spaar nie! Ek het soos baie mense romantiese idees oor skryf gehad, maar hierdie ervaring het my laat besef dis ’n craft, soos enige ander, dis iets wat jy moet leer. Daarom, in terme van styl en struktuur en wat werk en wat nie werk nie, is ek dankbaar vir die geleentheid om Anton se kundigheid te kon deel. En ons het ook ’n goeie boel pret gehad met alles; plus, ek hoef nie eers te betaal het nie!

Wat is die grootste uitdagings wanneer mense saam aan ’n roman werk?

Anton: Ek vind die saamskryfproses baie verfrissend en hernuwend. Mens kan soms baie alleen voel as jy so baie jare lank aan ’n projek werk, maar om dit saam met ’n vriend aan te pak beteken daar is altyd iemand anders om die ding verder te vat as jy op ’n punt moedeloos raak. Dis ook lekker om saam met iemand anders te lag of dink. Dis meer direk en onmiddellik as dit ’n medeskrywer is. Maar ek dink mense moet goed oor die weg met mekaar kom, want dis baie jare se saamwerk, en jy wil nie vasgevang wees in ’n eindelose taak met iemand wat op jou senuwees werk nie. 

Eben: Ek reken dit hang af van die betrokke partye. As jy twee gevestigde skrywers het, kan die ego’s dalk probleme veroorsaak. In hierdie geval was dit meer ’n kwessie van tyd en die betrokkenes se werkskedules wat nie altyd ooreenstem nie – sulke praktiese goed.

Die oog is ’n riller oor die bonatuurlike. Kan julle ’n bietjie oor die verhaal vertel?

Eben: Die boek is eintlik baie divers wat genre betref, en daarom moeilik om te plaas. Ek dink ons het gegaan vir die oorkoepelende gevoel. Anton sal dalk meer kan verduidelik.

Anton: Die storie vind plaas in ’n alternatiewe, parallelle wêreld van ’n groep trekkers wat al sedert die Groot Trek in isolasie lewe, en hulle eie rituele en gelowe ontwikkel het. Daar is ’n hele paar kinkels in die storie, so ons wil nie te veel hier verklap nie. Miskien is dit die maklikste om die beskrywing wat agter op die boek verskyn hier aan te haal:

Die oog is ’n bonatuurlike riller gemeng met ’n goeie dosis tong-in-die-kies humor, ’n tikkie geskiedenis, ’n titseltjie romanse, ’n knippie filosofie en ’n sterk geur van misterie … ’n donker avontuurverhaal vol goedige, doodernstige draakstekery.

Alles is nie pluis in Donkerstroom nie. Die inwoners van hierdie afgesonderde dorpie se daaglikse lewe word gekenmerk deur bygeloof en sinistere rituele wat ontstaan het met ’n gelofte wat ’n groep verhongerde trekkers toentertyd gemaak het. Die burgemeester en sy dorpsraad is al jare lank in konflik met ’n geheimsinnige vrouevereniging om die oppermag in die dorp te verkry. En verder woel die hele dorp in die greep van iets wat onder in Donkerstroom se water ronddraai …

Die onderliggende spanning in die gemeenskap word tot ’n spits gedryf, en dinge begin roer in die verlore vallei wanneer ’n waterinspekteur uit Johannesburg tydens ’n fratsongeluk vermis raak. Sy kollega, Stefan die wetenskaplike, sou eerder graag wou vlug. Zadie, sy vuurvreter van ’n assistent, se aspirasies om ondersoekende joernalis te speel, kry egter die oorhand. Of miskien is dit die wulpse Ismérie en die melankoliese Lorelei wat Stefan se gewone koelkop besluitneming beduiwel terwyl hulle al dieper in ’n spiraal van misterie en geweld ingetrek word ... 

Luister hier na ’n voorlesing uit die boek:

Wat is elkeen van julle sê gunstelingkaraker in die boek en waarom?

Eben: Die idee was om genuanseerde karakters te skep, en daarom is Stefan Booysen, een van die hoofkarakters, ten spyte van sy eerlikheid en goeie bedoelings, ook ’n bietjie van ’n lafaard as gevolg van sy besluiteloosheid, en nie heeltemal ongeneë om roem en rykdom na te jaag ten koste van andere nie. Maar dit maak hom menslik, en daarom kan mens van hom hou. Zadie September is ’n karakter en ’n half, so kleurvol dat haar panache by tye dreig om almal te oorskadu. Ook die baddies het ’n ander sy: Die burgemeester – kolonel Beaunard – is ’n opperste tweegesig wat mag en rykdom agter die skerms najaag, maar dan het hy ook die welsyn en voortbestaan van die gemeenskap op die hart. Dit sou in elk geval moeilik wees om van Loubser, die buffel van ’n brandwag/polisieman te hou.

Wie sal van hierdie boek hou?

Eben: Die boek lees lekker en daar is genoeg aksie en avontuur wat ontvou, wat dit die gevoel van ’n avontuurroman gee. Maar die leser kom gou agter daar is meer: bietjies filosofie en geskiedenis en sosiale kommentaar ingegooi. En dan is daar hope humor, soms ironies, soms droog. 

Anton: Soos ek op ’n vorige vraag geantwoord het, ek sou self bly wees as daar ’n Showmax- of Netflix-reeks uit die storie kon kom. Charles Fourie het dit onlangs gelees en gesê hy dink dit sou moontlik ook goed werk as ’n radiodrama op RSG. Soos ek gesê het, ons het nou begin om mense te nader, en as daar enige regisseurs of vervaardigers is wat graag die boek sou wou sien, kan hulle gerus van hulle laat hoor.

Wat lees julle gedurende die inperkingstyd?

Anton: Ek doen hierdie jaar navorsing oor meditasie, improvisasie en "spontane uitdrukking" in die kunste, so ek lees baie boeke oor hierdie interessante onderwerpe. Ek probeer ook my Duits verbeter (want ek gaan hopelik nog Berlyn toe vir navorsing hierdie jaar, as die grense weer oopgaan), so ek lees elke dag iets uit Doris Dörrie se biografie (Leben, schreiben, atmen). En dan vir pret, net-voor-slaaptyd-tipe-lees, onlangs ’n paar lekker, nuwe romans: Enter the Aardvark (Jessica Anthony), The wandering (Intan Paramaditha) en die ongelooflike Overstory deur Richard Powers. Ek hou ook baie van Bill Bryson en lees weer sy boek oor Engels in Amerika (Made in America) en luister na sy nuutste boek, The body, op audio. Het ook gister Pinker se boek oor taal, The stuff of thought, weer opgetel, asook ’n ou roman deur Mike Nichols, The Ibis Project.

Eben: Ek werk voltyds, dus is daar min tyd vir lees, maar ek vind ek lees uit die paar boeke wat ek hier by my het, willekeurig-gekose gedeeltes: Naipaul, WF Hermans, Saramago, Saul Bellow, die Russe, allerlei goed, en heelwat analitiese filosofie en boeke oor kosmogenie.

Is julle tans by ’n kreatiewe projek betrokke? Waarmee hou julle julself op die oomblik besig?

Anton: Ek is besig met ’n produksie vir die Nasionale Kunstefees. Ons was op die hoofprogram met ’n nuwe eenvrouvertoning (... ellipses ...) wat deur die Chicago-danser/performer Lisa Fay opgevoer sou word. Maar nou het hulle die fees virtueel gemaak hierdie jaar, so ek het dit herskryf as ’n Zoom show, en wil graag self daarin speel. Die huidige naam is The voice in your head. Ons is sover voorlopig aanvaar vir die fees, maar dis nog nie finaal bevestig nie. Soos ek gesê het, werk ek ook hierdie jaar aan ’n akademiese boek oor improvisasie en meditasie. Ek is ook besig om ’n webtuiste klaar te maak wat verskillende projekte koppel: films, beelde, joernalisme, artikels, asook ’n blog en dies meer. 

Eben: Ek was so begeester deur die ervaring met Die oog dat ek ’n bundel lang verhale geskryf het wat ek aan die hersien is met die hoop om dit later vanjaar gepubliseer te kry. Die titel daarvan is Buitengewoon binnegedring. Dan hou ek my ook nou en dan besig met die vertaling van kontemporêre Oekraïniese digters se gedigte in Afrikaans.

Kyk hier na nog onderhoude en voorlesings:

 

The post Skrywersonderhoud met Anton Krueger en Eben Viktor oor <em>Die oog</em> appeared first on LitNet.


Korona-kortverhaalfees: Kristel Loots oor "Eende van dieselfde dam"

$
0
0

Kristel, Afrikaanse humor lyk vir mense maklik om te skryf wanneer hulle verhale lees, maar ek weet die teenoorgestelde is waar. Hoe benader jy humor in jou skryfwerk, en is daar sekere reëls waarvolgens jy Afrikaans ontgin?

Humor het baie gesigte, en die trefkrag daarvan is onvervangbaar én onverklaarbaar. Wat vir die een skreeusnaaks is, is vir ’n ander bloot simpel. Die humor in my stories is selde uitgedink en word gewoonlik lukraak en spontaan deur die muse afgevuur. Ek dink nie dis iets waaraan ’n mens kan werk nie. Om te probeer snaaks wees, stuur maklik af op ’n tert-in-die-gesig-klug. Die magic van skryfwerk is dat ’n mens jouself soms tot lekkerlag, of trane, kan skryf. Komedie en tragedie loop hand aan hand.

Jy is bekend as ’n liefdesromanskrywer, en literêre snobs trek hul neuse dikwels vir dié genre op. Hoe voel jy daaroor?

Daar word ’n trappe-van-vergelyking-onderskeid getref tussen ’n romanseskrywer (’n kuns op sy eie) waar die lakens gelig word en dit hoofsaaklik gaan oor die liefde, die volle liefde en niks anders as die liefde nie, en ’n liefdesromanskrywer – die etiket om my nek.

In ’n liefdesroman word daar ook gesoen en gedoen, maar die karakters kom darem soms op vir lug om te werk of te kerk. Dit vertel dikwels wat gebeur wanneer die wittebrood verby is en die sewejaarjeuk, of erger, om die hoek loer. Daar is kinders, ’n hond met vlooie en ’n skoonma, en niemand is meer beeldskoon met albasterblou slaappop-oë of kuiltjies in die ken nie.

Maar “body issues” kan selfs in die postfeministiese era ’n lewe heeltemal beduiwel. Vlees-en-bloed-vroue is vet of vervelig of verveeld, en mans loop rond. Soms. Die rou werklikheid van ’n onvolmaakte lewe met die soeke na ’n warm lyf om teen lepel te lê steeds brandend in jou.

Ek skryf ook graag met groot guitigheid Afrikaanse chicklit wat met Bridget Jones en haar per-ongeluk-“bloemer” wêreldwyd nuwe lewe gekry het. ’n Hele paar subgenres het daaruit ontstaan, selfs ’n “Bridget Jones goes to church”-tendens.

Liefde (én misdaad, spanning, moord en doodslag) verkoop, maar ek “doen” nie bloed en derms en maaiers wat op lyke krioel nie. Daarom skryf ek eerder vroue- of gesinsverhale. Met liefdesverhaalondertone. Want in elke storie wat onder die son vertel word, skuil daar tog verborge aspekte van ’n liefdesverhaal. Selfs in ’n cowboyboekie, waar die held in die verhaal teen die gelukkige einde eers sy perd terugkry, dan sy hond en uiteindelik sy vrou. Eers dán kan hy tydens die slottoneel die horison tegemoet galop.

Ek skryf wat ek skryf wat ek skryf, maar ek het ’n sterk vermoede Die Groot Afrikaanse Roman gaan nie deur hierdie tien vingers op ’n sleutelbord gepleeg word nie. En dis oukei so!

Sonja Loots, wie se skryfwerk in “ernstige” hogere literêre kringe met reg ten hemele aangeprys word, is jou dogter. Sonja se sukses is natuurlik te danke aan jou briljante gene. Ek is nuuskierig om te weet wat julle tweetjies vir mekaar oor julle werk en skryfsake in die algemeen te sê het.

My gene bloos ’n bietjie en hoop hulle word nie as doodgewoon uitgevang nie. En dan is daar Sonja … Die ekstra lang sub A-sinne, die grootmens-Afrikaans (pure afshow, het die familie gesê), die goue sterretjies, later jare die beskrywing van ’n spinnekop wat sy web span, die woorde hoeka ragfyn soos spinnedrade verweef. Wat my met ontroering, verstomming en verwondering laat stilstaan het. Miskien moet ek net noem dat Sonja eintlik voor my begin skryf en publiseer het. En dit so lekker laat lyk het dat ek ook probeer het.

Ek het groot respek en bewondering vir my meisiekind se skryfwerk en dink heimlik “de helft is nog niet verteld”. Maar nee, ons speel nie op dieselfde stoepie met ons skryfwerk nie, wuif net vir mekaar “from afar” en wys soms ’n duimpie in die lug.

Hoe het die idee van “Eende van dieselfde dam” by jou tuisgekom?

Daar was ’n dag toe die buurvrou met haar Delillalyf ’n sigaret kom bedel het by die een wat ek liefgehad het. Die twee rokers het hand om die blaas eenkant toe gaan staan, daar waar dit donker was. Hy, dapper ridder van die dag, het die aansteker beman, buurvrou het haar hande om syne gevou om te keer dat die wind nie sou wegwaai wat begin vlamvat het nie. En ver vooroor gebuk om die sigaret aan te steek, so ver dat jy net cleavage sien. En die cleavage was destyds nog ’n mooi cleavage. Dis dan dat mens begin dink jy moet maar weer begin rook, al hoes en proes jy ook hoe onstigtelik waar jy jou ook al bevind. Want jy wil een van die eende van daai dam wees, sien?

 

Lees Kristel Loots se kortverhaal, “Eende van dieselfde dam”, hier:

Eende van dieselfde dam

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

The post Korona-kortverhaalfees: Kristel Loots oor "Eende van dieselfde dam" appeared first on LitNet.

"Meestal bou ek ’n karakter met pen op papier"– Irna van Zyl gesels oor Bloedsteen

$
0
0

Irna van Zyl se derde misdaadroman Bloedsteen het onlangs verskyn. Remona Voges het met haar gesels.

Foto van Irna van Zyl: verskaf

Bloedsteen
Irna van Zyl
Uitgewer: Penguin
ISBN (druk): 9781485904236
ISBN (e-pub): 978485904243
ISBN (luisterboek): 9781485904564

Hallo Irna! Hoe behandel die inperking jou? Hou jy nog kop bo water?

Kop bo water, beslis ja, maar soos seker met almal het ek ook goeie en slegte dae; gelukkig is die goeies darem baie meer as die slegtes. Ek dink dis maar ’n kwessie van hou die blink kant bo en fokus op die positiewe dinge en moenie te veel met sosiale media en die nuus speel nie.

Jou boek Bloedsteen het kort voor die inperking verskyn. Die meeste van jou bekendstellings en boekbesprekings moes gevolglik uitgestel word. Dit kan nie ’n lekker ervaring wees om so baie energie in ’n projek te stort en dan nie die nodige blootstelling te kry nie. Het jy intussen van aanlyn platforms gebruik gemaak om die boek te bemark?

Van sosiale media gepraat … Ek was baie gelukkig; ek het vreeslik baie blootstelling gekry wat darem help om die aanvanklike teleurstelling te oorkom, al is die sirkulasie van alle gedrukte publikasies ingrypend laer en al het mens sekerlik momentum met boekverkope verloor. Tog is ek ook oorstelp dat Bloedsteen steeds, noudat mens weer boeke kan koop, op die Top Twintig-lys vir fiksieverkope is. Maar dit het darem nie alles in my skoot geval nie. Ek het hard saam met die publisiteitsbestuurder van Penguin, Frieda le Roux, gewerk om te dink aan moontlike onderhoude, artikels wat ek kon skryf, selfs ’n hoofstuk in ’n kettingboek. En dan natuurlik het Penguin net so ywerig laat waai op sosiale media met allerlei voorstelle vir videovoorlesings, rugkantstories van boeke en nabootsings van voorblaaie (ek het daai een maar liefs oorgeslaan). Ek is veral trots op my nuwe webblad en Instagram-plasings wat ek net voor inperking van onder af opgebou het. Alle bietjies help, maar mens dryf sekerlik sekere mense tot raserny met al die publisiteitmakery, hoewel ek darem probeer om die toon van my inskrywings lig of interessant te hou.

Jy het in ’n artikel op LitNet ’n paar doelstellings vir die tyd van inperking (wat op daardie stadium net 21 dae sou wees!) neergepen – nogal ’n ambisieuse lys. Het jy daarby gehou? Of waarmee hou jy jouself op die oomblik besig?

Vreeslik ambisieus gewees! Gelukkig het dit verbygegaan, daardie gevoel van ek moet ’n doenlys met doelwitte hê. Ek het baie rustiger geword en my meer probeer berus by die ritme van elke dag, al beteken dit jy doen soms niks nie. Tussendeur het ek my allerlei vryhede toegelaat. Ek het gekarring met gedigte, ’n kort skrikstorie, ’n jeugverhaal en die roman wat ek aan die skryf is. Maar niks daarvan is enigiets om oor opgewonde te raak nie. Dis baie meer soos vingeroefeninge wat slegs vir my oë bedoel is. En dít is absoluut ook orraait.

Wat Bloedsteen betref: Wat was die sneller vir die skryf van die verhaal?

Twee goed het gebeur. Ek wou graag ’n verhaal buite die landsgrense laat afspeel, en toe word dit Londen, Antwerpen en Port Nolloth (net-net binne die grens). Die gebeure in die eerste paragraaf waar Storm van der Merwe, die heldin van die boek, se ma onder ’n trein ingestamp word, is gegrond op werklike gebeure met my partner Bridget hier by die 25–30 jaar gelede. Die ander ding was ’n gesprek met ’n sekuriteit-ou van Port Nolloth wat ’n Uber-bestuurder geword het. Hy het my vertel van diamantsmokkelry en dit het my belangstelling geprikkel in diamante en mode. Dis hoe Storm se ma in die storie kon inpas en natuurlik die ander genoemde stede en dorpe.

Foto van Irna: verskaf

Kan jy ’n bietjie meer oor speuradjudant Storm van der Merwe vertel?

Storm is van gemengde afkoms. Haar ouers, wat nooit getroud is nie, is albei op ’n manier naby aan haar. Haar ma is ’n glamorous publisiteitsvrou van Johannesburg met baie welgestelde kliënte en haar pa is die provinsiale polisiebaas in die Kaap. Sy is gedetermineerd en het baie integriteit en in ’n stadium verdink sy haar ma en haar pa van heulery met korruptes. Dit alles, saam met werkdrukte, laat weer ’n ou eetsteurnis opvlam.

Hoe klim jy in jou karakters se vel? Skoei jy jou karakters op mense met wie jy in die werklike lewe te doen het of al te doen gehad het? Of wat is jou proses?

Ja, dis ’n interessante vraag. Meestal bou ek ’n karakter met pen en papier op. Ek leen dalk hier en daar iets van verskillende mense van wie ek op die een of ander manier kennis geneem het, hetsy deur die nuus, tydskrifte, televisie. En ek skryf bladsye en bladsye in ’n aantekeningboek oor hulle en vra myself etlike vrae oor hul agtergrond, waarvan hulle hou, wat hulle pla en waarna hulle strewe. En dan probeer ek dit te laat werk in die plot. Baie keer dryf die karakters die plot.

Verskillende plekke en ruimtes word in Bloedsteen verken (die hoofstukke wissel byvoorbeeld konstant tussen Hermanus, Londen, Kaapstad, ens). Is dit ruimtes waarmee jy bekend is? Of hoekom het jy dié spesifieke plekke gekies?

Hermanus is waar my ouers gaan aftree het, en dis die dorp waar hulle die langste gewoon het. Ons besit ’n vakansie-, eendag-aftreehuis daar en ons woon in Tamboerskloof in Kaapstad. Vir die boek het ek spesifiek Port Nolloth toe gery vir navorsing en Londen en Antwerpen gaan besoek. In Londen het ons so baie tyd op stasies deurgebring dat Bridget naderhand wou weet of dit al is wat ons in Londen gaan doen!

Daar is baie wat in die roman gebeur wat verhaallyn, temas, tydlyne, verskillende plekke ens betref. Hoe hou jy tred met alles sonder om die kluts kwyt te raak?

Ek hou aantekening terwyl ek skryf en check en double-check, maar ná die eerste draft van al my boeke maak ek ’n kort opsomming van elke hoofstuk oor vier tot ses bladsye met ’n tydlyn langsaan. Ek hou daarvan om dit in verskillende kleure pen te doen – nie dat die kleure enigiets beteken nie, dis sommer ’n soort bygeloof dat dit my kop sal help om lateraal te dink wanneer nodig. Dit gee my die geleentheid om alles met ’n vinnige oogopslag te kan sien en besluite te neem, soos oor wat ek wil rondskuif of wat liefs gesny moet word.

Bloedsteen is jou derde misdaadroman. Wat is dit omtrent dié genre wat jou so aantrek?

Dis ’n vrek moeilike genre. Ek weet nie of mense dit genoeg beklemtoon nie, maar ek sou nou, ná drie boeke, dit waag om te sê dis die storie, die interessante karakters, die opbou van spanning en die werk daaraan om verrassings in die plotlyne te skep wat dit uitdagend en opwindend maak.

En wie is jou gunstelingskrywers van krimiverhale? Wat lees jy op die oomblik?

My gunstelingskrywers verander gereeld, maar ek hou baie van Belinda Bauer en Jane Harper, miskien omdat ek so baie by hulle leer en omdat wat hulle skryf my so boei. Maar ek lees baie wyer as dit. Aan die begin van die inperking het ek American dirt deur Jeanine Cummins gelees en gedink dis uitstekend. Ek het ’n Amerikaanse spanningskrywer, Kirsten Lepionka, ontdek. Tans lees ek Harry Kalmer se In ’n land sonder voëls en het so pas André Krüger se Geen engel nie gelees. Ek het ook baie gehou van Deborah Steinmair se domestic noir As jy van moord droom.

Lees ook:

Boekbekendstellings in die tyd van die koronavirus: twee dae voor afsondering

Resensie: Bloedsteen deur Irna van Zyl

The post "Meestal bou ek ’n karakter met pen op papier" – Irna van Zyl gesels oor <em>Bloedsteen</em> appeared first on LitNet.

Korona-kortverhaalfees: Marianne Vorster-Meyer oor "Sewentig maal sewe"

$
0
0

Marianne, jy is ’n visuele kunstenaar en jy skryf kortverhale. Vertel ons van jou kuns en hoe die verskillende genres mekaar voed.

Wanneer ek verf, dink ek wat ek wil skryf, maar as ek begin skryf, kan ek niks anders doen totdat die storie uiteindelik klaar is nie.

Jy slyp jou skryftalent by Rachelle Greeff se skryfskool by die Breytenbach-sentrum op Wellington. Sou jy skryfskole aanbeveel vir mense wat graag pen op papier wil sit?

Een van my beste besluite ooit. Buiten Rachelle Greeff se meesterlike leiding is die simbiotiese proses tussen almal in die skryfskool van onskatbare waarde.

Vertel asseblief hoe “Sewentig maal sewe” ontstaan het. Is die karakters op werklike mense (en ’n werklike papegaai!) gebaseer? Was daar ’n insident wat die storie by jou laat ontstaan het?

Ja, die helfte is waar. Ons papegaai was vir ’n jaar en ’n half weg. Die haarkapper het my gebel, net soos in die storie. Ongelukkig was hy wel lank in haglike omstandighede … Hy wil steeds niks van my weet nie.

Jy is getroud met Deon Meyer. Hoe oorleef ’n opkomende skryftalent met so iemand in die omtrek?

Hy is ’n fenomenale mentor wie se raad jy altyd onthou, bloot omdat hy dit so subtiel doen. Gelukkig weet ek hoe min ek weet. Ek luister en leer met my ego diep in my sak.

 

Lees Marianne Vorster-Meyer se kortverhaal, “Sewentig maal sewe”, hier:

Sewentig maal sewe

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

 

The post Korona-kortverhaalfees: Marianne Vorster-Meyer oor "Sewentig maal sewe" appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys

$
0
0

Johan Jack Smith praat met Naomi Meyer en Remona Voges oor sy boek Zola, waaraan die Eugène Marais-prys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns pas toegeken is.

Foto van Johan Jack Smith: verskaf

Johan, begin asseblief heel voor. Vertel asseblief van jou jare lange betrokkenheid by woorde: by die Taalgenoot, as uitgewer en ook net waar alles begin het dat jy uiteindelik besluit het om te skryf?

Ek was nog altyd lief vir die "alternatiewe" deel van Afrikaans – ek dink het begin met Johannes Kerkorrel, later RR Ryger en Tom Dreyer. My Afrikaanse juffrou op skool het gedink ek kon goed skryf, "maar traak-my-nie-agtigheid en luiheid" het my verhoed om goeie punte te kry. Ek het in my laat tienerjare begin met gedigte skryf, was toe joernalis by die CUT in Bloemfontein se studentekoerant, en vir ’n jaar redakteur. Ek het my BTech in grafiese kuns en ontwerp gedoen deur ’n moderne fotoverhaal getiteld Die Avonture van Malboer te ontwerp en skryf. Peet Bothma van die destydse Sondagkoerant het my toe ’n pos aangebied as ontwerper, en toe is ek Johannesburg toe, waar die dinge begin gebeur het. Ek het begin met boekresensies vir Rapport en later rubrieke vir Netwerk24, toe was ek boekeredakteur vir Taalgenoot, adjunkredakteur en nou redakteur. Intussen het ek die band Volkspeler ook gehad, as woordkunstenaar opgetree en self in ’n toneelstuk gespeel op Aardklop. En alles in Afrikaans. Ek het opgetree in 2019 as opdraggewende redakteur by Wenkbrou, ’n druknaam van LAPA. Die ATKV gee vir my ’n tuiste waar ek gemaklik voel.

Kan jy onthou op watter dag jy besef het dat jy Zola sou skryf? Was daar ’n spesifieke insident wat jou geïnspireer het of die sneller was vir die verhaal?

Ek dink Elaine Bing se boek Ek het gemartel was inspirerend tot die skryf van die boek. Ek het geen idee waar die idee van die taxi vandaan gekom het nie. En natuurlik die draaiboek van Zola wat eerste gekom het – die akteur Gerard Rudolf het gesê hy soek iets wat eerlik en rou is en wat nie doekies omdraai nie tov rassisme en geweld nie.

Kan jy die storie in ’n sin opsom, of sal dit te veel verklap? So nie, kan jy dalk op jou karakters uitbrei, of op ’n aspek van die verhaal wat jou na aan die hart lê?

Ek dink die verhouding tussen kaptein Majola en AO Basson is veral spesiaal. Beide van verskillende wêrelde met verskillende sieninge, maar tog is daar hierdie band tussen hulle. Hulle vriendskap gee my hoop.

Daar is baie spanningsverhale in Afrikaans – was dit jou oogmerk om doelbewus ’n storie in hierdie genre te skryf? Lees jy ook graag spanningsverhale? Of hoe sou jy die boek beskryf, of in watter genre sou jy sê pas dit in?

Soos ek gesê het, ek wou iets rou en eerlik skryf. Baie van die karakters in baie van die spanningsverhale is ’n bietjie stereotipies – ek wou twee moderne, cool karakters skep. Soos karakters uit ’n Michael Mann-rolprent. Dis definitief spanning, maar Johannesburg, die politiese ondertone, die swakheid van die menslike psige, hoe apartheid vandag nog terugkom om te byt, en hoe almal die letsels dra van daai tyd, gee die boek hopelik ’n bietjie meer vleis. Daar is heelwat meer fasette en lae as net ’n blote speurverhaal. Dit was die idee van die begin af. Deels stadsroman, deel spanningsverhaal, en so eg en opreg as moontlik.

Johannesburg is ’n belangrike ruimte in die verhaal. Wat prikkel jou van die stad?

Ek is mal oor Johannesburg. Hier is soveel stories en geskiedenis wat my interesseer, en die uiteenlopendheid van die plek is besonders. Alexandra lê byvoorbeeld reg langs Sandton. Rykdom en armoede. Van die een uiterste na die ander. En dan iets waaraan ek sterk glo: Skryf wat jy ken. Ek bly al agt jaar hier; dit het gehelp. Indien ek oor Kaapstad sou moes skryf, sou dit rampspoedig wees. Of eerder, baie meer navorsing verg.

Hoe lank het dit jou geneem om die roman te skryf? En wat is jou skryfroetine? Het jy een?

Die draaiboek drie weke, die boek seker so ses maande, met die redigering uitgesluit. Ek het konstant ’n notaboek byderhand waar ek die dae neerplot, wat moet gebeur, ens. Ek neem stemopnames op my selfoon indien ek aan iets kan dink. Die verkorte draaiboek het baie gehelp – ek sal die volgende boek weer so aanpak. Ek is nie een van daai skrywers wat kan sit en sommer skryf wat by jou opkom nie. Die skryfwerk het meeste van die tyd maar in die aande plaasgevind.

Wat is die belang van Afrikaanse letterkundepryse soos die Eugène Marais-prys vir Afrikaanse skrywers?

Ek dink dis fantastiese motivering om weer, en beter, te skryf. Ek het gaan kyk na vorige skrywers, en het gedink: "Bliksem, jy bevind jouself nou in goeie geselskap." Dit is ’n ongelooflike gevoel om op dieselfde lys te wees as skrywers wat jy respekteer en bewonder het van ’n jong ouderdom af.

Kan jy ’n bietjie oor die titel vertel in die konteks van die tagtigerjare? Waarna verwys die woord of naam Zola?

Die ouer swart mense het na taxi’s verwys as Zola Budds net nadat die regte Zola Budd bekendheid verwerf het. Ek is nie seker of hulle steeds so na hulle verwys nie.

Dit blyk duidelik uit die verhaal dat jy baie navorsing vir die boek gedoen het. Wat was jou navorsingsproses? Waar het jy die meeste van jou inligting gekry?

Ek het met polisiemanne gesels, van destyds en wat vandag werk, en baie inligting op die internet gekry. Martin Steyn het ongelooflik baie gehelp met die polisieprosedure-dele. Ek het ook baie gelees oor die rol van die polisie in die apartheidsjare.

Resensente het die roman al as "filmies" bestempel, en natuurlik was die teks oorspronklik as ’n draaiboek geskryf. Sal jy nog graag die roman as ’n film op die silwerdoek wil sien? En ook: Met watter projekte hou jy jouself tydens die inperking besig?

Ek sal ja ... Ek sien dit steeds as ’n reeks – amper in die lyn van die True Detective-reekse. Ek werk tans aan my M in die visuele kunste. My digbundel het ek vir twee groot geeste in die bedryf vir verdere advies en leiding gestuur – hopelik kan daar volgende jaar iets gebeur.

Lees ook:

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings vir 2020

Zola deur Johan Jack Smith: ’n onderhoud en ’n lesersindruk

Resensie: Zola deur Johan Jack Smith

The post Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys appeared first on LitNet.

Korona-kortverhaalfees: Zirk van den Berg oor “Greep”

$
0
0

Toe jou Ekstra dun vir meer gevoel jare gelede verskyn het, het dit ’n enorme impak op ons letterkunde gehad, veral met betrekking tot die kort-kortverhaal. Intussen het jy jouself gevestig as romanskrywer onder meer, en veelbekroond daarby. Hoe dikwels skryf jy nog kortverhale?

Ek word maar altyd gelei deur idees wat my gedagtes gaande maak. Dis dié dat ek in verskillende genres werk – van literêrerig tot snerterig. Soms is ʼn kortverhaal die natuurlike uitvloeisel. Ek skryf seker so een of twee per jaar, en dan gaan lê hulle in my rekenaar in ’n lêer genaamd “Kortes”.

Daar is ongelukkig nie veel afsetpunte vir kortverhale nie, veral as party van hulle nou nie juis hoge literatuur is nie en ook nie in ’n tydskrifformaat pas nie. “Greep” wag byvoorbeeld al van 2014 af vir lesers. (Dankie vir die geleentheid!)

Die kortverhaal as vorm het sy eie uitdagings en moontlikhede, en ek geniet dit wanneer ek dit skryf, ongeag of dit nou meer gevoelvol van aard is of sommer ’n storie vir die lekkerte – soos “Braaiboet”, wat in die speurbundel Op die spoor van verskyn het. Selfs ’n ligte storie soos daardie is vir my baie bevredigend as vakman as jy die ding inmekaar gelas kry soos goeie voeë in houtwerk. En as daar iewers ’n menslike waarheid deurskemer, des te beter.

Of kortverhale my eerste liefde as skrywer is? Nee. Maar party mense dink seker dit behoort te wees. Ek onthou toe my kort roman Wydsbeen in die vroeë 1990’s uitgekom het, was ’n gevierde digter en boekhandelaar se kommentaar: “Zirk is eintlik maar ’n kortverhaalskrywer.” Hy het ’n punt beetgehad, maar hopelik dink hy en andere deesdae anders.

“Greep” demonstreer opnuut jou vermoë om in baie min woorde ongelooflik baie te sê. Hoe werk die skrywery by jou? Redigeer jy eindeloos? Of kom ʼn verhaal soos ʼn openbaring na jou toe: alles reg en op sy plek, en oorrompelend?

Ek wens dit was altyd die eerste keer reg. En is bly dat ek darem nou ook nie ná die eerste skryf ’n standbeeld uit ’n berg moet beitel nie. Ek kry gewoonlik die basiese vorm min of meer reg met die eerste skryf (buiten nou vir al die pogings wat totaal misluk) en dan is dit fyner werk – woorde en sinne. Slotte bly ’n uitdaging.

Daar is ’n element van openbaring, altyd. Dis die vonk wat aanleiding gee tot die storie. In ’n kortverhaal raak die vonk ’n vlam; in romans steek dit gaandeweg ook ander vure aan.

Vertel asseblief hoe die idee vir hierdie verhaal by jou aangemeld het?

Die dramatiese gegewe is, helaas, die waarheid. “Greep” is gegrond op iemand met wie ek regtig te doen gekry het, baie jare gelede, en wie se storie by my bly spook. Ek vra hom hiermee om verskoning, vir die oprakel van sy leed én vir die bylieg.

Kerneels Breytenbach het onlangs op LitNet vertel dat jy jou trouvrou by ʼn bekendstelling van Ekstra dun vir meer gevoel raakgeloop het. Is dit waar? Watter ander gelukskote het jou al in jou skrywersloopbaan oorgekom?

Daar steek heelwat waarheid in Kerneels se storie. Ek en Elsabé is al vriende sedert my tienerjare. Ons het mekaar na ’n lang breuk in Kaapstad se strate raakgeloop op die dag toe Mandela vrygelaat is. Ek het haar daarna na die boekbekendstelling toe genooi, saam met my indertydse geliefde, die minlike Anoeschka von Meck. Daar was diverse omwentelinge, en later daardie jaar is ek en my oudste vriendin getroud. Of so dink ons. Dit was nog apartheid, die dominee was bruin en het ons agterna ingelig hy mag eintlik nie wit mense trou nie. Desondanks hou ons nog uit, en lag elke dag.

Wat ander gelukskote betref: Dit bly wonderlik elke keer as ek iemand teëkom wat bereid is om my goed uit te gee. As iemand dit nog lees en geniet ook … hemels.

 

Lees Zirk van den Berg se kortverhaal, “Greep”, hier:

Greep

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

 

The post Korona-kortverhaalfees: Zirk van den Berg oor “Greep” appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Anchien Troskie oor Somtotaal

$
0
0

Anchien Troskie eerste boek in vyf jaar, Somtotaal, het pas verskyn en skram nie weg van rassediskrimansie, liefde oor die kleurgrens en die vernietigende mag van jaloesie nie. Dis haar vyfde boek. Maryke Roberts het met haar gesels.

Foto van Anchien Troskie: Rieghard van Rensburg

Somtotaal
Anchien Troskie
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798180856

Die boek in kort: Ester Labuschagne en Nonthando Majolo het saam op Dassiepoort in die Oos-Kaap grootgeword. Nonthando se ma, Nomsa, is soos ’n ma vir Ester ook. Hulle is boesemvriendinne – tot een daad van verraad. En nou, soveel jare later, met Nonthando se dogter Mila self ’n volwassene, kom haal die verlede vir Ester in. Sy neem weer ’n drastiese besluit, waarvan die gevolge wyd uitkring.

“Troskie het ’n fyn, fyn hand. Sy vertel ’n verhaal met groot vertedering, maar ook met humor. Somtotaal is voorwaar ’n hoogtepunt in haar skrywersloopbaan,” lui ’n beskrywing op die webwerf UPPER case.

Anchien is 31 jaar gelede met haar skoolliefde, Lafras, getroud. Hulle het twee kinders: ’n seun, Chris (30), en ’n dogter, Joice (29). Hulle het 15 jaar naby Oesterbaai in die Oos-Kaap gewoon en is nou die afgelope twee jaar op ’n plaas net buite Humansdorp. Albei kinders en hul gades en kleinkinders woon naby Oupa en Ouma.

Sy lag as sy sê die lang verloop sedert haar vorige boek, is omdat sy vermoed haar muse was besig met ’n sabbatsreis.

“Lafras het ook ’n posisie as melkerybestuurder by Grasslands Agri aanvaar, wat beteken dat ons na 15 jaar moes oppak en uitpak. Joice is verlede jaar getroud – ons het ’n jaar aan die troue beplan! So, behalwe vir die afwesige muse, het die lewe gebeur en was die tyd vir skryf baie beperk,” gesels sy.

Anchien se eerste boek, Dis ek, Anna, skryf sy onder die skuilnaam Elbie Lötter. Dis gebaseer op die ware verhaal van haar traumatiese kindertyd weens seksuele molestering deur haar stiefpa. Dis ek, Anna verower in 2005 die Nielsen Book Data Booksellers Choice-prys as die boek wat boekhandelaars die meeste geniet om te lees én te verkoop, en kom in dieselfde jaar ook in aanmerking vir die debuutprys van die Universiteit van Johannesburg. Die boek is ook in Engels vertaal.

Dit word ’n topverkoper en word ook later ’n teaterstuk (Antoinette Louw speel Anna).

In Die staat teen Anna Bruwer neem sy die fiktiewe storie van Anna verder. Anna word aangekla van die moord op haar stiefpa. Hierdie twee boeke word in 2015 in een band uitgegee onder die titel Dis ek, Anna: die volle verhaal en ook deur Tertius Kapp in een draaiboek verwerk vir die maak van die rolprent Dis ek, Anna, met Charlene Brouwer in die rol van Anna.

Die rolprent, onder regie van Sara Blecher, verower in 2015 drie toekennings by kykNET se Silwerskermfees as beste vollengte-rolprent, en vir beste regisseur en beste akteur. Dit word ook op verskeie internasionale rolprentfeeste vertoon. In 2016 word dit bekroon met ses Safta-toekennings, onder andere vir beste vollengte-rolprent, die eerste keer dat ’n Afrikaanse rolprent hierdie prestasie behaal.

Dis meer as ’n dekade gelede dat sy haar eerste boek onder ’n skuilnaam laat verskyn het. Mens wonder wat haar destyds oortuig het om haar eie, traumatiese verhaal te vertel.

“Eerlike antwoord? Ek weet nie. Dit was nie regtig ’n besluit nie, eerder ’n gegewe. Ek wou nog altyd skryf, en om my eie verhaal te vertel was die maklikste. En die moeilikste.”

Sy vertel sy het gedroom van voltyds skryf, maar nooit gedink dat die droom bewaarheid sou word nie. Sy skryf steeds eerstens vir haarself – oor dinge en mense wat haar snags laat wakker lê, “maar nie meer oor myself nie”.

Anchien erken dat die boek nie genesing gebring het nie. “Ek glo nie dat ’n boek genesing kan bring nie. Ek glo nie eens dat werklike genesing moontlik is nie. Dit is nie ’n jas wat jy bloot kan uittrek nie; dis in jou vel, deel van jou menswees. Maar gedeelde leed bring tog ’n mate van aanvaarding. Dalk lê genesing juis daarin? Later, nadat lesers op die boek begin reageer het, het ek eindelik verstaan dat ek nie alleen is nie. Dat ek nie stom is nie. Dat ek deel is van ’n sisterhood of survivors. En daarin lê aanvaarding. En dalk genesing?”

Sy vertel verder: “Daar is steeds mense wat my nie glo nie – dit breek my hart – maar ek weet dat ek die regte ding gedoen het om dit te vertel. Ek het na die verskyning van Dis ek, Anna briewe, e-posse en boodskappe van vroue in hulle 70’s en 80’s gekry wat nog nooit aan enigiemand kon vertel het deur watse hel hulle is nie. Maar nadat hulle die boek gelees het, kon hulle daardie seer sweer laat oopbars.

“Die bevrediging lê daarin – dat ek, saam met soveel ander stom Annas (en Janne), ons stemme gevind het en dat ons dit kan, mag en moet deel – nie noodwendig met die wêreld nie, net met iémand.

“Vir onsself, want stilte versterk net die houvas wat die gebeure en daai persoon op jou het.”

Is dit moontlik om te vergewe en te vergeet? Om aan te beweeg?

“Ek het so ’n paar jaar gelede ’n onderhoud gedoen waarin ek vertel het dat ek eindelik kon vergewe. Die meeste dae glo ek dit. Ander dae sukkel ek daarmee. Dit bly moeilik om iemand te vergewe wat jy nie in die oë kan kyk nie.

“Ek weet ook nie.

“Wat ek wel weet, is dat dit nodig is om te vergewe. Nie vir hom nie. Vir myself. Sodat jy uit die spreekwoordelike tronk kan ontsnap. Ek wil nie vir altyd en altyd ’n gevangene van my verlede wees nie.

“Om te vergeet is egter nie so maklik nie. Herinneringe is soms brutaal. ’n Reuk, iets wat ek lees of sien (hoe klein en onbenullig dit ook al mag wees) het die vermoë om my weer te laat onthou. En die aande. Ai, die aande wanneer dit voel asof al die demone van die verlede om jou kop kom draai.

“Om te kan vergeet sou wonderlik wees.”

Haar boeke grawe diep in menslike wroeging. Mens wonder of al haar karakters geskoei is op ware mense, of waar die diepte vandaan kom.

“Nee, ek sal myself nooit so aanmatig om my karakters op ware mense te skoei nie. Nie ten volle nie, in elk geval. Ek ‘steel’ hier en daar wel stukkies van die wonderlike mense wat ek ken of die eer het om te ontmoet.”

In Nooit is ’n lang, lang tyd breek sy weg van die outobiografiese styl en skryf oor drie vriendinne van die plattelandse dorpie Sandfontein wat hulle mans en kinders agterlaat en saam met vakansie gaan. Groot onthullings dreig om vriendskappe te verbrokkel. Sy skryf onder haar eie naam.

Sy vertel: “Met die verskyning van dié boek moes ek die besluit neem of ek onder die skuilnaam Elbie Lötter gaan bly skryf en of ek my eie naam gaan begin gebruik. Ek het die besluit met almal bespreek – man, kinders, sussie – en steeds nie sekerheid gehad nie. In daardie tyd word oor René Burger se ontvoering en verkragting berig. Ek was in awe oor haar dapperheid om haar naam bekend te maak en nie weg te skram daarvan nie. Sy is my hero en die rede hoekom ek die moed gehad het om my naam bekend te maak.”

Sy beskryf die aflegging van haar skuilnaam as “bevrydend!”. “En ook scary. Maar meestal bevrydend.”

In Die besoeker is Emmie Engelbrecht die jong sekretaresse by ’n privaatskool. Om haar skulde te betaal, raak sy betrokke by dwelmhandel. Wanneer sy wil uitklim, is die dwelmhandelaars onwillig om haar te laat gaan, want sy is die sleutel tot ’n winsgewende mark onder verveelde ryk jong kinders. Sy vlug en beland in ’n afgeleë huisie in die berge, waar haar beskermengel haar inwag, en deur sy bemiddeling word sy ’n tweede kans gegun.

Vermis op Allesverloren begin wanneer een van die dorp se bekendste en berugste inwoners, Erta van Tonder, vermis word. Erta is weens haar afkoms en vermoëns deur die gemeenskap as ’n heks gebrandmerk.

Dit bring ons by Somtotaal. Speel die omgewing waarin sy woon, ’n rol in haar skryfwerk?

“Ja. Nie noodwendig die omgewing self nie (alhoewel dit ook soms so is), maar die gevoel van isolasie. Om op ’n plaas te woon, beteken dat ek nie dag tot dag met ander persone kontak het nie en dit dwing my half om in myself te delf, en om my eie geselskap te geniet. Daarom, dink ek, is die meeste van my karakters aangewese op hulleself en ook in ware kontak met hulle emosies. Al is dit soms ’n verwronge soort van kontak. Die meeste van my karakters is alleen-mense. In Somtotaal speel die verhaal tog wel in dieselfde omgewing af as waar ek woon.”

Sy vertel dat hulle haar skoonma twee jaar gelede gehelp het om van ’n meenthuis in Bloemfontein na ’n aftree-oord in Jeffreysbaai te verhuis.

“In Bloemfontein moes ons letterlik haar hele lewe oppak. En sy het baie goed gehad! Sy moes noodgedwonge van heelwat ontslae raak. Dit was vir haar baie traumaties om te moes besluit wat sy wil hou en wat sy moes laat gaan.

“Met die uitpak het ek op ’n foto afgekom wat rondom 1948 geneem is, van my skoonma en haar swart maatjie wat op die gras lê en deur ’n boek blaai. Een van die foto’s waarvan sy glad nie afstand wou doen nie. Hoekom ek nooit die foto in Bloemfontein raakgesien het nie, weet ek nie. Maar toe ek daardie foto sien, het ek die storie van Ester en Nonthando gesien.”

Anchien vertel die vermoë om te kan vergewe, is die een ding aan die menslike karakter wat haar fassineer. “Dat ons soms op die ingewing van die oomblik iets sê of doen wat buite ons karakter is, en daardie aksie jare later nog by ons spook. Die beweegrede agter hierdie ‘verkeerde aksie en besluite’ bly vir my interessant.

“Wat is dit wat maak dat goeie mense soms slegte dinge doen? Veral aan ander mense. Veral aan hulle vriende. En hoekom probeer daardie persone hulself oortuig dat dit geregverdig was?

“En terug na vergifnis: Is dit regtig moontlik om ten volle te kan vergewe? Dit is die eienskap van die mens wat my die meeste fassineer. ’n Storie het altyd twee kante. Nie noodwendig twee regte kante nie. Dit fassineer my ook, die verskillende beweegredes van verskillende mense. Ek probeer in my stories daarby uitkom.”

As jy vra waaraan sy volgende werk, is dit net een groot glimlag wat jou begroet. Hierdie vrou gaan niks verklap nie ...

Nog vrae aan Anchien

Wie het jou al die beste raad gegee?

Ek gaan nie sê wie nie, eerder net wat die raad was: “As jy twyfel, moenie.” Ek volg dié raad nog daagliks. Dit los groot en klein probleme op.

Wat lê op jou bedkassie?

Die Bybel. ’n Toring-boeke.

Wat sal jou beste vriendin van jou sê?

O jinne, ek hoop dat sy sal sê dat my oor en skouer altyd beskikbaar is. En dat ek nie oordeel nie.

Ek vermoed sy sal ook noem dat ek te veel koffie drink en soms te veel praat.

Watter boek, film, raad het die grootste ingryping in jou lewe teweeggebring?

Ek kan nie dink dat daar slegs een boek of film is wat ’n ingryping in my lewe gehad het nie. Hoe meer ek lees, hoe meer wonder ek. Hoe meer ek wonder, hoe meer wil ek daardie gedagte(s) verken.

Som jouself in vyf woorde op.

Geseënd, dankbaar en gelukkig.

Hoe werk jou skryfproses?

Ek het ’n bedkassielaai vol storie-idees op papiertjies, gewoonlik laatnag neergepen wanneer die slaap ontwyk. Maar daardie idees bly gewoonlik maar net by idees – dalk omdat ek die volgende oggend glad nie die konteks van die paar sinne kan onthou nie! Die idee vir ’n storie meld homself soms op die mees onwaarskynlike plek en tyd aan. Soms is dit iets wat ek hoor. Soms iets wat ek ondervind. Of sien. En dan begin ek daaroor tob. ’n Foto van ongeveer 70 jaar gelede het Somtotaal geïnspireer.

Ek doen redelik baie navorsing, ja. Soos die storie vorder, word die navorsing gewoonlik meer. Met Somtotaal het ek met boervroue (veral dié wat hulle vormingsjare op ’n plaas deurgebring het) gesels – nie formele navorsing nie, sommer so oor ’n koppie koffie. Oor hulle grootwordjare op ’n plaas en oor die vriendskap wat hulle met die kinders van die werkers gehad het. Ek wou veral weet of hulle nog kontak het en indien nie (wat in al die gevalle so was), hoekom nie.

Wie lees eerste jou boeke en hoe baie steur jy jou aan hul opinie?

My uitgewer, Nèlleke de Jager. En ek steur my báie aan haar opinie! Ek kon nog nooit die moed bymekaar skraap om die rou manuskrip aan enigiemand anders te gee om eerste te lees nie, nie voor Nèlleke nie.

Jy het destyds jou studies gestaak om met Lafras te trou. Wat het jy in hom gevind wat jou daardie drastiese besluit laat neem het?

Ons was op Kersdag 2019 al 31 jaar getroud! Time flies when you’re having fun!

Sy deernis met mens en dier. Sy humorsin. Sy vermoë om altyd die goeie in mense en situasies te sien. Sy eerlikheid. Hy aanvaar my net soos ek is. Hy is lief vir my net soos ek is.

Is jy ’n tipiese plaasvrou wat konfyt kook, koekies bak en ’n spogtuin het?

Ek is baie lief vir handwerk. Hekel, brei, ’n bietjie naaldwerk. En ek hou van koekies bak! Maar konfyt kook en brood bak kan ek nie.

Ons is nou amper twee jaar in die nuwe (ou) huis op die nuwe plaas. Toe ons hier aangeland het, was hier geen tuin nie. Nie eens gras nie. Die gras is nou welig en groen, maar geen beddings met kleurvolle blomme of plante nie. Ek blameer ons twee honde. Hulle is nog klein, sny nog tande, en die bietjie wat ons wel geplant het, het die volgende dag op die gras gelê. Ons wag maar tot hulle meer verantwoordelik met plante kan omgaan.

Vertel meer van jul troeteldiere?

Ek is erg, erg, erg mal oor katte! My seun, Chris, en skoondogter, Roecelle, het twee jaar gelede vir my ’n rooi Persiese kat as Kersgeskenk gegee. My liewe Max.

Toe ons die dag ons meubels hier aflaai, het ’n rondloper haar verskyning gemaak, rondgekyk en besluit om te bly. Ons het haar Kleintje begin noem – sy was maar net ’n asempie groot, met ’n vreeslike boepens. Twee maande later het ons besef hoekom sy so ’n groot maag het. Sy het vier kleintjies gehad. Vir twee het ek goeie huise gevind; Hansie en Grietjie het gebly.

My dogter, Joice, en skoonseun, Fred, het vir Lafras ’n skaaphond as Vadersdaggeskenk gegee. Hy het hom terstond Dodge genoem. Die volgende maand het Lafras hier aangekom met Bentley. ’n Rescue-baba van twyfelagtige herkoms.

The post Skrywersonderhoud: Anchien Troskie oor <em>Somtotaal</em> appeared first on LitNet.

Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda”

$
0
0

“Magda” is ’n aangrypende verhaal, Jaco. Is dit op die waarheid gegrond? Het jy ’n bekende persoonlikheid in gedagte gehad toe jy die aktrise-karakter geskep het?

Ja, ek het. Dis ’n Afrikaanse aktrise wat ek via haar familie leer ken het. Eendag het sy vir my ’n lang gedig wat sy geskryf het, voorgelees, eintlik opgevoer, sommer in iemand se sitkamer. Dit was net ons twee, ek so 45 en sy in haar sewentigs. Ek was nog maar selde in ’n teater vir opvoerings, so jy kan jou voorstel hoe daardie voorlesing deur ’n ervare aktrise my geraak het. Die karakter in my verhaal is losweg op haar gebaseer, hoewel die storie self uit my duim gesuig is. Sy het ’n baie goeie indruk op my gemaak, was nederig en classy tegelyk. En natuurlik kom sy as aktrise met al daardie wonderlike bagasie saam – ek bedoel al die rolle wat sy in haar lewe gespeel het. Haar kinders is ook dierbare mense, hoewel ek nie beplan om oor hulle te skryf nie! Die hotel bestaan. Dis hier in Hermanus, op die see.

Elke keer wanneer ek ’n verhaal van jou lees waar ’n eerstepersoonsverteller aan die woord is, kan ek nie anders as om te wonder in hoe ’n mate die verteller op die skrywer self gebaseer is nie. Is dit regverdig van my as leser om jou ek-vertellers so te benader, of behoort ek van beter te weet?

Daar beland baie dinge uit my lewe in stories, maar in die skryf word dit volslae fiksie, glo ek. Wat ek soms doen, is om my voor te stel hoe ek in ’n situasie sou reageer. Verder plak ’n mens detail by soos dit jou pas of soos jy dit tot jou beskikking het. Een probleem wat ek met skryfwerk ervaar, is agtergronde. Sou graag meer dorpe en stede wou geken het. Maar die ek-vertellers lyk vir my ook baie na my.

Jy beland kort-kort op ’n kortlys vir ’n literêre prys. In 1997 het jy die Eugène Marais vir Die ryk van die rawe gekry, en in 2012 het jy vir Verstevlei die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd ontvang. Hoe voel jy oor literêre pryse?

Ek werk nie volgens ’n roetine nie, maar volgens geesdrif. As ek in die luim is, skryf ek baie, partykeer vir dae lank. Maar wanneer dit nie wil werk nie, moet ek dit los en later terugkom. Dankie tog, tot dusver het ek nog elke keer weer die gier gekry om iets te tik.

Ek het nog net vier pryse gekry. Ek is absoluut dankbaar daarvoor. Eintlik vir goeie lesers. Of moet ek sê simpatieke lesers? Ons skrywers is suckers vir simpatie. En goeie inkomste vir skryfwerk is altyd welkom.

 

Lees Jaco Fouché se kortverhaal, “Magda”, hier:

Magda

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

The post Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda” appeared first on LitNet.


"Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die Bitterbosbende wil lees"

$
0
0

............ 

Titel: Bitterbosbende 1 – Die geheim van die nuwe hoof
Deur: Anzil Kulsen
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624090434

Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in graad 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos ’n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar’s ’n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk.

Toe Kurt-hulle se idee vir ’n sonkragoondjie te goed werk en hulle ’n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied – met verrassende gevolge.

 

............ 

Cliffordene Norton gesels met Anzil en Keenan Kulsen oor die inspirasie agter die Bitterbosbende-reeks, en oor hoe dit is om as ma en seun saam te werk. Hulle het ook advies vir voornemende skrywers.

Keenan en Anzil Kulsen (Foto: verskaf)

Wat is die inspirasie vir die Bitterbosbende-reeks?

Die idee vir ’n lekker bangmaakstorie het ontstaan toe ons uitvind dat ’n gebou waarin ons destyds vir vakansie oorgebly het, gedeeltelik op ’n begraafplaas gebou is. Oeee ...

Aanvanklik sou ek net een storie skryf, die verhaal oor ’n boetie en sussie, Kurt en Nieke, hul maats Zia, Bongi, Leonard en Simone, en natuurlik mevrou Bosman, die nuwe skoolhoof van Laerskool Bitterbos, wat die kinders op groot avonture en ’n ontdekkingstog neem.

In plaas daarvan om hulle te straf toe hul eksperiment verkeerd loop en ’n groot ontploffing veroorsaak, daag mevrou Bosman hulle liewer uit om iets nog groter aan te pak.

Na die verhaal aanvaar is, het die uitgewer gevra of dit dalk in ’n reeks kan ontwikkel. My gesin is altyd my klankbord as ek stories skryf. Dit was toe juis met die ontwikkeling van idees vir ’n tweede en derde boek in die reeks dat Keenan aangebied het om te help.

Die tweede boek in die reeks, Die been in die bos, verskyn in Junie 2020. Hoeveel boeke is daar in die reeks? Beplan julle die reeks vooruit of ontwikkel dit meer organies?

Op hierdie stadium is daar drie boeke in die Bitterbosbende-reeks wat in 2020 verskyn. Die moontlikheid op meer boeke is nie uitgesluit nie. Ons is opgewonde om te hoor van lesers of hul meer van die Bitterbosbende wil lees.

Hoe het die skryfproses met jou seun, Keenan, as medeskrywer gewerk?

Keenan het die beplanning en idees vir die tweede boek, Die been in die bos, in ’n dokument op die rekenaar opgesom en my aangemoedig om dit net verder uit te brei. Ons het dwarsdeur die skryfproses saam beplan, en heelwat kere verskil, maar dit was ’n lekker proses. Die tweede boek speel glad nie by Laerskool Bitterbos af nie; in hierdie boek kamp die Bitterbosbende langs die rivier en raak hulle hopeloos te waaghalsig.

In die derde boek, Grafsangers, wat in September verskyn, is hulle weer terug by Laerskool Bitterbos. Die grafte en mynskag, waarheen hulle eintlik verbied is om te gaan, hou net te veel misterie in. Hulle kan maar net nie daar wegbly nie.

............ 

Titel: Bitterbosbende 2 – Die been in die bos
Deur: Anzil Kulsen
Uitgewer: Tafelberg

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin ’n hond verwoed blaf. Die ligte op die kampeerterrein verdoof skielik en toe die hond op hulle afstorm, buk Nieke om na ’n stok of klip op die grond te soek.

Alles gebeur tegelyk: die blaffende hond, die trein iewers naby wat kwaai rem aanslaan en dan die geluid van ’n botsing. Net so skielik is alles stil en die hond weg. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is ... Die res van die bende het uit hul tente gekom en staar in afgryse na die been in haar hand.

“Dis net die oorblyfsel van een of ander diertjie. Dalk ’n springbokkie,” lag sy senuweeagtig. Sy sal tog vir meneer Louw gaan wys en vra, neem sy haar voor en los die been in hul tent. Maar elke aand pla iets haar. En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat hier naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en ’n hond insluit, geword?

............ 

Die titel van die reeks, Bitterbosbende, verwys na die skool wat die karakters bywoon. Hoe belangrik is ruimte in hierdie reeks? Al die avonture speel glo nie by die skool af nie.

Ruimte speel ’n groot rol in elkeen van die boeke in die reeks – dit help om die nodige atmosfeer te skep. Die laerskool met sy digte bome daarnaby, die rivier en mynskag sal die leser ’n kykie in die Bitterbos-omgewing gee. Kurt, Nieke en hul vriend, Bongi, se ouers is argeoloë wat gedurig op soek is na artefakte van honderde jare gelede. Dis ook die rede hoekom hulle in die koshuis op Bitterbos is; dalk ook die rede hoekom mevrou Bosman hulle juis uitsonder om haar groot ontdekking te maak.

Speel die verwagtinge van lesers, veral in ’n kinderboek, ooit ’n rol in jou skryfwerk?

Wanneer ek skryf is dit vir my belangrik om die storie self te geniet, en soms raak ’n mens baie nou betrokke by jou karakters of verhaal. Heel dikwels ontwikkel die karakters sommer ’n wil van hul eie. Ek hou die lesers in gedagte en wanneer ek met kinders gesels, deel ek my storie-idees met hulle en toets hulle reaksie. Dis egter moeilik om vooraf te bepaal hoe lesers op ’n storie gaan reageer. As skrywer kan mens net hoop hulle geniet dit ook soos jy tydens die skryfproses.

Wat is die moeilikste soort boek om te skryf: ’n kinderverhaal of ’n tienerboek?

Ek skryf vir kinders, jong volwassenes en die volwasse leser. Om vir jonger kinders te skryf, is beslis ’n groter uitdaging. Met ’n volwasse roman het jy ’n groter aantal woorde om jou idee oor te dra. Kinderboeke moet die leser boei en teen ’n sekere spoed beweeg, en hoewel dit fiksie is en jy met die verbeelding van die leser werk, is daar steeds hope feite waarvan jy seker moet maak. En dit alles met minder woorde. Ek dink elke storie wat ek skryf, het sy eie stel uitdagings. Ek het al baie lank met een kortverhaal gestoei.

Wat is jou wenke vir voornemende jeugverhaalskrywers?

Elke idee wat nie ontwikkel word nie, is ’n slegte idee. Jy sal nooit weet of jou storie kan werk as jy nie aan jou idee werk nie. Dit begin met een enkele sinnetjie. Een woord op ’n slag. En dan as jou storie klaar is, en jy oor en oor daaraan geskaaf het tot jy tevrede is, soek jy ’n uitgewer wat saam met jou in die storie glo. As so ’n uitgewer dan nog veranderinge voorstel, spring jy weer aan die werk. Jy skryf en skaaf en skuur tot jou storie die lig sien. Dis nooit maklik nie, maar dis die heerlikste gevoel om daai boek, wat eens net ’n idee was, in jou hande vas te hou.

Keenan

Wat was vir jou die aanmoediging om te begin skryf? Wou jy altyd ’n skrywer wees?

Ek dink nie ek wou nog altyd skryf nie. Dis net soms vir my lekker om op my eie verbeeldingstog te gaan as ek skryf. Ek het al vandat ek klein was, verhale op my ma se rekenaar getik. Sommige van hulle het ek selfs geïllustreer ook, maar ons het nooit regtig iets daarmee gedoen nie. Ek skryf ook my eie Engelse inspirerende aanhalings wat ek op spesiale dae aan vriende en familie stuur.

Hoe het die skryfproses gewerk met jou moeder?

Ek het met al die belangrikste idees vorendag gekom, en my ma moes al my idees inkleur en sorg dat die storie die regte getal woorde bereik. My ma tik ook baie vinniger as ek, dit het net beter gewerk dat sy die groot werk doen. Soms moes ek met haar verskil, omdat ek kon sien ’n idee gaan nie werk nie. Ons het lekker verskil ook, en moes dele oorskryf, maar op die ou einde het dit darem uitgewerk.

Wat is jou wenke vir voornemende skrywers?

As kinders ook hou van skryf, sou ek hulle aanmoedig om net solank te begin. Ek dink ons kan ons eie stories beter vertel as grootmense, haha. Hulle moet ook lees wat ander skrywers doen – lees help om mens se verbeelding aan die gang te hou.

The post "Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die <i>Bitterbosbende</i> wil lees" appeared first on LitNet.

Harmonie van nuk en vonk – Johan Myburg oor die Hertzogprys

$
0
0

Die Hertzorgprys vir poësie is pas aan Johan Myburg toegeken vir sy bundel Uittogboek. Melt Myburgh het met die digter gesels.

........................

Hertzogpryswenner Johan Myburg in sy huis in Johannesburg (Foto: Deon Raath/Rapport)

Baie geluk met die Hertzogprys wat vanjaar aan jou toegeken is, spesifiek vir jou digbundel Uittogboek. Met dié gesogte toekenning word die kroon op jou digterskap gespan. Voel jy oorweldig deur die eer? Wat was die reaksie in die huis toe die nuus jou bereik het?

Dankie, Melt. Oorweldig is dalk ʼn goeie beskrywing van hoe ek gevoel het toe ek die nuus gehoor het. Spesifiek ten opsigte van die onverwagsheid daarvan en terselfdertyd die opeenvolging van emosies wat ʼn mens beleef by die aanhoor van sulke nuus – van “is dit?” tot “dit is!”.

Die publiek het jou leer ken as ʼn fyn intellektueel vir wie kuns en musiek, benewens skryf, volwaardige passies is. Uiteraard voed dié kunsvorms jou poësie. Jy tree ook dikwels op as kurator vir kunsuitstallings en jy was op jou dag kunsredakteur van Beeld. Maar aan die begin van jou loopbaan was jy predikant; trouens, was jy nie Gereformeerde dominee in Oos-Londen toe jy in 1984 met Vlugskrif gedebuteer het nie? Is die teologie en die geloofswêreld steeds vir jou ʼn ankerpunt, of het jy soos baie ander predikante jou geloof ontgroei?

Nee, ek was besig met diensplig toe Vlugskrif verskyn het. Ek was 27 – wat ek nou dink in my geval te jonk was om te debuteer. Was dit Bernard Shaw wat gesê het: “Youth [like education] is wasted on the young”? Die ding is dat ʼn mens dit net terugskouend kan sê. Moontlik (en hopelik) het ek daar my les geleer om nie oorhaastig te wil wees nie. Dit verduidelik dalk ook die lang tyd wat verloop het voordat Kontrafak eindelik in 1994 verskyn het. Saam met Bernard Shaw se wysheid weet ek ook dat ʼn mens nooit enige ervaring kan afmaak as geheel en al waardeloos nie. Selfs nie diensplig nie. Al het dit bloot my renons in militarisme en nasionalisme versterk, was dit dalk van waarde. Eweso kry ʼn mens onderrig of raak jy gaandeweg onderlê in velde wat weliswaar wêrelde oopmaak. Sonder teologie sou ek nie die klassieke leer ken het nie. En ook nie filosofie nie. En ook nie sielkunde nie.

Ek hou van die onderskeid wat jy maak tussen teologie en die geloofswêreld. Vir die dogma van teologie (soos ook vir die dogma van sielkunde) het ek besieling verloor. Soos wat die DSM (Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders) in sy vele gedaantes deur die jare blyke gegee het dat die mens se kennis beperk en ook tydgebonde is, het die stelligheid waarmee die “gans andere” God in teologie (wat volledig afhanklik is van die mens se begrip) ingeperk word, vir my onhaalbaar geword. As ek nie geleer het wat ek geleer het nie, sou ek nie geweet het wat ek nié wil weet nie. Ek wil nie alles haarfyn verstaan nie. Want ek kan nie. Ek wil byvoorbeeld nie oomblik vir oomblik bedag wees op die fisiologiese prosesse wat betrokke is by my asemhaling nie. Nietemin wil ek behaaglik asemhaal en bly wees oor die feit dat ek dit kan doen. Sonder asem kan ek nie.

As ʼn mens terugkyk na die ontvangs van Vlugskrif, en die manier waarop die bundels sedertdien – Kontrafak, Kamermusiek en Uittogboek – in die literêre sisteem opgeneem is, kan mens nie help om te wonder hoe jy vandag voel oor die punte van kritiek wat jy met jou debuut ontvang het nie. André P Brink het byvoorbeeld gewys op “’n naarstige nuk tot presisie, wat meermale ’n baie nette formulering tot gevolg het, maar ook soms die gevaar inhou van blóte tegniese versorging waaruit die vonk van die lewe ontbreek.” Het jy Brink se kritiek destyds as geldig ervaar en doelbewus jou werk wat sedertdien gevolg het, daarvolgens gerig?

Ek het reeds hierbo jou vraag oor Vlugskrif begin antwoord. Vlugskrif was ʼn waardevolle leerskool, as ek nou terugkyk. Ek hoor soms dat mense sê hulle steur hulle nie aan resensies nie. En selfs sê dat hulle nie resensies lees nie. Ek het my nog altyd aan elke resensie gesteur. Hoe gaaf of pynlik ook al. André Brink se kritiek was meer raad as kritiek, wat ek doelbewus in gedagte gehou het en steeds hou. Die nuk is steeds daar. Ek hoop wel daar is meer vonk ook. En dat nuk en vonk simbioties kan saamleef. Saam met Brink was Joan Hambidge se resensie van Vlugskrif fel, maar nie verdoemend nie. Ek het geweet ek sal versigtiger moet wees, op ʼn hele paar goed let as ek verder sou wou skryf. Wat nooit ʼn kwessie was nie. Dit is die een ding wat ek graag wou doen. Ek wou kon skryf.

Resensente doen van die verantwoordelikste werk (kom ons neem aan hulle doen hul werk goed) in die letterkunde. Benewens die broodnodige kontekstualisering en inweef in ʼn groter letterkunde, het resensente ook die geleentheid om (subtiel) te waarsku, te por, te twyfel en soms gewoon te jubel. Nie te ontmoedig nie, maar, soos Brink, in dié geval raad te gee wat my nou nog bybly.

In 2008 het Joan Hambidge daarop gewys dat TT Cloete se invloed aanvanklik jou eie stem verdwerg het, maar dat jy onder daardie vaderlike invloed uitgegroei het. Stem jy saam met Hambidge se opmerking van destyds? En is daar ander “vaderlike” of “moederlike” digterstemme wie se invloed jy moes temper om jou eie stem te laat gedy?

In daardie opsig was Joan Hambidge eweneens in die kol. In die onlangse Rapport-onderhoud met Jo Prins, het ek verwys na Cloete se literêre teenwoordigheid. En ja, Cloete was die reus, hoewel hy nooit enigiemand opsetlik sou wou verdwerg nie. Nietemin was die Cloete-invloed iets waarteen ek moes wal gooi. Miskien omdat ek by Cloete ook die “nette formulering” gesnap het waarna Brink verwys het. Ek het ʼn ruk lank Cloete nie gelees nie. Juis om te probeer hoor hoe ek dink. Nuwe blootstelling, ander omstandighede, ander ervarings en doelbewuste wegdink van ʼn Cloete-idioom het dalk daartoe bygedra dat ek met Kamermusiek daardie vaderlike invloed, soos Hambidge dit gestel het, ontgroei het.

Dalk staan ek te naby om ander digterstemme se invloed te bespeur. Dit sal mettertyd en terugskouend dalk duideliker blyk as nou.

Waarop ek bedag wil wees, is om versigtig om te gaan met éénstemmigheid. Ek bedoel dat ʼn mens só seker raak van jou “eie stem”, jou een stem wat jy gevind het, dat jy nou as ’t ware net een snaar het om op te tokkel. Al skuif jy jou eie stem telkens net ʼn aks. Dit bly die uitdaging.

In die tydperk sedert 1984 toe jy as digter gedebuteer het, het die wêreld geweldig verander. Suid-Afrika vandag lyk genadiglik nie meer soos die Suid-Afrika van destyds nie. Hoe voel jy oor die land en die dramatiese verwikkelinge sedert daardie tyd? En hoe raak dit jou lewe en digterskap?

ʼn Mens vergeet maklik hoe sleg die 1980’s was. Ek was in die Oos-Kaap van die middel-80’s en dit was een van die grootste leerervarings wat ek gehad het. Rof is relatief, maar maklik was dié jare nie. Nietemin is ek immer dankbaar vir daardie blootstelling en die universiteit wat die Oos-Kaap vir my was.

Soos demokrasie is menseregte en persvryheid en al die lofwaardige dinge waarvoor ʼn mens jou beywer het, nooit finaal gewaarborg nie. Jy moet dit deurentyd lewend hou, aanwakker, verdedig en bereid wees om weer daarvoor in die bresse te tree. Dié goed kry net gestalte in dié mate waarin ʼn mens dit lewend hou.

Hoe raak dit my lewe en digterskap? Waarvan ek oortuig is, is dat die manier van lewend hou nou anders is as toe. Woorde moet ʼn mens steeds versigtig kies, maar ek dink luister raak ʼn groter noodsaaklikheid. My geslag veral, neem aan ons weet. Ek dink ons moet minder dawer en meer luister. Die laaste ding wat ek hoop om te word, is bitter.

Soos ek hieroor dink, sou ek graag hieroor wou skryf.

In die Rapport-artikel word genoem dat jy reeds op skool (in Potchefstroom) bewus was van jou ontluikende digterskap. As jy nou vanuit die Hertzog-glorie terugkyk na daardie seuntjie in die Afrikaans-klas wat besield na die plakkate van digters teen die mure staar, wat sal jy vir daardie kind sê?

Sonder om Bernard Shaw weer by te haal is die wonderlike ding dat daardie kind, ongeag van wat ek sê of nie sê nie, in elk geval sy en haar eie lewe gaan lei en eie ding gaan doen. Dit is daardie vermoë wat ons anders (nie beter nie) maak as ons voorgangers.

Johan Myburg (Foto: Deon Raath/Rapport)

Klokslag Woensdagaande bring jy Afrikaanse luisteraars in RSG se Skrywers en boeke op hoogte van wat in die wêreldletterkunde aangaan. Hoe vergelyk dinge wanneer jy na gebeure en tendense in die wêreldletterkunde kyk, en dan jou blik swaai na die plaaslike, Afrikaanse letterkunde?

In die wêreldletterkunde het vertalings die afgelope paar dekades ʼn taamlike hupstoot gekry, onder meer deur die Booker International wat ook in prysgeld ewe veel waarde heg aan die skrywer en die vertaler. Op dié manier kry skryfwerk uit kleiner letterkundes ook blootstelling. Namate meer vertalings uit Afrikaans gepubliseer word, kry die vernuf van skryfwerk in Afrikaans ʼn groter gehoor en die ruimer wordende letterkunde die geleentheid om sigbaarder in die buiteland te word. So het Marlene van Niekerk se Triomf en Agaat in vertaalde vorm heelwat hiertoe bygedra toe sy in 2015 een van die benoemdes vir die Booker International was, en so ook Willem Anker vroeër vanjaar toe hy die langlys van dié prys met Red Dog gehaal het. Eweso verrig De Week van de Afrikaanse Roman wonders om die Afrikaanse letterkunde in Nederland en Vlaandere bekend te stel.

Jy tree gereeld op saam met die Nederlandse digter Nachoem M Wijnberg wanneer hy Johannesburg besoek. Geniet jy openbare voorlesings? Wat is jou siening hiervan en hoe het die gereelde samewerking met Nachoem begin?

Tydens een van Nachoem M Wijnberg se besoeke aan die land ʼn paar jaar gelede het ek saam met Josine Overdevest vinnig ʼn voorleesgeleentheid voor sy vertrek na Nederland gereël. Daarna het ons dit ʼn paar keer herhaal en telkens meer digters in die Johannesburg-omgewing probeer betrek. Alwyn Roux het soortgelyke geleenthede in Pretoria saam met Wijnberg aangepak.

Ek dink die belangstelling wat Gérard Rudolf se voorlesings tydens grendeltyd op Facebook gelok het, is aanduidend van ʼn behoefte om poësie voorgelees te hoor. Ek dink voorleesgeleenthede word onderskat as ’n manier om poësie bekend te stel, en om poësielesers miskien meer te bied as woorde op papier. Die visuele vorm op papier is belangrik, maar nie belangriker as die klank wat poësie voortbring nie – of dit in die vorm van voordrag of in voorlesing is.

Is daar jong Afrikaanse digterstemme wat jou opgewonde maak?

As ek drie debuutbundels kan uitsonder van skrywers wat my gewis opgewonde maak, is dit Jolyn Phillips met haar Radbraak (2017) “waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word”, om Nini Bennett aan te haal; Klara du Plessis vir die vindingryke manier waarop sy die grense van Afrikaans (in Engels) verken en tart in Ekke (2018); en Die waarheid oor duiwe (2020), ʼn soliede bundel verse waarin Gisela Ullyatt kwesbaarheid in hoeveel skakerings grys verwoord.

Daar verloop lang periodes tussen jou digbundels. Sou jy graag meer gereeld en met korter tussenvalle wou publiseer, of is dit glad nie belangrik nie?

Miskien kan ek jou vraag só antwoord: Ek is tans ná drie jaar verder met ʼn manuskrip (gedigte) as wat ek ooit ná drie jaar was. Kom ons kyk wat gebeur in die volgende sewe jaar.

Wat is jou boodskap aan Afrikaanse lesers wat lief is vir die poësie en wat digters ondersteun deur hul bundels te koop?

Allereers dankie vir elkeen wat ʼn bundel lees en soveel te meer vir elkeen wat ʼn bundel koop. En vir elke leeskring wat sorg dat hulle by bly met die jongste publikasies. Die belangrike woord hier is “sorg”. Ek is telkens verbaas oor die sorg wat leeskringe neem met hul leeslyste. En besprekings. Laastens: Sonder lesers bestaan ʼn letterkunde hoogstens, maar floreer nie noodwendig nie.

 

The post Harmonie van nuk en vonk – Johan Myburg oor die Hertzogprys appeared first on LitNet.

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

$
0
0

Titel: Uit die kroes
Skrywer: Lynthia Julius 
Uitgewer: Kwela 
ISBN: 9780795709531

In Lynthia Julius se debuutdigbundel, Uit die kroes, word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende manier inkorporeer.

Die gedigte aan die begin van die versameling verwys na die geskiedenis van Suid-­Afrika en belig die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou daarin. Die Kaap se slawegeskiedenis, Distrik Ses en apartheid word opgeroep aan die hand van figure soos Amria van Bengale en Dulcie September.

Die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou in Suid­-Afrika word ook bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds van die giftige erflating van apartheid, veral hardnekkige persepsies oor ras en skoonheid, ontsnap probeer word.

Jy ís nie soos jou ma nie;
jy rook Marlboro op die stoep.
Jy glo, maar jy weet nog nie in wat nie.
Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien
glad alleen beteken nie mooi nie.

Cliffordene Norton gesels met Lynthia Julius.

Volgens die bemarkinsgteks spreek Uit die kroes die Noord­-Kaapse leefwêreld, die Kaap se slawegeskiedenis, asook die historiese en moderne rol van die bruin vrou aan. Waarom het jy hierdie temas gekies?

Ek het dit eers besef toe my keurder dit noem. Ek het net geskryf oor my leefwêreld, wat om my aangaan, wat ek beleef het, die boeke wat ek gelees het.

Wat was die moeilikste gedig(te) om te skryf?

“Vir Aljarreau” en “Krismisboom”.

Hoeveel beplanning doen jy voordat jy begin skryf?

Almal wat my ken, weet ek is ’n baie ongeorganiseerde mens. Ek beplan niks nie. Ek pen wel elke gedagte of woorde wat kom neer, maar beplanning werk nie vir my nie.

Volgens die bemarkingsteks word “Namawoorde op verrykende manier” in jou gedigte geïnkorporeer. Is daar ’n gedigte wat ten volle in Nama geskryf is?

Dis die hartseer van die saak. Dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie. Ek weet van ’n Khoi-plaaswerker wat eenkeer sy moedertaal op die plaas waar hy werk, gepraat het. Die boer van die plaas het kwaad geword en gesê: “Hotnot, jy praat nie weer daai skindertaal nie, hoor jy?”

My mense moes hulle taal eenkant skuif, koebaai sê, rug op draai, omdat dit gesien was as ’n taal waaroor sy sprekers moet skaam wees. My oumagrootjie kon Nama vlot praat; my ouma, my ma, ek – ons kan nie Nama vlot praat nie. Dis nie aan ons oorgedra nie.

Foto: verskaf

Is daar ’n spesifieke (persoonlike) betekenis aan die gekose Namawoorde?

Die Afrikaans wat ons by die huis in Namakwaland praat, is ’n Afrikaans wat nie kan bestaan sonder Nama-woorde nie. Jy sukkel om sulke Nama-woorde in Afrikaans te bewoord, omdat dit bloot nie sin maak as jy dit in Afrikaans gebruik nie.

Die beminde (van die Vrystaat) was eenkeer saam met my Springbok toe. Ek het die arme ding jammer gekry – hy het nie die gesprekke of woorde verstaan nie. Ek moes kort-kort verduidelik.

Wat was die grootste struikelblokke en/of hoogtepunte wat jy tydens die skryf van die bundel ervaar het?

Om my manier van Afrikaans praat te probeer verduidelik was ’n groot struikelblok. Dis amper soos ’n sekere club waar net die mense wat die taal so praat, kan verstaan wat eintlik bedoel word.

’n Hoogtepunt was toe ’n ander digter wat al die Hertzog gewen het, my gevra het om maar geduldig met ander lesers te wees wat nie die Afrikaans van my wêreld verstaan nie. Ek moet aan hulle verduidelik as ek wil, want hulle ken nie die skatte van die Afrikaans wat ek en my mense praat nie.

Watter gedig(te) is essensieel tot die bundel, en waarom?

Die laaste gedig in die bundel, “Kroeshare”. Dit som als wat in die bundel voorkom, op.

Waaraan werk jy tans?

Ek werk tans aan kreatiewe-skryfkuns-opdragte vir my meestersgraad.

Sal jy asseblief ’n gedig uit jou bundel met ons deel?

Kroeshare

“I have bi-racial hair because I have bi-racial blood. I’m not talking about that cute they met and fell in love blood. I’m talking about that slave raped six times by the master birthing six mixed babies later hung blood.” – Zora Howard

Mamma sê ek moet my kop nasien 
(reguit maak; gladder, dunner, witter maak) 
wie nog kroes is is aspris hoor ek 
daar’s genoeg Dark & Lovely en Sunsilk 
om die geskiedenis uit jou hare te vee 
om jou te laat vergeet watter voorouers 
by die wortels van jou hare deursingdans

net ’n bietjie Babyliss hier 
’n bietjie blow dry daar 
net ’n bietjie laat sy ring tog om godsnaam net nie in jou hare vassit 
as hy sy vingers deur hulle try liefkam nie

daar was ’n tyd toe ek in Kimberley in wou pas 
ek was te kroes om ’n Kimberleycoloured te wees 
te glad om opreg Khoi te wees 
te gemeng om wit te wees

ek het uit die as opgestaan met my kroeshare, Mamma
sukkel-sukkel die krulnukke in my hare uitgekam
en met die loskomsels op die kam besef:

fok gladwees
laat sy ring maar in my hare verstrik raak
ek vee nie my geskiedenis uit my hare uit nie
kroes is kroes
kroes word nooit tot die wortel glad nie.

The post "Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie" appeared first on LitNet.

Korona-kortverhaalfees: Izak du Plessis oor “André Tanneman se tronk”

$
0
0

Izak, jy is ’n man van vele talente. Nie net skryf jy kortverhale nie, maar jy het as digter gedebuteer in Nuwe stemme 5 en daar het twee niefiksie-boeke uit jou pen verskyn – Boereverneukers en Ralph Haynes – godfather van die Wes-Rand. Waar pas die kortverhale tussen alles in?

Ek het ’n behoefte om stories te vertel. Dit brand in my soos Pablo Neruda se God in ’n rivier. Ek kan dit nie keer nie, dis so erg dat ek soms ’n geselskap kan oorneem en eers na die tyd baie verleë besef dat ek dit al weer gedoen het. Van kleintyd af.

Maar ek kan dit nie verander nie, dis net so. Die skryf help om dit in toom te hou.

Saam met die brandende behoefte het ek gedroom om ’n skrywer te kan wees. En soos alle aspirerende skrywers het ek as ’n jongman van my kortverhale vir publikasie aan verskeie tydskrifte voorgelê. Maar ek is keer op keer afgewys, want dit was regtig baie, baie swak. Genugtig, ek is skoon skaam om te dink ek het sulke goed geskryf.

Met verloop van tyd het ek meer bedrewe geraak met woorde en ek het geleer om fyner te kan kyk. Toe begin ek stories op Facebook publiseer. Tot my verbasing het mense nogal daarvan gehou. En baie jare later is van my verhale uiteindelik vir die eerste keer gepubliseer. Ek is gek oor kortverhale, dis soos foto’s, ’n komposisie van ’n oomblik.

Waar kom jy aan die klomp kroegvlieë wat in hierdie verhaal uitgebeeld word?

Ek het in 2010 twee groot egskeidings tegelyk beleef. Die een is my egskeiding van die NG kerk as ’n ontnugterde en ongelowige dominee. Die verloopte predikant, het PG du Plessis my altyd genoem. Die ander een is my huwelik wat misluk het.

Albei is bitter seer, maak nie saak hoe skuldig of onskuldig jy is nie. En die pyn tref wyd. Ek het toe in ’n eenmanwoonstel in Silverton geëindig. Werkloos en ongelowig. Ek het sosaties gemaak en op ’n kosmark verkoop om aan die lewe te bly. ’n Vriend met ’n kroeg het my toegelaat om die sosaties daar by hom in die kombuis te maak. So het ek te make gekry met al die karakters wat die kroeg besoek het.

Dit was my terapie om hulle in stories te laat gestalte kry. En ja, elkeen van die stories, wat ek as “Woonstelstories” op Facebook gepubliseer het, is die reine en wellustige waarheid.

As ’n skrywer sy hand aan humor te waag, kan dit maklik ontaard in ’n spektakel. Hoe hou jy die humordrade in ’n verhaal soos hierdie styfgetrek om die skryfwerk geloofwaardig te laat oorkom?

Melt, ek weet regtig nie. Ek is nie slim genoeg om dit te verstaan nie. Ek skryf maar soos ek meeste van die tyd praat. Dis net ’n gevoel hier binne in my wat verstaan wanneer iets snaaks is. Vir my minstens, want ek het al agtergekom jou snaaks is nie iemand anders se snaaks nie.

Ek het wel die voorreg gehad om vir PG du Plessis so drie jaar voor sy dood te ontmoet en ’n paar intieme gesprekke met hom te hê. Die resultaat daarvan was dat ek al my “Woonstelstories” herbesoek en begin sny het, dinge bondiger probeer sê het, onnodige beskrywings uit te haal. Ek dink dit het baie gehelp.

En dan het ek in die laaste paar jaar geleer om foto’s te neem. Dit het my gehelp om detail raak te sien, die klein gewoontetjies wat mense maak wat hulle is, soos die manier hoe Ernst rook, die manier hoe iemand soos Vet Peet drink. Ek dink daai goedjies help om humor te laat werk.

Maar ek dink net so, ek weet nie regtig nie.

 

Lees Izak du Plessis se kortverhaal, “André Tanneman se tronk”, hier:

André Tanneman se tronk

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

 

The post Korona-kortverhaalfees: Izak du Plessis oor “André Tanneman se tronk” appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Kleinboer gesels oor Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels

$
0
0

Fanie de Villiers skryf onder die skuilnaam Kleinboer en is die skrywer van die romans Kontrei (bekroon met die Jan Rabie-Rapport-prys), Werfsonde en Hierdie huis. Met Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels debuteer hy as digter. Sy gedigte bevat huislike toneeltjies (nie altyd vredig nie), bedenklike groenkrui-gedagtes, en geheueflitse na wilder jare. Die bundel is in winkels beskikbaar, maar kan ook direk by naledi.online bestel word, en aflewering is gratis.

Remona Voges het met Kleinboer gesels.

Foto van Kleinboer: Magriet Theron

Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels
Kleinboer
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781928518327

Hallo Fanie! Hoe gaan dit met jou? Oorleef jy darem nog die inperking?

Weens die korona-inperking het ek aanvanklik slegs vanaf die huis gewerk (taalversorging vir ’n tydskrif), maar nou word ons twee dae per week in die kantoor toegelaat en ek is bly daaroor. Daar is iets te sê vir lendene omgord, skoene aantrek en die pad vat. Ek het tevore ’n roman geskryf met die titel Hierdie huis, maar te veel van ’n goeie ding is nie meer lekker nie. Ek begin aan verlamming ly wanneer ek te lank aaneen tuis sit. Om "knip naels" eindelik vanaf my taaklys te skrap, voel na ’n groot prestasie. En hierdie LitNet-vrae lê al vir twee weke in my inboks en hiberneer en word nou eers beantwoord, jammer! Ek verfoei myself oor ek te lui is om my pantoffels uit te trek; teen vieruur die middag slof ek soms nog rond. Eenmaal boonop in die tuin in hondestront getrap, en die groefies in die sole is fýn. Dit was ’n noodgeval. Ek kon nie "ontstront pantoffel" op my taaklys gaan skryf nie; ek moes dadelik ’n geskikte stokkie soek vir die skoonkrap. 

’n Ander nadeel van die inperking is dat my digbundel nie voldoende na winkels versprei kon word nie.

Waar kom jou skuilnaam, Kleinboer, vandaan?

In die dae toe Koos Kombuis nog die little magazine, Ons Klyntji, uitgegee het (meer chaoties as wat Toast Coetzer dit deesdae doen, maar dit het ook meriete gehad), het hy my gevra om telkens ’n rubriek te skryf. Ná ’n paar kere het hy voorgestel dat ek dit onder ’n skuilnaam doen, want die krieketspeler, Fanie de Villiers, was my naamgenoot. Ek sê toe vir Koos, maar daar was tog ’n skrywer asook ’n hartchirurg genaamd Chris Barnard, en dit was nie erg verwarrend nie. Koos het my egter wel omgepraat om ’n skuilnaam te kies, en dit was maklik. In daai stadium het ek ’n rissiestruik en ’n lappie spinasie in die agterplaas van my erfie gehad, en ek bring die "klein" landbou-aktiwiteit en my kort gestalte toe bymekaar.

Foto van Kleinboer: verskaf

Jou bundel is "’n koffietafelboek vir ganjamense en ander fragmentlesers". Ek moet vra hoe jy voel oor die feit dat dagga die afgelope tyd amper meer wettig as sigarette is?

Ek was nog nooit ’n tabakroker nie. In my jonger dae het ek wel soms ’n sosiale sigaret gerook, byvoorbeeld by ’n partytjie. Die lekkerste deel was die aansteek daarvan, om die vlam van die vuurhoutjie nader te bring en die sigaret "brand te maak", soos ’n seuntjie wat met vuur speel. Maar dan het die nikotien my hartklop opgejaag en ’n blos op my wange veroorsaak, dit was irriterend. Daarenteen bring dagga ’n verandering in ’n mens se bewussyn te weeg. Ek het skoon dagga gerook, met ander woorde sonder ’n tabakmengseltjie by. Ek was meestal ’n naweekroker. Dagga en drank met die braai, naby die Bluetooth- luidspreker en sy goddelike musiek in die garage. In die erf het ek meer gesiggies as gewoonlik in boombas gesien. Wanneer ek die vleis of nog drank in die kombuis gaan haal het, het ek getrip op die geluide van ons wasmasjien, veral wanneer dit naby die einde van ’n siklus vinnig tol. Dit het soos krautrock geklink, of Tangerine Dream. Puriste drink nie saam met dagga nie, maar zol het my moerse dors gemaak. Ek kon twee bottels wyn uitdrink en nog bier en whisky skink ook. In Engels noem hulle die gekombineerde effek van dagga en drank crossfade. As ’n mens nie briek aandraai nie, kan dit lei tot ’n blackout.  

Ek het op 23 Junie 2019 laas dagga gebruik. Op daai dag het ek nie daggakoppe gehad om te rook nie, toe maak ek ’n heksebrousel tee van ’n moerse klomp blare van ’n groot daggaplant wat ek tevore in my erf geoes het. Dit was ’n oordosis en die effek het vir ure aangehou. Ek was ontsettend paranoïes, selfs te bang om in die agterplaas uit te gaan, al het die son nog geskyn. Sê nou tsotsi’s spring oor die grensmuur en slaan my kop in terwyl ek braai? Toe roep ek dagga vaarwel. Ek voorsien wel nog een of twee hasjisj-pypies in my toekoms, maar saam met ’n ervare roker wat my oppas en gerusstel. Dalk in Rotterdam met my Nederlandse vriend (ek sou verlede maand die eerste keer in 32 jaar na Europa vlieg, my vliegkaartjie was reeds gekoop, maar toe kelder die koronavirus my reis).

Fotobron: Unsplash

Ek het ingesien dat my daggarokery oor die naweke die band met my vrou begin beduiwel het. Sy het voor die TV gesit terwyl ek in die garage alleen aan die trip was. In my eerste boek, Kontrei, het ek uit Prediker 18:1 aangehaal: "Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte," en bygevoeg dat ek as jongeling gedink het dit handel oor masturbasie. Maar hierdie keer het die "afskeiding" vir my beteken dat ek wegdryf van my vrou ter wille van daggagedagtes en insiggies. Aan die positiewe kant moet ek byvoeg dat seker die helfte van my digbundel op ’n Sondagoggend geskryf is terwyl my brein sy pad met woorde probeer oopkap uit die eiesoortige babelas wat dagga gekombineer met drank veroorsaak het.

Terloops, ek het eenkeer magic mushrooms probeer en sal dalk weer. Dit was soos ’n waarheidserum. Die warm trane het verlossend gevloei en ek het gelag ook.

Jy het al drie romans met groot sukses gepubliseer. Hoe was die ervaring vir jou om ’n digbundel saam te stel? Is dit iets wat jy weer sal aanpak?

Die saamstel van ’n digbundel was vir my veel makliker as die byeentrek van ’n roman se baie drade en gebeure in ’n sekere volgorde. Of ek nog ’n bundel sal skryf? In hierdie stadium voel dit vir my na nee. Gert Vlok Nel is in dié opsig ’n rolmodel met sy eenmalige bundel, Om te lewe is onnatuurlik.  

Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels is ’n lywige bundel met byna 100 gedigte. Hoe lank het dit jou geneem om die bundel te voltooi?

Dit het my sewe maande geneem om al die gedigte te skryf. Daarteenoor was dit met van my romans ’n worsteling van vyf jaar en selfs langer.

Jou fassinasie met Johannesburg en spesifiek Yeoville het nog altyd in jou werk weerklink. Wat is dit omtrent dié plek wat jou verbeelding so aangryp?     

Ek het in Julie 1990 my huis in Yeoville betrek, dis amper 30 jaar gelede. Yeoville het my aangetrek oor dit Johannesburg se mees boheemse area was, met heelwat kunstenaars, skrywers en musikante. In Rockeystraat was daar talle kroeë en allerlei interessante winkeltjies. Uit ’n beleggingsoogpunt was dit ’n ramp. Tot aan die einde van die 1990’s kon ’n mens nog lekker daar jôl, maar toe het die white flight, wat in 1994 se kant begin het, verhaas. Ek, met my swart vrou, het aangebly. Die toestroming was erger as wat ek verwag het. Eindelik het Yeoville drie keer meer inwoners as tevore gehad en die eiendomspryse het getuimel. Die township het na die stad gekom, met spazawinkels en sjebiens in elke straat. Die munisipale regulasies is ook geïgnoreer. Mense het byvoorbeeld lustig agterkamers in hul erwe aangebou sonder om planne in te dien vir goedkeuring, sodat al hoe meer huurders ingestop kon word. Uit ’n skrywersoogpunt was dit nie ’n ramp nie, want die "nuwe" Yeoville het materiaal in die oog laat spring wat ’n steriele buurt in byvoorbeeld Midrand nie sou kon voorsien nie. Sinkdakke in Yeoville word nie meer geverf nie, ’n mens sien orals roes, asook mure waarvan die verf afdop. Deesdae is die meerderheid inwoners nie meer swart Suid-Afrikaners nie, maar mense van die Kongo, Nigerië en veral Zimbabwe. My vrou sê ek is nou te oud om in Rockeystraat te drink en sy is reg. Dis ook gevaarlik om saans terug te stap huis toe.

Jy word deur sommige mense as ’n redelik kontroversiële figuur beskou. Pla dit jou as mense jou etiketteer? Hoe hanteer jy kritiek? 

Hoewel my vriende meestal Afrikaanssprekend is, lewe ek buite die lager. Niemand op straat in Yeoville weet ek is ’n skrywer of waaroor ek skryf nie. Nee wat, kritiek kry nie veel vatplek aan my nie. En by die werk hou ek ’n lae profiel en loop nie met my lewenstyl te koop nie. My kollegas weet net ek braai elke naweek.

"My kollegas weet net ek braai elke naweek" (Fotobron: Unsplash)

Daar was kritiek op die hoofkarakter in my romans, maar die vet weet, hy het prostitusie nie probeer vergoeilik nie. As gevolg van sy onderdrukte seksualiteit in sy jongmansjare was bordele later vir hom ’n soort van toevlugsoord. Voorin die Engelse vertaling van Kontrei, met die titel Midnight Missionary (ek is spyt ek het dit nie Cuntry genoem nie), het ek hierdie stukkie van Franz Kafka laat invoeg: "I passed by the brothel as though I passed the house of a beloved." (Die hoofkarakter was meer as ’n dekade laas in ’n bordeel; deesdae is skaak sy stokperdjie, asook oplees oor ruimteverkenning.)

Waarom skryf jy?

Want die mond kan nie backspace nie. Wat gesê is, is gesê. Met die pen is daar darem die moontlikheid om iets beter te formuleer voor jou woorde ander bereik. Ek skryf ook om ’n wyer gehoor te bereik. Ek kan byvoorbeeld op Facebook skryf ek is so lief vir my vrou soos die koronavirus vir longe, en hoop mense kan daarmee identifiseer of daaroor lag, terwyl my vrou self dalk sal frons as ek dit sê (sy is nie op Facebook nie, maar gebruik wel WhatsApp).

Ek is ook gek oor woordspel en met die geskrewe woord werk dit dikwels beter. Die ander dag lees ek byvoorbeeld in die Guardian: "Yeast of our worries: Marmite supplies hit by COVID-19 brewing slowdown." Daardie "Yeast" wat "Least" se plek inneem, dit bekoor my. In Orange Grove se Louis Bothalaan het ek verby ’n charismatiese kerk gery met ’n uithangbord wat Orange Groove sê. Sulke dinge laat my na my notaboek gryp. (Dit was ’n onskuldige fout. Baie swart mense spreek dit as Orange Groove uit, nie Grove nie.)

In die Mojo-tydskrif het ek iets gelees wat ’n musikant gesê het (dit ontgaan my nou wie dit was), en ek wens ek het dit geskryf: "I thrust my lowlife thrills down the nation’s throat." 

Ek is ’n privaat mens wat vreeslike dinge oor myself in die openbaar bely om van die las ontslae te raak, en gelukkig gee skrif afstand. Ek skryf ook oor dinge wat my seermaak. Ek het byvoorbeeld my ma se diamanthangertjie wat ek geërf het in ’n onbesonne oomblik vir ’n prostituut in ’n kroeg gegee. Jare later pynig dit my steeds. ’n Ander pynlike voorval was toe ek in my oprit oor my hondjie, Woester, gery het. Sy was 16 jaar oud en reeds doof, en kon my kar nie hoor aankom en padgee nie. Ek het agteruit gery en daar was ’n blindekol. ’n Band het darem nie oor haar gegaan nie, maar die onderstel het haar seergemaak en bietjie bloed het by haar snoet uitgekom. Sy het op ’n manier half herstel, en ek het haar eers drie maande later by die veearts laat uitsit met die vae troos dat ek haar nie doodgery het nie, maar dat ouderdom haar ingehaal het. Ek skryf hierdie dinge in ’n joernaal en deel dit soms met ander.

Skryf kan moeisaam wees, ’n pyn in die gat. Ek tik wel elke oggend moeiteloos oor koffie ellelange WhatsApp-boodskappe aan my tweelingbroer; die woorde vloei eenvoudig by my vingers uit. Ek sou hom nie elke oggend met sulke lang stories kon bel nie.

Jou werk het altyd ’n outobiografiese inslag. Hoe reageer mense oor die algemeen op wat sommige as "skokkende" feite oor jou lewe sal beskryf? Vind jy dit moeilik om jouself en jou naastes op papier bloot te stel? En hoe voel jou geliefdes daaroor?

Die geliefdes wat onder my dak woon kan nie Afrikaans lees nie. Dit wat ek skryf is ’n borrel waartoe hulle nie toegang het nie, al is die inhoud dikwels oor hulle lewens. Ek is wel versigtig om nie my tweelingbroer bloot te stel nie, maar soms is daar insidente wat verleentheid bring, soos toe ’n moedswillige kollega by sy werk ’n koerantuitknipsel van ’n onderhoud met my teen sy kantoordeur vasgeplak het.

Wat is jou skryfproses as dit kom by die skryf van gedigte? Verskil die manier waarop jy die bundel aangepak het baie van die wyse waarop jy ’n roman sou aanpak?

Met die romans moes ek aantekeninge wat oor jare gemaak is, saamsnoer in een geheel, soos bergstroompies wat afloop na spruite en eindelik ’n rivier vorm, terwyl ’n gedig dikwels met ’n idee begin het en dan binne ’n dag of twee voltooi is. Die romans se aantekeninge was op chaoties-verspreide stukke papier en in verskillende rekenaarlêers, terwyl die gedigte meer direk tot stand gekom het, meestal dadelik in dieselfde rekenaarlêer getik.

In "Naamloos" skryf jy: "(dié is nie ’n roman nie, mens hoef nie / alle besonderhede te verklap nie)". Is hierdie gegewe iets wat jou na die digkuns aantrek? Die element van verskansing en suggestie wat daarmee saamgaan?

In die romans moes ek ’n storie vertel, daarom was besonderhede, name en plekke belangrik. Met die gedigte kon ek meer universeel omgaan, en meer suggestief en selfs duister.

Jy is al beskryf as die Boere-Bukowski. Wie is jou grootste invloed as dit kom by die digkuns?

Vreemd genoeg het iemand, nadat my eerste boek verskyn het, geskryf dit is deels soos Charles Bukowski se werk, en dit was die heel eerste maal dat ek van hom gehoor het! Maar ek het sedertdien heelwat van sy boeke gelees en voel gevlei om met hom vergelyk te word. Hy was ook ’n outsider wat die underbelly ondersoek en die skurwe kant van die lewe gevoel het.

Ek was ’n BSc-student wat seker eerder tale moes studeer het. Maar uit eie beweging het ek groot dele van die Groot Verseboek gelees, en daarna baie bundels van my gunstelinge, insluitende Breyten Breytenbach, Johan van Wyk, Jeanne Goosen, Wilma Stockenström en Gert Vlok Nel. Ek hou ook baie van die oorlede Amerikaner Kurt Vonnegut se werk, veral oor die humor daarin. En hoe besielend is hierdie stukkie van Walt Whitman nie: "Washes and razors for foofoos – for me freckles and a bristling beard."

Ek het heelwat Nietzsche gelees en nie alles gesnap nie, maar hy kon dinge wonderlik en poëties stel. Hierdie is ’n lieflike boektitel: The Gay Science.

Die lirieke van rock songs het my ook baie inspirasie besorg en my bewus gemaak van die magic en krag van woorde en die ongekaarte kant van die lewe, byvoorbeeld Bob Dylan wat op "Sara" sing: "Sleeping in the woods by a fire in the night, drinking white rum in a Portugal bar." En Bruce Springsteen se song "Adam Raised a Cain" op die album Darkness on the Edge of Town. Cain wat die oor ook vang as cane, met ander woorde Kaïn wat gevoer en onderrig word, maar ook ’n rottang wat dreigend gelig word. En die Amerikaanse band Devo wat sing "I’ve got praying hands" … of is dit dalk preying?

Jy is ’n voltydse taalpraktisyn. Vind jy dat dit jou kreatiewe proses soms bietjie kelder? Of strek dit juis tot jou voordeel?

My werk as taalversorger kelder die kreatiewe proses deels deurdat ’n mens gatvol raak van heeldag voor die skerm sit en ander mense se skryfsels redigeer. Saans is ek nie lus om te skryf nie. Die oggend is my kreatiewe tyd, maar dan moet ’n mens jou eie dinge tuis agterlaat en opsaal vir werk. Dis paradoksaal dat ek nou weens die koronavirus ingeperk sit en heelwat tyd het, maar dat hierdie vrae wat ek vir LitNet beantwoord verreweg die meeste is wat ek vanjaar in ’n dag getik het. Ek het wel die verskoning dat ek tans aansterk ná ’n groot skoueroperasie (ek sit hier met slegs my linkerhand en tik), en ek voel ook my digbundel het onlangs verskyn, so ek kan soos ’n branderplankryer bietjie rus op my plank vir ’n ruk, terwyl ek vir die volgende lekker golf wag.

Hoewel daar ’n aantal liefdesgedigte in jou bundel verskyn, skryf jy in "Nie" (bl. 36) "ek’s nie ’n liefdesdigter nie". Watter soort digter is jy?

Ek weet nie! Ek is nie in staat om my enigste ou bundeltjie of myself aan ’n spesifieke kapstok te hang nie. Iewers het Breyten gedig: "alles gaan om my aan en in my om – ook ek is hier". Op my afgewaterde manier probeer ek maar daai gevoel vasvang.

Sal jy asseblief ’n gedig in jou bundel met ons lesers deel?

Daar is ’n hele paar ligsinnige, oneerbiedige optelgediggies in die bundel (farting around). Ek sal een van hulle hier deel, dan kan mense maar die bundel vir die "dieperes" koop:

Onbehoorlike geheueflits vind uiting

pas rillend in die tuin gaan pis
en onwillekeurig die ou grappie onthou
van ’n oningewyde leerling
wat deur sy onderwyseres verlei word
en eindig met
hoe lekker piepie ek nou
juffrou
(stenig my maar)

The post Skrywersonderhoud: Kleinboer gesels oor <em>Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels</em> appeared first on LitNet.

Viewing all 790 articles
Browse latest View live