Quantcast
Channel: Skrywersonderhoude - LitNet
Viewing all 793 articles
Browse latest View live

South African Book Fair 2015: Deborah Steinmair

$
0
0

Onderhoud oor die South African Book Fair: Deborah Steinmair gesels met Naomi Meyer oor 'n gesprek waaraan sy by dié fees deelneem – oor vroueskrywers wat grense verskuif.

deborah_sabf15.650

Hallo Deborah, op die South African Book Fair se program word daar geskryf dat jy en jou mede-aanbieders jul genre se grense toets sonder om jul lesers te vervreem. Vertel my net eers gou: as jy 'n genre moet kies waarbinne jy skryf – jy mag dit baie wyd interpreteer, dié genre – watter genre sou jy sê is die een waarin jy die meeste skryf? En hoekom kies jy hierdie genre(s) as jy skryf?

Ek reken ek is tussen die boom en die bas. Ek het gemik na misdaadfiksie, maar slaag nie daarin om binne die konvensies van die genre te bly nie, daarom vervreem ek die gewone misdaadleser van meet af aan. Fantasie en die paranormale is nie welkom daar nie. Ook nie dwerge, Sjinese, heldersiende Amasones en wit toordokters nie. Ek is baie gevlei deur die uitnodiging om by die Boekebeurs te praat en die omskrywing "sonder om jul lesers te vervreem". Hmmm. Ek het dan waarskynlik wel 'n handjievol lesers wat nie so eng ag slaan op die voorskrifte nie. Ek troos my dat Lauren Beukes oor makabere reeksmoorde skryf terwyl daar tydreisigers betrokke is. Ek en Lauren, ahem. My genre is spanning met 'n skeppie transendentale telepatie. Ek het misdaad gekies omdat die genre baie lesers het. Die res het my gekies.

Die klem van julle item val kennelik op genres waarin vroue koningin kraai. Die ander aspek van die verpakking interesseer my ook: grense wat verskuif word. Watter grense is nodig om te toets, en dink jy dit moet doelbewus gebeur, of dalk eerder as die skrywer oor die karakters/storie struikel?

'n Mens struikel sekerlik soms as jy oor hindernisse beur en grense verskuif. Ek is geneties geprogrammeer om grense en versperrings te toets. Ek kan nie anders as om oor vroue te skryf nie. Enigiets anders is hoorsê. Daar is baie grense en plafonne wat strem, maar ek het nie eerstehandse kennis van rassisme nie. Selfs Jeanne Goosen, wat deel van die struggle was, het gereken 'n mens kan nie deur 'n ander se smart wals ter wille van politieke geloofwaardigheid nie. Van seksisme het ek eerstehandse kennis en het nog altyd daarteen geskop, selfs toe ek baie klein was en my ma my probeer leer het “die seuntjies sal baie meer van jou as jy hulle laat wen”. Ek probeer dit nie doelbewus nie – die sterk vroue klop by my aan en vertel self die storie.

Oor die aspek van lesers wat vervreem kan word – laat ek eerder vra: Hoe word lesers gebore? Is elke skrywer nie dalk sy eie ideale leser nie en is dit moontlik om 'n leser te vervreem as die skrywer iets eerliks en outentieks waag, ook al daag dit die res van die mensdom uit?

Ek dink nie skrywers kan lesers vervreem met hul boeke nie: sekere lesers is outomaties vervreem van jou lewensiening en sal jou boek nooit optel nie, of indien wel, na 'n halfminuut laat terugval op die rak. 'n Mens skryf seker maar vir jouself en vir jou eie stam, waar hulle ook al is. As 'n mens so bedraad is, wil jy uitdaag, jy wil vensters in mense se koppe laat oopwaai, jy wil lesers se harte breek, hul lewens ruïneer en hul maandstondes twee weke te vroeg laat opdaag. Hoekom anders wil 'n mens skryf? Daar is nie geld in nie.

Het jy al die program van vanjaar se South African Book Fair onder oë gehad en watter ander geleenthede stel jy belang om by te woon?

Beslis Lauren Beukes wat haar Wonder Woman-strip lees. En Finuala Dowling se poetry masterclass. Dan ook Science Fiction, Fantasy and Horror, waarby Beukes ook betrokke is. Want ek wil van genre verander. En vele meer.

Laai die program van die South African Book Fair hier af.

 

The post South African Book Fair 2015: Deborah Steinmair appeared first on LitNet.


South African Book Fair 2015: Bernette Bergenthuin

$
0
0

Onderhoud oor die South African Book Fair: Bernette Bergenthuin gesels met Naomi Meyer oor 'n gesprek waaraan sy by dié fees deelneem – oor vroueskrywers wat grense verskuif.

bernette_sabf15.650

Hallo Bernette, op die South African Book Fair se program word daar geskryf dat jy en jou mede-aanbieders jul genre se grense toets sonder om jul lesers te vervreem. Vertel my net eers gou: as jy 'n genre moet kies waarbinne jy skryf – jy mag dit baie wyd interpreteer, dié genre – watter genre sou jy sê is die een waarin jy die meeste skryf? En hoekom kies jy hierdie genre(s) as jy skryf?

Naomi, ek skryf “chicklit", maar in Suid Afrika verwys uitgewers eerder daarna as romantiese komedie. Ek dink laasgenoemde term is te eng om die genre te beskryf aangesien die kenmerke ‘n moderne jong vrou wat haarself beter leer ken en die krisisse van die tyd oplos met bystand van die held insluit; komedie is nie die hoofkenmerk nie. Dit beweeg weg van die idee van ‘n held as "redder" en bevat oomblikke van introspeksie, aweregse kommentaar op kwessies van die oomblik en ook humor. Die genre kom vir my baie natuurlik en ek geniet dit net soveel om in hierdie genre te skep as om self met so ‘n boek te ontspan.

Die klem van julle item val kennelik op genres waarin vroue koningin kraai. Die ander aspek van die verpakking interesseer my ook: grense wat verskuif word. Watter grense is nodig om te toets, en dink jy dit moet doelbewus gebeur, of dalk eerder as die skrywer oor die karakters/storie struikel?

Boeke, veral populêre fiksie, moet saam met die samelewing ontwikkel en groei. Sodra populêre fiksie nie van toepassing is op die huidige samelewing nie, verloor dit sy trekkrag. Ons lewe in ‘n tyd waar vroue se rol in die samelewing meer erkenning ontvang as ooit tevore. Ongelukkig is een van die gevolge dat tradisionele rolle en behoeftes van vrouens soms tweede kom, al is ons nog ma's, bemindes en ... vrou. Dit is heerlik om vir lesers oplossings te bied deur boeke tussen die konflik wat die samelewing tans beleef rakende die "moderne" en die "tradisionele". Ek beskou dit as grensverskuiwend, want die suggestie is daar dat ‘n vrou steeds haar basiese behoeftes as vrou mag hê terwyl sy ook ander behoeftes soos beroepsvervulling, wanderlust en dies meer najaag.

Oor die aspek van lesers wat vervreem kan word – laat ek eerder vra: Hoe word lesers gebore? Is elke skrywer nie dalk sy eie ideale leser nie en is dit moontlik om 'n leser te vervreem as die skrywer iets eerliks en outentieks waag, ook al daag dit die res van die mensdom uit?

Realisties gesproke is ‘n boek wat gekenmerk word deur ‘n spesifieke genre, ‘n produk, byvoorbeeld ‘n sjokolade wat in ‘n bekende omhulsel verkoop word. Die genre skep reeds ‘n verwagting by die leser en die skrywer het ‘n plig om hierdie behoefte te vervul. Die wyse waarop die skrywer dit gaan doen, is egter sy of haar keuse en dit is waar kreatiwiteit en uniekheid inkom. As jy ‘n spesifieke boodskap aan jou lesers wil oordra wat dalk nie streng gesproke van die genre verwag word nie, moet dit reg verkoop word aan die leser wat voorveronderstel dat dit raakpunte met die oorhoofse tema behou. As jy dalk jou hoofkarakter in ‘n roman ‘n vrou met ‘n eksminnaarslys so lank soos haar voorarm wil maak, is dit belangrik om die hoofkarakter tot die besef te bring dat die sekuriteit en intimiteit van haar verhouding met die held baie beter is as haar vorige, informele benadering. 

Het jy al die program van vanjaar se South African Book Fair onder oë gehad en watter ander geleenthede stel jy belang om by te woon?

Ek sien sommer uit na alles!

Laai die program van die South African Book Fair hier af.

 

The post South African Book Fair 2015: Bernette Bergenthuin appeared first on LitNet.

Die Catch-22 van woordeboekwerk

$
0
0

hat650

Die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), wat vanjaar sy 50ste bestaansjaar vier, is vroeër die maand amptelik bekend gestel. Dit is ’n bielie van ’n woordeboek propvol nuwe woorde. Die woordeboekmakers van die nuwe HAT skram nie weg om erkenning te gee aan Afrikaans in al sy fasette en variëteite nie. Dié knewel van ’n woordeboek is veel meer as net ’n woordeboek, deurstuiter of iets om blommetjies mee te pars. Dit is ’n manier om vir mense die deure van kennis oop te maak sonder dat hulle hoef te wroeg oor swak taalgebruik of die agteruitgang van Afrikaans. Jean Oosthuizen het met HAT se redakteur en een van die woordeboekmakers, Jana Luther, gesels oor die hoe en wat van woordeboekmaak.

T-hemp_BeurtkragGedurende die eerste halfeeu van sy bestaan in Suid-Afrika is die HAT as gesaghebbende naslaanbron gevestig. Vir menige Afrikaanstalige is die HAT vandag ’n huishoudelike naam. Wat is dit wat hierdie woordeboek so besonders maak?

Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (die titel is in 2009 tot Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal verkort) het verskyn in die tydperk waarna Fritz Ponelis verwys het as die “goue eeu van Standaardafrikaans”. Binne ’n kort tyd ná sy eerste verskyning, in 1965, het die HAT in die meeste Afrikaanse huise, skole, universiteite en ook regerings- en sakekantore sy plek ingeneem. Wanneer die betekenis van ’n woord ter sprake kom, haal koerante, briefskrywers aan koerante en deelnemers aan gesprekke op die sosiale media gereeld die HAT as die gesaghebbende bron aan. Wanneer die betekenis van ’n woord vasgestel moet word, word die HAT ook in Suid-Afrikaanse howe as gesaghebbend aanvaar.

Lees in LitNet Akademies (Regte): ’n Taalkundige perspektief op woordeboekgebruik in die hof: die woordeboek as toevlugsoord – Terrence R Carney, Luna Bergh

 

Die nuwe papier-HAT beslaan 1 636 bladsye en is meer as 200 bladsye dikker as die vorige uitgawe. Meer as 3 000 ouer woorde en uitdrukkings is uit die papierwoordeboek weggelaat. Waarom is hierdie woorde weggelaat, want hulle het seker nie heeltemal uit die taal verdwyn nie, of het hulle?

Die Afrikaanse leksikografie het ontstaan uit die vertaling van Nederlandse woordeboeke. Die HAT was in dié opsig geen uitsondering nie. Deur opnuut terug te gryp na Nederlands het Afrikaans in die eerste dekades van die 20ste eeu tot kultuur- en hoëfunksietaal ontwikkel. Talle ontlenings uit Nederlands was nuttig en het inslag gevind; Afrikaans is daardeur baie verryk. Maar ’n gepaardgaande onverdraagsaamheid teenoor Engels, die “vrees” vir anglisismes, wat teen elke prys uit die taal geweer is, het ook gelei tot die opname in woordeboeke van ongebruiklike Nederlandse vorme wat nooit ’n ware weergawe van Afrikaans was nie.

In die 2005-uitgawe van die HAT het baie van hierdie nederlandismes nog voortbestaan – woorde soos aanbelang, aandien, aanlonk, afgesonde, afpel, afwasbak, begane grond, belaag, benieu, bloesem, duikel en so meer. So ook talle woorde en uitdrukkings wat tot ’n vroeëre, verbygegane era behoort en wat vandag selde, indien ooit, in Afrikaans gebruik word. Hierdie trefwoorde het ons uit die nuwe papierwoordeboek weggelaat om vir eietydse woorde en uitdrukkings plek te maak. Om ’n papierwoordeboek soos die HAT op datum te hou en te voorkom dat dit te dik en te duur raak, moet ou hout gereeld uitgekap word. In die nuwe HAT Aanlyn, waar ruimte nie ’n probleem is nie, word die meeste van hierdie ou woorde egter behou en is hulle nou as verouderd of histories gemerk.

T-hemp_Styl

Jy verwys na eietydse woorde. Daar is baie nuwe woorde in die nuwe HAT. Hoe het julle besluit watter nuwe woorde om by te voeg, en hoe kwalifiseer ’n nuwe woord om in die woordeboek opgeneem te word?

’n Nuwe, hersiene uitgawe van ’n woordeboek word altyd eerste beoordeel op grond van hoe goed dit nuwe ontwikkelings weerspieël. Nuwe woorde word egter nie voor die voet opgeneem nie. Om in die HAT opgeneem te word, moet ’n woord aan bepaalde kriteria voldoen. Ons kyk veral na gebruiksfrekwensie. Ons probeer seker maak dat die woord al in ’n verskeidenheid Afrikaanse tekste en situasies gebruik is en dat dit steeds gebruik word. Ons vra: Kan die woord verbuig? Kan dit betekenisuitbreiding ondergaan? Kan dit in samestellings optree? Is ons seker dis nie ’n eendagsvlieg nie? Om opgeneem te word moet ’n woord aan genoeg van hierdie vereistes voldoen.

Een van die nuwe woorde wat in die nuwe HAT verskyn, is beurtkrag. Die meeste speltoetsers het dit nog nie in hulle woordeskat nie. Is daar ander voorbeelde van nuwe woorde waaraan jy vinnig kan dink?

Ja: wolkberging, meem, vlog, hommeltuig, lyfjuwele, selfie, tabletrekenaar, tikkop, tjoef, mittedjale ...

Ken jy jou idiome? Stuur die 10 woorde om hierdie blokraai te voltooi. Die eerste drie korrekte trekkings wen elk die splinternuwe HAT6.


Wat is die belangrikste verskille tussen ’n woordeboek soos die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (die WAT) en die HAT)?

Die WAT is ’n meerdelige woordeboek wat Afrikaans so volledig moontlik moet boekstaaf. Die eerste deel van die WAT (A–C) het in 1951 verskyn en die 14de boekdeel (S-skooier) in 2013. Die werk aan die WAT sal na raming eers oor sowat drie dekades voltooi wees (en teen daardie tyd sal die eerste dele natuurlik ook al erg verouderd wees). Daarteenoor is die HAT ’n lessenaarwoordeboek wat die meeste van die woorde bevat wat moedertaalsprekers van Afrikaans vandag gebruik.

Omdat die HAT uit ’n enkele band bestaan, is ons fokus die hedendaagse standaardvariëteit van Afrikaans. Maar dan Standaardafrikaans beskou as ’n hiërargie, met skryftaal aan die bokant (geredigeerde skryftaal en vaktaal heel bo) en ongeredigeerde skryftaal van standaardvariëteitgebruikers daaronder. Verder af, in die middel langs, is taalgebruik steeds standaard, maar informeler, geskrewe én gesproke. En dan is daar nog groep- en groeptaalvariëteite en slang wat moet aandag kry. Die redakteurs van ’n omvattende, meerdelige woordeboek, soos die WAT, sif deur al hierdie variëteite van die taal. Vir die bewerking van al die verskillende leksikale items wat Afrikaans uitmaak, is daar in die HAT nie plek nie. Ons beskik ook nie oor genoeg leksikograwe, genoeg tyd of die begroting om ons skag so diep te sink nie.

Hoe sou jy die HAT se hooffunksie beskryf?

Die HAT se hooffunksie is om Afrikaans te weerspieël soos wat dit wyd en dikwels gebruik word. Daarom fynkam ons daagliks die gedrukte media (koerante, tydskrifte, boeke, webblaaie, ook die sosiale media). Ons kyk hoe mense skryf, luister hoe hulle praat, watter woorde hulle gebruik. Afrikaanse radio en televisie is belangrike bronne. 

Soos hier bo gesê, is die opneem van nuwe woorde en uitdrukkings belangrik. Die kerntaak van verklarende leksikografie, en die moeilikste en die mees tydrowende, is egter die ondersoek na die betekenisse van elke woord. Hoeveel betekenisse het ’n woord? In watter betekenis word ’n betrokke woord die meeste gebruik? In watter betekenis die minste? Het die betekenis van ’n woord uitgebrei? Het dit verskuif? Die betekenisonderskeidings van elke woord probeer ons orden op grond van hoe dikwels die woord in elke betekenis gebruik word.

T-hemp_BliksemMaar hoe stel mens vas hoe dikwels ’n woord gebruik word?

Ons probeer die gebruiksfrekwensie van woorde vasstel deur korpusse (groot, deesdae veral elektroniese, teksversamelings) van eietydse (hoofsaaklik) geskrewe Afrikaans te ontleed. Elke betekenis probeer ons so eenvoudig en onpartydig as moontlik verduidelik. Vir elke betekenis moet ons in eietydse, maklik verstaanbare taal ’n definisie skryf of, waar nodig, reeds bestaande definisies herskryf. Vir soveel as moontlik woorde en hulle betekenisonderskeidings probeer ons geskikte voorbeeldsinne of -frases vind om die gebruik van ’n woord in elk van sy betekenisse toe te lig.

Maar woorde het tog ook ’n sekere waarde-inhoud wat van tyd tot tyd verskil. Hoe hanteer julle dit?

Ons teken op, gee weer, weerspieël bloot wat ons in korpusse en argiewe sien, in die konteks van ’n konstitusionele staat, waarin menseregte en menswaardighede verskans is. ’n Goeie woordeboek weerspieël die gees van sy tyd. Ons taal en taalgebruik weerspieël wie ons is. As woordeboekmakers is dit ons werk om taal op ’n gegewe moment in die tyd en geskiedenis te beskryf, sonder waardeoordele.

Iets wat woordeboekmakers seker laat kopkrap, is om te besluit watter obsene of vloekwoorde in die woordeboek opgeneem moet word en hoe om dit te hanteer?

Glad nie. As ’n woord aan die nodige kriteria voldoen, ’n hoë gebruiksfrekwensie het, neem ons hom op. Ook vloekwoorde.

Ek moet erken ek kon nie anders as om te glimlag by die verklarings van sommige woorde nie, soos byvoorbeeld die vulgêre maar veel gebruikte f-woord. Die woordeboekmakers het nie geskroom om die gebruik daarvan in gewone taal raak te sien nie, soos in fokken moeg/koud/honger wees. Dis ’n fokken gemors. Dit was fokken snaaks. Maar moedig dit nie dalk mense aan om sulke woorde in alledaagse gesprekke te gebruik nie?

Die woordeboek weerspieël; dit moedig nie aan nie.

Selfs die Kaapse bergies se variëteit van Afrikaans word raakgesien as hulle mekaar soms so onder hulle ma’s se rokke vloek. Verskyn hierdie woorde en verklarings ook in HAT se Afrikaanse skoolwoordeboek?

Nee, nie in skoolwoordeboeke met ’n beperkte lemmaomvang nie, maar wel in die groot HAT, wat ook deur leerders geraadpleeg word. Gebruiksfrekwensie gee die deurslag. Dit sou wel onverskillig wees om krag- en vloekwoorde sonder enige gebruiksleiding op te neem. Woorde wat ons dink omsigtig gebruik behoort te word, is duidelik gemerk as informeel of sleng of plat, vulgêr, kru, taboe, en dies meer. By woorde waarvan die gebruik as kwetsend ervaar kan word, kan ook ’n addisionele opmerking of ’n nota met ’n waarskuwing gevoeg word. Ons kan egter nie om preutse redes dikwels-gebruikte woorde ignoreer nie.

HAT-flyers_Page_1

Afrikaansgebruikers is allermins almal outyds of argaïes. Is dit een van die goed wat julle wou tuisbring?

In talle van die definisies en gebruiksvoorbeelde in die vorige (vyfde) uitgawe van die HAT was die taalgebruik en lewensuitkyk van ’n ouer geslag nog ingeweef, ingebed. Enkele voorbeelde was die voorkeur vir vorme soos belewe, drywe, skawe, skrywe, wat (in plaas van beleef, dryf, skaaf, skryf) vandag dikwels as verouderd of oordrewe deftig kan voorkom; besig (in plaas van gebruik of); huid (in plaas van vel); kneedbaar (vir kniebaar); spu(ug) (vir spoeg) en toonladder (vir toonleer). In definisies is dikwels die beleefdheidsvorm dame (in plaas van die neutrale vrou) gebruik; in gebruiksvoorbeelde (waarin meestal mans figureer) dikwels die vorm vroumens, wat vandag dalk as neerhalend aangevoel word. Nog voorbeelde was die gebruik van manspersoon in plaas van man; vorme soos vitamine en proteïne in plaas van vitamien en proteïen; die aanduiding van uitsprake soos “gha-raa-zje” vir garage, wat so te sê nooit gehoor word nie; en die nooit meer gehoorde kloset, spoelkloser, gemakhuisie en privaat in plaas van die alledaagse toilet.

T-hemp_KletsDie Afrikaans van ’n paar dekades gelede het dikwels ook ’n chauvinistiese houding gehad. Is ek reg dat julle grootliks daarvan ontslae geraak het en kan jy dalk ’n voorbeeld of twee noem?

Vergelyk, in HAT5, voorbeelde soos: ’n deugsame vrou; ’n model wat haar bates skaamteloos vertoon; graag jou vrou en kinders behaag; As dit wasdag is, moet die vrou bontstaan; ’n mooi, jong ding; Sy vrou was sy eweknie in verstand. Teenoor voorbeelde in HAT6: Navorsing toon dat al hoe meer vroue broodwinners of gesamentlike broodwinners is en ’n veel groter rol in die arbeidsmark speel; Meer as 500 vroue uit 70 lande het beraadslaag oor hoe wêreldvrede bereik kan word; Ek is seker ’n feminis, maar ’n vrou moet feministies wees om te oorleef te midde van jare se paternalisme en chauvinistiese oorheersing.

Met ander woorde baie meer inklusief?

Ja, die nuwe HAT is ’n veel meer inklusiewe boek as sy voorgangers. Afrikaans is nie argaïes nie en lankal nie meer net agraries nie. Afrikaans is jonk en ook verstedelik en vandag baie meer gender- en omgewingsvriendelik as in die verlede.

Ons leef in ’n tegnologiese era waar daar lewendige gesprekke oor taal op sosialemediaplatforms soos Facebook en elders plaasvind. Tot watter mate beïnvloed dit woordeboekmakers soos julle wanneer julle moet besluit oor Afrikaanse nuutskeppings en nuwe terminologie?

Terwyl ons aan HAT6 gewerk het, was ons heeltyd met taalpraktisyns en taalbelangstellendes in verbinding, onder meer in verskillende taalgroepe op Facebook. Ek en my voltydse mederedakteur, Fred Pheiffer, is self ervare taalwerkers, nie net leksikograwe nie. Uit ervaring weet ons dus dat die meeste taalwerkers en baie taalgebruikers verwag dat die HAT (en ons!) preskriptief moet wees; dat ons oor korrekte taalgebruik moet voorskrifte gee.

Vir die taalpraktyk bly norme en riglyne belangrik, dit weet ons. As jy vir ’n koerant, tydskrif, boekuitgewer werk, is daar tien teen een ’n bepaalde stylgids, spesifieke stel huisreëls wat jy moet volg. As ’n mens vryskutwerk doen, vir verskillende kliënte werk, is dit belangrik om beste praktyk te volg én te kan aandui wat daardie praktyk is. As ’n moeilike, punteneurige kliënt ’n verandering wat jy aan sy of haar teks aangebring het, bevraagteken, moet jy hom of haar na ’n woordeboek of die Afrikaanse woordelys en spelreëls kan verwys. Skrywers wil in hulle uitgewers se goeie boekies bly; daarom luister die meeste skrywers gewoonlik na en werk hulle saam met hulle redakteurs. Die meeste skrywers aanvaar veranderings en verstellings aan hul manuskripte sonder veel teenstand, veral as die persklaarmaker sy of haar “korreksies” kan staaf met bewyse uit ’n woordeboek. Die proefleser loop op die persklaarmaker se spoor, maak seker niks buitengewoons word deurgelaat nie.

Party mense is dalk skrikkerig dat ons met hulle gaan raas as hulle woorde “verkeerd” gebruik of as hulle ’n Engelse woord of uitdrukking gebruik. Ander verwag dat ons ander taalgebruikers op die vingers moet tik as dié, volgens hulle, woorde verkeerd gebruik. Dat woordeboekmakers heeldag sit en frons en beswaard is en wroeg oor swak taalgebruik, die agteruitgang van Afrikaans ...

En is dit so? Wroeg julle oor die veranderings in die taal wanneer julle nuwe woordeboeke maak?

Dit is allermins die geval. Taal en taalverandering fassineer ons. Al wat ons wil doen –móét doen – is om die spieël vas te hou, te sê: Kyk, so word Afrikaans vandag gebruik. Kyk, so gebruik julle Afrikaans. Dit is nie meer ons grootjies of selfs ons ouers se Afrikaans nie. Afrikaans het verander, bly verander. Afrikaans lyk vandag anders as tien, twintig, vyftig jaar gelede. Is dit nie wonderlik nie? Ons taal lewe en klink soos ons wat dit praat, weerspieël wie ons is. Of ons nou daarvan hou of nie.

Die Amerikaanse skrywer Walt Whitman het dit mooi opgesom: “Language, be it remember’d, is not an abstract construction of the learn’d, or of dictionary-makers, but is something arising out of the work, needs, ties, joys, affections, tastes, of long generations of humanity, and has its bases broad and low, close to the ground. Its final decisions are made by the masses, people nearest the concrete, having most to do with actual land and sea. It impermeates all, the Past as well as the Present, and is the grandest triumph of the human intellect.” (http://bit.ly/1HIJPg0)

HAT-flyers_Page_2

Beteken dit dan mense kan maar skryf en praat soos wat hulle wil, ongeag die taalkundige korrektheid daarvan?

Daar is ook die keersy, wat die Nederlandse taalkundige Jan Kuitenbrouwer so verduidelik (ek vertaal sy woorde vry): Die opvatting oor hoe werke van byvoorbeeld Bach of Mozart uitgevoer moet word, het in die loop van die eeue verander. So gaan dit, geen probleem nie. Maar binne één orkes moet daar wel eenstemmigheid wees oor styl en opvatting. Wat ’n mens nie kan hê nie, is dat die strykers ’n ander styl navolg as die blasers of die slagwerk. ’n A kan meer as een toonhoogte hê, en elkeen is “korrek”, maar jy kan nie elke speler sy eie A laat kies nie. Met taalnorme werk dit dieselfde: natuurlik moet daar evolusie plaasvind, maar eenheid en konsensus is ook belangrik, anders verloor die taal sy waarde en betekenis. Dan word die lees van ’n brief of koerant soos die luister na ’n orkes waarvan die instrumente nie vooraf gestem is nie. Dan hoor jy nooit wat presies die komponis in gedagte gehad het nie; alles is maar so by benadering. En dit gaan met oorpyn gepaard. (http://www.taalkliniek.nl/taalkliniek/?p=1360#more-1360)

Tot watter mate is julle dan voorskriftelik?

Vir woordeboekmakers en taalpraktisyns, wat met taalverandering moet tred hou, impliseer dit ’n heeltydse wisselwerking tussen beskrywing aan die een kant en voorskrywing aan die ander kant. In die sentrum staan ons pogings om ’n gesonde balans te handhaaf: tussen reg en verkeerd; tussen wat vroeër as verkeerd beskou is, en vandag dalk nie meer nie, of byna nie meer nie. Goeie, gesonde beskrywing behels ’n mate van voorskrywing; goeie, gesonde voorskrywing behels ’n mate van beskrywing.

Daar word dikwels die draak gesteek op sosiale media met mense wat Afrikaans verkeerd gebruik. Hoe voel jy daaroor?

Waarvan ek nie hou op sosiale platforms nie, is die geniepsigheid oor taalgebruik wat ’n mens so dikwels teëkom. Die selfaangestelde voorskrywers, taalwaghonde, beswaardes oor die toekoms van Afrikaans, sogenaamde vegters vir die behoud van Afrikaans wat met ’n gevoel van meerderwaardigheid heeltyd net bly kap na – volgens hulle – “taalfoute”, taalonkunde, swak taalgebruik. Ek dink nie Afrikaans het dit nodig nie. Om foto’s te neem en die draak te steek met ’n bestaansboer se sukkelende handgeskrewe groenteverkoopbordjie langs die pad, op Facebook so iemand se beste, waardige poging ten toon te stel en neer te haal, is kwetsend en gemeen, dink ek dikwels.

Wanneer ’n duur reklamebord van ’n groot winkelgroep Afrikaans minag, is dit ’n ander saak, maar die meeste, gewone taalgebruikers gebruik taal om te kommunikeer. Dis al.

Die meeste van ons druk ons meestal uit nes ons wil. By elke mens ontwikkel daar, vandat ons gebore word totdat ons doodgaan, ’n eie idiolek. ’n Eie, individuele manier van praat wat heeltyd klein veranderinkies ondergaan, al probeer jy ook hoe keurig praat. Ons taalgebruik word beïnvloed deur hoe die mense rondom ons praat, hoe ons ouers, grootouers, familie, vriende, bure, kollegas praat, deur die taal van die radio, TV wat ons dikwels hoor. Ook deur wat ons lees, hoeveel ons lees en die tale wat ons lees.

Oor tyd heen vorm die unieke spraakpatrone, die omgangstaal van mense in ’n bepaalde gebied ’n stabiele variëteit of dialek. Wanneer genoeg variëteite en dialekte oor ’n lang tyd heen oorvleuel, ontstaan daar ’n standaardvariëteit. Oor lang periodes heen word nuwe tale gevorm. Niks verbonde aan hierdie proses, aan iemand se moedertaal, is onkundig, barbaars, ’n skande of fout nie.

HAT-flyers_Page_3

Maar wat word dan van Standaardafrikaans as daar soveel verskillende dialekte en variëteite ontstaan?

In die HAT Taalgids skryf Tom McLachlan oor Standaardafrikaans: “Geen natuurlike taal is in alle opsigte ’n eensoortige ding wat in alle omstandighede deur alle moedertaalsprekers op dieselfde manier gebruik word nie. Daar is verskillende vorme van die betrokke taal, wat variëteite genoem word. Die variëteite is die vorme van die taal wat byvoorbeeld in sekere streke gebruik word, of deur sekere groepe, of in sekere omstandighede en so meer. Een van die variëteite van gestandaardiseerde tale is die sogenaamde standaardvariëteit.

“Dit geld ook Afrikaans: Die standaardvariëteit word Standaardafrikaans genoem, maar daar is ook talle niestandaardvariëteite. Daar is byvoorbeeld gebruikersgroepvariëteite soos Tienerafrikaans, Griekwa-afrikaans of Vissermansafrikaans, of streeksvariëteite soos Weskusafrikaans, Kaapse Afrikaans (Kaaps) of Namakwalandse Afrikaans, of gebruiksvariëteite soos Skryftaalafrikaans, Radioafrikaans, en so meer.

“Standaardafrikaans behoort nie aan, of is nie die variëteit van, enige bepaalde groep of streek nie. Eenvoudig gestel is dit die variëteit wat die grootste mate van standaardisering toon, deur die grootste moontlike groep van Afrikaanssprekendes verstaan word, die minste verraai waarvandaan of uit watter groep die gebruiker kom en die beste geskik is vir sekere min of meer formele situasies of omstandighede. Standaardafrikaans (of die standaardvariëteit van ’n ander taal) sal ’n mens tipies aantref in byvoorbeeld handboeke, lesings, toesprake, die howe, standaardwoordeboeke, hoofstroomkoerante, wetgewing, werksonderhoude en so meer. Daarteenoor kan ’n mens die taal wat gemoedelik tussen vriende of gelykes in informele omstandighede gebruik word, geselstaal of omgangstaal noem.

“Standaardafrikaans is nie ‘beter’ of ‘meer korrek’ as ’n ander variëteit nie, want elke variëteit vervul die rol waarvoor hy ontstaan het. ’n Mens kan egter wel sê dat een variëteit in bepaalde situasies meer geskik of gepas is as ’n ander. In byvoorbeeld ’n brief aan jou werkgewer of ’n aansoek om ’n betrekking of ’n wetenskaplike artikel is die standaardvariëteit meer gepas as die taal wat jy gebruik om op die sosiale media met jou vriende te gesels, of as jy saam met vriende by die sportveld is of vleis braai.”

Ons skryf en praat dus verskillend?

Die praattaal en die ongeredigeerde skryftaal van standaardvariëteitgebruikers (die sogenaamde opgevoede gebruikers van Afrikaans) is nie noodwendig dieselfde nie. Ongeredigeerde skryftaal en geredigeerde skryftaal ook nie. Hoe subredakteurs, vertalers, proeflesers met die geskrewe taal van opgevoede skrywers omgaan, het bepaalde implikasies – wat standaardisering betref, wat betref dit wat ons in nuwe, hersiene uitgawes van ’n woordeboek soos die HAT opneem, asook wat ons daaruit weglaat, want geredigeerde skryftaal is ons hoofverwysingspunt.

Tot watter mate moet mens jou dan nog aan stylgidse en taalhandleidings steur wanneer mens Afrikaans skryf as daar soveel variëteite is?

Stylgidse en taalhandleidings hou die taalgebruik van opgevoede, vaardige, geoefende skrywers as voorbeeld voor. Niks fout daarmee nie. Mense wat professioneel met Afrikaans werk, moet Afrikaans se spel- en skryfreëls op hul duimpie ken. Maar wanneer ons ons bronne raadpleeg, moet ons gereeld ook na die titel- en kolofonbladsye van daardie bronne kyk. Waar kom hierdie reëls vandaan? Wie het hulle gemaak? Wanneer? Het daar intussen dalk al ’n nuwe uitgawe verskyn? Hoe ingrypend is die nuwe uitgawe hersien? Geld alles wat in ’n spesifieke stylgids of woordeboek staan vandag, in 2015, nog net so as toe die gids of woordeboek dalk ’n dekade of langer gelede verskyn het? Moet ons elke reël wat ons ken of kry, blindelings toepas? Redigeer soos ’n masjien? Skrywers se woorde en stelwyses klokslag verander elke keer as dit nie ooreenstem met ’n spesifieke reël of woordeboekinskrywing nie? Of is daar reëls wat ons moet herbekyk? Inskrywings in taalgidse en woordeboeke wat hersien moet word?

Een van die belangrikste ontwikkelings vir die leksikografiepraktyk en die beskrywing van taal was ongetwyfeld die koms van die rekenaar en die ontwikkeling van groot gerekenariseerde tekskorpusse: groot elektroniese teksversamelings; deursoekbare argiewe op die internet, soos dié van Media24 se koerante en tydskrifte; korpusse van gepubliseerde skryfwerk. Hierin lê egter ook die vangplek, die Catch-22 van woordeboekwerk: korpusgebaseerde evaluering van taalgebruik berus meestal op die veronderstelling (en dit word deeglik as verkoopspunt benut) dat taalgebruik in korpusse “natuurlike” taalgebruik is. Teenoor die “onnatuurlikheid”, of kunsmatigheid, van gebruiksvoorbeelde wat ’n woordeboekmaker by haar rekenaar sit en uitdink.

Die rol van taalpraktisyns en die gevolge van redaksionele ingryping in kopie kom by die ontleding en interpretering van korpusdata selde ter sprake. Lesers sien net die eindproduk, weet nooit werklik hoeveel van wat hulle sien, ’n skrywer se eie teks is en hoeveel die gevolg van redaksionele inmenging is nie.

HAT-flyers_Page_4

Hoe lyk ’n goeie subredakteur?

Taalpraktisyns, en veral subredakteurs, speel in die skep en instandhouding van die geskrewe standaardvariëteit van Afrikaans ’n kardinale rol. Hulle doen dit veral deur die vermindering en uitskakeling van opsionele variasie. Dit bring verantwoordelikhede mee waarvan die meeste taalwerkers dalk onbewus is.

Dikwels word gesê om ’n goeie sub te wees moet jy onsigbaar wees. Jy moet geen spoor laat wat ’n leser aan jou tussenkoms kan herinner nie. Wanneer redigering opval of ooglopend ontbreek, lei dit die leser se aandag af. Goeie redigering behoort ’n onsigbare laag te wees tussen die leser en die oorspronklike teks.

Maar is dit, wat Afrikaans betref, altyd die geval?

Subwerk is ’n belangrike maar dikwels oor die hoof gesiene stadium van die publikasieproses. Die vraag is eintlik: Moet of kan ons dit leksikografies verreken?

Feitlik alles wat woordeboekmakers in die gedrukte media sien, is deur ’n redakteur en/of proefleser nagesien. Hele koerante, tydskrifte, reekse skoolhandboeke – fiksie en niefiksie, populêr en wetenskaplik – vloei dikwels deur dieselfde sif van dikwels net ’n handjievol mense wat jaar in, jaar uit op die standaard geskrewe vorm van Afrikaans hulle stempel bly afdruk. Op Afrikaanse spelling, grammatika ... Publikasies, artikels word aangebied as die werk van die skrywer. Maar wat was die redakteur se bydrae, dié van die proefleser? Tekens van redaksionele ingryping word uitgewis. Redaksionele ingrypings kan nie in ’n korpus nagespeur word. Ons het geen data of instrumente om die omvang van taalwerkers se invloed op die standaardvariëteit van Afrikaans vas te stel nie. In ’n korpus is die natuurlike geskrewe taalgebruik van opgevoede skrywers nie van die geredigeerde kopie van taalversorgers te onderskei nie.

Ons moet dus mooi sorg en moeite maak, ons taalwerkers, wanneer ons met ander se skryfsels werk. Seker maak dat ons altyd die nuutste bronne, die nuutste woordeboeke tot ons beskikking gebruik; dat ons weet watter bronne en woordeboeke beskikbaar is, en wat ons aan elkeen van hulle het; dat ons met die tyd en natuurlike taalverandering tred hou. As woordeboekmakers en subredakteurs is ons direk, in die voorste linie, by die proses van standaardisering en herstandaardisering van Afrikaans betrokke. Ook deur die illusie van ’n eenvormige standaardtaal in stand te hou.

Julle het ’n baie interaktiewe webwerf en lewendige Facebook-blad. Vertel so bietjie meer van HAT se aanlyn boetie (www.hataanlyn.co.za) en julle teenwoordigheid op sosiale media soos Facebook en Twitter.

By HAT Aanlyn, waar ruimte nie ’n probleem is nie, word die sesde uitgawe van die HAT, die HAT Taalgids, die HAT Feitegids en die HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek in Augustus saamgevoeg, saam met die Longman Dictionary of Contemporary English, Longman Business English Dictionary en Longman SA School Dictionary. Aanlyn sal dié versameling voortaan intyds bygewerk word – in sover Pearson, die Engelse uitgewer van die HAT, ons toelaat om die werk voort te sit. Ons sal gereeld nuwe trefwoorde, betekenisse, gebruiksvoorbeelde byvoeg; foute en weglatings waarop gebruikers ons aandag vestig, regstel.

Op sosiale platforms sal ons voortgaan om met HAT-gebruikers en taalwerkers te gesels, gebruikers op hoogte hou van nuwe toevoegings tot die woordeboek. Op die HAT se Facebook-blad gaan ons binne die eersvolgende weke aan HAT-gebruikers ’n uitnodiging rig om ons met hulle foto’s die nuwe aanlyn HAT te help illustreer, ’n projek waaroor ons baie opgewonde is. Ons droom is nou ’n lewende woordeboek van eietydse Afrikaans op die internet.

  • Jana Luther het in die letterkunde en leksikografie gestudeer en in 1991 ’n meestersgraad met lof aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit behaal. Sy is onder meer samesteller van die HAT Afrikaanse Skoolwoordeboek en Sakwoordeboek (2009) en van die Longman-HAT Engels-Afrikaans/Afrikaans-Engels Basiswoordeboek, Skoolwoordeboek en Sakwoordeboek (2011) en redakteur van die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (die HAT).

Hat_poster-2pdf

The post Die Catch-22 van woordeboekwerk appeared first on LitNet.

Onderhoud: Heindrich Wyngaard oor A home for Zephany

$
0
0

homeforzephany

Skrywers oor hul nuwe boeke: Heindrich Wyngaard oor A home for Zephany.

  1. Heindrich, jy het pas die storie van Zephany geskryf. Sonder om haar identiteit bekend te maak: wie is sy en waarom haar storie?

Die kort weergawe is dat sy 'n (nou) 18-jarige matriekmeisie van die suidelike voorstede van Kaapstad is, eintlik maar die suidelike deel van die Kaapse Vlakte, wat met haar geboorte uit die kraamsaal by Groote Schuur hospitaal ontvoer is. Haar storie is die soort wat 'n mens in flieks sien: dat sy 18 jaar later "ontdek" word wanneer haar jonger sussie by dieselfde skool as sy begin skoolgaan en die kinders hulle daarop bedag maak dat hulle "tweeling" by die skool is. Nou is daar die hereniging met (vir haar) vreemde biologiese ouers en die skok/trauma van die nuus dat sy nie die kind is van die ma wat haar grootgemaak het nie. Dit is 'n storie wat alle grense oorskry; wat diep binne elke mensehart behoort te tref.

  1. Hoe het jy jou navorsing gedoen?

Ek het my joernalistieke hoed opgesit en al die nuusdekking wat ek in die hande kon kry – koerantberigte, gedruk en aanlyn, asook uit die argiewe, plaaslike en internasionale radio- en TV-onderhoude, sosiale media en webwerwe – byeen gebring en met mekaar vergelyk.

heindrich_wyngaard650

Heindrich Wyngaard (foto verskaf)

  1. Waarom jou belangstelling in die gegewe?

Dit is allereers 'n universele, aangrypende menslike storie. Tweedens het ek nog altyd in ware lewensdramas belang gestel, meer as in fiksie. In die derde instansie, en straks die belangrikste, is daar die versugting om stories van my gemeenskap te vertel. Hiermee bedoel ek stories wat in die bruin gemeenskap hul oorsprong het en alte dikwels onopgeteken bly (wat boeke betref) of opgeteken word deur skrywers wat nie noodwendig die aanvoeling of sensitiwiteit of insae in die maatskaplike vesel van die gemeenskap het nie.

  1. Hoe het jy die teks aangepak?

My "handleiding" was Mike Nicol se Monkey Business (Umuzi) oor die Dewani-moordsaak. Mike het die storie (tot voor Dewani in die hof verskyn het) vertel of geherstruktureer aan die hand van plaaslike en internasionale mediaberigte oor die gebeure. Dit is ook Mike wat my ‘n klomp jare gelede aan sogenaamde nuwe joernalistiek bekend gestel het toe hy my 'n boek oor dié genre as geskenk gegee het. Dit bevat 'n fantastiese versameling artikels, ingelei deur Tom Wolfe, deur skrywers soos Joan Didion, Norman Mailer en Truman Capote, waar die skrywer self ook deel van die storie word. Plaaslik is Mike en Rian Malan by verre die voorlopers in dié skryfstyl, en jammerlik laat weinig tydskrifte en koerante ruimte daarvoor.

  1. Met wie het jy saamgewerk met die neerskryf van die storie?

Ek het dit op my eie gedoen, en was bevoorreg dat Naledi bereid was om dit op sulke kort kennisgewing aan boord te neem. Noudat ek terugkyk op die proses kan ek self nie glo dat ek die boek in omtrent drie, vier maande voltooi het nie: die idee het vroeg in Maart vanjaar by my posgevat en ek wou dit reeds einde April uitkry, betyds vir "Zephany" se 18de verjaardag. Die skryfwerk is toe eers middel-Junie afgehandel.

 

 

 

The post Onderhoud: Heindrich Wyngaard oor A home for Zephany appeared first on LitNet.

Tien vrae: Juliana Coetzer oor Bloedvreemd

$
0
0

bloedvreemd300Skrywers oor hulle nuwe boeke: Juliana Coetzee oor Bloedvreemd

  1. Hallo Juliana. Bloedvreemd is 'n boek oor jou nageslag, oor jou voorgeslag, en oor jou. Is hier enige fiksie, of is hierdie storie die waarheid?

Die boek is heeltemal die waarheid. Ek wonder of ek enigiets kan skryf wat nie die waarheid is nie. Baie opmerkings word gemaak oor my eerlikheid en dan dink ek altyd: Is dit dan nie die enigste manier nie?

  1. Daar word soms beweer dat die skrywer oor iets moet skryf wat hy ken, maar ook dat hy afstand moet hê van sy onderwerp. Hoe het jy daardie nodige afstand gekry - wat veroorsaak het dat jy nie vasgeval het in sentiment of oordadige beskrywings nie?

Die afstand was moontlik slegs omdat ek die boek eers 14 jaar nadat Anneke siek geword het, geskryf het. My verwerking van die trauma was reeds in ‘n groot mate afgehandel, alhoewel ek nie seker is of dit ooit heeltemal moontlik is nie. Het ek onmiddellik na sy siek geword het, geskryf, sou dit heeltemal anders gelyk het. Dan sou dit dalk een emosionele warboel gewees het. Dit was vir my belangrik dat dit nie ‘n treurmare of weemoedige boek moet wees nie. Ek wou ‘n boodskap van hoop gee en ook wys dat ons nie slagoffers van die situasie is nie. Ek het ook nie die boek geskryf as terapie nie. My hart sou gebreek het.

So, ek glo die boek is ‘n eerlike weergawe van hoe ons leef en as mense is. Ek glo nie aan ‘n paradoksale lewe nie. Dis nie óf die een, óf die ander nie. Dis alles – die seer en die vrolikheid, lig en donker, die mooi en die lelik. Dis wat ek in die boek ook probeer weergee het en hoekom die ligte oomblikke en die komiese belangrik was om balans te bring. Dit moes nie ‘n somber boek wees nie.

  1. Jou dogter is ernstig siek. Ek moet die vraag vra wat almal sal wil vra as hulle hierdie boek gelees het: Hoe gaan dit nou met haar?

Dankie dat jy vra. Ek waardeer die mense se belangstelling in haar. Anneke se lewe is ‘n afdraande pad en dit het nie ‘n stop nie. Ons weet nie waar dit gaan eindig nie. Op dié stadium is sy besig om haar verstand te verloor, so haar verstaan en kommunikasievermoë is ernstig aangetas. Sy kry ongeveer elke tweede week ‘n siklus epileptiese aanvalle wat haar ongeveer vir vier dae laat slaap en wanneer sy dan opstaan, sien ons hoe sy nog minder in staat is om haar verstand te gebruik.

Maar haar innerlike krag is nog net so sterk as toe sy siek geword het. Sy beur haarself baie keer uit die bed en dan staan en kyk ek in absolute verwondering. Ek sê dit ook in die boek. Hierdie krag, en haar naam, is al wat sy oor het van die mens wat sy was.

  1. Jy het 'n boek geskryf wat talle mense se lewens raak. Hoe het die skryf van hierdie boek, en sy publikasie, jóú lewe geraak?

Elke dag wat ek geskryf het, het ek met die vreesmonster langs my geskryf. Ek het die heeltyd gedink dis nie goed genoeg nie, dus het ek oor en oor geskryf tot ek tevrede was. Ek moes deur my vrese skryf, en die rede vir die eerlikheid in die boek is juis om die vrees vir die oordeel van ander te oorkom. Ek moes daardie spesifieke vrees in die oë kyk en vir myself sê ek sal hanteer wat ander met die inligting maak. Ek is heeltemal verstom deur die reaksie! Dat die boek so goed ontvang word, is vir my die grootste verrassing. Ek voel ook ‘n bietjie verleë, want ek het ‘n onvermoë om belangrik te voel en skielik is daar mense wat my spesiaal behandel.

Die weird ding is, ek is eintlik ‘n privaat mens. Ek maak myself vir min mense oop, alhoewel dit nie so in die boek lyk nie, nè?

Ek het op my verjaardag hierdie jaar, die 13de Maart, die oggend 10-uur in die bed gaan klim en myself bitter jammer gekry omdat ‘n paar uitgewers die manuskrip afgekeur het. Ek wou net nie meer sukkel nie, alhoewel Madri Victor en die redigeerder, Mandi Botha, absolute vertroue in die manuskrip gehad het. Twaalfuur het Madri en Mandi my van die Woordfees af gebel met die nuus dat Ingeborg Pelser van Jonathan Ball-uitgewers die boek wil uitgee. Sy was so opgewonde daaroor dat dit binne drie maande op die rak was.

Ek is ontsettend dankbaar dat ‘n droom waar geword het.

  1. Jy het ook twee seuns. Sonder om namens hulle te praat, hoe het jou dogter se siekte hulle lewens beïnvloed, uit jou oogpunt gesien?

Stephan is 28 en Juan 26. Die boek is aan hulle opgedra. Hulle was aan situasies blootgestel wat min ander kinders van hulle ouderdom ooit hoef te ervaar. Vroeg in hul tienerjare het hulle al anders oor geloof en die lewe begin dink en sekere “waarhede” bevraagteken, wat ander mense eers heelwat later doen, indien ooit. Hulle was vroeg in hulle lewe al meer volwasse as kinders van hul ouderdom.

Hulle het ‘n deernis vir mense ontwikkel en is in staat om na ander se probleme te luister, alhoewel hulle nie ‘n onnodige geklaery kan hanteer nie. Albei het ‘n renons in mense wat nie kan luister nie.

Maar aan die ander kant is hulle sinies oor trou en kinders hê. Ek dink nie hulle het die illusie oor die lewe wat hulle ma as jong meisie gehad het nie.

julianacoetzer650

Juliana Coetzee (foto: Jonathan Ball)

  1. Daar is onverwagse geheime oor jou verlede wat ook in die boek beskryf word. Is jy bly oor die kennis wat jy opgedoen het, of vra jy ooit "sê maar ek het nooit uitgevind nie”?

Ek is bly die waarheid het uitgekom, want dit het almal wat in die geheim vasgevang was, bevry. Ek het altyd aangevoel iets is nie reg nie, maar nooit geweet wat dit is nie. Op die ou end het ek my eie sanity begin betwyfel en gedink iets is met my verkeerd. Die openbaring van die geheim het my genees en ‘n paar ander mense ook. As dit nooit uitgekom het nie, sou ek tien teen een nou nog geworstel het met myself en ander mense sou met die geheim graf toe gegaan het.

  1. Jou boek het my as ma gekonfronteer met hoe liniêr ons almal oor tyd dink (daar is 'n begin, 'n skoolloopbaan, opleiding, verhoudings, ens, in jou kind se lewe) en hoe logies dit vir 'n ouer is om aan te neem dat jou kind sekere mylpale sal bereik. Dink jy dat jou boek op 'n manier handel oor die verlies van 'n droom, of hoe sou jy dit beskryf?

Presies dit wat jy sê. Elke ouer het drome vir sy kind, maak nie saak of dit onrealisties is nie. Ek moes elkeen van daardie drome laat gaan. Maar wat dit moeilik gemaak het, is dat Anneke se situasie nie alle drome op een slag vernietig het nie. Die agteruitgang was geleidelik en oor soveel jare dat ons slegs terugskouend kon sien wat sy nie meer kon doen nie en die mens wat sy nie meer is nie. Ek het onlangs ‘n foto van ‘n pa met sy dogter op haar troudag gesien en so jammer gevoel vir Fanus wat nooit die voorreg sal hê om haar die kerk in te bring nie.

Die verlies aan potensiaal is die ergste en ons moes staan en kyk hoe dit al hoe meer onder ons vingers wegglip. En dis ‘n aanhoudende verlies. Ek wonder baie dae wat van Anneke gaan oorbly.

  1. Het jy nog altyd geweet dat jy wil skryf, of het alles wat in jou lewe gebeur het, jou net in daardie rigting gestuur?

Ek wou altyd skryf. My standerd 9-onderwyser het eendag vir my ‘n hoë punt vir ‘n opstel gegee en daardie dag het ek geweet ek wil skryf.

  1. Skryf jy aan nog iets anders (as daar tyd is), of is hierdie die boek wat jy gepubliseer wou sien en beoog jy om hiermee te volstaan?

Ek wil bitter graag nog skryf. ‘n Tyd gelede het ek gedink ek gaan sommer iets skryf, soos “Verstaan jouself”, want dis ‘n onderwerp wat ek ken. Maar toe onthou ek hoe Anneke die naweek toe sy siek geword het, van die supertube gaan afgly het ten spyte daarvan dat sy daarvoor bang was en siek gevoel het. Toe ek haar vra hoekom sy dit doen, het sy gesê: “Omdat ek nie ‘n bang mens wil wees nie.” Toe vra ek myself die ander dag: Wat sal my die bangste maak om te skryf? En die antwoord is: fiksie. Ek is bang om iets te skryf wat nie my waarheid is nie. Dit gaan dalk tyd vat, maar dis my volgende projek.

  1. Kry jy kans om te lees, en wat lees jy self graag?

Ek is ‘n verbete leser, veral wanneer ek skryf. Dis asof die boeke my na ‘n plek verplaas waar alles van alle tye wat ooit gesê of gedink is, steeds voortleef en waar daar nie grense aan kreatiwiteit en uitdrukking is nie.

My gunstelingskrywer is Anthony Doerr. Ek lees graag boeke van Margaret Atwood, JM Coetzee, Marita van der Vyver en Ingrid Winterbach. Herman Hesse se Siddhartha het ‘n belangrike plek in my boekrak. My seuns het my bekendgestel aan Cormac McCarthy wat my geweldig frustreer en inspireer. Dan moet ek bely, ek is ook gek oor distopiese verhale soos Hunger Games en Divergent.

 

The post Tien vrae: Juliana Coetzer oor Bloedvreemd appeared first on LitNet.

Open Book 2015: Rudie van Rensburg oor Judaskus en oor spanningslektuur

$
0
0

rudievanrensburg_openbook650

Rudie van Rensburg (foto: Naomi Bruwer)

Open Book 2015: Beyers de Vos vra Rudie van Rensburg oor Judaskus en oor spanningslektuur.

  1. Watter verantwoordelikheid het misdaadskrywers as hulle geweldstonele skryf? Waar trek mens die streep?

Baie lede van die polisie het al aan my genoem dat enige geweldstoneel wat ’n misdaadskrywer kan fabriseer, reeds in die werklike lewe gebeur het. Daagliks lees mens in koerante van grumoorde (’n bylmoordenaar wat amper ’n hele gesin uitwis; ’n seun wat sy ouers en suster koelbloedig doodskiet; wrede plaasmoorde; onskuldige kinders wat slagoffers van bendegeweld is, ens). Daar word geen strepe in die werklike lewe getrek nie. Ook word die media nie gemuilband om die fyner besonderhede van sulke gebeure weer te gee nie. Daarom dink ek nie skrywers het ’n spesifieke verantwoordelikheid in dié verband nie. Daarmee sê ek egter nie dat die misdaadskrywer nie soms selfsensuur moet toepas wanneer sy fiktiewe geweldstoneel alle perke van menslikheid oorskry nie. Die skrywer moet hom afvra of hierdie toneel werklik waarde toevoeg tot die verhaal en of hy dit insluit net om oormatige sensasie te skep.

  1. Wat is dit oor die misdaad- en speurgenres wat vir jou as skrywer aanloklik is?

Alles wat die genre vir lesers aanloklik maak: spanning, intrige, onheil, konflik, raaisels en kinkels. En natuurlik ook die feit dat die goeie altyd oor die bose seëvier.

  1. Dit lyk asof die lyne tussen sogenoemde “genre”-fiksie en “literêre” fiksie besig is om te verdwyn. Stem jy saam met dié stelling en watter gevolge dink jy het dit vir die misdaadgenre?

Ek stem volmondig saam dat die lyne besig is om te verdwyn. Veral Deon Meyer, Chris Karsten en Karin Brynard het al gewys dat van hulle werke ewe gemaklik ook in die geselskap van literêre skryfwerk tuishoort. Daarmee saam verdwyn lyne tussen genre- en literêre lesers ook, wat meebring dat die poel van lesers in die misdaadgenre groter word – ’n welkome aanwins in ’n relatief klein lesersmark.

  1. Dink jy die misdaadgenre is veral relevant in Suid-Afrika, meer as in ander lande?

Die Suid-Afrikaanse misdaadskrywer (al is dit baie tragies om dit te sê) het ’n groot voorsprong bo sy internasionale eweknie, omdat hy so ’n “goeie” verwysingsraamwerk het om van te put. Suid-Afrikaanse misdaadfiksie weerspieël die werklikheid in hul omgewing baie beter as byvoorbeeld Skandinawiese misdaadfiksie. Dit maak die genre wel meer relevant hier – en vervul ’n rol waar die leser die gerusstelling kry dat die bose wel oorwin kan word, al is dit dan ook net binne die bestek van ’n boek.

  1. Aangesien misdaad so ’n populêre genre is en daar soveel keuses beskikbaar is, hoe maak jy seker jou werk is oorspronklik/vars?

Ek skryf spesifiek misdaadfiksie (en nie speurromans nie) omdat ek daarvan hou om die misdadiger ’n meer aktiewe rol in die narratief te laat speel. In tradisionele speurromans is dit net die speurder wat eksplisiet gekarakteriseer word en dien die ander karakters as oppervlakkige aanvulling tot die intrige. Ek hou daarvan om in die psige van die misdadiger rond te grawe en om “na redes te soek” vir sy misdadige optrede. Dit laat my ook toe om verskillende verhaallyne in my storie in te weef waar die speurder nie heeltyd die sentrale karakter is nie. Ook waar die klem meestal verskuif van “wiewassit?” na “waaromwassit?”, maar sonder om die belangrike element van naderende onheil te  ondermyn. Ek glo hierdie benadering stel my in staat om ten minste elke keer vars oor die genre te dink.

  1. Die karakter van die speurder is ’n belangrike figuur in die misdaadgenre, maar ook ’n karakter wat maklik in ’n cliché kan verander. Hoe skryf jy só ’n karakter wat kan uitstaan tussen ander soortgelyke karakters?

Om ’n unieke speurder te skep is so moeilik as om ’n naam vir jou nuwe sakeonderneming te registreer – alles is al gevat! Daarom moes ek diep delf om met Kassie Kasselman vorendag te kom: ’n fanatiese filatelis wat floreer op boeremusiek en creme soda, maar ’n alleenloper-bleeksiel wat nie op sy verslonste voorkoms takseer moet word nie. Kassie se groot voordeel is dat misdadigers hom hopeloos onderskat, wat weer aan my ander moontlikhede bied as wat ’n skrywer sou hê met ’n konvensionele macho-held.

  1. Hoe belangrik is navorsing, veral in verband met byvoorbeeld polisieprosedures?

Navorsing is baie belangrik as mens geloofwaardig wil skryf. Maar hier moet ook ’n fyn balans gehandhaaf word. ’n Skrywer mag nooit so oorbehep met sy navorsing raak dat dit die storie doodsmoor nie. Die storie bly koning. Ek vergelyk dit graag met ’n skildery, waar die skilder eers sy rou doek toeverf met agtergrondkleure (navorsing) en dan sy prent (storie) daarop verf. Die agtergrondkleure verskaf diepte aan die skildery, maar dit verloor trefkrag wanneer te veel daarvan deurslaan. Dieselfde reël geld vir polisieprosedures en forensiese bewyse. Dit moet so hanteer word dat dit geloofwaardig oorkom, maar mens moet daarteen waak dat die tegniese besonderhede en polisiekliektaal nie die leser verwar, oorweldig of verveel nie. Jy skryf immers nie om die polisiediens se goedkeuring weg te dra nie, maar om die breë publiek ’n genotvolle leeservaring te gee. 

openbook2015banier

Rudie van Rensburg is in September by die Open Book-fees in Kaapstad te sien. Besoek Open Book se webwerf vir nog besonderhede en vir die fees se volledige program.

The post Open Book 2015: Rudie van Rensburg oor Judaskus en oor spanningslektuur appeared first on LitNet.

Open Book 2015: Lien Botha oor Wonderboom

$
0
0

openbook2015banier

 

Open Book 2015: Beyers de Vos vra Lien Botha oor Wonderboom.

 

 

 

  1. Beskryf asseblief kortliks waaroor jou debuutroman handel.

wonderboom250Wonderboom kan beskou word as ‘n  distopiese roman wat afspeel in ‘n  postapokaliptiese tyd binne die Suid-Afrikaanse landskap. Dit is die era van die ontgogelde digitale boorling en alle bronne is skaars. Die gevolg is dat die skeiding tussen ryk en arm meer skreiend is as ooit vantevore, en veral in die “buiteposte” gaan dit benouend.

Die hoofkarakter, Magriet Vos, is ‘n  vyftigjarige violis wie se geheue besig is om die gees te gee. Omdat sy gereeld aan die “hof” van die despotiese maghebber, Albino X, optree, hou haar toenemende rasionele onvermoë vir haar ‘n  wesenlike gevaar in, want wanneer sy nie meer daartoe in staat sal wees om vir hom te speel nie, gaan hy haar van kant maak en haar oorskot na die taksidermis stuur om sy diorama aan te vul.

In haar kusdorp is daar weinig vriende of familie oor en sy is dus uitgelewer aan migrasie noordwaarts, terug na die Magaliesberg, waar die laaste lede van haar stam woon. Soos die reis vorder en haar syn al meer kwyn, plunder Vos haar verlede en geheue in ‘n  desperate poging om die postrevolusionêre wasteland te oorleef met die hoop om veilig “tuis” te kom in ‘n  reisverhaal wat terselfdertyd as “uiteenvallende dagboek” funksioneer.

Haar medium, musiek, vorm ‘n  sintese in die struktuur van die roman om onder andere ritme, toonwaarde en tempo aan die teks te verleen. Terselfdertyd is ‘n  bewuste poging aangewend om na bestaande skrywers se tekste te verwys, hetsy as ode of parodie.

Magriet Vos se reis begin in Bettysbaai aan die suidelike kus van Suid-Afrika en ontplooi deur middel van vier “stemme” of perspektiewe:

- die hoofverteller (belig die idiosinkratiese blik van Magriet Vos)

- Magriet se dagboek

- ensiklopedie (eindnotas)

- disintegrerende fototekste: konstruksies/collages wat dien as inleiding tot elke hoofstuk en verwys na die “image sequence” van die Britse fotograaf Eadweard James Muybridge (1830–1904) en wat hier as ontbindende beeldsekwensie toegepas word om teks en beeld te laat swaelstert.

Die boom dien deurgaans as sentrale metafoor − beide as ‘n spil in die natuur en as bron van “kennis van goed en kwaad”.

  1. Wat was die inspirasie vir jou roman en wat het jou die moed gegee om uiteindelik pen op papier te sit?

Die boek het oor jare versamel ... ek sien dit nou. Om in Bettysbaai te kom woon vir sowat ‘n dekade het egter die verhaal laat uitbroei – ek dink omdat dit so intens en eensaam is, omdat mens digby die natuur beweeg en omdat jy genoop word om jou eie oorlewing te wil verhaal voordat jy dan self hier tussen die wesentlike aard van ons bestaan begin uitvrot.

Keuring vir die skryfkursus by die Universiteit van Kaapstad het wel aan my die nodige selfvertroue verleen om finaal die hef in die hand te neem, en dit is iets waarvoor ek ewig dankbaar sal wees.

  1. Wat is jou advies vir opkomende skrywers wat uitgewers wil nader met hul manuskripte?

Bewerk en voltooi jou manuskrip so sorgvuldig as moontlik, maw wees uiters krities oor die afronding daarvan in terme van al die elemente daarin. Ek is daarvan vas oortuig dat ‘n uitgewer nie oor lastige jakkalsies wil struikel nie.lienbotha300

  1. Wat weet jy nou oor die uitgeeproses wat jy wens jy geweet het voor jou debuut?

Hoe fel die reklame-aspek daaraan verbonde is. Volgende keer sal ek sorg dat ek fikser is deur byvoorbeeld berge te begin uitklim ‘n jaar voor die boek verskyn.

  1. Dink jy daar is genoeg ondersteuning in die bedryf vir nuwe skrywers?

Ja, dit wil vir my so voorkom. Ek kry die idee dat Afrikaanse skrywers gekoester word deur die fyn netwerk wat hierdie taal aan die lewe hou.

  1. Beskryf kortliks jou skryfproses? Hoe lank het jy aan jou debuutroman geskryf en het dié skryfproses verander noudat jou debuut uitgegee is?

Vroeg soggens tot so middagete se kant en dan dikwels weer vanaf laatmiddag of weer heelwat later in die aand. Ek het gepoog om in ‘n roetine te kom, maar mens moet skik tussen jou ander verpligtinge deur. Met Wonderboom wat geloods is deur ‘n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns het ek genadiglik vir Etienne van Heerden gehad wat oor my skouer geloer het. Die skryf het altesaam sowat ‘n jaar geneem. Ek onthou dat Lauren Beukes een keer met ons klas kom gesels het en haar advies was dat as jy ‘n duisend woorde ‘n dag skryf, het jy binne ‘n jaar ‘n boek.

Op die oomblik skryf ek nogal chaoties en gebruik selektief alles wat elke dag om my gebeur – dit is ‘n tyd van verhuising en ontnugtering, maar ek glo dat die intensiteit hiervan sinvol sal manifesteer.

  1. Wie is jou skrywershelde?

Plaaslik: Willem Anker, Marlene van Niekerk, Ingrid Winterbach, Etienne van Heerden, Chris Karsten, Wilma Stockenström, Deborah Steinmair, Eben Venter, Anna M Louw, Imraan Coovadia, Henrietta Rose-Innes, Jonny Steinberg …

Internasionaal: WG Sebald, Margaret Atwood, Jim Crace, Anne Michaels, Julian Barnes, John Steinbeck, Ian McEwan, Primo Levi, Aminatta Forna, Ben Okri, Charles Dickens, Roald Dahl, Orhan Pamuk, Haruki Murakami, VS Naipaul …

 

The post Open Book 2015: Lien Botha oor Wonderboom appeared first on LitNet.

Tien vrae: André Fourie oor Monochroom reënboog

$
0
0

monochroomreenboog650

Skrywers oor hul nuwe boeke: André Fourie oor Monochroom reënboog

  1. Waarom het jy Monochroom reënboog geskryf – en was daar een idee/emosie waaruit die boek ontspring het, of kan jy verskillende faktore as inspirasie noem?

Ons woon tans in Engeland en eendag het die verlange na Suid-Afrika en my mense die oorhand gekry. Ek het sommer begin skryf aan ‘n storie uit my kinderjare in Bloemfontein en toe ek weer sien, het ‘n boek begin vorm aanneem.

  1. Die titel roep kleurvolle en ook teenstrydige aspekte op: vertel asseblief iets hiervan.

Suid-Afrika staan as die reënboognasie bekend, maar ons weet almal dat daar ‘n tyd was (en selfs vandag nog is) toe die reënboog nie so kleurvol was nie en hoofsaaklik maar in skakerings van swart en wit was. Dit titel verwys ook na ‘n blaai deur ‘n album vol monochroom foto’s van onthoutye en wonderlike (maar ook nie-so-wonderlike-nie), kleurvolle dae.

  1. Waaroor handel die storie?

Dit is die verhaal van Abrie, ‘n seun wat grootword gedurende die 1960’s en 1970’s in Bloemfontein. Die storie strek oor tien jaar en vertel van Abrie se lief en leed, sy verhoudings met mense van verskillende kultuurgroepe, sy bewuswording van apartheid en sy twyfel in die standpunt wat hy ten opsigte van die kwessie moet inneem. Abrie se tienerhormone skop ook in met gepaardgaande eerste liefde (en later ernstiger romanse). Die laaste gedeelte van die boek handel oor sy diensplig, belewenisse op die grens en die impak wat dit op sy lewe gehad het.

  1. Wat was die moeilikste aspek van die skryfproses van hierdie boek, en hoekom?

Ek het die boek aanvanklik in die eerste persoon geskryf, maar toe klink dit vir my te veel na ‘n outobiografie – iets wat ek nie wou geskryf het nie. Om mense te beskerm is name verander en konteks is soms vir dramatiese effek of ander redes aangepas. Ek het besef dat daar baie Abries in Suid-Afrika is en hierdie storie is hulle storie. Ek het toe die hele storie in die derde persoon oorgeskryf. Dit was dus vir my moeilik om die storie nie soos ‘n outobiografie te laat klink nie, selfs al is dit meestal my eie ervarings. Verder moes ek daarteen waak om die storie nie ‘n politieke geur te gee nie – dit was vir my krities belangrik. Die storie word vertel soos dit beleef is, sonder enige kommentaar.

monochroom_andrefourie

André Fourie

  1. Het jy op enige plek in die manuskrip ‘n dooie punt bereik en indien wel, wat het veroorsaak dat jy dit kon oorkom?

Toe ek aan die weermaggedeeltes begin werk het, veral die belewenisse op die grens, het ek toegeslaan. Baie van ons manne het werklik traumatiese belewenisse tydens die bosoorlog gehad en heelwat van my geslag is nog van die ou garde wat sulke ervarings nie op die mou dra nie – dit word diep weggepak. En skielik is ek toe in ‘n situasie waar ek moet diep delf om hierdie herinneringe uit te grawe. Een hoofstuk het my werklik drie maande geneem om te voltooi.

  1. Wat was vir jou die belangrikste: plot, karakter, ruimte, atmosfeer of tema?

O, beslis atmosfeer. Dit was vir my baie belangrik dat die leser op bladsy 1 na die 1960’s teruggevoer word en dan eers wanneer die boek neergesit word, weer daar uitklim. Dit is waarom ek sekere woorde gebruik wat vandag dalk in onbruik verval het. Ek het vir ‘n groep moderne tieners gevra of hulle weet wat “groovy” beteken. Hulle het my vraend aangekyk totdat een meisie vra: “Oom, is dit nie amper soos ‘cool’ nie?” Verder gebruik ek hier en daar ‘n woord wat vandag polities nie korrek is nie, maar wat vir my van kardinale belang was binne die konteks waarin dit gebruik is. Ek wou die atmosfeer so realisties as moontlik hou.

  1. Het jy, nadat die manuskrip voltooi is, dit vir ander mense gewys voor dit gepubliseer is?

Dit is my eerste vollengte-roman (my vorige werke was ‘n motiveringsboek en tydskrifverhale) en ‘n ou twyfel maar of dit gaan werk of nie. Ek het die manuskrip dus vir twee skrywervriende gestuur en nadat hulle die groen lig gegee het, het ek dit ook aan geselekteerde persone gestuur vir kommentaar – kommentaar wat ek toe kon gebruik om die boek te bemark.

  1. Skrywers het nie ‘n pensioen nie, boeke maak meestal nie ryk nie. Waarom skryf jy?

Vir my is dit ‘n ernstige stokperdjie en ontvlugting. Dit is vir my heerlik om in ‘n nuutgeskepte karakter te klim.

  1. Werk jy reeds weer aan ‘n volgende manuskrip?

Ek het twee idees en werk tans aan die een, ‘n meer filosofiese werk wat vrae vra oor rykdom/armoede, selfvergenoegdheid/ambisie en geluk. Die ander een is ‘n bundel kortverhale in die trant van Koöperasiestories.

  1. Wie is jou skryfhelde (plaaslik en Afrikaans, maar ook internasionaal)?

As kind het ek PJ Schoeman se boeke verslind. Ek hou van stories – boeke en rolprente – wat ‘n greep uit die alledaagse lewe gee, hetsy die verlede of die moderne tyd. Om daardie rede hou ek van PG du Plessis, Dana Snyman en Daleen Matthee se werk. Internasionaal is daar so ‘n groot verskeidenheid dat ek nie een spesifieke skrywer kan uitsonder nie – miskien Frank McCourt. Ek gaan deur fases en tans lees ek graag werke soos dié van Nietzsche, Trotsky en Viktor Frankl.

____________________________

Internasionaal beskikbaar as e-boek en slapband by Amazon, Smashwords en Createspace

Suid-Afrika: Doen navraag by enige boekhandel en vra dat die boek bestel word as dit nie in voorraad is nie. Tans beskikbaar by Protea en Exclusive Books. Ook as e-boek beskikbaar by Leserskring, Kwarts Uitgewers en (binnekort) by On the Dot en Takealot.

Kontak Desiré Hurst as jy nie regkom nie. Sy kan die boek pos (R200 insluitend posgeld). Sel: 082 871 8028. Tel: (012) 345-5541. E-pos: mikedes@mweb.co.za. Of kontak die skrywer: fourieaj@hotmail.com.

 

 

The post Tien vrae: André Fourie oor Monochroom reënboog appeared first on LitNet.


Ná Open Book 2015: Onderhoud met Debbie Loots, skrywer van Split

$
0
0

debbieloots_flitsfoto

Debbie Loots (foto: YouTube)

Open Book 2015 is pas verby. Debbie Loots was daar. Beyers de Vos het haar uitgevra oor Split.

  1. Beskryf asseblief kortliks waaroor jou debuutroman handel.

Split speel af in die jare sewentig en tagtig en vertel die storie van 'n huis​gesin wat gedurig trek. Die verhaal word deur die stemme van vier mense vertel: die ma Vera, haar man, Willem, tweede man, Hendrik, en dogter, Lien. Kwessies van onderdrukking, ou lewenspatrone wat herhaal word, en pogings om hulle omstandighede te verander word veral uitgelig deur Vera en Lien se onderskeie soeke na betekenis.

  1. Wat was die inspirasie vir jou roman en wat het jou die moed gegee om uiteindelik pen op papier te sit?

​Ek wou, onder andere, deur die oogpunt van twee​ vroue wat gedurende 'n spesifieke tyd  in Suid-Afrika geleef het, wys hoe moeilik dit was, en in baie gevalle steeds is, vir vroue om hulleself uit eng, stereotipiese rolle te bevry sodat 'n breër denkwyse en lewensvisie kan posvat.

Moed? Dit was hoog tyd, ek wou nog altyd, en onder die begeleiding van iemand soos Etienne van Heerden het ek onbeskryflik baie geleer, het ek as't ware my "skrywerstem" ontdek.

  1. Wat is jou advies vir opkomende skrywers wat uitgewers wil nader met hul manuskripte?

​Uitgewers waardeer skoon manuskripte: maak seker oor spelling en taalreëls. Moenie van uitgewers verwag om jou werk vir jou te doen nie, te raai waar kommas en punte moet wees nie. En deeltekens. Onthou hulle kry baie manuskripte onder oë.  ​

  1. Wat weet jy nou oor die uitgeeproses wat jy wens jy geweet het voor jou debuut?

​Ek wens ek het geweet dit gaan so lekker ​wees​. Dat tydens die ​redigerings​proses, soveel mense jou storie lees, terugvoering gee, ondersteun, raad gee, regtig belangstel. Dit is soos 'n oase in die woestyn van jare lange eensaamheid as skrywer. As ek dit besef het, het ek nie so lank gewag om my eerste boek te skryf nie!​​

  1. Dink jy daar is genoeg ondersteuning in die bedryf vir nuwe skrywers?

​Beslis. Daar is altyd ondersteuning en verwelkomende,​ oop arms​ vir 'n skrywer met talent en 'n goeie storie. 

  1. Beskryf kortliks jou skryfproses? Hoe lank het jy aan jou roman geskryf en het dié skryfproses verander noudat jou debuut uitgegee is?

​Ek het om en by drie jaar aan die roman gewerk. Dit was deel van my meestersgraad in kreatiewe skryfkuns aan UK en die eerste jaar ​het maar meestal bestaan uit ​probeerslae, oefenlopies en leer oor karakter en ​"​plot"​, en besluit watter rigting ​my​ storie uiteindelik gaan inslaan. Die twee jaar daarna was skryf, skryf, sny, sny, terugskryf en weer sny. 

Ek is nou meer gesout in die proses en dit gaan ​deesdae ​baie vinniger. Ek ken myself beter as skrywer en kan die slaggate van ver af sien​ aankom – ek tuimel deesdae ​nie meer so ​onverwags in nie. Wel, nie meer so ​gereeld​ nie.

  1.     Wie is jou skrywershelde?

Afrikaans: Jeanne Goosen, Welma Odendaal, Elsa Joubert, Jan Rabie, Willem Anker, Ingrid Winterbach, en nou ook Lien Botha.

Engels:​ Margaret Atwood, Miles Franklin, John Fowles, Raymond Carver, Graham Greene, Julian Barnes, Nevil Shute, Alain de Botton.

The post Ná Open Book 2015: Onderhoud met Debbie Loots, skrywer van Split appeared first on LitNet.

Eugène Marais die Boheemse Boer in Londen

$
0
0

Een van die talle raaisels oor die lewe van die beroemde Afrikaanse letterkundige Eugène Marais handel oor sy jare in Londen toe hy in die regte studeer het. In ’n opspraakwekkende boek wat pas deur Tafelberg uitgegee is, kom die skrywer, Carel van der Merwe, met talle verrassende ontdekkinge vorendag wat hy met vers en kapittel staaf. Jean Oosthuizen het met hom gesels oor sy nuwe boek en hom uitgevra oor die nuwe inligting wat hy ontdek het. In die jongste boek oor Marais konsentreer die skrywer op Marais se geheime aktiwiteite voor, tydens en ná die Anglo-Boereoorlog.

donderstroom2

“Nóg ’n boek oor Eugène Marais?” sal baie mense seker vra. Wat is dit van hierdie veelbesproke Suid-Afrikaner wat al so lank dood is wat mense so fassineer dat daar nou nog boeke oor hom geskryf word?

Seker dieselfde dinge wat my fassineer. Wie was hierdie veelsydige Afrikaner wat so baie verskillende rolle in sy lewe vervul het? Om sommige daarvan te noem: onverskrokke jong joernalis en koeranteienaar wat die bejaarde en formidabele pres Paul Kruger – reeds destyds ’n volksheld vir baie Afrikaners – oor sy regering se korrupsie en wanadministrasie aangevat het; wewenaar op jong ouderdom toe sy beeldskone jong vrou kort na die geboorte van hul eerste kind gesterf het; vredemaker tussen die Uitlanders en die Krugerregering tydens die Jameson-inval; daarna regstudent vir vyf jaar in Londen, ’n tydperk waaroor baie min bekend is; toe lid van ’n geheime ekspedisie wat tydens die Anglo-Boereoorlog gepoog het om wapens en geneesmiddels deur Mosambiek na die Boeremagte te smokkel; later advokaat en kritikus van die naoorlogse Milner-regering; prominente figuur in die Tweede Afrikaanse Taalbeweging; toe amperse kluisenaar in die Waterberg vir ’n dekade; daarna skrywer van die beroemde letterkundige en natuurwetenskaplike werke wat alombekend is. En natuurlik ook die ewige Boheemse swerwer met die morfien/opiumgewoonte wat Leon Rousseau so treffend in Die groot verlange (1974) uitgebeeld het.

2-Milner

Marais was na die ABO ’n groot bewonderaar van lord Alfred Milner, Britse hoë kommissaris van Suid-Afrika.

Dit is omtrént veelsydig! Waar pas hier die Boheemse swerwer regtig in?

Ek het die indruk gevorm dat Marais glad nie ingepas het in die tydvak en land waarin hy hom bevind het nie. Hy moes eerder in Parys in die 1960’s gelewe het – daar sou hy meer tuis gevoel het.

Waar kom jou eie belangstelling in Eugène Marais vandaan?

My eerste kennismaking met Marais was toe ek “Winternag” op hoërskool in die 1970’s uit die hoof moes leer, soos seker baie ander van my generasie. Ek onthou dié gedig van hom as een van die weinige wat ek op daardie tydstip in my lewe waardeer het! Dit is seker hoekom ek later, in my dertigerjare, op die ingewing van die oomblik sy Die Siel van die Mier in ’n tweedehandse boekwinkel in Melville gekoop het. Dié boek het ’n groot indruk op my gemaak. Soos soms gebeur wanneer mens sekere werke lees, kon ek agter die woorde ’n geweldige intelligensie bespeur, iemand met ’n wonderlike waarnemingsvermoë, asook die besonderse vermoë om ’n leser te oortuig, maar ook iemand met ’n sonderlinge, amper pessimistiese, uitkyk op die lewe. Daarna het ek alles van Marais verslind waarop ek my hande kon lê, iets wat my aanvanklike opinie oor hom net verder versterk het. En natuurlik lees ek toe ook Die groot verlange van Leon Rousseau, sy aangrypende lewensverhaal van Marais, wat ook die saad geplant het vir my boek Donker stroom – Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog.

Jy het aanvanklik beplan om ’n roman oor Marais te skryf, maar dit het in heeltemal iets anders ontwikkel. Hoe het dit gebeur dat jy uiteindelik nie ’n roman oor hom geskryf het soos wat jy oorspronklik beplan het nie?

My gedagte vir ’n roman is geprikkel deur Leon Rousseau se stelling in Die groot verlange dat hy baie min kon uitvind oor Marais se lewe as regstudent in Engeland tussen 1897 en 1902, jare waarin die ABO natuurlik plaasgevind het. Rousseau was self in Londen om inligting hieroor op te spoor, maar sy bevinding was: “[D]it was byna of iemand die spore doodgevee het; of anders was die leidrade vals.” Vir jare het ek toe met die idee in my kop rondgeloop om eendag ’n roman te skryf met Eugène Marais as hoofkarakter en die historiese Londen en gebeure as agtergrond. Die gedagte wat by my vasgesteek het was: Wat sou ’n patriotiese Boer in daardie tyd gevoel en beleef het in die hoofstad van die magtige ryk wat in ’n bitter stryd met sy eie volk gewikkel was?

En toe volg jy sy spoor tot in Londen!

Ja, toe ek uiteindelik so ver kom om die roman aan te pak, was ek nie van plan om Marais se doen en late in die buiteland verder na te vors nie, veral nie in die lig van Rousseau se waarskuwing oor koue spore en vals leidrade nie. Ek was egter nuuskierig oor presies wanneer Marais sy regseksamens afgelê het by die Inner Temple, die inrigting in Londen waar hy studeer het, asook wat sy uitslae was, aangesien Rousseau hierdie inligting slegs ten dele in sy boek weergegee het. Ek het ’n e-pos-navraag hieroor aan die Inner Temple gerig, en die inligting wat ek van hul argivaris ontvang het, het my in ’n rigting gestuur wat ek nie in my wildste drome verwag het nie. Ek het mettertyd soveel nuwe feite ontdek dat ek besef het dat dit ’n feitelike boek van sy eie regverdig – derhalwe Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog.

6-Marais-se-huis-saam-met-die-skrywer

Marais het vir die grootste gedeelte van die ABO in ’n skakelhuis in 28 Coleshill Road, Teddington, in die suidweste van Londen, gewoon. Die ingang na sy losieshuis is die regterkantse een van die twee deure net agter die skrywer.

Hoe lank het jy aan die boek gewerk?

Die navorsing vir en skryf van die boek het my so twee en ’n half jaar besig gehou.

Rousseau se boek is waarskynlik die bekendste werk oor Eugène Marais. Hoe verskil jou boek van Die groot verlange?

“Waarskynlik die bekendste werk” is om dit baie sagkens te stel – Die groot verlange was ’n grensverskuiwende werk, en is een van my gunstelingboeke. Maar soos Rousseau self verklaar het, was sy oogmerk om ’n leesbare lewensverhaal eerder as ’n volledig gedokumenteerde biografie te skryf, iets waarin hy natuurlik uitmuntend geslaag het. Sy boek omvat dus Marais se hele lewe, van geboorte tot sterfte, maar bevat geen voetnotas, bronverwysings of verantwoordings nie.

Donker stroom, daarenteen, handel grotendeels oor twee dekades in Marais se lewe: die tydperk van 1887 (toe hy as 17-jarige seun uit die Paarl in Pretoria aangekom het) tot 1907 (toe hy as 37-jarige man uit Johannesburg na die Waterberg verhuis het). Maar ek het wel vir die leser wat nie Die groot verlange gelees het nie, of nie bekend is met Marais se verhaal nie, ’n kort lewensoorsig verskaf. In die algemeen het ek sover moontlik probeer vermy om te herhaal wat Rousseau reeds geskryf het, en eerder gekonsentreer op Marais se geheime aktiwiteite voor, tydens en ná die Anglo-Boereoorlog. Ek het ook gou besef dat die magdom verrassende feite wat ek ontdek het, omstrede mag wees, en het dus vir die leser wat belangstel verantwoordings en (onopsigtelike) bronverwysings verskaf vir elke stelling wat ek oor hierdie aktiwiteite gemaak het.

Een van die kenmerke van Marais se veelbesproke lewe is die talle raaisels wat sy lewe kenmerk. Kon jy daarin slaag om van die raaisels te ontrafel, en hoe het jy te werk gegaan?

Ja, ek kon, veral oor Marais se doen en late tydens die “onbekende” jare wat hy in Londen deurgebring het. Maar ook oor die volle omvang van sy politieke en joernalistieke aktiwiteite in die jare kort voor en ná die ABO. Een leidraad het na ’n ander gelei, wat my geneem het na omtrent 20 verskillende argiewe en biblioteke se versamelings in Suid-Afrika en in die buiteland.

Daar is heelwat teenstrydighede rondom Marais se lewe. Selfs sy geboortedatum op sy paspoort verskil van dié van ander bronne. Is dit ’n onbenullige teenstrydigheid of steek daar dalk meer daaragter?

Nee, dit is nie ’n onbenullige teenstrydigheid nie. Om uit te vind wat Marais se werklike geboortedatum was, het ’n soektog van sy eie geverg. En in dié proses het ek mettertyd besef dat mens baie versigtig met die algemeen aanvaarde feite in Marais se lewe moet omgaan.

 

5-Fitzpatrik

Percy FitzPatrick, skrywer van Jock of the Bushveld, ’n vurige Britse imperialis met wie Marais voor, tydens en na die ABO bevriend was.

As mens jou in die Marais-oeuvre sou verdiep, is “nuwe onthullings” bra skaars, maar daar duik gedurig nuwe vrae op. Hy was byvoorbeeld ’n vurige voorstander van die Afrikaner se saak soos wat ons hom leer ken het. Maar in jou boek blyk dit dat hy ook hand om die blaas was met mense soos Percy FitzPatrick en ander vurige Britse imperialiste. So, waar het Marais se lojaliteit regtig gelê?

Vriendskappe met andersdenkendes sluit nie noodwendig lojaliteit teenoor jou eie volk uit nie. Maar soos vandag het mense ook destyds verskil oor wat in die beste belang van hul volk is. Marais was nie ’n kuddedier nie, en het onafhanklik sy eie menings oor politieke sake gevorm.

Jy fokus in jou boek veral op sy jare in Londen. Baie mense het gedink daar is weinig nuwe inligting daaroor beskikbaar. Rousseau het byvoorbeeld geglo Marais se tyd in Londen is vir die geskiedenis verlore. In Donker stroom ontdek ons nou presies waarmee Marais tydens die Anglo-Boereoorlog besig was. Lyk my dit het veel meer met lord Milner en die Randlords te doen as wat ’n mens jou kan indink?

Ja, dit het. Maar dit sal onregverdig wees teenoor Marais en mense wat nog nie my boek gelees het nie om hier buite konteks op daardie aspek kommentaar te lewer. In Donker stroom verduidelik ek egter uitvoerig hoekom Marais opgetree en gedink het soos hy het.

Kon jy vasstel wie hom daar in Londen onderhou het? Was dit wel die Victoriaanse romanskrywer Marie Corelli soos wat Friedel Hansen bespiegel in sy boek Handdruk van die dood?

Nee, dit was nie Marie Corelli nie. Marais het fondse uit verskeie bronne gekry, wat ek volledig in Donker stroom uiteensit.

3-Eugene-Marais-joenalis

Marais was ’n onverskrokke jong joernalis wat nie geskroom het om pres Paul Kruger en sy regering se wandade oop te vlek nie.

Marais het ook vertel dat hy in Londen bevriend was met WT Stead, ’n beroemde koerantredakteur, asook met Arthur Conan Doyle, die skepper van Sherlock Holmes. Dink jy dis waar?

Ek kon geen direkte bewyse daarvoor vind nie. Maar Marais het wel in Londen vir John Hays Hammond geken, een van die Johannesburg Reformers wat in 1895 saamgesweer het om die regering van pres Paul Kruger omver te werp, en wat ook ’n goeie vriend van WT Stead was. Verder het Marais gedurende sy eerste twee jaar in Londen binne stapafstand van Hammond se huis gewoon. Hammond kon Marais dus wel aan Stead voorgestel het. Dit is ook insiggewend dat Lenie Marais, die eggenote van Melt, ’n broer van Eugène Marais, in 1904 ’n tuinparty vir Stead in Pretoria gehou het, toe Marais ook weer hier gewoon het.

Op sy beurt was Stead bevriend met Arthur Conan Doyle, en Marais kon dus ook laasgenoemde deur hom ontmoet het. Verder het Marais, Stead en Doyle ’n belangstelling gedeel in die teosofiese leerstellings van die enigmatiese Madame Blavatsky, waardeur hulle ook moontlik in Londen met mekaar kon kennis gemaak het.

Die Inner Temple, waaraan hy as regstudent behoort het, is in Fleetstraat, wat tot in die 1980’s die meeste groot koerante en tydskrifte se redaksiekantore gehuisves het. Sou hy dalk daar ook as buitelandse korrespondent onder ’n skuilnaam as joernalis gewerk het en wat sou sy rol gewees het?

My navorsing het nie die geringste aanduiding hiervan opgelewer nie. En mens moet jou afvra hoekom ’n Britse koerant of tydskrif ’n uitgeweke Suid-Afrikaner as ’n korrespondent sou aanstel om oor Engelse landsake verslag te doen, of selfs oor sake in Suid-Afrika. Voor en tydens die Anglo-Boereoorlog het die Britse koerante hul eie korrespondente in Suid-Afrika gehad wat die nuus direk daarvandaan gerapporteer het – wat sou Marais hulle kon gebied het?

7-Marais-se-vrou

Marais se beeldskone jong vrou, Lettie Beyers, wat oorlede is minder as ’n jaar na hulle getrou het.

Dit is alom bekend dat Marais soms oordryf het. By tye het hy selfs spaarsamig met die waarheid omgegaan, om dit sag te stel. Die hele sage rondom die egtheid van Racheltjie de Beer se heldedaad is maar een voorbeeld. Watter rol het dié eienskap van Marais gespeel in sy loopbaan as joernalis as mens kyk na sy dubbele rol as koerantman by Land en Volk en Cape Times?

Na my mening het dit geen rol gespeel nie. Maar dit is so dat verskillende koerante dieselfde stel feite soms subtiel anders aanbied in die lig van die voorkeure van hul spesifieke lesersmark. Wanneer Marais vir die Cape Times in Kaapstad geskryf het, kon hy soms heftiger oor sekere gebeure en persoonlikhede in die Transvaal gewees het as wanneer hy vir Land en Volk in Pretoria geskryf het.

In ’n onderhoud wat ek vir LitNet met Friedel Hansen gevoer het, sê hy Marais se gedrag en optrede was by tye eienaardig, selfs vreemd. Hy was ’n enigma, ’n onvervulde genie wat dit moeilik gevind het om by die alledaagse lewe in te pas en aan te pas; hy was ’n swerwer, die ewige soeker. Hoe sou jý hom opsom?

Ek moet bieg dit is bokant my vuurmaakplek om enigiemand in ’n paragraaf op te som, wat nog ’n komplekse persoonlikheid soos Marais. Boonop verander sekere fasette van elke mens met die verloop van tyd – so ook in die geval van Marais. Die Marais van 1900 was nie dieselfde as die Marais van 1920 nie.

Een van die “waarskynlikhede” wat Hansen in sy boek noem, is die sensasionele aanname dat Herman Charles Bosman die buite-egtelike seun van Eugène Marais is. Die Eugene Marais Stigting sê hulle kan die bewering nie bevestig of ontken nie. By navrae het Egbert van Bart, stigterslid van die HC Bosman Literêre Vereniging, gemeen dit is onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie, terwyl ander meen dit is ’n romantiese idee wat waarskynlik geen gronde het nie. Kon jy enige iets meer hieroor uitvind in jou navorsing?

Nee, ek het nie spesifiek navorsing oor hierdie “waarskynlikheid” gedoen nie. Soos ek dit verstaan, baseer Hansen sy stelling op ’n brief wat een van sy radioluisteraars in die 1980’s aan hom gestuur het. Volgens hierdie ongeïdentifiseerde luisteraar het Marais in 1904 in Potchefstroom gewoon, waar hy kwansuis vir Elisa Malan, Bosman se ma, swanger gemaak het.

In die lig daarvan dat ongeveer 80 jaar tussen hierdie kwansuise gebeure en die brief verloop het, moes hierdie luisteraar dus ’n hoorsê-storie aan Hansen oorgedra het. Hansen glo egter dat dit waar kan wees, omrede Elisa Malan “moontlik” in dieselfde jare as Marais in die Paarl skoolgegaan het, waar hy haar moontlik leer ken het, en toe weer moontlik ongeveer twee dekades later in Potchefstroom raakgeloop het en sommer swanger gemaak het. Jy sal opmerk hoeveel “moontliks” daar in die voorgaande sin is.

En al bewys wat Hansen aanbied om Marais se verblyf in Potchefstroom te staaf, is dat daar (volgens hom) niks bekend is oor wat Marais in 1904 gedoen het nie, en hy dus toe moontlik daar kon gewoon het. Soos ek egter in my boek aantoon, dui my navorsing daarop dat Marais van September 1902 tot aan die begin van 1906 in Pretoria gewoon het, en in hierdie jare aktief by Land en Volk en die regsberoep betrokke was. Hansen sal dus met werklike naspeurbare bewyse vorendag moet kom voor dit die moeite werd sal wees om enigsins aandag aan sy sensasionele aannames te gee. Dit geld ook vir sy stelling dat Marais waarskynlik in Londen tersiêre sifilis opgedoen het.

1-Joseph-Chamberlain

Joseph Chamberlain, Britse minister van kolonies, het na ’n vergadering met Marais in Londen tydens die ABO verklaar: “He is a very intelligent man and made a considerable impression upon me.”

Nog iets wat Marais se lewe gekenmerk het, is sy dwelmverslawing. Skryf jy ook daaroor in jou boek?

Ja. Verskeie mense het tydens die ABO oor hierdie aspek van Marais se lewe in Londen kommentaar gelewer, en ek bespreek dit volledig.

Wat was die opspraakwekkendste ontdekking oor Marais se lewe waarop jy tydens jou navorsing afgekom het?

Ek het talle verrassende ontdekkings gemaak, maar die een wat my die meeste getref het, was ’n lang memorandum wat Marais tydens die ABO geskryf het aan Joseph Chamberlain, die Britse minister van kolonies, ná ’n vergadering met hom in Londen. In hierdie dokument het Marais sekere voorstelle oor die behandeling van die Boerekrygsgevangenes op Ceylon en St Helena gemaak, asook hoe die Transvaalkolonie na die oorlog deur Brittanje behoort regeer te word. En Chamberlain het, volgens sommige mense op daardie tydstip die magtigste man in die Britse Ryk, soos ek aantoon in my boek, Marais se voorstelle ernstig opgeneem. Chamberlain het ook ná hierdie vergadering aan lord Milner, die Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika, geskryf dat Marais “is a very intelligent man & made a considerable impression upon me”.

Jou boek is beslis kontroversieel. Hoe sal dit Eugène Marais se nalatenskap as digter, skrywer en mens raak en wat was volgens jou sy grootste nalatenskap?

Dit raak glad nie sy nalatenskap as digter en skrywer nie. Eugène Marais se letterkundige werke moet, soos met enige skrywer – of altans, so glo ek – onafhanklik van sy lewe beoordeel word. Mense mag wel na die lees van Donker stroom Marais se politieke en joernalistieke rol voor, tydens en na die ABO in ’n ander lig beskou.

Wat my betref was Marais se grootste nalatenskap sy natuurwetenskaplike werke Die siel van die mier en Burgers van die berge, sy gedigte “Winternag”, “Die dans van die reën”, “Diep rivier”, “Mabalêl” en “Skoppensboer”, asook Dwaalstories, sy kortverhale oor die San. En is dit nie merkwaardig nie dat “Winternag”, wat Marais geskryf het toe Afrikaans as geskrewe taal nog in sy babaskoene was, in ’n landswye meningspeiling wat Leserskring, RSG en By ’n paar jaar gelede oor bykans 1 300 genomineerde gedigte onderneem het, die eerste plek behaal het?

  • Kerneels Breytenbach gesels op 1 Oktober om 18h30 by die Eugène Marais-stigting in die Paarl met Carel van der Merwe oor sy boek en Jean Oosthuizen voer op 10 Oktober om 11h00 by Protea-boekwinkel in Stellenbosch ’n gesprek met hom.
  • Vir meer inligting oor Eugène Marais besoek die Eugène Marais-stigting se webwerf by www.eugene-marais.org.za.

The post Eugène Marais die Boheemse Boer in Londen appeared first on LitNet.

Tien vrae: Nicol Stassen oor Die Dorslandtrek

$
0
0

nicolstassen650

Nicol Stassen (foto: Naomi Bruwer)

Skrywers oor hul nuwe boeke: Nicol Stassen oor Die Dorslandtrek

  1. Waarom het jy Die Dorslandtrek geskryf?

Die Dorslandtrek is vir my een van die fassinerendste gebeurtenisse in die hele Suid-Afrikaanse geskiedenis. Ten spyte daarvan het dit in baie min wetenskaplike werke of geskiedenisboeke van Suid-Afrika neerslag gevind. Die ongelukkige gevolg hiervan is dat ’n menigte wanindrukke lank genoeg kans gekry het om wortel te skiet. Dit het byvoorbeeld net mooi 100 jaar geduur voordat die eerste wetenskaplike werk oor die Dorslandtrek – NA Burger se DPhil-proefskrif, “Die Dorslandtrek. ’n Histories-geografiese studie, 1870–1954” (1978) – geskryf is. Bykans 40 jaar ná Burger se werk het dit opnuut tyd geword om die Dorslandtrek aan ’n wetenskaplike ondersoek te onderwerp. In navolging van Burger het ek gepoog om ’n “grondiger, samevattender en omvattender” studie oor die Dorslandtrek te skryf. Daar is ook gepoog om tekortkominge, veral verkeerde gevolgtrekkings en afleidings, van vorige navorsers te oorbrug, om bestaande feite grondig te ontleed, om nuwe feite oor die gebeurtenis op ’n omvangryke wyse byeen te bring, dit te sistematiseer en te evalueer en ’n omvattende, objektiewe geskiedenis daar te stel.

  1. Om 'n boek oor enige aspek van die Suid-Afrikaanse geskiedenis binne die huidige Suid-Afrikaanse tydsgees te skryf, is uitdagend. Watter aspekte van die navorsing was vir jou van die grootste belang (of: wie almal se narratief wou jy in hierdie boek sien neerslag vind)?

Die debat oor baie aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis word deur onkunde, mites en wanopvattings oorheers en daar word min moeite gedoen om objektiewe sekondêre bronne of die oorspronklike primêre bronne te raadpleeg. Dit het dus al hoe noodsaakliker geword om opnuut na verskillende aspekte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis te kyk en om oor die relevansie daarvan vir die huidige samelewing te besin.

Ek het die navorsing ook aangepak met die doel dat dit ook vir die huidige samelewing van nut moet wees. Ek het mettertyd besef dat dit nie my taak behoort te wees om antwoorde te verskaf nie, maar om die vrae wat ek vir myself aan die begin van die navorsing gevra het, beter te probeer verstaan. Ek wil die hoop uitspreek dat my navorsing sal help om hierdie enigmatiese onderwerp beter te verstaan.

Uiteindelik vertel ek die verhaal van doodgewone mense wat buitengewone gebeurtenisse beleef het.

  1. Trek is deel van die geskiedenis. Waarom in die besonder die Dorslandtrek vanaf 1874 tot 1881 uitsonder?

Die groot Suid-Afrikaanse historikus PJ van der Merwe het die trekverskynsel tot in diepte ondersoek in sy trilogie Die noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek (1770–1842), Die trekboer in die geskiedenis van die Kaapkolonie (1657–1842) en Trek: Studies oor die mobiliteit van die pioniersbevolking aan die Kaap. Met my navorsing het ek agtergekom dat die omstandighede van die Dorslandtrekkers net eenvoudig te veel van dié van die Kaapse trekboere verskil het en dat Van der Merwe se gevolgtrekkings nie meer op die Dorslandtrekkers van toepassing gemaak kan word nie. Dit het vir my dus nodig geword om opnuut na die trekverskynsel te kyk.

  1. 'n Trek is nie net 'n aksie nie. Dit word voorafgegaan deur baie komplekse en emosionele faktore, soos wat jy uiteensit in jou afdeling wat handel oor redes/motiverings vir die trek. Wat het jou persoonlik opgeval in jou navorsing: wat was die hoofredes waarom hierdie mense wou wegkom van waar hulle was en wou wegkom spesifiek na waarheen hulle verhuis het?

Ek het in my boek minstens 16 moontlike trekredes, wat wissel van godsdienstige, politieke en ekonomiese redes tot die sogenaamde trekgees, ondersoek. Hoewel sommige moontlike trekredes baie aanneemlik gelyk het, moes hulle ook verklaar hoekom sowat 85% van die trekkers Doppers (lidmate van die Gereformeerde Kerk) was.

Ek het mettertyd tot die gevolgtrekking gekom dat daar waarskynlik nie slegs een enkele rede was nie, maar ’n kombinasie van redes, waarom die beswaardes besluit het om te trek. Die primêre trekredes sluit godsdienstige redes in, soos die teenkanting teen president Thomas Burgers se “dwaalleringe”, spesifiek sy nuwe onderwyswet, toestande in die Gereformeerde Kerk en die soeke na ’n Nuwe Jerusalem. Hierbenewens is dit ook moontlik dat die sekondêre trekredes politieke en ekonomiese redes soos die vrees vir gelykstelling aan swart mense, onsekere politieke toestande, die vrees vir Britse imperialisme en die vrees vir die beskawing (in die sin van teenkanting teen nuwe idees), gebrek aan grond en bevolkingsdruk, armoede en vrees vir nuwe belastings kon ingesluit het. Die gewaande “trekgees” kon egter geen rol in dié trek gespeel het nie.

  1. 'n Trek is nie net 'n aksie nie. Wat van die jare daarna? Toe die mense arriveer het waar hulle hulle toe uiteindelik gevestig het, was dit vir hulle toe 'n soort oplossing? Of val hierdie onderwerp buite die grense van die studie?

Die “jare daarna” is die onderwerp van my volgende boek oor die Angola-Boere. Miskien kan ek oor so ’n paar jaar beter lig werp op hierdie vraag.

dorslandtrek400

  1. Wonder ons nie almal soms oor trek nie? Wie is jou ideale leser (van hierdie boek)?

Dit sou moeilik wees om ’n ideale leser te tipeer. Omdat dit nogal ’n lywige boek is (711 bladsye), is die ideale leser waarskynlik iemand met baie deursettingsvermoë! Ek het hard probeer om die spannende verhaal van die Dorslandtrek soos ’n roman te laat lees. Die lesers sal daaroor moet oordeel of ek daarin geslaag het. Aanvanklik het ek gedink dat dit hoofsaaklik afstammelinge van Dorslandtrekkers en ’n paar historici sou wees wat die boek sou koop, maar ek is telkens verras as ek agterkom hoe uiteenlopend die publiek is wat wel die boek lees. Ek moet erken dat dit nogal besonder vleiend is.

  1. Jy is besig genoeg as besturende direkteur van Protea Boekhuis, met 'n indrukwekkende agtergrond in en kennis van tale, ingenieurswese (meestersgraad) en geskiedenis (doktorsgraad). Waarom skryf jy ook self?

Ek het besondere bevrediging uit die navorsing, die navorsingsreise, besoeke aan argiewe, onderhoude met afstammelinge van Dorslandtrekkers en die skryf van die boek geput.

  1. Werk jy reeds weer aan ‘n volgende manuskrip?

My eerste boek oor die Angola-Boere het gehandel oor die tydperk 1928–1975. Die huidige boek handel oor die Dorslandtrek en hoe die trekkers uiteindelik in 1881 in Angola aangekom het en hulle daar gevestig het. Die volgende boek handel oor die hele geskiedenis van die Angola-Boere tussen 1881 en 1928. ’n Groot deel van die afgelope 12 jaar se navorsing het ook die insameling van inligting vir hierdie volgende boek behels.

  1. Wie is jou skryfhelde (plaaslik en Afrikaans, maar ook internasionaal)?

Dit kan ’n lang lys raak. Kom ons beperk ons tot historici. Plaaslik sou ek PJ van der Merwe, Karel Schoeman en Charles van Onselen uitsonder. Onder oorsese skrywers het ek groot waardering vir Geert Mak, Johan Huizinga, Antony Beevor, Fernand Braudel en Marc Bloch.

  1. Heel persoonlik: Wat maak jou opgewonde van manuskripte wat jy ontvang, of boeke wat julle by Protea publiseer?

Ek is ’n beroepsleser en lees baie wyd. Daar is dus voortdurend manuskripte wat op my lessenaar beland en wat my opgewonde maak, byvoorbeeld as dit ’n besonder spannende manuskrip is, handel oor ’n interessante historiese onderwerp, of ’n mooi jeug- of kinderboek met treffende illustrasies is. Die voorreg om by die publikasieproses betrokke te raak en die manuskrip in ’n mooi, goed-uitgelegde boek te omskep is besonder bevredigend.

The post Tien vrae: Nicol Stassen oor Die Dorslandtrek appeared first on LitNet.

Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad

$
0
0

madeleinerust300

Sy het nog nooit gesit en 'n storie uitgedink nie – hulle "daag sommer in haar kop op," sê Madelein Rust, skrywer van die puik spanningsverhale Die 13de Kaart en Monstersaad.

En sy is nog ver van uitgeskryf.   

Die 13de Kaart is "in haar kop gebore" toe sy gesit en kyk het na 'n stel tarotkaarte wat haar dogter se vriendin aangedra het. Dit het haar dadelik laat dink aan 'n moordenaar wat die kaarte as leidrade agterlaat.

"'n Uur later was ek aan die gang. Die storielyne skryf hulself. Dit voel altyd vir my of die storielyn net my vingers op die toetsbord nodig het."

Vir Monstersaad was die prikkel 'n sinsnede wat sy terloops gehoor het. Dit het haar laat wonder of genetika 'n rol speel wanneer misdadigheid ter sprake is. In haar navorsing oor die biologie van boosheid het sy gevind daar is 'n hoër vlak van morfologiese abnormaliteite in die breine van geweldenaars. Dit is faktore wat verband hou met byvoorbeeld denkprosesse en emosies. So het Monstersaad se storielyn saad geskiet, met Renata Malan wat in die vrees lewe dat geweld in haar gene vasgelê is.

Die skep van haar karakters is vir Madelein een van die lekkerste dinge van skryf. Sy plaas die storielyn op papier en skryf dan 'n biografie vir elke karakter, van hul kinderdae af. Dit help dat die karakters deurlopend optree. Sy werk dikwels eienskappe in van mense wat sy ken, maar haar karakters is gewoonlik 'n mengsel van feit en fiksie.    

Sy probeer ook karakters se registers in hul dialoog weerspieël.

"Ek het al baie raas van teksredakteurs gekry oor my 'roekelose' gebruik van sleng en gekruide taal, maar ek skop vas ter wille van die egtheid. Polisiemanne praat anders onder mekaar as met die publiek. Ek moes al by die oorskryf van 'n manuskrip rowwe karakters 'red' van pragtige, suiwer Afrikaanse woorde wat hulle nooit in die ware lewe sal gebruik nie."

Die goeie nuus is dat daar nog 'n paar boeke met Renata Malan as hoofkarakter op pad is ná die goeie reaksies wat haar verteller van lesers en resensente ontvang het.

Waaraan bestee sy persentasiegewys die meeste tyd wanneer sy 'n boek skryf?

"Skep van die storielyn 5%, navorsing en kontrole 25%, skryf 60% en herskryf 10%. Navorsing is baie lekker, maar ek betrap my soms dat ek te veel wil oplees!"

Madeleine is 'n bedryfspesialis wat spesialiseer in projekverwante veranderingsbestuur en korporatiewe kommunikasie. Sy moet die personeel en onhafhanklike kontrakteurs entoesiasties kry en oortuig dat elke nuwe inisiatief vir hulle tot voordeel sal strek.

Dat dit die beste ding is sedert gesnyde brood?

"En geperforeerde toiletpapier."

Haar beroep laat haar nie veel tyd vir skryf nie. Sy staan soggens vieruur op en kom saans eers ná sewe tuis. Skryftyd is net Saterdag- en Sondagoggende van vieruur totdat sy minstens een hoofstuk voltooi het. Dit het niks met die skryfmuse te doen nie en is gebonde aan selfdissipline uitsluitlik. Dit kom daarop neer dat sy tien maande nodig het om 'n boek te skryf.

Die wortel voor haar neus is om eers 'n manuskrip te voltooi voordat sy ander boeke mag lees. Dit is om 'n goeie rede, want sy assimileer ander skrywers se stelwyses en manier van dinge doen te maklik. In die dae voor hierdie selfopgelegde reël moes sy 'n hele spul werk uitwis "omdat ek skielik meer na Deon Meyer as na Madelein Rust geklink het".

En resensente? Vriend of vyand van die skrywer?

Ervare skrywers het haar uit die staanspoor aangeraai om haar min aan boekresensies te steur. Dit het nog nooit 'n rol gespeel in haar koop van 'n boek nie.

'n Nuttige resensie, sê sy, is een wat deur 'n kenner van die genre geskryf is en wat die goeie en minder goeie punte op 'n objektiewe wyse uitlig. Resensies wat bloot die boek se lof besing is lekker om te lees, maar het min waarde vir haar ontwikkeling as skrywer.

Die algemene konsensus is dat Monstersaad 'n beter speurverhaal is as Die 13de Kaart. Sy skryf dit deels toe aan haar toepassing van die kenners se leersame resensies van haar debuutverhaal en die hulp van haar manuskripontwikkelaar, Chanette Paul. Albei haar boeke was weke lank op Nielsen se lys van top-100-verkope. Die 13de Kaart was ook een van die finaliste vir die ATKV se Woordveertjieprys vir spanningslektuur.

Madeleine Rust se foto is deur Izak de Vries geneem

♦ Madelein voer 'n vasberade en blymoedige stryd teen kanker nadat sy drie maande gelede 'n mastektomie ondergaan het.

 

 

 

The post Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad appeared first on LitNet.

Onderhoud: Peet Venter

$
0
0

peetventer400

Peet Venter (foto: Izak de Vries)

Peet Venter is ’n man wat ’n barshou kyk. Vra maar enige fotograaf. Om “cheese” te sê is gewoon nie in sy posbeskrywing nie. Tog, onder daardie kyk is ’n fyn mens, ’n musikant en kunstenaar.

Iets van daardie barshou kom ook voor in Thys Krige, die speurder wat vir Peet Venter bekend gemaak het met die vier boeke wat by LAPA verskyn het en nou ook, meer onlangs, in Lemmer Bosman, die hoofkarakter in Lem. Lemmer is ’n spesmagteman op wie se kop ’n prys geplaas word. Die speurder in Lem, Chris Watts, is boonop ook ’n besonder interessante individu.

Peet Venter se naam was al 33 keer op die Nielsen Top 100 het sedert Ou Bloed ongeveer twee jaar gelede verskyn het.

Peet word op 3 Oktober 75 jaar oud, maar in plaas van om vir hom blomme en kaartjies te gee, het Carla van der Spuy, die skrywer van Mens of monster en Bloed op haar hande, en Izak de Vries, ’n kranige leser van krimi’s, so ’n bietjie “good cop, bad cop” gespeel met Peet – wat steeds aanhou skryf.

Carla: Kom ons begin by Thys Krige. Thys is nie jou stereotiepe speurder nie. Hy huiwer nie om self te moor wanneer hy dit nodig ag nie. Tog, hoe lyk die stereotipe speurder en hoe verskil Krige van hom? Ons weet Thys is ryk, jonk, aantreklik, netjies, fiks, enkellopend en nugter. Mens lees dikwels van hierdie middeljarige, verwaarlooste speurders met die drank- en liefdesprobleme. Hulle kan ook nie juis met ’n indrukwekkende banksaldo spog nie.

Voeg geskei en owerspelig by die stereotipe, en jy het die volle prentjie. TV-reekse en monteerbaanspeurboeke loop oor van hulle. ’n Resensent het Krige onlangs met ’n Gotiese antiheld vergelyk. Dis in die kol. Dis wat hy is: ’n alleenloper, ’n jagter met ’n missie om reg te maak waar die reg faal. Die reg het hom gefaal toe mense na aan hom vermoor en ontvoer is. Dit het ’n koue, harde ding in hom gelaat. Daar is nie plek vir bagasie nie, nie tyd vir suip en kafoefel nie.

Dis oor die ongeregtigheid dat hy besluit het om ’n speurder te word; om reg te maak wat verkeerd is, maar binne die beperkinge van die polisiediens kan hy nie doen wat hy die beste doen nie. Dus het ek hom uit die milieu van die polisiediens gehaal juis om hom te kan laat doen wat hy die beste doen. Hy neem die gereg in eie hande waar die verbrokkelende stelsel faal. Ek verkies ook om nie meer in ’n milieu te skryf waarin dit gaan soos wat dit deesdae gaan nie. Dit laat my skuldig voel teenoor al die goeie polisielede wat nog oor is.

Krige huiwer nie om mense seer en dood te maak nie en soms selfs met misdadigers indaba te hou waar dit nodig is nie. Sy enigste “hang-up” is eenvoudig. Hy wroeg nie oor die reg of verkeerd van wat hy doen nie. Hy wroeg eerder daaroor of dit wat hy doen, ’n gevaar vir mense na aan hom inhou. Dit maak hom ’n alleenloper.

Krige het ’n agtergrond in wetstoepassing en weet hoe om die regte teikens uit te soek. Die vraag is: Wat is reg – om misdadigers te laat kry wat hulle toekom, of om hulle vry te laat rondloop? Ek dink vandag se omstandighede in ons land gee die antwoord. Ek het nog nie klagtes gekry oor wat Krige doen nie. Dus, hy moet iets reg doen.

Carla: Nee, wag. Thys het deur die vier boeke ’n metamorfose ondergaan van ’n speurder na ’n soms koelbloedige moordenaar. Is daar nie lesers wat hieroor kla nie? Mens soek mos ’n goeie ou sonder bloed op sy hande as die held? Of aan die ander kant, is dit nie juis wat jou boek anders maak nie – die held met die donker kant?

Wie van ons kan eerlik sê hy of sy het nog nooit gedink “daardie mens mag nie leef nie”? Dink aan die verkragting van babatjies.

Ek is aan sy kant omdat hy vír my moor. Punt. Maar hy maak die regte mense dood. Wie nie aan sy kant is nie, is aan die misdadigers se kant. Dis die wêreld waarin ons leef. Misdaad raak ons elke dag, direk of indirek. Daar is nie meer ’n draad om op te sit nie. Dis lankal gesteel en verkoop vir dwelms of om ’n ontvoerde meisie mee vas te bind en ’n seksslaaf van haar te maak. Hy sal tronk toe gaan, ja. As hulle hom kan vang. Nie solank ek die sê het nie.

Die punt is, ek het ’n karakter geskep. Lesers kan van hom hou, of nie. Ek gebruik hom nie om die een of ander kant te propageer nie. Ek vra net: Wat is reg, wat is verkeerd? Kan mens iets wat so verskriklik verkeerd is, laat weggaan deur aan te hou anderpad kyk, die ander wang te draai? Elke leser moet self besluit.

’n Mens se eie stel waardes is al waaraan jy nog kan vashou in ’n wêreld waar etiek en moraliteit daagliks tot in die hoogste gesagskringe verkrag word. Hoe en wat mens regverdig, is vir jou eie gewete. Elke mens het sy donker kant. Miskien vergestalt Krige dit.

Izak: Ek gaan dit sterker stel: ’n mens sou vir Thys nou selfs as vigilante kon beskou. Hoe voel jy daaroor?

Laat my toe om voorbarig aan te haal uit Lem: "Vir hoeveel van hulle is dit ’n roeping, en vir hoeveel bloot ’n werk?" Ja, ek voel diep, het net bewondering vir die vele goeie polisielede wat in vandag se gemors vassit. Daar is grond vir bitterheid.

Krige kan met reg as ’n vigilante bestempel word. Hy gooi reëls oorboord, heul selfs met misdadigers om sy doel te bereik. Hy wil net reg laat geskied. Hoe anders doen mens dit as reëls net ’n woord geword het, en misdadigers aan die roer van sake staan?

Ek lug my magtelose frustrasie deur Thys Krige, en stellig dié van vele lesers en polisielede. Maar dis nie die hulpkreet van ’n drenkeling in ’n oorweldigende donker vloed nie. Dis ’n woedeskreeu wat in rebellie gewortel is. As ek Thys Krige nie gehad het nie, sou ek lankal in tronk gesit het.

Carla: So, jy hou van Thys? En sou ’n sielkundige hom kon psigo-ontleed, wat dink jy sou die persoon vind?

Ja, ek hou van Krige. Hy is ’n gewone ou wat net reg wil maak wat verkeerd is. Ek dink ’n “shrink” sal seker kopkrap oor die geweldspotensiaal in so ’n man, en na sy teksboeke gryp, maar hy het nie die pille nodig nie. Hy is gevaarlik net as met hom geneuk word.

peetventer_drieboeke

Izak: Thys was ’n baie ongewone speurder; in Lem het jy die ongewone nog ’n stappie verder geneem met speuradjudant Chris Watts. (Ek is mal oor haar.) Sy val ver buite die stereotiepe speurder wat suip en sy vrou slaan. Chris is ’n vrou wat soos ’n man aantrek, sy ondersteun haar man … Waar kom jy aan haar en hoekom voel Chris sy moet meer man wees as die mans?

Chris kom uit 'n polisiefamilie, het redelik butch grootgeword, maar bly vrou. Al wat sy van jongs af wou wees, is ’n speurder. Nou bevind sy haar in die wêreld van (tradisioneel) mans. Sy is bewus daarvan dat sy daar verdra word omdat daar ’n kwotastelsel is wat dit vereis. Sy wil haarself teen elke prys bewys, en oorkompromitteer daarvoor. Dit plaas haar in ’n innerlike konflik, wat soms tot selftwyfel lei. Tot sy aan die einde, eintlik by verstek, dit regkry om te wys wat sy kan doen, en sy besef sy hoef net vrou te wees.

Waar kom ek aan haar? Ek het jare lank in die tradisionele mansmilieu van ingenieurswese gewerk en gesien hoe vroue wat dit gewaag het om as ingenieurs te kwalifiseer (sommige met meestersgrade), 'n stryd om aanvaarding moes stry. Sommige het dit reggekry, ander nie.

Izak: Kom ons praat oor manlikheid. Thys Krige en Lemmer Bosman is albei sterk, alleenlopende ouens. Hulle is manlik, maar hulle is lief vir kuns en musiek en is albei outydse gentlemen as dit kom by vroue. Daar is iets van ‘n Jin en ’n Jang in hierdie twee – is ek reg?

Ja dit is so, in die opsig dat beide hul ma's vroeg verloor het. Maar Thys het die herinneringe van 'n ma wat lief was vir hom ten spyte van haar swakheid. Lemmer, daarenteen, het die herinnering van 'n ma wat hom verwerp het, as gevolg van haar swakheid. Hy het dus alle rede om bitter teenoor vroue te voel. Fleur Bloem is die reddende faktor in sy lewe. Beide Thys en Lem begryp die kwesbaarheid van vroue en kinders. Krige het te doen gekry met die ontvoering van jong meisies, onder ander sy halfsuster. Bosman het in die DRK te doen gekry met die verkragting van ’n jong meisie. Beide het gedoen wat mans veronderstel is om te doen: red en beskerm. Bosman moes 'n duur prys daarvoor betaal. Krige is ryklik beloon. That's life.

Izak: Die ma, dan. Thys word groot sonder ’n ma. Lemmer se ma, Fleur, is baie sterk teenwoordig en is ’n baie interessante, baie sterk vrou. Anders as Chris is sy vroulik – en gebruik sy haar vrouelyf om te kom waar sy moet wees. Was jy aspris om ’n tweede baie sterk vrou in Lemmer se lewe te plaas?

Peet. Ja, dit was vir my 'n interessante oefening. Irma Storm, die beskermde, bevoorregte een aan die een kant. Fleur Bloem wat alles teen haar gehad het aan die ander kant. Christine Watts, wat 'n doodnormale jeug gehad het, in die middel. Irma probeer haar sexy lyf as anker gebruik, maar dit sink haar. Sy probeer Lem Bosman se storie as reddingsboei gebruik, maar vind dit is nie 'n pad uit nie. Nog 'n eksamen gedruip. Terug klip toe. Chris steek haar vroulikheid weg, maar haar sterk wil dra haar deur. Nie nodig om te kompromitteer nie. Fleur Bloem het haar eie lewe gemaak. Skuld niemand niks, vra niemand niks. Sy het baie om te gee, maar kies vir wie sy wil gee. As kind is sy deur die samelewing uitgespoeg. Sy kan die samelewing nie uitspoeg nie, maar laat dit op haar eie voorwaardes in haar lewe toe.

Izak: Jy debuteer in 1978 en sê toe aan die pers: “Ek wil oor die mens skryf en oor die heroïese in hom. Ek wil sinvol en volwasse skryf, want ek self en my naam is onlosmaaklik aan my werk verbind.” Hoe voel jy vandag daaroor?

Ja, toe was ek nog windgat. Maar intussen het die lewe gebeur en het ek uitgevind mense voel basies vere vir wat ek dink. Hulle het uiteenlopende sienings van die heroïese. Ek staan nog daarby, kruip nie agter ’n skuilnaam weg nie, maar deesdae laat ek liewer my karakters vir my praat. Dis veiliger, jy weet? Dis nie ek wat so gesê het nie! Dis daai windgat in die storie. Voel jy my?

Carla: Dis maar ’n onvermydelike vraag in watter mate (uitgesonderd die miljoene) daar ooreenkomste tussen jou en Krige is. As mens lees hoe Krige in die hartjie van die natuur woon, sy liefde vir stilte, die feit dat hy nie besonder spraaksaam is nie – is dit nie maar jou eie kenmerke wat na vore kom en waaroor jy skryf nie? Hoe identifiseer jy met hom en hoe verskil jy van hom?

Dis maar ’n kwessie van selfdissipline. Natuurlik word die skrywer se sienings, gevoelens, voorkeure en renonse in die karakters geprojekteer, maar dit moet so gedoen word dat dit hulle eie word deur dialoog, gedagtes, handelinge. Laat hulle die storie vertel. Dis nie altyd maklik nie, maar met ondervinding leer mens om uit jou storie te bly sonder om daarvan verwyder te wees. Wat ’n leser van die skrywer uit sy stories kan agterkom, hang af van hoe diep die storie is en hoe diep die leser lees. Dis seker onafwendbaar dat iets van die skrywer in sy karakters geprojekteer word. Onvermydelik sal daar iets van my in Krige wees, anders sal hy nie vir my lééf nie. My innerlike verwysingsraamwerk is sy bloudruk, plus ’n paar dinge wat ek graag sou wou wees as ek die moed gehad het. En ja, minus die voorkoms, jeugdigheid en welvaart.

Ek dink hoeveel van die skrywer ingebou word – goed en sleg – en hoe openlik en eerlik dit gedoen word, bepaal tot ’n groot mate die geloofwaardigheid van die karakters. As ek as skrywer nie met ’n karakter kan assosieer nie, hoe kan die leser?

Dus, ja, daar is heelwat van my in Krige. Die stil geaardheid, die denker, die keuse om afgesonderd in die natuur te woon en die onwrikbare geloof in geregtigheid. Miskien verskil ek van hom wat die geweld betref, maar as ek deesdae so na die nuus kyk, is ek ook nie meer altyd so seker daarvan nie. Daarom dat ek ’n afleier soos hy het. En ek is oud, lelik, en arm.

Izak: Kom ons praat oor jou ander lewe. As ingenieur was jy by ’n groot firma en julle het enorme projekte gebou. Wil jy dalk vir ons ’n idee gee hoe jy voel as jy by ’n bekende baken verbyry waarin jy gewerk het?

Ek wonder hoeveel mense besef wat alles in geboue aangaan om dit te laat werk. Die argitek ontwerp die sigbare onderstel en bakwerk. Die bouer bou dit. Ons, die ingenieurs, sit die enjin in, die wiele aan, die ontstekingstelsel, laat dit werk. Dis vir my soos ’n monument wat ek vir myself gebou het, maar net ek weet daarvan omdat dit vir ander meestal onsigbaar is. Dit maak die trots net soveel meer intiem. Soos in, ek weet wat ander nie weet nie, sien. Nie vermakerig bedoel nie. Dis net … spesiaal. My eie. Mense aanvaar die hysbakke, roltrappe, lugversorging, elektrisiteit, kommunikasie, water, riolering, brandbeveiliging as vanselfsprekend. Hulle is reg. Maar ek weet ek het dit daar vir hulle gesit – vir hulle gemak en veiligheid. Daar is dinge waarvoor geld nie kan betaal nie.

Izak: Watter ingenieursprojek staan vir jou uit as jy oor jou loopbaan moes terugkyk?

Oor ’n loopbaan van bykans 50 jaar vergeet ’n mens noodwendig heelwat van wat agter lê. Deels omdat nie almal “monumentaal” was nie, deels omdat daar voortdurend nuwe uitdagings voorlê. Die een wat my die naaste aan die hart lê, is die Staatsteater in Pretoria. Dis nie ’n gebou wat mense insluk en agt, of meer, ure se werk van hulle vereis nie. Dis ’n plek wat mense verwelkom, hulle gemaklik laat voel, en ’n paar uur se genot aan hulle verskaf, iets moois vir hulle gee; soos ’n elegante gasvrou.

peetventer_tweeboeke

Izak: Jy is ook ’n baie goeie musikant en beeldhouer.

Jack of all trades … Dis ek daai. Dit klink indrukwekkend, maar glo my, dis nie lekker nie, want dis nie waar die gesegde ophou nie. Die master of none-gedeelte kom nog by, sien. Dan moet ’n mens realisties wees en keuses maak. My eerste liefde lê by musiek, maar ek is net nie goed genoeg daarmee om ’n lewe daaruit te maak nie. Daar bly musiek toe in die slag. Ek skilder en maak beelde van wat ek sien, soos ek dit sien. Ek weet nie hoe om emosionele boodskappe daarin te sit (kodeer?) nie. Ek kyk na ander kunstenaars se werk en dis vir my mooi of lelik. Punt. Daar bly skilder en beeldhou in die slag.

Om ’n lewe te maak, wend ek my toe na my tegniese aanleg, en na skryf om sinvolle uitdrukking – wat ek ook verstaan – te gee aan al die strooi hierbinne. Beide skeppend. Genoeg vir my.

Izak: ’n Ingenieur doen baie projekbestuur. Toe jy by ’n vierde boek van die Thys-reeks kom, moes jy seker fyn begin bestuur aan Thys en sy trawante?

Glo my, ’n opvolgreeks ontwikkel meer slaggate as ons strate en paaie, maar ek moes klaarmaak wat ek begin het. Thys het begin, gegroei, en hy moes afgerond word. Deur die vier boeke was daar die een los draad in sy lewe: Karen. Sy is die een wat hom voltooi.

Carla: Kan ons nog boeke in die Thys Krige-reeks verwag en sal daar ooit weer romantiese liefde vir hom wees?

Ja, daar kom nog Krige-stories. Iets meer in die lyn van politieke rillers. Hy kan dalk weer die romantiese sy probeer, soos die geval met Robyn was, maar dit kan nie werk nie, omdat hy doen wat hy doen en dit sal aanleiding gee tot huismoles wat hom dalk na drank sal dryf. En dan is ons terug by die stereotipe, en kan hy maar net sowel teruggaan polisie toe.

Izak: So, daar is goeie nuus vir Thys se aanhangers?

Daar wag nog heelwat werk vir Thys. Hy moet nou weer sy gat in rat kry. Maar nou gaan hy te doen kry met meer komplekse – en gevaarliker – dinge. Politieke sameswerings, insypeling van vyandige elemente, wapensmokkel, kubermisdaad, ens. Ek dink dit sal sy vlak van intelligensie beter pas as die "hoofstroom" speurwerk. Ek is bykans klaar met Kontinuum. Dan is Thys weer aan die beurt.

Izak: Jy skryf filmies – ek kan die gebeure voor my oë sien afspeel. Hoe kry jy dit reg?

Die maklike antwoord is, dis maar soos ek is.

Maar om te ontleed: ek dink dit het te doen met my aanlegte. Verbeelding, waarneming en aanvoeling is onderliggend. Om ’n meganiese stelsel te kan ontwerp moet ek dit eers in my geestesoog kan sien. Dieselfde met karakters en hulle handelinge. Ek moet hulle kan sien, hoor, voel.

En dan moet jy verskriklik oortuigend kan lieg. Jy moet in Pixar kan lieg. Dit het ek, as die jongste van vier seuns, vroeg in my lewe geleer.

Besoek Peet Venter se ATKV-skrywersalbum op LitNet: http://www.litnet.co.za/peet-venter-1940.

The post Onderhoud: Peet Venter appeared first on LitNet.

Interview: Rooms your kids will love by Sam Scarborough

$
0
0

rooms1

Rooms your kids will love
Sam Scarborough
NB Publishers
ISBN: 9780798169356

Authors on their books: Sam Scarborough on Rooms your kids will love

  1. Rooms your kids will love … Is this book one for the serious DIY handyman or for any parent who would like to change his or her child's living space?

The ideas in this book are easy to make and do not require DIY handyman experience. There are step-by-step instructions with each project and idea.

  1. Children grow up so fast – please tell us about the different categories (age groups) in this book?

The chapters are: baby, toddler, child, preteen and young adult.

rooms2

  1. Again: children grow up so fast and they have expensive taste. Would the cash-strapped parent be able to keep up with the costs of your projects?

A coat of paint on one feature wall is a very inexpensive way to update any child’s room, or a simple wall feature or wall art made from fabric scraps.

  1. You have the most fabulous ideas in your book – which shops are the best ones to go to look for the materials suggested in your book?

The projects in this book are made with simple materials, things that you could well have lying around at home. Fabric shops will provide inspiration and all the materials you need, as will craft and stationery shops.

rooms3

  1. Not all parents are handy. Which projects in your book do you think could be easiest for them to attempt?

The simple wall saying that is made out of black paper or card and string and requires a few punched holes. What could be simpler?

  1. Not all children are handy either. Which projects in your book do you think could be best to involve them?

All children are creative, if not handy! The printables require some colouring-in, but even if your child goes out of the lines, this will add to the picture. The washi tape pictures and posters are very easy to do, as are the wall sayings, which are cut out of cardboard.

rooms4

  1. If you think of a child's room – at the various stages – which practical things do they need the most? (Storage, systems, privacy corners, etc).

Storage is the biggest challenge in any child’s room. Storage will be determined by the child’s sporting and interests and play needs. Mostly bookcases and cubby storage work and can be altered as they grow older, adding more shelves or more cubes.

  1. If you think of a child's room at the various stages, which decorative/pretty things do they need the most?

Wall art can add a decorative element to any room, and this, too, can be changed as a child grows older. Personalising a child’s space with family photos in pretty frames is one of the best ways to add decorative elements to a room.

rooms5

  1. Where did you get your ideas for this book?

I have many ideas in my head and am always keeping an eye out and I am inspired by the many kids’ rooms I decorate and consult on. I grew up with a wonderfully creative mum who taught me to sew and be creative from an early age. I also went to a Waldorf school, so my mind is trained to spot creativity in any situation and every aspect of life.

  1. Did you try out all of the projects in this book yourself?

Yes, I had to make them all for the photo shoot. Some of them I have done with my own child, and some of them I have made for others.

rooms6

  1. Again, a question about money: If somebody really cannot afford much, which projects in your book do you think they should consider?

Take a look at all the projects in the book and you will see you do not need an extensive budget to do them yourself. Most of the projects can be done with recycled items in your home.

  1. Also: not all children have their own rooms. Any thoughts on this?

Paint, fabric and display shelves are an easy way to decorate a shared space, giving each child a personalised area within that space. I consult on many shared rooms, creating lovely corners of a room for each child’s personal space, identity and character.

 

The post Interview: Rooms your kids will love by Sam Scarborough appeared first on LitNet.

"There is it": an interview with Suzelle (DIY)

$
0
0

suzelle250Title: Suzelle DIY - The Book
Author: Julia Anastasopoulos
Publisher: NB Publishers
ISBN: 9780798170093

Suzelle did it herself! There is a Suzelle DIY book for sale now and Suzelle chats to Naomi Meyer – as herself, of course.

Hi Suzelle and congratulations on your book. Is your name really Suzelle and your surname DIY ...?

My name really is Suzelle, but DIY stands for “Do It Yourself”, silly.

What gave you the idea for your YouTube videos in the first place?

I wanted to find a way to make new friends and help people unleash their creativity.

suzelle4

Your videos are funny, but they are also practical. How did you find out about all the do-it-yourself jobs you demonstrate?

I spend a lot of time doing research on the Google and on Pinterest. I also like to use my own creativity.

suzelle1

Which of your videos are your own personal favourites?

My favourite video is "How To Peel A Lot Of Apples In No Time At All". 

How do you create a book along the same lines as something happening on social media? Is this the idea (to do something similar to the videos)?

I was quite a challenge, but I really wanted to put some of my ideas into writing so that the book could be an extension of my creative Suzelle DIY brand.

suzelle2

Tim Noakes was on your show a while ago – anybody else you would like to make a guest appearance on your show?

I would love to have Beatenberg, Evita Bezuidenhout, Anne Hirsch, and Charlize Theron, of course.

suzelle3

I see you appear in advertisements as well. What is next ... Hollywood? Thank you for answering the questions, and best wishes!

My big dream is to make a movie one day. I don't know about Hollywood, but Ster Kinekor here I come!

The post "There is it": an interview with Suzelle (DIY) appeared first on LitNet.


'n Onderhoud met 'n uitgeweke skrywer: Ava Homa

$
0
0

 “If we have to say what writing is, we would have to define it essentially as an act of courage.”
– Cynthia Ozick

ava6Verlies en onderdrukking is temas wat soos ʼn goue draad deur Ava Homa se skryfwerk loop. Hierdie Irannees-gebore Koerdiese skrywer se eerste bundel kortverhale, Echoes from the Other Land, werp ʼn skerp kritiese lig op die onderdrukking wat vroue in die hedendaagse Irannese bestel beleef.

Haar skryfwerk is aangrypend en evokatief, dalk meer so omdat sy skryf van ʼn land wat sy in 2007 verlaat het met die wete dat sy nooit weer sal kan teruggaan nie. Dis altyd so  dat elke leser lees deur die lens van hulle eie verwagtinge en ervaring. Selfs terwyl ek myself doelbewus gemaan het om oop te probeer bly vir die storie en nie die skrywer probeer inlees nie, was dit moeilik om nie Echoes te lees en ʼn ervaring van verlies aan ʼn tuiste te ervaar nie. Huis is ʼn woord wat ons elke dag ongeërg gebruik: “ek gaan huis toe”; “my goed is by die huis”. Tog is huis ʼn gelade term, veral vir diegene wat nie huis toe kán gaan nie.

Homa het grootgeword in ʼn Iran wat deur Ruhollah Khomeini omskep is in ‘n teokrasie wat gebuk gaan onder neerdrukkende wetgewing wat daarop gemik is om burgers se reg om die regering te bevraagteken, te beperk. Die Ruholla se reg om te regeer word as heilig beskou, en as sulks mag daar geen kritiek teen hom gelewer word nie. As lid van die Koerdiese minderheid het Ava vroeg reeds die interseksionaliteit van onderdrukking op grond van geslag, ras, kultuur, godsdiens en taal ervaar. Hierdie ervaring het duidelik ʼn blywende invloed op haar kreatiewe werk en ook haar aktivisme gelaat.

echoesEk het met haar gesels op die vooraand van haar Europese toer, waar haar verhaal “Lullaby” in Duitsland en Italië bekendgestel is. Sy het intussen ook ʼn roman, Many Cunning Passages, voltooi. Ons gesprek het wyd gestrek: van identiteit tot aktivisme tot kreatiewe skryfkuns, geheue, familie en veel meer. Sy’s ʼn fassinerende, onderhoudende gespreksgenoot, met haar vinger stewig op die politieke pols.

Homa was baie beslis daaroor dat sy haar identiteit eerstens as Koerdies ervaar, en dat sy haarself nie as Irannees sien nie. In antwoord op my vraag hoekom nie, het sy verduidelik dat Koerde in Turkye, Irak en Sirië op dieselfde manier onderdruk word as Koerde in Iran, en kunsmatige geografiese onderskeidings maak geen verskil aan hulle lyding nie. Ons gesprek het plaasgevind dae na die aanval in Ankara, Turkye, waar beskuldigings gemaak is dat die regering pro-Koerdiese groepe aanval. Die gebeure daar onderstreep haar woorde op ʼn ysingwekkende manier.

Homa woon tans in Kalifornië, maar het vantevore as uitgeweke skrywer in residensie by onder ander George Brown Universiteit in Toronto kreatiewe skryfkuns doseer. Sy het ʼn MA in Engels in Iran, asook ʼn verdere MA in kreatiewe skryfkuns in Toronto, en ‘n diploma in redigering verwerf. Sy skryf vir ʼn aantal publikasies oor die Koerdiese situasie, ontledings wat by tye beide aangrypend en benouend is.

Dis moeilik om te luister na wat Koerde vandag nog deurmaak en nie parallelle te trek met die situasie van swart mense in apartheid-Suid-Afrika nie. Homa vertel byvoorbeeld dat sy as kind nie in haar moedertaal, Koerdies, onderrig kon ontvang nie. Alle Koerdiese kinders word geforseer om in Farsi, die taal van die meerderheid in Iran en die enigste wettige taal, onderrig te word. Soos sy dit verduidelik, laat dit die Koerdiese kind met ʼn geweldige agterstand, omdat hulle terselfdertyd ʼn vreemde taal en ook ʼn vreemde vak probeer baasraak. Boonop word hulle dan uitgemaak as minderwaardig indien hulle nie akademies presteer nie. Dit herinner sterk aan die manier waarop swart Suid-Afrikaners geforseer was om in Afrikaans onderrig te ontvang. In Iran is die onderdrukking egter so erg dat Koerde nie eers toegelaat word om op straat Koerdies te praat nie. Daar is gedurig regeringspioene wat luister en rapporteer. Koerdiese gevangenes in Irannese tronke word ook nie toegelaat om met mekaar in Koerdies te praat nie.

Sy vertel dat sy eers as jong volwassene geleer het om in Koerdies te skryf, en toe moes agterkom die Koerdies wat hulle toegelaat was om tuis te praat, ʼn agterlike weergawe van die ryk kultuurhistoriese taal is. Tog doen sy al haar skryfwerk in Engels. Haar weiering om in Farsi te skryf kan ek verstaan, as ʼn polities-gedrewe besluit. Sy skryf egter glad nie in Koerdies nie, want, verduidelik sy, sy wil haar werk toeganklik maak vir ʼn breër gehoor as net Koerdiessprekendes. Sy wil die wêreld bewus maak van wat dit beteken om Koerdies te wees en onderdruk te word.

Die een onderwerp waaroor sy terughoudend was, was godsdiens. Terwyl sy met gemak verduidelik het dat die meeste Koerde Soenni-Moslems is, en die meeste ander Irannese Sjia-Moslems, en heel geredelik die verskil verduidelik het, het sy soos ʼn oester toegeklap toe ek haar oor haar eie geloof uitvra. Sy het geweet dat ek aktief in die kerk is (ons het saam in die Anglikaanse biskop van Quebec se huis gewoon), en het dit aangevoer as die rede vir haar huiwering. Ek het agterna gedink dat die meeste tradisionele Christene waarskynlik haar agterdog oor my geestelikheid deel, dat wat ek glo, gewoon te radikaal is vir mense om gemaklik mee om te gaan.

Ek wens ek het dit vir haar gesê.

Toe ek egter agterna, ter voorbereiding vir die skryf van hierdie artikel, deur haar rubrieke en kortverhale lees, het ek besef hoe neerdrukkend godsdienstige invloed regtig in Iran is. Die Ruhollah se goddelike reg om te heers mag nie bevraagteken word nie. Daar is rigiede riglyne oor hoe persone mag aantrek. Daar is streng reëls oor hoe mans en vroue sosiaal met mekaar mag omgaan. Onlangs is twee Irannese bloggers byvoorbeeld tot 99 houe elk gevonnis omdat hulle by ʼn internasionale konferensie handgeskud het met lede van die teenoorgestelde geslag wat nie direkte familie is nie.

Uit Homa se kortverhale word ʼn prentjie geskep van ʼn land waar partytjies met alkohol as dekadent en verbode afgekeur word. Geen wonder, dus, dat sy agterdogtig is oor godsdiens nie; sy het te lank gesien hoedat dit gebruik word om mense te onderdruk. Sy verduidelik byvoorbeeld dat Koerde uitgemaak word as najes (onrein) omdat hulle nie Sjia-Moslems is nie.

Haar hele familie het in Iran agtergebly. Sy was nog ʼn jong dogtertjie toe haar pa gearresteer is omdat hy in besit van verbode leesstof gevind is. Hulle was ʼn vooruitstrewende gesin. In ʼn gebied waar die meeste Koerde kwalik hoërskool kon haal, was haar pa ʼn man met ʼn meestersgraad. Ek vermoed dit op sigself het ʼn teiken op sy rug geverf. Homa vertel dat in die twee jaar waartydens haar pa aangehou is, hulle nooit geweet het waar hy is of wat gaan gebeur nie. Elke dag is daar op die radio aangekondig wie daardie dag tereggestel is. Elke dag, vir twee jaar lank, het sy, haar twee jonger broers en haar ma in vrees voor die radio gesit wanneer die lys van tereggesteldes uitgelees word. Twee jaar lank was hulle lewe in limbo. Toe haar pa uiteindelik vrygelaat word, was hy ʼn veranderde man. Sy sê dit nie, maar ek lei af hy was gebroke. Hy kon nie werk nie, omdat hy deur die veiligheidspolisie op ʼn lys van politieke gevangenes geplaas was. Ek kan my indink dat, in ʼn paternalistiese samelewing, sy onvermoë om vir sy gesin te kon sorg, emosioneel vernietigend moes gewees het.

Homa is sigbaar aangedaan wanneer sy die littekens van die sweephoue wat hy toegedien is, beskryf. Dit laat my opnuut besef dat nie alle letsels sigbaar is nie. Haar pa het die fisieke wonde gedra, maar vir haar en die res van die familie was daar bepaald emosionele letsels, en dis daardie wonde wat moeiliker genees.

Disproporsioneel hoë getalle Koerdiese vroue sterf deur hulleself te verbrand. Vir baie is dit die enigste vorm van beheer wat hulle oor hul eie liggame het, voer Homa aan. Haar aktivisme fokus dan ook tot ʼn groot mate op bemagtiging van hierdie vroue. Sy verduidelik dat die organisasie waarmee sy saamwerk, persone in dorpies in Iran instuur om bewusmaking onder vroue te doen. Dis uiteraard riskant vir die vrywilligers, iets wat klaarblyklik swaar op Homa se gemoed weeg. Verder word daar deur middel van gespreksforums, waar enigeen anoniem kan deelneem, kontak gehou met persone wat ʼn veilige spasie soek om oor brandende kwessies te praat. Daar is altyd ʼn risiko dat agente van die regering inluister en deelnemers probeer identifiseer, sê Homa. Dis egter ʼn risiko wat almal bereid is om te neem.

My laaste vraag aan Homa was of sy ooit weer sal terugkeer Iran toe. Net as sy haar eie dood wil veroorsaak, was die tersaaklike antwoord, met ʼn optrek van die skouer.

Dis skrikwekkend maklik om in my geestesoog te sien hoedat sy in vlamme opgaan. Sy is wel ter tale, hoogs intelligent, beurtelings weerloos en vasberade, ʼn kaleidoskoop van teenstrydighede, ʼn talentvolle skrywer en aktivis van wie ons nog baie gaan hoor. Daar is egter ook iets omtrent haar wat op ʼn mespunt balanseer. Maak nie saak hoeveel Homa haar bande met Iran probeer ontken nie, haar skryfwerk, haar aktivisme, haar dryfvere is gevorm deur haar verbintenis met die land.

Wanneer ek na haar kyk, word ek herinner aan die woorde uit die baie bekende Leonard Cohen-liedjie “There is a crack in everything, that’s where the light gets in.”

cohen

The post 'n Onderhoud met 'n uitgeweke skrywer: Ava Homa appeared first on LitNet.

Uit Ouma se uitsetkis: Nico Moolman gesels met Naomi Meyer oor sy selfpublikasies

$
0
0

Nico, ons lesers sal jou dadelik kan eien as ek sê dat jy die boek The Boer Whore geskryf en die storie daarvan ontdek het, wat toe aanleiding gegee het tot die skryf van Francois Smith se Kamphoer. Watter ander boeke het jy al geskryf? 

ouma_voorbladKuier in ’n Plaaskombuis
Die Pienk Traaisiekel
Die Pienk Baaisiekel
South Africa at a Canter
Feetjies van die Wolke / Cloud Fairies
Die Groot Kwilt
Uit Ouma se Uitsetkis
Zij
Die Wildtuinbus
The Safari Bus
Karrenmek vir ta' Nonnie 

en die operette Die Towerblom.   

Ook die liedjie “Tingeling” wat deur Min Shaw opgeneem is.
  
Ek sit met jou boek Uit Ouma se Uitsetkis hier op my lessenaar en ek sien dit is 'n onthouboek: vol foto's, gedagtes, resepte en selfs musiek. Waar en by wie het jy al die inhoud versamel? 

Voor in die boek is die name van mense wie se items ek van gebruik het. Die meeste is egter uit my en Naomi se versameling van ou “robbies”.  

ouma_fotosAgter in die boek staan daar (by die verduideliking oor die CD) dat die musiek toegespits is op mense wat in die middel van die 20ste eeu geleef het. Vertel nog bietjie hoe jy jou ideale lesers sien. En vertel gerus van die musiek op hierdie CD, asseblief. 

Die musiek is meestal 78 rpm-spoed plate ... breekbare een-naald-op-’n-keer-plate. Dit waarmee die bo 60’s in 2011 grootgeword het.  Hartseer, verlangend en dan die ongelooflike dansmusiek van orkeste soos die Vier Transvalers, Jan Visser en ook drie van my eie komposisies, waaronder “Ek verlang” die mooi van eergister oordra. 

Anderdag gesels ek met 'n kunstenaar oor die geheue en hy meen mens onthou nie aldag die fynste besonderhede nie, maar eerder hoe 'n spesifieke tydperk of gebeurtenis 'n mens laat voel het. Stem jy saam? Wat beteken onthou vir jou? En wat onthou jy van jou ouma? 

My onthou leef so saam met my dat ek soms weer baie herleef. Jou vriend is reg. As ek Elvis se “Jailhouse rock” of Cliff Richard se “Lucky lips” hoor, begin my lyf onwillekeurig ruk soos iets wat gif ingekry het.  

Onthou is die meganisme wat my sielskluis oopsluit en die mooi vir my uitpak as ek skryf.  

ouma_resepDis 'n boek van verlange, maar verlang is ook nie altyd lekker nie: "Om op jou spore terug te stap gister toe is ook nie altyd aangenaam nie." Brei asseblief hierop uit. 

My ouers se besluit om die plaaslewe vir die stadslewe te verruil en om my van ‘n kleindorpieskool (Chrissiesmeer) met 64 leerlinge tot een met plus 1 000 leerlinge (Sasolburg) oor te plaas was vir my ’n skok wat my heel van koers gedwing het.     

Hoekom publiseer jy jou eie boeke? Vertel bietjie waar en hoe ons lesers jou boeke in die hande kan kry? 

Ek publiseer na The Boer Whore my eie boeke. My uitgewer het my die deur gewys met die boek. Ek het in myself geglo en my ou meubels verkoop, driekwart op skuld gewaag en probeer. Ses duisend later met filmregte verkoop kon ek self laat druk. Selfs in Sjina, waar ek al meer as 25 jaar kontakte opgebou het, word my boeke met ongelooflike reëlings gedruk.

My boeke is dwarsdeur die Republiek by vooraanstaande padstalle te koop. Soos Die Oubos Padstal, Paarl. Taalmonument, Jasyn, Daggaboer, Karoobos in Hofmeyr, Travalia Drie Susters, alle Tiger Eye-winkels in die nasionale parke, Exclusive Books, Die Stoep in Nelspruit en vele ander plekke.

ouma240Internasionaal in Canberra, Singapoer en binnekort in Thailand.

The Boer Whore is ook al deur biblioteke in Nieu-Seeland aangekoop.

Die draaiboek van The Boer Whore in op 1 November deur Ian Roberts voltooi ... en hier kom ’n ding.    

The post Uit Ouma se uitsetkis: Nico Moolman gesels met Naomi Meyer oor sy selfpublikasies appeared first on LitNet.

Afrikaans vir almal –'n onderhoud

$
0
0

Afrikaans vir almal
Isabel Uys
Pharos
ISBN: 9781868901951

ʼn Nuwe taalgids met nuttige taalreëls in maklik verstaanbare taal en ʼn lekker dosis algemene kennis oor hoofsaaklik Suid-Afrika het pas op die mark verskyn. Dit word deur Pharos gepubliseer. Jean Oosthuizen wou by die skrywer, Isabel Uys, weet waarom nóg ʼn taalgids vir Afrikaans en hoe dit verskil van ander taalgidse wat reeds bestaan. 

Afrikaans vir almal is ’n naslaanbron wat die antwoorde en studiemateriaal verskaf wat in taalhandboeke behandel word. Maar hoe verskil dit van ander taalhandboeke wat reeds op die mark is?

Die taalhandboeke wat in die skole gebruik word, verskaf byvoorbeeld net ‘n paar meervoude, verkleinwoorde en spreekwoorde wat deur die boek versprei is. Ook die taalreëls is nie bymekaar nie en daar is net ‘n beperkte aantal. Hierdie boek verskaf die meeste inligting wat van leerders verwag word in lang lyste en die taalreëls onder die spesifieke onderwerpe almal bymekaar.

Hoe kan dit leerders met hulle taal help?

Lees ook:
Draf wiskunde slyp-slyp kaf
Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 4, intermediêre fase)

Dit maak dit vir leerders maklik om huiswerk en eksamenvoorbereiding te doen. In Die Burger het twee graad 12-leerders na die eksamen gesê dat hulle nie eintlik geweet het wat om te leer om ‘n bietjie vir die eksamen voor te berei nie. Hierdie boek sal in hierdie behoefte voorsien.

Die inligting in jou boek wissel van baie eenvoudig vir jong kinders tot ingewikkeld. Vir wie is die boek eintlik bedoel?

Die boek is nuttig vir leerders van alle ouderdomme (vanaf graad 3), studente, volwassenes en almal wat hul kennis van Afrikaans wil verbeter.

Jy dek ʼn groot aantal onderwerpe in die boek. Goed soos meervoude, manlik en vroulik, afkortings, idiome, een woord vir ’n omskrywing, direkte en indirekte rede, leestekens, afkortings, figuurlike betekenis, woordsoorte, sinonieme, antonieme en veel meer. Dis nogal wyd!

Ja. Ek wou alles wat van leerders verwag word om te ken, insluit.

Idiome, spreekwoorde en uitdrukkings is alles goed wat ʼn taal verryk. Ongelukkig is idiome deesdae maar skaars in skoolhandboeke. Jy gee nogal baie aandag daaraan in jou boek. Was dit ʼn doelbewuste besluit om soveel aandag daaraan te gee en waarom?

Al word die meeste inligting uit leesstukke gevra, word daar baie idiome in al die grade gevra.

Hoe het jy te werk gegaan om te besluit wat jy in die boek gaan opneem en op watter vrae jy antwoorde gaan verskaf?

Ek het probeer om soveel moontlik van die inligting wat in die nuwe KABV- (CAPS-) leerplanne (wat in 2012 ingestel is) voorkom, te verskaf. Eers het ek al die leerplanne vanaf graad 3 tot graad 7 bestudeer. Daarna het ek die skoolhandboeke vir huistaal en addisionele taal van verskillende uitgewers deurgewerk om die meeste van die antwoorde wat gevra word, te verskaf. Ek het wel ook inligting vir graad 8 tot 12 ingewerk, maar hoofsaaklik op die basiese taalreëls gekonsentreer. Ek het ook baie addisionele inligting oral verskaf.

Met die bestudering van die leerplanne moes jy seker ʼn goeie idee gekry het van waar die grootste leemte tans in ons skole se taalonderrig is?

As jy nie die korrekte meervoude, uitdrukkings, voorsetsels, ens ken nie, kan jy nie ʼn taal korrek skryf of praat nie. Daar is sekere taalkennis wat die leerders moet leer om ʼn goeie kennis van die tale te hê.

Is die boek slegs vir eerstetaalsprekers van Afrikaans bedoel of sal mense wie se tweede taal Afrikaans is, ook baat vind daarby?

Almal sal dit nuttig kan gebruik.

Isabel_UysDaar word nie juis meer van leerders verwag om lang lyste woorde of taalreëls te leer nie. Hoe belangrik is taalreëls regtig en kan mens nie maar skryf soos jy praat nie?

Die kinders en jongmense (en ons!)  praat reeds ‘n mengsel van Engels, Afrikaans en enige ander taal deurmekaar in ‘n sin. Almal moet liewer leer om suiwer Afrikaans te praat.

Ek vind die tweede deel van jou boek geweldig interessant. Dit bevat allerlei brokkies oor algemene kennis van Suid-Afrika; van inligting oor Afrika en Suid-Afrika asook inligting oor ons land se simbole, statistiek oor hoeveel sprekers elke amptelike taal het en baie ander interessante kernfeite oor Suid-Afrika. Waarom het jy besluit om dit in ʼn taalgids op te neem?

Sekere dinge moet alle Suid-Afrikaners ken (provinsies, hoofstede, amptelike tale, ens). Ek wou hierdie inligting, wat vir almal nuttig is en dikwels na gesoek word, ook insluit.

Op bladsy 300 staan daar Kgalema Motlanthe was “acting president”. ʼn Taalglipsie wat ingesluip het?

Ja, dit gebeur as ‘n mens aan ‘n Afrikaanse en Engelse boek gelyk werk!

Die boek het ook, soos jy pas in die verbygaan gemeld het, ʼn Engelse boetie, naamlik English for all. Is dit op dieselfde lees geskoei as Afrikaans vir almal en wie sal almal baat vind daarby?

Die Engelse uitgawe is op dieselfde manier saamgestel, maar is natuurlik nie ‘n vertaling nie, maar ‘n boek op sy eie.

 

The post Afrikaans vir almal – 'n onderhoud appeared first on LitNet.

Onderhoud met ’n uitgeweke skrywer: Paola Gomez (Colombia)

$
0
0

Die uitdrukking  “the iron fist in the velvet glove” pas Paola Gomez soos ’n … wel, soos ’n handskoen. Hierdie Colombiaanse prokureur is klein en praat sag, maar beïndruk dadelik as die tipe persoon wat nie laat los wanneer sy op iets besluit het nie. Sy is onverskrokke, en hoe meer ek met haar gepraat het, hoe dieper onder die indruk het ek gekom van ’n vrou wat nog sommer diep spore gaan trap in enige samelewing waar sy haar bevind.

gomez650

Sy woon tans in Toronto, waar sy deel vorm van PEN Kanada se uitgeweke skrywersprogram. Hierdie program vestig skrywers wat hul eie lande moes verlaat in Toronto, waar hulle in die plaaslike skrywersgemeenskap inkorporeer word.

Ek het met haar gesels oor haar aktivisme en haar kreatiewe lewe.

Jy’s ’n prokureur. Waar het jy studeer, en wat is jou kwalifikasies?

Ek is ’n menseregteprokureur en het my graad in Colombia gekry. Ek het ook studies gedoen oor Internasionale Humanitêre Reg en Internasionale Vlugtelingebeskerming met die Vredesuniversiteit in Costa Rica. Ek het verder ook vlugtelinge en ontworteling bestudeer aan die Universiteit van York in Toronto. Omdat ek met weerlose gemeenskappe werk, het ek ook seker gemaak dat ek professionele opleiding kry in anti-onderdrukking en trauma.

Ek stel verder ook belang in kreatiewe entrepeneurskap, en is lid van PEN Kanada se uitgeweke skrywersprojek.

Dis indrukwekkend. Ek verstaan dat jy ook ’n aantal toekennings vir jou aktivisme ontvang het?

Ja, in 2008 het ek die Toronto Vital People-toekenning ontvang vir ’n gemeenskapsinisiatief om Toronto te verbeter.

In 2009 het ek die Amina Malko-toekenning ontvang van die Kanadese Sentrum vir Slagoffers van Marteling vir my werk met vlugtelingvroue.

Jy het in Colombia ’n veiligheidshuis vir vroue en kinders oopgemaak. Nou, in Toronto, is jy nog steeds besig met aktivisme wat fokus op vroue en kinders. Vertel bietjie meer daarvan?

In 1999 was daar ’n aardbewing wat die stad waar ek woonagtig was, vernietig het. Ek het die veiligheidshuis begin om die straatkinders te help. Die huis het ondersteuning gebied vir ongeveer 200 kinders. Dit was ook ’n veilige hawe vir kinders wat om ’n verskeidenheid redes op straat beland het. Deur die “beskermingsentrum”, soos wat dit bekend gestaan het, was ons ook in staat om ’n aantal bewusmakingsveldtogte te loods om die broodnodige gesprek rondom geweld teen vroue, ’n onderwerp wat toe verbode was, te begin.

Kort nadat ek in Toronto aangekom het, het ek begin werk by ’n gemeenskapsentrum. Ek was nog besig om deur my eie kwessies, beide regs- en emosioneel as gevolg van die manier waarop ek Colombia moes verlaat, te werk. Omdat ek toe goed kennis opgedoen het oor Kanadese Immigrasiewetgewing, kon ek ander families help om deur die moeras van die immigrasiesisteem te beweeg.

Ek het later by ’n agentskap wat werk onder vroue doen, aangesluit. Hier het ek vroue wat van geweld ontvlug, gehelp om hulle immigrantestatus te beredder. Deel van my taak was om na verskeie Latyns-Amerikaanse lande te gaan om strategieë te ontwikkel om veilige hawes te skep vir vroue wat aan geweld ontvlug. Ek het ook bewusmakingsveldtogte gereël om lig te werp op geweld teen  Latinavroue in Kanada, en hoe om dit uit die weg te ruim.

Die afgelope drie jaar werk ek as gemeenskapskuns-fasiliteerder in projekte waar kuns en sosiale geregtigheid verweef word.

Sick Muse Art – dit klink soos pret. Waaroor gaan dit?

SMA is ’n nie-vir-winsbejag gemeenskapskunsprojek wat ek drie jaar gelede op die been gebring het tesame met my lewensmaat (kunstenaar Alex Usquiano). Ons werk met verskeie Latyns-Amerikaanse kunstenaars om kunsprogramme te lewer dwarsoor Toronto, met ’n spesiale fokus op projekte wat sosiale geregtigheidskwessies ondersoek. Ons bekendste program word genoem “The World of a Thousand Colours”. Dis ’n twaalf weke lange werkswinkel wat ons by veiligheidshuise en ander tydelike behuisingsopsies bied vir kinders, beide vlugtelinge asook dié wat geweld aanskou het. Ons fokus op diversiteit in hierdie program.

sickmuse600

Skryf jy net gedigte, of waag jy jou hand ook aan prosa? In watter taal skryf jy?

My kreatiewe skryfwerk was in baie opsigte my redding. Digkuns is vir my ’n tipe katarsis, een van die min plekke waar ek myself toelaat om weerloos te wees. Ek skryf ook prosa, en geniet veral om niefiksie te skryf. Ek word gereeld genooi om my mening te lug in beide plaaslike en internasionale koerante. Ek skryf in beide Engels en Spaans, maar ek erken vryelik dat Spaans die taal van my tradisie en my emosie is.

Beïnvloed jou aktivisme jou kreatiewe werk?

O ja, absoluut. My belangstelling in sosiale geregtigheidskwessies en magswanbalanse is die kern van my kreatiewe werk. Ek is voortdurend op die uitkyk vir maniere hoedat ek gemeenskappe kan betrek. Kreatiwiteit en kuns is beide ’n kanaal en ’n medium wat ons toelaat om mekaar op ’n gelyke vlak te ontmoet.

Wat is die situasie met vryheid van uitdrukking in Colombia?

In so ’n gewelddadige omgewing word vryheid van spraak altyd gekompromieer. Dwarsdeur ons geskiedenis het skrywers en joernaliste met hul lewens betaal omdat hulle hulself uitgespreek het teen die talle wandade en komplotte wat plaasvind. Daar is heelwat interne konflik, en die staat is een van die geweldenaars. Joernaliste word ontvoer en vermoor, en hulle sake word net nooit voor die hof gebring nie. Omdat daar so min beskerming is, vind selfsensuur op groot skaal plaas.

Daar is ’n program om spesiale beskerming aan joernaliste te bied indien hulle geteiken word, of met geweld bedreig word as gevolg van hulle beroep. Hulle word van lyfwagte voorsien en kry voertuie met die nuutste tegnologie. Baie min joernaliste verkry hierdie voorregte. Daar was onlangs ’n voorval waar dit aan die lig gekom het dat ’n joernalis dreigemente gefabriseer het sodat hy kon voortgaan om hierdie behandeling te kry. Dit was ’n yslike skandaal, en word nou gebruik om te kenne te gee dat joernaliste die gevaar waarin hulle verkeer oordryf.

gomezcoverHoe het dit gebeur dat jy Colombia moes verlaat?

Daar is gereeld sogenaamde “Clean Up operations” waartydens polisie en ander gewapende magte mense wat hulle as wegdoenbaar beskou, om die lewe bring. Dis nou mense soos prostitute, haweloses, dwelmverslaafdes en straatkinders. Een van die kinders van my veiligheidshuis is ook so vermoor, en ek het toe ’n veldtog geloods om kritiek teen die praktyk uit te spreek. Ek is toe geteiken en ek moes vlug.

In Suid-Afrika is daar aansienlike druk om tersiêre opvoeding slegs in Engels aan te bied. Wat is jou siening van moedertaalonderrig?

Spaans, my moedertaal, is ’n baie belangrike taal, inderwaarheid die tweede mees gesproke taal in die VSA, wat skynbaar die maatstaf is waaraan taalrelevantheid in die wêreld gemeet word. Dit is natuurlik ’n imperialistiese manier om daarna te kyk, maar dit plaas Spaans in ’n goeie plek. Spaans is egter ook die taal waarin Latyns- Amerika gekoloniseer is. Dit beteken dat oral waar dit afgedwing is, ander tale uitgewis is. Selfs in Latyns- Amerika is daar ’n siening dat onderrig in Engels as tweede taal nodig is weens globalisering, maar moet my nie eens laat begin oor daardie kwessie nie.

Wat my meer bekommer is dat soveel bestaande inheemse tale nie die aandag geniet wat hulle verdien nie. Daar is geen belangstelling om ’n lewensvatbare beleid te ontwikkel wat ten doel het om hulle voortbestaan te verseker nie.

Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Ek geniet die werk van heelparty Latyns-Amerikaanse skrywers. Baie van hulle is mans, maar ek verkies om vroulike skrywers uit te lig, omdat ek besef dat vroue se rol in geskiedenis, kuns en kultuur baie keer op die agtergrond geplaas word weens die patriargale samelewings wat aan ons voorgehou is ná kolonisasie.

Gabriela Mistral tel beslis as een van my gunsteling- Latyns-Amerikaanse skrywers.

As jy in beheer van die Colombiaanse regering was, wat is die eerste ding wat jy sou verander?

Ek sal ’n einde maak aan multinasionale maatskappye wat in my land inkom en ons natuurlike hulpbronne plunder. Ek sal seker maak dat die rykes behoorlik belasting betaal en programme instel om te verseker dat geen kind honger gaan slaap nie, en dat elke kind toegang het tot opvoeding.

Indien Paola ooit besluit om die politiek te betree, het sy beslis my stem.

 

The post Onderhoud met ’n uitgeweke skrywer: Paola Gomez (Colombia) appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Jerzy Koch gesels oor A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries

$
0
0

ahistoryofsalit_omslag

A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries
Jerzy Koch
Uitgewer: Van Schaik
ISBN: 9780627032738

 

Jerzy Koch is die hoof van Departement Nederlands en Suid-Afrikaanse Studies by die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań, Pole.

Tertius Kapp wat ook in Pole klasgegee en onlangs die Hertzogprys verower het, vra vir Jerzy Koch oor sy boek A History of South ­African Literature: Afrikaans ­Literature 17th19th Centuries.

Lees ook:
Video en foto's: Bekendstelling van Jerzy Koch se omvattende geskiedenis van Afrikaanse letterkunde
Resensie: Oorsee deur Tertius Kapp

Die boek was oorspronklik getitel Historia Literatury Południowoafrykańskiej – Literatura Afrikaans (XVII–XIX Wiek), en in Engelse vertaling A History of South African Literature – Afrikaans Literature. Part One: From the 17th to the 19th Century. Ons sien alreeds een belangrike verskil tussen die titels – Pools gebruik naamlik nie lidwoorde nie en daar is gekies vir die onbepaalde "a" in plaas van "the", soos mens sou verwag. Wat was die groot uitdagings by die vertaling uit Pools na Engels?

Ja-nee, daar is talle verskille tussen Pools as Slawiese en Afrikaans as Germaanse taal. Party is struktureel van aard. Maar ek dink nie dit het ’n rol gespeel by die vertaling van die titel nie. Baie van die (literatuur)geskiedenisse word ingelei deur die onbepaalde lidwoord, soos in  “A History ...” en ook hier is gekies vir hierdie oplossing. Hierdie onbepaalde lidwoord laat ruimte toe vir ander sienings en sê eintlik: “Dis een van baie ander moontlikhede.” Maar moenie vir my vra nie, vra vir my kollega-vertaler. Ek was gelukkig om ʼn baie goeie vertaler te kry. Dominka Ferens het as kind jare in Afrika (Nigerië) gewoon, waar haar Poolse ouers aan die universiteit gewerk het. Sy het in Groot-Brittanje skoolgegaan, toe later aan die Universiteit van Kalifornië gepromoveer en lesings gegee in die VSA, Duitsland en Rusland. Sy is tans professor in die Amerikaanse letterkunde, met fokus op etniese minderhede. Wat dink jy – ’n geskikte kandidaat om my boek te vertaal?! ʼn Kenner van beide tale, Pools en Engels, ʼn kenner van die literêr-historiese idioom en geskiedkundige aspekte. ’n Droomvertaler.  

Ander geskiedenisse van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse literatuur word bespreek, en daar word ook sinvol gewys op die unieke aard van hierdie studie, onder andere omdat dit op ʼn ander lesersmark gemik is. Hoe beïnvloed dit in die praktyk die skryfproses? Om dit duideliker te stel: die eerste hoofstuk bied reeds 'n verfrissende nuwe perspektief op die Afrikaanse literatuur, maar hoe onderskei die buitestandersperspektief van 'n Poolse leser jou van ander perspektiewe van literêre geskiedenisse wat in hierdie hoofstuk bespreek word? (Dis dalk 'n onregverdige vraag.)

Ek sou eintlik vir jou moet vra óf, en indien já, dan eventueel hóé my boek verskil van ander literatuurgeskiedenisse se benaderings. Jy is hier gebore en getoë en het in Afrikaans grootgeword. Maar goed, dis dalk in hierdie stadium van ons gesprek ook ’n onregverdige vraag, of hoe? Indien jy dit self “’n verfrissende nuwe perspektief” noem, wil dit sê jy het iets raakgesien. Ek dink ek het probeer om in die inleiding my benadering te verduidelik, maar dis die Suid-Afrikaanse lesers wat moet beoordeel of die verskil wat ek probeer maak, het die moeite van lees en van refleksie werd is.

Kom ons sê daar is grosso modo twee basiese perspektiewe op die literatuur in Suid-Afrika: die eksklusiewe siening en die inklusiewe. Al twee het voor- en nadele, bring nuwe insigte, maar verberg iets op ander plekke. As illustrasie van eksklusiwiteit kan Afrikaners se benadering dien, naamlik die uitsny van Afrikaanse tekste uit die skryfkultuur tot op die Nederlandse of Engelse bot. 'n Voorbeeld van meer inklusiewe benaderings is geskiedenisse wat probeer om alle tale en kulture in Suid-Afrika bymekaar te versamel in een narratief. Sulke benaderings gooi oor die literatuur se “liggaam” allerhande karosse, jasse en baadjies.

Die eerste benadering hou rekening met die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en kultuurlewe van veral blanke Afrikaanssprekendes en is basis teleologies, want die meeste outeurs veronderstel altyd die oorgang van minder ontwikkelde stadia na hoëre ontwikkelingsfases wat parallel loop met die ontwikkeling van die Afrikaners as volk. Die ander is ook ideologies gekleur, want die betrek van meerdere literêre tradisies by die literêr-historiese verhaal veronderstel die bestaan van ’n groter geheel, waar daar verskillende tale en kulture inpas. Beide het interessante en vernuwende sienings gebring, byvoorbeeld Kannemeyer aan die een kant en Chapman aan die ander kant. Maar beide het op eie beperkings gestuit.

Ek het probeer om ’n les daaruit te haal. Ek het die literêr-historiese driehoek baie duidelik omskryf: ten eerste skryf ek die boek baie bewustelik as Poolse navorser en dosent; ten tweede is my doelgroep Poolse, en by uitbreiding Sentraal-Europese of nie-Suid-Afrikaanse, lesers, veral op tersiêre vlak, en hul moontlike verwysingskaders; derdens is my objek van belangstelling die Suid-Afrikaanse literatuur in verskillende vorme van Nederlands tot by Afrikaanse tekste. By elk van die punte kan jy jou vraag weer vra, want by elk speel die buitestandersperspektief ’n rol.

Ek merk ook dat daar telkens vergelykings getref word met Poolse teksverskynsels en literêre geskiedenis. Die Suid-Afrikaanse leser is al daaraan gewoond dat vergelykings eerder met die Nederlandse of Engelse literatuur getref word, en hierdie nuwe perspektief is verfrissend. Kan jy dalk vir ons iets vertel oor die mees insiggewende vergelykings wat met die Poolse konteks getref kon word?

Ek het nie getel hoeveel vergelykings of parallelle daar in die boek staan nie. Daar is sekerlik vir die periode tot 1900 minstens twee baie treffende vergelykings wat ek maak.

Die eerste is die silva rerum (letterlik vertaal as “die bos van sake”): tekste wat hulle tussen genres en style se klassifikasies bevind. Hierdie tradisie reik terug na die antieke tyd. Daar is talle voorbeelde van hierdie soort literatuur, dikwels gebruiksliteratuur of “commonplace books”, in die ou Poolse letterkunde van die 16de tot die 18de eeu, maar ook in Suid-Afrika sien ’n mens hierdie verskynsel. Die Voortrekkergeskrifte is die beste voorbeeld daarvan. Hulle is moeilik om in genrekategorieë te plaas, omdat hulle intern uiteenlopend is wat vorme van inskrywings en behandelde onderwerpe betref.

Die ander punt is die Afrikaans-Arabiese literatuur wat vroeg, aan die begin van my belangstellingstydperk, ’n ontdekking was van die baie komplekse struktuur van invloede aan die Kaap. In die Poolse literatuur het ek ontdek dat ons ook ʼn vergelykbare tradisie ken: in die Ooste van die land, waar daar sedert etlike eeue gelede Poolse Moslems van Tataarse oorsprong woon, het tekste ontstaan wat in ’n soort Poolse dialek uit die Ooste geskryf is, maar in die Arabiese alfabet. My eerste gedagte was dat die parallelle juis sou lê in ander kontinente se tradisies, soos die Jawi-alfabet in Asië en die Ajami-tradisie in Afrika, maar nee, ook in Pole het mense Arabiese karakters gebruik om ’n ander nie-Arabiese taal op te teken (trouens, die tussengangersrol wat Maleis tussen Afrikaans en Arabies aan die Kaap gespeel het, het Turks in Pole tussen Pools en Arabies gespeel. Is dit nie wonderlik dat jy as navorser via Suid-Afrika verskynsels in jou eie land ondek nie?!

Uit my eie ervaring as dosent in Pole weet ek dat daar vir die dosent 'n verrassende waarde lê in die intellektuele proses om die Suid-Afrikaanse werklikheid te “verduidelik” aan studente wat min voorkennis daarvan het, 'n soort objektiverende blik wat versterk word. Het jy dieselfde gevoel? En indien wel, spreek dit tot jou benadering tot die universum van die Suid-Afrikaanse lettere? 

Dis reg. Ek het selfs die PJ Nienaber-Gedenklesing (2005) daaraan gewy en later in 2007 in Tydskrif vir Letterkunde ’n artikel daaroor gepubliseer. Die titel sê dit alreeds: “Oor literêre geskiedskrywing en Suid-Afrikaanse Studies in Europa: hoe om die eksotiese vertroud te maak”.

In die onderrigsituasie aan die universiteit is ons nie net met opleiding besig nie, maar ook met opvoeding. Wie dit nie verstaan nie, moet hierdie beroep maar eerder los. Kennisoordrag is nie genoeg nie. Veral waar daar sprake is van geesteswetenskappe, of “humanities” – kyk net na die etimologie en die betekenis van die terme! Dit verwys na die ontmoeting van mense en hul koppe! Jy staan daar as mens voor die klas, en dit wil sê voor ander mense, en jy vertel vir hulle goeters waarvan hulle geen flou benul het nie, maar hulle vra vir jou vrae wat jou ook oopmond laat staan, omdat hulle algemene waarhede bevraagteken. En van eenvoudige ouderwetse kennisoordrag bly daar niks oor nie. Kennis staan in boeke en deesdae is dit ook via die internet beskikbaar.

Die dosent wat studente begelei, moet ’n soort coach wees. Die publieke geheim is dat ons as dosente jongmense begelei op hul pad om denkende wesens te word. En die doel van die proses is dat hulle nie meer naïewe lesers sal wees nie, maar sal weet hoe die werk ontstaan het en hoekom dit op ’n sekere manier op my 'n uitwerking het. Verder, sodat hulle ook nie onkritiese burgers is nie, maar verstaan hoe ingewikkelde kulturele, sosiale en politieke prosesse verloop, sodat hulle in staat is om selfbewus op te tree en refleksief oor die wêreld se gebeure te kan nadink.

Dit lyk miskien na groot woorde, maar dit is maar so. Die een gebruik daarvoor psigologie, die ander moderne of klassieke tale – dit hang van die fakulteit se profiel of studie se kurrikulum af, maar die patroon is dieselfde. Met Suid-Afrikaanse Studies beland ons in ’n ruimte waar alles vergroot word deur die komplekse talige, etniese, kulturele konteks. Wat jy ook al vat, blyk die goed anders te wees as wat jy aanvanklik gedink het. Die rowwe klippie kan ‘n diamant wees, of anders: die blinkgoed blyk maar niks te wees nie.

Dit skep vir die dosent ’n groot uitdaging, maar eintlik vergemaklik dit sy taak. Neem as voorbeeld Afrikaans. Die eerste verrassing is dat die meeste sprekers van hierdie taal, wat buite Suid-Afrika veral as Afrikaners se taal gesien word, nie wit is nie. En jy kan maar aangaan met die reeks verrassings waardeur studente elke keer hulle ou of nuutverworwe kennis moet wysig en ’n korrektief daarop toepas. Neem die eenvoudige geskiedkundige feit dat die meeste slawe uit Indië gekom het en nie, soos hulle gedink het, uit ander dele van Afrika nie. Ek beperk my tot die eenvoudigste voorbeelde, maar hierdie patroon werk ook in die geval van meer ingewikkelde sake.

Die student word elke keer gekonfronteer met die situasie van afstand doen van wat hy tot nou toe geweet het. Hy moet intellektueel en emosioneel gereed wees om sy opinies aan te vul en/of te verander. En hier skuil daardie opvoedkundige perspektief waarvan ek aan die begin gepraat het.

Jerzy Koch (foto: Naomi Bruwer)

Sommige mense vind dit vreemd dat daar juis Afrikaans in Pole aangebied word (teenoor byvoorbeeld Zoeloe, wat 'n groter aantal sprekers het). Na my ervaringe in Pole het ek egter sterk onder die indruk gekom dat die Afrikaanse lettere juis 'n besonder goeie “lens” is waardeur die Suid-Afrikaanse geskiedenis en werklikheid beskou kan word. Tot watter mate is jy bewus van hierdie “lens” en hoe dink jy kleur dit jou perspektief?

Rêrig, ek weet nie ... Sou ek ’n spesialis op die gebied van swart tale wees, sou ek ’n ander profiel aan die studie gegee het? Wie weet? Ons doen ons bes om die bestaande kennis in die departement aan te vul en mense te laat kom wat oor alle aspekte van Suid-Afrikaanse kultuur kan praat. Daar het mense in my departement gewerk wat kenners van swart tale is, soos Annekie Joubert (1999–2001) of later Karien Brits (2006–2010); tans is daar Fanie Olivier, wat ook 'n breë blik op Suid-Afrikaanse kultuur gooi, en op die oomblik het ons as gasprofessor ook vir Lionel Posthumus (UJ) wat 'n kenner van onder andere Zoeloe is.  

Maar jy raak ook met jou vraag ’n ander element aan. Ja, na jare lange ervaring dink ek dat Afrikaans – en daarmee saam dus Afrikaanssprekende mense, hulle geskiedenis, die ontstaan van die taal en die emansipasie daarvan en so aan – ’n besondere geleentheid gee om die land se probleme in die verlede en hede te illustreer. Die literatuur verskaf daartoe sekerlik baie goeie toegang. Nie net die tekste self nie, maar ook die kontekste. Dis hoekom die kulturele geskiedenis van die literatuur die mees aangewese benadering is. Maar daar is nog ’n ander aspek, wat nie minder belangrik is nie – dis my idée fixe waaroor ek iets in 2007 in Tydskrif vir Letterkunde geskryf het. Dit gaan daarom om die studente aan die vreemde bloot te stel ten einde hulle oor die eie te laat nadink. Wat op die eerste gesig anders of selfs eksoties was, blyk by nadere beskouing in wese vertroude kenmerke te dra. Ek het byvoorbeeld hier bo genoem die idee van die Kaapse Moslems om Arabies te gebruik by die opteken van ’n nie-Arabiese taal. Ek kan jou verseker dat die omweg wat die studente maak om via die Suid-Afrikaanse kultuur hul eie Poolse kultuur te ontdek, die mees aangrypende taak van die dosent kan wees. Die eksotiese word skielik nader getrek en vertoon herkenbare trekke; die eie wys ongekende eienskappe.

Die impak van iemand soos Krotoa se verhale oor die binneland van Afrika word ook hier bespreek, met verwysing na die Daghregister wat aan die Kaap gehou is. Hoe klassifiseer mens die genre van hierdie soort vertellings?

Presies – vertellings! Ook literatuurgeskiedenis is ’n vertelling, ’n verhaal. Jy bereik jou doel as historikus nie net deur klassifikasies toe te pas nie, maar ook deur die storie wat jy vir jou lesers oor ander mense se stories vertel; jy neem die lesers aan die hand en wys vir hulle nie net klassifikasies en tipologieë nie, maar ook teenstellings en gebreke, gate en hiate, paradokse en aporias. Dis die konfrontasie van die materiaal met die manier van vertel. Jy verken en verduidelik al vertellende.

Die situasie van literatuur- en taalondersoekers is eksistensieel gesien baie kompleks. Jy verduidelik in ’n taal iets omtrent taalprodukte. Jy maak jou eie verhaal oor ander mense se verhale. Jy is tegelyk op die vlak van die taal én metataal, verhaal én metaverhaal. Pleks om veilig in die sentrum van die park te wandel, kan jy op hierdie wyse die randgebiede verken. Die gevaar is dat jy dwaal, maar ook dit is ’n deel van jou werk, en die moeite werd.

Die Daghregister staan daar aan die begin van die tekstuele universum in Suid-Afrika. Dit is ’n historiese bron, maar ook ’n teks. Een van die diskoersiewe lyne in my boek is die ontmoeting met die Ander. Geïnspireer deur ander ondersoekers het ek na die diskoers oor die vrou gaan kyk. Wat my opgeval het, was die fokus op die kritiek van koloniste (blanke mans) wat die gesprek oor inheemse vroue bepaal het. Aan die een kant is die kritiek geregverdig, aan die ander kant is dit vervelig, want hoe lank kan jy dieselfde bewys wat reeds bewese is?

Ek het na die elemente gaan kyk wat téén die hooflyne van die toenmalige koloniale diskoers gerig is, bewus en onbewus, partykeer klein, maar soos ’n klein klippie in die skoen duidelik tasbaar. Soos ʼn mens uit die Daghregister kan aflees, was Eva/Krotoa die eerste vrou wat in die diskoers ingestoot is en wat dit terselfdertyd ondermyn het. Die ander Khoivroue op dieselfde lyn was Saartjie en Kaatjie, Magdalena en Benigna. Hulle was ʼn uitdaging vir my as skrywer van ʼn literatuurgeskiedenis.

Die titel skep die verwagting dat daar ook ander uitgawes verwag kan word: oor ander tale, ander eras. Is dit so, en indien wel, hoe sal die volgende uitgawe lyk?

Deel twee is reeds in 2012 in Pools gepubliseer, en ek het aansoek gedoen vir fondse om dit in Engels te vertaal en te publiseer. Daardie deel beskryf verskillende kontekste wat vir die hele 20ste eeu van belang is (omtrent die helfte van die boek). Dit is byvoorbeeld die ruimte van die Afrikaanse literatuur (waar ek in besonderhede probleme met die literêre geskiedskrywing uiteensit), teorieë oor die ontstaan van Afrikaans en die ontwikkeling van die Afrikaanse kritiek en literatuurgeskiedenis. In die tweede afdeling gaan ek dieper in op die literatuur van die eerste dekades ná die ABO. Die tydsgrens is moeilik om te trek, maar ek laat daar die Dertigers nog buite beskouing, hoewel ek by party skrywers (soos Leipoldt) ook verder in die 20ste eeu in trek. Deel drie moet geskryf word; ek is nog in ’n vroeë stadium van materiaal versamel, lees en herlees en so meer.

The post Skrywersonderhoud: Jerzy Koch gesels oor A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries appeared first on LitNet.

Viewing all 793 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>