Quantcast
Channel: Skrywersonderhoude - LitNet
Viewing all 793 articles
Browse latest View live

Brand: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

$
0
0

.........

Brand het soos ’n klein vonk begin wat in ’n vlam verander het. Die twee hoofkarakters en die storie het dit in ’n groter vuur verander.”

.........

Naomi Meyer gesels met Fanie Viljoen oor Brand.

Foto: verskaf

Fanie, jou boek Brand is ’n boek vir jong volwassenes – en dit handel oor obsessies. Vertel my heel eerste van jou karakter Estie.

By die skool spot ouens vir Estie omdat sy die meisie is wat altyd eenkant sit en miere met haar vinger dooddruk. Sy dra egter aan ’n hartseer waarvan hulle nie weet nie. Omdat sy nie vriende het nie en niemand haar regtig ken nie, maak sy virtuele vriende bymekaar. Dit gaan egter te ver wanneer haar pad met Arian s’n kruis.

Eintlik lewer Brand heelwat kommentaar op die (virtuele) wêreld waarin ons, en natuurlik jonger lesers, ons bevind. Dink jy die sosiale media het dalk ons almal se idee van grense en die persepsie van wat afloerdery is, verander?

Dit kan wees. Soos Estie in die boek sê: “Almal doen dit.” Sosiale media is dalk ook so opgestel om afloerders van mense te maak. Jy soek dalk jou vriende tussen al die mense en beland in ’n doolhof van ander gesigte en foto’s en lewens.

Vertel my van Arian. Het jy ’n Arian geken, of waar kom hy vandaan? Ek kan ook gewoon vra: Hoe betree karakters jou wêreld? Sien jy iemand, ontmoet jy iemand, onthou jy iemand, en hoeveel van die karakter is jy self?

Arian is Estie se sielsmaat. Hy weet dit dalk net nie, want hy worstel met sy eie donker kant. Hy kry ’n obsessie met vure en besluit om ’n ou huis af te brand.

.........

“Die lekkerste is wanneer ’n boek homself begin skryf en die karakters so werklik word dat jy nie na hulle hoef te soek nie.” 

.........

Soms sien ek iemand wat ’n vonk vir ’n karakter kan word. Buitestanders fassineer my geweldig, dalk omdat ek ook maar op skool een was. Wanneer ’n mens skryf, beland daar tog iets van jouself in die karakter. Skrywers steek dit tussen die lyne weg en besef self nie altyd wat hulle skryf nie.

Die beeld van vuur en vlamme en brand – die twee kante van die simbool (of die werklike element!): Kan jy onthou wat vir jou die inspirasie hiervoor was?

Ek het lank met die idee rondgeloop om iets oor ’n piromaniak te skryf. Waaroor die storie sou handel, het egter baie dinkwerk geverg, want dis nie iets wat baie voorkom nie, hoewel ek sien dat daar moontlik jongmense by die treinbrande in die Kaap en in Bloemfontein betrokke is. Dit kan ook ’n storie wees!

Hoe ontwikkel ’n storie vir jou? Beplan jy voor die tyd, of ontwikkel dit organies? Of werk dit verskillend van boek tot boek? Hoe het Brand tot stand gekom?

Elke storie meld homself op sy eie manier aan. Soms kry ek eers die karakters, en ander kere eers die storie. Brand het soos ’n klein vonk begin wat in ’n vlam verander het. Die twee hoofkarakters en die storie het dit in ’n groter vuur verander.

Na my gevoel is hierdie boek geskik vir manlike of vroulike lesers. Het jy ’n ideale leser in gedagte? Vir wie skryf jy, of dink jy nie hieroor na as jy iets skryf nie?

Ek wou iets skryf wat beide ouens en meisies sou lees, daarom die gebruik van wisselende perspektiewe. Dit maak ’n storie ook interessant om dit vanuit twee wêrelde te beleef.

Jy skilder ook. Dink jy in beeld? Of, as jy skilder, dink jy in woorde na oor wat jy doen?

As ek skryf, sien ek die storie soos ’n fliek in my kop afspeel. Dis dalk hoekom jongmense dit graag lees; hulle word groot met videobeelde. Wanneer ek skilder is dit soos meditasie. Soms kry ek oplossings vir skryfprobleme, maar meestal laat dit my net afskakel. Dis ook nodig. Mens word oorweldig deur storiewêrelde en karakters.

Van skilder gepraat: Het hierdie boek vir jou ’n kleur? Anders gestel: As jy die boek sou skilder, hoe sou dit lyk? 

As ek die boek sou skilder, sou dit dalk twee karakters wees wat in die vlamme staan, onaangeraak daardeur. Ek versamel graag foto’s as inspirasie vir ’n boek. Die foto’s in die berig lê in my rekenaarlêer vir Brand en gee ’n kykie agter die woorde.

Wat was vir jou die lekkerste en die moeilikste komponente rondom die skryf van hierdie boek?

Die lekkerste is wanneer ’n boek homself begin skryf en die karakters so werklik word dat jy nie na hulle hoef te soek nie. Die moeilikste is altyd die herskryf en nogmaals herskryf. Ek wil hê my boeke moet maklik lees, daarom werk ek baie aan die ritme van woorde en die vloei van woorde en tonele.

Aan die begin van hierdie nuwe jaar: Kyk jy terug op die twee dekades wat was, en wat bly jou by? Of waarna sien jy uit wat die toekoms betref – ook in die jaar 2020?

Ek is baie dankbaar vir al die lesers wat oor die twee dekades my boeke opgetel het, vir die boeke wat in skole gelees word en vir die karakters wat ek langs die pad in stories kon ontmoet.

In 2020 sal ’n groot boek seker Onderwêreld se opvolg wees.

Donker web is nogal ’n knewel van ’n jeugroman wat in Junie verskyn. Die matrieks wat Onderwêreld behandel wou weet wat verder met die karakters gebeur.

Nie eens ek was gereed vir wat sou kom nie ...

Lees ook 

Brand deur Fanie Viljoen: ’n resensie

The post <i>Brand</i>: ’n onderhoud met Fanie Viljoen appeared first on LitNet.


Die biblioteek aan die einde van die wêreld: Johann Rossouw gesels met Etienne van Heerden

$
0
0

By die bekendstelling van Die biblioteek aan die einde van die wêreld in Bloemfontein se Scaena-teater het filosoof Johann Rossouw met skrywer Etienne van Heerden gesels oor studente-opstande, kulturele appropriasie, psigiese tyd, sigbewaking, die toekoms van Suid-Afrika en baie ander sake.

Die video is deur Chris van den Berg opgeneem.

............

Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is.

............

Etienne van Heerden (bo; foto deur Maurice Jörissen) en Johann Rossouw (onder; foto deur Naomi Bruwer)

Die biblioteek aan die einde van die wêreld
Etienne van Heerden

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624089216

Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ’n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Dié tergend aktuele roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal is.

The post <i>Die biblioteek aan die einde van die wêreld</i>: Johann Rossouw gesels met Etienne van Heerden appeared first on LitNet.

Video: Book Lounge-bekendstelling van Sushi en shosholoza deur Erns Grundling

$
0
0

Op Dinsdag 26 November 2019 is Erns Grundling se boek, Sushi en shosholoza: Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan, by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Le Roux Schoeman het met hom gesels. Menán van Heerden het die gesprek opgeneem en foto’s geneem.

Erns Grundling (Foto: Menán van Heerden)

Titel: Sushi en shosholoza: Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan
Skrywer: Erns Grundling
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802102

In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, het Erns Grundling met ’n TV-span na Japan gereis om ’n nuwe Elders-reeks te verfilm oor die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 plaasgevind het. 

Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. 

Kom stap weer saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke gaan ondersteun het.

Konnichiwa, Japan!

Lees ook

Skrywersonderhoud met Ernst Grundling oor Sushi en Shosholoza

The post Video: Book Lounge-bekendstelling van <i>Sushi en shosholoza</i> deur Erns Grundling appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Carel van der Merwe oor Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen

$
0
0

Remona Voges gesels met Carel van der Merwe oor sy boek Kansvatter Die rustelose lewe van Ben Viljoen.

Kansvatter Die rustelose lewe van Ben Viljoen
Carel van der Merwe
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485310563

Carel, baie geluk met jou boek. Dit is ’n lywige stuk navorsing! 

Jy het nog altyd ’n fassinasie met die Anglo-Boereoorlog gehad. Die boek, Donker Stroom – Eugene Marais en die Anglo-Boereoorlog, kom byvoorbeeld ook uit jou pen. Wat is dit omtrent hierdie tydperk in die geskiedenis wat jou so fassineer? 

Ek het nie ’n fassinasie met die Anglo-Boereoorlog as sulks nie, eerder met spesifieke karakters. My romans wat ek voor Donker Stroom geskryf het, handel dan ook geensins oor die Anglo-Boereoorlog nie. Wat Donker Stroom betref, het dit ontstaan uit my belangstelling in Eugène Marais, en spesifiek dit waarmee hy hom besig gehou het in die sowat vyf jaar (1897-1902) wat hy in Londen gewoon het. Hierdie jare oorvleuel die tydperk (1899-1902) waarin die Anglo-Boereoorlog plaasgevind het. Tot my verbasing het ek met my navorsing uitgevind dat Marais ’n groot rol in die aanloop tot die Anglo-Boereoorlog gespeel het, sowel as tydens en in die nasleep van dié oorlog. Vanselfsprekend moes ek toe navorsing oor die Anglo-Boereoorlog doen. 

Kansvatter daarenteen handel oor die lewe van Ben Viljoen, en slegs drie uit die 20 hoofstukke handel oor sy rol in die Anglo-Boereoorlog. Ek het juis in die subtitel – Die rustelose lewe van Ben Viljoen – hom nie generaal Ben Viljoen genoem nie, om aan te dui dat Kansvatter nie net nog ’n boek oor die Anglo-Boereoorlog is nie, maar oor ’n hele lewe, van wieg tot graf.

Wat is dit van Ben Viljoen wat jou verbeelding so aangegryp het dat jy ’n hele boek oor hom geskryf het? Hoe het jou Ben Viljoen-reis begin? 

My belangstelling in Ben Viljoen het geleidelik ontstaan en dit was die gevolg van verskeie prikkels. In my navorsing vir Donker Stroom het ek bewus geraak van die aanvanklike vriendskap en latere vyandskap tussen Ben en Eugène Marais in die voormalige Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) in die dekade voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Ben het selfs sy eersgebore kind Wynand Eugène gedoop toe hy en Marais nog vriende was. 

Ben Viljoen, sy eerste vrou, Lenie, en hul eersteling, Wynand Eugène, omstreeks 1895 in Krugersdorp. (Transvaalse Argiefbewaarplek)

Die basiese feite oor Ben se lewe het ek op daardie tydstip in die verbygaan ingeneem: die arm trekboerseun uit die destydse Transkei wat eers ’n polisieman aan die Wes-Rand was, toe ’n joernalis en koeranteienaar in Krugersdorp, daarna op 30-jarige ouderdom militêre kommandant van Johannesburg, asook dié stad se verteenwoordiger in die ZAR se Tweede Volksraad. Binne ’n jaar ná die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog is hy bevorder tot veggeneraal en daarna assistent-kommandant-generaal van die Transvaalse magte onder kmdt-genl Louis Botha; hy is gevange geneem in die laaste maande van die oorlog en na St Helena verban en emigreer ná sy vrylating na Mexiko en toe Amerika waarna hy uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis verdwyn. Reeds tóé was hy ’n interessante karakter uit daardie tydperk wat in my kop vasgesteek het. 

Genl Ben Viljoen (4de van regs agterste ry) en van sy kommandolede in die Pelgrimsrus-distrik in 1901. (Nicol Stassen-versameling)

’n Ander belangrike prikkel was Sonja Loots se roman Sirkusboere wat ek gelees het in die tyd toe ek met navorsing oor Marais besig was. Hierin is Ben een van die hoofkarakters en skets Loots Ben se deelname aan die Boereoorlogskouspel by die 1904 St. Louis World’s Fair in die VSA. Haar uitbeelding van Ben was boeiend: sjarmant, flambojant, impulsief, losbandig en rusteloos. Loots het ook vlugtig verwys na Ben se latere deelname aan die Mexikaanse revolusie en sy aanstelling as Mexikaanse konsul in Duitsland. Definitief nie jou tipiese tradisionele en familievaste, godvresende Boer van sy tyd nie – soos die stereotipe in my kop dit wou hê. Maar alhoewel Sirkusboere ’n feitelike onderbou het, bly dit fiksie. Die saad vir verdere navorsing was egter hierna geplant: Wie was die ware Ben Viljoen, en hoe het dit gebeur dat ’n Afrikaner uit daardie era by sulke uiteenlopende gebeure in soveel verskillende lande betrokke geraak het?

Van links na regs: Kmdt JN Boshoff, genl Piet Cronjé, genl Ben Viljoen en kmdt GM van Dam tydens ’n optrede van die St Louis-Boereoorlogskouspel van 1904. (Benjamin Viljoen III-versameling)

Skyngeveg by Colenso tussen Boere en Britte tydens ’n optrede van die St Louis-Boereoorlogskoupsel van 1904. (Benjamin Viljoen III-versameling)

Ben Viljoen voor sy tent in die Boere se laer tydens die St Louis-Boereoorlogskouspel van 1904. (Benjamin Viljoen III-versameling)

Daar is baie lesers wat nog nooit van Ben Viljoen gehoor het nie. Beskryf sy karakter in ’n neutedop.

Ben was ’n veelsydige figuur, ’n joernalis en skrywer, politikus en Boeregeneraal, kansvatter en pierewaaier, avonturier en showman, vrymesselaar en vrybuiter, rebel en individualis. Toe hy 34 was, het hy homself in ’n outobiografiese artikel verbasend goed beskryf: “[A] man of restless spirit, with an ever-present desire to do something better.” In die wyse waarop hy sy ambisie nagestreef het, was hy aweregs en opportunisties. Hy het ook ’n sterk streep narsisme gehad.

In jou boek vergelyk jy Viljoen met die argetipiese Hermes-figuur. Waarom?

In die Griekse mitologie was Hermes ’n mindere god wat in ’n grot gebore is en van kleins af die ambisie gehad het om tot die kring van die groter Griekse gode toegelaat te word. Hy was ’n buitestander wat van alle middele, geoorloof en ongeoorloof, gebruik gemaak het om ’n gevestigde groep binne te dring en as gelyke erken te word. Hermes is dan ook die argetipe van die sogenaamde truukster, ’n vabond en bekoorder wat in die mites en volksverhale van baie kulture voorkom. Van die kenmerke van truuksters is hul welsprekendheid, geslepenheid, rondswerwery en amoreuse avonture. 

Ben was ’n buitestander toe hy op 18-jarige ouderdom in die ZAR aangekom, en hy het ’n brandende ambisie gehad om opgang in die lewe te maak. Sy eienskappe en werkswyse herinner aan die van die mitologiese Hermes. En soos Hermes is Ben ook in ’n grot gebore! In die Griekse mitologie is Odysseus die ander bekende truukster, ’n veelkantige figuur wat sy karakter na gelang van omstandighede verander het om te oorleef. Odysseus was nie aan ’n vaste identiteit gebonde nie en het met die verhale van sy avonture sy karakter in die oë van ander gevorm, iets wat Ben veral in sy jare in die buiteland gedoen het.

Jy skryf, soos ’n ander navorser oor Viljoen ook uitwys, dat hy nooit ’n volksheld geword het nie, hoewel hy al die eienskappe van een besit het. Hoekom dink jy is dit die geval?

Ben was ’n dapper en prominente jonger generaal in die Boeregeledere; dit was juis hierdie volkshelde wat ná die Anglo-Boereoorlog die nuwe politieke elite van die Afrikaners gevorm het. Vir nasionalistiese Afrikanerhistorici in die vorige eeu was Ben egter ’n problematiese figuur om in die destydse heersende narratief van die Anglo-Boereoorlog en sy nasleep te plaas, en is hy na die kantlyne rangeer. Tekenend hiervan is dat sy oorlogsherinneringe ná die Anglo-Boereoorlog in Nederlands, Duits en Engels uitgegee is, en in 1973 in Engels herdruk is, maar nooit in Afrikaans vertaal is nie. 

Ek glo daar is ’n paar redes hoekom Ben nooit ’n volksheld geword het nie. Eerstens het Ben reeds sedert ná die val van Pretoria in Junie 1900, amper twee jaar voor die einde van die ABO, begin bepleit dat die Boerepublieke met Brittanje vrede moet maak. Hy was baie uitgesproke hieroor, iets wat in leidende Boerekringe nie goed afgegaan het nie. Die omstandighede van sy gevangeneming in Januarie 1902 was vir heelwat Boereleiers dus verdag: kmdt-genl Louis Botha was oortuig dat Ben eenvoudig oorgegee het. Ben se na-oorlogse politieke uitsprake in die Transvaalkolonie en Brittanje het hom ook vervreem van Boereleiers soos genls Botha, Smuts, De la Rey en De Wet. Hy het homself onder meer uitgebeeld as baie meer versoenend teenoor Brittanje as hulle, en ’n breë Suid-Afrikanisme bepleit, eerder as ’n fokus op Boerebelange. Die bekendmaking aan die einde van 1903 van sy buite-egtelike verhouding met May Belfort het sy aansien in die destyds grotendeels Calvinistiese Boeregemeenskap baie skade aangedoen, so ook sy deelname aan die Boereoorlogskouspel by die 1904 St Louis wêreldtentoonstelling. Laastens het sy emigrasie in 1904 na die VSA hom ook uit die volksoog verwyder.

Wat was vir jou van die mees fassinerende ontdekkings wat jy oor dié veelbesproke figuur gemaak het? 

Ek was verbaas oor hoe ernstig Ben se buite-egtelike verhouding met donkerkop Ierse variété-arties May Belfort werklik was. Dit was nie net ’n kortstondige flirtasie nie, maar ’n lang verhouding wat Ben se lewensloop verander het. Toe Ben haar aan die begin van 1899 in Johannesburg ontmoet het, was May reeds ’n vrou met ’n reputasie weens haar gewaagde vaudeville-vertonings op die verhoë van Londen en Parys se variété-teaters en nagklubs. In Parys het sy gereeld opgetree in die nagklub Le Cabaret des Décadents, waar een van die gehoor se gunstelinge haar liedjie “Daddy wouldn’t buy me a bow-bow” was. In dié nommer het sy op die verhoog verskyn met ’n swart katjie in haar arms en aangetrek soos ’n baba. Terwyl sy die katjie saggies gestreel het, het sy dan in ’n miaau-stemmetjie gesing: “I’ve got a pussy cat, I’m very fond of it.” Die dubbelsinnige betekenis hiervan het haar waarderende mansgehoor nie ontsnap nie. Haar private lewe was selfs in hierdie dekadente kringe berug en onder haar bedmaats was ook talle vroue. In Parys het sy ook die oog van Henri de Toulouse-Lautrec gevang, wat haar in verskeie van sy werke uitgebeeld het. ’n Meer onwaarskynlike verhouding kan jy jou kwalik voorstel – die Boeregeneraal en die biseksuele buitelandse verhoogkunstenares.

May Belfort en haar swart katjie soos geskilder deur Henri de Toulouse-Lautrec. (Wikipedia)

Of hul verhouding al in 1899 begin het, kon ek nie vasstel nie, maar volgens May se latere mededelings lyk dit of dit wel het. May is terug na Brittanje voor die uitbreek van die ABO. Kort ná sy terugkeer uit sy krygsgevangeskap op St Helena in Julie 1902 het Ben, toe nog steeds getroud, na Brittanje gereis en haar daar weer ontmoet. Hul verhouding het tot aan die einde van 1903 geduur, en hulle het twee lang skeepsreise saam onderneem, eers van Brittanje na Suid-Afrika, toe later weer terug na Brittanje. Sy en Ben het ook met tye in Londen en Johannesburg saamgewoon. Soos ek in Kansvatter aantoon, was die rede hoekom Ben ná die afloop van die Boereoorlogskouspel by die 1904 St Louis wêreldtentoonstelling nie na Suid-Afrika teruggekeer het nie, die ontydige bekendmaking van hierdie verhouding, eerder as sy openbare uitsprake dat hy nie onder Britse heerskappy wou lewe nie.

May Belfort omstreeks toe Ben Viljoen haar ontmoet het. (Washington Times, 18 Oktober 1902)

In die Britse staatsargiewe het ek ’n geheime verslag ontdek wat lord Kitchener, die Britse bevelvoerder in Suid-Afrika in die laaste fase ABO, aan die Britse oorlogsminister geskryf het. Hierdie was na aanleiding van ’n gesprek wat hy en Ben in Pretoria gehad het kort na Ben se gevangeneming in Januarie 1902. Die inligting in hierdie verslag het my regtig onkant gevang, om die minste te sê.

In Mexiko het ek in verskeie argiewe die uitgebreide korrespondensie tussen Ben en die destydse Mexikaanse president Francisco Madero opgespoor. Die omvang van Ben se betrokkenheid in die Mexikaanse revolusie en latere politieke lewe van dié land het my verras. Madero het ’n baie goeie vriend van Ben geword het nadat Ben hom gehelp het om die bewind van Mexikaanse diktator Porfirio Díaz om te werp, en hom sodoende in staat gestel het om die nuwe president van Mexiko in 1911 te word. Dit is Madero wat Ben as vredeskommissaris onder die Yaqui-Indiane aangestel het, en ook later ’n pos vir hom as Mexikaanse konsul in Duitsland bewerkstellig het. Daar is nog baie ander fassinerende ontdekkings wat ek gemaak het, soos Ben se betrokkenheid in Hollywood en ’n mislukte opstand in Mexiko, maar ek sal maar hier ophou. 

Ben Viljoen (vierde van links), die Mexikaane revolusionêre leier Francisco Madero (vyfde van links) en ander Mexikaanse revolusionêre bevelvoerders ná die slag van Juárez in Mei 1911. (Barbara Fonseca-versameling)

Ben Viljoen (sittende heel regs) en ’n afvaardiging Yaqui-Indiane (staande met hoedens in agterste ry) in Mexikostad in September 1911. (Transvaalse Argiefbewaarplek)

Die subtitel van die boek is Die rustelose lewe van Ben Viljoen. En hoe waar is dié woorde nie. Hy was altyd aan die beweeg, altyd soekend, altyd aan die reis en verken. Kan jy ’n bietjie meer vertel oor die plekke wat Viljoen in sy tyd bewoon het?

Ben is in 1868 gebore, in ’n grot in die destydse Temboeland, naby waar die Oos-Kaapse dorpie Elliot vandag is. Hier het Ben, sy ouers, en sy drie ouers susters vir twee jaar gewoon terwyl sy pa besig was om vir hulle ’n eenvoudige huisie op hul huurplaas te bou. Toe Ben vier was, het die Viljoen-gesin na ’n ander huurplaas getrek, hierdie keer verder oos na die Umtata-distrik van Temboeland, waar hulle vir sowat ses jaar gewoon. Kort ná die uitbreek van die Negende Grensoorlog in 1877 het die Viljoens vir sowat vyf jaar teruggekeer na Robertson, waar sy ouers voor sy geboorte geboer het. Die Viljoens het teruggekeer na hul plaas in die Umtata-distrik toe Ben omtrent 15 jaar oud was.

Met die ontdekking in 1886 van belowende goudneerslae op die Witwatersrand het Ben se pa besluit om sy fortuin daar te gaan soek, en die 18-jarige Ben en sy jonger broer Chris saam met hom geneem. Hier het Ben aanvanklik in Johannesburg gewoon, daarna in Roodepoort, en toe vir sowat tien jaar in Krugersdorp. Kort voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899, en ná Ben as tweede volksraadslid vir die Johannesburg-kiesafdeling verkies is, het hy in Pretoria gewoon. Tydens die Anglo-Boereoorlog het Ben was Ben met sy manne aktief in Noord-Natal, sowel as Noord-en Oos-Transvaal. In die laaste paar maande voor sy gevangeneming in Januarie 1902 het hy etlike maande in die relatief rustige Pelgrimsrus gewoon.

Ná sy gevangeneming is Ben vir vyf maande op St Helena aangehou. Met sy vrylating het hy vir ’n kort ruk na Suid-Afrika teruggekeer. Daarna het hy vir die volgende drie jaar voortdurend gereis, eers van Suid-Afrika na Brittanje en Nederland, toe na die VSA en Mexiko, weer terug na Brittanje en Suid-Afrika, toe na St Louis in die VSA, waar hy omtrent die hele 1904 en ’n gedeelte van 1905 gewoon het. 

In 1905 het hy geskei van sy vrou wat hy in Suid-Afrika agtergelos het, en met ’n Amerikaanse vrou getrou. Hulle het toe vir ’n paar maande op ’n Boerekolonie in die noordelike Mexikaanse deelstaat Chihuahua gewoon, voor hulle hulle in die Mesillavallei in die suidwestelike Amerikaanse deelstaat Nieu-Mexiko gevestig het. Hier het hy grotendeels gewoon tot sy dood twaalf jaar later, maar onderbreek deur ’n drie jaar-verblyf in Kalifornië toe hy vir twee Amerikaanse magnate gewerk het, ’n drie- maande verblyf in Europa toe hy ’n Mexikaanse erekonsul in Duitsland was, asook ’n ses-maande verblyf in die westelike Mexikaanse deelstaat Sonora, toe hy ’n vredeskommissaris onder die Yaqui-Indiane was.

Jy het Suid-Afrika en die buiteland letterlik plat gereis al op die spoor van Ben Viljoen. Kan jy asseblief uitbrei oor die plekke wat jy besoek het? 

Ek het al die plekke besoek wat ek in die vorige antwoord genoem het, insluitende Wrocław in Pole (destyds bekend as Breslau, toe nog deel van Duitsland) waar Ben in 1912 ’n ruk lank ’n Mexikaanse ere-konsul was. Ek was ook in Karlovy Vary in die Tjeggiese Republiek (destyds bekend as Karlsbad, en toe ook nog deel van Duitsland), asook Bad Reichenhall in Duitsland, by die rusoorde waar Ben probeer verligting kry het vir sy chroniese asma terwyl hy Mexikaanse ere-konsul in Duitsland was. Verder het ek afstammelinge van Ben op Roodeport en Oos-Londen besoek, asook op verskeie plekke in die Amerikaanse deelstate New Jersey, Nevada en Kalifornië.

Die ingang na die grot in die destydse Temboeland waar Ben in 1868 gebore is. (Carel van der Merwe-versameling)

Uitsig oor St. Helena vanaf huis waar Ben as krygsgevange in 1902 gewoon het. (Carel van der Merwe-versameling)

Gedeelte van die plaas waar die Mexikaanse Boerekolonie gevestig is. (Carel van der Merwe-versameling)

Hedendaagse lugfoto van ’n deel van die Mesillavallei waar Ben Viljoen en sy familie grotendeels tussen 1906 en 1917 gewoon het. (New Mexico Farm and Ranch Heritage Museum)

Carel (heel links) en Mexikaanse gids (heel regs) met twee Yaqui-leiers in die Yaquivallei, Sonora, Mexiko. (Carel van der Merwe-versameling)

Hedendaagse foto van Breslau, waar Ben Viljoen in 1912 vir ’n kort ruk die Mexikaanse ere-konsul was. (Carel van der Merwe-versameling)

Hedendaagse foto van die Ben Viljoen se huis in Sierra Madre, naby Los Angeles, waar Ben en sy Amerikaanse vrou in 1915 en 1916 gewoon het. (Carel van der Merwe-versameling)

Van links na regs: Benjamin Johannis Viljoen III, Amerikaanse agterkleinseun van genl Ben Viljoen, sy Indiaans-Amerikaanse vrou, Letitia, en Carel, in Fallon, Nevada, VSA. (Carel van der Merwe-versameling)

Hoe skryf ’n mens só omvattend oor iemand wat jy nog nooit eers ontmoet het nie? Waar begin ’n mens? Wat is die grootste struikelblokke of uitdagings waarvoor jy te staan gekom het tydens die navorsingsproses? Hoe lank het dit jou geneem om die biografie te voltooi? 

Die navorsing van Kansvatter het my ongeveer twee en ’n half jaar geneem, en die skryf so agtien maande. Ek het begin deur alles te lees wat al oor Ben Viljoen geskryf is, en omrede hy self ’n joernalis en skrywer was, ook alles wat hy self geskryf het. Daarna het ek alle historiese werke nagegaan waarin Ben se naam moontlik kon genoem wees. Ek het ook so wyd as moontlik gelees oor die gebeure waarby hy betrokke was, die tydperk waarin hy geleef het, en die plekke waar hy gewoon het, asook lewensverhale en werke van tydgenote van hom. Dit het my in staat gestel om ’n basiese begrip te vorm van wie Ben was en die tydsgees waarin hy geleef het.

Die volgende stap was primêre navorsing. Een aspek hiervan was om waar ek dit nodig geag het vorige skrywers se primêre bronne weer na te gaan, en soms te herinterpreteer. Uit my navorsing vir my Donker stroom het ek besef dat historici en biograwe soms onbewustelik ongemaklike feite oorsien, of selfs doelbewus ignoreer, wanneer dit ongunstig op hul onderwerp reflekteer, of nie inpas by die geheelbeeld wat hulle wil skep nie. In talle gevalle het hierdie proses dan ook nuwe leidrade en primêre bronne na vore gebring wat ek met vrug kon verder navolg. Onder andere het ek daarvan bewus geraak dat in argiewe in Nederland, Brittanje, die VSA en Mexiko daar inligting moet wees wat ander navorsers nog nie ontgin het nie, of slegs gedeeltelik ontgin het.

’n Ander aspek van my navorsing was om al die plekke te besoek waar Ben noemenswaardige tyd deurgebring het, of waar belangrike goed in sy lewe gebeur het. Ek het gevind dat dit op ’n manier my laat voel het dat ek deur Ben se oë kyk, en dat dit my gehelp het om myself in sy kop te verbeel. Soms het ek met hierdie besoeke ook inligting opgediep wat ek nie andersins sou nie. Afstammelinge was ’n ander belangrike bron – hul stories, alhoewel soms aangedik oor die jare, het my ’n goeie idee gegee van hoe Ben deur hulle onthou word. Persoonlike briewe en foto’s in familieversamelings het gehelp om insae in Ben se private lewe te gee. ’n Belangrike vonds in die VSA was ’n dagboek van Ben wat hy gehou het toe hy Mexikaanse ere-konsul in Duitsland was. Natuurlik het hy dit nie vir publikasie geskryf nie, en sy ongesensorde gedagtes het my insig in sy karakter gegee. Die grootste struikelblok waarvoor ek te staan gekom het, was om feit van fiksie te onderskei in wat Ben self geskryf het, en in wat tot dusver oor hom geskryf is. 

Daar is al baie hieroor geskryf, maar wat dink jy maak van ’n skrywer ’n goeie biograaf?

Ek twyfel of ek bevoeg is om ’n behoorlike mening hieroor uit te spreek, aangesien Kansvatter my eerste volwaardige biografie is. Ek kan wel sê dat ek met die skryf van Kansvatter tot ’n groot mate Hans Renders, die Nederlandse deskundige oor die skryf van biografieë, se riglyne vir die skryf van ’n ideale biografie probeer volg het:

[It] is well written, with a form that owes to journalism. It must make it also clear that a life can only be understood in its relation to a whole historical context. The research methodology must include use of all available resources, with oral sources approached in an even-handed way, and every assertion substantiated by a source, which is the norm both in journalism and history. The subject’s private life should be used to explain and provide context for what is public.

Verder glo ek ’n skrywer het nuuskierigheid en deursettingsvermoë nodig om ’n volledige biografie te skryf. Jy moet elke moontlike leidraad opvolg, want soms kry jy nuwe inligting in die mees onverwagse plekke. ’n Biograaf moet ook die versoeking probeer weerstaan om ongemaklike feite te ignoreer en sy onderwerp te verheerlik. Aan die ander kant moet hy of sy ook nie onnodig krities wees nie. Ek het probeer om met empatie oor Ben te skryf, en om myself in sy skoene te plaas en te verstaan hoekom hy opgetree het soos hy opgetree het, maar sonder om van sy meer problematiese handelinge te probeer goedpraat.

In hoe ’n mate dink jy stem die beeld van die huidige generasie Afrikaners ooreen met dié van Ben Viljoen, indien enigsins? Dink jy jonger lesers sal aanklank by die boek vind juis as gevolg van sekere ooreenstemmings?

Ben was ’n vrydenkende wêreldburger en nou nie juis baie godsdienstig nie. Volk en vaderland was vir hom minder belangrik as eiebelang. Hy was nie plekgebonde nie; waar hy ’n geleentheid gesien het, het hy gegaan. Hy het hom nie gesteur aan tradisie of die kerk se voorskrifte nie, en was aanpasbaar en bereid om nuwe uitdagings aan te pak. Hy het ook geredelik met ander etniese en taalgroepe oor die weg gekom. Ek glo dit beskryf ’n beduidende deel van die huidige jonger generasie Afrikaners, en dat hulle moontlik hieroor meer geredelik by Ben Viljoen sal kan aanklank vind eerder as by een van die meer tradisionele figure uit daardie era.

Jy tree op by vanjaar se Toyota US Woordfees. Wil jy ’n bietjie meer daaroor vertel?

Ek praat op Maandag, 9 Maart 2020 om 09:30 in die Boektent met Fransjohan Pretorius, een van Suid-Afrika se bekendste geskiedkundiges en skrywer of redakteur van agt boeke oor die Anglo-Boereoorlog. Ons gaan gesels oor hoe ek Ben se spore gevolg het van Suid-Afrika na St Helena, Europa, Mexiko en die VSA, en wat ek daar uitgevind het. Ons sal onder meer doen aan die hand van foto’s wat ek in die argiewe en familieversamelings gevind het, asook foto’s wat ek self geneem het.

Koop jou kaartjies vir Kansvatter en siruksboer hier

Kyk ook:

Video: Bekendstelling van Carel van der Merwe se Kansvatter

The post Skrywersonderhoud: Carel van der Merwe oor <em>Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen</em> appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Derick van der Walt oor Toring van Jasmyn

$
0
0

Naomi Meyer gesels met Derick van der Walt oor Toring van Jasmyn, wat in 2019 die Sanlamprys vir Jeuglektuur verower het.

Toring van Jasmyn
Derick van der Walt

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624087519

Derick, jy is ’n gesoute skrywer – van volwasseneromans én van jeugboeke. Waar het jou idee vir Toring van Jasmyn ontstaan?

Dit gaan behoorlik absurd klink, en as iemand anders dit vir my gesê het, het ek my oë gerol. Ek het regtig een nag in 2016 gedroom oor ’n Afrikaanse gesin van Pretoria wat in Istanbul vakansie hou en toe word die mooi blonde dogter ontvoer.

Waar die droom vandaan gekom het, het ek nie ’n koekie se clue nie. Ek het nooit aan Istanbul as ’n moontlike vakansiebestemming gedink nie. Die plek was nie eers in my gedagtes nie.

Maar ek het die volgende oggend gewonder of ek nie dalk iets beet het nie. Ek kyk deesdae met ander oë na drome!

Duidelik het jy baie navorsing rondom Turkye gedoen – jou karakters beleef die stad met al sy geure en smake. Het jy onlangs daar gereis? Of hoe het jy jou navorsing gedoen?

Ja, ons is ná die droom vir 10 dae Istanbul toe. Dis moeilik om oor ’n plek te skryf as jy nie weet hoe dit proe, ruik, klink en voel nie.

Soos Murphy dit wou hê, het die staatsgreeppoging plaasgevind in Istanbul en Turkye se hoofstad, Ankara, die eerste nag toe ons in Istanbul oornag het. Ek het dwarsdeur al die drama geslaap en nie ’n helikopter of ’n masjiengeweerskoot gehoor nie. Mense is doodgeskiet op die brug naby ons hotel en daar was benoude Suid-Afrikaners wat nie kon land uit nie. Vlugte is gereeld gekanselleer en hulle was bang.

Ons het die volgende oggend, soos die meeste ander toeriste, versigtig en onrustig om die blok gestap, nie seker wat om te verwag nie. Ons kon tog nie vir 10 dae in die hotel sit nie. Orals het mense soos gewoonlik rustig die sypaadjies voor hulle restaurante afgespuit en voorraad is uit afleweringsvoertuie die restaurante ingedra.

Teen 12 die middag was dit business as usual in Istanbul. Die strate het gewemel, die restaurante was vol en die toeriste het gekoop dat die biesies bewe. Die mense van Istanbul beweeg duidelik vinnig aan. My mond het letterlik oopgehang.

Maar dit was toe ’n heerlike vakansie. Dis ’n wonderlike stad en relatief goedkoop vir ons Suid-Afrikaners om in vakansie te hou.

Foto: Pixabay

Wat vir my so oulik was, is hoe jy ’n uitdrukking soos "dis nie iets om oor huis toe te skryf nie" verplaas na ’n jeugdige karakter: "My rapport was nou nie juis iets om op Facebook te sit nie." Is daar jongmense in jou lewe – mense wat jy hoor praat, of wie se leefwêrelde jy ken?

My drie seuns is nou al uitgevrete, maar ons het vriende en familie wat steeds tieners het. Ek bly in voeling, hoewel ek nie dink dis nodig nie. Ek skryf oor mense – hulle ouderdomme is nie belangrik nie.

Ek en Lenie het ’n jaar en ’n half gelede vir die eerste keer oupa en ouma geword, van ’n tweeling nogal: Lea en Daniël. Dis die begin van ’n nuwe siklus Van der Waltjies. Ek mag dalk selfs in die toekoms vir jonger kinders skryf, iets wat nie nou vir my gemaklik gebeur nie.

Hoe verskil dit vir jou om vir jongmense en vir volwassenes te skryf? Is daar groot verskille aan die manier om ’n boek te benader?

Hoegenaamd nie. Die ouderdom van die karakters en die potensiële lesers is vir my bloot toevallig. Ek het nog nooit gedink ek skryf uitsluitlik “jeugboeke” nie. Ek vermoed dat ek meer volwasse lesers het as jongelinge.

Dit is wel lekker om karakters van jou eie ouderdom te skryf, het ek ontdek toe ek Daan Dreyer se blou geranium geskryf het. Jy weet wat in dáárdie koppe aangaan.

Dink jy baie jongmense lees nog boeke?

Ek dink nie so nie. Tóg sê die juffrouens en menere dat jy steeds kinders kry wat met ’n boek onder die arm op die speelgrond rondloop. My boeke Lien se lankstaanskoene, Willem Poprok en Hoopvol is voorgeskryf en ek raak regtig bewoë as skole my nooi om oor dié boeke te praat en die kinders sê vir my hoe baie hulle hierdie stories geniet het. Dis hoofsaaklik Engelssprekende tweedetaalleerders van Afrikaans wat deur my voorstedelike Afrikaans moes worstel.

’n Mens voel dan dat daar tog ’n punt aan die geskrywery was. Dit was nie sommer maar net lekker ou storietjie-storietjie nie.

Foto: Pixabay

Ek het nagedink oor Turkye as land terwyl ek jou boek gelees het en ek is seker enige jong leser van jou boek sal ook so maak. Het jy doelbewus daarop probeer wys dat daar ook in ander lande misdaad of gevare of terreur bestaan in vergelyking met hierdie land van ons, waar dit so bitterlik gevaarlik is? Of was dit nie so beplan nie?

Ek glo dat ’n mens nie doelbewus ’n lessie of ’n prekie in enige skryfwerk moet insluit nie. (Almal ruik dit gou.) Dus, nee, ek wou nie iets spesifiek sê nie. Ek het glad nie aan ooreenkomste en verskille tussen Suid-Afrika en Turkye gedink nie.

Miskien wel dat mense, veral jongmense, oral maar dieselfde drome en vrese het, al is die kultuur heeltemal anders as waaraan jy gewoond is.

Nie alle boeke skryf ewe lekker nie. Waaraan ek nou werk, is nogal ’n sad spulletjie en ek weet dit gaan my vir maande in ewige mistroostigheid hê. Dit was lekker om Toring te skryf. Ek was vir maande in my kop in Istanbul op vakansie.

Jou boek lees soos ’n opwindende soort spanningsverhaal. Al is dit nie naelbytspanning nie, laat jou proloog tot die storie mens heeltyd bang wees dat die karakters nie oukei gaan wees nie. Wil jy kortliks vertel wat was vir jou die belangrikste aspekte van die storie – dit wat jy beplan het, of dit wat dalk net organies so ontwikkel het?

Ek het niks beplan nie. Ek het lank gesukkel om ’n storielyn oor die “ontvoering” te bedink. Daarom het ek die manuskrip eenkant gesit en eers Tussen vriende geskryf wat in 2018 by Quellerie verskyn het.

Die toneel waar Marcus vir Meryem geld in die hand stop om haar broer in ’n mooi plek te laat begrawe as hy sou doodgaan, was die eerste stukkie wat ek geskryf het. Ek het geweet dit is die rigting waarin die einde gaan mik.

Ek het ook aanvanklik geskryf dat een van die karakters doodgaan. Maar ’n mens raak geheg aan jou karakters en ek het gou besluit ek kan dit nie aan die karakter en die lesers (en myself) doen nie.

Van beplan versus organiese ontwikkeling gepraat: Hoe skryf jy aan ’n storie – beplan jy dit vooraf, of ontwikkel dit soos wat jy skryf?

In my “regte” werk word my lewe gerig deur sperdatums, sommiges weekliks. Ek kan dus nie stilsit nie. As dit by kreatiewe skryf kom, het ek geen stelsel nie. Dit gebeur so tussendeur.

Ek beplan absoluut niks nie. Dis ’n organiese proses. Daar is gewoonlik darem ’n storie in my kop en ek weet presies waar dit gaan eindig, hoe die hoofkarakter se kop werk en wat die “atmosfeer” van die storie gaan wees.

Ek het pas met ’n nuwe boek begin en die eerste ding wat ek geskryf het, was die heel laaste sin. Ek weet daai sin gaan nie verander nie. Hoe om daar te kom, is natuurlik ’n ander en ’n baie lang storie. Maar dis vir my die lekker van skryf. Dis ’n groot avontuur en ek weet glad nie wat gaan gebeur nie. Dis vir my óók ‘n verrassing.

Het jy ’n skryfroetine en hoe lank het dit jou geneem om die storie te skryf?

Soos hier bo gesê, het ek hoegenaamd geen roetine nie. Aan die begin het dit my baie benoud gemaak. Ek wou op ’n tyd soos Deon Meyer, voordat hy voltyds begin skryf het, elke oggend vieruur opstaan om te skryf voordat ek werk toe gaan. Nee, ek is doodeenvoudig net te lui en te koulik in die winter.

Ek het nou vrede daarmee gemaak dat dit is hoe dit altyd gaan wees en ek kou nie meer my polse daaroor nie. Die ongeordenheid werk vir my.

Ek hou nie boek nie, maar ek het so min of meer so ses tot agt maande (so aan en af en give and take) hieraan geskryf.

Wat was jou gunstelingboeke as kind en as tiener? En waarom?

Op laerskool was ek mal oor alles wat Elsabé Steenberg geskryf het. Dié vrou verdien ’n mooi monument. Ek onthou van haar boeke soos Bergpad na Eden en Die heuningwolk nog in besonderhede. Ek vermoed sy het ’n groot invloed op my skrywerasies gehad. Dis waarskynlik haar menslike stories en karakters wat met my gepraat het.

Ek het ook Cor Dirks se Uile-reeks baie geniet. Maar nee vir die vervelige en verspotte Trompie- en Saartjie-gedoentes.

Op hoërskool het ek volwasseneliteratuur gelees. In graad 8 het ek my ma se Lady Chatterley’s lover skelm gelees en ’n jaar later John Steinbeck per ongeluk ontdek. My plan is steeds om al sy boeke te herlees. Ek dink hy het ook my denke oor stories beïnvloed. Ai, daai mooi stories oor gewone mense wat moet sink of swem. My gunsteling was East of Eden.

The post Skrywersonderhoud: Derick van der Walt oor <em>Toring van Jasmyn</em> appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Irma Venter oor Sewe-en-veertig

$
0
0

Remona Voges het met Irma Venter oor skrywerskap en Irma se boek Sewe-en-veertig gesels.

Irma, wat is vir jou die lekkerste deel daarvan om ’n skrywer te wees?

Die lekkerste deel is om skeppend te kan wees; om wêrelde en karakters in die lewe te roep en op papier te sit. En dis heerlik om dit Afrikaans te kan doen.

En die slegste?

Die slegste is dat dit so min betaal – dat die kunste, in enige vorm en oor die algemeen, selde genoeg geld genereer dat dit jou enigste bron van inkomste kan wees. Dit beteken dat enigiemand in ’n skeppende bedryf altyd besonder hard moet werk om die pot aan die kook te hou.

Sewe-en-veertig is die sewende boek in jou S-reeks. Kan jy ’n bietjie meer oor die reeks in sy geheel vertel? Sal diegene wat nog nie van die vorige boeke gelees het nie by die verhaal kan inval? Staan die boek op sy eie?

Die S-reeks fokus op vyf meestal aweregse karakters – Adriana (’n fixer), Ranna (’n konflikfotograaf en moordverdagte, hang af waar in die reeks mens trek), Alex (’n joernalis), Sarah (’n kuberkraker) en Jaap (’n afgetrede polisieman).

Elkeen van die boeke sal tipies twee, dalk drie, van die karakters betrek.

Ek hou daarvan om sterk vrouekarakters te skep en om gendernorme in spanningsverhale te ondermyn. Ek het ook ’n sterk fokus op daardie fassinerende spasie tussen reg en verkeerd, wat beteken dat my boeke altyd spanningsverhale is, maar nie noodwendig polisieverhale nie.

Sewe-en-veertig staan heeltemal op sy eie, al is dit die sewende boek in die S-reeks. As mense egter belangstel in hoe Sarah en Jaap mekaar ontmoet het, kan hulle gerus Skarlaken lees, wat die vierde boek in die reeks is.

Die ander boeke in Irma se S-reeks

Jy’s ’n geweldig produktiewe skrywer. Hoe hou jy jou brein skerp? En wat doen jy wanneer jy nie skryf/werk nie?

Ek is maar so produktief as wat ek kan wees, maar dit raak soms baie moeilik om voltyds te werk en te skryf. As ek enigsins tyd het om rond te loop, hou ek daarvan om te reis en om lekker te eet. Ek is ook voortdurend op soek na die beste flat white in Suid-Afrika.

Kan jy asseblief kortliks vertel waaroor Sewe-en-veertig handel?

Sewe-en-veertig gaan oor die wettige en onwettige insameling en gebruik van data, vriendskap, en die dodelike gevolge van ’n skynbaar onskuldige ontmoeting.

Sewe-en-veertig is in die eerste plek ’n (ont)spanningsroman. Ek skryf boeke omdat ek graag vir mense bietjie ontvlugting wil bied van die alledaagse. Ek wil iemand vir ’n paar uur vermaak.

Nadine Petrick noem in haar resensie oor jou boek dat die Kaap op ’n unieke wyse uitgebeeld word, wat inderdaad die geval is. Hoe kontrasteer die Kaapstad wat op toerismebrosjures verskyn met die Kaapstad wat jy in die boek uitbeeld?

Elke stad het sy donker kant. Ek het in vorige boeke al deeglik oor Johannesburg en Pretoria se ongure karakters geskryf. Dalk was dit bloot Kaapstad se beurt.

Wat ook in Nadine se resensie opgeduik het, is die mate waartoe ek plekke in Sewe-en-veertig opgemaak het.

Die rede hiervoor is om myself te beskerm teen enige regsaksie. Die plekke wat ek uitgedink het, is instansies waar my karakters tipies iets onwettigs aanvang. As ek byvoorbeeld sou sê dat Sarah by ’n bekende sesterhotel se WiFi inbreek sou so ’n instelling dalk daarop aandring dat so iets nooit by hulle sou kon gebeur nie.

Jy het ’n groot fassinasie met data en die beskerming daarvan – ’n tema wat ook in Sewe-en-veertig sterk figureer. Vertel ons ’n bietjie meer daarvan, asseblief.

Ek is ’n sterk voorstander van privaatheid. Suid-Afrikaanse wetgewing doen nie naastenby genoeg om mense se data te beskerm nie. Dit voel vir my asof maatskappye en die staat bloot aanvaar dat hulle alle regte op mens se data het, solank hulle sekere verskonings kan aanbied, bv om jou naam van jou data te ontkoppel, of om gratis WiFi aan te bied. Die ergste van alles is dat hierdie instansies dan nie daarmee foutvind om mens se data te verkoop nie.

Jou data is jou eiendom. As jy dit wíl deel, moet jy daarvoor betaal word.

Dink terug aan die era van briewe. Sou ons daarvan gehou het as iemand by ons posbus gestaan het en al ons briewe oopgemaak en gelees het? Ongenooid by jou voordeur opgedaag het met die presiese produk wat jy dalk wou koop?

Wat is die grootste uitdagings waarvoor jy te staan gekom het met die skryf van die boek?

Die grootste uitdaging bly altyd om die leser aan die raai te hou, en om hom/haar uiteindelik op ’n vermaaklike, geloofwaardige, a-ha manier tot by die laaste bladsy te bring.

Misdaad is so deel van die Suid-Afrikaanse samelewing. Is dit nie geweldig emosioneel uitputtend om, bo en behalwe alles wat mens in die nuus lees, op die radio hoor en op die TV sien, nog verdere navorsing in die veld te moet doen en dan nog ’n storie ook daaroor te skryf nie?

Dit is moeilik om heeltyd met misdaad gekonfronteer te word. Die nuus maak mens moeg. Om voortdurend waaksaam te wees in jou huis, op straat en by jou werkplek maak mens moeg. Ek dink Suid-Afrikaners is chronies moeg en gespanne, en dit vererger toenemend soos ons veilige spasies al hoe kleiner word.

Een van die ergste dele van die skryf van misdaadverhale gedurende die afgelope paar jaar, was die besef van hoe baie die polisiediens se werklike alledaagse ondersoeke verskil van dit wat in boeke beskryf word. Die oorgrote meerderheid van sake kry nie naastenby die behandeling (personeel, forensiese toetse, noem maar op) wat in boeke beskryf word nie.

Tog is daar een groot verskil tussen werklike misdaad en wat ek doen: in misdaadverhale ry die slegte mense aan die pen. Daar is ’n bevredigende oplossing; ’n oomblik van ekwilibrium.

Jy is eintlik ’n joernalis. Waar kry jy tyd om te skryf? En put jy inspirasie uit die werk waarmee jy by jou day job betrokke is?

Ek staan elke oggend baie vroeg op om seker te maak ek kan ’n uur of twee skryf voor ek met my dagtake begin. Dan skryf ek ook deur die dag wanneer ek ook al ten minste 45 minute beskikbaar het. Ek het al op lughawens, vliegtuie, busse en treine geskryf. My gunstelingplek om deesdae te skryf is enige koffiewinkel wat ’n flat white maak wat my asem kan wegslaan.

My werk is ’n voortdurende bron van inspirasie. Ek ontmoet soveel interessante mense, en word aan soveel uiteenlopende omstandighede blootgestel dat ek werklik nie kan help om dit soms in my boeke in te werk nie. Ek doen dit egter nooit direk nie. Dit sou my bronne vervreem en ’n mens moet hulle altyd in ag neem.

Van die interessante stories wat ek al gedoen het, is onder andere ’n ondersoek na gouddiefstal in myne, om in ’n selfaangedrewe voertuig in Duitsland te ry en om Beijing se agterstrate in te vaar op soek na nagemaakte goedere.

As jy drie boeke moet kies wat die grootste impak op jou lewe gehad het, watter boeke sou dit wees?

  • Die klein prinsie – Antoine de Saint-Exupéry
  • Don’t let’s go to the dogs tonight – Alexandra Fuller
  • Written on the body – Jeanette Winterson

Leek ook:

Resensie: Sewe-en-veertig deur Irma Venter

The post Skrywersonderhoud: Irma Venter oor <em>Sewe-en-veertig</em> appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Nataniël oor kunstenaarskap en Kyk na my

$
0
0

Remona Voges het met Nataniël oor  sy boek Kyk na my en oor wat dit beteken om ’n kunstenaar te wees, gesels.

Kyk na my – Herinneringe aan ’n kindertyd
Nataniël
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798179935

Nataniël, jy het al talle verhoogwerke, resepteboeke, rubrieke en ander boeke agter jou naam. Wanneer het jy aan die idee gekom om ’n memoir oor jou kinderlewe te skryf? En hoekom wou jy spesifiek op jou kinderjare fokus, eerder as jou lewe as volwassene?

My uitgewer het my herhaaldelik gevra om ’n boek oor my kindertyd te skryf – ek sou nooit self daaraan gedink het nie. Ek het deur die jare soveel stories op die verhoog vertel dat ek nie gedink het daar was nog iets om oor te skryf nie. Ek dink nie daar sal ooit ’n boek wees oor my volwassene-lewe nie – ek het eers twee jaar terug begin om te lewe. Die afgelope paar dekades het ek net gewerk, niks anders nie. Ek het ’n handjievol vriende en woon op my eie in absolute stilte. Daar kan niks méér vervelig wees om oor te skryf nie.

Nataniël in die laerskool (foto: verskaf)

Jy is een van Suid-Afrika se bekendste en mees geliefde storievertellers. Tog kan dit nie maklik wees om terug te klim in die vel van ’n kind of om ’n storie eerstehands deur die oë van ’n jongeling te vertel nie. Wat het jy gedoen om jouself weer terug in jou kinderskoene te sit?

Ek is altyd in my kinderskoene. Dit was die tyd toe ek die wêreld ontdek het, besluit het wat ek wil doen en tyd met my ouma – die mees opwindende mens wat ek nog ooit geken het – kon deurbring. Sodra jy ouer word, word verantwoordelikheid, finansies, verpligtinge en die smagting na prestasie ’n realiteit. Dis geen mense se keuse nie; dis wat die omgewing en oeroue reëls op jou afdwing.

Nataniël as kind by sy sandpunt (foto: verskaf)

Dit is baie duidelik uit die boek en ook in jou ander werk dat jou verbeeldingswêreld reeds as kind aangewakker en gevoed is. Dink jy dat vandag se kinders besig is om die vermoë te verloor om hul verbeelding te gebruik? Indien wel, wat kan ouers doen om dit te voorkom?

Bitter min ouers het ’n benul hoe groot die verbeelding en die waarnemingsvermoë van ’n kind is. In ’n klein koppie gaan meer aan as in ’n hele woonbuurt. As ouers hulle kinders toelaat om te ontdek, hulle foute te maak, hulle fantasieë te probeer uitleef en ook nie skaam te wees oor ’n eiesoortige kind nie, sal daar soveel meer emosioneel gesonde mense op die aarde rondloop.

Jy skryf in die boek daaroor, maar kan jy ons ’n bietjie vertel oor die foto van jou op die voorblad?

Dié foto van Nataniël verskyn op die voorblad van Kyk na my (foto: verskaf)

Ek het die foto ontdek eers nadat ek daaroor geskryf het en besluit om dit op die voorblad te gebruik. Ek was deel van twee operettes op laerskool en dit het my hele lewe verander. Die tweede een was met meer moeite aangebied, maar vir die eerste een moes ons self met ons ouers die kostuums maak. Ek was in my kamerjas met ’n papierkroon en ’n plastiekswaard – dit was die lelikste kostuum op aarde, maar ek was in vervoering en het dit vir dae gedra en my pa forseer om ’n foto te neem.

Dié vraag sluit aan by die vorige een. Jou liefde vir out there-kostuums het reeds op ’n baie jong ouderdom na vore gekom. Wat is van jou mees gewaagde, geliefde of onvergeetlike kostuums? Kan jy ’n bietjie daaroor vertel?

Nataniël op die verhoog (foto: verskaf)

My kostuums is soos lewende wesens – ek het nog almal en elkeen was op sy tyd my favourite. Jou nuutste kostuum moet altyd jou beste wees, anders is daar fout met jou werk. Ons probeer om altyd die voriges te oortref, al moet sommiges eenvoudig wees om by die vertoning te pas. Ek het al in alles verskyn, van g-strings tot 15 meter-jasse. In my beginjare was ek baie dapperder as nou – ek was soms verstom dat gehore bly sit het nadat ek met my verskriklik skraps goed verskyn het. Ek kon hulle nie eens in die argief hou nie, dit was net ’n rek of ’n strik of ’n blaar. Ek het ’n versameling kostuums wat op die oomblik ’n hele gebou beslaan en het geen idee wat eendag daarmee gaan gebeur nie!

Nataniël in een van sy kostuums (foto: verskaf)

Ek dink hierdie is ’n vraag waaroor baie van jou aanhangers wonder: Hoe onthou jy alles in soveel besonderhede? Herbesoek jy die plekke waaroor jy skryf? Of hou jy ’n joernaal aan? Het jy ’n fotografiese geheue? Of is jou hoofbestanddeel ’n gesonde skoot verbeelding?

Ek skryf altyd met verbeelding. Genoeg mense skryf die blote realiteit, maar my geheue is visueel, ek vergeet nooit die detail van iets wat my geroer het nie. Ek kan egter glad nie name onthou nie, nie mense, boeke, liedjies, geregte of plekke nie. Daarvoor moet ek elke keer familie of kennisse bel.

Ek weet dat daar baie is, maar as jy moet kies: Wat is een van jou kosbaarste herinneringe uit jou kinderjare?

Ek dink die ritte saam met Ouma en Oupa van Wellington na die Paarl Die begraafplaas  was net vyf minute ver, maar ons het altyd daar stilgehou en dan het Ouma padkos uitgepak. Vyf minute nadat ons vertrek het. Plaasbrood, frikkadelle, aartappelslaai en koffie met beskuit. Ons het op opvoustoele langs die grys Volksie gesit terwyl die heelal verbyjaag.

Nataniël as skoolseun (foto: verskaf)

Jy is ’n ongelooflik produktiewe kunstenaar. Het jy ’n baie streng roetine as dit by jou werk kom? Hoe lyk ’n werksdag in die lewe van Nataniël?

Ek staan bitter vroeg op en begin skryf. Sodra die eerste personeellid opdaag, is die stilte verby. Soggens bestaan uit vergaderings, repetisies en kooksessies vir nuwe projekte. Namiddae is ek op pad iewers heen vir ’n vertoning; snags kom ek gedaan by die huis, lees vir ’n uur uit een of ander boek en slaap dan vir ’n paar uur. Sondae is ek stoksielalleen om te herstel. Werk is my ding; dis wat ek die meeste geniet.

Vir iemand wat so mooi skryf, is dit kwalik ’n verrassing dat jy self ook baie lees. Watter boeke het jy onlangs gelees en watter sou jy aanbeveel?

Ek lees veral klassieke romans, báie geskiedenis- en debuutromans. Ek lees net Engels, sodat ek my skryfwerk kan verbeter. Op die oomblik lees ek Barbara Kingsolver se Unsheltered en Michael King se Lorien lost.

Dit het my by die lees van jou boek opgeval dat jy baie min oor maatjies of jou sibbe geskryf het. Het jy dit doelbewus so gedoen omdat jy met tye ’n soort randfiguur was? Of het ouer mense jou nog net van altyd af meer interesseer?

Kinders en jongmense het my van kleins af verveel; hulle het te min al beleef. Ouer mense – en hoe ouer hoe beter – was nog altyd fassinerend; hulle het wysheid (nie almal nie, maar dié wat ek opsoek), is vreesloos, eksentriek, reguit en vertel stories; hul huise is vol stokou boeke, voorwerpe uit die hele wêreld en klere wat niks met modes te doen het nie.

Hoe het jy die proses ervaar om op so ’n intieme wyse oor jou kinderjare te skryf? Was dit vir jou moeilik? Voel dit vir jou asof jy deur hierdie skryfproses ’n soort genesing gevind het of sekere dinge aanvaar het wat jy as kind miskien nie kon kleinkry nie?

Ek het gereeld gehuil omdat ek mense of oomblikke mis, nie omdat daar steeds ellende is nie. My storms is jare gelede al in terapie deurleef. My kindertyd was innerlik nie maklik nie. Die wêreld was en is steeds vreemd, maar daar was tye van absolute veiligheid en warmte en fantasie wat in ’n hedendaagse omgewing feitlik onmoontlik is om te herskep.

As kind was daar ’n hele klomp goed wat jou bang gemaak het. Wat maak jou vandag as grootmens bang?

Regerings en politiek. Die aarde word nie regeer deur slim mense nie – slimmes is besig met beter dinge as politiek. Politiek is georganiseerde boosheid, dis nie ’n “rigting” of ’n “talent” nie. Daar moet wragtig groot fout wees met iemand wat dink dis ’n waardige loopbaan. Die onnoselheid, gulsigheid, skelmheid, selfbeheptheid, verwoesting, wreedheid, selfsug, grootheidswaan en ooglopende aakligheid vervul my met vrees. Vieslike spul wêreldwyd.

Jy doen vanjaar ’n show by die Woordfees. Kan jy ons meer daaroor vertel?

Ek is volkome ongemaklik by feeste, almal weet dit. Die onnatuurlike die teater-bubble en die samedromming gee my erge engtevrees, maar so af en toe val my suiker en dan oortuig iemand my om ja te sê. Ek het besluit om iets met net plesier en so min diepte as moontlik op die verhoog te sit, dus musiek uit die swing-era, fantastiese musikante, baldadige stories en soveel aanskoulike kostuums as moontlik.

 

Kom luister by die Toyota US Woordfees na
"Nataniël: Hoekom hulle swing": 10-12 Maart by die HMS Bloemhof Sentrum.

 

Met watter ander projekte hou jy jou op die oomblik besig? Kan lesers uitsien na nog ’n boek – miskien hierdie keer oor jou meer riskante adolessentejare of die nie-so-gemiddelde middeljare?

Daar verskyn ’n boek aan die einde van die jaar, maar beslis nie outobiografies nie. Ek en die pianis Charl du Plessis is vanjaar 20 jaar saam op die verhoog, en daar is verskeie konserte deur die jaar om dit te vier. Daar is ook ’n nuwe televisiereeks waaraan ek binnekort begin werk.

Die kunste is nie altyd ’n maklike bedryf om in te wees nie. Watter raad het jy vir jong kunstenaars?

Emigreer. Gaan oorwin die planeet en maak groot geld.

The post Skrywersonderhoud: Nataniël oor kunstenaarskap en <em>Kyk na my</em> appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Annelie Botes oor Kammaland

$
0
0

Remona Voges het met Annelie Botes oor die Engelse kanale en haar boek Kammaland gepraat.

Kammaland
Annelie Botes
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776094158

Annelie, baie geluk met nog 'n suksesvolle boek.

Jy het al baie oor jou oorsese reise en ervarings geskryf. Watter tydperk staan vir jou uit en hoekom? Sal jy miskien ’n paar foto’s verskaf?

Die bootreis in die Europese winter van 2017 was meesleurend en betowerend. Omdat Chris by my was, het ek altyd veilig en geborge gevoel. Maar die tyd in 2004/2005 by Granny staan met breë skouers uit. Ek was ’n volle jaar by haar, en dit was ’n tappende jaar waarin ek meermale oorweeg het om by ’n brug in Londen af te spring. My uithouvermoë, geduld en oorlewingskrag is in daardie jaar tot die droesem getoets. Nie soseer met Granny nie, maar met haar onstabiele dogter wat nooit ’n geleentheid laat verbyglip het om my te tart en te verneder nie. Die dogter het aan ’n gediagnoseerde woedestoornis gely, en sy het dit op almal rondom haar uitgehaal. Maar omdat ek ’n “housemaid” was, het sy my onophoudelik getreiter. Dat ek haar nooit bestorm en gebliksem het nie, is ’n kale genade. En dat ek tot die einde uitgehou het, het aan my bewys ek kán my laat geld, al noem sy my “the scum of Africa”.  

‘n Brug en herfsweerkaatsings (foto: Chris Botes)

Kammaland is op jou eie ervaringe gebaseer. Kan jy kortliks vertel waaroor die boek handel?

Dit vertel die storie van die 91 dae toe ons twee alleen op ’n narrowboat (longboat; kanaalboot) kop eerste in die Engelse winter ingevaar het. Dis nie ’n reisjoernaal of ’n vakansiestorie nie. Dis ’n emosionele joernaal.

Die kanaalboot (foto: Chris Botes)

Hoekom het jy en jou man besluit om die reis na Engeland aan te pak?

Ons raak ouer. Ek was 60 en hy 65. Die tyd om avonture aan te pak, raak korter. Ons wou gaan toets waartoe ons nog fisiek in staat is. Sodat ons ons prioriteite kon rangskik vir die sowat 15 aktiewe jare wat dálk nog voorlê.

Jy en jou ou gryse was al deur diep waters (letterlik en figuurlik). Wat was die grootse uitdagings waarvoor jul te staan gekom het tydens jul verblyf in Engeland?

Om nie die onstabiele en vertreurigde omstandighede in Suid-Afrika met bitterheid te haat nie. 

’n Sluis in Engeland (foto: Chris Botes)

Julle het talle interessante karakters op jul reis ontmoet. Watter van hierdie mense of herinneringe bly jou die meeste by?

Elke persoon op die reis het sy eie unieke herinneringe. Maar ek is hard geslaan deur die ruïnes van die gebombardeerde katedraal in Coventry, en die horingoue oom wat juis op die dag toe ons daar was sy laaste groet kom afgee het aan die plek waar hy as jong soldaat uitmekaargeskiete mense se oorblyfsels moes bymekaarmaak. Die prosituut in Rugby sal my ook nooit verlaat nie. En die Afrika-man wat my glimlaggend voorrang gegee het by die roltrap in Lichfield.

En nou dat julle terug is in Suid-Afrika? Mis jy die Engelse kanale? Sal jy ná alles ’n kanaalvakansie aanbeveel?

Daar gaan nooit ’n dag verby dat ons nie dink aan waar ons ons sus of so lank gelede bevind het nie. Ons verlang. Ons vergelyk. Ons rou. Ons smag. Dit was nie ’n vakansie nie, en ons het eindeloos hard gewerk op die boot, want ons moes alles versorg en onderhou en hanteer. Ek sal dit nie aanbeveel nie, want dit verander ’n mens se lewe onherroeplik, en die rou en smagting hou nooit op nie. 

Annelie maak ’n sluis toe (foto: Chris Botes)

Is daar ’n ander reis in die vooruitsig? Na watter plekke sou jy nog graag wou gaan?

Ons is nou in die proses om finale uitsluitsel te kry oor ’n reis in Oktober 2020. Colorado toe. Ons is genooi om vir ’n maand housesitting te doen by ’n rykmanshouthuis op die platteland by Manitou Springs, terwyl die eienaars in Batavia vakansie hou. Ons hoef nie te werk as sulks nie; ons moet net ’n oog hou. In my kop is ek klaar in Colorado, ’n uur se stap van die Rocky Mountains af.

Jy skryf op ’n baie eerlike wyse oor jou lewe. Hoe ervaar jou naastes dit? Dit kan nie altyd maklik wees nie. En waar trek ’n  mens die streep oor wat jy sê en wat jy maar eerder oorlaat aan die leser se verbeelding?

Hulle laat maar die waters oor die akker loop. Ek vermy om te skryf oor goeters wat regtigwaar vernederend vir my huismense is. Maar selfs daarvan deins ek nie altyd weg nie.

’n Sluis in die winter (foto: Chris Botes)

Dalene Matthee was destyds jou musiekonderwyseres. Kan jy iets hieroor vertel? Het sy ook ’n invloed op jou loopbaan as skrywer gehad?

Alhoewel ek by haar kitaarlesse geneem het, was sy nie my musiekonderwyseres nie. Klavier is my hoofsintrument, en daarin het ek onderrig gekry by mevrou Hubert by die skool. Tannie Dalene was net die vrou van die Standard Bank se bestuurder in Uniondale. Sy het my nooit gehelp met skryfgoeters nie. Sy het altyd gesê: “Met skryf is dit jy en jy alleen.” Maar haar ganse menswees en wysheid en massiewe algemene kennis het ’n onuitwisbare invloed op die res van my lewe gehad.

Jou laaste paar boeke handel oor jou eie lewe. Kan lesers weer uitsien na ’n fiksieboek? En waarmee hou jy jouself op die oomblik besig?

Daar is ’n roman in die pyplyn vir 2021. Volkome fiktief. Die kontrak is klaar geteken, maar ek wil nie nou al daaroor praat nie. Daar is nog te baie fasette wat uitgekyk moet word.

Herfs op die kanale (foto: Chris Botes)

Watter belangrike lesse het jy tydens jou lang skrywersloopbaan geleer?

Te veel om op te noem. My eintlike skryfmoeder was Hettie Scholtz, doerietyd met Trippel Sewe. By Hettie het ek meer geleer as by al die skryfmeesters altesaam. Seker een van die grootste lesse wat ek geleer het, is om my instinkte te vertrou. En om my nie te veel te ontstel of te steur as die media my in die grond in trap nie. Die belangrikste dáárvan is om die krag te hê om regop te kom en voort te stap op die pad wat jy weet vir jou uitgemeet is. 

Wat is jou gunstelingboeke van 2019 en waarom?

In 2019 was ek kranklik en siek en fisiek was dit ’n veeleisende jaar. Hartprobleme. Blaasprobleme. Die driemaandegriep. Daarom het ek min gelees, want ek was knaend besig om agterstallige werk in te haal. Maar die boek wat my van 2019 sal bybly, is die aangrypende digbundel van Hannes Visser, Die jaar toe pa ... Niks in dié digbundel is verskans nie, en ’n mens hoef nooit te wonder wat hy bedoel nie. Die eenvoud daarvan, en die gepaardgaande emosionele reis saam met ’n tienjarige mynseuntjie, het my dikwels laat huil. Omdat ek ook eens op ’n tyd tien jaar oud was.

Lees ook:

Resensie: Kammaland deur Annelie Botes

FMR-resensie: Kammaland deur Annelie Botes

The post Skrywersonderhoud: Annelie Botes oor <em>Kammaland</em> appeared first on LitNet.


Die Alfadokument: ’n onderhoud met René van Zyl

$
0
0

..........

“Net toe my karakters dink hulle leef nou ‘happily ever after’ ... toe spring daar ’n ding uit die bos uit ...”

..........

Die skrywer René van Zyl tree by die 2020 Toyota US Woordfees op wat 6–15 Maart 2020 in Stellenbosch plaasvind. Sy gesels met Cliffordene Norton oor haar eerste spanningsverhaal, Die Alfadokument.

“Aan die einde van Die Alfadokument is ’n los draad of twee waaraan ek nou lekker torring.” – René van Zyl (Foto: verskaf)

René, baie geluk met jou jongste boek, Die Alfadokument. Hoe sou jy die spanningsverhaal opsom in jou eie woorde en van waar die titel?

Die Alfadokument is ’n nuwe genre in die Afrikaanse mark: Dit is ’n samesweringsroman, basies ’n verhaal waarin daar heelwat geheime agendas en versteekte motiewe is, waar iemand, in hierdie geval, Michaela Cohen en Josh Young, probeer om die geheime te ontrafel sodat die ware kleure van die onderduimse groep openbaar gemaak word.

Die verhaal handel oor Michaela Cohen (’n twintigjarige, loskop sosiale vlinder) wat na haar pa se skynbare selfmoord die internasionale Orde erf wat hy begin het. Die Nikolaïete Orde is ’n suksesvolle en skatryk Christen-organisasie, maar Michaela besef daar is groot fout toe sy sommer op bladsy een van die boek in die tronk beland omdat sy onwetend dwelms na Thailand toe gesmokkel het.

Sy kom gou agter dat die dwelms aan haar geplant is deur die Groot Ses, die oorblywende direkteure wat van haar ontslae wil raak. Hulle wil self in beheer bly van hulle miljoene.

..........

“’n Mens moet altyd alles bevraagteken en jou verstand gebruik. Selfs in jou eie geloof. Ondersoek alles en behou die goeie!”

..........

Die magtige Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, se direkteure stuit vir niks om te sorg dat hulle koninkryk veilig in hul hande bly nie – ook nie vir moord nie.

Dit gaan ’n ekstaakmaglid kos om die rykmansdogter te help om die Orde se geheime oop te vlek. Josh Young het sy eie redes waarom hy die onaantasbare maatskappy se onderduimshede wil ontmasker. Saam moet hulle die Orde se geheime Alfadokument opspoor. Dis hulle enigste kans om te wys watse onheilighede werklik agter die sukses van die Groot Ses skuil.

Die soektog neem hulle op ’n gevaarlike ekspedisie regoor Europa met twee moordenaars kort op hul hakke. Min weet hulle hoeveel bose geheime hulle gaan ontmasker.

Geloof en mag sorg dus vir ’n dodelike kat-en-muis-speletjie ... Beide Michaela en Josh sit met groot geraamtes in die kas en dit dra by tot die spanning en wantroue wat ook tussen hulle heers.

Een van die Orde se werktuigkundiges in Kaapstad, die paranoïese Krisjan Coetzee, beland sonder dat hy wou saam met hulle in die malle jaagtog en hy blyk toe tog van groot hulp te wees. Hy is by verre my gunstelingkarakter.  

Die titel van die boek is afgelei van die vermiste Alfadokument, die ontstaansdokument van die organisasie wat die Orde se boosheid en al sy geheime gaan ontmasker. Dit het vermis geraak en die een wat dit eerste opspoor, het die hef in die hand ... ensovoorts!

Godsdiens kan ’n baie sensitiewe tema wees. Het jy enige terughoudendheid ervaar om die tema aan te pak?

Nee, as die vrou van ’n oopkop predikant (’n verligte een boonop, met ses grade agter sy naam – dus is hy meneer Google self) het ek sowaar al alles gesien en gehoor wat met geloof, sektes en misleiding in die godsdiensarena te doen het. Ek is ook baie geïnteresseerd in boeke en rolprente met dieselfde temas, veral waar onderduimse sektes ontmasker word (in fiksie en in die werklikheid).

Sommige mense kan soos skape gelei word om ’n charismatiese leier of ’n ideologie te glo wat teen die meeste mense se gesonde intellek indruis. Dit fassineer my. Ek het met Die Alfadokument ’n fiktiewe geloofstelsel versin met vreemde reëls en regulasies en ’n wêreldwye gevolg geskep, maar tog kan dit sin maak vir sommige mense, op ’n vreemde manier.

..........

“Uiteindelik het ek ’n te lang boek geskryf en nadat dit aanvaar was, moes ek dit drasties verkort om verskeie redes, maar dit was die beste ding wat met die boek kon gebeur het. Ek het so baie geleer in die proses.”

..........

En daar is regoor die wêreld mense wat vreemder sektes aanhang. Ek glo mense moet ingelig word van hoe maklik enige mens op ’n dwaalspoor gelei kan word. ’n Mens moet altyd alles bevraagteken en jou verstand gebruik. Selfs in jou eie geloof. Ondersoek alles en behou die goeie!

Ek is boonop ’n oudjoernalis en my motto bly steeds: Lig in, voed op, en vermaak. Ek glo ek dat ek inspireer. Dis belangrik.

Ek kan bysê dat ek jare gelede met die skryf van my eerste boek, Wee Monk’s Tale, the secret of immortality, alreeds in die geskiedenis van die Christengeloof gediep het.

Die boek speel af in die Middeleeue in Skotland en Ierland, waar daar vreeslike bygelowe en vrese oor godsdiens bestaan het. Ek glo ek het die leser hier reeds aan konsepte blootgestel waarvan min gewone mense geweet het, soos dat Vikings en Druïdes, na alles tog ver-Christen het as gevolg van gewone Christene se deursettingsvermoë en vreesloosheid.

Ek wil graag mense inlig en opvoed om hulle eie geloofspad beter te verstaan, asook dié van ander. Of dalk net om hulle verder te laat dink oor die saak!  

Hoeveel navorsing het die boek geverg? Hoeveel van die werklikheid vind neerslag in die boek?

Ek het die boek in 2012 begin skryf. Die navorsing was nogal ’n groot deel van die hele proses. Ek het ’n paar idees gehad wat ek uit koerantberigte of tydskrifartikels gekry het en wat in my kop rondgedraai het.

Uiteindelik het al die idees bymekaargekom en ’n dinamiese storie van sy eie ontwikkel. Dit was ingewikkeld en uitdagend om te skryf, aangesien ek boonop nog drie tieners in die huis gehad het, van wie een ernstig breingestremd is.

Daarby was ons besig om ’n skool vir breingestremdes te ontwikkel, en ’n onafhanklike kerk te bedryf, en dit alles het sy pond vleis geëis. Soms kon ek vir weke nie aan die boek vat nie, net om weer van voor af myself te vergewis van waar staan ek en wat gaan nou weer aan in die storie. Dit was ’n enorme proses om al die balle in die lug te hou.

Uiteindelik het ek ’n te lang boek geskryf en nadat dit aanvaar was, moes ek dit drasties verkort om verskeie redes, maar dit was die beste ding wat met die boek kon gebeur het. Ek het so baie geleer in die proses. Dit was ’n reusagtige werk op sigself, want daar is soveel geheime en misverstande en karakters en lesers wat in die duister gehou moet word. Naderhand weet jy self nie meer wie mag wat weet nie en wanneer vind wie wat uit! Ek moes kophou soos ’n dronk weeluis.

Werklikheid? Alles was, is en bly uiteindelik bloot fiksie, behalwe in my kop – daar is alles realiteit. Ek verlang na my karakters (my verbeeldingsvriende) en daarom is ek reeds besig met die opvolgboek.

Hoe verhoed jy dat die navorsing nie jou storie oorweldig nie?

O, dis moeilik vir my opgeklitste regterbrein. Wanneer ek van die inligting google, raak en so geïnteresseerd in die verskillende feite en stories dat ek myself moet dwing om na my eie verhaal terug te keer.

Ek dink egter dat my verbeelding en die navorsing ’n goeie span vorm en my op die regte koers hou. Dis die lekker van skryf. Jy kan jou eie wêreld skep. En sonder sterk koffie regdeur die dag is niks hiervan moontlik nie!  

Speel die verwagtinge van lesers ooit ’n rol in jou skryfwerk?

Ja, beslis. Ek dink ek skryf in die eerste plek vir myself, want ek sukkel dikwels om boeke te kry wat my verbeelding en anderster leesbehoeftes werklik aangryp. Ek glo ook dat daar mense soos ek is wat iets anders soek as die meer bekende misdaadroman, en daarom skryf ek. Dus om my eie nuuskierigheid te bevredig en dié van die leser wat soos ek is. In die proses hoop ek om lesers iets te gee wat nie andersins in Afrikaans beskikbaar is nie en om hulle belangstellingsveld te verbreed.

Die Alfadokument is jou eerste spanningsverhaal. Wat is volgende? Is jy besig met ’n opvolgverhaal? Wil jy as skrywer in hierdie genre groei?

Ja, ek is besig met die opvolg en geniet die navorsing nou al klaar te veel, want daar is soveel interessante stories, gelowe en misterieuse organisasies in die wêreld.

Ek het al ’n lekker stuk geskryf, maar ek weet daar lê nog baie werk voor voordat ek tevrede gaan wees. Aan die einde van Die Alfadokument is ’n los draad of twee waaraan ek nou lekker torring.

René van Zyl

Hierdie genre was eintlik die eerste een waarmee ek in Afrikaans begin het na my genoemde Engelse jeugboek, Wee Monk’s Tale, wat ’n stukkie van die Bybelgeskiedenis in die Middeleeue weergee tesame met ’n spul onheilige Vikings, Druïdes en drie dapper tieners wat met ’n Altaarbybel moet vlug.

Ek wou iets anders in Afrikaans uitgee en al was dit ’n risiko, is ek bly ek het deurgedruk. Al die harde werk was die moeite werd. Ek moet bysê dat ek Desember 2019 die hele maand gerus het.

Die Alfadokument het veral hier na die einde se kant toe, net voor die drukproses in Oktober, met al die proeflees en veranderinge wat steeds moes sin maak, sy tol geëis. My brein was opgebruik. Nou is ek reg om voluit aan die opvolg te werk.

Net toe my karakters dink hulle leef nou “happily ever after” ... toe spring daar ’n ding uit die bos uit ...

Na watter items sien jy uit by vanjaar se Woordfees?

Ek verstaan die fees is 21 jaar oud? Dit is al klaar iets om na uit te sien, want dit gaan dus besonders wees hierdie jaar. En die tema, Die liefde is aanhou beweeg en geraas maak, is een van my gunstelingaanhalings in die Afrikaanse letterkunde (van skooldae af).

Ek gebruik daardie sinnetjie dikwels in my boeke en in my woelige alledaagse lewe. Ek was nog nooit so gelukkig om ’n Woordfees by te woon nie, dus is ek opgewonde oor net mooi alles. Ek gaan my gate uit geniet en al die pad beweeg en geraas maak!

Ek sien vreeslik uit na my boekpraatjie op 6 Maart om 15:30 saam met Anel Heydenrych en Lize Spit in die boektent. Die befaamde Jono Amid gaan ons bombardeer met vrae en ek is mal oor hom. Hy het ’n besonderse insig in die skrywer se brein en hy is skerp soos ’n skeermeslemmetjie! Dit is vir my ’n groot voorreg om genooi te wees en ek hoop om sommer baie skrywers te leer ken.

The post <i>Die Alfadokument</i>: ’n onderhoud met René van Zyl appeared first on LitNet.

Onderhoud met Ronelda S Kamfer oor Wit isse colour

$
0
0

Remona Voges het met Ronelda S Kamfer oor die toneelstuk Wit isse colour wat by vanjaar se Toyota US Woordfees vertoon, gesels. Ronelda en Nathan Trantaal het die teks geskryf. 

Ronelda Kamfer (foto: verskaf)

Ronelda, jy en Nathan is beide digters. Hoe maak mens die sprong van digkuns na drama?

Ons is skrywers – dit is ’n baie natuurlike proses. Jy skryf iets, nie noodwendig vir een spesifieke vorm nie.

Watter vorm of struktuur neem die drama aan?

Jy sal moet kom kyk. Daar is ’n stel met twee akteurs, Ashwin Arendse en Tayme Philander. Hulle stel twee karakters voor, en die storie wentel rondom hulle twee se perspectives, oor hulself, hul gemeenskap en hul toekoms. Dit is hoekom ons vir Ashwin en Tayme het – die produksie maak staat op goeie akteurs wat met baie min die storie dra. Die teks is ook geskryf met hulle individual personalities in gedagte, sodat die karakters regtig hul eie word.

Ashwin Arendse (foto: kknk.co.za)

Hoekom is wit nou ’n colour? Wat het sedert die verskyning van Wit issie ’n colour nie verander?

Eerstens, ek dink te veel mense interpreteer daai titel te letterlik. Gaan lees gerus die storie, die lines is “Wit issie ’n colour nie, is ’n religion. Soes religions die wêreld oo wôd it vi jou gevoer…” Ras is ’n social construct, so ons moet probeer om dinge van meer as een perspective te kyk. Al is jy ook hoe krities van social injustices moet jy kyk na hoe jy self conditioned is en hoe jy glo en wat jy in glo.

 

Watter temas kom na vore in die dramateks?

Daar is karakters wat in die gedigte bestaan wat van naby ondersoek word en Bishop Lavis is in die agtergrond.

Is die drama in Kaaps geskryf?

Dit is irrelevant.

Is die temas in die drama temas wat ook in albei van julle se digbundels ondersoek word of ’n soort extension daarvan?

Ja , soos ek reeds genoem het, is karakters uit die gedigte wat meer nader ondersoek word.

Hoe is dit vir jou en Nathan om as ’n paartjie so na aan mekaar te werk?  

Is baie nice.

Ronelda se man, Nathan Trantaal (foto: verskaf)

Wat is die grootste uitdagings daarvan?

Dieselfde deadlines te het is terrible.

En die lekkerste deel van saamwerk?

Dieselfde deadlines te het en ná dit te kan films kyk.

Is julle vanjaar by enige ander Woordfees-produksies betrokke? Indien wel, kan jy asseblief meer daaroor vertel?

My gedigte word gebruik vir Krummelpap, afval en sunlightseep baddens deur die Garage-dans-ensemble, Alfred Hinkel en John Linden.

Na watter shows by die Woordfees sien jy uit?

Krummelpap, afval en sunlightseep baddens deur die Garage-dans-ensemble, Alfred Hinkel en John Linden.

 

Kom kyk by die Toyota US Woordfees na
"Wit isse colour": 12-14 Maart by die Adam Small  Laboratorium.

 


Met: Ashwin Arendse en Tayme Philander 
Teks: Ronelda S Kamfer en Nathan Trantraal 
Regie: Jaso Jacobs 
Vervaardigers: Jason Jacobs en Ashwin Arendse

The post Onderhoud met Ronelda S Kamfer oor <em>Wit isse colour</em> appeared first on LitNet.

'n Onderhoud met Danie du Toit van Spoegwolf

$
0
0
“Ek's mal oor ’n verhoog. Dis vir my rêrig 'n baie lekker ding. Dit was nog altyd my droom. En dis so cool om dit te kan doen.”

Danie du Toit (foto: verskaf)

En nou, nadat sy band, Spoegwolf, al vier vollengte-albums en ’n paar kortspelers uitgegee het, stel voorsanger en liedjieskrywer Danie du Toit ’n digbundel, Warmer voor die tuimeldroër, vry. Ek het met hom gaan gesels die middag voor die boek se bekendstelling by die Atterbury-teater in Pretoria.

Enigiemand wat al ’n Spoegwolf-optrede gesien het, weet dat Danie uiters gemaklik op die verhoog is, maar ek wonder of hy buite die kalklig ook so gemaklik is.

Danie sê hy het genoeg vriende gehad op skool, maar tog het hy dikwels eerder in die saal gaan sit as om net te sosialiseer. “Ek't moerse high anxiety. In pousetyd het ek gaan wegkruip in die skoolsaal, vir meeste van my skoolloopbaan.

“Daar is 'n groot vleuelklavier, en ek het daar klavier gespeel. So ek het vir vyf jaar lank elke dag eerste en tweede pouse alleen klavier gespeel in die saal.”

Dis dalk maklik om te raai dat hy grootgeword het in ’n huis met ’n klavier en kitare. En ten spyte daarvan dat niemand in sy familie note kan lees nie, kan “enige iemand enige instrument wat enige iemand aan kan dink, speel. Punt.”

“En as enige iemand anders dit kan speel, kan my oupa dit speel.”

Danie se verhouding met musiek laat mens ook outomaties wonder of dit dan vreemd was om ’n projek aan te pak waar woorde sonder melodieë voorgelê word.

“Dis ’n ongelooflike voorreg,” sê hy. “Op skool skryf jy ’n gedig en as jy lucky is dan lees jou pel dit. Dan voel jy nou moer cool as hy sê dis nice. Nou kan jy ’n kamer kry met 400 mense om te luister daarna; dis net ’n privilege.”

Hy vergelyk dit ook met verkope – lesse wat hy al onder meer in die restaurantbedryf geleer het as mede-eienaar van Drum in Stellenbosch – omdat die mees waardevolle deel van ’n verkoopsituasie potensiaal is.

“As jy as kind ’n potloodskets gemaak het, het dit vir jou baie cooler gelyk voor die tyd. En as jy dit dan inkleur, lyk dit nie meer so cool nie. Want toe dit net ’n potloodskets was, was daar potential.”

“Dis hoekom ek so mal  is oor gedigte, boeke, en stories. Want al daai goed wat jy gewoonlik moet invul vir iemand in ’n movie of ’n song, vul hulle self in.”

“Hoe minder jy neersit, hoe meer create mense self.”

Maar een metafoor is nie vir Danie genoeg nie – gedigte is ook mos soos close-up magic: “As jy iets laat wegraak uit ’n persoon se hand uit, en dit half in daai persoon se midde gebeur. Dieselfde met musiek – as dit bínne daai mens kan beweeg, is dit cooler.”

Maar hy meen die vergelyking tussen kunsvorme is op sy nouste met gedigte, waar die prentjie in die leser se kop geskep word en hy of sy self in die verbeeldingswêreld gaan leef.

Die ander wêrelde waarin Danie leef, is as nagraadse geskiedenisstudent, restaurantbestuurder, en musikant in Spoegwolf, maar hy laat hom nie daardeur definieer nie.

“My primêre job is ek is die oudste broer van drie broers en 'n suster, ek is die boyfriend van 'n great meisie, vriend van ’n paar mense. En om daai job te kan doen, doen ek klomp goeters.”

Spoegwolf is ook nog volstoom aan die gang. Hulle volgende album, See, het 14 Februarie uitgekom, maar daar is ’n onvermybare skakeling tussen band en boek.

Spoegwolf is my band, is my vriende, is my broers. En dit is 'n projek wat ek met hulle tot die einde van tyd gaan doen. En Spoegwolf songs is my contribution tot daai band. En baie van daai songs was eers gedigformaat, en ek het van hulle in die bundel gesit.

Die bundel se titel, Warmer voor die tuimeldroër, impliseer ’n gevoel van intimiteit en gemaklike warmte.

“Om eerlik te wees, ek het nog steeds nie by die betekenis uitgekom nie,” verduidelik Danie. “Die titel het eerste gekom, en ek't gehoop ek gaan uitfigure wat dit beteken. Hierdie bundel is amper 'n failed attempt. Ek hoop mense gaan warmer voel. Dit sal 'n baie nice ding wees om te hoor na die tyd. Dis nie iets wat ek verwag nie, maar dis iets wat ek hoop.”

Maar hoewel Danie homself nie as ’n digter sien nie (“Hierdie is nie gedigte nie; hierdie is ramblings ... Ons wag nog vir die volgende digter”), kan hy nie anders as om, op die middag voor sy bundelbekendstelling, nostalgies terug te dink aan daai pouses in die skoolsaal nie.

Netnou toe ek rehearse toe onthou ek daai weer. Toe onthou ek hoe ek daar gesit het. Al die goedjies wat ek daar geoefen het. En dis crazy dat ek dit nou actually kan doen, en mense kyk daarna. Dis mal; ek kan dit eintlik nie handle nie.

The post 'n Onderhoud met Danie du Toit van Spoegwolf appeared first on LitNet.

Of Motherhood and Melancholia: a bilingual interview with Lou-Marié Kruger

$
0
0

Lou-Marié Kruger’s photo is provided by the author

Of Motherhood and Melancholia – Notebook of a Psycho-ethnographer
Lou-Marié Kruger
Publisher: University of Kwazulu-Natal Press
ISBN: 9781869144340

Naomi Meyer vra vir Lou-Marié Kruger oor haar boek wat min of meer ’n lewensroeping is. | Lou-Marié Kruger talks to Naomi Meyer about Lou-Marié’s book Of Motherhood and Melancholia.

Lou-Marié, jy het ’n boek geskryf met die titel Of Motherhood and Melancholia. Dis ’n akademiese soort beskouing, maar dis ook persoonlik. Begin asseblief voor – vertel vir ons lesers van jou navorsing rondom stadige geweld, wat jy gedoen het om inligting in te samel (as dit die regte bewoording is) en wat jy ontdek het.

Perhaps the title is a bit of a misnomer. The book started out as a purely academic book about motherhood. The first title was Marginal maternities and the first version was a very traditional academic book with subsections on pregnancy, birth and motherhood. It was based on a very conventional qualitative research project with interviews conducted by my students with mothers in different stages of motherhood. As I started analysing the interviews and writing up the material I felt that I was losing not only the women, but also myself. I then started doing clinical work in the Dwarsrivier Valley in order to get more of a feel for the place and the people. The final product is based on hundreds of interviews conducted by my students and me, years of ethnographic observations (basically hanging around in the Valley and somewhat voyeuristically keeping a notebook) and countless clinical encounters (groups and individuals).

The different kinds of encounters did bring me closer to people, but being closer to people, seeing more and understanding more made writing more difficult. Although I continued to write academic articles, I felt clear that I was missing something.

I stumbled on how I wanted to write when I wrote an e-mail to a close friend about the hungry Wilmien Wilders who had left me devastated, helpless and ashamed of my profession (chapter on labour).

My wise friend replied with one sentence: “’n Koek, ’n kooi, ’n klong en ’n dweil. Ek stort ook ’n paar trane.”

I realised that that was actually what I wanted to write about – the very human endeavours of eating, sleeping, family and work – everything that renders people vulnerable.

I came to understand that I am not simply writing about motherhood. I am writing about poverty, the psychological experience of poverty and psychological responses to poverty, my own included.

So I started out writing about motherhood, but ended up writing more generally about simply being human. It is also ironic that I wanted to write about caring, but ended up focusing quite a bit on violence and being violated.

I also became clear that I wanted to write it in a way that people can “get it”. In the words of Rob Nixon, I wanted to write “to make the unapparent appear, rendering it tangible by humanizing drawn out calamities inaccessible to the human senses”.

Die temas en onderafdelings van jou boek is wel baie universeel, is dit nie? Iets wat alle moeders, of almal wat moeders het op aarde, ervaar. Liefde, honger, angs (distress), dood. Hoe het jy op hierdie indelings besluit? 

The chapter headings (home, birth, love, labour, hunger, distress, death) are based on developmental economist Amartya Sen’s beautiful quote (in his foreword to Paul Farmer’s incredible book Pathologies of power):

[I]t may be difficult for us to imagine how restricted a life so many of our fellow human beings lead, what little living they manage to do. There is, of course, the wonder of birth (impossible to recollect), some mother’s milk (sometimes not), the affection of relatives (often thoroughly disrupted), perhaps some schooling (mostly not), a bit of play (amid pestilence and panic), and then things end (without a rumble). The world goes on as if nothing much has happened.

Interesting how an economist can so poignantly write about the psychological pain of poverty. And also interesting, these are the issues that people struggle with psychologically in all contexts.

Hoe het die proses van die skryf van hierdie boek gewerk? Hoe lank was jy daarmee besig en wat het dit alles behels?

The first book file that was opened is called Book Bellagio, I started writing the book when I had a Rockefeller residency in Bellagio in 2004. The second file was called Book Ciusdiono 2006, and so it went … (The irony of where I was trying to write does not escape me.)

I found it an incredibly difficult writing project, not only because of the material itself, but also because of my positionality as a white woman researcher and clinician in South Africa. At times I stopped writing the book for years – I felt too paralysed. (The first chapter of the book is an account of this process.) Then I had to convince myself that paralysis is a bad excuse for not getting involved, not engaging, not participating in important conversations. So I kept going. You are in trouble anyway, a friend said.

I still feel ambivalent about the book and about what its place and function is, whether it has a place or a function. Even though I have tried to be as self-aware and vigilant as possible, I am sure the book is still full of all kinds of problematic assumptions and unconscious prejudices and fears and fantasies.

#metoo. Jy het nie die boek alleen geskryf nie. Jy het onder andere neergeskryf aan die narratiewe verhale van vroue wat met jou gepraat het. Het sommige van hulle jou boek gelees? Wat was hulle terugvoer – is dit swaar, is dit bevryding, is dit melancholie?

Almost all people appreciate being heard and being seen, being paid attention to. Recognition and attentiveness are the basis of the success of a therapeutic relationship and of all relationships. I do think the women in the moment felt validated when telling their stories – they also said as much – but there are, of course, ambivalences that were not expressed.

I do hope that I can take my book back to the Valley and engage with the community about it. The response to the book is part of the process of the book – the book will always be in process.

We are starting a project this year where we will quite systematically go back to participants in the original studies, to hear how they are doing, but also to engage with them about what we have done with their stories.

We have started a small mental health clinic in the Valley called the Banghoek Care Centre. This is one small, but more indirect way of taking the work back there.

Jy skryf daaroor om ’n wit skrywer te wees, want agentskap beïnvloed nou alles. As ek dus sê ’n tema soos honger is universeel, verstaan ek dit dalk anders as iemand wat nie uit my omstandighede kom nie. Hoe het dit jou werkswyse beïnvloed?

I think the chapter on hunger is the most important chapter in the book.

The Afrikaans word honger, hunger, evokes powerful reactions in people. When we think of hunger we can see an open mouth, lips, teeth, tongue. A naked bony body with bones, an anorexic girl, kwashiorkor, an obese man.

American anthropologist Michael Jackson says, “You must remember that sometimes bread is just bread ... But hunger is also a metaphor.”

We associate hunger with discomfort, pain and distress (caused by lack of food or nurturance or love), but always, implicit in hunger is also desire (the desire to eat, to be loved, to be nurtured).

As such, hunger is always present in the work of a psychologist. Hunger is pertinent in a world of want and a world of excess. Sometimes it manifests as greed.

Hoe verskil niefiksieskryf van fiksieskryf? Want hoe kan ek weet hoe dit moet wees om ’n man te wees, soveel soos ek kan sukkel om te weet hoe dit moet wees om swart te wees? En die oomblik as mens iets neerskryf wat niefiksie was, word dit nie dadelik fiksie nie? Of oorvereenvoudig ek nou?

I think one always lies a little and one never fabricates anything completely. I think there is more non-fiction in fiction and fiction in non-fiction than we would like to admit. The line is fine.

I am not making excuses for bad research. I have not made up one thing presented as fact in this book, but I have selected certain facts, I have arranged them in a certain way, and I interpret them in how I present them and how I juxtapose them with other facts and theory.

I like Rob Nixon’s term “creative non-fiction”.

Jy skryf oor mense se woonplekke en hul aardse omgewings. Wat het jy gesien, was dit veilig, en kon jy dit neerskryf?

South African psychologist Sally Swartz writes how the concept of “home” is linked “to family, safety, enclosure and the co-operative use of available sources. In contrast is foreignness, unbounded space, the insertion of otherness and competition for resources”.

It was hard for me to be confronted with the fact that home is often experienced as a place of disconnection, unsafety, lack of boundaries, intrusion, competition, attack, violence. For instance, one of the girls in a therapy group wrote:

Dear Diary. There are problems at home. At the moment we are staying in the plakkerskamp (shanty town). My mother and my auntie had a fight and my aunt accused my mother that she tik (was on methamphetamine). I was very sad. We first lived with my auntie, then she put us out in the middle of the night and it was raining and we had to go and sleep with my mother’s friend in the plakkerskamp. We each now sleep on a thin single mattress. Me, my mother, my brother, my sister. It is very cold and it feels very sad to me. Why should some children suffer while most children have good lives getting everything that they want? Life sometimes is not fair.

However, then I am also acutely aware of how many children, women and men don’t feel at home and safe in their homes, even if they don’t live in a shack.

Veiligheid lyk dalk verskillend vir verskillende mense – domestic violence ook. Kan jy vertel watter soorte geweld jy teëgekom het?

Violence is everywhere. It seems like a kind of language. Men are violent, women are violent, children are violent.

It feels incredibly important that we focus on the emotions that lie at the root of violence, the emotions of shame, anger and rage. If we want to address violence we have to think how people have been and are routinely shamed in this country (their dignity taken away) and what they legitimately are angry about. We have to address the larger structural problems (slow violence) if we want to get rid of the violence of individuals.

Moederskap is dikwels iets wat mense romantiseer en verheerlik. Iets sag en wollerigs en snoesigs. Maar dis glad nie waaroor jou boek se moederskap handel nie. Brei asseblief uit op die titel. (Natuurlik gee die subtitel, “Notebook of a psycho-ethnographer”, ’n leidraad.)

Motherhood can, of course, facilitate women’s connection to their softer, more caring and more nurturing sides. Motherhood, however, is not simply blissful. For me as a psychologist working with women it is problematic that motherhood is so often romanticised and idealised. It means that women who can’t live up to the ideal and feel more ambivalent about motherhood experience distress and often anger.

Working with women in all contexts I am struck by how immensely difficult it is to be a carer. I am very aware of the stress of caring and how it impacts on individuals. (This is also true of fathers, teachers, nurses, doctors, social workers, policemen.)

Motherhood can actually bring out the worst in women too: Their caring can become intrusive, destructive and dangerous. Depictions of the violent side of caring and loving, of mothering, are old and everywhere. Euripedes tells the story of the murderous Medea, who kills her children in cold blood; he calls her “woman of stone, ironheart”. Fairy tales are filled with mothers who are envious and become cruel and unkind – think Snow White and Cinderella. The American feminist poet Adrienne Rich talks about “the invisible violence of the institution of motherhood”. In her 1999 book Mother instinct Sarah Blaffer Hrdy writes about the myth of the natural mother instinct and discusses the cruel side of motherhood, also in nature. In her poem “Hoe en waarmee oorleef mens dit” Antjie Krog powerfully articulates the impact that motherhood can have on women:

die kinders rand my aan met hulle luidrugtigheid
selfsugtigheid
astrantheid
vernielsugtigheid
hulle vrese komplekse onsekerhede dreigemente node
kap my “beeld as moeder” steaksag op die plankvloer ...
          ek is dikbek soos ’n meelsak ...
deel slae uit halfhartig teen die kabaal.

Much has been written about depressed mothers; much less has been written about how angry and even enraged some mothers and other caretakers are. To deny women’s anger is to deny their agency.

Ronelda Kamfer writes about the power of a mother’s anger in her superb recent collection of poems, Chinatown:

ek exchange my ma se as vir gunpowder
vir die next generation
sodat hulle armed kan wees
julle gaan ons nie weer in ons rugte skiet
terwyl ons in vrees hardloop nie.

I hope my book also highlights how angry women are and how we should pay attention to the anger.

Jou boek is natuurlik nie ’n handleiding vir moeders nie. Of dalk is dit, maar dit hang af van hoe mens so iets bedoel. Vir wie het jy die boek geskryf?

I actually have an issue with motherhood manuals. Women are bombarded with prescriptions and instructions as to how to mother, causing great anxiety to women if they cannot adhere to the rulebooks. These prescriptions of motherhood come from the medical/psychological establishment (psychologists are particularly guilty here), but ironically, often also from women themselves.

I hope my book is read as an acknowledgement of the complexity of motherhood in all contexts, but especially in the context of poverty. Every woman has to figure out how to mother in a way that makes sense for her personally, but also in a way that takes into account the reality of her situation. Motherhood is at once an intensely personal experience, but also profoundly political, I hope the women’s stories will show that.

Ek het die boek geskryf vir almal wat in versorgingsrolle is en was en sal wees. Ek het die boek geskryf vir hulle wat verantwoordelik is vir die versorgers in die land. Dit is ons almal.

Hoekom dink jy is dit vir baie wit mense so moeilik om te lees oor plakkerskampe of oor ander omstandighede as dié waarin hulle hul bevind. Praat met my oor “white fragility”.

Ek dink mense ervaar dikwels ander mense se gevoelens as ’n beskuldiging of ’n aantyging. If someone is suffering or has a need that is not fulfilled I am implicated. And then I either withdraw or break down.

It reminds me of Ronelda Kamfer’s poem “laat die wit meisies huil” in Chinatown:

          die purity van die wêreld is in
          die secret formula van
          witmeisietrane
          my trane is swaar en besoedel
          wit meisies huil as
          hulle tette te klein is.

American sociologist DiAngelo coined the term “white fragility” to describe the disbelieving defensiveness that white people exhibit when their ideas about race and racism are challenged – and particularly when they feel implicated in white supremacy. She found that white people seemed offended when racism was brought up, as if the mention of racism were more offensive than the fact or practice of racism.

The same goes for talk about poverty and inequality. Privileged people, me included, often feel implicated and accused when confronted with poverty. I can violently withdraw or break down in guilty tears and thus end the conversation.

Every chapter in my book starts with me entering the Valley; every chapter ends with me leaving in some way or another. Disbelieving defensiveness indeed.

In die hoofstuk oor swangerskap lees mens oor mense se verbasing dat hul swanger was, oor hoe sekere mense ingelig is rondom seksueel-aktief-wees en swangerskap en ander nie. Hoe staan sake in hierdie land? Hoe durf ek, as wit mens, sekere opmerkings maak soos dat meer inligting nodig is, sonder dat ek klink of ek vanuit ’n soort ivoortoring praat? Tog: elke kind het ’n lewe en ’n mens wil hê daardie lewe moet iets sinvols wees. Ek lees van baie armoede in jou boek. Hoe laat dit alles jou voel; wat dink jy oor wat ek hier geskryf het?

Die wit ivoortoring van beterweterigheid en moralistiese vermaninge – ons is al almal self skuldig daaraan.

Laat ek een van die vrouens self laat praat – Anna, ’n huishulp, oor haar werkgewer se reaksie op haar (Anna se) beplande swangerskap:

Then she found out that I was pregnant, then she asked but how can I think about falling pregnant again, because my first girl child mos got meningitis and she was left with a hearing problem because of it, the second one had cancer at one and a half years. Now how can I think of falling pregnant again? I felt, see, ons bruinmense, we don’t interfere in them white people's lives, now why must she always, she is always busy with me, she cannot think, how you can, how, you can, you can’t provide for the one and then you fall pregnant again. I say our school fees aren’t as expensive as their school fees and look, as long as we don’t lie in front of their doors for a piece of bread and so not for food or so and if I feel if I want to make another boy and that, then it is mos, I’m mos the one who’s going to struggle and not her. Struggle you just have to, if you plead for something from the Lord, then you must just believe, but our faiths aren’t the same. I survived … Yes, to think that she tells me how I can fall pregnant, she has two girl children and they were also eager for a little boy, got a little boy, but now she is pregnant again with the fourth one after preaching to me.

Anna is clear on why she wanted another child: Already having two girls of ten years and six years, she not only wants a boy, but also wants a small child to “cuddle”:

I think if your children’s growing-up years and the best for you is just to, while they are still small and you can cuddle them and they do just as you want them to do, but when they are now this stage then they don’t want to listen anymore.

She experiences her employer as intrusive and inconsistent. Implicit is also her awareness of how she as a coloured worker will not “interfere” with a white person’s life, thus suggesting that she is frustrated by the arrogance (the critical opinionatedness) that is associated with power.

Skuldgevoelens en afhanklikheid om erkenning te kry – dis universele dinge, of hoe? Ongeag jou sosio-ekonomiese omstandighede? Wil jy iets daaroor skryf?

American psychiatrist James Gilligan, who worked with violent criminals for decades, is convinced that the most powerful way to provoke anyone into committing violence is by shaming him. Think Cain and Abel, the Trojan War, the Second World War and the Weimar. Violent interactions always start with someone or something being shamed. Also, Gilligan says, people resort to violence when they feel that they can wipe out shame only by shaming those who they feel have shamed them.

I certainly also see this with all the violent men and women I have encountered, regardless of the socio-economic circumstances. People are psychologically killed (their humanity is taken away) if they are being treated with contempt or disrespect, as though they are unimportant or insignificant, if they are not recognised as human beings.

In a country like South Africa people are not only shamed in their families, they are also shamed in more systematic ways – by racism, by poverty, by patriarchal institutions. We should not be surprised at the levels of violence, given the lack of respect and recognition our institutions have for people.

But they are also shamed in the context of their families, in the most intimate of relationships. People often have their first experience of being shamed in their families of origin, being physically punished by a mother or a father. In the words of Willem Anker in the novel Buys: “Elke man met ’n piel en ’n spies en ’n roer in sy hand het ’n ma” (Every man with a prick and a spear and a gun in his hand has a mother).

Think of the Afrikaans lullaby “Siembamba”. I quote the full song in the book; it is rather revealing:

Siembamba, mamma se kindjie,
siembamba mamma se kindjie,
          draai sy nek om, gooi hom in die sloot,
trap op sy kop dan is hy dood.

Siembamba, ek is ’n baba,
Siembamba, ek is ’n baba
– pas my veilig op in die nood,
sus my liefies op die skoot.

Siembamba, ek is ’n seuntjie,
Siembamba, ek is ’n seuntjie
maar jy sal sien ek is net nou groot;
slaan maar orige kêrels dood.

Siembamba, ek is ’n jonkman,
Siembamba, ek is ’n jonkman
– tel my nou maar af van die skoot;
ek slaan self die kêrels dood.

Siembamba, ek is getroud nou,
Siembamba, ek is getroud nou
– maar sy dink ek is nog op die skoot,
wil nie glo nie ek is groot.

Siembamba, almal babas.
Siembamba, almal babas
– al die mans is danig groot –  
Almal babas tot hul dood.

Kan jy stories uitsonder wat jou totaal bybly, of is dit ’n onregverdige vraag?

Alle stories gaan sit iewers.

Following a group therapy session, thirteen-year-old Chestline writes in her journal. Her handwriting is child-like, she uses no punctuation.

It was the morning my mother went to town and my two big sisters were at home and my dad and I were also at home and they said that I should go outside because they wanted to clean the house and so I went and it was an hour later and I got really hungry and I came back to the house and I go into the house and it was quiet and I called my sisters but they were dead quiet I then went on the stairs and looked for them there …

The handwriting in the journal changes, the letters are now leaning to the right, the writing seems rushed:

… And I then found them but I walked softly then when I got up there my father was busy with my sisters to ryp (rape) them but he did not see me they also did not see me they could also not talk because my dad said they moet hulle monde hou (must keep their traps shut).

The student therapists read the journal entry that evening and call me, distraught. I struggle to sleep that night. We cancel our sessions for the next morning and drive through to see Chestline. Chestline is called out of her maths class, seemingly pleased that we responded to her journal. “Yes,” she says, “I thought that you will want to come and hear.” I ask her where her dad is now, whether she is safe. “Yes,” she says, “he has been in jail for a long time now. That thing happened a long time ago. I was nog small. Not even five.”

“And you have never told anyone?” I ask. “No,” Chestline says, “my dad mos said that we moet ons monde hou (should keep our traps shut).”

We drive back. We are quiet. Glad, on the one hand, that the perpetrator is in jail and that it all happened long ago but also devastated by Chestline with the too big school uniform, the awkward little pony tail and the eyes far too tired for her years, the secret much too big for that small body. What stays with me most, however, is her reply when I asked her how it is going at home now. She says, “No, not so lekker, Juffrou. My mother scolds a lot. She scolds me a lot. And sometimes then I think if my father wasn’t in jail now my mother wouldn’t have scolded so much. Because he wouldn’t have liked it. He liked me very much.” She tears up. “Sometimes I wish net that he was at home again.”

Die storie van Wilmien Wilders in die hoofstuk “Labour” was ’n keerpunt in my proses. Ek het anders begin skryf. ’n Mens kan nie in akademiese taal oor honger skryf nie. Die boek het na daardie joernaalinskrywing anders geword.

Maar ek skrik nog steeds vir hoe mense seerkry op verskillende maniere. As ek ophou skrik daarvan, sal ek moet ophou werk as ’n terapeut.

Wat van mense wat na jou kom met hulle middelklasprobleme. Hoe lyk die menslike kondisie anders vir diegene van die Dwarsriviervallei versus sê maar hoëmiddelklas-Stellenbosch? Of raak ek nou te erg deur buurte op die naam te noem?

Pain is pain. Loss is loss.

The only problem is when there is not an acknowledgement of pain and when other people’s pain is minimised.

Middle-class people can be oblivious of the pain of poverty. Working-class people often can’t escape the pain and the needs of the middle and upper classes; their work involves dealing with it. Hegel writes how the slave’s life is ruled by the master’s needs and desires; her survival depends on knowing those needs and anticipating them. The master, however, can afford to ignore the pain and the needs of the slave.

Hoekom het jy die boek geskryf?

Frans Kafka wrote: “A book must be the axe for the frozen sea within us. That is my belief.”

Ek moes my eie bevrore see besweer.

Hopelik sal die boek ’n paar ander mense raak.

Jy skryf oor mindfulness in terapie - voel jy daar was positiewe ervarings, closure (bestaan daar so iets?). Ek dink ek wil vir jou vra: Hoe oorleef mens moederskap in hierdie land? En ek praat van die hele land, nie net die klein borreltjies waarbinne ons onsself afsonder nie.

Ek sou nie kon aangegaan het met die boek as daar nie ook joy en hoop en ongelooflike resilience was nie. Daar is woede en angs en hartseer, maar daar is ook verskriklike liefde en verwondering – die vrouens praat in poetry as hulle oor hulle kinders praat.

Ek is ook verwonderd dat ten spyte van die verskille en die ongelykhede en onregverdighede, konneksie tog moontlik is. Dit gee my hoop.

Die postscript van die boek eindig met ’n storie, “The girl with the sweaty hands: A feast of brief hopes”. Die storie begin met twee quotes, een van Julian Barnes:

You put together two people who have not been put together before. Sometimes it is like that first attempt to harness a hydrogen balloon to a fire balloon: do you prefer crash and burn, or burn and crash? But sometimes it works, and something new is made, and the world is changed. Then, at some point, sooner or later, for this reason or that, one of them is taken away and what is taken away is greater than the sum of what was there. This may not be mathematically possible; but it is emotionally possible.

En een van Czeslaw Milosz:

So what kind of prophet am I?

Flawed and aware of it. Desiring greatness.        
Able to recognize greatness wherever it is,

I knew what was left for smaller men like me:
a feast of brief hopes.

Dink jy daar is ’n gevolgtrekking, of bestaan daar nie so iets nie? Gaan die narratief voort? Waar het dit begin en hoe ver kan ’n mens sien in die toekoms in? Want tussendeur skep mens net asem, met ’n komma, maar die sin maak nie klaar nie. Of dalk wil jy iets ten slotte sê.

My book has been a work in progress and will always be. As people read it and respond or not respond to it, the process will continue and hopefully result in some interesting conversations or thinking about the slow violence of poverty, inequality, racism, patriarchy.

Strangely, as I was finishing this interview, a friend sent me a poem of Tony Hoagland, one of my favourite poets and a very cynical man – he sadly died last year. The poem ends with the following lines:

          The world is Gorgon
          It presents its thousand ugly heads
          It displays its writhing serpent hair
          Death to look at it directly for too long

          But

Your job is not to conquer it;
not to provide analysis;
not to make a wry remark

Your job is to be kind
Your job is to watch and take notes

Your job is to not be turned into a stone.

The post <em>Of Motherhood and Melancholia</em>: a bilingual interview with Lou-Marié Kruger appeared first on LitNet.

As if born to you: An interview with Susan Newham-Blake

$
0
0

As if born to you
Susan Newham-Blake

Publisher: Penguin Random House
ISBN: 9781485903147

Liné Loff chats to Susan Newham-Blake about her novel As if born to you.

Hi, Susan. As if born to you is your first novel. What was the inspiration for this story, and why did you decide to write a book about it?

I have an adopted daughter who was two when I wrote the book, so I was exploring the many different implications of adoption, but specifically trying to wrap my head around what it might feel like to be adopted, and to be adopted by somebody from a different race in the South African context.

The novel is mostly written from the perspective of a psychologist, Ana. Was writing from her perspective a challenge, or did it come naturally to you?

It came quite naturally to me. I’ve always had a personal interest in psychology and what drives and motivates human relationships. I did, however, do research on certain psychological theories, and also had the manuscript read by a clinical psychologist to check that the character was plausible enough.

The reader is confronted with the very sensitive topic of self-injury. Why does your main character, Zuri, deliberately harm herself, and what effect does this coping mechanism have?

In the book, the character Zuri cuts herself to relieve the tension and pressure of carrying around a terrible secret related to her early beginnings. My understanding is that self-harm happens when someone doesn’t have other coping mechanisms to deal with the feeling of being overwhelmed by negative or painful emotions. The endorphin release after the injury also gives the person a sense of relief. In the book, Zuri is not trying to commit suicide, and certainly doesn’t want to get found out, but is using self-harm to cope with the terrible feelings she’s carrying around with her.

Susan Newham-Blake (Photo: Nardus Engelbrecht)

Do you think it is important for every school to have a counsellor, and, if so, what if a school is not able to afford a counsellor?

Obviously, having a counsellor at every school would be ideal, though it is not always possible. I believe SADAG (South African Depression and Anxiety Group) offers free counselling and has a lot of expertise in the area of teen self-harm, etc, so they would be a good place to call if someone were looking for help with mental health issues. They also have a resource-rich website.

Did you have to do a lot of research while writing the novel? Please tell us about the themes or topics you had to research to make the way you approach them in the novel more credible.

I did an enormous amount of research on adoption, specifically from the adoptee’s perspective. I read books written by adoptees, joined Facebook groups and went to talks given by a number of adult adoptees who’ve shared their stories in South Africa. There was also a bit of research around specific psychological theories to give plausibility to Ana, the clinical psychologist.

Would you like to tell us something about the issues that arise when a parent adopts a child from a different race or culture to their own? How is this portrayed in your novel?

I think there are still many narratives that portray adoption in a very positive light, where the child is somehow saved by the parent, or, in this country, the black child is saved by the white parent. I think adoption is very complex and interlaced with enormous loss for the child – loss of control, loss of biological parents, or, if the adoption is cross-racial, loss of culture and language, for instance. So, I wanted to explore these less spoken about sides of adoption that I believe to be very prevalent and painful for adoptees. It felt important to give Zuri, the adopted character, her own voice in this regard, to highlight some of these struggles.

Were any parts of the novel based on your own life or experiences?

Apart from me having an adopted child, some of Ana’s childhood was drawn from my childhood growing up in Johannesburg in the 1980s.

The post <i>As if born to you</i>: An interview with Susan Newham-Blake appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Adellé von Ronge Kotzé

$
0
0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Adellé von Ronge Kotzé (foto verskaf)

Adellé von Ronge Kotzé vertel vir Naomi Meyer van haar kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word.

Adellé, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

“Snip se boer” handel oor Monique Fourie wat besig is met haar finale jaar in veeartsenykunde by Onderstepoort. Sy word na ’n brahmaanplaas in die Vrystaat genooi vir eerstehandse ondervinding en raak met die intrapslag op die plaasboer se seun Roelf verlief. Maar daar is egter twee probleme op die plaas: Naomi en Lallie wat sake moeilik maak.

Dis ’n wipwarit van emosies vir Monique wat stert tussen die bene terugvlug Gauteng toe, seker daarvan dat die kalwerliefde maar net nog ’n grashalm in die wind was. Maar was dit?

My inspirasie vir die storie was ’n ware verhaal wat ek so ’n bietjie aangepas het.

Wil jy iets vertel oor die skryfproses daarvan? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Die skryfproses was so lekker en maklik. Die karakters het met my gepraat, my laat lag en my bietjie kwaad gemaak ook.

Met die afronding en redigering moes ek teen wil en dank ongelukkig van sekere dele ontslae raak, maar op die ou end was dit tog die moeite werd. Dit was ’n lekker storie om te skryf en my man, Johan, wat nie te lief is vir lees nie (jy weet mos, met die TV saam word alles mos met ’n lepel gevoer), het die storie geproeflees en dit geniet, wat baie vir my beteken het.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon, en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items waarna jy op die program uitsien?

Ek sal graag die fees wou bywoon indien my verlof toegestaan word. Ek sal maar moet insit en kyk wat gebeur, en ja, ek het na die program geloer. Die Eendag-skryfkursus wat aangebied word, klink oulik, en die leefstylaanbieding ook, om nie te praat van die boektent nie. Dis mos nou ’n ding wat ek nie kan weerstaan nie.

The post Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Adellé von Ronge Kotzé appeared first on LitNet.

Danie van Spoegwolf opgewonde oor debuutdigbundel

$
0
0

’n Man van vele talente. Nie net is hy die voorsanger van die groep Spoegwolf nie, maar besit hy ook ’n restaurant in die prentjiemooi Stellenbosch saam met sy broer Moskou du Toit, en is hy besig met sy PhD in Geskiedenis. Nou kan Danie du Toit egter nog iets by die lysie voeg: gepubliseerde digter.

Danie se debuutdigbundel Warmer voor die tuimeldroër word by vanjaar se Toyota US Woordfees bekendgestel en hy vertel meer hieroor.

Danie, vertel asseblief meer oor jou digbundel. Wat kan aanhangers verwag?

Hey Marli! Dankie dat jy vra. Dis groen en ruik soos ’n Harry Potter-boek ruik net nadat jy hom oopgemaak het. Daar was baie woorde wat nou baie minder is. I guess that’s what poems are all about? Of seker nie. Ek weet daar is mense wat oor tiere skryf.

Waar kry jy inspirasie vir jou skryfwerk?

Tiere.

Vanwaar jou liefde vir skryf? Is dit iets wat jy al van kleintyd af doen?

Ek skryf al van graad 1 af. Ek het ’n klomp letters langs mekaar uitgeskryf en die onderwyseres het my daaroor uitgeskel (almal moes dieselfde ding doen, maar ek word uitgeskel). My ma het my getroos en gesê “the true artist protests”.

Ek het seker gedink dat al die uitskel oor my letters se onnetheid beteken dat dit ’n vorm van protes is?

Vanwaar die digbundel se interessante titel, Warmer voor die tuimeldroër?

As kind was dit die enigste warm plek in ons huis. Ek wou aan ’n titel dink wat my warm laat voel.

Wat het jou laat besluit om ’n digbundel te publiseer? Was dit nog altyd iets wat jy graag wou doen?

Ek wou nog altyd skryf vir ’n lewe. Dis mal dat dit nou my werklikheid is. Ek het hierdie droom gehad dat ek in ’n mooi baadjie gaan sit en koffie drink terwyl ek stories uitdink vir geld. Ek het daarvan gedroom dat ek dan in die aande kan kos maak saam met die persoon waarvoor ek die liefste is (Marguerite) en kan wyn drink en van daai stories vir my kinders vertel.

Dis te warm in Stellenbosch om daai baadjie te dra. Maar weet jy wat, Marli? Dis warmer voor die tuimeldroër.

Jy het besluit om die bundel self uit te gee – waarom?

Ek het ’n nuwe maatskappy gestig om klomp sulke dinge te doen. So ek beplan om klomp nuwe digters se werk ook uit te gee en ’n nuwe model te skep vir skrywers waar hulle net so veel geld maak soos die uitgewers. Die bose filosoof Donald Trump het omtrent twintig jaar terug gesê: Jy moet in elk geval dink, so hoekom dink jy nie groot nie? Ek dink hy is ’n wanker. Maar ek hou van daai ding wat hy gesê het.

Ons ken jou natuurlik as deel van die groep Spoegwolf. Watter verskil is daar tussen die skryf van lirieke en die skryf van gedigte?

Eerstens, weer eens jammer oor die Trump-quote. What was I thinking?

Daar is nie ’n groot verskil nie. Ek kry net nie die geleentheid om hierdie gedigte te skree nie.

Danie, behalwe vir Spoegwolf en jou digbundel het jy talle ander dinge wat ook jou aandag verg – jou studies en Drum-restaurant, om net ’n paar te noem. Is dit vir jou belangrik om besig te bly en jou aandag op verskillende dinge te fokus?

Hou gou aan – moet gou ’n belangrike oproep maak ...

Hoe balanseer jy alles wat jy aanpak?

... Sorry. Ek moet leer hoe om te multitask. Banke is boos.

Wat’s die vraag? Mult- 

Wat hou die toekoms vir jou in?

Dit was altyd world domination. En dit is tog die geval met die band. Hiermee – hiermee soek ek net ’n warm Sondag by die huis saam met die mense na aan my hart.

Lees ook

'n Onderhoud met Danie du Toit van Spoegwolf

The post Danie van Spoegwolf opgewonde oor debuutdigbundel appeared first on LitNet.


Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Frederick Botha

$
0
0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Frederick Botha (foto: LitNet)

Frederick Botha vertel vir Naomi Meyer van sy kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word.

Frederick, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

"Kyk hoe kyk hy vir my" handel oor Tryna wat aan die gewilde musiekspeletjieprogram Noot vir Noot deelneem en met onverwerkte trauma vanuit haar kinderverlede gekonfronteer word wanneer Petula Clark se liedjie "Downtown" ’n baie spesifieke herinnering na haar toe terugbring. Die inspirasie vir die verhaal was beslis Johan Stemmet se aankondiging vroeg 2019 dat hy ná 29 jaar as aanbieder van hierdie ikoniese program gaan aftree, asook ’n herlees van Welma Odendaal se treffende kortverhaal "Noot vir noot" (uit Landskap met diere wat in 2009 verskyn het) wat eweneens op tragiese en onthutsende wyse met hierdie gewilde vermaaklikheidsprogam omgaan. Die verhaal is ook geskryf teen die agtergrond van geslagsgeweld wat wêreldwyd (maar onlangs veral in Suid-Afrika), ’n groot kommer is.  

Wil jy iets vertel oor die skryfproses daarvan? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Ek is ’n baie "lui" skrywer in die sin dat ek vir lank met die idee van ’n storie in my kop sal rondloop en dit eers deeglik bedink voor ek oorgaan tot die skryf daarvan. Dit maak die skryfproses vir my redelik vloeiend en minder frustrerend. In hierdie geval het die verhaal se storie by die verhaaltitel begin, en daarvandaan het ek verder die res ontwikkel. Ek het in die verlede al die voorreg gehad om saam met Suzette Kotzé-Myburgh as redigeerder te werk (vir Nuwe Stories 2 en Nuwe Stories 3), en haar kundigheid help altyd om lewe aan my stories te gee. Met hierdie verhaal was die uitdaging veral om die lirieke van "Downtown" op so ’n wyse te gebruik dat dit eerstens nie probleme skep wat kopiereg betref nie, en tweedens dat dit nie die tempo van Tryna se bewussynstroom versteur nie.  

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon, en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items waarna jy op die program uitsien?

Sedert ek in die Kaap bly, woon ek altyd die Woordfees by! Dit bly vir my een van die hoogtepunte in die jaar wat teater en boekbesprekings betref. Vir die toneel wik-en-weeg ek nog hoe erg ek my kredietkaart gaan straf, maar ek is baie opgewonde oor die teaterverwerkings van Dominique Botha se Valsrivier en Helena Gunter se Tweespoor, en sien vreeslik uit na nuwe teaterproduksies soos Kraai, Die sonkamer, Die vermoeienis van vlerke, Bloudruk vir nog ’n beter lewe en All who pass wat tydens die fees debuteer. Uit die skrywersprogram wil ek beslis Bibi Slippers en Loftus Marais se Sewe sondes & sjerrie bywoon, asook Louise Viljoen se gesprek met Nathan Trantraal en Ronelda Kamfer, asook die gesprek met Kleinboer oor sy besluit om nou gedigte te skryf. Verder sal ek kyk wat verder nog in my skedule (en begroting) inpas!

The post Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Frederick Botha appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Johan de Nysschen

$
0
0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Johan de Nysschen (foto: verskaf)

Johan de Nysschen vertel vir Naomi Meyer van sy kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word.

Johan, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

Tydens ’n vakansie in die suide van Namibië het ons ’n draai in Lüderitz gemaak. Die ou dorpie met sy geboue laat jou dink dat jy êrens verkeerd afgedraai en aan die begin van die vorige eeu beland het. Dit het ’n blywende indruk op my gelaat. Terug by die huis het die herinneringe my na die pen laat gryp. Die óú droom, om ook eendag ’n boek op die rak te hê, laat my soms ’n manuskrip vir redigering instuur. ’n Redigeerder/teksontwikkelaar het van die karakter van oom Wesley gehou. Dié ou man, wat sy aande in een van die kuierplekke op die dorp verwyl, sê soms snaakse dinge. In sy eenvoud deel hy ook ’n paar wyshede. In my drome hoop ek dat daar op elke klein dorpie só ’n omie of tannie rondloop wat deur sy/haar blote bestaan kleur aan klein, stowwerige dorpies gee.

Wil jy iets vertel oor die skryfproses daarvan? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Oom Wesley was deel van ’n baie groter prentjie, wat handel oor diamantdiefstal en ander boewerye. Die kortverhaal het redelik maklik daaruit ontwikkel. Die suide van Namibië, met sy lang afstande tussen weinig meer as ’n paar huisies en ’n brandstofpomp, laat mens wonder wat daar aangaan as jy weer gery het. Hoe leef mense daar? Wat gebeur daar wat hulle lewens kleur gee?

Gelukkig het ek ’n vrou wat haar hele lewe lank Afrikaans as vak gegee het. Taal- en spelfoute is dus nie ’n groot probleem nie.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon, en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items waarna jy op die program uitsien?

Ongelukkig sal ons nie die fees kan bywoon nie. ’n Paar faktore dra by tot die feit dat Pretoria hierdie jaar net nog verder as gewoonlik van Stellenbosch af is. Ons sien egter daarna uit om dit wel met ’n latere geleentheid te kan bywoon.

The post Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Johan de Nysschen appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jeanetta Basson

$
0
0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Foto van Jeanetta Basson: verskaf

Jeanetta Basson vertel vir Naomi Meyer van haar kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word.

Jeanetta, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

"Blind" is basies ’n verhaal van oorlewing in die huidige Suid-Afrikaanse maatskaplike, politieke en sosiale situasie. Die geskrewe woord dien vir my as ’n terapeutiese proses, ’n ontvlugting, ’n verbeeldingsvlug en ’n klankbord vir gevoelens, gedagtes en opinies.

Ek is ’n ywerige leser. Ek lees alles vanaf wetenskapfiksie tot poësie. Ek glo dat dit, behalwe vir die kennis wat jy daardeur opdoen, ook gedurig jou brein stimuleer (asook jou verbeelding en dat dit inspirasie bied). Ek hou daarvan om mense te bestudeer. Met ’n fyn waarnemingsvermoë (kyk en luister), baie empatie en ’n bietjie verbeelding, kan baie aangrypende verhale geskep word – wat baie keer nie ver van van die waarheid af is nie.

Wil jy iets vertel oor die skryfproses daarvan? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

"Blind" is ’n tipiese voorbeeld van situasies wat algemeen in ons samelewing voorkom. En nie elke storie het ’n goeie uiteinde nie. Die skryfproses van “Blind” was ’n byna-outomatiese ontlading van empatie. Dit is vinnig geskryf, in die oomblik. Sonder enige beplanning, afronding of redigering. Net so. Ontlading.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon, en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items waarna jy op die program uitsien?

Ek beplan om soveel as moontlik te sien en te ervaar by die Woordfees as wat ek kan inpas gedurende die twee dae wat ek daar kan wees.

The post Toyota US Woordfeeskortverhaalbundel 2020: ’n onderhoud met Jeanetta Basson appeared first on LitNet.

"Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie"– ’n onderhoud met Bianca Flanders

$
0
0

...........

“Dit sê: ‘Ek is genoeg, ek is perfek net soos ek is.’”

...........

Prinses Pampoenpit se wilde, woeste krulle weier om getem te word. Cliffordene Norton gesels met die skrywer, Bianca Flanders, oor dié kinderboek wat deel in die debat rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier.

Wat het jou geïnspireer om hierdie boek te skryf?

As ’n kind het ek baie gesukkel met my hare. Ek het rêrig my hare gehaat en dit het baie lank gevat om te leer hoe om my hare lief te hê. Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie. As kinders selfvertroue kan kry en hulself lief kan hê, dan kan hulle dink aan belangriker dinge, soos hoe om president of ’n pilot te word. 

Wat was die grootste struikelblokke en/of hoogtepunte wat jy tydens die skryf van Prinses Pampoempit ervaar het?

Ek het gekies om die boek in rhyme te skryf, so daai was soms moeilik. Want jy wil eerlik wees, en nie net rhyme omdat jy moet nie. Maar ek het die proses rêrig geniet! 

Prinses Pampoenpit is ’n baie relevante boek, veral siende dat baie mense meer vry voel om hul natuurlike hare te dra. Daar is egter steeds ’n stigma aan natuurlike hare, wat dikwels as kroes en lelik beskou word. Wat is jou mening hieroor?

In ons land was hare altyd political. Hare was nog nooit net hare nie. Ek dink dit het baie te doen met die gevoel dat ek as mens nie genoeg is nie, ek moet probeer om iemand anders te wees. Maar ek moet sê, ek dink dinge begin verander. Daar is baie meer mense wat hulle natural hare begin dra en ek dink dis belangrik en exciting. Want dit sê: “Ek is genoeg, ek is perfek net soos ek is.” 

Jy het ’n pragtige bos krulhare. Het jy enige diskriminasie weens jou hare ervaar?

Baie keer, toe ek klein was, het mense vir my ma gesê sy moet my hare uitsorteer. Ek was ook skaam oor my hare. Ek het gedink dit was lelik, want ek het nie soos die ander meisie gelyk nie. Maar my ma het altyd vir my gesê my hare was mooi, en ek is perfek net soos ek is. 

Foto: Izak de Vries

Speel die lesers se verwagtinge, veral in ’n kinderboek, ooit ’n rol in jou skryfwerk?

Ek weet nie, want Prinses Pampoenpit is my eerste boek! Maar ek wil meer skryf, so vir my gaan dit nie so baie oor hulle expectations nie, maar ek wou hê mense moet hulself in my boeke sien. 

Wat was vir jou die aanmoediging om te begin skryf? Wou jy altyd ’n skrywer wees? 

Ek hou baie van lees en ek is ’n groot boekwurm, so dit was altyd ’n droom vir my om ’n boek te skryf. Ek is ’n akteur, en akteurs vertel stories. Vir my is skryf net ’n ander vehicle vir stories. 

Werk jy tans aan ’n nuwe boek? Wat is volgende vir jou?

Ek is nou besig met my acting-werk, maar ek wil definitief nog ’n Pampoenpit-boek skryf!

...........

Titel: Prinses Pampoenpit 
Skrywer: Bianca Flanders 
Uitgewer: LAPA Uitgewers 
ISBN: 9780799395808

Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek jy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal maak, te vind. Die boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier. Die verteenwoordiging van meisies in boeke is baie belangrik, en hierdie boek het ’n meisie as hoofkarakter.

...........

Kom luister na Bianca Flanders tydens die Wanneer hare “mince” … en kinders droom-gesprek by die Toyota US Woordfees: 12 Maart by die Drostdy Teater.

The post "Ek wou die boek skryf wat ek nie as kind gehad het nie" – ’n onderhoud met Bianca Flanders appeared first on LitNet.

What the water remembers: ’n onderhoud met Pieter Odendaal

$
0
0

..........

“Die produksie is gegrond in die onlangse droogte in Kaapstad, maar kring uiteindelik uit om die persoonlike, politieke, historiese en geestelike weerklanke van water in die Moederstad in Afrikaans, Engels, Xhosa en Somalies te ondersoek.”

..........

Cliffordene Norton gesels met Pieter Odendaal oor digkuns en die poësieproduksie What the water remembers, wat tydens die Toyota US Woordfees (6–15 Maart 2020) te siene is.

Jy neem tydens die 2020-Woordfees deel aan die veeltalige poësieproduksie What the water remembers. Vertel asseblief meer oor die stuk.

What the water remembers is die hoogtepunt van my PhD-navorsing by Queensland University of Technology oor hoe spoken word poetry ons veranderende verhoudings met die meer-as-menslike wêreld kan verwoord. Die produksie is gegrond in die onlangse droogte in Kaapstad, maar kring uiteindelik uit om die persoonlike, politieke, historiese en geestelike weerklanke van water in die Moederstad in Afrikaans, Engels, Xhosa en Somalies te ondersoek.

Voor: Lwanda Sindaphi en Afeefa Omar, agter: Toni Stuart en Pieter Odendaal

Na verskeie werkswinkels en waterbesoeke het ek, Lwanda Sindaphi, Toni Stuart en Afeefa Omar saam die poësieteks geskryf, en met behulp van die regisseur Jason Jacobs, sangeres Babalwa Zimbini Embo Makwetu en multi-instrumentalis Nceba Gongxeka het ons lewe in die woorde ingeblaas.

..........

“Wat van mý moet ek prysgee om beter na water te kan luister?”

..........

Uiteindelik probeer ons sin maak van die voortslepende traumas rondom water en hoe poësie ons kan help om hierdie traumas te begin genees.

Met die onlangse vure in Australië is die impak van klimaatsverandering weer eens beklemtoon. Hoe voel jy kan digkuns ’n bydrae lewer tot bewusmaking oor klimaatsverandering?

What the water remembers is een konteksspesifieke antwoord op jou vraag. Die geskiedenis van protespoësie in Suid-Afrika bied ons ook vele voorbeelde van hoe digters gedigte gebruik om gemeenskapskwessies aan te spreek.

What the water remembers-poësieproduksie

Ek dink egter nie dat poësie se enigste, of dalk selfs belangrikste, bydrae in bewusmaking lê nie – daar is berge artikels wat feitelike inligting oor die effekte van klimaatsverandering op globale en plaaslike vlak verskaf. Maar miskien kan gedigte eerder help met die verpersoonliking van al hierdie inligting, om ’n interne landskap te skryf/kweek vir die tye waarin ons leef. Die kombinasie van potensiële reikwydte en spesifisiteit beteken dat gedigte oorweldigende krisisse soos klimaatsverandering intens voelbaar kan maak; terug “aarde” toe kan bring.

“Ek wil graag meer optree, my hand aan teatertekste waag en miskien ’n roman aanpak.” – Pieter Odendaal

Hoe rou ’n mens byvoorbeeld die onlangse dood van meer as 500 miljoen diere in Australië? Wat van mý moet ek prysgee om beter na water te kan luister? Waar lê die brûe tussen die persoonlike en die planetêre?

Wie is opkomende digters na wie lesers moet uitsien?

Ashwin Arendse, Tshiamo Malatji, Ryan Pedro, Chrystal Williams, en Afeefa Omar.

Wat is die huidige stand van Suid-Afrikaanse digkuns?

Ons vaar nie te sleg nie. Verkope was nog altyd klein gewees vir poësie, maar wat my opgewonde maak, is die fisiese en digitale platforms vir spoken word wat steeds groei, en die internasionale aandag wat jong stemme soos Koleka Putuma geniet. Dit beteken dat die digkuns hier, soos elders in die wêreld, nuwe maniere vind om te floreer, en dat meer mense aan belangrike stemme blootgestel word.

“Na verskeie werkswinkels en waterbesoeke het ek, Lwanda Sindaphi, Toni Stuart en Afeefa Omar saam die poësieteks geskryf.” – Pieter Odendaal

Ander jongelinge, soos Siphokazi Jonas wat deesdae poësie/teater cross-overs nes What the water remembers doen, die formidabele Tshiamo Malatji wat ’n stuk of 40 digters by UV met sy Poetry Club lei, en die uitgewer Vangile Gantsho (Impepho Press) is drie voorbeelde van vele wat self sorg dat die digkuns aanhou uitdy.

Watter Suid-Afrikaanse digters inspireer jou?

In terme van genesingswaarde: Malika Ndlovu, Vangile Gantsho, Phillippa Yaa de Villiers, Toni Stuart. In terme van vakmanskap: Antjie Krog, Jolyn Phillips, Ronelda Kamfer, Loftus Marais.

Watter drome wil jy binne die volgende vyf jaar bereik?

Ek sal eerstens graag die PhD agter die rug wil kry (nog ses maande oor – jippie!). Andersins wil ek graag meer optree, my hand aan teatertekste waag, miskien ’n roman aanpak en uiteindelik ’n plekkie vind waar ek rustig saam met my langafstandliefde kan woon.

    • Foto’s: Retha Ferguson

Kom woon die What the water remembers-poësieproduksie in die Adam Small Laboratorium tydens die Toyota US Woordfees by.

The post <i>What the water remembers</i>: ’n onderhoud met Pieter Odendaal appeared first on LitNet.

Viewing all 793 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>